Skip to main content

Kommuniek Februarie/Maart 2017

Page 1

`n Handelsmerk van

Februarie / Maart 2017

Die soet smaak van Genadewater

Droogte ‘n uitdaging, tog deel van groter prentjie Produk bied groot waarde vir jou spilpunt Die plaas was nog nooit sĂł naby nie


uppe marketing A15414

Saadbehandelingspakket

TERK S N I G BE E IN DI G ST B -SAAD

VO

K

’N

R

KAL

E

PR

G

RS

EE

O

JO

U

DE

®

ON G EN OES

gs in

D

A

Ek

l sk

ss

E

lo

IN R D IE TEGNOLOGIE

DI

SA

o

p

I

EE

AN ‘N STERK L V

BE G

IS

EE

AL

RD

M

O

TI

VO

N

DI E

O

P

u

e si

w

e

Acceleron® – die saadbehandelingspakket wat help om die prestasiepotensiaal van die DEKALB®-saad wat jy plant van meet af aan te vergroot. Deur jou saad vroeg in die seisoen teen ‘n verskeidenheid van nematodes, insekte en grond- en saadgedraagde siektes te beskerm, optimaliseer Acceleron® vroeg in die seisoen reeds plantstand, eenvormigheid en groeikragtigheid vir verhoogde opbrengspotensiaal.

Acceleron® – ’n eksklusiewe saadbehandelingspakket – voordelig vanaf dag een. Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Monsanto, DEKALB® en Acceleron® is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

U SUKSES

PLANT JO


14 16 42 54

Die soet smaak van Genadewater

Droogte ‘n uitdaging, tog deel van groter prentjie

Veilings Suid sluit 2016 suksesvol af

Begin by die "basics"

8 10 12 20 24 26

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

Altyd 'n versekerde toekoms

Geen kopseer met hanslammers

Produk bied groot waarde vir jou spilpunt

30 32 37 44 47 48

Die invloed van grond-fosforstatus op die groei van uie

Afsterf van jong pekans: 'n gevallestudie

Nematode en pekanneute: Dit wat jy nog nie gehoor het nie

Die plaas was nog nooit sĂł naby nie

As Een: Wat beteken dit vir GWK-mense?

Maak 'n verskil wat saak maak

52 56 60 61 62

'n Icon-wenner met insig

Hou by jou voornemens

KommuniekRAAI

Resep: Pap-en-kaaskrokette met tamatiesmoor

Uit Piet se pen: Ons sleep 'n dooie bakkie dorp toe

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken Koos de Wet

Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Pieter Spies

FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johann Klopper

Besturende Direkteur: GWK Agri Tom Meintjes

Besturende Direkteur: GWK Verhandeling Llewellyn Brooks

Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen

Groep Operasionele Hoof Pieter Bekker

Uitvoerende Hoof: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan

Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk


GWK Presisieboerdery bied aan:

Luckhoff Somer Rally Datum: 23 Februarie 2017 | Tyd: 10h30 Plek: Mooiland Boerdery (Johan Potgieter) Opening: Frank Lawrence Twin rows vs 0,76m-rye: Side by side-proef Johan Potgieter Katoen-aanplanting: Hannes en Kosie du Toit Striptill vs No-Till op sojabone: Gideon Joubert Groeireguleerders op sojabone: Gideon Joubert en Joubert&Verster Stand-evaluering op sojabone: Gideon Joubert Mielie-aanplanting (strip-till): Gideon Joubert Plantdiepte-evaluering op vroeĂŤ mielies: Deon Joubert Braai langs die rivier

Vir meer inligting, skakel vir Armand van Eck (082 805 9922) of Johann Sounes (079 510 1413). Borge: GWK Graan, GWK Infrastruktuur, GWK Saad, Sidi Parani


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groepbemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za

Voorbladfoto: Die soet smaak van reënwater lees meer op bl. 14 (Foto: Christine Kruger)

