Page 1

@agri

Noord-Kaap Suid-Vrystaat

Jou no.1 aanlyn tydskrif

Uitgawe 11 • April 2013

Hoofartikel:

Vleisskandaal se stof nog nie gaan lĂŞ

Graanboere: wees bedag vir Kommandowurms Moenie belangrike rol van teelramme vergeet

Brande het NK veeboere steeds in krisis


livé urger

CB

Laat my toe om jou mooiste dag se herinneringe met 'n kamera vas te lê.

FOTOGRAFIE

053 591 0761 • 083 708 3974

SPM

DES GNS SPM

GRAPHIC | WEB DESIGN

NS DES G

• brochures • flyers • posters • banners • stickers • web page design • e-mail stationery • business cards • letterheads • logo’s Stephan Vorster 082 655 3278 • stephan@spmdesigns.co.za • www.spmdesigns.co.za




Uitgawe 11: April 2013

8

2

Redaksie

3

Die verwagte mielie-oes neem af

@agri Dagboek

9

Nuwe databasis vir verantwoordelike gewasbeskerming beskikbaar

4

Alfa & Omega

10

Amptenare van departement sal plase besoek vir oesskattings

4

Uit my Inbox

11

Produsente moet deelneem aan studie rakende Agri SEB-drempelwaardes

12

Indringer-vrugtevlieë bly steeds 'n probleem in Suid-Afrika

14

Vosburg-gemeenskap kan nou glimlag oor grondwal

16

Nuwe webwerf vir DA in Noord-Kaap

17

Landbou-ekspo by GWK gehou

18

Perdevleis ontlok reaksie maar word ook plaaslik gebruik

20

Teelramme kan lampersentasie verhoog

24

Belanghebbendes in rooivleisbedryf bespreek aktuele sake

26

Opwindende program vir mans en vrouens op Orania aangebied

28

Wintertyd... haal die knyp uit die koue

6

Graanprodusente moet bedag wees op Kommandowurm

Voorbladfoto: Boere moet veiligbewus wees en weet wie by hul plaashekke inkom. Foto: Clivé Burger

@agri Clivé Burger - Redakteur 083 708 3974 agriclive@mweb.co.za

Stephan Vorster - Grafiese ontwerper spmads@iburst.co.za

April 2013

1




D

ie landbou is seker een van Suid-Afrika se uitdagendste bedrywe en dan is daar boonop amper soos die Engelsman sal sê no dull moment. Voorwaar. Suid-Afrikaanse produsente se moed, geloof, geduld, potensiaal en waardes word daagliks beproef. Indien dit nie op die plaas self is nie, dan wat die bedryf daar buite betref. Die vryemarkstelsel is nie vir sissies nie. Om vandag 'n rolspeler in 'n kompeterende bedryf soos die landbou te wees, vat guts. Deursettingsvermoë. Mededingendheid is nie altyd so maklik in ons land waar baie wette en regulasies dikwels nie ten gunste van die boer is nie. Maar tog word daar verwag van hulle om hierdie land te voed – elke dag. Ek dink nie die belangrikheid van produserende boere word elke dag na waarde geskat nie. Min wat ons daagliks in ons monde sit, het nie sy oorsprong iewers op 'n plaas nie. Daar is darem goeie nuus ook. Melkprodusente kry weer meer vir hul melk, die brandstofprys blyk binnekort te daal en die dieselrabat is ook positief aangepas. Ons gaan kyk 'n bietjie na die vleisskandaal. Tot watter slotsom kom ons? Dat korrekte etiketering van uiterste belang is. Die verbruiker wil weet wat hy/sy eet. En indien ons die verbruiker mislei, kan dit groot nadelige gevolge vir die vleisbedryf hê. Dit blyk ook dat die Regering baie streng is wat etiketering vir invoer- en uitvoerprodukte betref, maar hier op eie bodem word dieselfde reëls moontlik nie so streng toegepas nie. Dit is definitief iets waarna gekyk sal moet word. 'n Uitbraak vanKommandowurms in dele van die Suid-Vrystaat en Noord-Kaap kan

graanboere groot skade berokken. Die artikel lig die lewensloop van dié wurm uit en help boere om dit makliker te herken. Enigeen wat dit in sy lande opmerk, word versoek om dit dadelik by hul naaste landbou-voorligtingskantoor aan te meld. Lees gerus ook oor 'n nuwe databasis wat deur 'n landboumaatskappy begin is waar die produsent alle inligting rondom plae, siektes en insekte wat gewasse teister na kan slaan. Die spuit van doders vir verskillende gewasse is beskikbaar sowel as inligting oor watter regulasies daar rondom dit is sou produkte uitgevoer word. Vir veeboere is daar 'n artikel oor die produktiewe gebruik van teelramme sodat jy maksimum werkverrigting kry. Die bekende dr. Jasper Coetzee vertel meer. Veeboere in die gebied van Koopmansfontein waar daar enkele maande gelede groot brande gewoed het, is steeds in ‘n krisis. Regeringsfondse wat gegee is, is reeds uitgeput en hoewel daar baie aanbiedinge van weiding en voer is, is die vervoer daarvan 'n groot probleem. Miskien is daar boere daar buite wat ook op dié manier kan help. Ja, want ons boere is mos een groot familie en help mekaar waar hulle kan. Ons ken hulle mos so. Nou ja tot volgende keer, geniet jou gratis aanlyntydskrif. Groetnis

Clivé

Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie of medewerkers nie.

2

April 2013


@agri        15 Mei, Kimberley. Steve Hofmeyr tree by die Bikers Church in Kimberley om 19:00 op. Kaartjies kos R200 en die geld gaan vir die kinderhuis. Dit word aangebied deur Jenekavroueorganisasie. Geen geld sal by die deure ontvang word nie. Vir kaartjies skakel Marian van der Westhuizen by 083 633 6446. 29 Junie, Nieuwoudtville. Skryf in vir patentekompetisie. Ander aktiwiteite vir die hele gesin. Skakel Hannelie by 027 218 1336 of stuur 'n e-pos na info@nieuwoudtville.com. 24 Oktober, Kimberley. Die Braunvieh SA Beestelersgenootskap se Nasionale Veiling te GWK Kompleks Kimberley. Vir navrae, kontak Anna-Marie Viljoen by 051 4100 967.

Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die inligting na agriclive@mweb.co.za.

Sluitingsdatum vir die Mei 2013-uitgawe van @agri vir kopie, foto's en advertensiemateriaal: 26 April 2013.

Amos rus boere en arbeiders geestelik toe Amos Suid-Afrika is 'n organisasie vir landbouers en -arbeiders waar die bediening van God se Woord die fokuspunt is. Dit is nie-rassig en interkerklik.

Wees die hand waardeur God jou arbeiders seën – die vergoeding van arbeiders. Hierdie boekies is ideaal vir persoonlike stiltetyd of bespreking in klein groepies.

Besoek gerus Amos se interessante webwerf by www.amosafrica.net vir inligting oor opleiding, gebedsaksies, en ander projekte waar beide produsente en werkers betrokke kan raak.

God roep sy kinders om saam in Sy naam te vergader. Amos maak dit vir die produsent en plaaswerker maklik.

Verskeie publikasies wat al die lig gesien het, kan gratis van die webwerf afgelaai word. 'n Interessante nuwe publikasie is

Vir enige verdere navrae skakel Hennie Viljoen by 083 233 4433 of 054 833 0437 of stuur 'n e-pos na hennie.viljoen@amosafrica.net.

April 2013

3




God luister Jesaja 41:13 - "Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou."

Elke oggend voordat ek pad vat bid ek en vra die Here om engele voor my motor uit te stuur. Oudergewoonte toe doen ek dit weer verlede Dinsdagoggend voordat ek ry. Toe lees ek die artikel van Bertha Cronjé (oorlede Hansie Cronjé se vrou). Hoe sy die stukkies van haar lewe moes optel en hoe swaar sy gekry het ná sy dood al het sy sterk voorgekom. Sy vertel toe in die artikel dat sy een aand net nie meer kon aangaan nie. Sy het in die donker voor haar kamervenster, teen die gordyne, vir die hele nag gelê en huil en bid. Toe sy die volgende oggend haar voordeur oopmaak, lê daar 'n veer op die stoelkussing op die stoep en 'n veer op die voordeurmatjie reg voor die deur. Sy en 'n vriendin het toe in die Engelse vertaling van die Bybel die woorde “feather” en “bird” gaan opsoek. Toe kry hul 'n teks wat daarop neerkom dat die Here haar soos 'n fyn veertjie sal beskerm. Dit het haar gemoedsrus gegee. Wat gebeur toe met my toe ek by die huis kom...? Daar lê 'n pragtige veer op my matjie voor die voordeur! Net daar het ek besef God hoor elke woord wat ons bid. Dit voel dalk soms of ons teen die dak vasbid. Die boodskap wat ek gekry het,was dat God my wil sê ek hoor jou gebed, en ek beskerm jou daagliks op jou paaie! Ek HOOR jou! Is dit nie wonderlik nie? Die Here is so getrou. Van die dag van my geboorte kyk Hy na my. Alles wat ek het, het ek van Hom ontvang, en is dit nie ontelbaar nie! Hy is groot en magtig. Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja wat ek ontvang het, is vir my KOSBAAR!

