Issuu on Google+

@agri Jou no.1 aanlyn tydskrif

Noord-Kaap Suid-Vrystaat Uitgawe 3 • Februarie 2012

Landbouvooruitsigte vir 2012 lyk goed Regering moet net help NKRPO bied rooivleisdae vir veeboere aan

Ken die verskillende mielieblaarsiektes

Moenie laatdragtige ooivoeding afskeep nie


Safari's na Afrika sonder baie kostes en duur benodigdhede. 2 x 4 voertuie ook welkom. 'n Kans van 'n leeftyd teen bekostigbare prys. Gidse, begeleiding, kos en slaapplek is alles ingesluit. Toere na Botswana, Zimbabwe en Namibië. Vir meer besonderhede skakel Christo van Vuuren by 082 670 6588.

Professionele fotograaf vir alle geleenthede. Kimberley en omgewing. Skakel Carine Beylefeld by 083 4535 253.

Sportron. It's time to start your own business now! Supplement your income or work full time, work with products and people that support good health, financial security and personal development. Interested? Sms your name and number to 072 3511 258 and we will phone you!

Kindervermaak by partytjies: gesigverf, ballonne vou, nar en Minnie Muis en ander lekker pret. Kimberley en omgewing. Skakel Carine Beylefeld by 083 4535 253.

Tupperware – jou lewenslange kombuisvriend. Baie voorraad beskikbaar. Skakel Tania Wiid by Plooysburg by 082 457 2708.

Gholfafrigting in Jan Kempdorp vir leerders van Graad 1 tot 7. Aanleer van vaardighede en jongste tegnieke. Nie nodig om toerusting aan te koop. Afrigting vir seniors ook aangebied. Skakel Nico Schmahl by 072 179 1570.

Vanderkloofdam en omliggende gebied: eiendomme, inligting of besprekings vir akkommodasie of ander geleenthede. Skakel Ethel van der Walt by 082 6071 194.

Lavender Landscaping – garden design, maintenance, water features and irrigation. No job too far to travel for. Contact Irma Müller at Modder River on 083 633 0133 or send an email to albie@douglas.co.za.

Kayak op die Vanderkloofdam of die Oranjerivier. Groot pret! Ideaal vir familiefees of spanbou. Kontak Ethel van der Walt by 082 6071 194.

Garsonhein Rottweilers. Opreg geregistreerde Rottweilerhondjies. Ingeënt, ontwurm en gemicrochip. Skakel Mariëtte Swanepoel van Jacobsdal by 082 437 0659.

Anoesjka Botes Fotografie - vir die neem van troufoto's, baba-, kinder- en gesinsfotos. Skakel 082 316 2092 of stuur e-pos na anoesjka@albieswireless.co.za. Britstown/De Aar/Vosburg-distrikte.

Kleiner advertensies soos hierde in die “Dit-en-dat”-afdeling kos R60. Stuur u inligting na agriclive@mweb.co.za.

Louis Botha Fotografie. Kimberley. Skakel Louis vir enige foto's troues, kinders, familie, sport of gesellighede by 082 494 6783. Stuur 'n e-pos na lbf@vodamail.co.za.

Skakel Clivé by 053 591 0761 / 083 708 3974 of stuur e-pos aan agriclive@mweb.co.za.

Laat my toe om jou mooiste dag se herinneringe met 'n kamera vas te lê.

livé urger

CB

Wil u graag hier adverteer?

FOTOGRAFIE

053 591 0761 • 083 708 3974


Uitgawe 3: Februarie 2012 Die volgende uitgawe van @agri verskyn 1 Maart 2012.

Voorblad: Produsente in Suid-Afrika het bykans 11% meer mielies geplant as verlede jaar. Lees berig binne. Foto: Clivé Burger

2 3 4

Redaksie

6

Vooruitsigte vir landbou lyk goed – as regering hulp verleen

8

Reën is dringend nodig vir somerreënvalstreek

9

Katoenpryse stabiliseer na dekade

Dagboek Alfa & Omega | Uit my “Inbox”

10

Produsente plant meer mielies hierdie seisoen

12

Identifiseer mielieblaarsiektes ten einde korrek te bestuur

16 19

Vakansie...kliek... goeie herinneringe!

20

Afskeep van laatdragtige ooivoeding kan produsent duur te staan kom

24

Nuwe voedingsprodukte kan winste vergroot

26

Die liefde oorwin alles

NKRPO bied drie rooivleisbyeenkomste aan

Stuur asb hierdie tydskrif na al u vriende en kennisse sodat ons lesertal kan uitbrei. Boonop is daar lekker kontantpryse op die spel. Al wat u moet doen is om die e-pos te stuur na 10 van u kontakte en agriclive@mweb.co.za te cc. Die kontanttrekkings van R2 000, R1 000 en R500 sal gedoen word aan die einde van Februarie So waarvoor wag u?

@agri Clivé Burger - Redakteur 083 708 3974 agriclive@mweb.co.za

Stephan Vorster - Grafiese ontwerper spmads@iburst.co.za

Februarie 2012

1


Hierdie @agri is met liefde versorg vir elke leser wat die tyd neem om dit te lees. Ons wil graag vir enigiemand 'n spreekbuis wees en skryf oor interessante mense in ons streek. Stuur gerus vir

N

iks in die lewe is 'n gegewe nie. Wat ons is,

ons idees en gedagtes sodat ons dit kan opvolg.

is net genade, en wat ons het, is net geleen. (Koos du Plessis – Gebed).

Hierdie is die ideale geleentheid om die nuus van jou dorp of stad aan ons deur te gee sodat ons ook

Die nuwe jaar lê wyd uitgestrek voor ons – en nie

op só manier kan bydra tot die herlewing en

een van ons kan sien wat dit vir ons inhou nie. Elke

voortbestaan veral van die platteland.

dag moet ons leef asof dit ons laaste een kan wees. Doen ons dit?

Ek doen 'n beroep op ons landbouers om ons te laat weet van landbounuus in u streek. Hierdie is 'n

Die dinge wat ons uitstel vir môre, moet ons eerder

landbou- en gemeenskapstydskrif en ons wil graag

vandag doen, want glo my tyd is dikwels te min en

jul stories vertel.

kan ons die gisters nie oorhê nie. Dit is een van die lewenslesse wat ons dalk te min oor nadink – doen

Stuur vir ons foto's van nuusgebeure waar julle

wat jy moet, doen dit goed, wees goed vir ander. En

woon. Gee vir ons datums deur van dit wat in jul

wees lief vir mekaar.

dorp gebeur. Besoek gerus ons webwerf by www.leesagri.spmdesigns.co.za om vorige uitgawes

Gebruik die goed wat jy in jou kaste wegbêre enige

van @agri te lees.

dag – nie net op spesiale dae nie. Die mooi stel koppies en pierings wat jy by jou ouma geërf het –

Ons het spesiaal twee nuwe afdelings begin wat ook

maak tee vir jou beste vriendin wanneer sy in die

op die webwerf beskikbaar is waar jy jou dienste of

middel van die week een middag kom dagsê. Spuit

produkte kan adverteer teen minimale pryse. Wil jy

jou gunstelingparfuum sommer aan as jy net vir die

graag iets verkoop of dalk iets koop – stuur dan vir

dag by die huis gaan wees.

ons die inligting daaroor sodat ons dit in beide die tydskrif en op die webwerf kan adverteer. Die

Te dikwels wil ons wag vir môre, vir 'n beter

advertensietariewe is elders in die tydskrif

geleentheid. En dan is dit soms te laat.

beskikbaar.

'n Les wat ek ook sommer weer met die intrap van

Onthou ook dat jy die tydskrif kan aflaai na jou

die nuwe jaar opnuut weer geleer het.

rekenaar sodat jy dit enige tyd kan lees – sonder om weer “aanlyn” hoef te gaan. Wanneer jy die tydskrif

Leef jou drome. Maak dit 'n werklikheid. Moenie wag

op internet lees, kan jy die vergrootglas gebruik om

vir eendag nie. Eendag kom dalk nooit.

die bladsy groter te maak vir beter lees asook die muis om op en af op die bladsy te beweeg.

Elkeen van ons kry soms net een kans – ons moenie toelaat dat vrese en onsekerheid in die pad

Gee vir ons terugvoering oor die inhoud van die

daarvan staan om die beste daarvan te maak en dit

tydskrif sodat ons kan hoor wat jul behoeftes is.

met albei hande aan te gryp nie.

Ons probeer graag daaraan voldoen.

Skryf die brief (e-pos, sms) wat jy lankal belowe het

Mag Februarie vir julle elkeen 'n wonderlike maand

jy gaan. Sê wat jy wil sê. Doen wat jy graag wil

wees – een van liefde!

doen. Groete tot volgende keer. Ons is te besorgd oor die dag van môre. Dit is vandag dat ons moet voluit leef.

Clivé

Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie of medewerkers nie.

2

Februarie 2012


@agri Februarie 11 Februarie Griekwastad. Laggiesland Speelskool bied 'n dans aan. Griekwastad-skousaal. 19:00. Navrae: Ansie Scholtz by 083-601-6903. 14 Februarie Griekwastad. VLV. Opvoeding en kultuur. 10:30. Praatjie: Die Passiespele, 'n belewenis. Demonstrasie: Een plan, vyf nageregte. Oppersaal, NG Kerkgebou. Navrae: Christel Steenkamp (bemarker) 083-650-2460 / dcsteenkamp@wsinet.co.za of Hanna van der Linde (voorsitter) 083-391-8821. 14 Februarie Griekwastad. Griekwastad-Grootrivier boereverenigingvergadering. 15:00 Navrae: Apie Barnard by 084-581-5722. 14 Februarie Douglas. VLV. Gesondheid en leefstyl. NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326. 17 tot 18 Februarie Reitz. Bieliemielie-fees. Navrae: 058-863-2307. 15 Februarie Niekerkshoop. Agri Hay landbou-unievergadering. 14:30. Navrae: Joe Scholtz by 082-324-9600. 21 Februarie Orania. Graan SA streekvergadering. Orania Gemeenskapsaal. 11:00. 25 Februarie Bothaville. Nampo Park. OFM Engen Bakkiedag. Bekende kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jay, Karlien van Jaarsveld en Thys die Bosveldklong. R120 per persoon (kinders onder 12 gratis).