Redakteursbrief Hoe kan ‘n mens nié opgewonde wees as die jaar met lekker reën begin nie? Die dorre Noord-Kaap is grasgroen. Die vernuwing in die natuur word ook weerspieël in ‘n klomp lekker dinge wat gebeur by GWK. Ons is spyt om ons Besturende Direkteur, Pieter Spies, te groet. In sy tyd hier het hy rigting gegee, die besigheid gegroei en die personeel met passie gelei. Ons is nou in ‘n opwindende tyd waarin ons projekte wat reeds begin het, verder kan dryf en ook nuwe, vars insig na die maatskappy kan bring. Vernuwing is nie altyd maklik nie. Om aan jou comfort zone te bly klou, voel soms na die veilige keuse, maar ek dink die afgelope paar jaar het die teendeel bewys. Hoewel ons projekte bang-opgewonde aangepak het, het die resultate van innoverende denke en harde werk ons almal verstom. Ons leer geweldig baie uit elke projek en verandering word iets waarna ons begin uitsien. Nuut in Kommuniek is die bydrae van Dr. Hugo Bezuidenhout, plantekenner van die Noord-Kaap. Hy gee perspektief oor die plantegroei en waarom dit so belangrik is om kennis daaroor te dra. Enigeen met vrae oor inheemse plante, moenie skroom om dit te stuur

Leana Bezuidenhout

Spanleier: Inhoudsontwikkeling Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

6

Facebook

sodat ons meer daaroor kan uitvind en skryf nie. Een van die interessantste besighede binne GWK, ons landboukundige dienste, is ‘n voorbeeld van konstante vernuwing. Die span maak gebruik van die nuutste tegnologie vir die eenvoudige rede: Om ons produsente se opbrengste te verbeter. In elke uitgawe deel hulle belangrike inligting, ook in hierdie een, en ons gesels ook met een van die landboukundiges om meer oor dié besigheid uit te vind. Die spoed waarteen ons vernuwe en groei, versluier nie ons herkoms waarop ons só trots is nie. Ons bly steeds stewig gewortel in die Noord-Kaap, met ons produsente as kern van ons besigheid. Ons is bevoorreg om daagliks met boere te werk en dit is vir ons belangrik om hierdie waardevolle verhouding met die res van die wêreld te deel. Een van die maniere waarop ons dit doen, is ons produkte met hul oorsprong op die plaas. Ons pak dus ‘n nuwe jaar aan, met nuwe voornemens en ‘n nuwe asem, sodat ons kan aanhou doen waarmee ons die beste is: Om lewens te verbeter.


Geestelike Akker Ussia: Die koning wat alles gehad het Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. (Spreuke 16:18) As daar nou al ooit 'n koninklike met die goue lepel in die mond gebore is, was dit Ussia. Hy was 16 jaar oud toe hy as koning van Juda gekroon is. Die jong koning het nie 'n voet verkeerd gesit nie; hy was gewild: "Hy het na die wil van God gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van God gehad het. In die tyd dat Ussia na die wil van die Here gevra het, het God dit goed laat gaan met hom. (2 Kronieke 26:5) Ussia was baie bekend vir sy militêre dapperheid. Sy leër was goed opgelei en toegerus. Hy het oorwinning na oorwinning behaal. Bykomend het hy ook Juda se landbou ontwikkel. Hy het forte in die weiveld laat bou en putte laat grawe want hy het baie vee gehad in die laeveld en op die platorand. Hy het mense gehad wat sy landerye en wingerde bewerk het, want hy was lief vir die grond. (2 Kronieke 26:10) Juda het al hoe meer welvarend geword en Ussia al hoe belangriker en magtiger. Dit maak egter nie saak hoe begaafd ons is nie, ons moet nooit dink

dat dit wat ons bereik net as gevolg van ons eie pogings is nie. Ussia het; hy het baie hoogmoedig en ingenome met homself geword en God nie meer gevrees nie. Hy het na die tempel toe gegaan en hy wou self wierook op die altaar brand. Die priesters het hom gekeer aangesien hy nie daarvoor toegewy was nie. Ussia het sy humeur verloor en was briesend vir die preisters. Maar terwyl hy besig was om uit te vaar het melaatsheid op sy voorkop uitgebreek. Die priesters het hom uit die tempel verdryf. Hy self wou ook wegkom want hy het besef dat die Here hom met dié ramp getref het. Koning Ussia het sy laaste jare as 'n melaatse in afsondering deurgebring, uitgesluit van die tempel. Die koning wat eens alles gehad het, het alles verloor. Hoogmoed is die dodelikste sonde, dit skei ons van God en verhoed ons om ware "fellowship" te geniet.