“Ken die Here in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat wandel.” Spr.3:6.

 Sweet Children A four-year-old-child, whose next door neighbour was an elderly gentleman, who had recently lost his wife, happened to see the old man cry. The little boy went into the gentleman's yard, climbed on his lap, and just sat there. When his mother asked him what he had said to the neighbour, the little boy just said, “Nothing, I just helped him cry.” *** Whenever I'm disappointed with my spot in life, I stop and think about little Jamie Scott. Jamie was trying out for a part in the school play. His mother told me that he'd set his heart on being in it, though she feared he would not be chosen... On the day the parts were awarded, I went with her to collect him after school. Jamie rushed up to her, eyes shining with pride and excitement... “Guess what, Mom,” he shouted, and then said those words that will remain a lesson to me... “I've been chosen to clap and cheer.” *** An eye witness account from New York City, on a cold day in December, some years ago: A little boy, about 10 years old, was standing before a shoe store on the roadway, barefooted, peering through the window, and shivering with cold. A lady approached the young boy and said, “My, but you're in such deep thought staring in that window!” “I was asking God to give me a pair of shoes,” was the boy's reply. The lady took him by the hand, went into the store, and asked the clerk to get half a dozen pairs of socks for the boy. She then asked if he could give her a basin of water and a towel. He quickly brought them to her. She took the little fellow to the back part of the store and, removing her gloves, knelt down, washed his little feet, and dried them with the towel. By this time, the clerk had returned with the socks. Placing a pair upon the boy's feet, she purchased him a pair of shoes... She tied up the remaining pairs of socks and gave them to him. She patted him on the head and said, “No doubt, you will be more comfortable now.” As she turned to go, the astonished kid caught her by the hand, and looking up into her face, with tears in his eyes, asked her:

4

Februarie 2013

“Are you God's wife?”


GASTEHUISE Adverteer jou gastehuis! Veenwouden Gastehuis, Jacobsdal: Egte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid. Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of 053 591 0757 (ná 15:00)

Veenwouden Gastehuis, Jacobsdal

Egte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid. Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of 053 591 0757 (ná 15:00). Ervaar die platteland, sonder enige pretensies, net soos dit is.

1/8ste blad advertensie + link na volblad pdf-advertensie in beide tydskrif en op @agri se webwerf.

R30

R60 Het jou gastehuis al sy eie webwerf?

0

0 5 1 R

In vandag se tyd kan jy dit nie bekostig om nie een te hê nie!

SPM

NS DES G

Vir enige navrae kontak Clivé Burger by 053 591 0761, 083 708 3974, stuur ‘n faks na 086 502 3941 of e-pos na agriclive@mweb.co.za.

SPM

DES GNS Stephan Vorster 082 655 3278 Graphic / Web Design

stephan @ spmdesigns .co.za www. spmdesigns .co.za

@agri

R25

Noord-Kaap Suid-Vrystaat

www.leesagri.spmdesigns.co.za

00


Graanprodusente moet bedag wees op Kommandowurm Reinhard Kuschke, portefeuljebestuurder: agri-produksieversekering, Absa

A

angesien die uitbreek van die Kommandowurm sporadies voorkom in Suid-Afrika is hierdie nie 'n gereguleerde pes nie. Die Kommandowurm (Spodoptera exempta) is 'n motsoort. Die larwe voed op alle soorte grasse asook graansoorte. Hulle neig om in die reënseisoen in baie hoë digthede voor te kom, veral waar droogtes voorkom. Kommandowurm se motstadium lewe sowat 10 dae. Die wyfie kan 'n maksimum van sowat 1 000 eiers in haar leeftyd lê. Die eiers broei in 2-5 dae uit. Ses rusperstadia word in 2-3 weke voltooi. Oor die algemeen word Kommandowurms nie

deur landbouers opgemerk totdat die ruspes 10 dae oud is en van groen na swart verander het nie. In die laaste stadium, grawe die larwe 2-3cm in die grond in om te pupeer. Volwassenes kom ná 7 tot 10 dae te voorskyn. Die motte migreer waarskynlik

(5-16 dae) (2 - 4 dae)

(7 - 15 dae)

6

April 2013

(14 - 22 dae)


oor honderde kilometers tussen hul pupeerplekke en oviposisieliggings. Die waarneming dat uitbrake skielik kan plaasvind in areas wat vir verskeie maande vry van die peste was, het die hipotese laat ontstaan dat die motte wel oor honderde kilometer kan migreer. Vir doeltreffende bestryding is dit van die grootste belang dat die wurms betyds opgemerk word. As hulle reeds volgroei is, is chemiese bestryding meestal nutteloos en die grootste skade klaar aangerig. Chemiese bestryding is die doeltreffendste kort nadat die wurmpies uitgekom het en hulle tussen 1mm en 5mm lank is. Vir die beheer om effektief te wees moet die wurms gou opgespoor word. Indien die wurm reeds 2cm en langer is, is chemiese beheer nie koste-effektief nie. Die meeste skade is dan reeds gedoen. Die volwasse wurm sal nie 'n tweede generasie voortbring op dieselfde plek nie. Die temperature in Suid-Afrika speel 'n groot rol. Die wurm benodig temperature van 24 tot 32ºC om te ontwikkel. Enige temperature onder dit veroorsaak onderontwikkeling en die dood van die larwes. Daar is twee middels geregistreer vir die effeftiewe beheer van Kommandowurms, onder die statutêre verwysing (Wet 36 van1972). Cypermetrien: 150ml/ha kan gespuit word. Deltametrien: 250ml/ha (DECIS) Vir doeltreffende risikobestuursdoeleindes, stel ons voor dat almal van die probleem en bestryding daarvan ingelig word. Absa Versekering erken Kommandowurms as 'n beheerde plaag en word die skade wat veroorsaak word aan die versekerde oes, nie onder die oesversekeringspolis gedek nie. Hierdie risiko is maklik chemies beheerbaar en moet daar voorkomend opgetree word deur deurlopend lande te besoek en waarnemings op die lande te doen. Waarnemings moet onmiddellik aan aandag gegee word.

Die Kommandowurm kan groot skade aan veral beeskuddes veroorsaak. Indien diere die wurms vreet wanneer hulle in die veld wei, kan hulle baie siek word of selfs doodgaan. Daar is egter geen dokumentasie om dit te staaf nie. Die naam “Kommandowurm” is omdat die wurm saans, wanneer dit koeler is, na nuwe weiding trek. Volgens Jan Richter van die landbounavorsingsraad by Glen buite Bloemfontein word beeste meer as skape geaffekteer. Dit is omdat skape meer selektief vreet en beeste makliker 'n hele pol kan uittrek en meer wurms só inkry. Dit kan hul mae geweldig omkrap. Die uitbreek van Kommandowurms kan een of twee keer in 'n dekade geskied. Dit is waarom dit nie as 'n staatsbeheerde pes geregistreer is nie. René van Loggerenberg, voorligtingsbeampte van die departement van landbou in Petrusburg, sê omdat die Kommandowurm graag grasse en grane vreet, moet produsente met aangeplante weidings en jong grane bedag wees. Produsente sal gehelp word met opleiding oor hoe om te spuit. Die gif is afkomstig van die sprinkaan-beheerafdeling in De Aar. 'n Gewone gif soos die “ou bulldog” kan ook gebruik word, want dit is goedkoop en net so effektief.

Indien hierdie wurms opgemerk word, word u versoek om dit aan te meld by die landboukantore by 053 574 0108. April 2013

7


Die verwagte mielie-oes neem af

D

ie verwagte kommersiële mielie-oes is bykans 5% laer as die vorige skatting. Die daling is van 12, 354 miljoen ton tot 11, 752 miljoen – 'n daling van 4,88%. Die verwagte grootte is afwaarts aangepas hoofsaaklik weens die droë weerstoestande in die Vrystaat en Noordwes, wat 'n nadelige uitwerking op die verwagte opbrengste gehad het, aldus die nasionale oesskattingskomitee. In die droogte geaffekteerde provinsies is daar berigte dat sekere gebiede goed lyk, terwyl ander gebiede minder positief daarna uitsien, afhangend van wanneer die gewasse geplant is. Daar het egter reën oor groot gedeeltes oor Paasnaweek uitgesak, wat gevolg is deur kouer temperature. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is egter onveranderd gelaat op 2,781 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,23 t/ha is. Die oppervlak onder witmielies is 1,617 miljoen ha en vir geelmielies is dit 1,164 miljoen ha. Die produksieskatting van witmielies is 6,307 miljoen ton, 6,56% minder as die 6,75 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 3,90 t/ha teenoor die 4,17 t/ha van die vorige skatting. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 5,445 miljoen ton, wat 2,85% minder is as die 5,605 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geel-

mielies is 4,68 t/ha teenoor die 4,82 t/ha van die vorige skatting. Sonneblomsaad Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 554 500 ton, wat 11,17% minder is as die 624 210 ton van die vorige skatting. Die hersiene oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 504 700 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,10 t/ha is. Ander gewasse Die produksieskatting van sojabone is 851 000 ton, wat 6,93% minder is as die 914 350 ton van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 516 500 ha, wat 'n toename van 0,29% verteenwoordig vergeleke met die 515 000 ha van die vorige skatting, met 'n verwagte opbrengs van 1,65 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is 57 900 ton, wat 6 700 ton minder is as die 64 600 ton van die vorige skatting. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 46 900 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,23 t/ha. Die produksieskatting van sorghum is 168 114 ton, wat 7,40% minder is as die 181 544 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 62 620 ha en die verwagte opbrengs is 2,68 t/ha. In die geval van droëbone is die produksieskatting 56 100 ton, wat 1,08% meer is as die 55 500 ton van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte beplant met droëbone is 43 550 ha en die verwagte opbrengs is 1,29 t/ha.