Kerkgebou. Navrae: Christel Steenkamp (bemarker) 083-650-2460 / dcsteenkamp@wsinet.co.za of Hanna van der Linde (voorsitter) 083-391-8821. 13 en14 Maart Douglas. VLV. Sirkelkonferensie 2012. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326.

April 10 April Douglas. VLV. Landbou en opvoeding en kultuur. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326. 17 April Griekwastad. VLV. Gesondheid. 10:30. Praatjie: Middelafhanklikheid. Demonstrasie: Pak 'n eenvoudige, gesonde kosblik. Oppersaal, NG Kerkgebou. Navrae: Christel Steenkamp (bemarker) 083-650-2460 / dcsteenkamp@wsinet.co.za of Hanna van der Linde (voorsitter) 083-391-8821. 19 April Kimberley. VLV. Inligtingseminaar. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326.

Mei 4 Mei Prieska. Jannie Moolman in konsert met Die son sal weer skyn in stadsaal. Ten bate van Huis Frank du Toit-ouetehuis. Navrae: Rina Coetzee by 082- 948-2354. 8 Mei Griekwastad. Griekwastad-Grootrivier boereverenigingvergadering. 15:00. Navrae: Deon Steenkamp by 083-263-4276. 8 Mei Douglas. VLV. Kunste en handvlyt en gesondheid. NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326.

25 Februarie Prieska. Tobi Jooste tree in stadsaal op. 19:00. Kaartjies by Prieska Meubels. Ten bate van Frank du Toit-ouetehuis. Navrae: Rina Coetzee by 082-948-2354.

9 Mei Koegas. Agri Hay landbou-unievergadering. 14:30. Navrae: Joe Scholtz by 082-324-9600.

Maart

15 tot 18 Mei Bothaville. Nampo Oesdag. Navrae: Wim Venter by 056-515-2145.

6 Maart Douglas. VLV. Leefstyl en openbare sake. NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326. 6, 7 en 8 Maart Upington, Calvinia en Douglas. NKRPO Rooivleisdae. Tema: Is daar iets soos presisie-veeboerdery? Navrae: Corine van Rensburg by 053-832-9595 of 083-644-5545. 7 en 8 Maart Bothaville. Graan SA kongres. Navrae: Nico Vermaak by 056-515-2145.

15 Mei Griekwastad. VLV. Leefstyl. 10:30. Praatjie: Plant jou eie kruietuin en gebruik dit. Hoekom moet ek my vel versorg? Oppersaal, NG Kerkgebou. Navrae: Christel Steenkamp (bemarker) 083-650-2460 / dcsteenkamp@wsinet.co.za of Hanna van der Linde (voorsitter) 083-391-8821. 21 tot 24 Mei Griekwastad. Pinksterdienste in NG Kerk. 18:00.

13 Maart Griekwastad. VLV. Landbou en tuinbou. 10:30. Praatjie: Landbousake. Demonstrasie: Gebruik olywe. Oppersaal, NG

Sluitingsdatum vir die Maart 2012-uitgawe van @agri vir kopie, foto's en advertensiemateriaal: 25 Februarie 2012. Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die inligting na agriclive@mweb.co.za.

Februarie 2012

3


Lukas bring hoop Almal se verhale eindig nie met hoop nie. Party mense se hele lewensloop skets eerder wanhoop as hoop. Tog hou ons almal van die sprokiesverhale van die prins en die prinses wat mekaar ontmoet en vir ewig en altyd gelukkig saamleef. Ons hou van goeie eindes wat vir altyd aanhou, want ons sien en ervaar genoeg seer en siekte in hierdie lewe. Lukas was 'n geleerde man. Vermoedelik was hy die dokter wat saam met Paulus gereis het. Wat ek van Lukas hou, is sy doelbewuste keuse om sy verhaal van Jesus se lewensverloop nie in die lug te laat hang nie. Hy sluit sy verhaal nie af met 'n vasgelooptheid nie. Lukas se verhaal eindig met hierdie vertelling:

Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys. Lukas 24:50-53 Die opstanding van Jesus Christus bring hoop vir sondaars en mense in vasgeloopte situasies. God laat sy mense nie in die steek nie, maar dra hulle deur hulle pyn heen en hef hulle op. Jesus se hemelvaart neem Hom nie van ons af weg nie, maar maak die sirkel van versorging groter. Nou is Hy in die hemel by God waar Hy ons mensheid verteenwoordig. En Hy het die Gees aan ons gestuur sodat daar iets van die Godheid in ons kan wees. Dit is ons hoop. God is by ons, vir ons, in ons. Om met hoop te leef is om verder as die aardse ellendes te kyk tot by die bedoeling van God met sy mense. (Uit: Die Gees van 'n Arend – Jannie le Roux)

Hierdie was weer vir my 'n treffende storie en daarom deel ek dit graag met julle. Dit is maar net weer 'n les om te leer dat ons moet gee en help sonder om terug te verwag. Iewers, dalk gouer as wat ons dit verwag, kom dit in elk geval weer terug!

What goes around, comes around

O

ne day a man saw an old lady, stranded on the side of the road, but even in the dim light of day, he could see she needed help. So he pulled up in front of her Mercedes and got out. His Pontiac was still sputtering when he approached

her. Even with the smile on his face, she was worried. No one had stopped to help for the last hour or so. Was he going to hurt her? He didn't look safe; he looked poor and hungry. He could see that she was frightened, standing out there in the cold. He knew how she felt. It was that chill which only fear can put in you. He said, “I'm here to help you, ma'am. Why don't you wait in the car where it's warm? By the way, my name is Bryan Anderson”. Well, all she had was a flat tyre, but for an old lady, that was bad enough. Bryan crawled under the car looking for a place to put the jack, skinning his knuckles a time or two. Soon he was able to change the tyre. But he had to get dirty and his hands hurt. As he was tightening up the lug nuts, she rolled down the window and began to talk to him. She told him that she was from St. Louis and was only just passing through. She couldn't thank him enough for coming to her aid. Bryan just smiled as he closed her trunk. The lady asked how much she owed him. Any amount would have been all right with her. She already imagined all the awful things that could have happened had he not stopped. Bryan never thought twice about being paid. This was not a job to him. This was helping someone in need, and God knows there were plenty, who had given him a hand in the past. He had lived his whole life that way, and it never occurred to him to act any other way. He told her that if she really wanted to pay him back, the next time she saw someone who needed help, she could give that person the assistance they needed, and Bryan added: “And think of me.” He waited until she started her car and drove off. It had been a cold and depressing day, but he felt good as he headed for home, disappearing into the twilight. A few miles down the road the lady saw a small cafe. She went in to grab a bite to eat and take the chill off before she made the last leg of her trip home. It was a dingy looking restaurant. Outside were two old gas pumps. The whole scene was unfamiliar to her. The waitress came over and brought a clean towel to wipe her wet hair. She had a sweet smile, one that even being on her feet for the whole day couldn't erase. The lady noticed the waitress was nearly about eight months pregnant, but she never let the strain and aches change her attitude. The old lady wondered how someone who had so little could be so giving to a stranger. Then she remembered Bryan... After the lady finished her meal, she paid with a hundred dollar bill. The waitress quickly went to get change for her hundred dollar bill, but the old lady had slipped right out the door. She was gone by the time the waitress came back. The waitress wondered where the lady could be. Then she noticed something written on the napkin. There were tears in her eyes when she read what the lady had written: “You don't owe me anything. I have been there too. Somebody once helped me out, the way I'm helping you. If you really want to pay me back, here is what you do: do not let this chain of love end with you.” Under the napkin were four more $100 bills. Well, there were tables to clear, sugar bowls to fill, and people to serve, but the waitress made it through another day. That night when she got home from work and climbed into bed, she was thinking about the money and what the lady had written. How could the lady have known how much she and her husband needed it? With the baby due next month, it was going to be hard... She knew how worried her husband was, and as he lay sleeping next to her, she gave him a soft kiss and whispered soft and low: “Everything's going to be all right. I love you, Bryan Anderson.” There is an old saying: “What goes around comes around.”

4

Februarie 2012

God works in mysterious ways and sometimes puts people in our lives for a reason.


Vooruitsigte vir landbou lyk goed – as regering hulp verleen Clivé Burger, redakteur

H

oewel pessimiste hul negatiewe projeksies oor die Suid-Afrikaanse ekonomie begin versag, is die situasie steeds nie so wonderlik soos wat mens dit graag sou wou hê nie. Só het Lindie Stroebel, bestuurder: ekonomiese intelligensie en finansies van die Landboubesigheidskamer, onlangs gesê. “Dit is waar dat ons in onseker tye leef en dat enige foute wat ons maak ons duur te staan kan kom.” Vertroue in die landbousektor kan versterk word deur die verwagting van hoë pryse en die moontlikheid dat rentekoerse laag sal bly om sodoende geleenthede in die sektor te skep. “Ons moet egter besef dat die landbousektor nie sal kan voortgaan om besigheid te doen soos in die verlede nie. 'n Produk is werd dit wat die verbruiker bereid is om daarvoor te betaal. En die

6

Februarie 2012

feit is dat verbruikers, plaaslik en oorsee, ook net só veel kan bekostig. Dit beteken dus dat die hoër pryse net tot in 'n sekere mate kan realiseer.”

die regering nie die landbou se hand vat nie, kan dit voorkom dat die bedryf geleenthede gebruik wat na sy kant toe kom wat hoër produkpryse betref.”