Gebed: Hemelse Vader help ons om nederig te bly. Amen

Neville Turley www.versndag.co.za

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem Oranjerivier Vaalrivier

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

Gariepdam Vanderkloofdam

49 52

Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal

63 35 72 107

Hartsrivier

Spitskopdam Taungdam

Rietrivier

Kalkfonteindam

3

Modderrivier

Krugersdriftdam

17

250.0 200.0 150.0 100.0

99 87

50.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown

Rietrivier

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 14 November 2016 tot 14 Januarie 2017 Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Prieska Green Valley Nut 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Hopetown Lilydale 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Vaalharts Jan Kempdorp 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Rietrivier 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maandelikse voorspelling Februarie 2017

Maksimum

8

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn

Vaalharts


Onder-prima besparing

Deposito

-5%

50%

-4%

40%

-3%

30%

-2%

20%

Met ‘n 50% deposito kan jy enige nuwe John Deere produk bekom teen ‘n rentekoers van so laag as prima minus 5%. Net so kan jy met ‘n 20% deposito ‘n koers so laag as prima minus 2% kry.* Die besluit is in jou hande!

Finansiering gebou vir jou *Bepalings en voorwaardes geld.

BigDoor22586

John Deere Financial word ondersteun deur Absa, ‘n lid van Barclays, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7.

www.JohnDeere.co.za

9


conrad borman

Veilingskalender en -pryse

2 Februarie 3 Februarie 7 Februarie 9 Februarie 14 Februarie 16 Februarie 21 Februarie 22 Februarie 23 Februarie 23 Februarie 23 Februarie 28 Februarie

Veldram veiling Konsortium merino, Dordrecht Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Konsortium merino, Victoria-Wes Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad veiling Konsortium merino, Steynsburg Boshoff veiling Mielieboere Bonsmara produksieveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee

7 Maart 9 Maart 7 Maart 14 Maart 15 Maart 21 Maart 22 Maart 28 Maart 29 Maart 29 Maart

Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville veiling Boshoff veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Wicus Cronje & Malherbe Dorpers & Top 8 Elite Boerbokke Willowmore/Uniondale veiling Fitches corner veiling Swellendam veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Koopmansfontein

Veilingspryse vir lewendehawe – November/Desember 2016 14/11 - 18/11

10

21/11 - 25/11

28/11 - 02/12

05/12 - 09/12

12/12 - 15/12

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.00

Slagkoeie

R17.00

Slagkoeie

R18.40

Slagkoeie

R18.50

Slagkoeie

R18.50

Slagkoeie

R19.00

Maer beeste

R15.00

Maer beeste

R15.00

Maer beeste

R14.50

Maer beeste

R14.50

Maer beeste

R14.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R23.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R23.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R22.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R22.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R22.50

Swaar kalwers R21.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R22.00 (201-250kg)

Swaar kalwers R21.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R21.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R22.00 (201-250kg)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R29.00

Slaglammers

R28.00

Slaglammers

R30.00

Slaglammers

R30.00

Slaglammers

R30.00

Stoorlammers R29.00

Stoorlammers R28.50

Stoorlammers R28.50

Stoorlammers R28.50

Stoorlammers R29.50

Kruislammers

R28.00

Kruislammers

R26.50

Kruislammers

R27.50

Kruislammers

R27.50

Kruislammers

R28.50

Slagooie

R22.00

Slagooie

R20.50

Slagooie

R23.50

Slagooie

R23.50

Slagooie

R23.50

Maer ooie

R18.50

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R21.00

Maer ooie

R21.00

Maer ooie

R22.50

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R28.00

Jong bokke

R33.00

Jong bokke

R31.00

Jong bokke

R32.00

Jong bokke

R32.00

Jong bokke

R32.00

Bokooie

R22.50

Bokooie

R22.50

Bokooie

R25.00

Bokooie

R25.00

Bokooie

R25 .00


Hoof: Infrastruktuur Carl du Toit carldt@gwk.co.za

Douglas Silo Johan Coetzer johanc@gwk.co.za

Prieska Silo Frikkie Jansen frikkiej@gwk.co.za

Marydale Silo Jaco Mouton jacom@gwk.co.za

Barkly-Wes Silo Johan Nel johann@gwk.co.za

Modderrivier Silo Otto Von Molendorff ottovm@gwk.co.za

GWK Infrastruktuur Hoë standaarde, hoë kapasiteit en hoë tegnologie om jou produkte veilig tot in die mark te kry.