Neem asseblief kennis dat die derde produksieskatting vir somergewasse vir 2013, sowel as die voorneme om wintergewasse te plant vir 2013, op 25 April 2013 vrygestel sal word.

8

April 2013


Nuwe databasis vir verantwoordelike gewasbeskerming beskikbaar

C

Hans Lombard Skakeldienste

ropLife SA het 'n nuwe en unieke databasis, AgriIntel, vir die beplanning en implementering van sinvolle en verantwoordelike gewasbeskerming bekendgestel. Produsente kan die data gebruik om plae, siektes en onkruide wat gewasse teister, só te bestuur dat dit ten volle aan die binnelandse en uitvoervereistes, insluitende residulimiete, vir varsprodukte voldoen. Dit dui ook die periode aan wanneer die plaagdoder aangewend kan word om te verseker dat die middel se aktiewe bestanddeel genoegsaam metaboliseer om nie die gegewe maksimum residuvlak te oorskry wanneer die gewas geoes word nie. Daarby dui dit die residuvereistes van sertifiseringsliggame in Europa aan. Sodoende kan die produsent vooruit beplan watter produk in watter periode aangewend kan word om sy mark te bevredig. AgriIntel het 'n omvattende databasis waarin gewasse met alle invertebra-plae, asook die siektes en onkruide wat met hulle geassosieer is, aangeteken is. Alle landboumiddels (plaagdoders) wat in Suid-Afrika geregistreer is vir die beheer van sulke peste, is by elke gewas beskryf. Landboumiddels se aktiewe bestanddele, konsentrasies, handelsname, registrasiehouers se name, aanwendingsvoorskrifte, aanwendingsperiodes, onthouingsperiodes en maksimum residulimiete word ook aangedui. Die databasis word daagliks opgedateer sodat dit deurentyd korrek is.

Gebruikers sal die data kan naslaan deur op die webtuiste www.agri-intel.co.za te registreer. Deur net die naam van die gewas en die plaag wat die gewas teister op die webtuiste se soekenjin in te sleutel, word 'n lys verskaf van produkte wat gebruik kan word. Die stelsel is deur Kobus Hartman, 'n landbouchemiese-kundige en tegniese bestuurder van Viking Bemarking, ontwikkel. Dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon-gifinligtingsentrum sal die inligting koördineer en die stelsel bemark. "AgriIntel is 'n unieke Suid-Afrikaanse hulpmiddel wat vir die gebruiker 'n bron van betroubare inligting gaan wees. Nuttige inligting soos, onder andere, geregistreerde produkte vir 'n spesifieke plaag, wagperiodes en maksimum residulimiete gaan nou op een plek beskikbaar wees. Hierdie hulpmiddel gaan beslis bydra tot die veranderende landbou-omgewing waar die regte besluite in terme van besigheid en volhoubaarheid kritiek is. “CropLife SA het hiermee weer getoon watter belangrike rol dit in Suid-Afrika vervul," het Kobus Steenekamp, besigheidsbestuurder van Monsanto, gesê. Hy is ook die voorsitter van CropLife vir Oos- en Suider-Afrika en van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Onkruidwetenskappe. Vir verdere inligting skakel dr. Verdoorn by 011 486 1102 of 082 446 8946.

April 2013

9


Amptenare van departement sal plase besoek vir oesskattings

P

rodusente van die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes sal tussen 28 Maart 2013 en 17 Mei 2013 besoek word om opbrengsbepalings vir mielies te doen. Die departement van landbou, bosbou en visserye (DvLBV) se oesskattingskomitee het die nasionale oesskattingskonsortium, onder leiding van die landbounavorsingsraad, aangestel om 484 produsente in die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes op hulle plase te besoek om 'n opname van die verwagte opbrengs te doen. Die opname volg op besoeke wat alreeds gedurende Februarie vanjaar by produsente gedoen is om inligting oor hulle oppervlaktes aangeplant, in te win. Luidens 'n verklaring deur die landboudepartement is die veldwerkers goed opgelei en sal geselekteerde mielielande besoek word om metings van plante en koppe binne 'n veld en volgens 'n stelsel van voorgeskrewe prosedures, te doen.

10

April 2013

Die projek is geloods om die akkuraatheid, objektiwiteit en betroubaarheid van die skatting van graangewasse te verbeter. Die veldwerkers sal duidelik onderskei kan word deur 'n groen pet en kakiehemp met die LNR-teken daarop. Elke veldwerker sal ook in besit wees van 'n IDkaart met sy ID-nommer daarop. Daar word ʼn dringende beroep op produsente gedoen om hulle samewerking te verleen. Akkurate, objektiewe en betroubare oesskattings is van kardinale belang. Alle inligting wat ingesamel word, sal as 100% vertroulik beskou word en net vir oesskattingsdoeleindes aangewend word.

Vir enige verdere inligting kontak Rodney Dredge by 012 319 6507 of stuur 'n e-pos na RodneyD@daff.gov.za of skakel Rona Beukes by 012 319 8032 of e-pos haar by RonaB@daff.gov.za.


Produsente moet deelneem aan studie rakende Agri SEB-drempelwaardes

D

ie drempelwaarde, waarvolgens ondernemings in terme van die generiese kodes van die departement van handel en nywerheid tans vrygestel is van SEB-verpligtinge – is huidiglik vasgestel op R5 miljoen. Regeringsvoorstelle is reeds gemaak om dié drempelwaarde te verhoog na R10 miljoen, maar dit is nog nie gefinaliseer nie.

uitsluit en dat die drempelwaarde derhalwe verhoog moet word. 'n AgriSEB-handves is intussen gepubliseer terwyl praktykkodes in dié verband ook op 28 Desember 2012 verskyn het. Beide hierdie dokumente verwys na studies wat gedoen kan/moet word om die drempelwaarde vir vrystelling vir landbou-ondernemings te bepaal.

Die tyd raak egter min vir produsente om 'n vraelys te voltooi ten einde hierdie voorstelle teen te kan staan. Die sluitingsdatum is 15 April 2013.

Die vraelys is 'n gesamentlike projek van die nasionale bemarkingsraad en PricewaterhouseCoopers.

Sedert die moontlikheid van 'n landbou Agri SEBhandves enkele jare gelede genoem is, was die toepassing van die afsnypunt (R5 miljoen) in die landbou 'n geskilpunt. Daar is onder meer in regeringskringe aangedui dat dit te veel boere sal

Dit ly geen twyfel dat verteenwoordigende inligting rakende die posisie van landbou-ondernemings toekomstige dispute in hierdie verband sal kan bylê nie, het Hans van der Merwe, uitvoerende bestuurder van Agri SA, gesê.

Indien u hierdie vraelys wil invul, kliek HIER om die pdf af te laai. Agri SA versoek produsente om deelname hieraan voorop te stel.


Indringer-vrugtevlieë bly steeds 'n probleem in Suid-Afrika

S

edert die einde van Januarie vanjaar is verskeie gevalle aangemeld waar die indringervrugtevlieg (Bactrocera invadens) opgemerk is. Die vrugtevlieg is 'n kwarantynpes vir Suid-Afrika. Die voorkoms was hoofsaaklik weens die vloede vroeg vanjaar in die noordelike en oostelike gedeeltes van Suid-Afrika – vanaf Zeerust, langs die Limpoporivier, tot

12

April 2013

by Messina, Tshipise en Nwanedi-area, Witvlag, Levubu, Thohoyandou, Letsitele, Hoedspruit, Burgersfort, Mbombela, Malelane en Komatipoort. In 2010 en 2011 is enkele gevalle van die vrugtevlieg se voorkoms aangemeld, maar dit is alles vernietig. In 2012 is daar weer vrugtevlieë opgemerk in Limpopo en Mpumalanga. In die meeste plekke is die


voorkoms weer uitgeroei. Die gebiede rondom Tshidzini, Beitbridge, Witvlag, Tshipise en Komatipoort is steeds onder kwarantyn.