Stroebel het gewaarsku dat die kosteknyptang die landbousektor sal inhaal as produsente nie hul effektiwiteit en produktiwiteit opskerp en hul markte verbreed nie. Ten einde die goeie vooruitsigte te realiseer, maak die landboubedryf baie staat op die regering om hom hierin by te staan.

Buiten dat daar geleenthede vir die landbou is wat betref hoë produkpryse, is dit verder ook nodig dat die regering en ander rolspelers sal besef hoe belangrik die bedryf vir werkskepping is en die reuse bydrae wat dit tot die land se ekonomie maak. “SuidAfrika kan nie bekostig om enige verdere werksgeleenthede te verloor of toe te laat dat die ekonomie teen 'n stadiger pas groei nie.

Op makro-ekonomiese gebied maak die land staat op die monotêre beleid om hulp te verleen rakende prysstabiliteit, en wat betref fiskale beleid dat die regering sal seker maak dat besteding plaasvind in infrastruktuur sodat groei bewerkstellig kan word. “Die landboubedryf het egter dringend die regering se ondersteuning nodig wat betref handelsbeleid en kwessies oor biosekuriteit. Indien

“Die geleenthede om die vertroue in die landboubedryf te verhoog bestaan wel, maar dit sal van produsente en regeringsondersteuning afhang of dit wel realiseer. Die bedryf tesame met die regering sal hul sokkies moet optrek ten einde die vrugte te kan pluk,” aldus Stroebel.


Dit neem geslagte om ’n naam te maak!

Hoë opbrengspotensiaal

Stabiliteit

Goeie staanvermoë

uppe marketing A06375

Besproeiing

Jou familie boer al vir geslagte, en jy weet dis nie kinderspeletjies nie. By Monsanto weet ons dit ook. Ons reputasie is, soos joune, ook nie oornag gebou nie. Dis die resultaat van jare se harde werk saam met jou, die boer. In die laboratorium en op die land. Daarom ondersteun ons ons tegnologie, navorsing en ontwikkeling met spanwerk, steun en professionele advies. Dis immers die kombinasie hiervan wat jou help om jaar na jaar volgehoue prestasie te handhaaf. En geslagte lank sukses te behaal.

DEKALB® – Dis mos mielies™ Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com. ®

Net Abacus® van BASF gee AgCelenceTM. Vir meer inligting oor Abacus® , SMS* die woord “ABACUS12”, jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50. BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com. Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l . Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

van BASF


Reën is dringend nodig vir somerreënvalstreek Johan van den Berg, Santam Landbou, Bloemfontein

D

roogteskade by somergraangewasse begin ernstige afmetings aanneem en reën is dringend nodig oor veral gedeeltes van die sentrale deel van die land asook die oostelike gedeeltes om ernstige skade by mielies te beperk. Johan van den Berg van Santam Landbou in Bloemfontein sê hoewel daar in die eerste week van Februarie reën voorgekom het, was dit meer in die westekant van die mieliegebied en is reën in die droëlandgebiede nou baie belangrik. Dit kan ook help met baie swak weidingstoestande oor groot gebiede in die land. Baie droë en warm toestande het voorgekom in veral die laaste week van Januarie vanjaar. Dit is abnormaal aangesien dit gewoonlik 'n hoë waarskynlikheid het vir reën indien daar na historiese inligting gekyk word van veral die sentrale tot westelike dele van die land. Die tropiese sikloon "Funso" het in die laaste paar dae van Januarie verswak en ook suidooswaarts in die Indiese Oseaan begin wegbeweeg. Van den Berg sê toestande vir reën lyk redelik goed vir die eerste gedeelte van Februarie wanneer die suidwaartse vloei van tropiese vog weer verbeter oor Angola, Namibië en Botswana na veral die sentrale en selfs westelike dele van Suid-Afrika. Dit lyk asof reën kan voorkom oor die grootste gedeelte van die land tot so ver wes as die westelike gedeeltes van die Noord-Kaap.

8

Februarie 2012

Hoewel reën egter voorgekom het op plekke in die Suid-Vrystaat en Noord-Kaap is dit veral die droëlandgebiede in die somerreënvalstreek wat dringend reën nodig het. Temperature gaan koeler wees met die verwagting van meer bewolkte en reënerige toestande in die volgende twee weke. Wat die winterreënvalgebied betref, word min reën verwag oor veral die Wes-Kaap tot ten minste 14 Februarie, maar is die voorkoms van donderbuie as gevolg van die diep tropiese stelsel nie uitgesluit nie. Temperature gaan egter weer warm tot baie warm wees oor veral die westelike dele van die Wes-Kaap. Wat die wintergraan betref in die Vrystaat, Wes- en Suid-Kaap is die koringoes klaar ingesamel en boere begin voorberei vir aanplantings vanaf April. Die aanplanting van somergraan, veral mielies en sojabone, het egter gesukkel as gevolg van die droë toestande. Dit is veral in die pluimstadium wat reën kardinaal is. Te min water in hierdie stadium kan groot skade veroorsaak. Van den Berg het ook gewaarsku dat daar 'n groter ryprisiko vanjaar bestaan weens die laat aanplantings wat gedoen is. Vir enige verdere navrae kan Johan van den Berg by 051 407 3000 of 082 374 4692 geskakel word. 'n E-pos kan ook gestuur word na johan.vandenberg@santam.co.za.


Katoenpryse stabiliseer na dekade

K

atoenpryse het in Januarie, ná 'n konstante daling die afgelope 10 jaar, rondom VSA$1/lb gestabiliseer. Volgens die International Cotton Advisory Committee (ICAC) is die hoofredes vir die stabilisering van katoenpryse die Chinese regering se aankope van aansienlike hoeveelhede plaaslike sowel as ingevoerde katoen asook die verbeterde vraag na katoen namate opgehoopte voorrade van katoengare daal. Gebaseer op die huidige markfaktore voorspel die ICAC 'n gemiddelde Cotlook A-indeks ('n aanwysing van wêreldkatoenpryse) van 107 VSA c/lb vir 2011/12 wat 35% laer is as die van die vorige seisoen, maar nog steeds heelwat hoër is as die gemiddeld van die afgelope dekade.

pe daaraan dat internasionale ekonomiese vooruitsigte verbeter. Ná twee seisoene van skaars katoenvoorrade en as gevolg van 'n groot oorskot in 2011/12, verwag die ICAC dat wêreldkatoenvoorrade met 29% tot 12,3 miljoen ton op 31 Julie 2012 sal toeneem. Die ICAC rapporteer dat die Chinese regering die afgelope vier maande nie alleenlik 2,5 miljoen ton plaaslike katoen aangekoop het nie, maar het terselfdertyd ook sowat 1 miljoen ton nie-Chinese katoen aangekoop. Wat die plaaslike vooruitskouing betref, dui die eerste skatting vir die 2011/12-produksiejaar op 'n totale katoenoes van sowat 67 010 bale vesel wat 'n daling van 26% teenoor die oes van die vorige seisoen is. Die afname is hoofsaaklik te wyte aan laer katoenpryse en die meer gunstiger pryse van mededingende gewasse soos mielies.

Alhoewel die ICAC raam dat wêreldkatoenproduksie in 2011/12 met 7% tot 26,8 miljoen ton sal toeneem, verwag hy dat wêreldkatoenproduksie weer met 7% in 2012/13 sal afneem hoofsaaklik weens laer katoenpryse en die gunstiger pryse van grane en sojabone, aldus 'n verklaring deur Katoen SA.

Na raming sal 64 760 bale vesel geproduseer word van RSA geproduseerde katoenpluksel, 'n afname van 24% teenoor die vorige seisoen.

Nadat dit vir twee jaar geen groei getoon het nie, verwag die ICAC dat wêreldkatoenverbruik weer sal begin toeneem en word 'n styging van 2% in katoenverbruik vir 2012/13 voorsien; onderwor-

Die balans van 2 250 bale vesel het betrekking op verwagte Swaziland geproduseerde katoen wat deur die Swaziland pluismeule gepluis sal word.

venue@wintershoek.com


Produsente plant meer mielies hierdie seisoen

M

eer mielies is dié seisoen geplant as die vorige seisoen. Die Nasionale Oesskattingskomitee sê volgens die voorlopige skatting is die oppervlak onder mielies 2,63 miljoen hektaar. Dit is 10,87% meer as die 2,37 miljoen hektaar wat verlede seisoen geplant is. Dit blyk ook asof die aanvanklike voornemens om te plant verander het. Die oppervlak onder witmielies is 1,59 miljoen hektaar ('n toename van 12,12% of 171 900ha) in vergelyking met die 1,42 miljoen hektaar in die vorige seisoen. Geelmielies is 9,01% meer en staan nou op 1,04 miljoen hektaar teenoor die 954 000ha wat in die vorige seisoen geplant is. Daar is egter ander somergewasse waarvan minder hektare aangepant is. So is sowat 19,87% minder sonneblomsaad aangeplant. Die vorige

seisoen het 642 700ha beslaan en dié syfer staan nou op 515 000ha. Ook grondboonaanplantings het afgeneem met 16,59%. Die aanplantings was verlede seisoen 55 150ha maar staan nou op 46 000ha. Die oppervlakteskatting vir sorghum het ook gedaal met 30,64% van 69 200ha tot 48 000ha teenoor die vorige seisoen. In die geval van droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 4 700ha of 11,22% minder as die 41 900ha die vorige seisoen geplant. Meer sojabone is egter geplant volgens die skatting. Altesaam 14,83% meer sojabone is geplant en die oppervlakte beslaan nou 480 000ha. Hierdie is die hoogste oppervlakte nog ooit beplant met sojabone. Dit was verlede seisoen 418 000ha.

