Skip to main content

Kommuniek Oktober/November 2016

Page 1

`n Handelsmerk van

Oktober/November 2016

GWK verskerp sy fokus op Farm to Fork

Jongboere: Die toekoms van landbou

Die voorkoms van Geelroes/Streeproes op koring

Pekanneutsnoei uiters belangrik vir neutgehalte


Ons sorg vir jou toekoms sodat jy kan voortgaan om vir die wêreld te sorg.

GWK Lewensversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet- en Lewensversekering 082 883 4474

Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680

Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201

Kimberley Jacques de Wet Krediet- en Lewensversekering 082 660 8209

Kimberley Jaco Janse van Rensburg Regskonsultant 082 333 3146

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185


14 17 50 70

GWK verskerp sy fokus op "Farm to Fork"

Jongboere: Die toekoms van lanbou

Nuwe rekorde vir GWK Veilings

Produsente se rocket skiet die hoogtes in

8 10 23 26 30 34

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Regte voeding van eerstekalfvers 'n langtermynbelegging

GWK Versekering

Sojaboon-kultivar Proefresultate (2016)

Die waarheid oor termynmarkte

Die voorkoms van Geelroes/ Streeproes op koring

Sidi Parani skitter in die bemestingsarena

Nature's Farms vind aanklank by bloggers, ma's en media

Toekennings bevestig gehalte van Landzichtwyne

37 40 42 48 54 57

GWK se sukses ook aandeelhouers s’n

Pekanneutsnoei uiters belangrik vir neutgehalte

58 61 63 72 74 77

100% Braaipap: Wat maak jy met jou sakkie?

GWK nou groot rolspeler in verbruikersmark

Mense wat doelwitte deel

Kommunikasiespesialis 'n groot aanwins vir GWK

Bloeddruk: 'n stil gevaar

Kinderpret

79 80 82 Resep: Heuningbruinbrood

KommuniekRAAI

Uit Piet se pen: Smartietown se Swartmamba

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Pieter Spies

FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johann Klopper

Besturende Direkteur: GWK Agri Tom Meintjes

Besturende Direkteur: GWK Verhandeling Llewellyn Brooks

Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen

Groep Operasionele Hoof Pieter Bekker

Uitvoerende Hoof: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan

Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk


Kontantvloei

Oplossings van

die plaas tot die meule.

Kom ons praat AgriBesigheid. Ons AgriBesigheidspan is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za/business

Gemagtigde finansiĂŤledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr.1962/000738/06). Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA 172406 06/16


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groepbemarking en Kommunikasie)

Redakteursbrief

Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: LeanaC@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za

Voorbladfoto: From Farm to Fork

As daar een ding is wat ek die afgelope tyd baie duidelik besef het, is dit dat landbouers nie alleen staan nie. Dit was só lekker om, in ‘n tyd vol kwellende uitdagings in die landbou, te sien hoe GWK en jongboere saamtrek op ons spesiale dag vir GWK Young Guns. Om te kon sien dat daar regtig niks is wat ‘n boer se positiwiteit kan demp nie, en om persone van buite die landboubedryf se passie oor die industrie te sien. Omri van Zyl van Agri SA het dit raakgevat toe hy sê dat Suid-Afrikaanse boere nie die deernis wat die res van die land met hulle het, moet onderskat nie nie. Dit het my onmiddellik laat dink dat ons gou is om te wil glo ons staan alleen in probleme. Ander SuidAfrikaners sien egter die struikelblokke raak, voel saam met boere die impak van die droogte en het respek vir die harde werk wat elke dag op elke plaas gedoen word om kos aan die land te voorsien. Oud-mejuffrou Suid-Afrika, Melinda Bam, het aan die einde van haar toespraak op dié dag bewoë geraak toe sy afsluit met ‘n bemoedigende boodskap aan ons Young Guns. In trane het sy bevestig dat die res van die land begrip het met landbouers se moeilike, maar bitter belangrike, rol in die voortbestaan van die wêreld. Pieter Spies, ons Besturende Direk-

Tot volgende keer! Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Leana Coetzee

Redakteur: Inhoudsontwikkeling

Kommuniek

6

Facebook

teur, het hierby aangesluit deur te noem dat drie dinge nooit sal verander nie. "Suid-Afrika sal altyd 'n harde streek bly, ons het van die taaiste boere in die wêreld en GWK sal áltyd agter ons boere staan." So, die ondersteuning is daar. Die positiewe gesindhede ook, en dít is wat die verskil maak en ons by GWK altyd opgewonde hou. Met opgewondenheid pak ons elke dag nuwe uitdagings en projekte aan, waarvan GWK Young Guns een is. Lees meer daaroor in hierdie uitgawe. Ons versekering-eksperts gee raad oor hoe om seker te maak dat jou persoonlike sake in orde is, ons gesels oor Nature’s Farms se produkte in die mark en oor ons produsente se mooi storie wat met ‘n goue toekenning by die Loeries bekroon is. Die veranderinge in ons maatskappystruktuur is geïmplementeer – veranderinge wat ons in posisie sit om te groei tot nuwe hoogtes. Hierdie nuwe asem toon reeds positiewe resultate en ons sien uit om dit verder uit te rol. Die jaar staan na ‘n einde toe. Hou moed vir die laaste maand of twee, en moenie vergeet dat ons elke dag dankbaar is vir die ongelooflike werk wat julle doen nie.


Geestelike Akker

Gebed: Vader, dankie vir die versekering van die Gees in my lewe. Help my om doelbewus te probeer om in pas met Hom te bly tot u eer. Amen

Die Gees bring versekering Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie. (Galasiers 5:24-26) Ons begin ons oordenking vandag met woorde wat ons opnuut verseker. As Christene het ons 'n paspoort gekry om reg te lewe want ons het die "sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig" en ons word nou deur die Heilige Gees in ons gelei. Dit beteken nie dat ons nou geen lewensvreugde het nie, maar eerder dat ons energie gekanaliseer word om dit wat reg is te doen en vir ons ware genot verskaf. Ons word verseker van vrede en tevredenheid want ons blydskap word nie deur sonde en twis geblus nie. Dit is goed om te na te dink hoekom Paulus ons leer dat ons deur die Gees moet wandel. Wanneer ons saam met iemand stap, probeer ons ons bes om teen dieselfde spoed as daardie persoon te beweeg – ons probeer om nie die pas te vertraag nie, maar ook om nie vooruit te hardloop nie. Paulus gee hierdie raad want dit is normaal om wanneer dit goed gaan soms op ons louere te rus en dan nie by te hou met God se plan vir ons nie, of om jouself op die skouer te klop en te probeer om dinge op eie stoom te doen sonder die leiding van die Heilige Gees. Wanneer ons eers uit pas is met die Gees, loop ons ook die risiko om ons vreugde en krag te verloor. Paulus skryf by geleentheid aan die Galasiërs toe hy so 'n verandering by hulle opgemerk het: "Wat het nou van

julle blydskap geword?" (Galasiërs 4:15) en op 'n ander keer "Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam? Wie het julle omgepraat? Nie God nie; Hy roep julle tot gehoorsaamheid. (Galasiërs 5:7-8) Wanneer ons probeer om die Gees vooruit te loop, interfeer die duiwel want ons is nie in pas nie. Dit stel ons bloot aan die sondes waarna Paulus verwys: verwaandheid, uittarting en afguns. Ons dink soms ons is beter as ons broer of suster, en ons probeer om onsself te bevorder ongeag die wil van God. Die resultaat is mislukking en dit lei tot teleurstelling, woede en ontevredenheid, en bring onmin onder gelowiges want niemand gee aandag aan die Here nie. Dit is hoekom Paulus sê: "Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander." (Filippense 2:3-4) Wanneer gelowiges hulleself in nederigheid aan die Here oorgee, sal die Gees, ongeag omstandighede, vrede en eenheid onder hulle bevorder. Wanneer die Gees geignoreer word, is daar twis en onmin wat die duiwel die geleentheid gee om op 'n subtiele manier aan te val, insluitende deur regte, afleidings, verskonings en verwarring, alles om ons weer onder sy beheer te kry, Die realiteit is dat deur die Gees kan ons God behaag, maar daarsonder behaag ons die duiwel, so "laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.“

Louise Gevers www.versndag.co.za

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

Dam

0.4

Oranjerivier

Gariepdam Vanderkloofdam

57 61

Vaalrivier

Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal

31 22 68 101

Hartsrivier

Spitskopdam Taungdam

Rietrivier

Kalkfonteindam

5

Modderrivier

Krugersdriftdam

33

26 80

0.3 0.3 0.2 0.2 0.1 0.1 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown

Rietrivier

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 14 Augustus 2015 tot 14 September 2016 Douglas Lunenburg

Prieska Green Valley Nut

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Hopetown Lilydale

Vaalharts Jan Kempdorp 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Rietrivier

Maandelikse voorspelling September 2016

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maksimum

8

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn

Vaalharts


uppe marketing A13201/GWK

Katoen uit die boonste rakke!

Met Deltapine® kwaliteit katoenvariëteite van Monsanto, kan jy nou die opbrengs en die veselkwaliteit van jou katoen verbeter. Deltapine bied jou hoëkwaliteit variëteite, naamlik: •

DP 210 BRF: BGII x RR-Flex stapelgeen Medium seisoenlengte Uitstekende opbrengspotensiaal Uitstekende veselkwaliteit Slegs besproeiing

Delta 12 BRF: BGII x RR-Flex stapelgeen Medium-lang seisoenlengte Uitstekende opbrengspotensiaal Uitstekende veselkwaliteit Besproeiing sowel as droëland

Delta 18 RF: RR-Flex vir toevlugsarea Medium-lang seisoenlengte Goeie opbrengspotensiaal Uitstekende veselkwaliteit Besproeiing sowel as droëland

PM 3225 B2RF: BGII x RR-Flex stapelgeen Lang seisoenlengte Uitstekende opbrengspotensiaal Goeie veselkwaliteit Droëland en opkomende boere

DP 1240 B2RF: BGII x RR-Flex stapelgeen Medium-lang seisoenlengte Uitstekende opbrengspotensiaal Uitstekende veselkwaliteit Besproeiing sowel as droëland

Trek voordeel uit jou oes met Monsanto.

®

Meer oor Monsanto Maatskappy

Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings en landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto is daarop gefokus om boere by te staan om meer uit hul grond te kry terwyl hulle die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, toenemend bewaar.

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8200 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com. Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter® by www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook® by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed. Monsanto en Deltapine® is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

9


conrad borman

Veilingskalender en -pryse

4 Oktober 5 Oktober 6 Oktober 11 Oktober 12 Oktober 13 Oktober 13 Oktober 13 Oktober 18 Oktober 20 Oktober 20 Oktober 25 Oktober 26 Oktober 26 Oktober 27 Oktober 27 Oktober 27 Oktober

Kimberley Grootvee/Kleinvee Berg Boerevereniging inligtingsdag Bloemfontein Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Cronje Dorper Veiling Go West Tuli Kruger Bonsmara & Leeuwheuvel Hertzogville Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Mid Vrystaat Bonsmara Kalahari Nguni Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Hencoe Bonsmara Griekwastad Veiling Bonrino Bonsmara & Wilgefontein Merino Fauresmith Veiling Koopmansfontein Slagos Kompetisie

1 November 3 November 8 November 10 November 15 November 16 November 17 November 22 November 23 November 24 November 29 November 1 Desember 1 Desember 6 Desember 8 Desember 13 Desember 14 Desember

Kimberley Grootvee/Kleinvee Bloemfontein Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Fauresmith Veiling Chaross Brangus Aanteelveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Veiling Boshof Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Bloemfontein Veiling Koopmansfontein Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Veiling

Veilingspryse vir lewendehawe – Augustus/September 2016 22/08 - 26/08

10

29/08 - 02/09

05/09 - 09/09

12/09 - 16/09

19/09 - 23/09

26/09 - 30/09

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R18.50

Slagosse

R18.50

Slagosse

R17.50

Slagosse

R17.80

Slagosse

R17.50

Slagosse

R17.00

Slagkoeie

R17.20

Slagkoeie

R17.40

Slagkoeie

R17.00

Slagkoeie

R17.00

Slagkoeie

R17.30

Slagkoeie

R17.50

Maer beeste

R14.00

Maer beeste

R13.50

Maer beeste

R14.00

Maer beeste

R13.50

Maer beeste

R13.50

Maer beeste

R13.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.00

R19.450

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.30

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.30

Ligte kalwers (180-200kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R21.00 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.00 (201-250kg)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R34.00

Slaglammers

R34.00

Slaglammers

R28.50

Slaglammers

R32.00

Slaglammers

R32.25

Slaglammers

R28.50

Stoorlammers R33.00

Stoorlammers R32.50

Stoorlammers R28.50

Stoorlammers R31.00

Stoorlammers R31.00

Stoorlammers R29.00

Kruislammers

R34.00

Kruislammers

R34.00

Kruislammers

R26.00

Kruislammers

R32.00

Kruislammers

R32.00

Kruislammers

R29.00

Slagooie

R22.00

Slagooie

R22.00

Slagooie

R21.00

Slagooie

R21.00

Slagooie

R21.50

Slagooie

R20.00

Maer ooie

R17.00

Maer ooie

R17.60

Maer ooie

R20.00

Maer ooie

R19.50

Maer ooie

R19.00

Maer ooie

R19.00

Klein bokkies

R40.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R33.00

Klein bokkies

R38.00

Jong bokke

R39.00

Jong bokke

R35.50

Jong bokke

R35.50

Jong bokke

R35.50

Jong bokke

R33.00

Jong bokke

R35.00

Bokooie

R24.00

Bokooie

R23.00

Bokooie

R21.00

Bokooie

R21.00

Bokooie

R22 .00

Bokooie

R22.00


Mission

A trusted South African family business providing beef solu�ons globally, using an integrated Farm to Fork approach

COMPANY VALUES

SOCIAL RESPONSIBILITY Beefmaster aims to enhance the quality of life and community sustainability in the areas neighbouring our two opera�ons in Kimberley and Chris�ana. We partner with local government and communi�es to bring these efforts to frui�on.

SOUP KITCHEN Beefmaster is currently funding a soup kitchen that feeds 500 people in previously disadvantaged communi�es. Employees of the company are involved in preparing and distribu�ng the food each Friday!

Vision

To become the preferred beef solu�on from the African con�nent

Kromellenboog Combined School and Agricultural Department School. It also operate a Crèche (privately owned), food scheme, soccer team and choir Beefmaster do monthly meat dona�ons to various ins�tu�ons: Yonder: Centre for Adults with an Intellectual Disability; Thabiso: NGO Warrenton & Barkley Wes; Lesedi: Hospice in Hertzogville; CHOC House (Bloemfontein) Childhood; Cancer Founda�on; Jannie Brink School; Thusong Kids; St Nicholas; Chris�na Kiddies; Children’s Home Kimberley; Femnet; Homeless shelter Kimberley Extended family Farmers emergency need assistance Custodianship

Ground Breaking

HUMAN RESOURCES DEVELOPMENT

Efficiency & effec�veness

Integrity

“A cut above the rest”

Beefmaster is commi�ed to developing our employees through various learnership and skills training ini�a�ves. It is our belief that training and educa�on will provide the valuable skills needed by the company in the future. These ini�a�ves also ensure employment opportuni�es are provided for members of the communi�es with which we interact every day.Beefmaster is approved for funding by AgriSETA for training in a variety of important skills required by agricultural workers. These include management func�ons, soil fer�lity and plant nutri�on and equipment and vehicle opera�onal skills. 11


Landbouwenke

Mielies

Grondbone

Die waarde van goeie saad-grond-kontak kan nie oorbeklemtoon word nie. Swak saadkontak veroorsaak swak en oneweredige opkoms wat meebring dat laat kiemplante moeilik met ander kompeteer en `n swakker potensiaal het. Pas plantdiepte by grondtemperatuur aan. Vermy om mielies aan te plant wanneer grondtemperatuur nog onder 10 grade C is. Verkieslik moet temperature bo 15 grade C. Kunsmisplasing moet 5cm onder en 5cm weg van die saad geplaas word om kunsmisbrand te voorkom. Onthou om `n toevlugsoord by BT-aanplantings te plant.

Grondbone hou van lae-frekwensie hoëtoedieningstempo as dit by water kom. Grondbone benodig baie min besproeiing, indien enige, gedurende die eerste 30dae na opkoms, mits met ‘n vol profiel begin is. Grondbone is wel baie sensitief vir vogstremming 50 tot 100 dae na opkoms. Laat aanplantings moet verkieslik teen 5 Desember gedoen wees, hierna neem die opbrengspotensiaal heelwat af. Grondbone is gevoelig vir kalsium- en boortekorte. Indien grondbone suksesvol gebind het, benodig die gewas baie min stikstof indien enige. Indien groot windprobleme voorkom en die saadbed te fyn is, kan `n tandimplement gebruik word om versigtig tussen die rye te werk om `n growwe tekstuur op die oppervlak te skep. Pasop net vir operting vroeg in die seisoen.

Groente en rankgewasse Die meeste kortdag-uikultivars val tans en moet opgetrek word. Maak seker hopies word behoorlik gepak met bolle na binne om waterindringing te voorkom. Beheer blaaspootjie op uie, veral later aanplantings. Doen opvolgbespuitings. Erte kan geoes word wanneer 75-80% van die peule geel verkleur het. Plante kan dan doodgespuit word met Diquat.

Droëbone Planttyd is van 20 Desember tot 10 Januarie. Droëbone is baie sensitief vir aalwurm en goeie beheer is noodsaaklik. Bone is `n goeie wisselbougewas om grasgewasse se siektesiklusse te verminder en produksiekoste is relatief laag.

Katoen Vestig katoen met vol profiel en bestuur optimaal. Probeer profiel weer vol hê teen middel Desember. Beheer snywurm net na plant. Beheer blaaspootjie met eerste ware blare, voorkomend. Katoen is sensitief vir kaliumen sinktekorte. Probeer klaar maak met stikstofbemesting 7-8 weke na opkoms onder normale toestande.

Pekanneute Pas onkruidbeheer toe, identifiseer die onkruidspektrum en begin die bespuitingsprogram wanneer die onkruide nog jonk is. Probeer ten minste 2 vierkante meter rondom boom skoonhou eerste 3 jaar na vestiging. Moenie die stam en blare van bome bespuit nie, veral by jong bome. Gaan voort met sinkbespuiting met tussenposes van twee tot drie weke. Drie tot maksimum vyf bespuitings mag per seisoen nodig wees. Saailinge kan van November tot Februarie geokuleer word. Enting op raamtakke word tot in November gedoen.

12


uppe marketing A14874/KOM

Maak staat op suksesvolle onkruidbeheer ... Met die regte kombinasie en gebruik van Roundup Ready®-produkte. 011 790-8200 www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons op ons

Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies, -katoen en -soja verg bloot die perfekte kombinasie van puik produkte. Soos Monsanto se Roundup PowerMAX® wat deel uitmaak van ’n onoortreflike onkruidbeheerprogram in gewasse.

kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com

Roundup PowerMAX®: • Is effektief - as enkelproduk of in kombinasie met geregistreerde produkte! • Waarborg gewasveiligheid!

Roundup PowerMAX® bevat glifosaat 540 g/ℓ. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd

Roundup PowerMAX® plaas jou in beheer.

die etiket en produkinligting voor gebruik.

Monsanto, Roundup®, Roundup Ready® en Roundup PowerMAX® is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

Vir doeltreffende onkruidweerstandsbestuur beveel Monsanto aan dat Roundup PowerMAX® met ander geregistreerde produkte gekombineer moet word in ’n onkruidbeheerprogram. Vir effektiwiteit en gewasveiligheid, asook die korrekte gebruik van die produk, verwys na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings. Slegs met die korrekte en verantwoordelike gebruik van Roundup PowerMAX®, het jy uitstekende beheer oor onkruide en sal jou gewasse en jou wins groei.


GWK verskerp sy fokus op

14


Aktueel Leana Coetzee Wim van Rooyen GWK Farm Foods

Die Farm To Fork-filosofie behels ‘n volhoubare benadering tot landbou en eetgewoontes. In die kern hiervan is ‘n baie eenvoudige konsep: Die waarde daarvan om plaaslike produkte te eet. Die filosofie beklemtoon ook die voordele wat dit inhou vir diegene wat plaaslik kos produseer, sowel as die wat dit eet. Aspekte hiervan sluit die plek van vervaardiging, voedingswaarde en verantwoordelikheid teenoor die omgewing in – aspekte wat aangespreek word deur ‘n nuwe fokus binne GWK. Veranderinge in landbou en voedselvervaardiging het meegebring dat verbruikers se fokus op kos ál meer verskerp raak en dat die besluitnemingsproses tydens inkopies, meer oorwegingsfaktore insluit as ooit tevore. Organiese verbouing, GMO-vrye gewasse, gluten-vrye produkte en dies meer word alles oorweeg wanneer die verbruiker voor ‘n winkelrak staan. Die belangrikste bly egter “waar kom my kos vandaan?” Op jou vurk In die kommersiële landboustelsel het baie veranderinge plaasgevind, waarvan nie alles positief is nie. Baie produkte in die verbruikersmark is oorverwerk en laer in gehalte, en verbruikers maak ál hoe meer tyd daarvoor om hulleself bekend te maak met die bron van hulle kos. ‘n Houdingsverandering het ontwikkel onder verbruikers en ‘n groot motivering daarvoor is voedselveiligheid. Daar is egter meer redes waarom dit belangrik geword het om die oorsprong van jou kos te ken. Om seker te wees dat die maatskappy wat jou kos vervaardig, werklik jou belange en gesondheid op die hart dra.