Produsente in die gebiede waar dit mag voorkom, word versoek om goeie landboupraktyke toe te pas en te sorg dat vrugte wat vrot geword en van die bome/plant af val, nie gebruik sal word nie, Clivé Burger, redakteur Indien die departement daarin kan slaag maar minstens 'n halwe meter onder grond versoek omsal steeds eeboere in die uit te roei, sal om die vrugtevlieë heeltemal toegegooi word.hierdie As dit nie moontlik is rampgebied te help. Koopmansfontein-distrik in hierdie gebiede as pesvry of lae voorkoms om die vrugtefinansieel te begrawe nie, moet dit in 'n die Noord-Kaap ervaar nog Volgens Van Rensburg het die word en in geklassifiseer kan word. Dit blyk egter asof vullissak sorgvuldig toegemaak erge probleme nadat sowat 90 Noord-Kaapse van indringer vrugtevlieë die res van die son geplaasdepartement word. 000ha weiveld innie die in gebied landbou R2,75 miljoen bewillig Suid-Afrika voorkom afgebrand het. nie. maar dit is reeds aangewend. Geen persone mag vrugte vanaf 'n Johan van Rensburg, “Die groot probleem is die vervoer hoofbestuurder van kan Agri groot NoordHierdie indringerspesies skade g e aweiding f f e k t e ewat r d eboere g e bskenk. i e d nDaar a 'n nievan Kaap, sê hoewel baie individue Die aan gasheerplante veroorsaak. geaffekteerde gebied neem sonder die is baie boere wat weiding skenk, sowel as landbou-organisasies maar gasheerplante sluit in mango, sitrus, n o d i gongelukkig e p e r m i t kan t e nalmal i e , wdita anie rsku die soos GWK en KLK weiding dit laat aflewer nie. Dit is baie duur.” koejawel, papaja, engedaan wilde vrugte departement. geskenk het,piesangs is dit nou en is Hy het 'n beroep om boere gedoen soos maroela en wilde Dit kan ook die behoefte steedsvye. groot. om is steeds te help hetsy ditdat deur groente soos sekere rissies, pampoene Dit ook baie belangrik geen vrugte Tans word 'n omvattende oorsig en weiding te skenk, finansieel of met tamaties aanval. is vir die eerste keer in van enige land in Suid-Afrikawat ingebring gedoen oorDit hoeveel boere geraak vervoer. Vervoermaatskappye is, Kenia hoeveel hektaar en afgebrand het, 2003 in opgemerk kom intussen word sonder phito-sanitêre invoerpermit kan help met'naflewering van die hoeveel diere geraak is, wat die voer, sal 'n groot las verlig. in verskeie Afrika-lande voor. nie. impak op plaaswerkers (werkloosheid) is asook wat die Die departement landbou Virenige enigeverdere tegniesenavrae navrae, kan Jan situasie tans is.van Hierdie verslaggaan sal Vir kan dannavorsing ingedien word nasionale verdere doenopen sowat R10 Hendrik Venter, direktoraat: Johan van Rensburg in vlak om weer eens die nasionale Kimberley by 053by 832 9595 miljoen spandeer om geskikte plantgesondheid, 012 319 6384 departement van landbou te geskakel word. landbouchemikalieë vir bestryding en geskakel word of stuur 'n e-pos na voorkoming na te vors. Tans word die Janhendrikv@daff.gov.za. indringer vrugtevlieg chemies beheer.

Veeboere in rampgebied ná brande sukkel steeds

V

April 2013

13


Vosburg-gemeenskap kan nou glimlag oor grondwal Die DA werk hard in elke dorp in Noord-Kaap om te verseker dat dié party in 2014 die provinsie sal oorneem as regerende party. Hier is 'n blik van die bedrywighede wat in verskeie dorpe aangaan. Die gemeenskap van Vosburg kla al jare reeds oor 'n grondwal bo 'n begraafplaas in die dorp. Elke keer as dit reën, stroom die water deur die begraafplaas. Die teerpad voor die begraafplaas is ook al beskadig. Die probleem is al telke male na die munisipaliteit verwys maar daar is niks aan gedoen nie. DAraadslid Pienaar Viviers het toe onlangs tydens 'n Blue Wave-veldtog sommer self met sy trekker “ingespring” en die grondwal op eie onkoste herstel.

Northern Cape

Inwoners maak dorp self skoon

Om te gaan kla by munisipaliteite oor die toestand waarin meeste dorpe in die Noord-Kaap verkeer, is vrugteloos. Gemeenskappe spring maar self in en maak skoon. By Carnarvon het die Demokratiese Alliansie (DA) van Kareeberg die onooglikheid in die dorp aangespreek en sommer self begin skoonmaak. Volgens die voorsitter van Wyk 1, Marie Hanekom, wil dit voorkom hoe meer werkers aangestel word in die Kareeberg Munisipaliteit, hoe minder werk word gedoen. Mense wat aangestel is om strate skoon te maak, doen alles behalwe dit! Rommel lê vir weke op die sypadjies rond sonder dat dit deur die munisipaliteit verwyder word. Dit word eerder deur die wind weer uitmekaar gewaai. Tydens 'n vergadering waar die raad die inwoners

14

April 2013

van Wyk 1 ontmoet het, het die publiek ernstig beswaar gemaak teen munisipale bakkies en vragmotors wat elke dag kinders skool toe ry en weer gaan haal en met inkopiedae word vervoer aan huisvrouens en munisipale amptenare verskaf. Hanekom sê sy is bekommerd dat die dorp 'n swak indruk skep wanneer internasionale tegnici die Square Kilometre Array Sterrewag, sowat 90km buite die dorp, besoek. Die plaaslike vliegveld hanteer ná die toekenning van die bod aan Suid-Afrika baie meer vlugte as ooit tevore. Daarmee saam het die verkeersvloei met die voltooiing van die Vosburg/Carnarvon-teerpad ook toegeneem. 'n Skoonmaak-veldtog soos hierdie word nou op 'n meer gereelde basis beplan.


Have your say.

Support change.

Northern Cape

Building a new majority. Bou ‘n nuwe meerderheid. www.facebook.com/da.northerncape

@DAnorthcape

Visit the DA in Northern Cape’s new website

www.dancp.co.za


DA maak strate van Lindene skoon

Dirk van der Merwe, DA-raadslid vir Wyk 24 (Lindene) in Kimberley het sommer self ingespring en besluit om werkers te kry en die strate van hierdie woonbuurt se sypadjies te skoffel. Hier op die foto is Dirk Van der Merwe (5de van links) saam met lede van die wykskomitee en werkers. Talle woonbuurte in Kimberley en in dorpe in die Noord-Kaap is só deur die DA skoongemaak.

Nuwe webwerf vir DA in Noord-Kaap

Hier tydens die bekendstelling van diewebwerf, is van links, agter: Shelley Fielding, navorser, en Safiyia Stanfley, provinsiale direkteur; voor: Taz Isaak, ontwerper van die webwerf, Andrew Louw, Noord-Kaapse leier van die DA, en Lance Poonawassy, provinsiale jeugkoördineerder.

16

April 2013

D

ie DA het 'n splinternuwe webwerf bekendgestel. Daar kan nou baie beter kontak met inwoners van die NoordKaap gemaak word en mense kan die kontakbesonderhede van raadslede, lede van die provinsiale wetgewer sowel as lede van die parlement maklik kry. Nuwe veldtogte en gebeure in die verskillende gebiede is verkrygbaar en die webwerf sal help dat mense nou groter interaksie met die party kan hê en die databasis kan aansienlik groei, het Andrew Louw, leier van die DA in Noord-Kaap, gesê. Besoek gerus die webwerf by www.dancp.co.za.


Landbou-ekspo by GWK gehou

D

ie Rietrivier-landbouvereniging in samewerking met GWK het 'n landbou-ekspo aangebied. Die eerste oggend is afgeskop met 'n manne-ontbyt. Bietjie later kon die boere en besoekers op 'n oop-dek bus die persele besoek waar praatjies en demonstrasies aangebied is. Vir die vroue was daar Saterdagoggend 'n heerlike kuier saam met die nimlike Lizz Meiring. Verskeie landbou-implemente en -verskaffers het stalletjies gehad. Die Saterdagaand is die ekspo afgesluit met 'n lekker kuier saam met Lianie en Jay.

Jonsson Workwear het hul klere vir die landbouen wildbedryf kom uitstal. Die stalletjie is beman deur Annemarie Flemming, verteenwoordiger in Kathu, Brigitte Baard, vloertoesighouer, en Cindy Botha, verteenwoordiger, albei van Kimberley.

Stephan Meades (jnr.) skenk sommer bloed tydens die ekspo by die stalletjie van die SuidAfrikaanse Bloedoortappingsdiens.

Om op hierdie groot groen menere te klim, was vir die kinders sommer groot pret!

Junior van Niekerk van Jacobsdal het bietjie kom rus binne-in die wiel van 'n John Deere.

April 2013

17


Perdevleis ontlok reaksie maar word ook plaaslik gebruik Clivé Burger, redakteur

ie “perdevleis-skandaal” in Europa onlangs het Suid-Afrikaners weer opnuut laat wonder oor wat presies hulle eet wanneer hulle vleis koop.

D

wat nie op die etiket aangedui is nie. Die meeste van die bestanddele wat nie op die etiket aangedui was nie, was soja en gluten (>28%), vark (37%) en hoender (23%).