SOMERGEWASSE – VOORLOPIGE OPPERVLAKTESKATTING: 2012 Opp geplant

Opp geplant

2012 Ha

2011 Ha

(A)

(B)

Witmielies

1 590 200

1 418 300

6 052 000

+12,12

Geelmielies

1 040 000

954 000

4 308 000

+9,01

Mielies

2 630 200

2 372 300

10 360 000

+10,87

Sonneblomsaad

515 000

642 700

860 000

-19,87

Sojabone

480 000

418 000

710 000

+14,83

Grondbone

46 000

55 150

64 250

-16,59

Sorghum

48 000

69 200

155 000

-30,64

Droëbone

37 200

41 900

41 980

-11,22

3 756 400

3 599 250

12 191 230

+4,37

GEWAS

Finale oes 2011 Tonne (C)

Verandering

% (A) ÷ (B)

Kommersieel:

TOTAAL

Nota: Skatting is vir kalenderjaar, bv . produksie-seisoen 2011/12 = 2012

10

Februarie 2012


Die oesskattingskomitee wys egter daarop dat weerstoestande nog 'n invloed op die finale oppervlaktes geplant vir alle gewasse kan hê.

Geelmielies: Oppervlak geplant 2008 - 2012

Ha 1 200 000

1 000 000 800 000

Die eerste produksieskatting vir somergewasse sal eers einde Februarie vrygestel word.

1 022 700

954 000

1 040 000

2010

2011

2012

2008

200 000

938 500

400 000

2009

1 062 000

600 000

Wat wintergewasse betref is die produksieskatting vir koring aangepas tot 76 750 ton tot 1,85 miljoen ton, wat 4,33% hoër is as die 1,77 miljoen ton van die vorige skatting. Die oppervlakte geplant met koring is egter onveranderd gelaat op 604 700ha.

Witmielies: Oppervlak geplant 2008 - 2012

Ha 1 900 000

Volgens die oesskattingskomitee kan die toename in die verwagte produksie van koring hoofsaaklik toegeskryf word aan beter as verwagte opbrengste, sowel as dat produsentelewerings, soos gemonitor deur SAGIS, hoër is as die geskatte oes.

1 700 000 1 500 000

1 719 700

1 418 300

1 590 200

2010

2011

2012

500 000

1 489 000

700 000

2009

900 000

1 737 000

1 100 000

2008

1 300 000

RSA: Koring 1ste - tot 6e produksieskatting 2011-seisoen

Tonne 2 000 000

Die verwagte produksie van koring is onder andere opwaarts aangepas vir die Wes-Kaap met 13 250 ton of 2,08%, vir die Vrystaat met 56 250 ton of 11,63%, en vir die Noord-Kaap met 2 100 ton of 0,77%.

1 861 880

1 849 930

1 800 000

1 600 000

Die finale produksieskatting vir wintergewasse vir die 2011-produksieseisoen sal ook einde van Februarie vrygestel word.

1 400 000

1 200 000 1 000 000 Aug 2011 Sep 2011

Okt 2011

Nov 2011 Des 2011

Jan 2012

KORING – OPPERVLAK- EN SESDE PRODUKSIESKATTING: 2011-PRODUKSIESEISOEN

Opp geplant

6e skatting Tonne

Opp geplant

Finale oes

2011

Ha 2010

Tonne 2010

265 000

649 250

265 000

530 000

42 000

275 100

38 000

252 300

225 000

540 000

204 000

378 000

Oos-Kaap

5 000

20 000

4 500

18 000

KwaZulu-Natal

7 500

37 500

6 100

30 500

Mpumalanga

5 500

30 800

4 500

23 400

Limpopo

31 000

164 300

12 500

65 000

Gauteng

1 700

10 880

1 500

9 600

22 000

122 100

22 000

123 200

604 700

1 849 930

558 100

1 430 000

Provinsie

Wes-Kaap Noord-Kaap Vrystaat

Noordwes Totaal

Ha 2011

Februarie 2012

11


Identifiseer mielieblaarsiektes ten einde korrek te bestuur Dr. Maryke Craven, LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

M

ielieprodusente moet voortdurend bewus wees van watter mielieblaarsiektes van belang is vir die bedryf. Na gelang van die seisoen, die tipe mieliebaster en die infeksiedruk van 'n spesifieke patogeen (siekteveroorsakende organisme), kan siektevoorkoms wat in 'n spesifieke land voorkom, verskil van seisoen tot seisoen. Die produsent moet dus in staat wees om die siekte korrek te identifiseer of te laat identifiseer vir winsgewende produksie. Die blaar is die belangrikste komponent van die mielieplant en moet as die fabriek beskou word waar boustene vir die groeiende mielieplant geproduseer word. Wanneer 'n patogeen die blare aanval, vernietig dit kosbare groen blaarmateriaal en kan die plant nie meer normaal groei vanweë 'n gebrek aan boustene nie. In ekstreme gevalle kan die plant egter die noodsaaklike boustene verhaal van ander plantdele soos die stamme. Die nadeel hieraan verbonde is egter dat die stamme meer vatbaar is vir infeksie deur ander patogene en kan die plant omval. Dit is dus nie snaaks om verhoogde omval waar te neem in lande waarvan die plante hewig aangetas is deur een of ander blaarsiekte nie. Wanneer blaarsiektes seisoen na seisoen 'n probleem is op 'n spesifieke land, skort daar dalk iets met die produksiepraktyke van die spesifieke land. Soms kan dit gebeur dat die produsent 'n siekte probeer beheer wat nie korrek geïdentifiseer is nie. Onlangs het bakteriese blaarstreep in verskeie produksielande kop uitgesteek en het produsente tevergeefs probeer om die siekte te beheer. Die probleem met bakteriese blaarstreep is egter dat swamdoders nie 'n betekenisvolle effek op die beheer van die

12

Februarie 2012

siekte sal hê nie, omdat dit deur 'n bakterie veroorsaak word en nie deur 'n swam (of fungus) nie. Korrekte identifikasie is dus die eerste stap in 'n geïntegreerde bestuurspraktyk en produsente is welkom om by die Landbounavorsingsraad (LNR) aan te klop vir hulp. Wanneer die blaarsiekte korrek geïdentifiseer is, kan die opsies rakende bestuur van die siekte oorweeg word. Noordelike mielieblaarskroei (NBS) NBS word deur die fungus Exserohilum turcicum veroorsaak en kan oesverliese van tussen 25 en 50% tot gevolg hê. Die siekte ontwikkel gewoonlik eers ná baardverskyning en vereis lang periodes van hoë humiditeit (sowat 48 uur) sowel as warm toestande (soos dié tipe klimaat wat geassosieer word met die KwaZulu-Natal misgordel). Besproeiïngstelsels skep dikwels gunstige toestande vir siekte-ontwikkeling en het veral suikermielieproduksies in die LoskopdamGroblersdal-omgewing asook ultra-

Noordelike mielieblaarskroeiletsel


kortseisoen basters langs die Vaal-, Modderen Oranjerivierstelsels al in die verlede sleg laat deurloop. Wanneer baie nat reënweer egter gedurende die seisoen voorkom, kan die siekte selfs 'n probleem word onder droëlandtoestande. NBS kan onderskei word van die ander blaarsiektes deur sy lang ovaalvormige grysgroen letsels wat later verbruin. Die letsels kan tussen 2,5cm en 15cm in lengte wees. Letsels vorm gewoonlik eerste op die onderste blare, vanwaar dit teen die plant op beweeg. Grysblaarvlek (GBV) Cercospora zeae-maydis is die siekteveroorsakende organisme vir GBV en is baie bekend onder die mielieprodusente van KwaZulu-Natal. Soos vele ander siektes het dit egter ook sy weg gevind na die SuidoosVrystaat, oostelike dele van Mpumalanga en die Oos-Kaap. Onder hoë produksiepotensiaalgebiede is oesverliese weens GBV so hoog as 60% al aangeteken. GBV-letsels kan redelik maklik van die ander mielieblaarsiektes onderskei word vanweë sy unieke blaarletsels wat die gevolg is van die onvermoë van die patogeen om die sklerenkiemweefsel van die blaarare binne te dring. Die kenmerkende letsels (0,5 tot 5cm) loop in paralelle lyne al tussen die are af, anders as die NBS-letsels wat geneig is om groter asook ovaalvormig te wees.

Bruinroes Puccinia sorghi is die siekteveroorsakende organisme van bruinroes en vorm puisies op hoofsaaklik die blare, maar kan op enige bogrondse plantdele voorkom. Die ronde tot langwerpige goud- tot kaneelbruin puisies is yl versprei oor beide blaaroppervlaktes en word later bruin tot swart soos die plant verouder. Onder gunstige toestande kan hoë besmetting daartoe lei dat die blare vergeel en die blaarskedes afsterf. Bruinroes verskyn gewoonlik kort ná stuifmeelstorting. Oesverliese wat geassosieer word met die siekte is dikwels groter as wat die visuele simptome sou veronderstel en kan afhangende van die kommersiële mieliebaster tot so hoog as 25% wees.