Tom Meintjes GWK Agri

Om te weet watter verbouingspraktyke gevolg word, beteken om te weet wat jy eet. Om te verhoed dat jy later meer spandeer aan gesondheidsorg as gevolg van ongesonde produkte. Om die keuse uit te oefen oor wat werklik, volgens jou, as “kos” geklassifiseer kan word. Dit beteken dat jy kos-gebaseerde bestanddele kan uitsny en onverwerkte produkte kan koop. Voedselveiligheid is ‘n groot dryfveer agter verbruikers se houdingsverandering teenoor kos. GWK se nuwe fokus, soos hierbo genoem, stel die maatskappy nou in staat om na die verbruiker te luister en in sy behoeftes te voorsien. Die ontwikkeling van drie nuwe hoofdivisies skep die geleentheid vir een divisie, GWK Farm Foods, onder leiding van Wim van Rooyen, om slegs op die verbruikersmark te fokus, terwyl die ander twee divisies, GWK Agri en GWK Verhandeling, hul sal toespits op onderskeidelik die produsent en die verhandelingsmark. Dié veranderinge in die maatskappy, wat die fokus op ons drie hoofteikenmarkte verskerp, beteken dat verbruikers verseker kan wees van die oorsprong van ons produkte, die verbouingspraktyke wat gevolg word vir die produkte en verantwoordelike vervaardigingsprosse. Van die plaas Terwyl GWK Farm Foods luister na die verbruiker se behoeftes, verloor ons nooit ons werklike verbintenis aan ons produsente op die plaas nie. Om die Farm to Fork-revolusie te laat leef, fokus GWK Agri op elke behoefte wat op die plaas mag ontstaan. Dit sluit insette, ondersteuning, navorsing en

Llewellyn Brooks GWK Verhandeling

tegnologie in. Ons produsente bly die kern van ons besigheid, die as waar rondom ons beweeg. Die span van GWK Agri, met Tom Meintjes aan die stuur, is saamgestel uit ‘n groep kundige mense wat slegs fokus op ondersteuning aan ons produsente, om uiteindelik produkte van hoë gehalte te lewer wat gebruik word vir die vervaardiging van GWK Farm Foods se produkte. GWK se produsente word geken aan innoverende denke en vindingryke oplossings. Juis hierom is die fokus op produsente verskerp – sodat GWK ‘n pad saam met ons boere kan stap om ‘n volhoubare toekoms in landbou te vestig vir toekomsgenerasies. Ontwikkeling van markte Tussen die verbouing van gewasse en die verwerking daarvan, tot by die kos op jou vurk, word daar ‘n enorme verskeidenheid produkte verbou wat nie slegs plaaslik nie, maar ook internasionaal verhandel word. Met ons spanne se volgehoue fokus op ons produsente en ons verbruikersmark, is GWK Verhandeling gebore wat daarop konsentreer om nasionale en internasionale markte te ontwikkel en ontgin. Dié span spesialiste het die uitsluitlike doel om ons produsente se produkte op die bes moontlike manier te hanteer om gemoedsrus te verseker. In- en uitvoermarkte word ondersoek en verhandelingsplatforms word in die divisie bestuur. Llewellyn Brooks lei dié divisie. Farm to Fork is ‘n konsep wat wêreldwyd groei in gewildheid. GWK stagneer nie in ‘n wêreld wat daagliks verander nie en het nodige veranderinge geïmplementeer om in behoeftes te voorsien – van die plaas tot op jou vurk, en alles tussenin, kry onverdeelde aandag en word benader met die innovering waarvoor ons bekend is.

15


uppe marketing A14913/GWK

Groei jou wins natuurlik met DEKALB® mielies! DEKALB® spog nou met nuwe mieliebasters wat by uitstek geskik is vir die besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou. Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Kultivars DKC62-80BR GEN DKC64-78BR GEN DKC62-84R DKC61-90 DKC64-54BR DKC65-52BR DKC61-94 BR DKC63-53

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

U SUKSES

PLANT JO

®

16


GWK Agri

Produsentefokus Leana Coetzee

Melinda Bam saam met GWK Young Guns: Franco Holtzhausen, Donovan Pietersen, Barend Cilliers, Gerhard Bruwer en Jan-Hendrik Venter.

Jongboere: Die toekoms van landbou

Die jonger generasie boere, ons noem hulle GWK se Young Guns, dink ánders oor landbou. GWK dink ook anders en nuut, daarom het ons onlangs jongboere bymekaar gekry om ons te kom vertel hoe hulle dink, wat hulle nodig het en hoe ons hulle kan ondersteun. “Dit is júlle tyd. Júlle is die pioniers van landbou, die mense wat die industrie vorentoe dryf,” het Pieter Spies (Besturende Direkteur) hier aan die groep jongboere gesê. Hiermee het hy weer beklemtoon hoe belangrik die hegte band tussen GWK en ons boere is vir die voortbestaan van landbou en voedselvoorsiening. Hierdie dag is aangebied as beves-

tiging van GWK se vertroue in die landboubedryf en die positiwiteit wat ons mense, ons personeel, ons produsente en ons ander vennote steeds ervaar, ongeag uitdagende omstandighede. Vir die maatskappy om ‘n verskil te maak, het ons egter die samewerking van ons produsente nodig. Ons jongboere speel ‘n groot rol om saam met GWK aan ‘n volhoubare toekoms te

bou. Daarom is die GWK Young Guns, wat voortaan jaarliks sal plaasvind, ‘n geleentheid om die positiwiteit en suksesse van die industrie te deel. As ‘n klomp jongmanne (en dames) en een van die land se voorste landboubesighede langs die Vaalrivier saamtrek, kan jy verseker wees van geleentheid waar daar gelag, geleer en geluister word.

17


Groot pryse wat op die spel was in die Chip- en Skietkompetisies, het verseker dat wedywering hoog geloop het. Om ‘n gholfbal van die oewer af in ‘n ronddrywende gaatjie op die rivier te slaan, was volgens ‘n paar kenners kort duskant onmoontlik. Die deelnemers is aangemoedig en soms goedig uitgelag wanneer hulle ‘n stofstorm losslaan sonder dat die bal ‘n sentimeter beweeg. Die moontlikheid om ‘n John Deere Gator los te slaan, was egter te veel van ‘n trekpleister en selfs sommige beginners het besluit om hul waardigheid net daar op die rivierbank te verloor in ruil vir ‘n probeerslag. Die kleiduifskietkompetisie, waar ‘n gelukkige deelnemer ‘n haelgeweer kon wen, het meer vrugte afgewerp met ‘n paar skerpskieters wat die toeskouers beïndruk het met hul korrelvernuf. Die kompetisie was só straf dat uitdunne moes plaasvind om ‘n wenner aan te wys. Die hoogtepunt was beslis toe oud-mejuffrou Suid-Afrika, Melinda

Bam, ‘n kleiduif laat spat het en sy ‘n bulderende toejuiging ontvang het. Die res van die terrein was leeg vir die duur van haar vier skote, en die groot groep toeskouers het weer verdwyn toe sy klaar geskiet het. Melinda was ‘n spesiale gas en het die jongboere alles kom vertel wat hulle oor dames, verhoudings en die liefde moet weet. Die platteland, waar die poel van keuses aansienlik kleiner is, verg ‘n spesiale stel vaardighede om te verseker dat jy iemand het om jou warm te hou in die winter, en Melinda het ‘n paar belangrike wenke gedeel hieroor. Sy het gesels oor die verskille tussen mans en vroue, hoe om die romanse te behou en hoe om mekaar te leer verstaan. ‘n Eerstejaarstudent, Nico Roets, het juis sy lot bekla oor die moontlikheid van vrouvang op universiteit. “Hulle staak deesdae so baie, ek kry nie kans om vrou te soek nie,” het hy opgemerk. Hy is deel van ‘n groep landboustudente aan Kovsies, wat die

dag bygewoon het saam met Louis Coetzee, GWK se takbestuurder op Magogong. Volgens Coetzee is dié tak baie waardevol vir produsente in die area, veral omdat dit nou vir hulle moontlik is om alle benodigdhede nader aan die plaas te kry, terwyl hulle voorheen gedwing was om Hartswater toe te ry. Die beskikbaarheid van brandstof is veral ‘n groot trekpleister vir kliënte. “Magogong is soveel nader aan die plase,” sê Coetzee. “Dit beteken dat ons produsente die minimum tyd weg van die plaas hoef te spandeer.” Franco Holtzhausen, een van die groep studente, het hierby aangesluit. “Ons het gereeld dringend goed op die plaas nodig…” “Baaltou, ghries en olie,” chip een van sy vriende van die kant af in. “…en normaalweg moet ek 22 kilometer Hartswater toe ry…” “Is nie, agttien kilometer.” “…en nou is dit net ses kilometer tot by Magogong…” “Is nie, agttien.” “Shut up man, laat ek praat!”

Besoekers luister na sprekers wat hulle gedagte deel.

Lede van die Douglas Round Table was verantwoordelik om die dors kele nat te hou.

18

'n Indrukwekkende poging om die John Deere Gator te wen.


Bo en onder: Die GWK-stalletjies deel inligting oor elke besigheid se spesialisdienste.

Omri van Zyl van Agri SA.

Met die gefrustreerde gesprek afgehandel, het die studente gesels oor die betrokkenheid van GWK in hulle ouers se boerdery, asook die groot hoeveelheid inligting wat op dié dag beskikbaar gemaak is. Elke GWK-besigheid het uitgestal en bykans elke besigheid het ‘n kompetisie met pryse vir die besoekers aangebied. Dit het die uitken van wynkultivars, die raai van skaapgewig, rekenaarspeletjies en veerpyltjies ingesluit. Hiermee het ons besighede inligting gedeel oor spesialiskennis in die onderskeie gebiede – die maniere hoe hulle produsente ondersteun en hulle rede vir bestaan. In elk van ons besighede is ‘n span ervare personeel wat daagliks maniere soek om landbou makliker, beter en meer effektief te maak en om dit ánders te doen as die norm.

GWK dikteer nie vir ons produsente nie, maar luister eerder na hulle behoeftes om daarby aan te pas. Hiervoor is die GWK Young Guns se insette bitter belangrik. Frank Lawrence (Direksievoorsitter) het ook sy gedagtes met die jongboere gedeel en veral beklemtoon hoe nodig ons hulle betrokkenheid as aandeelhouers het. “Ons sien dit as belangrik om ons Young Guns by GWK in te trek om te help verseker dat die maatskappy altyd by sy kernwaardes en rede vir bestaan hou,” sê Lawrence. “Om as aandeelhouer of direkteur betrokke te raak, plaas ons in ‘n posisie om die regte kennisvlakke op die direksie te behou. GWK bly óns besigheid en dit is óns plig om vir die maatskappy te sorg.”

‘n Algemene boodskap wat hier deur verskeie sprekers aangeraak is, is dat elkeen verantwoordelik is vir sy eie toekoms. “Die ekonomie en biologie verdra nie arrogansie nie,” sê Johan Jacobs, ondervoorsitter van GWK se direksie. “Niemand is groter as die natuur nie, maar jy kan verseker wees dat jy die aanslae beter kan hanteer as jy dit saam met ‘n landboubesigheid doen. Jý het nou die geleentheid om insette te lewer oor wat met jou produkte gebeur en jy kan ook in die wins van die maatskappy deel.” Ook Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, het genoem dat jongboere die verantwoordelikheid het om leiding te neem. “The helping hand is at the end of your arm,” sê Van Zyl. “Julle is ‘n nuwe generasie wat dinge anders benader – julle maak

19


staat op die nuutste tegnologie, julle innoveer, julle het vars idees en julle wil eerder dóén as vrae vra. Daar wag ongelooflike geleenthede op julle om te ontgin.” Verder sê Van Zyl dat hy ongelooflike respek het vir GWK en waarvoor die maatskappy staan. “Julle het ongetwyfeld die beste boere in die land en ek kan eerlik sê dat GWK die mees progressiewe landboubesigheid in

Suid-Afrika is.” Dié dag vir GWK Young Guns is die moeite werd om lank vooruit in jou dagboek neer te skryf. Om goeie, effektiewe diens aan jonger en ouer produsente te lewer, is dit vir ons nodig om na hulle te luister, en hierdie is die geleentheid daarvoor. “Om ‘n goeie leier te wees, moet jy eers ‘n goeie dienaar wees,” sê Spies, “en ons wil lei in die areas waar ons

Die immer-ontwykende teiken vir die chip-kompetisie.

Young Guns kon proe watter aartappelkultivars die heel lekkerste skyfies maak. Bo is skyfies gemaak van die Lanorma-kultivar.

20

julle diens. As jongboere nie by ons betrokke raak nie, gaan ons nie weet waarop ons moet fokus nie. GWK vertel goeie stories in ‘n land waarin daar baie onstabiliteit is. Deur deurlopend saam te werk, kan ons stabiele en nuwe markte verseker tot versterking van ons boere.” GWK Young Guns is aangebied in samewerking met Nedbank.


EERSTE KEER

REG DOEN.

Die John Deere 15FX planter reeks: Wanneer jy die beste planttoerusting die nodigste het doelgemaak vir tydsbesparing en beheerde koste. Vir jou 15FX Planter gesels met jou naaste John Deere handelaar.

Deere.co.za

21


Kontantvloei

Oplossings van

die plaas tot die meule.

Kom ons praat AgriBesigheid. Ons AgriBesigheidspan is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za/business

22

Gemagtigde finansiĂŤledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr.1962/000738/06). Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA 172406 06/16


GWK Agri

SA Feed Phosphates Pieter le Roux

Regte voeding van eerstekalfvervangingsvers ‘n langtermynbelegging Reproduksietempo is een van die belangrikste, indien nie die heel belangrikste, winsdrywers in veeboerdery. Die ontwikkeling van die reproduksiestelsel van die vroulike dier begin tydens die laaste trimester van dragtigheid, met ander woorde reeds voor geboorte. In die geval van skape is daar bevind dat eiselle in die eierstokke reeds 50 dae voor geboorte begin ontwikkel. Die korrekte voeding van die moeder van die vers of ooilam tydens hierdie periode is dus van kardinale belang vir die suksesvolle voorgeboortelike ontwikkeling van reproduksiestelsel in die fetus. Daar moet genoegsame deurvloeiproteïen gedurende hierdie periode aan die moeder beskikbaar gestel word, asook die beste ruvoer beskikbaar. Dit sal ook later hoë melkproduksie by die moeder verseker wat saam met kruipvoeding die vers of ooilam optimaal sal laat uitgroei. Om die hoogste reproduksietempo te verseker, behoort die fokus in enige beeskudde te wees om sowel teelkoeie as eerstekalf-verse weer dragtig te kry ná kalwing. Hierdie twee groepe moet liefs nie saam bestuur word nie, ten einde spesiale sorg aan die verse te kan verleen. Herbevrugting (“conception”) by teelkoeie is oor die algemeen van belang, maar eerstekalf-koeie bied ‘n groter uitdaging aan produsente. Verse moet ideaal op 18 maande oud beset raak. Hul gewenste gewig op hierdie ouderdom sal afhang van ras, maar behoort ideaal op ongeveer 60% van hul

volwasse massa te wees. Hulle moet in ‘n positiewe energiebalans wees, wat beteken dat hulle gewig moet aansit en nie verloor nie. Die tydperk van laat dragtigheid tot ongeveer drie maande na kalwing is dus ‘n vensterperiode waarbinne die veeprodusent die beste geleentheid het om bevrugtingsdoelwitte binne sy kudde te verbeter. In die geval van die eerstekalf-koei moet daar bo-en-behalwe onderhoud- en produksiebehoeftes soos vir ouer koeie, ook nog voorsiening gemaak word vir groei van die koei self. Die eerstekalf-koei het nog ongeveer 15-20% van haar volwasse gewig oor om te groei vanaf haar eerste kalfwing tot ná haar tweede kalwing.

Riglyne vir die voeding van eestekalf-koeie Volg die praktyk van ‘n verlengde herstelperiode na eerste kalwing. Dek normaal op 18 maande, maar dan tweede dekking eers ná die kalf gespeen is, met ander woorde ongeveer 8-10 maande ná kalwing. Dit is veral van toepassing op kommersiële kuddes, aangesien dit natuurlik die tussenkalfperiode-indeks in stoetkuddes sal benadeel. Produsente wat egter hierdie praktyk volg, behaal speenpersentasies van meer as 95% by tweedekalf-verse. Dek verse een maand voor koeitroppe, tweede dekking dan saam met koeie, met ander woorde een

maand langer rus. Dit is veral voordelig aangesien eerstekalfverse normaalweg ‘n langer interkalfperiode het as ouer koeie. Dit impliseer dus ‘n vasgestelde teelseisoen (die grondslag van doelgerigte en doeltreffende kuddebestuur) waar kalftyd tipies gedurende die lente en vroeë somer sal saamval met die nuwe groei en groen, hoë gehalte weiding. Verkort die dekperiode vir verse tot 45 dae. Dit vergemaklik toesig en algemene bestuur, asook voeding- en aanvullingsbestuur. Daar kan ook geselekteer word teen diere wat nie na twee hitte-siklusse dragtig geraak het nie. Hou verse in aparte kampe van ouer koeie tot ná tweede kalwing. Hier moet die fokus wees op verbeterde voeding (beter weidings) en veeartsenyprogram. Kies bulle met ‘n laer geboortegewig-indeks om met verse te paar sodat eerste kalwers nie so groot is nie. Dit dra by om kalwingsprobleme en gepaardgaande produksie- en reproduksieverliese te voorkom. Verleen betyds hulp aan verse wat swaar kalf – wat goeie kalwingsbestuur beteken. Selekteer voor dekking teen verse met bouvormbeperkings, bv. ‘n vernoude pelvisopening of geboortekanaal. Verseker dat daar geen gewigsverliese vanaf speen van die vers tot eerste kalwing is nie. Sy moet minstens 60-65% van volwasse gewig bereik by

23


eerste dekking op 18 maande en 8085% by eerste kalwing. Kondisiepunt hier moet 2,5-3,0 uit 5,0 wees. Balanseer energie- en proteïenaanvullings deeglik tydens die laaste drie maande van dragtigheid tot drie maande ná kalwing. Aangesien die vers fisiek ongeveer 20% kleiner is as ‘n volwasse koei ty-

dens eerste kalwing, is dit soveel te meer van belang om te verseker dat alles moontlik gedoen word om kalwing te vergemaklik. Dit sluit onder meer die gebruik van bulle met ‘n laer geboortegewig-indeks in (soos reeds genoem), asook die korrekte voeding van die dier. Balans is dus belangrik. Oormatige

Ruproteïen behoefte gram per dag

mj me per dag

ME Behoefte 95 90 85 80 75 70 65 60 55 50

1200 1100 1000 900 800 700 600 500 400

Maande ouderdom

Maande ouderdom

Fosfor behoefte

Kalsium behoefte 24.0

35.0

22.0

30.0

gram per dag

gram per dag

voorsiening van ru-proteïene in die laaste trimester van dragtigheid kan lei tot oormatige groei van die fetus. Te veel energie kan weer tot oormatige vetneerlegging lei in die vers wat, weens die fisieke beperking op die geboortekanaal, kalwing kan bemoeilik.

25.0 20.0 15.0

20.0 18.0 16.0 14.0 12.0 10.0

10.0

Maande ouderdom

Maande ouderdom

Figuur 1: Die voedingsbehoeftes van die vervangingsvers vanaf die laaste trimester voor eerste kalwing tot 10 maande ná kalwing met voorgestelde tweede dekking (NRC, 2005).