Die RPO het reageer op onlangse mediaberigte wat gesê het dat buffel-, donkie- en bokvleis teenwoordig was in vleisprodukte wat in Suid-Afrika getoets is. Die RPO het op hul webwerf (www.rpo.co.za) daarop gewys dat in 68% van vleisprodukte wat getoets is, daar “ander” produkte in was

Waterbuffel is wel gevind in een uit 20 hamburger-patties (5%) en een uit 30 worsstukke het ook waterbuffel as 'n bestanddeel bevat. Dit is 3%. Donkievleis het ook in een uit 30 proefstukke voorgekom wat ook op 3% dui. Volgens die RPO is hierdie bevindings baie ernstig en nadelig vir die

18

April 2013


bedryf en stel voor dat die skuldige partye se name genoem word want hulle diskrediteer die totale vleisbedryf. Dit kan egter nie definitief gesê word dat die “vreemde vleis” opsetlik gebruik is en of dit per abuis is vanweë die gebruik van apparaat wat nie ordentlik skoongemaak was nie. Die aannames is ook gebaseer op beperkte hoeveelhede. Slegs een monster van bees, varkworsies, springbokbiltong en Frankfurters is getoets. Net twee monsters van beesdroëwors en koedoebiltong is getoets. Geen perdevleis is gevind in enige van die 139 monsters wat getoets is nie, aldus die RPO. Die RPO het weer eens beklemtoon dat die nodige opleiding van slagters belangrik is om ook só enige mate van kontaminasie uit te skakel. Dit is ook nodig dat alle rolspelers in die verspreidingsketting, insluitend die verbruiker, sal seker maak van die regulasies rakende korrekte etikettering. Die departement van landbou, bosbou en visserye het in 'n verklaring gesê Suid-Afrika is 'n globale speler in internasionale handel en is betrokke by die in- en uitvoer van verskeie voedselsoorte wat van dieroorsprong is. Dit sluit Europa onder meer in. Steve Galane, waarnemende hoofdirekteur: rolspelerverhoudings en kommunikasie van die departement, het gesê in Suid-Afrika is die invoer van diereprodukte baie streng. Veterinêre owerhede laat net die invoer van identifiseerbare snitte beesvleis van Duitsland, Ierland, Europese Unie, Spanje en Switserland toe. Kalfsvleis word van Nederland ingevoer en perdevleis op hierdie stadium net van Brasilië en België. Hierdie besendings word by die hawes inspekteer waar veterinêre owerhede gestasioneer is.

Invoere van geprosesseerde vleis soos salamie en ham word net vanaf sekere lande ingevoer. Suid-Afrikaanse veterinêre owerhede vereis dat rou vleis wat gebruik word in geprosesseerde vleis van die land van produksie sal kom en dat dit deur hul veterinêre owerhede gesertifiseer sal wees. Die departement sê omdat sulke streng maatreëls geld vir die invoer van vleis, betwyfel hulle dit dat Suid-Afrikaanse invoerders onwetend vleis kon invoer wat perdevleis bevat. Wat plaaslike produksie betref, wys die departement daarop dat dit nie onveilig of onwettig is om perdevleis in terme van die Suid-Afrikaanse wette en regulasies te gebruik of verkoop nie. Suid-Afrika het inderwaarheid 'n klein mark vir perdevleis. Daar is tans net drie privaat abattoirs wat goedgekeur is om perde te slag. Hierdie abattoirs word gereguleer onder die vleisveiligheidswet 2000 (Wet no. 40 van 2000). Die vleis word inspekteer en deur gekwalifiseerde vleisinspekteurs goedgekeur. Perdevleis word in verskeie diereprodukte gebruik. Die etikettering van voedsel word beheer deur die gesondheidsdepartement en hulle het regulasies rakende etikettering wat bepaal dat die etiket van produkte die name en die hoeveelhede van alle bestanddele op sal hê. Die departement is bewus van navorsingsartikels wat gedoen is oor die verkeerde etikettering van produkte en dit word opgevolg, aldus Galane. Die departement en ander rolspelers sal ook voortgaan om die situasie in Europa te monitor en voort te gaan met die streng invoerregulasies, het hulle bevestig.

April 2013

19


Teelramme kan lampersentasie verhoog Dr. Jasper Coetzee, onafhanklike konsultant

Kan teelramme die lampersentasie van 'n ooikudde verhoog?  Die genetiese bydrae van 'n teelram tot die verhoging van reproduksie word heeltemal onderskat en is belangriker as die ooi-effek op 'n kuddebasis. Verskeie navorsingsproewe bevestig die direkte effek wat sekere teelramme op die meerlinggeboortes by ooie het (Turner & Young, 1969; Bradford, 1972). Dit is ook aangetoon dat hoe meer kere 'n ooi gedek word, hoe beter is die kans om haar beset te kry en terselfdertyd gee dit 'n dramatiese verhoging in meerlinggeboortes (Mattner & Braden, 1967). Om dus te verseker dat teelramme ooie soveel kere as moontlik gedurende haar hitteperiode dek, moet die ramme oor 'n baie hoë libido (geslagsdrang) beskik en topfiks wees. Die korrekte voeding kan ook 'n merkbare effek op die ram se drang (libido) hê om te dek terwyl ondervoeding spermproduksie affekteer sowel as die libido verlaag (Mattner & Braden, 1975; Alkass & Bryant, 1984; Wilson, 2001). Moet daar aan spesifieke teelramme voorkeur gegee word indien die doelwit is om die lampersentasie van die ooikudde te verhoog?  Gebruik die ramme met die hoogste Blupteelwaarde vir TWW (totale massa lam gespeen), maar sorg dat die teelwaardes vir al die ander eienskappe in balans is. Daar moenie net vir een eienskap geselekteer word nie (Olivier, 2008). Indien die TWW-teelwaarde nie beskikbaar is nie, gebruik die ramme wie se moeder 'n baie goeie reproduksierekord het. Ramme uit vrugbare moeders of eerder uit 'n vrugbare moederlyn, se dogters is meer vrugbaar. Gee dus voorkeur aan ramme gebore uit ooie met hoë positiewe OPI-waardes (ooiproduktiwiteitsindeks) en ooie wat gemiddeld die meeste lammers per lamkans gespeen het (dit is totale getal lammers oor leeftyd gespeen ÷ aantal lamkanse).  Voorkeur moet ook gegee word aan ramme met 'n "wakker," lewendige en aggressiewe voorkoms. Die oë moet veral

20

April 2013

helder, wakker en lewendig wees. Sulke ramme en veral aggressiewe ramme is meer geneig om 'n sterker geslagsdrang (libido) te hê en meer vrugbaar te wees as dié wat skugter en "slaperig" vertoon. Die gebruik van eersgenoemde ramme sal tot hoër besetting en meer meerlinggeboortes aanleiding gee (Henderson, 1990).  Gee voorkeur aan ramme met groot testes omdat testisomtrek (>35cm) positief gekorreleer is met spermproduksie en manlike hormoonproduksie asook met die ovulasietempo (aantal eiselle afgeskei), meerlinggeboortes en ouderdom van geslagsrypheid van hulle vroulike nageslag (Henderson, 1990; Kimberling & March, 1997).  Om volgehoue teeltvordering te verseker, moet minstens een-derde tot 'n helfte van die ramme jaarliks met nuwe ramme, wat verkieslik geneties beter is, vervang word (Wilson, 2001; McLennan & Knight, 2003). Hoe kan semenproduksie en die gehalte van die semen verbeter word?  Om 'n hoë lampersentasie te verseker, moet teelramme 'n prikkelvoer gevoer word om hulle in 'n uitstekende kondisie (kondisiepunt van 3.5 tot 4: Henderson, 1990; Greig, 2007) te kry en om hulle testisgrootte te maksimeer sodat maksimum spermproduksie kan plaasvind (Croker, 1996). Proewe toon dat die regte voeding vir 'n periode van twee maande die spermproduksie kan verdubbel.  Om testisgroei en spermproduksie te maksimeer, moet teelramme ekstra energie, maar veral 'n baie hoë vlak van deurvloeiproteïen gevoer word, want dit bevorder die groei van die testes en die spermproduksie (Henderson, 1990). Ramme wat 'n hoë proteïenrantsoen ontvang het, het 'n hoër en meer intense seksdrang gehad as dié op 'n lae proteïenrantsoen (Salamon, 1964). Volgens Vipond & Greig (2007) moet 'n prikkelvoer vir teelramme 16% proteïen bevat. Teelramme moet


WOLMEESTER KONSENTRAAT HOË KWALITEIT, PRODUKSIEKONSENTRAAT VIR LAMMERS EN OOIE

WOLMEESTER KONSENTRAAT:

Gesonde en groeikragtige lammers met geboorte Genoeg dun biesmelk met geboorte Genoeg melk tot en met speen Hoë speenpersentasie Swaar speengewigte

Maak jou diere en jou beursie vet!