Bruinroespuisies Bakteriese blaarstreep Soos reeds genoem, word bakteriese blaarstreep deur 'n bakterie genaamd Xanthomonas campestris veroorsaak. Ongelukkig is baie min oor die siekte bekend aangesien epidemiese toestande nog nie voorgekom het nie. Verhoogde voorkoms van positief geïdentifiseerde gevalle die afgelope seisoen noodsaak produsente egter om bewus te wees van die siekte. Oesverliese wat verwag kan word weens die siekte is nog nie bepaal nie, maar blaarmateriaalverlies van tot 40% is al aangeteken.

Grysblaarvlekletsels

Bakteriese blaarstreepletsels word dikwels verwar met dié van GBV omdat die letsels ook beperk word tot paralelle strepe tussen die are. Die verskil is egter dat die bakteriese

Februarie 2012

13


Verskeie produsente is egter huiwerig om te spuit vanweë die koste verbonde daaraan of vanweë die wisselvallige voorkoms van blaarsiektes. In sulke gevalle is monitering van produksies van kardinale belang.

Bakteriese blaarstreepletsels blaarstreep 'n meer onreëlmatige, golwende letsel maak teenoor die meer reguit rigiede letsel van GBV. Wanneer 'n bakteriese blaarstreepletsel oor die letsel geknip en van nader onder 'n mikroskoop beskou word, kan die bakteriese uitvloei vanuit die letsel waargeneem word wat nie die geval is met GBV of NBS nie. Die beheer van blaarsiektes Met die korrekte identifiksie van die probleempatogeen, kan die produsent nou verskeie opsies oorweeg vir die bestuur van die siekte. Weerstandbiedende variëteite vir NBS, GBV asook bruinroes is beskikbaar en word beskou as die eerste stap vir 'n geïntegreerde bestuurspraktyk. Addisionele praktyke soos die verwydering van gewasresidue asook gewasrotasie kan die primêre inokulumvlakke verlaag, maar spore wat vanaf naburige plase inwaai, kan egter nog steeds infeksie tot gevolg hê. Onkruidbeheer kan ook potensiële gashere van patogene uitwis. 'n Voorbeeld hiervan is P. sorghi wat in die afwesigheid van mielieplante kan oorwinter op die onkruid Oxalis corniculata (suring). Verskeie swamdoders is beskikbaar vir die beheer van NBS, GBV en bruinroes. In hoë siektepotensiaalgebiede soos dié wat gewoonlik geassosieer word met KwaZuluNatal of onder besproeiingstelsels, word beheer deur middel van swamdoders as voorkomingsmaatreël standaard toegepas.

14

Februarie 2012

Aangesien meeste blaarsiektes hoofsaaklik voorkom vanaf baardverskyning, is weeklikse monitering gedurende die vegetatiewe stadia van die plant noodsaaklik. Só sal die produsent vroegtydig bewus word van potensiële probleme wat kan onstaan. Daar sal ook meer duidelikheid wees rakende die spoed waarteen die siekte in 'n gegewe land ontwikkel, wat weer meer duidelikheid sal gee oor hoe dringend gespuit moet word. Voor daar egter gespuit word, is daar 'n paar oorwegings wat in gedagte gehou moet word. In die geval van NBS-beheer onder droëlandtoestande, word dit gewoonlik as onekonomies beskou om swamdoderbeheer toe te pas en word die praktyk gewoonlik beperk tot saadproduksies. Wanneer daar wel na swamdoders gekyk word in gunstige weerstoestande en hoë infeksiedruk, moet dit op die korrekte tyd toegedien word om kosteeffektiewe beskerming te verseker. Onder besproeiïngstelsels word aanbeveel dat aanplantings gespuit moet word wanneer daar 'n gemiddeld van een NBS-letsel per plant sigbaar is. In die geval van GBV is dit algemene praktyk om te spuit voordat die letsels op die drie blare onder die mieliekop sigbaar is en terwyl daar minder as 5% geaffekteerde blaarmateriaal per plant is. Verder is dit van belang vir effektiewe siektebeheer dat behoorlike blaarbenatting tot ten minste drie blare onder die koppe verkry word met elke swamdodertoediening. Omdat so min bekend is rondom bakteriese blaarstreep word die algemene bestuurspraktyke van gewasrotasie, verwydering van gewasresidue asook onkruidbeheer aanbeveel om die siekte te beheer. Dit is egter baie belangrik dat produsente moet besef dat swamdoders nie die gewensde effek sal hê in die bestuur van die siekte nie en dus 'n verkwisting van geld sal wees.


verspreiders van landbouchemikalieë Christiana

Tel: 053 441 3163 | Faks: 053 441 3084

Joe Olevano: 082 461 6547

Barkly-Wes

Tel: 053 441 3163 | Faks: 053 441 3084

JC Olevano: 082 500 5188

Jacobsdal

Tel: 053 591 7095 | Faks: 053 591 7050

Jomar Dippenaar: 082 822 0874

Prieska

Tel: 053 353 3319 | Faks: 053 353 3319

Pieter-Paul de Vries: 082 948 2595

Cradock

Tel: 048 881 1158 | Faks: 048 881 1158

Johan van Niekerk: 082 332 3619

Vaalharts

Tel: 079 504 3692 | Faks: 086 216 2971

Pieter van der Walt: 082 820 2655

Douglas

Tel: 053 298 1853 | Faks: 053 298 1853

Henry du Toit: 082 783 5593

Upington

Tel: 072 845 4400 | Faks: 086 592 0640

Lester Hugo: 082 922 9671

Marchand

Tel: 054 441 0074 | Faks: 054 441 0074

Riaan Engelbrecht: 082 776 4868

Bloemfontein Tel: 051 523 3608 Ben van Wyk: 083 382 2669 Benna van Wyk: 082 337 0910 Bultfontein

Tel: 051 853 1187 | Faks: 051 853 1187

Johan Dippenaar: 082 382 0906

Petrusville

Tel: 053 663 0098 | Faks: 053 663 0098

Henri Griesel: 082 921 5245

Ladybrand

Tel: 051 924 2047 | Faks: 051 924 2567

Louis Schutte: 082 417 4748

Hopetown

Tel: 053 203 0144 | Faks: 053 203 0144

Christiaan Victor: 082 805 5511

g in n e m t e m g in n u onderste Hoofkantoor Christiana

Tel: 053 441 3168 | Faks: 053 441 2423 | info@bayagro.co.za

www.bayagro.co.za

livé urger

CB

FOTOGRAFIE

053 591 0761 • 083 708 3974

Laat my toe om jou mooiste dag se herinneringe met 'n kamera vas te lê.


Vakansie...kliek... goeie herinneringe!

Lekker by die dam! Foto: Nalene Nel, Koffiefontein

Dis warm en die swembad is 'n heerlike lafenis! Foto: Nalene Nel, Koffiefontein

Só moet 'n meisie branders ry! Andrea Swanepoel (11), 'n leerling van Oranje Meisieskool in Bloemfontein, wys hier hoe dit gedoen word – tot op die strand. Foto: Mariëtte Swanepoel, Jacobsdal

Supertube! Enige kind se droom. Foto: Mariëtte Swanepoel, Jacobsdal

16

Februarie 2012

Hierdie drie sussies is baie braaf. Hulle het die vakansie die krokodilplaas in Oudtshoorn besoek. Van links is Cecile (10), Elza (6) en Karlien van Graan (12). Foto: Sonja van Graan, Jacobsdal


Ons lesers het weer die afgelope Desembervakansie heerlik ontspan! Kyk gerus na die foto's hieronder wat ons lesers ingestuur het. Die wenfoto ontvang 'n Woolworths-geskenkbewys van R100. Baie geluk!

#1

Kom ons kyk wie is eerste daar! Foto: MariĂŤtte Swanepoel, Jacobsdal

Danelle Ross (3) van Brackenfell in die Kaap en Marius Etzebeth (5) van Jacobsdal, niggie en nefie, het heerlik by hul ouma en oupa se huis hierdie modderbad gemaak! Vakansies mag mens mos enigiets doen! Foto: George Ross, Brackenfell


Besoek @agri se nuwe webwerf! www.leesagri.spmdesigns.co.za Ons het 'n splinternuwe webwerf wat u kan besoek – en sommer @agri daar gaan aflaai op u rekenaar sodat u dit enige tyd in die maand kan gaan lees sonder om weer aanlyn te gaan. Dit is nou ook maklik om 'n spesifieke blad of artikel te druk. Die webwerf is nog onder konstruksie, maar ons beplan hope nuwe dinge!

@agri Uitgawe

3 • Februarie 20

12

Gaan loer gerus ook na ons nuwe afdeling vir die koop en verkoop van landbou-implemente en -toerusting. Kliek op die betrokke balk op die webwerf vir meer inligting. Ons wil ook graag 'n kalender byhou van alle belangrike datums wat in die streek plaasvind. Stuur dit asseblief vir ons per e-pos sodat ons dit kan byvoeg. Indien u graag u besigheid/dienste/produkte in @agri wil adverteer, is daar 'n vorm wat u kan aflaai, invul en terugstuur. Die sperdatum van alle advertensies is die 25ste van 'n maand. Die tariewe is ook daarop beskikbaar. Besighede kan ook op die webwerf in blokvorm adverteer. Verskillende pakkette is beskikbaar. Net 'n kliek op die advertensie en dit sal die leser neem na u eie webwerf of 'n e-pos aan u stuur vir verdere inligting.

Vir enige verdere navrae oor die webwerf of @agri, skakel Clivé Burger by 083 708 3974 of 053 591 0761, stuur 'n faks na 086 502 3941 of 'n e-pos na agriclive@mweb.co.za.