Transoranje Silo Rietrivier Silo Dirk Thomas Christina dirkt@gwk.co.za Bezuidenhout christinab@gwk.co.za

Stoffelshoek Silo Daniel Louw daniell@gwk.co.za

Jan Kempdorp Depot Rocco de Villiers roccodv@gwk.co.za

Modderrivier Katoen Pluismeule Dolf van der Westhuizen dolfvdw@gwk.co.za

Douglas Grondbone aanleg Janie Britz janieb@gwk.co.za

Douglas Grondbone-droging en Pekanneuter Franswa Weyers franswaw@gwk.co.za

GWK Infrastruktuur sluit moderne fasiliteite in, waaronder ons silo’s, katoenpluismeule, grondboonaanlegte en pekkanneutaanleg in. Alles om ons boere se produkte met gemoedsrus na die markte te verskuif.

11


Landbouwenke Katoen PIX-bespuiting is reeds gedoen of moet nou gedoen word. Kontak jou landboukundige om jou met hierdie besluit te ondersteun. Monitor aanplantings vir vlekbesie en stinkbesie en spuit vroegtydig. Hou lande onkruidvry. ‘n Oormaat onkruid kan die oesproses bemoeilik en invloed op gradering hê. KNO3-blaarbespuiting kan nou gedoen word. Dit verhoog kaliumvlakke in plant en sodoende kan kwaliteit van lint verbeter word.

Mielies Indien baie vogtige en reëntoestande heers kan swam bespuitings voorkomend geskied . Heelwat aanplantings gaan in bestuiwing- en pitsetstadiums en moet geensins droogtestres ondervind nie. Waterverbruik is baie hoog tydens hierdie stadiums. Gaan aanplantings gereeld deur vir stronkboorders en spuit wanneer dit waargeneem word. Koppe kan ook later aangeval word. Bolwurm begin inkom by die pluimstadium en veral in die jong kopstadium. Motlokvalle kan uitgesit word om die motvlugte te monitor. Sodoende kan voorkomende bespuitings vroegtydig beplan word.

Doen opvolg-aalwurmbeheer, veral op grond met `n geskiedenis daarvan (Bly binne registrasie en neem onthoudings periode van aktiewe middel in ag, Vydate (oxamyl) het ‘n onthouding van 80dae). Kalsium toedienings kan nog gedoen word om sekondêre peuldrag se pitkwaliteit te verbeter. Voorkomende beheer van blaarsiektes soos blaarvlek is belangrik om `n goeie opbrengs, asook voldoende hooi te verseker. Monitor lande vir swam siekte soos Botrytis en Schlerotinia. Bolwurm infestasies kan ook hoog raak en lande moet goed hiervoor gemonitor word. Waterverbruik is nog in sy piek periode en skedulering moet gevolg word. Gee swaarder water minder gereeld.

Pekanneute Kalium-blaarvoeding kan toegedien word gedurende Februarie/Maart om neutvul te verbeter. Verseker ‘n hoeveelheid van nie meer as 50% ekstraksie van water uit die grond nie Gaan normaal voort met onkruidbeheer en lootpuntsnoei op die jong bome. Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stam- en basboorders, geel-pekanplantluis en skurfsiekte (meer humiede areas). Blaarontledings is einde Januarie gedoen en regstellings moet nou volgens ontledings gedoen word. Die eerste groei in die lente is vanaf reserwes en daarom moet regstelling op blare gemaak word dat boom sy reserwes opbou. Die boom is besig met neutvul en boorde moet nie nou droog raak nie. Jong bome moet 1.5m aan weerskante van die boom onkruid vry gehou word om kompetisie te verminder.

Droëbone Aanplantings behoort in die jong gevestigde tot blomstadium te wees. Pas onkruidbeheer versigtig toe om wortelskade te voorkom. Volg skedulering noukeurig en maak seker plant ervaar nie droogte stres nie omdat dit invloed op peulset kan hê. Droëbone is sensitief vir versuip toestande en oorbesproeing tydens reën moet vermy word. Mikroelemente soos boor en molibdeen kan tydens die vroeë blom- en peulstadiums toegedien word. Monitor aanplantings vir bolwurm en luise en spuit vroegtydig. Spuit voorkomend vir swam-siektes soos bruinroes, donsige skimmel en poeieragtige meeldou, veral tydens vogtige, nat periodes.