Skakel Molatek by Tel: +27 (0)13 791-1036 • Faks: +27 (0)13 790-0095 • E-pos: molatek@tsb.co.za • www.molatek.co.za Wolmeester konsentraat Reg. No. V19782 (Wet 36 van 1947)


gevolglik vanaf twee maande voor paring 'n hoë deurvloeiproteïengebaseerde prikkelvoer teen 'n beperkte peil (500 – 1 500g/ram/dag), met vreetspasie vir elke ram, gevoer word. Indien die weiding skaars is, moet goeie kwaliteit lusernhooi ad lib. bygevoer word. As alternatief kan 'n volledige ramprikkelrantsoen gevoer word. Voldoende vreetspasie (± 60cm/ram: Vipond & Greig, 2007), sodat alle ramme gelyktydig kan vreet, moet te alle tye beskikbaar wees.  Saadkwaliteit van teelramme kan verbeter word deur hulle vanaf agt weke vóór die paarseisoen met koringkiemolie (± 25 ml/ram) een tot twee keer per week te doseer.  Enige stres, van watter aard ook al, veral as daar meer as een vorm van stres gelyktydig gebeur, kan die gehalte van die saad verlaag. Net geringe verhogings in liggaamstemperatuur vir kort periodes kan die vorming van lewensvatbare semen ontwrig (Wilson, 2003). Vermy alle stresvolle aktiwiteite (bv. skeer, dip, oormatige hantering, ensovoorts) korter as agt weke vóór paring. Voorsien skaduwee in die vorm van koeltebome of skadunet gedurende warm tye (> 32oC) van die jaar om

somersteriliteit te voorkom. Wanneer die temperatuur meer as 32oC vir lang periodes is of 'n kort periode van baie hoë temperatuur (38oC of hoër) sal die produksie van lewensvatbare sperme nadelig beïnvloed word. Volwasse sperme wat volledig ontwikkel is en reeds in die bybal gestoor is, word baie minder geaffekteer as sperme in die ontwikkelende stadiums (Wilson, 2003).  Voldoende koel en skoon drinkwater moet te alle tye beskikbaar en so na as moontlik aan die skaduwee wees (Wilson, 2003). Bepaling van teelgeskiktheid van teelramme  Ondersoeke toon dat tot 33% van teelramme vrugbaarheid- en/of dekbehendigheidprobleme het (MacLaren, 1988). Ramme moet sowat 6 tot 10 weke (Greig, 2007) vóór die paarseisoen aan 'n volledige teelgeskiktheidtoets deur 'n ervare veearts onderwerp word. Dit sluit 'n volledige fisiese ondersoek van die ram en sy geslagsorgane; evaluering en ondersoek van 'n semenmonster; meet van skrotumomtrek asook 'n dekbehendigheidtoets in. Daar moet terselfdertyd bepaal word of teelramme vry

Aangesien teelramme 'n betreklike klein groepie diere verteenwoordig, is daar nie 'n verskoning vir swak reproduksieprestasie wat voortspruit uit swak voeding en voorbereiding van teelramme nie.

22

April 2013


van enige geslagsiektes is en of hulle 'n hoë geslagsdrang het.  Dit is belangrik om daarop te let dat nie alle vet en onfikse teelramme onvrugbaar is nie, maar vet en onfiks is hoë risikofaktore. Watter aktiwiteite is noodsaaklik vir die voorbereiding van teelramme?  Aangesien die produksiesiklus van sperme 7 tot 8 weke duur, moet die voorbereiding van teelramme minstens twee maande voor die paarseisoen 'n aanvang neem (Henderson, 1990).  Teelramme moet vanaf minstens twee maande voor die aanvang van die paarseisoen fiks gemaak word deur hulle vroegoggend en laatmiddag vir minstens 'n halfuur vinnig te laat stap.  Ramme moet minstens twee maal per jaar geskeer word om probleme met hittestres en brommeraanvalle te beperk. Paring moet egter verkieslik met kortwol (korter as 4 maande; ongeveer 3.5cm wolgroei) geskied. Langwol (> 6 maande) verhoog hittespanning wanneer paring in warm weer geskied wat die geslagsdrang (libido) van ramme nadelig beïnvloed. Ramme met 'n langer wolgroei is ook meer vatbaar vir brommeraanvalle terwyl ramme met kortwol meer aktief en meer beweeglik is (Wilson, 2003).  Teelramme moet verkieslik nie korter as agt weke voor paring geskeer word nie omdat dit 'n negatiewe invloed op hulle vrugbaarheid kan hê. Skeer gedurende warm maande moet verkieslik sowat drie maande voor die paarseisoen geskied. Indien skeer gedurende die warm maande van die jaar geskied, moet koelte vir die eerste paar weke ná skeer voorsien word om "somersteriliteit" te voorkom, want kortwol (< 2 maande) verhoog tydelike onvrugbaarheid. Veranderinge in die semen kan binne drie dae ná 'n toename in skrotale temperatuur gebeur. Om oorverhitting van die skrotum te voorkom, weens oormatige wolbedekking, moet die wol op die skrotum tydens skeer ook afgeskeer word (Greig, 2007).  Teelramme behoort ook drie maande voor die aanvang van die dekseisoen met Multimin™ (G1853: bevat sink, mangaan en selenium) asook Vitamien A en E ingespuit te

word om beide vrugbaarheid en weerstand teen siektes te maksimeer. Die spoorelemente sink, mangaan en koper is noodsaaklik vir die produksie van goeie gehalte semen asook vir 'n hoë geslagsdrang. Besetting verhoog indien ramme met selenium gespuit word (Vipond & Greig, 2007), want selenium is 'n kritieke komponent van die stert van die spermselle. Sink en Vitamien A word ook vir spermproduksie benodig. Ramme wat sink- en Vitamien A-tekorte het, het sagte testes (sagte balsindroom) en produseer swak gehalte semen (Wilson, 2003).  Spuit die reeks Bloutongentstof (d.i. Bloutong A, B en C) ná die paarseisoen. Dit moet minstens drie weke uitmekaar gespuit word. Die laaste Bloutonginspuiting (d.i. Bloutong C) moet verkieslik nie korter as 12 weke vóór die paarseisoen gespuit word nie.  Teelramme moet verkieslik nie korter nie as ses weke voor die paarseisoen vir beide ronde- en neuswurm gedoseer word asook met 'n multiklostridiale entstof geënt word. Aangekoopte teelramme en wurmweerstand  Teelramme moet minstens drie maande voor die paarseisoen aangekoop word sodat hulle voldoende tyd het om by die nuwe omgewing te akklimatiseer. Om die moontlike verspreiding van wurmweerstand deur aangekoopte teelramme te voorkom, moet hierdie ramme aanvanklik onder kwarantyn gehou en gedoseer word volgens die voorskrifte wat op www.landbou.com in die artikels: "Holistiese bestuur van interne parasiete by skape en bokke" en "Kwarantyn en behandeling" gegee word. Samevatting  Vir die verhoging van reproduksietempo konsentreer produsente grootliks op die ooi deur dié wat gereeld 'n lam speen te selekteer en ooie goed voor te berei vir paring (bv. prikkelvoeding). Die bydrae van teelramme tot 'n hoë reproduksietempo kan egter nie verontagsaam word nie. Teelramme moet daarom voorkeur en spesiale behandeling ontvang. Die fokus moet op maksimale testisgroei en spermproduksie asook goeie gesondheid en 'n hoë fiksheidspeil wees.

Vir enige verdere navrae skakel dr. Coetzee by 083 386 8382 of stuur 'n e-pos na jasperco@iafrica.com.

April 2013

23


Du Preez de Villiers

Belanghebbendes in rooivleisbedryf bespreek aktuele sake Die NKRPO het weer soos gewoonlik vanjaar hul rooivleistoer aangebied met interessante sprekers wat produsente toegespreek het. Hieronder is 'n kort beskrywing van die sprekers se toesprake. Max du Preez praat met boere op RPO-Noord-Kaap toer Boere van Springbok, Groblershoop en Gariepdam was baie ingenome toe Max du Preez tydens die jaarlikse NKRPO-toer vir hulle vertel hoe belangrik hy die rol van landbouers in die Suid-Afrikaanse ekonomie ag. Hy het gesê hy is geweldig trots op hulle, wat te midde van uitdagende politieke omstandighede, nog steeds 'n baie edel rol as kosvoorsieners vervul. Hy het egter 'n beroep op boere en georganiseerde landbou gedoen om baie meer strategies te dink en te beplan as hulle met die regering moet onderhandel oor sake wat hulle so drasties beïnvloed soos die onlangse

loonverhoging-onderhandelings. Landbouers het immers 'n baie belangrike hef in die hand en kan baie meer vermag as hulle die regte wat 'n demokrasie vir hulle bied ten volle gebruik, het hy gesê. Prof. Kobus van der Walt waarsku oor water en energie Prof. Kobus van der Walt, omgewingspesialis wat Saterdagoggende op RSG gesels, het vir boere gesê die toekoms vir water- en energieverskaffing in Suid-Afrika lyk baie donker. Mynbou en oneffektiewe rioolbestuur in die opvanggebied van die Vaalrivier hou 'n geweldige bedreiging in vir landbouers en hulle sal moet betrokke raak in makro-

Hier is die sprekers saam met lede van die media en die NKRPO se Rooivleisdag-beplanningskomitee.