18

Februarie 2012

Koop & Ver


NKRPO bied drie rooivleisbyeenkomste aan ie Rooivleisprodusente-organisasie (NKRPO) bied vanjaar weer drie byeenkomste vir veeboere in die Noord-Kaap aan. Vanjaar is dit op 6 Maart in Upington, op 7 Maart in Calvinia, en op 8 Maart in Douglas.

D

Die hoofonderwerp wat bespreek gaan word, is Presisie-veeboerdery in 'n ekstensiewe produksiestelsel. Die drie sprekers wat hieroor gaan praat, is prof. Willie van Niekerk (Upington), Joubert Nolte (Calvinia) en dr. Vlok Ferreira (Douglas).

Die tema van vanjaar se byeenkomste is, Is daar iets soos presisie-veeboerdery? Vanjaar se motiveringspreker is Christo Spies. Cor Uys gaan gesels oor wetenskaplike predasiebestuur, terwyl Andries Pienaar sy mening gaan lug oor hoe intensiewe veeboerdery op 'n ekstensiewe veeplaas realiseer.

Die byeenkomste word aangebied by: Upington – Oranjerus-vakansie-oord Calvinia – NG Moederkerk-saal Douglas – GWK-saal Dit kos R50 per persoon en registrasie begin by die onderskeie dorpe om 08:00. RSVP Corine van Rensburg by 053 832 9595 of 083 644 5545.

SPM

DES GNS GRAPHIC | WEB DESIGN

SPM

NS DES G

• brochures • flyers • posters • banners • stickers • web page design • e-mail stationery • business cards • letterheads • logo’s


Afskeep van laatdragtige ooivoeding kan produsent duur te staan kom

Dr. Jasper Coetzee, tegniese direkteur: Voermol Voere Is voeding belangrik gedurende laatdragtigheid? · Lamoorlewing hou verband met die voeding van die ooi gedurende laatdragtigheid (Binns et al., 2002). · Sowat 80% van lamvrektes hou verband met die voeding van die ooi gedurende die laaste paar weke vóór en onmiddellik ná lam (Seymour, 1998). · Moederlike gedrag en lamgrootmaakvermoë van ooie kan deur strategiese byvoeding gedurende laatdragtigheid verbeter word (Murphy, 1999). Wat is die doelwit met die voeding van laatdragtige ooie? · Om te verseker dat die lammers 'n optimale geboortemassa (4,5 tot 5,5kg) bereik en dat maksimum uierontwikkeling

20

Februarie 2012

voor geboorte plaasvind. Hierdie doelwitte is ononderhandelbaar omdat dit maksimum lamoorlewing en lamgroei verseker. Watter rol speel geboortemassa? · Lae geboortemassa is een van die hoofoorsake van lamvrektes weens die onvermoë van klein lammers om voldoende melk in te neem en hul lae lewensvatbaarheid. Lamvrektes neem skerp toe indien lammers minder as 4kg of meer as 6kg met geboorte weeg (AWI & MLA, 2008). · Wanneer die geboortemassa laer as 3,5kg is, sal 'n verhoging van 0,5 tot 1kg in die geboortemassa lamoorlewing met tot 50% verhoog.

Wat is die belang van maksimum uierontwikkeling? · Die noodsaaklikheid van maksimum uierontwikkeling word beklemtoon deur die feit dat daar 'n hoë verwantskap is tussen uiergrootte en hoeveelheid bies (Banchero, 2004) en melk geproduseer (Bencini & Purvis, 1990). Is weiding voldoende vir laatdragtige ooie? · Volgens Barry en Manley (1985) voorsien weiding, selfs proteïenryke weidings, dikwels nie voldoende aminosure (afkomstig vanaf deurvloeiproteïen) om aan die laatdragtige ooie se behoeftes te voldoen nie. · Aangesien tot 85% van die proteïen in groenweiding in die


Voorsien 'n Voermol Maxiwol-lek om te verseker dat ooie in 'n uitstekende kondisie (3 – 3,5 KP) met lam is om lamoorlewing en -lamgroei te optimaliseer.

grootpens van die skaap afgebreek word (Corbett, 1987), is dit noodsaaklik dat deurvloeiproteïen ook op groenweidings aangevul word. · Sowat 30% ooie met tweelinge en 10% met enkelinge produseer nie voldoende bies op groen hawerweiding nie, terwyl 5% geen melk een uur ná geboorte weens 'n deurvloeiproteïentekort gehad het nie (Mellor & Murray, 1986). Om dieselfde rede het 33% van ooie met tweelinge gedurende koue, nat toestande nie genoeg bies op grasklawerweiding geproduseer nie (Murphy et al., 1996). Is enige tipe aanvulling geskik vir laatdragtige ooie?

· Laatdragtige ooie wat in Australië net hawerpitte as byvoeding ontvang het, se biesproduksie met lam en die eerste ses uur daarna was laer of dieselfde as die ooie wat geen byvoeding ontvang het nie weens 'n deurvloeiproteïentekort (Hall et al., 1992). · Vermy die gebruik van gemufte ruvoer omdat dit tot aborsies aanleiding kan gee (Weatherup, 2006). · Moenie 'n kompromis aangaan oor die gehalte en hoeveelheid deurvloeiproteïen in lekke nie. Is die aanvulling van deurvloeiproteïen noodsaaklik? · Deurvloeiproteïen moet op beide droë en groenweiding

aangevul word. · Die aanvulling van deurvloeiproteïen gedurende die laaste drie weke voor lam, het die geboortemassa van tweelinge met tot 25% verhoog (Robinson, 1983). · Die ontwikkeling van die uier is direk afhanklik van die hoeveelheid deurvloeiproteïen ingeneem (Robinson, 1990). · Deurvloeiproteïen is die voedingstof wat die grootste invloed op die biesproduksie van die ooi het. Die verhoging van die aanvulling van 'n hoë deurvloeiproteïenbron (vismeel) vanaf 131 tot 210g/ooi/dag gedurende laatdragtigheid het die biesproduksie gedurende die eerste drie uur ná geboorte verdubbel (150 vs. 320g). Toe 'n

Februarie 2012

21


Grondstowwe

Gemaalde lusern (25mm) Gemaalde mielies of garspitte Voermol Maxiwolkonsentraat Voermol Procon Voermol Melassemeel TOTAAL hoë vlak van energie saam met die hoë vismeelpeil gegee is, het die biesproduksie verder verdubbel (640g) (Robinson, 1987). Watter aanvullings sal 'n ekonomiese respons gee? · Deurvloeiproteïen en energie asook essensiële minerale, spoorelemente en vitamines moet in die vorm van 'n Maxiwol-lek op beide droë (400 tot 500g/ooi/dag) en groenweiding (300 tot 400g/ooi/dag) vanaf ses weke voor lam aangevul word. · Een van die volgende lekke kan gebruik word, naamlik 'n Maxiwol-lekmengsel (250kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200kg gemaalde mielies + 50kg sout); Voermol Maxiwol Produksiekorrels; Maxiwol Readymix of Maxiblok. · Indien onvoldoende weiding beskikbaar is, moet 'n volledige Lammerooirantsoen, of as alternatief, addisionele ruvoer in die vorm van goeie gehalte hooi saam met die lekke gevoer word. · In lamkampe met geen of beperkte weiding en in lamhokke moet een van die Lammerooirantsoene gevoer word. Waar die lamhoklamstelsel gebruik word, moet ooie met tweelingfetusse ses weke en dié met enkelingfetusse vier weke voordat hulle na die lamhokke gaan, op die volledige Lammerooirantsoen aangepas

22

Februarie 2012

Gemaalde volledige Lammerooirantsoene Maks. inname Maks. inname Maks. inname 1,5kg/ooi/dag 2,5kg/ooi/dag 3,5kg/ooi/dag 375kg 375kg 375kg 350kg 350kg 350kg 200kg 150kg 100kg ─ 50kg 100kg 75kg 75kg 75kg 1 000kg 1 000kg 1 000kg word. Daar moet aanvanklik met sowat 500g/ooi/dag van die Lammerooirantsoen begin word en dit moet dan geleidelik (bv. weekliks met ± 250g/ooi/dag) verhoog word sodat, op die tydstip wat die laatdragtige ooie na die lamhokke gaan, dié met meerlingfetusse sowat 1,5 tot 2,0kg/ooi/dag en dié met enkelingfetusse sowat 1,0kg vreet. Sodra met die Lammerooirantsoen begin word, moet alle lekbyvoeding gestaak word. Noodsaaklike aktiwiteite vier tot ses weke voor lam ! Skei ooie in minstens drie groepe (ooie met enkelingfetusse; dié met tweelingfetusse en jong ooie wat die eerste keer lam) en plaas hulle in aparte kampe. ! Indien laatdragtige ooie nie voor lam geskeer word nie en hulle lang wol het, moet hulle gemikskeer word om die lamproses te vergemaklik. ! Immuniseer laatdragtige ooie teen klostridiale siektes. ! Doseer of spuit ooie met 'n doeltreffende breë spektrumdoseermiddel wat neuswurm insluit. ! Spuit Multimin asook Vitamien A en E (waterbasis). ! Staak alle aktiwiteite met laatdragtige ooie vanaf twee weke voor lam en hou hulle rustig. ! Voorsien koel en skoon drinkwater.