Uit figuur 1 is dit duidelik dat die behoeftes van die vervangingsvers vanaf die laaste trimester van eerste dragtigheid tot tweede dekking aanvanklik hoog is en daarna afneem. Dit beklemtoon die feit dat hierdie diere ekstra sorg benodig (hou in gedagte dat haar verskalf, indien wel, binne 18 maande deur dieselfde proses moet gaan). Die eerstekalf-vers moet ook binne 8-10 maande ná kalwing weer beset raak – dit alles terwyl sy nog groei. SA Feedsphosphates (SAFP) beskik oor hoë gehalte winterlekke wat aan hierdie doeleindes kan help voldoen. Die hoogs gewilde Beeslek 42 (V18397) kan as sulks as onderhoudslek aangebied word. Hierdie produk kan ook as produksielek of energielek met graan gemeng word. Desnieteenstaande is

24

die voorsiening van proteïen en fosfor in die eerste trimester ná kalwing vanaf winterlekke oor die algemeen nie voldoende vir hierdie spesiale geval van die eerstekalf-vervangingsvers nie. Benewens die feit dat sy moet melk produseer en binnekort dragtig raak, moet sy steeds groei ook. Hierdie buitengewone hoë behoefte noop die produsent om bes moontlik bykomende fosfaat aan te vul deur onder meer die deurlopende voorsiening van Feedphos P6 somerlek (met ander woorde, hulle gaan slegs hul tekorte aanvul). Daarby moet kruipvoeding vanaf vroeg ná geboorte aan die kalwers voorsien word. Hierdie praktyk word deur baie produsente as standaardpraktyk toegepas, dus ook op ouer koeie met kalwers, maar is uiters belan-

grik vir die eerstekalf-vervangingsvers. Dit sal ook verseker dat sy makliker herbeset raak met die tweede dekking. SAFP het onlangs ‘n Volledige Kalf en Lam-meel geregistreer wat nou beskikbaar is. Soos die naam aandui, is dit ‘n volledige aanvulling en kan dus as sulks vir kalwers as kruipvoeding dien. Nie net leer dit die kalwers om so gou moontlik te vreet nie, maar dit neem ook baie druk van die moeder af, wat haar die geleentheid bied om gouer te herstel ná eerste kalwing en gereed te raak vir herbesetting. Die voeding en bestuur van die vervangingsvers het ‘n invloed op haar hele reproduktiewe lewe in die toekoms en is van kardinale belang vir die veeprodusent vir maksimum doeltreffendheid en winsmarges.


Ons is meer as net fosfaat SA Feed Phosphates besef dat die begin van somer en die groen sappige weiding‘n nuwe behoefte by jou diere skep. Voldoende fosfaataanvullings is nodig om jou diere se prestasie en produksie te verhoog en hulle in topkondisie te hou. Die reeks produkte wat ons bied is ontwikkel om enige produksie-eenheid in staat te stel om by verskillende produksieomstandighede en -behoeftes aan te pas. Voer nou: • Feedphos P21 • Feedphos P12 • Feedphos P6 • Superphos P18 • Superphos P9 • Aquafos Ons produkte dra by tot jou kudde se reproduksie-doeltreffendheid. Vir verdere navrae, skakel ons gerus by 053 441 3300 of stuur ‘n e-pos na info@safp.co.za.

25


GWK Agri

Versekering

Kan jy jou trusts vertrou? Jaco Janse van Rensburg

Dit is vir elke GWK-lid baie belangrik om bekend te wees met die voorgestelde impakte wat vir trusts en boedels in die pyplyn is en hoe GWK Finansiële Dienste jou kan bystaan in ‘n deeglik beplande voortsettingsplan vir die produsent, sy familie en die boerdery. Een van die primêre doelstellings vir die gebruik van ‘n trust is om die produsent se plaas daarin te bêre vir toekomstige geslagte en sodat hy nie by sy afsterwe belas word met moontlik astronomiese kapitaalwins- en boedelbelasting nie. Hierdie belastings kan tot gevolg hê dat ‘n grondeienaar se eiendom moontlik verkoop sal moet word ten einde die laste in die boedel te kan betaal en genoegsame kontant in die boedel te verseker. Indien ‘n trust korrek opgestel en bestuur word, kan dit wesenlike voordele vir die grondeienaar inhou, deurdat die bates wat in die trust geregistreer is, nie deel sal vorm van die grondeienaar se persoonlike boedel nie. Dus sal daar nie hierdie kapitaalwins- en boedelbelastingimplikasies wees nie. Die algemene praktyk is dat die grondeienaar sy plaas aan die trust verkoop deur middel van ‘n rentevrye lening. Die term “rentevrye lenings” is die laaste paar maande op almal se

26

lippe en nuus daaroor in die media het almal op hul senuwees en bang en versigtig vir trusts. Die Wetgewer, SARS en die howe se fokus is daarop gemik om trusts en die funksionering daarvan beter te beheer en om belastingontduiking (veral boedelbelasting) uit die weg te ruim. Dit word gedoen deur stappe te implementeer wat prakties uitvoerbaar is en wat die misbruik van trusts beperk deur te bepaal of ‘n trust sy werklike doel dien, en of dien die trust nie dalk as ‘n skyntrust gebruik te word nie. Die voorstelle wat tot dusver gemaak is rakende hierdie lenings, is as volg: Byvoeging van ‘n Artikel 7(C) tot die Inkomstebelastingwet, waarvan die voorstelle kortliks die volgende behels: ‘n Skenking kan aan die trust gemaak word wat gewone skenkingsbelasting teen 20% sal hef teen die billike markwaarde van die eiendom; Die eiendom kan verkoop word aan die trust op leningsrekening, maar teen ‘n markverwante rentekoers (tans 8% per jaar); Indien die eiendom aan die

trust verkoop word op leningsrekening, maar teen ‘n minder as markverwante rentekoers of geen rente nie, sal die verskil belas word in die hande van die verkoper (wat die geld uitleen), maar die rente sal nie aftrekbaar wees vir belastingdoeleindes deur die trust nie. Daar word wel verwag dat moontlike wysigings in die Wetgewing hieroor in werking mag tree teen 1 Maart 2017, maar omdat die wêreld gedurig verander, is dit juis hiér waar GWK Finansiële Dienste sekerheid kan bied. Alle grondeienaars wat bates, en veral hulle plase, in trusts het moet versigtig wees om nie vir enige van die gesaghebbende entiteite deur verkeerde optrede en trustadministrasie onder die wanindruk te bring dat hul trusts ‘n skyntrust is nie. Die howe het in onder meer die Land and Agricultural Bank v Parker gestel dat die primêre doel van ‘n trust is om die eienaarskap en beheer van die gebruik van die trust te onderskei. Hierdie uitspraak is baie wyd en daar moet baie aandag en denke hierin gesit word om te interpreteer hoe optredes en administrasie van die trust binne hierdie raam-


werk van die hof sal val. Die hof het in bogenoemde uitspraak ook gestel dat ‘n onafhanklike trustee aangestel moet word ten einde te verseker dat trustees nie volle beheer en eienaarskap oor trustbates kan toepas nie. Die onafhanklike trustee se rol is dus onder meer om te verseker dat die trust voldoen aan die wetgewing en alle vereistes wat daarmee gepaardgaan. ‘n Geagte bate in ‘n persoon se boedel kan onderhewig aan kapitaalwins- en boedelbelasting wees. Om te bepaal wat ‘n geagte bate is en om te beklemtoon hoekom GWK Finansiële Dienste so ernstig hieraan aandag gee met ons lede, word verwys na Artikel 3(3)(d) van die Boedelbelastingwet wat bepaal wat geagte eiendom is. Dit word gedefiniëer as die vol-

gende: “Enige eiendom waaroor die oorledene onmiddellik voor sy dood bevoeg was om oor te beskik, hetsy vir sy eie voordeel of vir die van sy boedel”. Verder moet Artikel 3(5) van dieselfde Wet saam gelees word, dit bepaal wanneer ‘n persoon soos in die bogenoemde Artikel 3(3)(d) geag “bevoeg” te wees en dit stel dat: “Indien die persoon sulke magte gehad het wat hom magtig om, te beskik of weg te kan doen van ‘n bate, soos hy sien pas, hetsy deur middel van sy testament, mag van aanstelling of op enige ander wyse”. SARS gaan ook ‘n meer prominente rol in die bereddering van boedels speel (voorheen was die Meester van die Hooggeregshof in hierdie rol). Omdat die boedelbelasting-aanslag deur

SARS hanteer gaan word, is dit ongetwyfeld dat SARS nie ‘n geleentheid sal verby laat gaan om belasting in te vorder nie en sal hulle noukeurig na trusts kyk waarin die oorledene betrokke was. Daarom is dit van kardinale belang dat elke GWK-lid wat ‘n trust het se trustakte geoudit en opgedateer moet word, indien nodig. Ons wil produsente help om te konsentreer op dit wat hy die beste doen: Om Suid-Afrika van voedsel te voorsien. GWK Finansiële Dienste haal dus hierdie onnodige spanning en bekommernisse oor die plaas en die boerdery se voortsetting en volhoubaarheid in die trust, van die produsent se skouers af en help om die produsent en sy familie op die plaas te hou.

Oorsese beleggings: Pasop vir slaggate! Jacques de Wet

Mense kan oor die algemeen in een van twee groepe geklassifiseer word wanneer dit by buitelandse beleggings kom: Dié wat dink dit is ‘n goeie idee, en dié wat eenvoudig te bang is om die risiko te loop. Daar is so ‘n groot verskeidenheid buitelandse beleggings, dat meeste kliënte gewoonlik onseker is oor wat hulle te doen staan. Om miskien meer duidelikheid te bied, is dit dalk nodig om na ‘n paar basiese beginsels van ‘n buitelandse belegging te kyk. Indien Randgedenomineerde keuses gebruik word, hoef geen klarings by die reserwebank verkry te word nie. Indien die geld deur die reserwebank moet gaan (slegs in-

dividue ouer as 18, en wie se belasting op datum is, kan dié opsie benut), kan elke individu jaarliks R1 miljoen op reistoelaag, en nog R10 miljoen met klarings uitneem.

Waarom belê mense in die buiteland? 1. Diversifisering. Beleggers soek blootstelling aan ander markte as slegs die plaaslike mark. 2. Geo-politiese diversifisering. Beleggers is onseker oor risiko’s in Suid-Afrika en wil ‘n agterdeur ooplaat met geld in die buiteland.

3. Verswakking van die Rand. Hierdie is een van die gewilde redes, maar waarskynlik een van die verkeerdste redes om geld uit die land te neem. Beleggers skrik gewoonlik wanneer die Rand na byvoorbeeld R18/$ verswak, en neem dan die geld uit. Wanneer die Rand weer versterk, ly beleggers verliese in Randwaarde en is dan ongelukkig. Hoewel die Rand oor tyd ‘n verswakkende kurwe behoort te toon, moet dit verkieslik nie die hoofdoel van so ‘n belegging wees nie. 4. Kinders of kleinkinders mag dalk in die toekoms emigreer of selfs in buiteland gaan studeer. Baie beleggers is onseker oor die gehalte

27


van naskoolse onderrig in Suid-Afrika en neem dus nou geld uit sodat kleinkinders in die toekoms makliker toegang tot buitelandse universiteite kan verkry.

elke land aangedui moet word. Hierdie proses kan egter tydsaam en duur wees, so beleggers word aangeraai om in sulke gevalle seker te maak van alle implikasies en slaggate.

Keuses:

3. Maatskappye en trusts neem baie keer groot bedrae uit die land met ‘n bateruiltransaksie. Die groei vind in die buiteland plaas, maar die geld moet steeds eendag plaaslik uitbetaal. Dit bied egter die geleentheid om in verskeie instrumente soos direkte aandeelportefeuljes te belê. Hierdie transaksie vind gewoonlik deur ‘n plaaslike maatskappy plaas en daarom word slegs die plaaslike testament benodig. Indien die verkeerde tipe produk gebruik word, sal die verswakking van die rand ‘n KWB-implikasie inhou.

Die mees algemene keuses beskikbaar sluit die volgende in:

A Daimler Brand

1. Maak gebruik van ‘n Randgedenomineerde effektetrust: Hierdie is die mees algemene metode wat die meeste mense gebruik. Hierdie keuse bied die geleentheid om sonder enige klarings buitelandse blootstelling te verkry, selfs in aftreeprodukte. Maatskappye en trusts kan ook hierdie keuse gebruik, omdat die kapitaal en opbrengs eindelik weer in Rand uitbetaal word. Die verswakking van die Rand word as kapitale wins geag en kan dus KWB trek. Die meeste plaaslike effektetrustmaatskappye bied sulke fondse aan. 2. Plaas ‘n belegging direk in die buiteland: Met hierdie keuse plaas ‘n persoon die geld in iets soos ‘n bankbelegging, of selfs ‘n eiendom in ‘n spesifieke land. Hierdie geld moet via die reserwebank uitgeneem word, en sou dit meer as R1 miljoen per jaar wees, moet klarings verkry word. In so ‘n geval moet die kliënt ‘n testament in elke land waar hy geld het, hou en daar sal met sy dood ‘n eksekuteur in

4. Beleggings direk in die buiteland via ‘n plaaslike platform sonder ‘n polisstruktuur. Hierdie beleggings is gewild en word deur meeste versekeringsmaatskappye en banke gebied. Geen buitelandse testament word benodig nie en die geld kan enige plek in die wêreld uitbetaal word. Die verswakking van die Rand dra egter KWB-implikasies en alle rente en dividende word plaaslik belas in die individu se hande. 5. Beleggings direk in die buiteland via ‘n plaaslike platform, maar in ‘n

vyfjaar-struktuur. Daar is hoofsaaklik twee tipes vyfjaar-strukture, naamlik ‘n uitkeerpolis en ‘n delgingsfonds. Hierdie beleggings het ‘n minimum termyn van vyf jaar, maar laat wel verskeie onttrekkings toe (ook 100%). Die produk eindig egter nie na vyf jaar nie. Geen buitelandse testament word benodig nie en die geld kan enige plek in die wêreld uitbetaal word. Met die uitkeerpolis kan meer as een versekerde lewe opgesit word, asook begunstigdes om te verseker die produk staak nie by afsterwe van die versekerde lewe nie. Die uitkeerpolis (anders as die delgingsfonds) bied ook na drie jaar beskerming teen krediteure. Die kapitale wins in hierdie strukture word in die basiseenheid bereken en dus het die verswakking van die Rand nie ‘n KWB-implikasie nie. Vir Suid-Afrikaanse belastingbetalers bied hiedie strukture waarskynlik die beste voordele. Selfs trusts en maatskappye wat bateruiltransaksies via die strukture doen, baat ongelooflik, veral as die Rand skerp verswak. Die besparing op KWB kan geweldig groot wees. Beleggers wat dus buitelandse beleggings wil doen, moet hulle huiswerk doen en seker maak die produk wat gekies word, bied die beste voordele. Alle buitelandse beleggings is dus nie gelyk nie, sommiges is meer gelyk as ander…

Walala wasala... Be wise, choose the Sprinter Inkanyezi! Now you can get the Sprinter Inkanyezi 22-seater taxi**standard with: • A 5 year/105 000 km service plan • Longer service intervals of 30 000 km versus the competitors’ average of 10 000 km - 20 000 km **Terms and Conditions apply. Gariep Motors, 112 Long Street, Kimberley Tel: 053 831 2400, Email: johnw@gariepmotors.co.za Johan van Zyl: 071 857 6500 or John West: 084 556 3229 Shesha. Make your move, while stock lasts.

28

From

R12999 p/m*

*Terms and conditions apply. Subject to credit approval. Offer calculated on a Sprinter 515 Panel Van at R12 999 monthly repayment on a Finance lease agreement. Prime rate of 10,5% with a deposit of 15%. Terms 60 months. Total retail price R635 664.00 incl VAT. Total repayment value R764 714.54 incl VAT. Service Fee of R150. Initiation fee of R1197.00. Finance provided by Mercedes-Benz Finance and Insurance, a division of Mercedes-Benz Financial Services South Africa (Pty) Ltd., an Authorised Financial Services Provider (Licence No. 18 604) and Credit Provider (Licence No. NCRCP80). Vehicle specifications may vary for the South African market. The Special Offer is valid from 1 August 2016 on all orders placed, up until 30 September 2016 or until stocks last. E&OE.


BEING #1 TAKES A DIFFERENT KIND OF COMMITMENT.

MORE GROWERS TRUST THE LEADER FOR A REASON How did Valley® become #1? With machines engineered to last longer. With technology that runs equipment simply and conveniently. And with dealer support that never quits. Valley is the undisputed leader. And that’s ground we will never concede.

Willie Wiggett Regional Manager Irrigation: GWK Tel: 053 298 8318 Cell: 083 449 0958 williew@gwk.co.za

Leon Meiring Branch Manager: Irrigation Cradock Tel: 048 881 3931 Cell: 087 820 4606 leonm@gwk.co.za

Anton Visagie Branch Manager: Irrigation Douglas Tel: 053 298 8454 Cell: 083 462 4976 antonv@gwk.co.za

Gert Engelbrecht Technical Advisor: Irrigation (Western Region) Tel: 053 298 8237 Cell: 082 923 3440 johanvdw@gwk.co.za

Stefan Vermeulen Technical Advisor: Irrigation (Cradock) Tel: 048 881 3931 Cell: 083 325 5633 stefanv@gwk.co.za

Valley Irrigation of Southern Africa (Pty) Ltd. | Contact: 010 350 0050 | Email: infosa@valmont.com | www.valleyirrigation.com/za 29 DA1087


GWK Agri

Presisieboerdery en Produksienavorsing Johann Sounes

Die voorkoms van

Geelroes/Streeproes

op koring

(Puccinia striiformis f.sp. tritici.) Roessiektes

is swam-infeksies wat graanopbrengste kan verlaag en die gehalte van grane kan beïnvloed. Die skade wat deur roessiektes veroorsaak word, verskil van kultivar tot kultivar omdat baie kultivars weerstandigheid opgebou het. Wêreldwyd word Stamroes as die mees vernietigende roessiekte beskou, gevolg deur Blaarroes en dan Streeproes. Enige van hierdie siektes kan wel ‘n baie groot impak op opbrengs hê en daarom bly dit een van die belangrikste probleme ten opsigte van die produksie van kleingrane. Tabel 1 dui die eienskappe van die verskillende roessiektes aan. Streeproes is in 1996 vir die eerste

keer in Suid-Afrika waargeneem. Dit het geleidelik vanuit die Wes-Kaap na die ander koringproduksiegebiede versprei. Hoewel waarnemings al gemaak is in die Vaalharts-, Prieska- en Rietrivier-omgewing, is dit nie onlangs waargeneem nie. Gedurende die 2015-koringseisoen is hierdie swam wel in die Luckhoff-produksiegebied waargeneem. Wat interessant is, is dat dit op weerstandige kultivars ook waargeneem is en omdat dit ‘n produksieverlies van tot 70% tot gevolg kan hê (indien infeksie reeds in die vroeë groeistadiums plaasvind), is dit ‘n swam waarop gelet moet word in die komende seisoen.

Pastule-eienskappe

Geelroes/Streeproes

Blaarroes

Stamroes

Kleur

Geel

Oranjebruin

Rooibruin

Vorm

Dig gepakte, klein kolle op blare van jong plante. Vorm geel parallelle strepe op ouer plante

Rond tot ovaal kolle on­eweredig versprei op blare

Rond tot verleng. On­eweredig versprei

Ligging

Hoofsaaklik op boonste oppervlak van blaar

Hoofsaaklik op boonste oppervlak van blaar

Bo en onder blaar, stam en buitekant van aar.

Tabel 1: Eienskappe van Geelroes, Blaarroes en Stamroes

Fig 1: Geelroes soos in veld waargeneem

30

Die naam Geelroes kom van die geel strepe parallel met die blaar. Tipiese simptome is die geel tot oranjekleurige pastules (uredinia) wat oor die lengte van die blaar ontwikkel. Op jong saailinge sal hierdie pastules eerder enkel as in bondels voorkom. Die pastules bevat urediniospore wat die hoofbron van inokulum vir die siekte is, met ander woorde dit kan gesien word as die ‘saad’ van hierdie swam. In erge besmetting kan simptome ook op die stam en op die aar waargeneem word. ‘n Vinnige toets vir roes is om die besmette blaar oor ‘n wit papier of met jou vinger te vryf en te let of die roes afkom.


Verspreiding en besmetting Geelroesspore word in groot getalle op die oppervlak van die besmette blaar geproduseer en word dan hoofsaaklik deur wind versprei. Van hierdie spore val op ander plante waar besmetting deur die huidmondjie kan plaasvind, terwyl sommige spore in die lug bly en deur die son doodgebrand word. By hoë humiditeit kleef spore aan mekaar vas om ‘clumps’ te vorm wat dan swaar is en nie ver trek nie. Dit veroorsaak dan dat daar ‘hotspots’ (kolle waar besmetting hoog is) in die lande waargeneem kan word. Die spore benodig groenmateriaal vir oorlewing en kan nie op reste oorleef nie. Dormante spore oorleef in opslaggrasse en -grane wanneer kleingrane nie geplant word nie. Die onge-

Gebied

slagtelike urediniospore op die opslag dien as bron van inokulum vir die volgende seisoen wanneer koring weer aangeplant word. Besmetting vind gewoonlik plaas wanneer temperature van 0°C tot 25°C is met 8 tot 15°C die mees gunstige temperatuur vir swaminfeksie. Hoewel die dagtemperature in baie gevalle ongustig kan wees vir die ontwikkeling van Geelroes, soos die geval was in 2015, is die nagtemperature wel gunstig vir besmetting om plaas te vind. Die spilpunt vorm ‘n mikro-omgewing wat baie gunstig vir geelroesinfeksie is weens die vrye water op blare en die hoë humiditeit. Ná besmetting deur die huidmondjie, groei die swam in die plant

Geelroes/Streeproes

Blaarroes

waar dit dan voedingstowwe verkry. Swamgroei is die vinnigste by 12 – 15 °C en byna nul by 3°C en bo 25°C. By 12 -20°C neem dit ongeveer 14 dae voordat pastules vanuit die blaar bars. Hierdie periode tussen infeksie en verskyning staan bekend as die latente periode. By lae en baie hoë temperature kan hierdie proses tot 80 dae neem. Hoewel die aar ook besmet kan word, is dit hoofsaaklik die blompakkies wat besmet word met nie ‘n wesenlike effek op die saad self nie. Dit is hoofsaaklik die rede waarom verspreiding van hierdie swam nie deur middel van saad plaasvind nie. Bespuitings wat dus gedoen word voor aarverskying sal nie die aar beskerm nie.