24

April 2013


waterbestuur. Landbouers, wat sowat 60% van die land se water gebruik, gaan 'n groter teiken vir die regering en bewaringsbewustes word en sal dringend moet besin oor hoe om water te bespaar asook om energieonafhanklik te word. Die metaangasbesoedeling deur vee is ook 'n dilemma wat aandag moet kry en hy het vir boere idees gegee om self die gasbronne op hulle plase te benut. Nicolette Hall bied goeie nuus aan rooivleisprodusente Nicolette Hall van Skaapvleis Suid-Afrika het ook produsente toegespreek en interessante, wetenskapliknagevorsde feite oor die voordele van rooivleis in 'n dieet uitgelig. Die navorsing is plaaslik deur die rooivleisbedryf gedoen wat ook besig is om saam met ander belanghebbendes die wanpersepsies oor rooivleis te bestry met die verbruikersopvoeding wat hulle onder dokters, dieetkundiges en die hoofstroom-media doen. Hulle versprei ook gratis materiaal onder huisvrouens en opinieleiers wat aflaaibaar is van www.healtymeat.co.za wat rooivleis promoveer en

onder meer oulike resepte bevat oor die skoonmaak en voorbereiding van afval. Koos van der Ryst, vise-voorsitter van die nasionale RPO, bespreek die fokus van die RPO Koos van der Ryst het veeboere van die dorpe wat besoek is, vertel van die jongste uitdagings wat op die RPO se tafel is. Die onlangse vleisskandaal is bespreek en boere is vertel wat die impak op rooivleisproduksie is, asook die noodmaatreëls wat getref is om die skuldiges vas te trek en die skade te beperk. Hy het ook aan boere verduidelik hoe hulle groen aktiviste moet neutraliseer deur hulle Kode van Beste Praktyk streng na te volg. “'n Goeie veeboer mishandel nie sy diere nie, want dan gaan hy bankrot raak”, was sy kommentaar op die saak. Hy het ook genoem dat Australiese veeboere 3% en Nieu-Seeland 0% staatsubsidie van hul onderskeie lande ontvang en moet Suid-Afrikaanse boere dus nie mismoedig raak nie.

Die sprekers vanjaar was van links Koos van der Ryst van Koopmansfontein, vise-voorsitter van die nasionale RPO, prof. Kobus van der Walt van die Universiteit van Noordwes in Potchefstroom, Nicolette Hall van Skaapvleis SA in Pretoria, en Max du Preez van Media24 in Kaapstad.

April 2013

25


Opwindende program vir mans en vrouens op Orania aangebied 'n VLV-sirkeldag word op 1 Mei op Orania aangebied. Die immergewilde rubriekskrywer van Sarie, AndrĂŠ le Roux, is die gasspreker. Dit is vir beide mans en vroue (die mans kan selfs baat vind uit hierdie praatjie!). Hierna sal die vrouens 'n program hĂŞ wat insluit 'n praatjie oor kleurmetodes van materiaal deur Annalise van Niekerk. Vrouens sal ook die geleentheid kry om self 'n suikerlepeltjie te versier met krale en draad (koste R30) en daar sal ook gekyk word na die maak van lugdroog klei en beelde. Die mans se program behels 'n landboutoer waar aanlegte wat graan skoonmaak en sorteer besoek gaan word. Daar sal ook gekyk word hoe kuilvoer van lusern op 'n spesifieke manier gemaak word. 'n Besoek aan pekanboorde, 'n pekanaanleg asook die oes van pekans is ook deel van die program. Kaartjies kos R100 vir die dag. Net 200 kaartjies is beskikbaar. Die oggend se verrigtinge begin om 09:00.

Spring gou en skakel Sunel van Rensburg in Britstown by 072 385 1603.

Skryf in vir patentekompetisie Die Nieuwoudtville-reklamevereniging bied op 29 Junie 'n boere-patentedag aan. Alle boere word genooi om 'n patent in te skryf en 'n kans te staan om 'n prys te wen. Landbouweekblad borg die pryse en gaan ook 'n artikel doen oor die wenners. Daar gaan ook stalletjies wees en ander aktiwiteite. Die dag word afgesluit met 'n dans. Vir meer inligting en vir inskrywingvorms vir die patente kontak Hannelie by info@nieuwoudtville.com of by 027 218 1336.

26

April 2013


Katoen markverslag D Die aanplant van katoen het in die noordelike halfrond 'n aanvang geneem en 'n 10% daling in wêreldkatoenproduksie word deur die ICAC verwag. Die grootste afnames word in die VSA (32%) en China (-8%) verwag. Die ICAC verwag ook dat wêreldkatoenverbruik stadig sal aanhou groei en met sowat 1% in 2013/14 toeneem. Die verbruik van katoen deur Chinese spinners sal na verwagting met 5% in 2013/14 afneem in teenstelling met Indië waar katoenverbruik volgens die ICAC na verwagting met 10% sal groei. Vir die res van die wêreld se grootste katoenverbruikslande sal katoenverbruik min of meer onveranderd bly in 2013/14.

ie Cotlook A-indeks ('n aanwyser van internasionale katoenveselpryse) het op 18 Maart tot 98.85 VSA c/lb gestyg voordat dit tans weer tot 94 – 95 VSA c/lb teruggesak het. Volgens die International Cotton Advisory Committee (ICAC) is hierdie onlangse styging in pryse te wyte aan besorgdheid oor die vraag/aanbod-situasie buite China namate laasgenoemde voortgaan met die opbou van reserwe-katoenvoorrade.

Geraamde wêreldvraag en -aanbod vir katoen vir die 2011/12-seisoen en projeksies vir 2012/13 en 2013/14 (seisoene beginnende 1 Augustus): (miljoen metrieke ton)

Beginvoorraad Produksie

2011/12 2012/13 2013/14 9.6 27.4

14.1 26.0

16.7 23.5

Verbruik Uitvoere Invoere Eindvoorraad Eindvoorraad/verbruik

22.8 10.0 9.8 14.1 56%

23.4 8.7 8.7 16.7 55%

23.7 8.1 8.1 16.4 44%

A Indeks (VSA c/lb)

100

90

(China uitgesluit)

Die grootste uitvoerders van katoen na China so ver hierdie seisoen is: Australië (577 867 ton); die VSA (572 216 ton); Indië (534 056 ton); Brasilië (284 516 ton) en Uzbekistan (188 934 ton).

Vir 2013/14 word verwag dat wêreldkatoenhandel met sowat 7% sal toeneem terwyl wêreldkatoenvoorrade na verwagting met 1% sal afneem vanaf die 2012/13 rekordvlak van 16.7 miljoen ton. Dit is in teenstelling met China waar katoenvoorrade na verwagting met 13% in 2013/14 sal toeneem. Plaaslike vooruitskouing Wat die plaaslike vooruitskouing betref, dui die 3e skatting vir die 2012/13-produksiejaar op 'n totale katoenoes van 35 386 bale vesel wat 'n styging van 3% teenoor die vorige skatting verteenwoordig, hoofsaaklik danksy beter verwagte droëland opbrengste. Na skatting sal 31 886 bale vesel geproduseer word van RSA geproduseerde katoenpluksel. Die balans van 3 500 bale vesel het betrekking op verwagte Swaziland geproduseerde katoen wat deur die Swazilandpluismeule gepluis sal word.

Gemiddelde Cotlook A indeks (wat ‘n aanwyser van wêreldkatoenveselpryse is) en die ooreenstemmende Suid-Afrikaanse “prys”:

Week 01/04 - 05/04/13 Maart 2013

05/04/13

Februarie 2013 'n Jaar gelede Twee jaar gelede

A INDEKS

RSA "PRYS"

94.97 94.46

1950.78 1932.43

Gem. VSAc/lb

94.85

89.68 99.50 223.00

Gem. SA c/kg

1935.63 1775.86 1732.63 3328.45

April 2013

27


Wintertyd... haal die knyp uit die koue Clivé Burger, redakteur

V

ir party mense is die vooruitsigte van die winter wat hier aan ons deure klop 'n lekker een.

Wanneer mens dink aan die heerlike sop, warm truie, komberse voor die televisie, biltong en droëwors, serpe en musse, snoesige kaggels en rooiwyn... Ja dan klink dit seker nie te sleg nie. Maar dan dink ek aan koue voete snags in die bed, koue toiletsitplek, loopneuse en laag op laag klere (wat geneig is om ook ekstra kilogramme te toon!) dan sak my moed sommer. Die somer is mos 'n vrolike, op-en-wakker, besige tyd en dan skielik gaan ons lywe en koppe in 'n ligte winterslaap. Juis daarom moet ons waak teen sekere dinge en let op hoe ons die winter gaan aanpak. Hier onder is 'n paar dingetjies om hierdie winter dalk bietjie makliker te maak. Gesonde kos Wintertyd is mos lekker-eet-tyd. Gekookte kos – skaapboud, gebraaide aartappels, boontjies, rys en pampoen. Maar daar is ook baie ander

