Kommuniek Februarie/Maart 2017

Page 19

Advertensie

Voordele van Dekgewasse: • • • • • • • •

Verhoog die wortelmassa in verskillende grondlae, Dit sorg vir beter deurlugting in die grond en beter mikrobe verspreiding, Bevoordeel toestande vir gewensde insekte en erdwurms, Vinniger opbou van humus- en of organiese koolstofvlakke, Verhoog waterinfiltrasie en waterhouvermoë, Vorm die sponseffek in die grond, verlaag uitloging van water en voedingstowwe, Dien as stoorplek vir plantvoedingselemente, Bied beter beskerming teen peste en plae en sorg vir gesonder grond.

Dekgewas opsies: Dwergswenkgras-mengsel as dekgewas tussen Pekaneutboorde: Pekaneutbome het ‘n vlak horisontale wortelstelsel en gereëlde bewerking tussen die bome is nie gewens nie. Agricol wat sinoniem is met dekgewas-navorsing het ‘n mengsel saamgestel wat tussen Pekaneutboorde geplant kan word. Die dwergswenkgras-mengsel veroorsaak min kompetisie, maar bied ook al die voordele van ‘n goeie dekgewas. Hierdie mengsel bestaan uit: Dwergswenkgras, Kruipende swenkgras, Wit Klawer en Aarbei Klawer. Verdere voordele van die Dwergswenkgrasmensel: Dit verlaag die grondtemperatuur in boorde en voorkom afloopwater. Minder bewerking tussen die bome veroorsaak minder stof en onderdruk onkruid baie doeltreffend. Die Dwergswenkgras-mengsel kan ook maklik onderhou word. Verder verskaf dit ‘n skoon gladde oppervlakte waarop die oesproses makliker met die hand of meganies gedoen kan word. Dekgewasse is nie net beperk tot boorde nie, maar ook as tussengewas of wisselbougewas in graanrotasiestelsels, en kan ook as weiding aangewend word. Dit is vir ‘n boer baie belangrik om seker te maak dat die spesies dekgewasse wat gekombineer word wel vir sy area aangepas is, veral waar dekgewasse nie op besproeiing aangeplant kan word nie.

Skakel gerus een van ons kundiges vir ‘n dekgewas-aanbeveling in jou area: Dawie du Plessis (Agricol Kimberley) 071 852 1707 | Gerhard Klok (Hopetown) 082 496 0015 Urbanus Badenhorst (Douglas) 072 610 2223 | Charl Baard (Keimoes) 082 377 8590 Oosie Joubert (Jan Kempdorp) 081 484 3018 | Piet van Wyk (Jan Kempdorp) 082 378 3433 Bennie Erwee (Jan Kempdorp) 082 948 2063 | AB Rademeyer (Luckhoff) 083 282 3996

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.