Stamroes

Sentrale besproeiing

Hoë risiko

Lae risiko

Lae risiko

Visrivier

Hoë risiko

Hoë risiko

Hoë risiko

Tabel 2: Risiko vir die verspreiding van roessiektes in besproeiingsgebiede

Beheer Weerstandige Kultivars Ná die verskyning van Geelroes in 1996 het baie telers hul fokus daarop geplaas om weerstandige kultivars te teel. Tabel3 dui die vatbaarheid van verskillende kultivars vir Geelroes aan en as daar na die aantal weerstandige kultivars gekyk word, is dit duidelik dat daar al redelik sukses behaal is in die

proses. ‘n Groot uitdaging in die proses is die feit dat Geelroes maklik ‘n nuwe ‘ras’ kan vorm en veroorsaak dat weerstandige kultivars ewe skielik hoogs vatbaar is. Dit word duidelik gesien in die feit dat daar al vier rasse is en die swam nou eers 20 jaar in Suid-Afrika teenwoordig is. Daar bestaan ook die

moontlikheid dat nuwe rasse van ander lande ingebring word hetsy deur winde of mense. Kultivars sal dus nie vir altyd weerstandig wees nie en hierdie swam moet gemonitor word sodat nodige stappe geneem kan word voordat dit ‘n endemie raak.

31


Kultivar

Stamroes

Blaarroes

Streeproes

Baviaans

V

MV

W

Buffels

V

W/V

W

Duzi

V

V

W

Kariega

V

MV

W

Krokodil

MV

V

V

Olifants

V

V

W

PAN3400

MV/V

V

W

PAN3471

V

MW/MV

W

PAN3497

MV/V

V

W

Sabie

V

MV

W

SST806

V

MV

W

SST822

MV

MV

W

SST835

MV

MV

MW

SST843

MV

MV

W

SST866

V

MV

W/MV

SST867

V

MV

MW

SST875

V

MW

W

SST876

V

MV

MW

SST877

V

MV

W/MV

SST884

MW

V

W

SST895

MW/MV

W

W

Steenbras

W

MW

V

Tabel 3: Vatbaarheid van kultivars vir verskillende swamsiektes. V = Vatbar. MV= matig vatbaar. W= Weerstandig. MW = Matig Weerstandig (LNR Kleingraan-produksieriglyne 2016)

Toediening van swamdoders Swamdoders kan ekonomiese beheer verskaf indien bespuiting met eerste tekens van Geelroes gedoen word en mits die toestande gunstig is vir die ontwikkeling van Geelroes. Omdat die vlagblaar so belangrik is en tot 60% van energie tydens graanvul voorsien, moet die periode voor blom goed gemonitor word vir enige tekens van Geelroes op die vlagblaar self of blare naby aan vlagblaar. Verskeie swamdoders is in Suid-Afrika geregistreer vir die gebruik op Geelroes. Van hierdie swamdoders se aktiewe bestanddeel kan individueel (epoxiconazole, flusilazole, flutriafol, hexaconazole, propiconazole, tebuconazole, triticonazole) of as mengsel (carbendazim + epoxiconazole, carbendazim + flusilazole, carbendazim + flutriafol, carbendazim + propiconazole, carbendazim + tebuconazole, cyproconazole + propiconazole, epoxiconazole + pyraclostrobin, flutriafol + tebuconazole and spiroxamine + tebuconazole + triadimenol) gebruik word. Baie van hierdie bestanddele is ook op ander koringsiektes geregistreer.

Samevatting

Fig 2: Verskillende vorme van weerstandigheid

32

Groot was die verbasing toe daar tydens die 2015-koringseisoen Geelroes in die Luckhoff-area gevind is. Geelroes is ‘n relatief onbekende swam in die GWK-besproeiingsgebied, maar kan wel van ekonomiese belang wees indien dit nie beheer word nie. Produsente kan hierdie sei-


soen daarop fokus om te let op die teenwoordigheid van Geelroes in hul lande. Daar is ‘n moontlikheid dat die Geelroes wat gevind is tydens 2015 ‘n nuwe ras is omdat dit op weerstandige kultivars voorgekom het. Op die oomblik sal die beste beheermaatreël wees om lande te monitor en as Geelroes waargeneem word, swambespuitings te doen. Produsente kan hoofsaaklik die laer dele waar lande duikies maak, monitor omdat die klimaat hier meer gunstig is. Dit is in hierdie dele waar Geelroes verlede seisoen hoofsaaklik waargeneem is.

AL DIE TOONAANGEWENDE

BESPROEIINGS

HANDELSMERKE

ONDER EEN DAK!

Bronne: 1: Plantwise technical factsheet: Yellow Rust. www.plantwise. org. Datum van gebruik: Oktober 2015 2: Wheat rusts: The back pocket guide. Grains research and development corporation. Australia 3: LNR- KGI. 2016.Handleiding: Produksie van kleingrane in die somerreënvalgebied. 3: Murray et al. 2005. Stripe rust: Understanding the disease in wheat. NSW Department of primary industries. 4: Koring fokus: Januarie 2015 5: Terefe, T. 2016. Usefull notes on the control of stripe rust of wheat. LNR – KGI

Wat beteken

hidrofobie? Dup Haarhoff (Presisieboerdery en Produksienavorsing)

Gronde wat water afstoot word beskryf as hidrofobiese gronde. ‘n Dun lagie grond bo of onder die grondoppervlak kan hidrofobies raak ná intense verhitting soos wanneer reste gebrand word. Die hidrofobiese laag is die resultaat van ‘n wasagtige bestanddeel wat ontwikkel uit plantmateriaal wat gedurende ‘n brand kan vorm. Dié wasagtige bestanddeel penetreer die grond as ‘n gas en vorm ‘n soliede binding wanneer dit afkoel, wat ‘n wasagtige bedekking om die gronddeeltjies vorm. Daar is gewoonlik vier faktore wat die vorming van sulke lae beïnvloed: 1) ‘n Dik laag plantmateriaal voor die brand plaasvind 2) Hoë intensiteit vure 3) Verlengde periodes van intense hitte 4) Growwe tekstuur gronde (gronde wat groot porieë het soos sandgrond dra hitte makliker oor as kleigronde. Hierdie gronde het ook groter porieë wat dieper penetrasie van gas toelaat. Waarom is dit belangrik dat die begrip hidrofobie verstaan word? Hierdie baie dun lagie kan waterinfiltrasie geweldig negatief beïnvloed. Indien daar sulke lagies in die grond voorkom, is dit belangrik om daarvan ontslae te raak deur middel van bewerking. Deur die besproeiingskedulering se grafieke te interpreteer, kan die moontlikheid van sulke lagies geïdentifiseer word. Hierdie lagie sal slegs waargeneem kan word indien ‘n profielgat gemaak word, gewoonlik nadat die besproeiingskedulering die moontlikheid uitgewys het. USDA Natural Resources Conservation Service June 2000 – Soil Quality Resource Concerns: Hydrophobicity

WATERPOMPE

Pascali, Speroni en Stairs is beskikbaar by deelnemende GWK Handelstakke en word eksklusief versprei deur T. +27 12 657 2222, E. enquiries@agrinet.co.za

33


GWK Agri Sidi Parani

Dr. Chris Schmidt

Sidi Parani

skitter in die bemestingsarena By

die jaarlikse FertASA-simposium (voorheen die Misstofvereniging van Suid-Afrika) wat op 27 Julie in Pretoria aangebied is, was dit vir Sidi Parani ‘n groot voorreg om die nuwe 2016-fosfaatriglyne vir mielieverbouing in Suid-Afrika aan die industrie en adviseurs te kon voordra. Dr. Chris Schmidt van Sidi Parani, wat al etlike jare ‘n groot bydrae lewer tot landbou in Suid-Afrika, het hierdie belangrike deel van die Nuwe Bemestingshandleiding ontwikkel en voorgehou. Dié simposium was ook die geleentheid waartydens FertASA dele van die Nuwe Bemestingshandleiding se inhoud aan die industrie wou bekendstel. Aangesien die mieliebedryf so ‘n groot en belangrike bedryf in SuidAfrika is en ‘n groot bydrae lewer tot die kunsmisbedryf, het FertASA besluit om die stikstof-, fosfaat- en kaliumgedeeltes van die Nuwe Riglyne aan die industrie bekend te stel. Dit alles het begin toe individue reeds voor 1996 bymekaargekom het om die noodsaaklikheid vir nuwe, opgedateerde P-riglyne vir mielies te bespreek. Die vorige riglyn was deurs-

34

pek met tekorte en daar was ‘n dringende behoefte aan opgradering. Die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Graangewasse het gedurende daardie tydperk begin met ‘n projek, genaamd “P-kalibrasie studies”. Proewe is op verskeie lokaliteite begin vestig. Schmidt het gedurende 1996 by die LNR aangesluit en voltyds aan hierdie projek begin werk. Verskeie verdere proewe is gevestig. Die proewe was meestal uitlegte van stikstof- en fosfaatkombinasies. Op Dirkiesdorp het die uitleg effens afgewyk van ander lokaliteite en was dit stikstof-, fosfaaten kaliumkombinasies. Enkele proewe was suiwer net P-kombinasies. Uiteindelik kon hierdie inligting wat ongeveer 68 jaar se data verteenwoordig het, saamgevat word in ‘n PhDstudie. Hierdie studie is gedurende 2003 afgehandel en vrygestel. Ongeveer 12 jaar ná hierdie gebeurtenis het FertASA besluit dat die tyd aangebreek het om die hele Bemestingshandleiding te hersien. Een van die veranderinge was dat die Mieliebemestingshoofstuk ook opgeknap moet word. Schmidt was deel van hier-

die gebeurtenis en was grootliks verantwoordelik daarvoor om insette te verskaf ten opsigte van die P-riglyne. Schmidt was ook verantwoordelik vir die saamstel van die nuwe Lusernriglyne. Om hierdie rede het FertASA hom gevra om die P-riglyne vir mielies tydens die 2016-simposium voor te dra. Die grootste verskil tussen die vorige en die nuwe P-riglyne vir mielies is die basis waarop dit bepaal en saamgestel is. Tydens die vorige riglyn se vasstelling is klei-inhoud van gronde nie sterk in ag geneem nie, grondmonsters van verskillende monsternemingsdieptes is saamgevoeg in berekeninge en laastens is proewe waar kunsmis gebandplaas en breedwerpig uitgestrooi is, saamgevoeg, sonder om ‘n onderskeid te tref (ook ten opsigte van grondmonsternemingstegniek). Met die opstel van die nuwe benadering is gevind dat gronde se optimum P-waardes vir mielieverbouing verskil deurdat sandgronde baie hoër drempelwaardes het (bv. 35-40 mg/kg in die bo-grond) teenoor swaar kleigronde (bv. 16-20 mg/kg in die bogrond). Die groot onderskeid is dus dat


die nuwe riglyn gronde onderskei in terme van verskillende hoeveelhede P wat toegedien behoort te word, aan die hand van die grond se slik-plus-kleiinhoud. Dié werk deur Schmidt stem absoluut ooreen met werk wat deur Dr. Mart Farina in KwaZulu-Natal gedoen is. Hierdie ooreenstemming en dus bevestiging, verleen groot gemoedsrus dat die bevindinge waar en betroubaar is. Die nuwe P-riglyn bestaan uit vier tabelle, waarvan die eerste die vorige stelling vervat, met ander woorde die P-drempelwaardes vir elke grond. Tabel 2 dui die hoeveelheid P aan wat belangstellendes kan uitstrooi onder sekere omstandighede om grond-P-vlakke te verhoog. Tabel 3 dui hoeveelhede P aan wat vir droëlandtoestande gebandplaas moet word gedurende planttyd, met opbrengsmikpunte tussen 2 en 12 ton/ ha. Tabel 4 dui die hoeveelheid P aan

wat voor plant toegedien kan word en tydens plant gebandplaas kan word met opbrengsmikpunte tussen 7 en 20 ton/ha. Gebruikers van vloeibare kunsmis het gelukkig nie die probleem om P voor die tyd reg te stel nie, aangesien dit gemaklik en effektief gedoen kan word met goeie vloeibare produkte wat wateroplosbare P bevat. Hierdie riglyn behels kwantum-treë wat vorentoe geneem is op die gebied van meer effektiewe P-bemesting. Die aanbieding het seepglad verloop met baie goeie terugvoer en is deur baie as die beste van die dag bestempel. Die enigste toepaslike vraag tydens die P-aanbieding het gegaan oor kalk-bevattende gronde. Schmidt se antwoord was dat die riglyn, soos dit vandag in die Nuwe Bemestingshandleiding gepubliseer gaan word, nie gronde wat vrykalk

bevat, goed vervat nie. Hierdie aspek bly dus nog onbekend, maar die nuwe P-riglyn is op soveel plekke ‘n dramatiese verbetering op die vorige weergawe dat dit as die beste tot ons beskikking beskou word. Adviseurs en produsente kan dit dus gerus toepas, ook op kalkgronde. “Dit was ‘n groot eer om voor ‘n skare mense, wat uit verskeie kunmismaatskappye se verteenwoordigers bestaan het, asook produsente, navorsers en enkele media, Sidi Parani te kon verteenwoordig,” sê Schmidt. “Ook om deel te kon wees van so ‘n groot en verantwoordelike ontwikkeling. Produsente en adviseurs kan gerus kopieë van die Nuwe Bemestingshandleiding begin aanskaf.” Inligting oor aankope kan vanaf FertASA se webblad verkry word.

35


Vaalrivier en Prieska diensstasies

R P Y R S E P SU

Oktober/November

Aquelle Sports Cap 750ml

R12,95 koop 2 vir

Orbit Blister Packs

R16,00

Koop enige 2 vir

S O I E M O PR Cadbury Lunch Bar Man Size

R20,00 koop 2 vir

GWK Engen Truck Stop en OK Express

De Drift Plaza Plot 1070, Louisvale Road

36

Upington, 8800, South Africa Tel: 054 3311869


Groep Finansiële Bestuur Leana Coetzee

GWK se sukses ook aandeelhouers s’n Aandeelhouers

wat lojaal met GWK besigheid doen oor ‘n lang tydperk, deel in GWK se sukses met finansiële voordele wat deur die aandeelhouersfonds toegedeel word. Die maatskappy se aandeelhouersfonds is ‘n baie unieke aspek van GWK omdat dit aandeelhouers beloon op ‘n wyse wat dit werklik vir hulle die moeite werd maak om die maatskappy deurlopend te ondersteun. ‘n Groot prestasie waarmee min maatskappye kan spog, is dat ons aandeelhouersfonds die afgelope jaar gegroei het tot meer as R1 miljard. Dit beteken dat aandeelhouers ‘n kontant-inspuiting kry wat bereken

is op grond van die hoeveelheid besigheid wat hulle met GWK doen. (Die opsomming van die GWK Groep se prestasie word in Tabel 1 getoon.) Hierdie kontant word jaarliks aan aandeelhouers uitbetaal aangesien die rotasie van die fondse reeds in 2014 begin het. Oor die loop van die volgende paar jaar word meer as R100 miljoen aan ons aandeelhouers uitbetaal. Aandeelhouers sal op GWK se Algemene Jaarvergadering in November ook die geleentheid gebied word om te stem vir meer keuses oor die aanwending van die aandeelhouersfonds. Meer keuses stel ons produsente

Omset

R 8 340 miljoen

Wins voor toevallings aan aandeelhouers

R 148.3 miljoen

Toevallings aan aandeelhouers

R 105.8 miljoen

Aandeelhouersfondse

R 1 042 miljoen

Totale bates

R 3 975 miljoen

Opbrengs op aandeelhouersfondse

16.05%

Tabel 1. GWK Groep se prestasie.

37


in staat om hul belegging in GWK aan te wend op ‘n wyse wat vir hulle, en hul boerdery, die voordeligste sal wees. Die afgelope jaar was ‘n uitdagende een vir landbou en dit gaan waarskynlik vir nog ‘n redelike tyd moeilik wees. Die droogte is die grootste kwellende faktor omdat daar ‘n hersteltydperk mee gepaardgaan. Ondanks ‘n moeilike jaar, en verskeie nuwe projekte wat GWK aangepak het, het die maatskappy steeds goed presteer. Die sukses kan toegeskryf word aan volgehoue ondersteuning van ons lojale aandeelhouers wat die waarde van die maatskappy se voortbestaan besef. Die span by GWK is baie dank-

baar hiervoor. Volgens Johann Klopper (Finansiële Direkteur) het hierdie prestasie verseker dat kortings weer soos in die verlede verklaar is op grond van die besigheid wat produsente met GWK gedoen het. “Dieselfde beginsel sal ook in die huidige finansële jaar toegepas word,” sê Klopper. Die opsomming van toevallings aan produsente word in Tabel 2 uiteengesit. Die kontantgedeelte wat uitbetaal word, beloop 10% van die toegevalde rente en aandeelhouerslenings en word uitbetaal gedurende Oktober. “Die kortings is verdeel per GWKbesigheid volgens die besigheid wat

produsente met daardie spesifieke besigheid gedoen het.” Die toevallings aan produsente per GWK-besigheid word in Tabel 3 aangetoon. Ons is bevoorreg om in ‘n posisie te wees waar ons kan voortgaan om innoverend oor die landbou te dink en só die grense daarvan te verskuif. Niks hiervan is moontlik sonder ons aandeelhouers nie. Ons wil weer van die geleentheid gebruik maak om elkeen te bedank vir die volgehoue ondersteuning, en ons sien uit daarna om die verhouding verder uit te brei en te versterk.

Rente betaal op aandeelhouerslenings

R 42.2 miljoen

Korting betaal aan aandeelhouers

R 63.6 miljoen

Totale toevallings

R 105.8 miljoen

Kontantgedeelte uitbetaal van toevallings aan aandeelhouers

R 10.6 miljoen

Tabel 2. `n Kort uiteensetting van toevallings aan produsente.

BESIGHEID

KORTING VIR ELKE R1000 SE BESIGHEID GEDOEN

GWK Lusern en Veevoere

6,518,743.41

20.66

GWK Pekanneute

576,270.57

3.99

Handel: Noord streek

4,982,069.78

22.84

GWK Meganisasie en Ingenieurswerke

4,277,321.62

13.99

GWK Versekering

5,282,602.65

33.34

GWK Geelmielies

3,174,604.20

3.39 10.58

Handel: Suid Streek

2,020,660.68

GWK Koring

5,349,988.99

8.56

GWK Waxy Mielies

724,547.10

12.50

GWK Simba Mielies

1,120,008.43

33.14

GWK Oliesade

5,301,088.37

127.61

GWK Katoen

3,247,488.54

16.49

GWK Wyn

1,056,337.25

124.65

GWK Aartappels

2,646,486.85

19.14

GWK Bande

196,338.66

16.94

GWK Besproeiing

949,147.77

13.23

GWK Diensstasies

192,723.30

8.76

Direkte Insetmiddele

11,016,832.13

11.33

GWK Veilings

817,594.56

1.96

GWK Sojabone en Sonneblom

28,324.82

1.51

GWK Durum

926,469.92

14.61

GWK Witmielies

1,796,124.34

12.09

GWK Gars

1,416,416.09

12.08

Kwazulu Natal Bemarking

578,031.12

11.33

Totaal

64,196,221.15

12.19

Tabel 3. Kort uiteensetting van toevallings aan produsente per GWK-besigheid.

38

KORTING


John Deere 6195M

Big jobs demand big power. And the 6195M has it.

With 30 gpm of hydraulic flow and up to 10,582 of hitch-lift capacity, you can cycle heavy loads, lift big rear implements and go the distance on tough jobs. With a durable John Deere PowerTech engine that responds almost instantly to changing demands, the need for shifting gears, fuel consumption, and operator fatigue goes down. Coupled with one of the many transmissions – including a 25 mph (40K) or a creeper option with speeds as low as .09 mph (1.4 km/h), or the new CommandQuad™ that includes productivity-enhancing automatic shifting capabilities – you can easily match the gear to the job. And all PowrQuad™ transmissions feature a left-hand reverser for no-clutch, no-skid loader work. If you need to get more work done, the 6195M is ready, willing

and able.