28

April 2013

gesonde kosse wat ons kan eet behalwe die lekker vars slaaie wat ons graag in die somer eet. Oe en moenie vergeet van die tientalle verskillende soppe wat ons kan maak nie. Daar is darem niks so lekker soos die reuk van lekker sop as jy by die agterdeur instap nie. Warm gebakte poeding... Jan Ellis, melkpap, sagopoeding, sjokoladepoeding, ryspoeding, broodpoeding... watertandpoedings. 'n Kundige sê nou die dag oor die radio dat ons eintlik veronderstel is om daagliks vrugte en groente van al die kleure in die reënboog twee keer per dag in te neem. Sjoe dit klink bietjie rof. Ek is verseker nie só gesond nie. Daar is egter vrugte en groente wat die kieme weghou en die winter se siektes uit die huis hou. Ek is seker biltong en droëwors tel ook hieronder. Oefeninge Hoewel oefeninge dwarsdeur die jaar baie belangrik is (twee maal om die blok of spilpunt tel ook as goeie oefening!), is dit dikwels in die winter wat dit moeilik is om by gereelde oefening te bly. Dit is mos nie lekker om vroegoggend op te staan


terwyl dit nog donker is en iets te doen wat soos oefening klink nie. En laatmiddag is dit net so moeilik, want dan het jy al heeldag jou klere warm gedra en om dan nuwe, koue klere aan te trek... die gedagte klink net nie goed nie. Maar oefening is belangrik vir ons welstand. Daarom moet ons planne maak om indien ons nie “gimnasium-venusse” is nie, tog maar 'n poging aan te wend om iets te doen om die hart vinniger te laat klop en die spiere net so bietjie warm te maak. Dit is daarom geen verskoning om te sê jy kry te koud nie. Vat twee Koo-blikkies ertjies (of mielies as jy 'n spesifieke voorkeur het), gooi jou bene toe met 'n lekker warm kombersie en oefen daai arm spiere. Sommer voor die televisie. Neem 'n trekkerband en sny 'n dikkerige greep (sowat 7cm breed) uit. Sit albei voete in dit. Hou die een teen die bank en rek dan met die ander been op boontoe. Herhaal 'n paar keer. (Wenk: pasop net dat dit nie 'n trekker-binneband was nie. Manlief sal nie die skielike beheptheid verstaan as jy saans jou bene tot agter jou nek moet strek nie!) Alle grappies op 'n stokkie. Daar is verseker oefeninge wat ons in die winter kan doen. Fietsry

en draf (en stap vir diegene wat nie baie haastig is nie) kan verseker in wintermaande met gemak gedoen word. Kies net jou tyd daarvoor reg. Inkopies Sommige van ons kan mos nie wegbly uit die winkels uit nie (ek is een van hulle). Al kyk (en droom) ek maar net. Inkopies is 'n tydverdryf in die winter wat jou nogal duur te staan kan kom. Maar dit is ook 'n goeie idee om jouself te bederf as jy voel die winterkoue bekruip jou hart en lyf en jou gemoed raak swaar soos die wolke saampak en die koue kombers op die horison gaan lê. Niemand het gesê jy mag nie jouself (en hier bedoel ek jouself – nie manlief, kinders of kleinkinders) bederf so af en toe nie. Waak net teen die begeerte om elke trollie propvol te wil pak. Lees Dit is dalk hierdie winter die gulde geleentheid om daardie klomp boeke wat jy gekoop/bestel het deur te werk. Lekker onder 'n snoesige kombers op die bed, of beter nog in hom. Klim sommer vir 'n slag vroeg in die bed en lees. Mens kry so min

April 2013

29


tyd en met dié dat dit vroeër donker word, is die leesure net soveel meer. Bad Of jy nou 'n bad- of stortmens is... die winter is gemaak vir lekker lang ure in die bad. Jy moet sommer so drie tot vier keer die warm kraan moet oopdraai. Party mense vertel hulle gooi sommer 'n lekker wyntjie in, vat 'n boek en gaan lê tussen die skuim. Lekker ontspantyd. (Dit klink vir my ook goed, maar diegene wat dit doen is seker nie getroud of het 'n besige huishouding nie!) Daar is heerlike badbederf op die mark en dit kan sommer goeie alleentyd wees. Nadinktyd. Ag en as dit nie anders kan nie, is dit seker nie 'n slegte idee om daar in die bad te lê terwyl die jongspan (of pa!) vertel wat hulle die dag gedoen het nie. Brei Ai ek wens ek kon hekel. Dis juis so in die mode. Maar brei kan ek darem so bietjie. Ek weet nie of ek van 'n patroon sal kan brei en hoe groot die projek sal wees wat ek aanpak nie, maar ek ken darem van plain and purl. Of knit one, slip one. Dit is dalk nou die geleentheid om daardie trui klaar te maak wat al 'n paar jaar lank in die kas lê. Die modes het gekom en gegaan en tien teen een sal dit hierdie jaar 'n trefferitem wees. Stokperdjies Mense doen nog steeds “scrapbooking” en dit bly

'n lekker tydverdryf, maar dit is dalk tyd dat jy hierdie winter jou foto's uitsorteer. Vir elke kind (of hy/sy nog in die huis is of nie) 'n mooi herinneringsalbum te maak. Met die nuutste tegnologie, is ons geneig om nie meer ons foto's te laat druk en in albums te sit nie. Dit lê of op die kamera of op die rekenaar....totdat die weerlig slaan en alles weg is. Ek is self skuldig, en as daar een ding is wat ek hierdie winter gaan doen, is dit om my foto's op CD's te sit, van dit te laat druk, in albums te sit... en my troufoto's ('n dekade later) teen die mure op te kry. Daar is ander tydverdryf soos puzzle bou, jou seëlversameling uit jou kinderdae weer af te stof of selfs jou resepteboeke weer agtermekaar te kry (veral daai handgeskrewe resepte wat ouma nog geskryf het of jou tannie vir jou ma deur die pos gestuur het), of daai wat sommer uit 'n tydskrif geskeur is en nou nog tussen Wenresepte 2 se blaaie los lê. Nee kyk as ek darem nou so kyk wat alles gedoen kan word hierdie winter, het ek 'n reuse taak wat voorlê en gaan ek sommer nou al begin... Helaas die heel belangrikste is gesinstyd. En daar is baie lekker dinge wat mens in die winter as gesin kan saamdoen. Onthou ons is maar 'n kort tydjie op aarde... en die tyd om lief te hê is min...

Mammas kan ook huil My kind, weet jy dat Mammas ook soms huil... maar dat ons trane agter ons glimlagte skuil... Weet jy dat Mammas se harte ook soms wil breek... maar dat ons dit so ver weg steek... Weet jy dat ons soms sit met so min hoop... en dat ons so hard moet keer dat ons trane loop... My kind, as jou hart soms so seer is... en daar niks aan te keer is... is Mammas die een wat by jul staan... en dis Mammas wat jul harte so goed verstaan... Mammas moet sterk wees vir haar kind... en soms is dit so hard om die regte woorde te vind... want as ons jul moet troos en vashou... huil ons net so hard in ons mou...

30

April 2013

My kind soms is dit so hartseer om jou te sien huil... en soms dink mamma terug aan jou kinderdae met jou gesiggie so vuil... soms verlang ons ook na iemand om ons by te staan... En soms wil ons arms hê wat om ons gaan... My kind maar ter wille van jou staan ons sterk... al maak jou hartseer in ons harte ook ‘n merk... weet jy dat ons net die beste vir jul soek... en ons liefde soos ‘n storieboek... want elke bladsy vertel sy eie verhaal... van ‘n Mamma wat haar kind nooit sal faal... en wanneer jul trane in jul ogies skyn... My kind weet jy dat Mamma dan ook wil huil? ( Outeur onbekend)


Wie het gesê pampoen en pasta is nie pasmaats? Hier is 'n heerlike resep wat jy verseker kan probeer!

Hoender, botterskorsie en feta lasagne Genoeg vir 4. Voorbereidingtyd: 10 minute. Kooktyd: 10 minute (in 'n japtrap!)

Bestanddele • 1 Knorr Hoenderlasagne Mate • 250ml fetakaas • 400g botterskorsie • 500g hoenderborsies/filette (gesny) • 1 ui (fyngesny) • 15ml olie

1. Gooi die inhoud van die sakkie kaassous in 'n houer en vul dit met sowat 400ml kookwater. Roer vir 1 minuut. 2. Sny die botterskorsie in blokkies en plaas dit in 'n bietjie water in die mikrogolf vir sowat 7 minute. 3. Braai die uie en hoenderstukkies in olie in 'n groot pan. 4. Gooi die Knorr-mengsel by 600ml warm water, die pampoen en die pasta by die hoender. 5. Laat dit kook en roer gereeld. 6. Verminder die hitte en laat dit vir sowat 10 minute prut. 7. Gooi dit in 'n oondvaste bak. 8. Gooi die kaassous oor en krummel die fetakaas bo-op. 9. Bak dit vir sowat 20 minute by 180°C of “grill” dit vir sowat 10 minute.

Geniet dit!


vir advertensies BTW nie betaalbaar. Ontwerpkoste is ingesluit by prys.

Volblad

(21 x 29,7cm)

1 maand: R1 950 elk 2 maande: R1 850 elk

“Koop en Verkoop”-afdeling (word ook op webwerf geplaas) (9 x 3,0cm) sluit ‘n foto in

Horisontale Banner (19 x 5,4cm)

1 maand: R575 elk 2 maande: R550 elk

R100


Volblad (21 x 29,7cm)

1/8 Blad (9 x 6,3cm)

1 maand: R425 elk 2 maande: R400 elk

1/4 Blad (9 x 13,4cm)

1 maand: R595 elk 2 maande: R550 elk

SMALLS slegs R60 “Dit en dat”-afdeling

Smalls (9 x 2,0cm)

R60 vir 5 reëls

@agri April 2013  

@agri April 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you