Grondbone

Aartappels Aartappels is in die jong, gevestigde stadium en laat aanplantings word nog gedoen. Onthou dat uitgeloopte moere in opberging ook met virus en aartappelmot besmet kan word. Die beheer van opslag is krities om virusbesmetting te beperk. Maak implemente skoon wanneer van een land na `n ander beweeg word tydens plant. Plant gereedheid van moere is van kardinale belang vir suksesvolle aartappel produksie. Saad moet nie lank in die son lê voor plant nie. Maak seker kultivars en generasies word nie vermeng nie. Plant eerder `n bietjie vlakker en erd op as om te diep te plant. Hoe vinniger die plante opkom, hoe beter. Wanneer plante opgeërd word (± 20 cm hoog), moet waterstres vermy word aangesien dit bruinskurf bevorder.

12


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Gerhard Nel: Oproepsentrum:

082 5944 233 086 1000 936


Aktueel Leana Bezuidenhout

Die soet smaak van

‘n Foto wat harte landswyd aangeraak het, het ook ‘n sagte plekkie by ons gevind. In die Noord-Kaap kén ons droogte, veral die afgelope paar jaar. Ons werk daagliks met boere en kan die invloed van droogte, bekommernis en harde werk duidelik sien. En tog, bo alle verwagting, straal boere ‘n bewonderenswaardige, immergroen positiwiteit uit. Soos die boer op ons

voorbladfoto, oom Johnnie Human van die Kalahari. Jy kry nie ‘n boer in die hande as jy tussen sewe-uur soggens en sesuur saans bel nie. Daarom praat ek met sy vrou, tannie Krappie. Oom Johnnie is reeds uit, besig om beeste te doseer. Hulle boer reeds 50 jaar op Droogeduin, die plaas 60 kilometer noord van Upington. Die tannie sê oom Johnnie is al

Die Human-span op pad na die waterpunte (foto: Christine Kruger)

14


Tannie Krappie het dié foto’s geneem wat duidelik die verskil wys wat die reën gemaak het.

“Dis maar net genade, jong. Ons doen baie knieë-diens.” ‘n boer sedert geboorte. Vir die laaste paar jaar het hulle omgewing, soos die grootste deel van die land, onder erge droogtetoestande gely. ‘n Ligte reënbuitjie nou en dan is te min om verligting en kos vir die diere te bring, en een haelbui het skade in veekampe aangerig. Tot Desember 2016, toe die eerste reëns val. Tannie Krappie sê meer as 20 familielede, kinders en kleinkinders, het in daardie tyd op Droogeduin saamgetrek vir Kerstyd. “Dit was ‘n fees.” Middel-Desember, toe dit reën, is die klomp agter op die bakkie om saam na al die waterpunte te ry om te meet. Een punt het ongeveer 40mm reën gemeet. Dit is hiér waar oom Johnnie uit nederige dankbaarheid die reënwater uit die reënmeter gedrink het en sy dogter, Christine, die foto geneem het. Sedertdien is die foto wyd op sosiale media versprei en het dit hoop gegee daar waar boere dit juis die nodigste

gehad het. “Johnnie sê hy is nou so famous, hy kan praatjies begin aanbied en handtekeninge uitdeel,” vertel die tannie laggend. Op Droogeduin word daar geboer met Dorperskape en Bonsmarabeeste. Tannie Krappie sê dat hulle deur die hele droogte nog nie hul kudde verminder het nie. Hulle het wel tydens verkoopstransaksies nou en dan meer verkoop as wat hulle normaalweg sou, maar met genade hoef hulle nie drasties af te geskaal het nie. “Hoe hou Tannie-hulle moed as dit vir só lank só droog is?” Sy lag lekker. “Dis maar net genade, jong. Ons doen baie knieë-diens.” Ek noem dat Suid-Afrikaanse boere ongelooflik taai is en dat ek nie glo ek is self sterk genoeg om uitdagings aan te pak soos ons boere dit doen nie. “Jy sal kan!” sê Tannie Krappie. “Jy weet nie eens daarvan nie, maar hier aan die binnekant kry jy báie krag.”

15


Aktueel Dr. Hugo Bezuidenhout SANParke Plant-ekoloog

Droogte 'n groot uitdaging, tog deel van groter prentjie

Duwweltjies (Tribulus zeyheri): ‘n pyn vir jou voete, maar as die wind waai, hou dit die grond vas verhoed winderosie.