Contact your nearest John Deere dealer for more information. Terms and conditions apply.

39


GWK Verhandeling Pekanneute Gunter Hollenbach

Pekanneutsnoei

uiters belangrik vir neutgehalte

40

GWK het op 27 Julie 2016 ‘n pekan snoei en -demonstrasiedag aangebied by The Valley Lodge & Venue in die Vaalharts-area. Daar het die afgelope paar jaar ‘n behoefte ontstaan aan inligting rondom die snoei van pekanneutbome – jonk sowel as volwasse. Daarom het GWK ‘n snoeidag aangebied om die nodige inligting aan produsente beskikbaar te maak, ook deur verskeie internasionale sprekers te nader om meer inligting oor dié onderwerp te deel. Die demonstrasie is aangebied deur Alto Technologies. Hierdie maatskappy is gestasioneer in Israel en beskik oor verskeie verspreidingspunte waar hul masjinerie vervaardig word. Hulle vervaardig alle snoeimasjinerie wat geskik is vir die snoei van enige permanente gewasse. Die besluit om hulle te nader was gegrond in hul kennis en ondervinding rondom die snoei van bome in die algemeen. Alto Technologies het die afgelope 12 jaar deeglike navorsing gedoen oor die beste en mees effektiewe maniere om bome te snoei om die maksimum produksie daaruit te kry.


Die stigter van Alto Technologies, Levi Uriya, het ook die snoeidag bygewoon en alle algemene inligting rondom hul masjinerie wat hul vervaardig, oorgedra. Alto Technologies se tegniese adviseur, Zavier Martinez, was ook op die dag beskikbaar om alle tegniese punte en vrae te beantwoord rakende die snoeimasjien. Verder het hulle ook ‘n pekanneutprodusent, Gerardo

Ramos van Mexico, saam gestuur om meer inligting met ons te deel oor snoeipraktyke op jong bome. Ramos produseer self permanente pekanneut- en sitrusgewasse. Die snoeimasjien is deur Douglas Crawford, ‘n pekanprodusent van Vaalharts, ingevoer. Crawford verbou ongeveer 70 ha pekanneute in die Vaalharts-omgewing. Die noodsaak-

likheid om betyds jou bome te snoei, is onder die aandag gebring van pekanprodusente. Indien die snoei te laat plaasvind, kan dit ‘n impak hê op jou opbrengs sowel as neutgehalte. Neutgehalte is ‘n belangrike aspek in die bemarking van Suid-Afrikaanse pekanneute en is een van die hoofredes waarom Suid-Afrikaanse pekanneute so gesog is in die mark. In die grafiek is dit duidelik sigbaar dat die opbrengs van pekanneute afneem van Jaar 13 as gevolg van sonpenetrasie in die boord indien daar nie enige snoeipraktyke plaasvind nie. Die neutgehalte neem ook drasties af wanneer swak snoeipraktyke toegepas word.

Pekanneutopbrengs: Demonstrasie van snoei teenoor nie-snoei

41


GWK Verhandeling Sojabone Pierre Ferreira

Sojaboon-kultivar Proefresultate (2016) Dit

is die vierde oesjaar wat GWK besig is om die prestasie van sojaboonkultivars deur onafhanklike proewe uit te voer. Daar is toenemend meer belangstelling deur die saadmaat-

skappye om deel te neem aan GWK se onafhanklike mielie-, koring- en sojaboonproewe. Die saadmaatskappye Agricol, Pannar, Link Seed, K2 en Du Pont Pioneer het in die verlede

deelgeneem aan die sojaboonproewe. Vir die 2015/16-seisoen het Sensako en Barenbrug ook deelgeneem.

Metodiek: Die kultivars wat die afgelope vier seisoene getoets is, word in Tabel 1 aangedui. Die lokaliteite waar die proewe gedoen is kan gesien word in Tabel 2. Kultivar

Maatskappy

Groeiperiode

DM 5.1LiRR

Agricol

Vinnig

Onbepaald

DM 5953RSF

Agricol

Vinnig

Onbepaald Onbepaald

DM 4670RR

Agricol

Vinnig

DM 5609

Agricol

Medium

Bepaald

DM 5302

Agricol

Medium

Onbepaald

LDC 5.6

Barenbrug

Medium

Onbepaald

LDC 5.3

Barenbrug

Medium

Onbepaald

SSS 4945 tuc

Sensako

Vinnig

Semi-Bepaald

SSS 5449 tuc

Sensako

Medium

Onbepaald

PAN 1664R

Pannar

Medium

Bepaald

PAN 1583R

Pannar

Vinnig/Medium

Bepaald

PAN 1666R

Pannar

Medium/Lank

Onbepaald

PAN 1521R

Pannar

Medium

Onbepaald

PAN 1454R

Pannar

Vinnig

Onbepaald

PAN 1623R

Pannar

Medium

Onbepaald

PAN 1614R

Pannar

Medium

Onbepaald

A5409RG

Pannar

Medium

Onbepaald

LS 6261R

Link Seed

Medium

Semi-Bepaald

LS 6453R

Link Seed

Medium

Semi-Bepaald

LS 6466R

Link Seed

Medium

Bepaald

NS 5009R

K2

Medium/Vinnig

Onbepaald

NS 7211

K2

Lank

Bepaald

NS 5909

K2

Medium

Onbepaald

96T06R

Du Pont Pioneer

Lank

Onbepaald

PHB 94Y80R

Du Pont Pioneer

Vinnig

Onbepaald

PHB 95Y20R

Du Pont Pioneer

Medium

Bepaald

PHB 94Y50

Du Pont Pioneer

Vinnig

Onbepaald

Tabel 1: Kultivars ingeskryf oor vier seisoene

42

Groeiwyse


Die praktyke wat gevolg is per lokaliteit word in Tabel 2 aangedui. Let ook op die verskil in rywydtes wat gebruik word. Die .76m-rywydtes te Orania vir 2013 en 2014 is gebruik omdat die produsent van ‘n “striptill”-bewerking ge-

bruik gemaak het. Vir die 2013/14seisoen moet in gedagte gehou word dat die voorkoms van die siekte sclerotinia opbrengs kon benadeel op Orania. Die proef op Orania vir 2015/16 is nader aan Vanderkloof geplant en

Area Luckhoff

Orania

nou rywydtes (.50m) is weer gebruik. ‘n Derde proef is ook vanjaar naby Prieska aangeplant, maar weens probleme met plantstand is besluit om egter nie voort te gaan met die proef nie.

Plantdatum, saad/ha & rywydte 14 Nov 2012 Saad/ha: 75kg/ha Rywydte: .37m

15 Nov 2012 75kg/ha Rywydte: 45cm

14 Nov 2013 Pitte/ha: 409 000 Rywydte: 76cm (Striptill)

Jacobsdal

Douglas

28 Nov 2014 Pitte/ha: 350 000 Rywydte: 76cm (Striptill)

10 Nov 2015 Pitte/ha:380 000 Rywydte: 50cm

21 Nov 2014 Rywydte: 45cm Pitte/ha: 400 000

19 Nov 2015 Pitte/ha: 380 000 Rywydte: 45cm

31 Okt 2014 Rywydte: 76cm Pitte/ha: 350 000

Tabel 2: Lokaliteite

Onbepaalde groeiwyse: By hierdie kultivars vind vegetatiewe groei nog ná blomvorming plaas en is ook minder gevoelig vir vogtekorte tydens blom- en peulstadium. Swaar besproeiings gedurende die vegetatiewe groeiperiode stimuleer onnodige stam- en blaargroei en kan wel omval veroorsaak.

breedte aangeplant. Elke vierde aanplanting was ‘n kontrolekultivar (produsent se kultivar) om die stabiliteit van die proef te bepaal en regstellings te maak om kultivars regverdig te vergelyk. Laasgenoemde help dus om moontlike grondverskille, hellings, ensovoorts te neutraliseer. ‘n Monster van elke kultivar is geneem en die vogpersentasie is binne vier-en-twintig uur by ‘n GWK-silo gemeet. Die vog is na 12,5% verwerk. Die data word ook na die betrokke saadmaatskappye gestuur nadat dit verwerk is en word eers gepubliseer as geen probleme gevind word nie.

Agtervoegsels en Metodiek

Gebruik van data

R – die kultivars is verdraagsaam teen Glifosaat (Roundup PowerMax-onkruiddoder). Dit is egter raadsaam om jou plaaslike agent te skakel indien jy onseker is. GWK-landboukundiges was verantwoordelik vir die plantproses asook om die data korrek in te samel en te verwerk. Die kultivars is almal een planter-

Die prestasie van kultivars wat vir die 2016-seisoen getoets is, word ook grafies oor drie seisoene per streek uitgebeeld. ’n Ton-persentasie van 100 beteken dat die kultivar soortgelyk aan die proefgemiddeld gevaar het, >100 beteken dat die kultivar beter en <100 weer swakker as die proefgemiddeld gevaar het. Die grafieke bevat

Die groeiwyse kan as volg verduidelik word: Bepaalde groeiwyse: Hierdie kultivars toon geen verdere vegetatiewe groei ná blomvorming nie.

ook inligting oor nuwer kultivars wat nog net oor een seisoen geëvalueer is. In tabelvorm kan die prestasie van alle kultivars oor vier jaar ingeskryf gesien word. Onthou egter die goue reël: Hou by wat vir jou werk, maar gebruik ook die data om nuwe kultivars te toets.

Bedankings Maatskappye wat saad voorsien het. ‘n Spesiale woord van dank aan die produsente en medewerkers vir die hulp wat verleen is. Die data omtrent koringkulitvars en mieliebasters word as aparte handleidings aan graanprodusente gestuur. Indien jy die data nie ontvang nie, stel asseblief jou GWK-landboukundige in kennis of skakel direk met my.

Vir navrae kontak: Pierre Ferreira: 082 904 4769

43


Orania Rangorde

Kultivar

1

Opbrengs Vog Kultivar

2

Opbrengs Vog Kultivar

3

Opbrengs Vog Kultivar

4

Opbrengs Vog Kultivar

5

Opbrengs Vog Kultivar

6

Opbrengs Vog Kultivar

7

Opbrengs Vog Kultivar

8

Opbrengs Vog Kultivar

9

Opbrengs Vog Kultivar

10

Opbrengs Vog Kultivar

11

Opbrengs Vog Kultivar

12

Opbrengs Vog Kultivar Opbrengs Vog

44

13

2013

2014

2015

2016

.45m Rywydtes

.76m Rywydtes (Striptill)

.76m Rywydtes (Striptill)

.5m Rywydtes

DM 5.1LiRR

DM 5.1LiRR

DM 5953RSF

DM5.1LiRR

5.71 (t/ha)

5.56 (t/ha)

4.38 (t/ha)

6.17 (t/ha)

10.70%

8.40%

9.10%

11.40%

DM 5953RSF

PHB 94Y50

PHB 94Y80R

SSS 4945 tuc

5.55 (t/ha)

5.56 (t/ha)

4.33 (t/ha)

5.89 (t/ha)

9.90%

8.60%

9.10%

12.00%

PAN 1664R

DM 4670RR

DM 5.1liRR

DM 5953RSF

5.36 (t/ha)

5.48 (t/ha)

4.3 (t/ha)

5.38 (t/Ha)

10.50%

8.50%

8.50%

12.80%

DM 4670RR

DM 5953RSF

NS 5009

DM5609

5.23 (t/ha)

5.41 (t/ha)

4.29 (t/ha)

5.28 (t/ha)

10.90%

9.10%

9.10%

26.00%

PAN 1583R

PHB 94Y80R

PAN 1521R

SSS 5449 tuc

5.22 (t/ha)

5.37 (t/ha)

4.18 (t/ha)

5.01 (t/ha)

10.20%

8.80%

15.90%

13.60%

LS 6261R

PAN 1583R

PAN 1454R

NS5009

5.15 (t/ha)

4.43 (t/ha)

3.89 (t/ha)

4.94 (t/ha)

9.90%

13.30%

9%

11.8%

LS 6444R

PAN 1664R

PAN 1583R

PHB 94Y80R

4.91 (t/ha)

4.29 (t/ha)

3.88 (t/ha)

4.7 (t/ha)

11.10%

12.10%

6.90%

12.60%

LS 6161R

PAN 1623R

PAN 1454R

4.88 (t/ha)

3.69 (t/ha)

4.37 (t/ha)

13.10%

6.90%

12.90%

LS 6453R

NS 7211

4.83 (t/ha)

3.63 (t/ha)

10.20%

7.00%

A5409RG

NS 5909

4.83 (t/ha)

3.58 (t/ha)

10.30%

6.90%

PAN 1666R

PHB 95Y20R

4.7 (t/ha)

3.15 (t/ha)

10.60%

7.10%

LS 6466R

PAN 1614R

4.58 (t/ha)

3.00 (t/ha)

10.30%

6.80% 96T06R 2.92 (t/ha) 6.90%


Rangorde Kultivar

1

Opbrengs Vog Kultivar

2

Opbrengs Vog Kultivar

3

Opbrengs Vog Kultivar

4

Opbrengs Vog Kultivar

5

Opbrengs Vog Kultivar

6

Opbrengs Vog Kultivar

7

Opbrengs Vog Kultivar

8

Opbrengs Vog Kultivar

9

Opbrengs Vog Kultivar

10

Opbrengs Vog Kultivar

11

Opbrengs Vog Kultivar Opbrengs Vog

12

Luckhoff

Jacobsdal

Douglas

Jacobsdal

2013

2015

2015

2016

.35m Rywydtes

.45m Rywydtes

.76m Rywydtes

.45m Rywydtes

DM 5.1LiRR

DM 5953RSF

NS 5009R

DM 5953RSF

5.96 (t/ha)

5.33 (t/ha)

5.08 (t/ha)

5.09 (t/ha)

10.30%

8.70%

14.00%

11.70%

DM 4670RR

NS 5009

PAN 1583R

SSS 5449 tuc

5.93 (t/ha)

5.14 (t/ha)

3.65 (t/ha)

5.05 (t/ha)

10.20%

8.80%

10.50%

11.00%

PAN 1583R

PAN 1521R

PAN 1521R

DM 5.1LiRR

5.43 (t/ha)

5.13 (t/ha)

3.5 (t/ha)

4.91 (t/ha)

16.80%

13.40%

10.20%

11.80%

PHB 94Y80R

DM 5.1liRR

96T06R

LDC 5.6

5.33 (t/ha)

4.15 (t/ha)

3.39 (t/ha)

4.82 (t/ha)

9.70%

9.20%

10.60%

11.80%

DM 5953RSF

PAN 1614R

PAN 1623R

LDC 5.3

5.33 (t/ha)

4.05 (t/ha)

3.38 (t/ha)

4.75 (t/ha)

9.40%

17.10%

12.30%

11.10%

PAN 1664R

PAN 1623R

DM 5.1liRR

DM 5302

5.2 (t/ha)

3.86 (t/ha)

3.29 (t/ha)

4.68 (t/ha)

20.30%

16.80%

7.60%

11.50%

LS 6444R

PAN 1454R

NS 7211

DM 5609

5.14 (t/ha)

3.69 (t/ha)

3.11 (t/ha)

4.56 (t/ha)

9.70%

8.60%

23.50%

11.20%

A5409RG

PHB 94Y80R

PHB 95Y20R

PHB 94Y80R

5.03 (t/ha)

3.27 (t/ha)

2.87 (t/ha)

4.36 (t/ha)

10.70%

8.90%

10.80%

12.00%

LS 6261R

PHB 95Y20R

PAN 1614R

NS 5009

5.02 (t/ha)

3.27 (t/ha)

2.71 (t/ha)

4.1 (t/ha)

13.10%

26.70%

13.10%

12.00%

LS 6453R

NS 5909

SSS 4945 tuc

4.95 (t/ha)

2.59 (t/ha)

3.89 (t/ha)

11.30%

12.50%

11.90%

PAN 1666R

DM 5953RSF

PAN 1454R

4.92 (t/ha)

2.12 (t/ha)

3.73 (t/ha)

15.80%

10.10%

11.30%

PHB 95Y20R

PHB 94Y80R

4.37 (t/ha)

1.73 (t/ha)

22.90%

7.80%

45


Kultivars waarvan data vir een jaar (2016) beskikbaar is vir Orania

Kultivars waarvan data vir een jaar (2016) beskikbaar is vir Jacobsdal/Luckhoff

119 116

116

113

111

110

106

107

103

104

101

101 98

96

95

92

92

89

82

89

PAN 1454R

PHB 94Y80R

NS 5009R

SSS 5449 tuc

DM5609

DM5953RSF

DM5.1liRR

PAN 1454R

SSS 4945 tuc

NS 5009R

PHB 94Y80R

DM5609

DM5302

LDC 5.3

LDC 5.6

DM5.1liRR

SSS 5449 tuc

DM5953RSF

80

Kultivars waarvan data vir twee jaar (2015 - 2016) beskikbaar is vir Orania

Kultivars waarvan data vir twee jaar (2015 - 2016) beskikbaar is vir Jacobsdal/Luckhoff

117 114

114

119.5

119 116 113 110 107 104 101 98 95 92 89 86 83

83

83

80

Ton %

93

86

83

111 107.5

106

Ton %

108 105

102

102

103.5

100.5

99 96 92

93

87

DM5953RSF

NS 5009R

DM5.1liRR

90

85

PHB 94Y80R

PAN 1454R

114.0 112.0

DM5953RSF

NS 5009R

PHB 94Y80R

PAN 1454R

111.7

110.0

Ton %

110.0 108.0 106.0 104.0 102.0 100.0 98.0 96.0 94.0 92.0 90.0

DM5.1liRR

Kultivars waarvan data vir drie jaar (2014 - 2016) beskikbaar is vir Orania

Kultivars waarvan data vir drie jaar (2013, 2015 & 2016) beskikbaar is vir Jacobsdal/Luckhoff Ton %

95

89

86

86

100

98

95 90

102

101

SSS 4945 tuc

Ton %

107

105

104

46

111

110

108

Ton %

113

112

117

108.0

106.3

106.0 104.0 100.0

107.0

98.0

92.0 DM5953RSF

101.3

102.0

113.7

DM5.1liRR

PHB 94Y80R

DM5.1liRR

DM5953RSF

PHB 94Y80R


47


Die waarheid oor TERMYNMARKTE GWK Verhandeling Graanbemarking James Bucknall

Sedert die aanvang van die landboutermynmarkte (Safex), het daar heelwat mites en wanpersepsies ontstaan rakende die op-en-af beweging en markrolspelers. Soos enige mite, steek daar egter ‘n sekere hoeveelheid waarheid in. Dit mag dalk nou en dan voorkom dat die mark teen ‘’n sekere tendens verhandel, veral om op ‘n Vrydag af te verhandel, soos dit gereeld vantevore al plaasgevind het. Dit is egter nie ‘n verskynsel wat ongestaaf is nie. ‘n Voorbeeld sal wees dat in ‘n week wat witmielies tussen R50 en R100 elke dag verhoog, daardie Vrydag die mark laer verhandel en dalk negatief sluit. Die teenstrydige verhandeling vind plaas wanneer spekulante gedurende die stygende week koop (Lang), posisies inneem en dan wins neem voor die naweek. Baie spekulante neem wins voor ‘n naweek

48

omdat twee dae gaan verloop wat die mark nie oop is nie en daar veranderinge kan plaasvind wat die mark beïnvloed sonder dat die spekulant sy posisies kan verander. ‘n Ander rede kan wees dat belangrike inligting gepubliseer gaan word die volgende week, soos ‘n oesskatting wat die mark in ‘n nuwe rigting kan forseer. Markdeelnemers kan dus hulself posisioneer om maksimaal voordeel te trek of om risiko te bestuur. Markmanipulasie is ook iets waarvan baie gehoor word. Groot aankopers van graan kan die mark tydelik in ‘n rigting laat beweeg met massa koop- of verkooptransaksies. Dit is egter net van tydelike duur en word meestal in ‘n likiede mark gesien. Daar word ‘n limiet vasgestel deur regulatoriese gesagsliggame wat groothandelaars verbied om meer as ‘n sekere hoeveelheid te verhan-


del. Groot kopers is ook nie almagtig nie en dit het al gebeur dat die mark spekulatief afwaarts forseer word. Daardie kontrakte moet egter weer teruggekoop word, anders word daar van die verkoper verwag om die produk te lewer. Die terugkoop-aksie laat die mark weer terugwaarts verhandel wat die aanvanklike beweging regstel. Daar is ‘n gesegde wat sê: “Die een wat die mark afwaarts forseer deur te verkoop, moet weer terugkoop of tronk toe gaan.” ‘n Mite wat vandag steeds staan, is dat ‘n koper soos GWK graan aankoop, dit hou en dan verkoop indien die mark styg. Dit is totaal onwaar. Die beginsel is korrek, maar in ‘n volatiele mark soos dié sal ‘n koper nooit fisiese produk hou sonder om dit te verskans nie. Risikobestuur is die hoof-

taak en daarom verskans ‘n produsent sy graan en kopers verskans hulself ook. Daardie twee posisies kanselleer mekaar dan uit. Net soos ‘n produsent “prys” gedurende die jaar op vlakke wat ekonomies en winsgewend is, gebruik kopers dieselfde tegniek om hulself te verskans teen hoër pryse. Vir albei partye is risikobestuur die hoogste prioriteit waarna winsgewendheid dadelik volg. Die hoofdoel van die termynmark is om jou produk te verskans en risiko te bestuur, en nie spekulering nie. Hier is ‘n voorbeeld: ‘n Produsent voel dat, met die gevreesde afgradering en verswakkende Rand, die prys van mielies gaan verhoog en daarom berg hy sy graan om later te verkoop. Dit is 100% korrek, maar hy verloor nou rente wat sy kontant kon verdien

indien hy verskans het, hy betaal dagstoor en sy rekeninge raak agter en trek negatiewe rente. Die produsent moet liewer sy graan verskans en ‘n “CALL” opsie koop met ‘n deel van sy graangeld wat uitbetaal het. Indien die prys verhoog, sal hy wins maak op sy opsie en indien die mark val, sal hy net sy premie verloor wat hy vir die “CALL” opsie betaal het. Die risiko word nou doeltreffend bestuur . Die voordeel is dat die produsent steeds deel in die opwaartse mark en beskerm word teen afwaartse beweging. Om op te som, daar sal altyd mites en half-waarhede wees in ons kommoditeitemark wat onsekerheid meebring. Die goue reël is: Word kundig in hierdie veld sodat jy as produsent jou risiko kan bestuur, of raadpleeg ‘n kundige.