Wat is die terugbetaling met deurvloeiproteïenaanvulling? ! Die verskaffing van deurvloeiproteïen aan laatdragtige ooie het lamoorlewing met van 15 tot 50% verhoog (McMeniman et al., 1982; Hinch et al., 1996). ! Ooie wat 'n hoë deurvloeiproteïenlek gedurende laatdragtigheid en laktasie op koringstoppelweiding ontvang het, het die daaropvolgende jaar as gevolg van 'n 5,5kg hoër liggaamsmassa, 'n 28% hoër lampersentasie (138 vs. 110%) gehad as dié wat geen byvoeding ontvang het nie (Brand, 1999). ! Laatdragtige ooie wat die vorige jaar 'n deurvloeiproteïenlek op gemengde Karooveld ontvang het, het die volgende jaar 'n 11,8% hoër lampersentasie (95,1 vs. 83,3%) gehad as dié wat geen lek ontvang het nie (Hoon, 2000). ! Die voorsiening van voldoende deurvloeiproteïen aan laatdragtige en lakterende ooie het tot gevolg gehad dat 5,1kg (Brand, 2000) tot 5,9kg (Hoon, 2004) meer kilogram lam per ooi gepaar, gespeen word. ! Lamhokke en die voorsiening van 'n volledige Lammerooirantsoen het die speenpersentasie in drie skaapkuddes vanaf 79 tot 154%; 80 tot 144% en 82 tot 137% verhoog.

Vir enige verdere navrae kan dr. Jasper Coetzee by 083 386 8382 of jasperco@iafrica.com gekontak word.


Koop en Verkoop CLAAS 570 LEXION (2007) 1500 enjinure, “straw chopper”, “chaff spreader”, GPS – R1 596 000. CLAAS C900 koringtafel – R228 000. GERINGHOFF 8-ry, 75 plukkerkop – R456 000. (Pryse sluit BTW in.) Skakel Wimpie Swanepoel by Jacobsdal by 082 373 2178.

Klein advertensies soos hierde grootte in die “Koop-en-Verkoop”-afdeling kos R100 en verskyn ook op @agri se webwerf. Stuur u inligting en foto na agriclive@mweb.co.za.

Esse Fairy 4 Oond te koop. Baie goeie toestand. R18 000. Kontak 082 491 3765 of 082 339 7764.

Wil u graag hier adverteer? Skakel Clivé by 053 591 0761 / 083 708 3974 of stuur e-pos aan agriclive@mweb.co.za.

Ritchie Pragplek teen winskoop!

R1,5 miljoen Hoewe (6,5ha) ten volle ontwikkel. Gerieflike 5-slaapkamerhuis met alle geriewe. Toegeboude afdakke vir 4 motors. Twee boorgate. Baie buitegeboue en store. Gevestigde lusern onder spilpunt. Ten volle ingelys by waterskema.

Mooi, gevestigde tuin met permanente besproeiing. Sekuriteitshek met geplaveide ingang. Implemente ingesluit. Skakel 083 771 3617

*TE KOOP* Ÿ CLAAS 570 LEXION (2007) 1500 enjinure, “straw chopper”,

“chaff spreader”, GPS – R1 596 000. Ÿ CLAAS C900 koringtafel – R228 000. Ÿ GERINGHOFF 8-ry, 75 plukkerkop – R456 000. (Pryse sluit BTW in.)

Skakel Wimpie Swanepoel by Jacobsdal by 082 373 2178.

Nothing is permanent in this world, not even our troubles. Fallen flowers can't grow back on the tree, but if the root is strong new flowers certainly can... Life is not about what you could not do so far, it is what you still can…Never hate people who are jealous of you, instead love them because they're the ones who think you are better than them... Silent lips may avoid many problems, but smiling lips may solve many problems, so always have a smile on your face in the beautiful journey called “LIFE”…

Februarie 2012

23


Nuwe voedingsprodukte kan winste vergroot Hans Lombard Skakeldienste

A

ddcon Feed and Grain Additives van Johannesburg het die alleenverspreidingsregte bekom van nege gespesialiseerde voerbyvoegsels en voordelige grondstowwe van Devenish Nutrition vir die voerbedryf, volgens 'n aankondiging van Klaus Oster, besturende direkteur van Addcon Afrika. Devenish Nutrition is 'n wêrelderkende agri-tegnologiese maatskappy in Belfast, Ierland. Die maatskappy spesialiseer in die produksie van gespesialiseerde voorafgemengde gehaltevoer en dierevoedingprodukte vir alle lewende hawespesies. Produkte is reeds in meer as 30 lande wêreldwyd beskikbaar. Vyf van die produkte gaan plaaslik vervaardig word om invoerkoste te besnoei, sê Oster. Twee senior voedingkundiges van Devenish Nutrition het Suid-Afrika besoek om die plaaslike dierevoermark te evalueer en om die ooreenkoms te sluit. “Hierdie nuwe gespesialiseerde dierevoedingprodukte met beproefde naspeurbaarheid is onderworpe aan intensiewe navorsing in samewerking met universiteite en navorsingsfasiliteite regoor die wêreld wat oor die nuutste tegnologiese vaardighede beskik om te verseker dat diere van dagoud volhoubaar tot hul optimale potensiaal sal groei,” sê Stephan van der Westhuizen, tegniese bestuurder: dierevoeding van Addcon Afrika.

24

Februarie 2012

Die doel, verduidelik hy, is om die voeromskakelingtempo te verbeter en volhoubare produksie 'n hupstoot te gee wat winsgrense aansienlik sal verhoog teen die laagste koste. Proewe met braaikuikens wat in die Verenigde Koninkryk gedoen is met een van die nuwe produkte wat so pas in Suid-Afrika bekend gestel is, Lipidol (Regnr. V23374 Wet 36/'47), het aansienlike gewigstoename getoon. Proewe is op 541 260 braaihoenders oor 40 dae gedoen. Die finale gewig was 1 900g vergeleke by 1 850g met die kontrole – 'n toename van 50g/hoender. Voeromset was 1,86 en die kontrole was 1,88. Die vrektepersentasie was 7,13% en die kontrole was 8,98%. In totaal was die ekstra vleis wat aangesit is 27 000kg. Teen 'n verkoopprys van R16.86/kg was dit 'n ekstra inkomste van R455 220. Die Lipidol-inset was R55 000 wat die boer met 'n addisionele winsgrens van R400 220 in die bank laat.

Vir meer besonderhede skakel Stephan van der Westhuizen by 079 979 7319 of stuur e-pos na stephan@tega.co.za.


The intelligent alternative to liposuction i-Lipo™ is the latest in laser lipolysis, offering you a way to achieve inch loss and body contouring with no pain, no needles and no down time.

Clinically proven Independent clincal studies have shown i-Lipo to be, in some cases, comparable to results achieved by liposuction.

Affordable treatment

How does it work?

Compared to surgical liposuction and other Ultrasound or laser techniques i-Lipo is much more affordable with similar results.

The i-Lipo emits low levels of laser energy, which creates a chemical signal in the fat cells, breaking down the stored triglycerides into free fatty acids and glycerol and releasing them though channels in the cell membranes.

Safe and Painless i-Lipo uses low levels of visible red laser light to create a safe and painless bio-stimulation effect in the targeted fat tissue.

Immediate results Results can be seen immediately after treatment.

Targeted fat reduction i-Lipo can target fat reduction in specific problem area.

Innovative design. The system has been designed with a four pad option totaling 36 individual treatment Lasers enabling operators to reduce treatment time.

The fatty acids and glycerol are then transported around the body to the tissues that will use them during metabolism to create energy. This process of fatty acid release is a natural response of the body when the body needs to used stored energy reserves, thus i-Lipo is not creating any unnatural reaction in the body nor does it affect or damage any surrounding structures such as skin, blood vessels and peripheral nerves. A period of exercise post treatment will ensure the complete metabolism and thus elimination from the body of the freed fatty acids.

053 832 2010 • 083 445 6025 Call us for your beauty appointment • 15 Dalham Road, Kimberley

Haarsalon nou weer beskikbaar Christel Rademeyer (14 jaar ondervinding)

082 456 6507 Bring advertensie saam en kry

10% afslag

tydens Februarie 2012

Brazilian Keratin Hair Treatment

Depot for

Say hello to the first hybrid nail colour!

On like polish Wears like gel Off in minutes 053 832 2010


Clivé Burger, redakteur

D

aar is seker niks mooier vir 'n dogtertjie as 'n bloedrooi hart nie. En as jy boonop 'n klomp kry met Valentynsdag, skaars 'n maand nadat die skole weer ná die lang Desembermaand begin het, is dit nou iets wat jou hart sommer “tjoklits” laat klop. En dalk nog sommer 'n beertjie en 'n paar langsteel rose. Dit is mos wat liefde is... Wanneer laas het jy teruggedink aan jou kinderdae toe die liefde jou hart warm laat klop het? Toe jy sommer nog 'n dogtertjie was met lang vlegsels en sproete op die neus. Die liefde is 'n wonderlike ding, want elkeen van ons kry kans om sulke onskuldige liefde te ervaar – maak nie saak wanneer dit in jou lewe was nie. En

sommige kry wanneer hulle ouer word selfs nog 'n kans om die liefde te ervaar soos toe jy jonger was. Nou praat ek van die liefde wat eintlik verliefdheid is. Elkeen van ons moet tog eenmaal in haar (en sy!) lewe die wonderlike gevoel hê van wanneer jou maag in jou keel spring net as hy in jou rigting kyk, of as jou knieë lam raak as hy by die skool aanbied om jou tas te dra. Die blink in jou oë wanneer 'n maatjie 'n briefie van hom bring en binne-in staan daar geskryf...Ek het jou lief! Ek onthou nog my eerste kêrel. Hy het vrek vinnig gehardloop en ek het sommer hoendervleis gekry as hy eerste oor die wenstreep hardloop. My hart wou bars van trots as hy daarna langs my op die paviljoen kom sit en almal kon sien...hy is myne!