Dit

is maklik om te vergeet dat ons deel is van ‘n enorme heelal wat deurlopend deur siklusse van verandering beweeg. Hierdie siklusse kan miljoene jare neem om te voltooi, dit mag ook korter wees soos byvoorbeeld die vier seisoene – somer, herfs, winter en lente. Binne-in dié siklusse bestaan daar groter en kleiner veranderingsiklusse, waarvan sommige aan ons bekend is. Een so ‘n voorbeeld is die reënvalsiklus – ons is almal bewus daarvan dat ons deur nat en droë siklusse beweeg wat ongeveer 10 tot 15 jaar duur. In hierdie siklusse bestaan daar weer op hul beurt jare wat natter of droër is as die norm. Hoewel ons onlangs die ergste periode binne ‘n droogtetydperk waargeneem het – wat veral ‘n groot impak op die natuur en produsente gehad het – is dit belangrik om te begryp dat hierdie fase ‘n

16

integrale rol speel in die groter prentjie van biodiversiteit en die algemene gesondheid van die omgewing. Om dit beter te verstaan, is dit nodig om kortliks te kyk na die eienskappe van plant- en dierspesies. Plantegroei word beskryf deur plantspesie-samestelling en die struktuur (hoogte en digtheid) daarvan. Homogene plantegroei, grond en geologie gee vir ‘n mens ‘n landskap. Elk van hierdie onderskeie breër landskappe word geassosieer met verskillende plantgemeenskappe. Binne-in elke plantgemeenskap leef verskeie plantspesies deur óf met mekaar te kompeteer, óf te assosieer. Die hoof-ekologiese patroon en -prosesse word deur die bodemgesteldheid (geologie en grond) bepaal. Byvoorbeeld as dit vlak (<0,2m diep) kalkerige gronde is, kan ‘n boom wat diep wortels nodig het om dit te anker, water en kos te versamel, nie daarin groei nie, maar eenjarige grasspesies en bossies met ‘n

vlak wortelstelsel kan maklik oorleef en saad produseer en sy lewenssiklus van onder meer blomme en blare uitleef. Plantspesies kan verdeel word in opportunistiese, dominante en subdominante, en suksessionele plantspesies. Van die plantspesies kan kortlewende (binne ‘n paar dae of weke), eenjariges, tweejariges en meerjarige plantspesies wees, waarvan almal belangrik is vir biodiversiteit (verskeidenheid plant- en dierspesies) en ‘n gesonde, funksionerende ekosisteem. Plantegroei bied onder meer beskerming vir diere (skaduwee, koelte en skuiling) en meer belangrik, voedsel. Daarby speel dit ‘n belangrike rol om erosie teen te werk, en behalwe dat die wortels van plante water-erosie beperk, help die wortels ook om die grond te deurlug en so gesond te hou. Sonder gesonde grond kan selfs die beste produsent nie sukses behaal nie. Goeie gene is belangrik vir lewensvatbare plant- en dierspesies en is die rede waarom slegs die sterkste plante en diere moet oorleef. Voor die inmenging van mense was daar ‘n baie natuurlike proses waarop plante en diere met swak genetika, byvoorbeeld ou of siek diere, hanteer het. Roofdiere en die klimaat het verseker dat slegs die diere met die beste gene oorleef. Diere met swak gene of siektes oorleef gewoonlik nie ‘n droogte nie. Hoewel ons nie daarvan hou om diere te sien swaarkry of vrek nie, of om die grond sonder plantegroei te sien nie, is dit ‘n natuurlike verskynsel – veral in die westelike dele van Suid-Afrika. Dit is nódig dat dit gebeur en behoort gesien te word as deel van die groter


Dr. Hugo Bezuidenhout

Bolplant (Ornithogalum seineri - tipe slangkop) is volop in die veld. Hier is meer as 300 plante in ‘n 10 x 10m-perseel! Sommige slangkoppe is giftig vir vee, maar ander nie. Die funksie van die plant is die belangrikste: grond word vasgehou sodat dit nie verspoel of weggewaai word nie. Dit is ook kos vir rotte, muise en ander bolvreters. Die plant vervul ‘n baie belangrike rol in die ekologiese prosesse.