Die hoogste gehalte saad vir die hoogste gehalte oes. GWK Saad

GWK Saad... Plant dit net! GWK Saad kantoor 053 298 8228

Marius van der Schyff Noord-Kaap Saadbestuurder 082 804 2505 49


Nuwe rekorde vir

50


GWK Veilings GWK Farm Foods Veilings Leana Coetzee

“Hoe gepas dat Konsortium-Merino se tema vir die jaar Making History was,” sê Madelaine van Heerden, wat die bemarking en media van dié besigheid hanteer, “want ons het behoorlik geskiedenis gemaak.” Konsortium-Merino se veilings, wat in samewerking met GWK Veilings aangebied word, behaal telkens nuwe prestasies. Benewens die feit dat Konsortium-Merino hul duurste ram nóg verkoop het op hul veiling in Februarie, was die afgelope Lenteveiling wat jaarliks op Dombietersfontein naby Victoria-Wes aangebied word, ‘n reusesukses. Hier is 357 merinoramme, die meeste ooit op ‘n veiling, verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R7 495. Dít het gesorg vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekordomset van R2 675 750. “Die groot nuus is dat 960 van Konsortium-Merino se ramme almal base gekry het op ses amptelike veilings, teen ‘n gemiddelde prys van R6 472 per ram,” sê van Heerden. Sy sê verder dat hulle baie trots is op hulle genetika wat produsente keer op keer na die veilings lok. “Ons Mona Lisa-ooie (in ons advertensies en video) het díe slag vir seker hul bemarkingswerk gedoen en sowat 300 gaste na die veiling gelok. Ons is dankbaar vir elke ondersteuner, koper en Konsortium-Merino-

Die ram wat teen die hoogste prys van R58 000 verkoop is. Mikneiah-boerdery van Johan en Roelof Theron, Murraysburg en Johan Moolman van Dunedin, Beaufort-Wes, het die topprys betaal. Agter van links staan Willie Meyer (GWK Veilings), Gawie van Heerden (bemarkingsdirekteur van Konsortium-Merino), Vetties Esterhuizen (KonsortiumMerinoteler), Roelof en Johan Theron (kopers), Hannes Esterhuizen (Segard Masurel Wolmakelaars) en Jakkie Nel (afslaer). David Theron sit op die ram se rug en Andries van Rooy hanteer die ram.

Dié twee ramme is op Konsortium-Merino se afgelope Lenteveiling vir die naashoogste pryse van R54 000 (links) en R50 000 deur Hennie en Jan Victor van Vogelstruisfontein, Victoria-Wes, gekoop. Agter van links staan Willie Meyer (GWK Veilings), Hennie en Jan Victor (kopers), Hennie van Heerden (KonsortiumMerinoteler van Jasfontein, Victoria-Wes), Jakkie Nel (afslaer) en sy seuntjie, Philip. Voor kniel Breyten Tulpies en Vuvi Tatubane.

51


boer wat van ons veilings ‘n vreugde maak.” Die 1 460 ooie op die Lenteveiling is teen gemiddeld R1 870 stuk verkoop, met ‘n hoogste prys van R2 800 per ooi vir dragtige handelsmerkooie. Perdjie Lubbe van Vlakfontein, Victoria-Wes en Kobus Marais van Hofmeyr, het albei van díe ooie gekoop. Ook by GWK se veilingskrale in Kimberley is ‘n groot boerbokveiling op

23 Augustus aangebied wat alle verwagtinge oortref het. Die totale aantal kleinvee wat hier verkoop is, insluitend kommersiële boerbokke en slaglammers, was 1 686. Die duurste bokram het ‘n prys van R5 500 behaal. “Verskeie kopers van regoor die land was hier teenwoordig en uitstekende pryse vir boerbokke is behaal, met veral kapaters en jong bokkies wat tot R44 p/kg behaal het op die hoef,”

Die kleinveeveiling wat by die GWK-veilingskrale in Kimberley gehou is.

52

sê Sarel Cilliers (Bestuurder: Veilings Noord). “Renier Zietsman van GWK Humansdorp het die veiling hanteer en dit is in ons beplanning om dit ‘n jaarlikse instelling te maak elke Augustus.” Alle diere is op die kleinveering, wat ook as skaal dien, verkoop sodat kopers die diere kon koop teen werklike gewig soos hulle die ring inkom. “Dit was ‘n baie suksesvolle en lekker dag vir almal wat betrokke was", sê Cilliers.


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936

53


GWK Farm Foods Nature's Farms Leana Coetzee

Nature’s Farms vind aanklank by bloggers, ma’s en media Wanneer verbruikers kosprodukte beoordeel, is daar twee eienskappe wat waarskynlik die grootste invloed op die resultaat sal hê. Is dit maklik en lekker om te gebruik? Hoe smaak dit? Nature’s Farms, ‘n nuwe handels-

Modern Zulu Mom “My gunstelingdeel was die vryheid om my eie, kreatiewe resep te ontwikkel en ek het veral die ervaring geniet om iets te maak waaroor my gesin mal was.”

“Dit was ongelooflik om met Nature’s Farms se produkte te werk! Ek het soveel pret in die kombuis gehad en sal voortaan Nature’s Farms se produkte vir my gesin koop en dit vir enigeen aanbeveel.”

Stacey Vee (Living Lionheart) “Dit was ‘n plesier om deel van dié veldtog te wees. Ek is gek oor die handelsmerk en die storie agter elke produk. Plaaslik het nog nooit só lekker geproe nie!”

54

merk, het reeds hierdie toets geslaag by almal wat die produkte al geproe het. Om ‘n relatief onbekende handelsmerk te loods in ‘n mededingende mark, is dit egter nodig dat soveel mense as moontlik, so vinnig as moontlik, met die gehalte van die produkte bekend raak. In-diepte navorsing is gedoen oor bloggers met ‘n groot getal volgelinge oor alle sosialemediaplatforms. Hierdie bloggers het hoofsaaklik bestaan uit persone wat handige wenke oor huishouding deel, idees vir gesinsetes ontwikkel en ‘n liefde het vir kos maak. Dit sluit ook resensies oor produkte en die deel van resepte in. Uit ‘n lys van 30 moontlike bloggers, is tien gekies om aan ons veldtog deel te neem. Hierdie ma’s stoei soos elke ander ma met alledaagse huishoudelike takies en het al kortpaaie gekry om die lewe makliker te maak. Hulle volgelinge bestaan ook grootliks uit sosialemedia-gebruikers met ‘n belangstelling in kos maak en wenke vir huishouding. Elk van die bloggers is toegerus met produkpak wat al Nature’s Farms se pasta-, meel- en koekieprodukte bevat, en is uitgedaag om ‘n oorspronklike, trots Suid-Afrikaanse resep met die produkte te ontwikkel. Terugvoer van die deelnemende bloggers het bevestig wat ons reeds weet met ‘n oorweldigende positiewe reaksie. Die bloggers deel gereeld hul resepte op sosiale media en kan ook gesien word op GWK se Facebook- en Twitterblaaie.


Die veldtog het ook ‘n Master Class vir verskeie mediaverteenwoordigers ingesluit en is aangebied by die Pick n Pay Good Food Studio in Sandton. Hier het leefstyl- en kosredakteurs die geleentheid gehad om meer oor GWK en die produkte te leer, asook om hul eie kookvernuf te wys. Xanet van Vuuren, van Living & Loving, som die oggend op: “Nature’s Farms is ‘n awesome produk.” Hierby is foto's van die oggend wat die mediaverteenwoordigers bygewoon het, asook die disse wat hulle met Nature's Farms se produkte opgetower het.

55


Damesprogram ...want elke vrou verdien om te ontspan!

Wanneer die manne Algemene Jaarvergadering bywoon, sluit by ons aan om...

ontbyt te eet te lag en gesels bederf te word na â&#x20AC;&#x2DC;n gaskunstenaar te kom luister heerlik te kuier 9 November 2016 | 08h30 | Horseshoe Inn

Ons is...

Trots Vrou!

RSVP voor 4 November 2016 by marikab@gwk.co za of 053 298 8358

56


Landzicht Leana Coetzee

Toekennings bevestig gehalte van

Landzicht-wyne

“Ons het goeie grond en ‘n wingerdboukundige wat kultivars en bottelering verstaan,” sê Ian Sieg (Bestuurder: Wyn). “Ons druiwe word op optimale rypheid ingebring en groot liefde en sorg gaan met die kelderproses gepaard.” Volgens Sieg is dit die grootste rede vir die uitsonderlike prestasie wat Landzicht behaal het op die onlangse Michelangelo International Wine & Spirits Awards (MIWSA). Hierdie spoggeleentheid word jaarliks aangebied en het hierdie jaar van 15 tot 20 Augustus plaasgevind op SomersetWes. Plaaslike en oorsese wynmakers kry hier die geleentheid om beoordeel te word deur ‘n paneel wat bestaan uit van die wêreld se heel beste kenners. “Die gehalte van die beoordelaars bepaal die gehalte van die toekenning”, sê MIWSA se webwerf oor die ongeveer 22 paneellede wat met sorg van regoor die wêreld gekeur word. By hierdie geleentheid is Landzicht se 2014 Cape Ruby met ‘n goue medalje bekroon, terwyl die 2015 Wit Muskadel n silwer medalje ontvang het. “Elke kultivar het sy eie unieke smaakprofiel en DNA. Met hierdie prestasies is weereens bewys dat ons wyne

wêreldwyd met die bestes kan meeding,” sê Sieg. Die beoordeling sluit verskeie aspekte van die wyn in, onder meer kultivaregtheid, algemeneharmonie, kleur en aroma. Interessante statistieke oor die 2016 MIWSA sluit in:

Die klas waarin die meeste inskrywings ontvang is, is Sauvignon Blanc, met 185 inskrywings. Agttien hiervan het goue medaljes ontvang.

Die klasse waarin die meeste medaljes toegeken is, is Shiraz, Pinotage, Chardonnay en Sauvignon Blanc.

Die hele Landzicht-wynreeks, insluitend al die bekroonde wyne, is beskikbaar by die Landzicht-kelder.

57


GWK Farm Foods 100% Braaipap Leana Coetzee

100% Braaipap: Wat maak jy met jou sakkie? GWK Farm Foods se 100% Braaipap het geen bekendstelling nodig nie. In net meer as ‘n jaar het die gewildheid van dié produk gegroei van drie ton meel wat in die eerste maand (Junie 2015) verkoop is, tot ongeveer 70 ton meel wat nou maandeliks verkoop word. Die produk is nou ook gelys by verskeie Pick n Pay-takke regoor die land. Elsabé Ueckermann (Verkoopsverteenwoordiger: GWK Farm Foods) is primêr verantwoordelik vir die bestuur van agente en die verspreiding van 100% Braaipap. “Ons het reeds ongeveer 20 agente landswyd,” sê Ueckermann. “Dit sluit verskeie agente in Gauteng, agente in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, die Vaaldriehoek en die Oos-Vrystaat in. Agente is onder meer in Potchefstroom, Koster, Zeerust en Lichtenburg, asook in Kakamas, Keimoes, Kathu, Hotazel en Kuruman in die NoordKaap.” In Gauteng is ‘n behoefte vir meer agente en ‘n groot hoeveelheid meel word veral na Limpopo versprei. Ander agente fokus grootliks op feeste regoor die land. Mense in die areas waar minder meel versprei word, het volgens die span by GWK Farm Foods waarskynlik nog net nie ons 100% Braaipap geproe nie. Die outentieke verpakking van die meel bly steeds een van die groot trekpleisters. Ueckermann sê dat die gewildste reekse nóg die John Deerereeks en die Buffelsfontein Baardoliereeks was en dat navrae hieroor steeds instroom. “Ons kry ongelooflike terugvoer oor 58

die vindingryke goed wat die publiek met die sakkies doen as die meel op is,” sê sy. “Mense stuur vir ons foto’s van voorskote, kussings, skouersakke, baadjies, dekens, tafeldoeke, gordyne en plekmatjies. Die manne by Buffelsfontein Baardolie maak broeke en die sakkies word selfs in skooltake gebruik.” Juis hieroor het die span besluit om ‘n kompetisie onder die publiek te loods. GWK staan vir innovering en ons hou daarvan as die publiek hul innoverende denke met ons deel. “Wat maak jy met jou sakkie?” gaan beteken dat ons lesers en pap-eters die geleentheid kry om hul eie kreatiewe produkte in te skryf vir die kans om ‘n lekker GWK Farm Foods-prys te wen. Oorspronklikheid, nostalgie en die benutting van die sakkie sal alles oorweeg word vir die kompetisie. Hou ons Facebook- en Twitter-blaaie dop vir meer inligting hieroor, en sit solank daardie kreatiewe denke aan die gang! Vir navrae oor 100% Braaipap of die kompetisie, kontak gerus vir Elsabé Ueckermann: elsabeu@gwk.co.za 082 613 1661


agriplus Vir persoonlike versekeringsdekking, plus boerdery-aktiwiteite, vee en toerusting Japie Huiseienaars (Geboue), Huisinhoud, Motorvoertuie, Transito, Persoonlike ongevalle, Vee, Geboue omvatt end, Besigheid alle risiko, Elektroniese toerusting, Persoonlike aanspreeklikheid, Stamboekvee, Besproeiingstelsels en spilpunte, Plus verskeie en ander risiko’s.

In die boerderybedryf bring elke nuwe dag sy eie uitdagings. Gaan dit reën? Sal ek nog ‘n jaar uit my ou trekker kan kry? Ons weet, want ons verseker boere al vir meer as 90 jaar. En omdat ons regtig verstaan, gee ons om. So, toe boer Johan de Lange vir ons vra om vir Japie, sy geliefde trekker, te spesifi seer, toe sê ons “Verseker.” Want as jy daarvoor omgee, sal ons dit verseker. Praat met een van ons spesialis-landbouadviseurs omtrent jou boerderyversekering.

RADAR/5829/KMUNK/A

beskermd

Omdat daar soveel verskillende uitdagings kan opduik, is dit belangrik om die regte versekering te hê.

Praat met jou makelaar of SMS ‘Insure’ na 45200.*

*SMS kos R1. Hierdie produk word onderskryf deur Mutual & Federal Versekeringsmaatskappy Beperk (FSP12).

‘n Lid van die

Groep

Goedgekeurde Finansiële Diensverskaffer

Met soveel 100% natuurlike lamsnitte om van te kies, sal ons jou nie kwalik neem as jy by ons slagtery boer nie.

’n Dieet sonder diere neweprodukte

Eksklusief beskikbaar by

Geen antibiotika of toegevoegde hormone Kan nagespoor word na die plaas van oorsprong Vrylopend

59


60


GWK Farm Foods Nature's Farms Leana Coetzee

GWK nou groot rolspeler in verbruikersmark Die terugvoer wat die span by GWK Farm Foods van verbruikers ontvang oor die Nature’s Farms-produkreeks, weerspieël die gehalte van die produkte. Só sê Frikkie van Niekerk, Nasionale Verkoopsbestuurder. “Die pasta word veral goed ontvang en ons kan dit duidelik in die verkope waarneem. Groot, gevestigde handelsmerke neem ons ernstig op en sny gedurig pryse om nou goedkoper te wees. Ons pastaprodukte is gereeld op promosie en is vinnig besig om ‘n sterk derdespeler te word ná Fattis & Monis en winkelgroepe se eie handelsmerk, byvoorbeeld die Pick n Pay House Brand.” GWK se verbruikersprodukte, wat Nature’s Farms en die mieliemeelprodukte insluit, is nou onderskeidelik gelys by van die land se grootste winkelgroepe, waaronder Pick n Pay, Checkers, OK, Spar, Game en Makro. Volgens Van Niekerk is mieliemeel gebonde tot sekere areas waar dit bekend en gewild is en die span is aktief besig om die bekendheid van dié produkte ook in ander areas te bevorder. “Verbruikers is nog nie bekend met ons koek- en broodmeel nie,” sê hy, “en omdat die produk nog nuut is, ondersoek ons steeds die elastisiteit van die mark en pryse om te verseker dat ons die meelprodukte suksesvol vestig.” Die koekieprodukte word positief ervaar, maar Van Niekerk sê dat daar deurlopend aan die gehalte van die koekies gewerk word. Om die bemarking van die produkte effektief te behartig, is ‘n ervare, kundige verkoopspan aangestel om die produkte

nasionaal te verteenwoordig. “Die rol van die verkoopspan is veelvoudig,” sê Van Niekerk. “Die span fokus op konsekwente uitstekende dienslewering en die bou van verhoudings en hulle leef die GWK-waardes uit hierin. Verder fokus hulle ook op vier pilare wat die verkope van ons in winkels dryf, naamlik die beskikbaarheid van die volledige produkreeks, die posisie van produkte waar dit in winkels ver-

toon word, sigbaarheid van die handelsmerk en prys- en promosieprojekte.” Soos enige nuwe, onbekende handelsmerk, verg die posisionering van die produkte ‘n gefokusde strategie en entoesiastiese bemarkers. Albei hiervan is gevestig en die span is opgewonde oor die toekoms van Nature’s Farms as die eerste handelsmerk deur produsente.

61


OM PROFESSIONEEL

te boer

DINK

BINNE DIE

BOKS

PNR-GW-03

Tel: +27 12 683 5700 | www.rsa.pioneer.com

© 2016 PHII. Die DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmerk van DuPont. ®, SM, TM Geregistreerde handelsmerke van Pioneer.

62

DIE SAAD VAN SUKSES Met Pioneer se revolusionêre ProBox stelsel plant jy vinniger en makliker. Dink net aan die spoed en gerief van vier ton saad in die grond, sonder om aan ‘n enkele sak mielies of sojas te raak!


Ons Mense Leana Coetzee

Mense wat doelwitte deel Die sleutelwoord “fokus” is ‘n term wat gereeld in gesprekke in GWK sy verskyning maak, omdat dit ‘n woord is waarin daar vir al ons werknemers soveel waarde lê. Nuwe besigheidstrukture het ‘n hernude groeifokus meegebring, en ‘n maatskappy wat daarop fokus om te groei, het mense nodig wat dieselfde doelwit deel. Ons stel graag ‘n paar nuwe gesigte aan julle bekend.

