Kommuniek Oktober/November 2016

Page 74

Leefstyl en Gesondheid Carla van der Merwe

BLOEDDRUK: ‘n stil gevaar

Baie

produsente waarmee ons te doen kry, gebruik bloeddrukmedikasie, selfs mense van so jonk as 30 jaar. Wêreldwyd het 40% van mense oor die ouderdom van 25 jaar hoë bloeddruk, waarvan Afrika die hoogste persentasie in die wêreld het met 46% van die bevolking. In 1980 het 600 miljoen mense wêreldwyd hoë bloeddruk gehad. In 2008 het dit gegroei tot eenmiljard mense. Mans is meer geneig tot bloeddruk as vroue. Wat veroorsaak hoë bloeddruk of hipertensie? En watter invloed het dit op jou gesondheid en jou oë?

Die invloed van bloeddruk op jou oë Die oog is die enigste plek in die liggaam waar jy die toestand van jou are kan sien sonder chirurgie. Die toestand van die are in jou oë bepaal die toestand daarvan regdeur jou liggaam.

Hoë bloeddruk veroorsaak dat die are in jou oë op jou retina (oogsenuwees) vernou en bloei. Dit veroorsaak ook swelling op die makula (die belangrike gedeelte van jou oogsenuwees wat jy vir sentrale visie gebruik en waarmee jy kleurvisie en detail sien) asook drussen. Dit is die watergedeelte van die bloed wat uitlek en geel “cottonwool spots” veroorsaak. Alles hiervan word genoem Hipertensie retinapatie, wat die gevolg is van jou are wat beskadig word deur die hoë bloeddruk. Dit word gewoonlik deur ‘n roetine oogondersoek waargeneem, mits jou oogkundige weet waarvoor om te kyk en die regte toerusting het. Pasiënte sal byvoorbeeld kla oor hoofpyn en

verswakte visie. Wat veroorsaak hoë bloeddruk? Jou bloeddruk word gereguleer deur jou niere, sowel as die elastisiteit van jou are. As die are verhard is, kan dit nie beweeg nie en bou drukking binne in die aar op. Elke produsent sal weet dat ‘n waterpyp bars wanneer die drukking binne in die pyp opbou. Dieselfde gebeur met die are in jou lyf. So, as jou are verhard en die niere sukkel om te werk, dan begin ‘n mens se bloeddruk verhoog. Dit wil sê dat die hart harder moet werk om bloed deur die are te kry, wat weer stremming op jou hart plaas en kan lei tot beroerte, meer verharde are, of nier - en hartversaking. Faktore wat ‘n rol speel in die ontwikkeling van hoë bloeddruk is: Oormaat soutinname. ‘n Interessante feit oor sout, volgens Dr. Leonard Coldwell (vooraanstaande kankerdokter in die VSA met ‘n 93% suksesstatistiek en wat glad nie glo aan tradisionele chemoterapie en bestraling nie) is dat sout bestaan uit een derde sout, een derde sand en een derde glas (glas is sand wat gesmelt is en sout word uit die grond gehaal). Soos die sout deur jou are beweeg, skuur dit jou aarwande stukkend as gevolg van die inhoud soos hierbo genoem en veroorsaak dit dat die wande verhard en ook dat jou liggaam cholestrol vervaardig om

74


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kommuniek Oktober/November 2016 by GWK Kommuniek - Issuu