Tussenin Iewers tussen die stof is jou spore, iewers tussen gister en vandag is iets verlore. Daar waar niemand kan sien nie, is jy nog altyd deel van my Met my drome ry ek op die kruin, in realiteit bly wag ek op die rooi duin. Ek mis jou in gister en ek bly soek jou in vandag, want ek weet... Iewers in die stof is jou spore, iewers tussen gister en vandag is iets verlore! Grace Boshoff (18)

26

Februarie 2012

Ek het ná al hierdie jaar steeds die wit, juwelehouertjie van glas waarop geskryf staan: I love you. Dit was sy Valentynsgeskenk aan my. Ek was in st. 6 daardie jaar. En deur die jare raak mens weer lief, soms weer verlief, maar daar is niks soos eerste

liefde. Bittersoet. Soms hartverskeurend! Hieronder is 'n paar eerlike, hartsgedigte van tieners oor die liefde...verlore...of wondersoet...wat ek op die webwerf www.storiewerf.co.za raakgeloop het.

Ek lê wakker oor jou Ek lê wakker oor jou want ek wag vir jou oproep want ek luister na jou stem op my voicemail want ek lees weer jou sms en ek onthou jou sterk hand wat my vashou Ek lê wakker want ek is bang ek vind jou nie in my drome nie Talita Theron (16)

Maar 'n mens is nooit te oud om weer verlief te raak nie...selfs op jou wederhelfte. Of julle nou vyf jaar getroud is of 50 – die liefde bly 'n wondersoete ding. Hoe mooi is dit nie as ons soms in die koerante lees van 'n egpaar – al grys en wys – wat hul 50ste huweliksherdenking vier nie. My ouma en oupa vier vanjaar al hul 62ste huweliksherdenking – en soos my oupa sê: “dis wraggies nou te laat om die ouvrou te los” – hy het maar al haar maniertjies aanvaar. En ouma? Ja, vir oupa is sy lief – knorrig of nie, streke


Gedig van ons ek wou vir jou 'n gedig skryf maar ek kon nie ek het probeer om die kleur van jou oë te onthou maar my gedagtes was grys soos die sementdam waarin ons twee altyd geswem het ek het probeer om die klank van jou stem te onthou maar my brein was donker soos die reënwolke buite terwyl ons twee saam pannekoek gebak het ek het probeer om die warmte van jou glimlag te onthou maar my kop was leeg soos die soetkoekieblik waaroor my ma altyd geraas het

Princesse Lointaine (Prinses Van Verre) Was jy 'n rosebloesem En ek die roos se geur, Hoe heerlik deur die lewe Steeds rondom jou te swewe. Beswymend aan jou boesem, Betower deur jou kleur. Was jy 'n rosebloesem En ek die roos se geur.

Was jy die hoogste kranse, En ek die sonnegloed. Jou wange sou dan verwe En op jou lippe sterwe My eerste môreglanse En laaste awend-groet; Was jy die hoogste kranse En ek die sonnegloed

Was jy 'n lied se woorde En ek die melodie. Hoe sou die dag verheerlik Jou skoonheid so begeerlik; Die nag tril van akkoorde En soetste harmonie. Was jy 'n lied se woorde, En ek die melodie.

Maar jy 's Prinses van Verre En ek... 'n troebadoer; Al gloei ook my gesange Van liefde en verlange, - Die vuurvlieg vir die sterre Wat my ten hemel voer; Jy bly Prinses van Verre En ek... 'n troebadoer.

A.G. Visser

jou beeld vervaag elke dag meer maar ons herinneringe sal ek altyd onthou maak nie saak hoe donker dit geëindig het nie Marsunet Scholtz (17)

al dan nie. Saam-saam bewandel hulle die huwelikspad. En so moet dit wees. Vanjaar het Februarie, die maand van liefde, boonop 'n lekker ekstra – dit is skrikkeljaar. Diegene wat wag vir iemand spesiaal om 'n belangrike skuif te maak, kan sommer vandeesmaand die bul by die horings pak en dit self doen! Waarvoor wag jy? En dan as 'n laaste gedagte – iets wat my gesin en familie hier op die nadraai van die ou jaar weer besef het...wees lief vir mekaar. Sê dit vir mekaar. Wys dit vir mekaar.

Y Respek vir mekaar is ononderhandelbaar. Dit is normaal om van mekaar te verskil, maar bly weg van harde woorde wat kan seermaak. Y Leer om weer te kommunikeer en laat jou anderhelfte toe om verskillende sieninge te hê. Wees goed vir mekaar. Wees geduldig. Y Maak seker julle beplan saam – ook aan 'n begroting. Y Jong getroudes moet leer om 'n balans te vind in hul tyd sodat elkeen hul eie tyd kan hê maar dat daar ook tyd is om dinge saam te doen. Y 'n Nuwe baba kan nogal baie druk plaas op 'n verhouding. Moenie bang wees om raad en hulp van familie of vriende te vra nie. Kry 'n kinderoppasser sodat julle ook vir mekaar kan tyd maak. En onthou in al die chaos wat 'n nuwe baba kan veroorsaak, dit ook soms “orraait” is as die huis deurmekaar is. Y Doen so veel as moontlik dinge saam. Elkeen is geregtig op sy eie lewe, maar dit is belangrik om tyd saam te spandeer. Dikwels is vrouens se klagtes (jammer menere julle is dikwels hieraan skuldig!) dat hul mans te lang ure werk en boonop nog naweke op die gholfbaan is! Y Moenie toelaat dat jul huwelik vervelig raak nie. Maak seker julle het pret saam – maak nie saak hoe oud julle is of hoe lank julle al getroud is nie. Soms ook sonder die familie en kinders! Moet ook nie mekaar as vanselfsprekend aanvaar nie. Gee mekaar verrassings. Cathy Haselau, 'n maatskaplike werker, sê as julle pret buite die slaapkamer het, sal julle makliker ook pret in die slaapkamer hê. Y Lag gereeld. Deel grappe met mekaar en geniet snaakse oomblikke. Dit is moeilik om kwaad te bly en te lag! Y Deel pligte. Moenie dat die een voel hy/sy doen meer as die ander een nie. Y Bly getrou deur ook gereeld jou behoeftes en bekommernisse met mekaar te deel. Los probleme binne die huwelik op – nie buite dit nie! Y Is die kinders uit die huis uit? Is een of albei van julle afgetree? Dit is juis nou die kans om weer die verhouding op te bou tot wat dit kan wees en deel in mekaar se drome.

Het jy 'n interessante liefdesverhaal? Iets wat anders is? Ons wil graag daarvan hoor! Stuur asb. jou storie in nie meer as 500 woorde sodat ons dit kan plaas in ons volgende uitgawe. Naam, van en e-posadres is belangrik. Jy kan egter onder 'n skuilnaam skryf. Stuur dit na agriclive@mweb.co.za.

Februarie 2012

27


Voer 'n bak van sowat 20 x 9cm en 3cm diep met ryspapier uit. (Hou 'n strook ryspapier om bo-op te sit). Gooi suiker, heuning, glukosestroop en water in kastrol. Verhit oor lae hitte terwyl jy roer tot suiker opgelos is. Vee gereeld die kante van die kastrol met 'n kwassie wat in water gedoop is om suiker wat vassit op te los. Wanneer suiker

Eetbare ryspapier

opgelos is, verhoog die hitte en laat kook tot 160ºC. Haal kastrol van hitte af.

285g (335ml) suiker 60ml heuning

Klits eierwitte tot stywepunt-stadium. Voeg warm stroop in 'n

60ml glukosestroop

mengsel kamertemperatuur bereik.

dun straaltjie daarby terwyl jy heeltyd klits. Hou aan klits tot

(beskikbaar by apteke) Vou neute in met 'n metaallepel en gooi mengsel in

60ml water

uitgevoerde bak. Plaas ryspapier bo-op. Plaas in yskas tot hard en sny in lang stukke. Hou in die yskas anders word dit sag.

2 eierwitte

Lewer 8 tot 10 stukke.

300g makadamia-neute

En as jy en jou Valentyn 'n heerlike aandete saam voorberei en geniet het, maak vir hom/haar 'n heerlike glasie “nagereg”.

2 eiers

Klits die eiers en room saam in 'n

250ml room

voedselverwerker tot glad. Gooi die

125ml ingedampte melk 200ml kondensmelk

Februarie 2012

kondensmelk, vanillaessens, koffielikeur en

5ml vanilla-essens

whiskey by.

50ml koffielikeur

Proe en gooi nog

125ml Ierse whiskey

28

ingedampte melk,

whiskey by indien nodig!


Tariewe vir advertensies BTW nie betaalbaar. Ontwerpkoste is ingesluit by prys.

Volblad (21 x 29,7cm)

1 maand: R1 950 elk 2 maande: R1 850 elk

“Koop en Verkoop”-afdeling (word ook op webwerf geplaas) (9 x 3,0cm) sluit ‘n foto in

Horisontale Banner (19 x 5,4cm)

1 maand: R575 elk 2 maande: R550 elk

R100


Volblad (21 x 29,7cm)

1/8 Blad (9 x 6,3cm)

1 maand: R425 elk 2 maande: R400 elk

1/4 Blad (9 x 13,4cm)

1 maand: R595 elk 2 maande: R550 elk

SMALLS slegs R60 “Dit en dat”-afdeling

Smalls (9 x 2,0cm)

R60 vir 5 reëls


@agri - Uitgawe 3 - Februarie 2012