Jaco Janse van Rensburg Regskonsultant: Versekering Versekeringsportefeuljes,

boedelontleding en –beplanning en testamente vorm alles deel van Jaco Janse van Rensburg se fokus by GWK Versekering. As regskonsultant in dié besigheid, sal hy voortaan die span en kliënte bystaan deur ontledings te doen, voorstelle te maak en te implementeer, sodat hulle met gemoedsrus kan voortgaan om kos aan die wêreld te voorsien. Janse van Rensburg het op 1 April by GWK in Kimberley aangesluit en hoewel sy wortels diep in Bethlehem in die Oos-Vrystaat geplant is, is hy baie beïndruk met GWK se benadering en hantering van sy aandeelhouers. “GWK poog werklik om alles vir die boer te kan doen en op sy plaas te kan sit. Die feit dat GWK nie bang is om nuwe uitdagings aan te pak en om aan te pas by die ontwikkeling en verandering van tegnologie en mense se behoeftes nie, is ook opmerklik,” sê hy. “Diversifisering in vandag se kompeterende kommersiële wêreld is van kardinale belang vir ‘n besigheid om risiko’s te kan absorbeer en volhoubaar te kan bly, ek dink dat GWK briljant is in hierdie opsig en dus reeds ‘n wêreldleier in die agri-sektor is.” Janse van Rensburg het ná skool sy LLB-kwalifikasie aan NWU Pukke verwerf, waarna hy ook daar sy nagraadse regskool voltooi het. Hy het sy toelatingseksamens voltooi tydens sy klerk-

skap en is ‘n toegelate prokureur. Omdat dit nog altyd sy droom was om ‘n regskonsultant in die finansiële bedryf te wees, het hy die geleentheid aangegryp toe Old Mutual Bethlehem hom nader om as ‘n finansiële adviseur by hulle aan te sluit. Hier het hy sy nagraadse diploma in Finansiële Beplanning verwerf en ook die toelatingseksamens vir die CFP-registrasiemerk en ander vereiste regulatoriese eksamens suksesvol afgehandel. Hy beplan om in 2017 die Gevorderde Nagraadse Diploma in Boedels- en Trustadministrasie aan te pak wat selfs nog meer waarde vir kliënte sal bied. “Daar is baie kompetisie in die mark, maar ek glo dat elke persoon hom- of haarself moet uitsonder van die res,” sê Janse van Rensburg. “Ek doen dit deur gefokus te bly op my werk en my kliënte en om nooit op te hou leer nie, want kennis en toepaslike ondervinding is deurslaggewende eienskappe tot enige suksesverhaal.” Sy benadering tot kliëntediens is om op een-tot-een-kontak te fokus. “Ek sal minstens een keer per jaar met elke fidusiêre kliënt in kontak tree en is ek beskikbaar vir die kliënte indien hulle enige navrae of hulp nodig het. As ek nie dadelik ‘n antwoord het nie, sal ek seker maak om ‘n antwoord vir die kliënt te kry.”

63


Alicia de Wet Interne Ouditeur: Interne Oudit en Risikobestuur As ‘n gebore Kimberliet het Alicia de Wet teruggekeer na haar wortels toe sy op 1 Junie by GWK in Kimberley aangesluit het. “Ek het by Kovsies gestudeer en het eers my B.Com Regte en daarna my LLB-graad voltooi,” vertel De Wet. “Ná my studies het ek my klerkskap voltooi by Symington & De Kok Prokureurs in Bloemfontein en is toegelaat as prokureur.” Hierna het sy na Pretoria verhuis waar sy as litigasieprokureur by ‘n firma gewerk het. Kort daarna het sy by Deloitte se forensiese afdeling aangesluit waar haar hooffokus was om kliënte by te staan met bedrog- en korrupsievoorkoming, bedrog- en korrupsie-ondersoeke, sowel as forensiese oudits. By GWK is De Wet se groot fokus die beskerming van GWK se belange en om te verseker dat alle besighede in die maatskappy voldoen aan die toepaslike beleide en regulasies. “Verder is identifisering van risiko’s,

asook om toe te sien dat die nodige kontroles in plek is om die risiko’s te mitigeer, deel van my pligte,” sê sy. “Daar is iets aan GWK wat ek nie kan beskryf nie, iets uniek, iets wat jy voel. GWK se mense en kultuur maak dat ‘n mens nie anders kán as om deel te wil wees van hierdie gevoel nie, hetsy as werknemer, kliënt of verskaffer.” De Wet se man, Jacques, is ook deel van die GWK-span en hulle is sedert universiteitsjare saam. Sy hou daarvan om aktief te wees en lees byna enige boek wat sy in die hande kan kry. “As die Noord-Kaap eers deel is van jou, dan los hy jou nie,” sê sy. “Jy huil aanvanklik as jy hiernatoe moet trek, maar huil nog harder as jy moet wegtrek. Toe die geleentheid hom voordoen het ek my man (wat oorspronklik van Mpumalanga afkom waar dit heelwat meer reën en glad nie so plat is nie) oortuig om Pretoria se liggies agter te laat en Noord-Kaap toe te trek. Nou kan ons eerlikwaar sê ons is baie gelukkige Kimberliete!”

Anneri Laing Kredietbestuurder: GWK Farm Foods Anneri Laing

is ‘n oud-Bloemfonteiner wat Finansiële Bestuur aan Kovsies gestudeer het voor sy op 8 Junie by GWK aangesluit het. Sy en haar man, Lian, het na Kimberley verhuis van Roodepoort af, waar sy finansiële bestuurder was by ‘n maatskappy wat sonkragstelsels op groot skaal installeer. Laing is nou hoofsaaklik verantwoordelik vir die administrasie en evaluering van krediet toegestaan deur GWK Farm Foods, die invordering van kapitaal uitgeleen en die bestuur van kliënteverhoudinge. “My fokus is om die debiteureboek van GWK Farm Foods met spanwerk,

64

energie en toewyding te bestuur en terselfdertyd kliënteverhoudinge te versterk. Die koekie- en pastafabriek bring ‘n hele nuwe dimensie aan die besigheid en uit die aard van die saak ook aan die kliëntebasis,” sê Laing. “Wat vir my die meeste van GWK uitstaan, is dat die maatskappy voortdurend groei, ontwikkel en verbeter, om altyd ‘n stappie voor die res te wees.” Volgens Laing is die beste benadering tot kliëntediens effektiewe kommunikasie, want dit is die enigste manier waarop ‘n mens kwessies vroegtydig kan aanspreek en oplos.


Shaun Blom Streeksverkoopsbestuurder: GWK Farm Foods (KwaZulu-Natal) Om die voetspoor van GWK Farm Foods se verbruikersprodukte te vergroot, is fokus op ervare verkoopspersoneel verskerp en Shaun Blom is een van die persone wat gaan verseker dat soveel as moontlik Suid-Afrikaners ons produkte van die plaas sal proe. Blom is sedert 1 Mei vanjaar deel van die span en is gestasioneer in Natal, maar werk ook twee weke van elke maand in Gauteng waar hy onder meer vir die opleiding van nuwe verkoopspersoneel verantwoordelik is. Verder dryf hy ook die verkope en promosies vir die Nature’s Farms-produkte in hoofsaaklik kettingwinkels. Hiervoor gebruik hy sy kennis in die industrie om werklik suksesvol te wees. “Ek was vir tien jaar werksaam by Pick n Pay, van ontvangsbestuurder tot streeksbestuurder,” sê Blom. “Daarna

het ek vir meer as 25 jaar as verkoopsbestuurder by ‘n verkope-agentskap gewerk.” Sy grootste fokus sal die verkope van GWK se produkte wees, die bestuur van begrotings en samewerking met agente en kettingwinkels. Persoonlike besoeke aan kliënte en die bestuur van sy span agente, vorm ook ‘n groot deel van Blom se doelwitte by GWK. “Ek gaan my span lei deur te verseker dat hulle ingelig en opgelei is, en só die standaard stel vir uitstekende verkope, spanwerk en kliëntediens,” sê Blom. “Dit is belangrik om te verstaan hoe jou kliënte redeneer en om daarby aan te pas op ‘n manier wat my steeds sal toelaat om ons maatskappydoelwitte te bereik. As almal in die diensleweringsketting ingelig is, kan ons werklik kliëntediens van ‘n hoë gehalte lewer.”

Alwyn Kruger Kredietbestuurder: GWK Ficksburg As deel van die span by Finansies, sal Alwyn Kruger sy ondervinding in finansies en administrasie aanwend om by te dra tot die bou van verhoudinge met GWK-kliënte in die Vrystaat. Gesonde praktyke is volgens Kruger van kardinale belang. “GWK is beslis ‘n leier in die landboubedryf en ek sien uit om die ervaring mee te maak en aan GWK te help bou,” sê hy. “Kliëntediens is nommer een op my prioriteits-

lys, sonder kliënte het ons nie ‘n GWK nie.” Kruger is getroud en hy en sy vrou het twee tieners, ‘n seun en ‘n dogter. In sy vrye tyd hou hy van gholf en visvang. Hy glo in die volgende filosofie: “‘n Plan wat neergeskryf word, word ‘n doelwit. ‘n Doelwit wat afgebreek word in stappe, word ‘n plan. ‘n Plan gedryf deur aksie, bring resultate en laat jou drome waar word.”

65


Chantelle Celliers Chantelle Celliers

is deel van die interne ouditspan wat help om na GWK se belange om te sien. Sy is geen onbekende aan die Noord-Kaap nie en het in Kimberley skoolgegaan waarna sy haar B.Com.Rek- en honneursgraad aan Kovsies voltooi het. Sy werk nou vanuit die Douglas-kantoor. Hoewel Celliers se kliënte grootliks intern is, is haar ingesteldheid steeds om diens van hoë gehalte te lewer. “Wanneer dit kom by die uitvoer van oudits, probeer ek om altyd goeie besigheidspraktyk toe te pas en te verseker dat alle wette en regulasies nagekom word,” sê sy. “Al GWK se personeel is my kliënte, maar ek het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor die aandeelhouers om te verseker dat hulle belange beskerm word.”

Die span by Interne Oudit diens GWKbesighede en -takke regoor die land en word nie verbind tot ‘n spesifieke area nie. Celliers is een van die ouditeurs wat gereeld reis om te verseker dat GWK-sake oral vlot verloop. “Elke besigheid begin met ‘n plan, maar elke plan gaan deur ‘n proses om te verseker dat die einddoel bereik word. Ek sal my oudit- en finansiële agtergrond gebruik om te help verseker dat die regte prosesse gevolg word om GWK se einddoel te help bereik.” Celliers sê verder dat die entoesiasme, passie en positiwiteit waarmee GWK se personeel werk, vir haar uitstaan. Haar doelwit is om hierby in te skakel deur vir Bestuur akkurate terugvoer te gee oor bevindings, asook om sinvolle aanbevelings te maak.

Henro Loubser Op 1 Augustus het Henro Loubser deel van die GWK-span op Hopetown geword. Hier sal hy verantwoordelik wees vir die bemarking en finansiering van GWK se produkte, die bou van kliënteverhoudinge en die hantering van enige navrae. “Deur seker te maak ek is betrokke by elke aspek van ‘n kliënt se besigheid en hulle gereeld op die plaas te besoek, sal ek my verhoudinge met kliënte bestuur en versterk,” sê Loubser. “Dit is ook vir my ononderhandelbaar om onmiddellik op navrae te reageer.” Loubser is oorspronklik van Kakamas en het ‘n agtergrond in bemarking, grafiese ontwerp, boekhouding, praktiese rekeningkunde, verkope en kredietbestuur. Hy is getroud met Laurette en hulle het twee seuntjies van onderskeidelik drie jaar en vier maande oud. Loubser sien na kliëntebehoeftes om in die trans-oranjegebied, wat Hopetown, Orania, Strydenburg, Britstown en De Aar insluit. “My ervaring by GWK is ongelooflik positief,” sê hy. “GWK is baie groter as wat ek verstaan het en wat die meeste 66

Interne Ouditeur: Interne Oudit en Risikobestuur

Kredietkontroleur: GWK Hopetown

uitstaan vir my is die geweldige fokus op personeeltevredenheid – die maatskappy is mensgefokus.” Hy glo dat spanwerk ‘n sleutelrol speel in sukses, om aktief by die tak en span betrokke te wees. “Ek maak seker dat ek weet wat dit is wat elkeen doen en hoe ek kan help om hulle take te vergemaklik en hulle doelwitte te help bereik.” Loubser maak elk van GWK se waardes sy eie. “Integriteit – deur my werk oop en eerlik te doen. Deur seker te maak dat God in my werk en verhoudings met kliënte en personeel die middelpunt sal wees. Menswaardigheid – almal is gelyk en moet so hanteer word. Verantwoordbaarheid – deur verantwoordelikheid te neem vir alles wat deur my kantoor beweeg en eienaarskap te neem as iets skeefgeloop het. Toewyding – deur GWK mý besigheid te maak. Innovering – werk slimmer en beter.” Hy voeg by dat elke kliënt met wie hy te doen kry, sal wegstap met die gevoel dat hy die belangrikste kliënt van die week was.


Louis Nel

Takbestuurder: Kleinhandel (Douglas)

Hoewel Louis Nel eintlik ‘n ou bekende by GWK is, was hy vir ‘n tyd lank weg by die Groep en het weer aangesluit as Douglas se handelstakbestuurder in Februarie vanjaar. Nel het sedert 2008 verskeie rolle gevul by GWK, onder meer in die Direkte Insetteafdeling en takbestuurder op Marydale en later op Luckhoff. “Ek het teruggekeer na GWK in Douglas, waar my hart is,” sê Nel. “Hier sal my groot fokus kliënttevredenheid wees. A happy customer is a loyal customer. Dit is vir my lekker om met mense te werk – my personeel is my steun, sonder hulle is niks binne die werksplek moontlik nie.” Verder sê Nel dat hy altyd direk met

kliënte in kontak sal wees, hetsy dit by die handelswinkel, op die plaas of om die braaivleisvuur is. “My werk hou nooit op nie.” Die diversiteit by GWK is een van die redes hoekom hy so ‘n groot passie vir die maatskappy het, asook die tempo waarteen daar gewerk word. Nel sê dat hy ‘n mense-mens is en mal is oor interaksie met enigiemand. Dit is vir hom belangrik dat kliënte áltyd ‘n goeie koop-ervaring het wanneer hulle met GWK besigheid doen. “Die kliënt is koning,” sê hy. “Sonder die kliënt kan geen besigheid bestaan nie en daarom moet ons elke dag ons kliënte benader as ons eie vennoot in welvaart.”

Rocco de Villiers Hy is nié die bekende klavierspeler nie, verseker Rocco de Villiers jou, maar hy het ander talente en planne wat hy by GWK implementeer om by te dra tot die maatskappy se sukses. De Villiers is sedert 27 Junie vanjaar deel van die span by Graanfasiliteite en is oorspronklik van die Vaalhartsarea met eerstehandse kennis van die landboubedryf. Sy persoonlike ervaring in die landbou verseker dat hy ‘n deeglike begrip het van die uitdagings wat produsente in die gesig staar, en daarom is dit sy doelwit om daagliks uitstekende diens aan pro-

Depotbestuurder: Graanfasiliteite (Jan Kempdorp)

dusente te lewer. “Kliëntediens maak of breek ‘n besigheid,” sê hy. “Vir my is die belangrikste ding om altyd my beloftes na te kom.” Verder sê hy dat hy werklik trots is op sy pos en die maatskappy. “Ek is nie hier net omdat ek ‘n werk soek nie. GWK se waardes en doelwitte is daar om ‘n standaard te handhaaf en foute uit te skakel. Met die regte houding en ervaring gaan ek ‘n positiewe bydrae maak.” De Villiers voeg by dat hy al vir 39 jaar ‘n WP-ondersteuner is, “…maar die Leeus is kookwater!”

B-BBEE Vlak 2

053 831 2808 reflecto@kimberley.co.za 72 Georgestraat

Veiligheids- & Padtekens • Nommerplate • Roterende Noodligte • Pad Keëls • Naambalkies • Stempels 67 Vir persoonlike drukwerk op bekers en borde...EN SOVEEL MEER. Skakel ons gerus


Advertensie

GWK Kleinhandel vir ál jou verfbehoeftes

GWK Handel het die afgelope paar jaar die bul by die horings gepak om hulle verf-afdelings uit te brei met breër reekse, beter en meer mengfasiliteite, deurlopende personeelopleiding en vanjaar ook ‘n meer aggressiewe prysstrategie. Hierdie uitbreidings het GWK se markaandeel in verfverkope in die Noord-Kaap geweldig laat groei, maar baie planne gaan ook in die toekoms geïmplementeer word. GWK se verhouding met Dulux het van gegroei en versterk, wat gelei het tot meer gefokusde verfaankope deur GWK by Dulux. Dít beteken beter pryse vir ons verbruikers, asook verhoogde diensvlakke vir GWK-kliënte.

Dit is nou die ideale tyd om ‘n kwotasie vir verf te kry by GWK se handelstakke.

68


Advertensie

Hoekom Dulux? Dulux skakel uitstekend in by GWK se visie om konsekwent goeie gehalte, prys en diens te lewer – die GWK-visie wat oor ‘n lang tydperk vertroue by ons kliënte geskep het. Dulux word besit deur Akzo Nobel, die grootste verfmaatskappy ter wêreld. Akzo Nobel (Nobel word gekoppel aan die Nobelprys vir vrede) het die grootste aankope in gehalte roumateriale vir verfproduksie in die wêreld, wat weereens uitstekende diens en goeie pryse vir die verbruiker beteken. Dulux het ook nog altyd verseker dat sy teenwoordigheid in die platteland sterk is, soos in die Noord-Kaap waar Dulux al vir jare die grootste markaaandeel besit. Koop jy reg? As jou keuse van jou verf slegs op die prys per drom gebaseer is, koop jy waarskynlik verkeerd. Besoek gerus die GWK-handelstakke met die nuwe promosiepryspunte waar die prys per vierkante meter jou help om ‘n slimmer kopie te maak. Hierdie prys per vierkante meter pryskonsep word ook aangewend in lande soos Australië, waar die aankoper feitlik glad nie meer die dromprys oorweeg nie. Onthou dat die enigste manier om verf goedkoper te maak, is om minder gehalte bestanddele in te sit en dit eerder met kalk- en lymvullers te vervang. Die eindproduk is gewoonlik dikker, dek ‘n kleiner oppervlak en verkalk vinniger. Die aankoop van die verkeerde verf lei gewoonlik tot meer arbeid en meer lae, meer liters verbruik op geverfde area en korter instandhoudingstermyne. Voor jy verf: Maak ‘n draai by jou plaaslike GWK-handelstak om na ons verfkeuses in alle prys- en gehalteklasse te kom kyk en vra ons vir ‘n kwotasie. Verder kan ons die deur middel van die JF Field Office ‘n Dulux-verteenwoordiger skakel en betrokke maak by jou verfprojek voor jy jou finale besluite in terme van kleur en produk neem.

69


Produsente se rocket skiet die hoogtes in Leana Coetzee

Suid-Afrikaanse landbouers is entrepeneurs, tegnologies vooruitstrewend en besigheidsgedrewe – die mense wat sorg dat daar kos op jou bord is. By GWK ag ons boere as helde en ons wou hierdie storie met die res van die wêreld deel. Hiervoor het ons met die land se bestes saamgewerk, waaronder die bemarkingsagentskap MullenLowe SA en die animasie-guru’s Am I Collective. Ons het onmiddellik geweet dat die boodskap aanklank sal vind by Suid-Afrikaners, maar die goue toekenning wat die advertensie onlangs by die 2016 Loerie Awards ontvang het, het verwagtinge oortref. “Die doel van die veldtog was om die publiek bewus te maak van die innovering, verbeelding en passie wat só ‘n groot deel vorm van boer-wees,” sê Neil de Klerk (Hoof: Groep Bemarking en Kommunikasie). “Boere is die goue draadjie wat die hedendaagse voedselwaardeketting aanmekaar bind.” Die inspirasie vir die veldtog lê in GWK se begrip vir landbou as ‘n nederige bedryf en dat elke produsent en plaaswerker ‘n groot bydrae maak tot die oplossing vir voedseltekorte. Niks is

70

Aan die einde van 2015 is lewe gegee aan ‘n idee wat al lank by GWK onder die oppervlak bruis. Dit was nodig dat die wáre storie van Suid-Afrikaanse produsente vertel word. moontlik sonder daaglikse innovering om in die groeiende behoefte aan kos te voldoen nie. Die Loeries is die grootste geleentheid van sy soort in Afrika en die MiddeOoste en gee erkenning aan innoverende en relevante handelsmerkkommunikasie op alle vlakke. Kirk Gainsford, uitvoerende krea-

tiewe direkteur van MullenLowe SA beskryf die Loerie-toekennings as SuidAfrika se belangrikste kreatiewe toekenning – een wat toenemend moeiliker raak om te wen. “Die Loeries gee erkenning aan die beste kreatiewe werk van regoor die kontinent,” sê Gainsford. “Veral in die kategorie vir televisie is dit besonder moeilik om te wen. GWK se advertensie het ‘n Gold Craft Award gewen, wat beteken dat dit die beste animasieproduk in Suid-Afrika is.”


Hy sê verder dat reklame in die landbou-industrie oorweldig word deur videomateriaal van boere in lande. Juis daarom was die idee van ‘n ruimtetuig so oorspronklik en uniek. “Die advertensie vereer eerder produsente as om stereotipes te skep,” sê hy. “Een beoordelaar het aan my genoem dat dit volgens hom die beste TV-produk op die geleentheid was.” Innovering, soos beklemtoon in die veldtog, bly een van GWK en ons produsente se grootste fokusse – ‘n eienskap waaraan ons geken word. De Klerk beskryf dit as die vermoë om dinge anders te doen. “Ons streef daarna om altyd beter te wees.”

'n Skermskoot uit die bekroonde advertensie

SÓ MAAK M ENS

EKBLAD BOE REPLANNE

PLAASPLAN NE WAT WERK

Begin só ’n we rkswinkel Bou ’n biogas-a anleg 6 vindingr SA maatskap yke pye Ontmoet Na mp se plan-konin o g

UITGAWE 2

OMBOUING

Voos bakkie? Gee die onderstel vir Joh an Human — hy bou vir jou ’n Namib Spid er. Bl. 18

WERKTUIE

2016

SLEGS 5 Rsg4 eld nie

Soek jy ’n fyns aadplanter? Dié skoolseun kan een bou! Bl. 52

RESTOURASIE

16010

RSA R45,0 Namibië N$47 0 Ander lande ,50 R47,50

po ingesluit

6 009900 1838 62

Meer as 50 oplossings vir arbeids- en energieprobleme, besproeiing en veeboerdery.

UITGAWE NO 2 | 2016

LANDBOUWE

NUUT OP DIE RAK!

BOEREPLAN NE

Ons praat met die veteraantrekkermanne oor al hul plan ne. Bl. 92

Indien jy dit nie in die winkel kry nie, bestel só: DIGITALE WEERGAWE Gaan na: www.mysubs.co.za/magazine/landbou-boereplanne

E-pos: johan.terblanche@Media24.com Tel: 021 406 4962

71


Ons Spesialiste Leana Coetzee

Kommunikasiespesialis ‘n groot aanwins vir GWK “Wat my dadelik na GWK aangetrek het, was die maatskappy se fokus op innovering, groei, mense en die behoefte om ‘n verskil te maak.” Só sê Anelda Pretorius, wat in Oktober by GWK as Kommunikasiebestuurder aangesluit het. “GWK word gesien as ‘n gerespekteerde handelsmerk en ek wou graag deel wees van so ‘n dinamiese maatskappy. Tot dusver doen die maatskappy beslis sy handelsmerk gestand en sommer nog baie meer.” Pretorius, oorspronklik van Middelburg in Mpumalanga, is ‘n kommunikasiespesialis wat spog met jare se ervaring wat sy tot groot voordeel van ons maatskappy gaan aanwend. Ná sy haar graad in Kommunikasie aan RAU in 1996 verwerf het, het sy haar beroepsloopbaan by Sasol Synfuels begin. Hier het sy ook haar ambag in Instrumentasie voltooi as aanvulling tot haar kwalifikasie. Sy het as kommunikasiebeampte by Sasol Synfuels begin werk, gevorder tot kommunikasiespesialis en is in 2009 aangestel as Kommunikasie- en Korporatiewe Funksiesbestuurder. “Daar is soveel van GWK waaroor ek reeds opgewonde is,” sê sy. “Die maatskappy het ‘n human touch. Mense hier het tyd vir mekaar, onderste-

72

un mekaar en behandel mekaar met respek. Mense se ingestelheid is ‘niks is onmoontlik nie, ons sal ‘n manier kry om dit te doen en ons werk dan as ‘n span saam om dit af te lewer’. Om deel van ‘n dinamiese span te wees wat saam bou aan die toekoms van GWK se kommunikasie, maak my veral opgewonde.” Pretorius gaan, as deel van die span by Groep Bemarking en Kommunikasie, grootliks fokus op strategiese

produsente verder te versterk. Dit is vir ons 'n prioriteit dat elkeen van ons belangegroepe, veral ons produsente, verbruikersvriendelike toegang het tot die regte inligting, op die regte tyd en deur die regte kanale. “Dit is nog vroeg om te sê, maar ek is opgewonde oor die moontlikhede wat die nuwe besigheidstrategie geskep het om nuut na kommunikasie in die maatskappy te kyk en verder te bou op die uitstekende kommunika-

“Niks is onmoontlik vir GWK se mense nie – daar is altyd ‘n manier om iets gedoen te kry.” kommunikasie vir GWK Groep en filiale. Die geweldige groei wat die maatskappy die afgelope paar jaar getoon het, het ‘n nuwe behoefte vir spesialiskennis op die kommunikasiegebied laat ontstaan. Die nuutgevestigde divisies binne GWK, elk met sy eie teikenmark, sal met Pretorius se hulp strategiese, raakvat-kommunikasieplanne implementeer wat sal verseker dat elk se dienste effektief gekommunikeer word. Een van Pretorius se hooffokusse sal wees om GWK se intimiteit met ons

sie wat reeds gevestig is in die maatskappy,” sê Pretorius. “Ek sien uit om my ervaring toe te pas en om ‘n verskil te maak in die lewens van personeel en al ons vennote.” Hoewel sy nuut is in die Noord-Kaap, is sy reeds beïndruk met die omgewing. Sy pak graag ‘n uitdagende staproete aan of verken onbekende grondpaaie. Verder vertel sy dat sy ‘n groot waardering het vir musiek, maar luister eerder daarna as wat sy self sing…


73


Leefstyl en Gesondheid Carla van der Merwe

BLOEDDRUK: ‘n stil gevaar

Baie

produsente waarmee ons te doen kry, gebruik bloeddrukmedikasie, selfs mense van so jonk as 30 jaar. Wêreldwyd het 40% van mense oor die ouderdom van 25 jaar hoë bloeddruk, waarvan Afrika die hoogste persentasie in die wêreld het met 46% van die bevolking. In 1980 het 600 miljoen mense wêreldwyd hoë bloeddruk gehad. In 2008 het dit gegroei tot eenmiljard mense. Mans is meer geneig tot bloeddruk as vroue. Wat veroorsaak hoë bloeddruk of hipertensie? En watter invloed het dit op jou gesondheid en jou oë?

Die invloed van bloeddruk op jou oë Die oog is die enigste plek in die liggaam waar jy die toestand van jou are kan sien sonder chirurgie. Die toestand van die are in jou oë bepaal die toestand daarvan regdeur jou liggaam.

Hoë bloeddruk veroorsaak dat die are in jou oë op jou retina (oogsenuwees) vernou en bloei. Dit veroorsaak ook swelling op die makula (die belangrike gedeelte van jou oogsenuwees wat jy vir sentrale visie gebruik en waarmee jy kleurvisie en detail sien) asook drussen. Dit is die watergedeelte van die bloed wat uitlek en geel “cottonwool spots” veroorsaak. Alles hiervan word genoem Hipertensie retinapatie, wat die gevolg is van jou are wat beskadig word deur die hoë bloeddruk. Dit word gewoonlik deur ‘n roetine oogondersoek waargeneem, mits jou oogkundige weet waarvoor om te kyk en die regte toerusting het. Pasiënte sal byvoorbeeld kla oor hoofpyn en

verswakte visie. Wat veroorsaak hoë bloeddruk? Jou bloeddruk word gereguleer deur jou niere, sowel as die elastisiteit van jou are. As die are verhard is, kan dit nie beweeg nie en bou drukking binne in die aar op. Elke produsent sal weet dat ‘n waterpyp bars wanneer die drukking binne in die pyp opbou. Dieselfde gebeur met die are in jou lyf. So, as jou are verhard en die niere sukkel om te werk, dan begin ‘n mens se bloeddruk verhoog. Dit wil sê dat die hart harder moet werk om bloed deur die are te kry, wat weer stremming op jou hart plaas en kan lei tot beroerte, meer verharde are, of nier - en hartversaking. Faktore wat ‘n rol speel in die ontwikkeling van hoë bloeddruk is: Oormaat soutinname. ‘n Interessante feit oor sout, volgens Dr. Leonard Coldwell (vooraanstaande kankerdokter in die VSA met ‘n 93% suksesstatistiek en wat glad nie glo aan tradisionele chemoterapie en bestraling nie) is dat sout bestaan uit een derde sout, een derde sand en een derde glas (glas is sand wat gesmelt is en sout word uit die grond gehaal). Soos die sout deur jou are beweeg, skuur dit jou aarwande stukkend as gevolg van die inhoud soos hierbo genoem en veroorsaak dit dat die wande verhard en ook dat jou liggaam cholestrol vervaardig om

74


die klein gaatjies wat bloei, toe te “plak”. Dit kan lei tot hoë bloeddruk. Volgens navorsing wat hy gedoen het, sê hy dat die enigste sout wat suiwer is, seesout is (maar dat dit ook nie gewaarborg is nie). Pienk himalayan sout is ook veilig. Te veel suiker. Suiker maak die pH-balans in jou liggaam suur en ons liggame moet op ‘n alkaliese vlak funksioneer. Die suur veroorsaak ook dat jou are verhard en dit lei weer tot cholesterol. Rook verhard ook die are. Oorgewig (dan moet jou hart harder werk om die bloed in ‘n groter liggaammassa te versprei en dit veroorsaak verharding van die are) Te veel alkohol. Omdat alkohol ‘n gifstof is en ook die liggaam se

pH-balans suur maak, verhard dit die are. Te min fisieke aktiwiteite. As jy oefen, behou jy beter elastisiteit van jou are. Spanning veroorsaak geweldig baie probleme in jou liggaam, en ons sal dit later in meer besonderhede bespreek. Genetika en familiegeskiedenis. Ouderdom. Met ouderdom verhard die are weens ‘n ongesonde leefstyl oor ‘n lang tydperk. As jou niere sukkel om 100% te funksioneer weens te min water en te veel koffie en koeldrank. Dit plaas jou niere onder druk. Adrenalien- en skildklierprobleme, wat gewoonlik die gevolg is van baie spanning.

Carla van der Merwe 053 861 2346 | carla@ncsis.co.za 5 Swanns Way Hadison Park Kimberley | 8301

Opsomming ‘n Gesonde leefstyl op ‘n jong ouderdom, waarin jy aktief is, genoeg slaap, gesond eet en jou liggaam goed onderhou, kan vir seker voorkom dat jy met bloeddrukprobleem sit wanneer jy ouer is.

RAAI oplossing: Aug/Sep

Kommuniek I R R I E G A S I E W A N N K O S O E B A T

S A M M E E N E B R E I O E E L E I R W E S T T E B R A O E R P S S A A I P G E P E E N A L D A S A R

E S S E N S E R E I S E S E P T E E

E G E W T E E A E I K K R U I M I N S E D K A R O O G E F N S M A I D S I T N A V O E L O R B A N I L I S A G K N E

G E E B I E D D I E S S U K L K E E G S O

R O N D O

S M E E D

D R E L I I N L E

K K U L A R E K N I E S T O E O E L E

K A R M E N A A D J I E

O T T E T E R S E G T E S A A M R

E L T S I E K E R U A N G L U S K K E

oranjelandgoed, prieska pekankwekery GEFOKUS OP HOË GEHALTE KULTIVAR-EGTE BOME GEL VERPAK OM HOË VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAP KLIMAAT FACEBOOK: ORANJELANDGOED

KULTIVARS BESKIKBAAR: WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO

KONTAK: JOHN LOOCK SEL NR: 082 330 2934 EPOS: ORANJELANDGOED@GMAIL.COM

75


76


Kinderpret

Pas die kuikentjies by hulle skaduwees

77


Elke mondvol vertel die storie van die plaas se heilsame lekkerte.

Régte kos. Régte bestanddele. Nature’s Farms is natuurlike goedheid. Ré

78

Plaaslik verbou deur GWK-boere. Suid-Afrikaans geproduseer deur


Resep

Heuning-bruinbrood Mareli Visser, Douglasser en Koekedoorwenner, bak graag met GWK se Nature’s Farms-produkte. Hier is een van die resepte wat sy met die Nature’s Farmsbruinbroodmeel ontwikkel het – eksklusief vir ons lesers!

375 ml (1½ k) louwarm water 15 ml (1 E) suiker 1 pakkie kitsgis 1000 ml (4 k) NATURE’S FARMS bruinbroodmeel 30 ml (2 E) kakao 5 ml (1 t) sout 30 ml (2 E) sagte botter 60 ml (¼ k) heuning 30 ml (2 E) molasse hawermout Verhit oond tot 180°C en berei 'n bakplaat voor met waspapier. Meng die louwarm water, suiker en gis. Laat eenkant staan tot skuimerig. Meng die NATURE’S FARMS bruinbroodmeel, kakao en sout in mengbak. Voeg die gismengsel, sagte botter, heuning en molasse by die meelmengsel. Knie deeg vir 8 tot 10 minute. Bedek die deeg met kleefplastiek en laat rys vir 1 uur of tot dubbel volume. Plaas deeg op 'n meel bestrooide oppervlak en druk effe plat. Rol die deeg op soos 'n rolkoek. Knyp die rante vas en plaas op bakplaat met die naat na onder. Maak die bokant nat met water en strooi die hawermout bo-oor. Laat rys weer vir 60 minute. Bak vir 35 minute of tot gaar.

79


RAAI

Kommuniek Hoenderlandbouer

Natlei of besproei

Europium

Smal strook leer

Beslote korp.

Insameling van gesaaides

Radio Sonder Grense

Dit kan landerye verwoes

Suidwes

Misstof toedien

Dieselfde

Fraiingstert

Vervolgreekse

Volstruisboere se produkte

Hierso!

Vertroulik

Hul werk ondergronds Hier kry jy jerseys

Beskerm gewasse teen dit

Donsverskaffers

Te kry in kompos

Twak!

Kante Varkboer se produk

Slegter Boere in China se produk

Eier in Holland

Uitken Dooie se oorskot

Smal stroke Bevrore water

Vertel

Verouderd vir sê

Te werk gaan

Vader Graankuil

Sy Eerwaarde

Lidwoord

Dierbare

En so meer

Haard

Soebat Kan dit wees?

Rgt. pres. Enkels

Gedrag

Boere bid hiervoor

Alg. era Simbool

Sketse maak Blommetjies met dorings

Uiterste

Laagste getal Kos in 'n dop

En ander

Ook aalwyn

Moedervarke

Langsig

Dolk

Katels se hoekpilare

Lugstrome

Vrugte uit Elginvallei

100 jaar

Ontbyt en noenmaal

Dier wat doodgaan

Vroulike landbouer

Delfstof

Stuit

Kos vir diere

Kunsmatige taal

Onderdeel van vleismeul

Maak botter hiervan

Asseblief Bloemiste maak dit

Groot boom in woud

Fonteine

Toegee

Waar baie kom

Iere se taal

Suiderbreedte

Ned. Geref. Kerk Soutmengsel vir koeie

Groothartig

Smul

Ook biet genoem Grootste

Seismograaf Landbouimplemente Besmetlike siekte

Toestelle Voël se wat grond voorfyn maak maag

Gelaaide stofdeeltjies

Jersey en Nguni Oorskot

Tydlose

Tabberd

Gelykstroom

Roofdiere op R50-note

Kunsmatig

Aarde-

Krieketgrenshoue

Dier se maag

Uitspattigheid

Oplossing vir KommuniekRAAI (Augustus/September) op bladsy 75.

80

Prent

Kompanjie

Steriel

Na q’s By ’n nooi aanlê

Aansien

Ontslag


Beskerm jou Plaas en Toekoms teen alle risiko’s deur AgriSeker!

Ons is Seker Landbou se Toekoms klop in ons are! Ons is Seker ons speel ‘n belangrike rol in voedselsekuriteit! Ons is Seker ons kan jou Oesversekering eenvoudig maak met die beste dekking! Ons is Seker ons is die leier in tegnologiese vooruitgang en omvangryke navorsing! Ons is Seker ons kan jou Plaas en Oes teen alle risiko’s verseker na al jou harde werk en toewyding!

Wees AgriSeker! Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSP no: 45767

Vir meer inligting kontak jou makelaar of besoek www.agriseker.co.za | 058 307 8600

81


Uit Piet se pen

Smartietown se

Swartmamba Japie met Sonja se sonbril.

Goeie draadwerkers is nodig vir instandhouding op ‘n veeplaas. ‘n Ambag wat aan die uitsterf is. Draadmakers is ‘n spesie op hulle eie. Japie Louw is ons omgewing se man in die saal. Hy noem homself die Swartmamba van Smartietown. Vandag is die ou weer vrolik. Dit is end van die maand. Hy wys met sy hand hoe maak ‘n mamba bakkop. Beweeg sy arm speels heen en weer voor my om die slang se aksies na te boots. Pikpik kwansuis in my rigting en lag uit sy maag. Sy haasbek blink in die son. Nee, ou Pikes, jy sal nie verstaan nie, daar is die lewe anders. (Ou Pikes is sy bynaam vir my.) Japie beweeg naweke vinnig deur sy hardverdiende geld. Teen die einde van die naweek is al sy gereedskap die hele woonbuurt vol verpand. Dit is ‘n stryd om alles weer teruggekoop te kry sodat hy net kan werk. Dit pla hom nie, solank hy net heel naweek ‘n ou ietsietjie kan het, soos hy dit stel. Maandag ná maandeinde is te vroeg vir begin werk. Dinsdag darem beter, maar nie ideaal nie. Woensdag is eintlik sy Maandag. Omdat ek weet wat ‘n gesukkel dit is om Japie op die bakkie te kry ná die naweek, moet hy bel wanneer hy gereed is. Nie dat dit help nie, want hy is nooit by sy huis wanneer ek in die dorp aankom nie. Iemand het hom darem altyd iewers gesien. Almal help dan soek. Die hele Smartietown. Die standaard antwoord by elke huis is “hy was nou-net hier”.

82

Vanmiddag is geen uitsondering nie. Dit is laaityd en Japie is weer soek. Eindelik staan hy voor my. Baie uitgeslape speel hy vir tyd. Ek moet hom tog net ‘n kansie gee om sy sonbril by sy oompie te loop kry. “Ou Pikes, assemblief tog, my oë kan dit nie hou in die son nie,” is sy verweer. Uit ondervinding weet ek dat hierdie net ‘n verskoning is om iewers nog ‘n laaste dop te gaan drink. Raak hy nou weg, sien ons hom nie weer nie. Ek gryp sommer Sonja se sonbril wat in die bakkie is en gee dit vir hom. Sy oplossing het te vinnig gekom. Hy bekyk die bril op en af. Verontwaardig wil hy weet “is dit nie ‘n vroumensbesigheid nie?”. Hy is tevrede met my antwoord dat alle brille deesdae so lyk. Die bril word opgesit en weer afgehaal. Hy kyk in die son se rigting en sit dit weer op. Nee, hy is tevrede dat die ding sal werk. Met die bril op het Japie skielik baie meer selfvertroue. Hy kom staan teen die ruit. Hy het iets op die hart, sê hy gemaak-verskonend. Wanneer koop ek weer ‘n nuwe bakkie, kom dit uit die bloute. Voor ek nog kan antwoord, antwoord hy sommer namens my. “Kry vir jou ‘n Kroester*,” is sy aanbeveling. Nou die ene tande soos hy lag. Hy swaai woes met sy arms. “Gaan kyk by Connie Coetzee hoe moet ‘n bakkie lyk. Daai man het hardegat rygoed.” Ek kry advies van ‘n Wagon tot ‘n Kroester, voor ek ‘n woord kan inkry. Ek stem met alles saam toe ek sien hy maak aanstaltes om sy goed te laai. Die goed word wild

opgegooi en ek twyfel of die sonbril die plaas gaan haal. Net toe ek die geur van oorwinning smaak, is daar weer ‘n klop aan die ruit. “Meneer onthou ou Olies moet nog gelaai word.” Ou Josef April, of Olies soos hulle hom noem, was al die jare ons draadwerker en is al op pensioen. Japie is nou besig om by hom oor te neem. Ou Josef het die laaste jare net gehelp om besig te bly. Josef sorg vir die gereedskap wat Japie nie kan terugkoop ná maandeinde nie. Die ou was die laaste tyd glad nie meer so geneë met Japie se keuse van handlangers nie. “Nee meneer, hulle wil net heeldag sit en rook en vir jou kom vertel wanneer daar uitgeval moet word. Van werk weet hulle niks, maar van vrouens kan hulle jou alles vertel.” Ou Josef kom uit ‘n draadmakerfamilie. Hy en sy broers het almal dié amp geërf van hulle pa, soos hy dit gestel het. Die Aprils is bekend as goeie draadwerkers. (Hierdie was die laaste keer wat ons ou Josef opgelaai het. Hy het siek geword en is skielik oorlede. Hy kom beslis uit ‘n generasie draadwerkers wat moeilik vervang gaan word.) Intussen het ons op die plaas aangekom en Japie belowe dat hy teen Woensdag weer homself sal wees. “Nee, ou Pikes, gee my net twee dae dan staan jou drade weer regop.” Hy wys met ‘n krom vinger in die lug. *Land Cruiser


KINGJAMES 34645A

VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.

Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou boerdery- en persoonlike bates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture. Santam. Regte, egte versekering. Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).

83


Gemoedsrus vir die mense wat die wêreld voed. GWK Korttermynversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Barkly-Wes/Jan Kempdorp René van der Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Douglas Wilmarie van der Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123

Underberg Jemima Stay Korttermyn- en Oesversekering 033 701 1109

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

84

Prieska Sankie Scholtz Korttermynversekering en Administasie 083 643 7993


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Oktober/November 2016 by GWK Kommuniek - Issuu