heelal. Die droogte speel dus ‘n belangrike rol in die “skoonmaak” van die biotiese komponent van die omgewing. ‘n Verdere voordeel is dat plantegroei (landskappe) wat verder van water en skaduwee is, en soms nie so smaaklik is as kos vir diere, nou geëet word – dit is baie noodsaaklik vir hierdie plante se lewenssiklus om gevreet te word. Die droogte bied geleentheid aan sommige plantspesies, soos kortlewende (soos byvoorbeeld bolplante) en jaarlikse spesies, die geleentheid om voordeel uit die oop spasie, sonskyn, ensovoorts te trek. Meesters van dié situasies is egter die bolplantspesies, wat hul tyd afwag deur waterbronne te stoor om dan te gebruik wanneer dit ‘n droogtetydperk word en ander plantspesies dit nie kan oorleef nie. In Mokala Nasionale Park, wat deur ‘n droogtetydperk gaan, is meer as 40 plantspesies gedurende die droogte versamel wat nie in die afgelope vooraf sewe jaar versamel of aangeteken is nie. In die Kalahari Gemsbok Nasionale Park het

sommige bolplantspesies wat vir die afgelope 15 of 20 jaar onbekend was, die landskap omskep gedurende die droogte in ‘n tipiese Namakwalandse blommeprag, deur skielik te blom en die dorre veld op te helder. Wanneer ‘n plaas goed bestuur word, behoort droogtetye eerder ‘n positiewe as negatiewe invloed te hê. Om dit reg te kry, is dit nodig om langtermyn-klimaatdata in te vorder om bestuursbesluite te neem. Verder moet veld ook bestuur word volgens basiese plantegroei-inligting (klassifisering, kaart en beskrywing van plantgemeenskappe). Plantegroei-moniteringsdata, dieregetalle en verspreiding van die diere moet gebruik word om saam met klimaat-inligting, ingeligte besluite te neem. Die doel van hierdie inligting is nie om die sleg en die moeilikheid, wat droogte tot gevolg het, weg te praat of te maak of dit nie tans ‘n verskriklike effek op die natuur en landbou het nie, maar hopelik gee dit ‘n ander perspektief aan droogte, en selfs dalk waardering vir funksie en rol wat dit in die natuur vervul.

Dr. Hugo Bezuidenhout is ‘n spesialiswetenskaplike in plantegroei-ekologie by SANParke. Sy kennis van Noord-Kaapse plantegroei en die ekologie strek geweldig wyd en kan tot groot voordeel vir ons produsente wees. Hy werk al vir meer as 25 jaar by SANParke met ‘n groot fokus op bodemkunde. Plantegroei is dus nie sy enigste belangstelling nie, maar ook geologie en grondkunde en hy glo dat ‘n mens altyd iets nuut kan leer. Bezuidenhout gaan voortaan by Kommuniek betrokke wees en sy kennis met ons deel in artikels oor die omgewing en inheemse plantegroei. Boere wat vrae het oor die plantegroei in die area, of op onbekende plante afkom en foto’s daarvan het, is welkom om dit vir ons te stuur by leanab@gwk. co.za. Dr. Bezuidenhout kan dan meer inligting deel oor die spesifieke plantspesie en hoe dit tot voordeel van jou boerdery aangewend kan word.

17


Advertensie

WAT IS DIE GEHEIM VAN

DEKGEWASSE? Dawie du Plessis, Agricol

Dekgewasse is ‘n begrip wat deesdae op almal se lippe is. Daar is baie inligting beskibaar oor dekgewasse, maar hoe werk dit en wat is nodig om die beste resultate te verseker vir elke boer se grond? Eerstens moet daar in ag geneem word dat dekgewasse doelspesifiek aangewend word, omdat elke boer se produksiesisteem en omstandighede verskil. Dekgewasse kan aangewend word vir onder andere aalwurm onderdrukking, onkruidbeheer, stabilisering van grondtemperatuur in boorde en wingerde, Stikstofbinding deur middel van peulgewasse asook om organiese materiaal in die grond op te bou. Dekgewas-aanplantings werk op die volgende beginsel. Plante produseer suikers in hul blare en tot 50% hiervan word teruggevoer na die wortels, waar dit uitgeruil word vir minerale en ander voedinsgtowwe. Hierdie voedingstowwe is afkomstig vanaf mikrobes, fungi, protozoa, nematodes, mikoriza, ens. wat dooie organiese materiaal in die grond afbreek. Saam vorm hulle die “Liquid Carbon Pathway.” Plante skei dan sekere suikers af wat mikrobes lok en in ruil spesifieke voedingstowwe afbreek. So bepaal die plant dan watter soort mikrobes hy naby hom wil hê. Met ander woorde plante raak mikrobe spesifiek. Deur diversifikasie van plante op ‘n land te hê, diversifiseer die mikrobes ook, en hul populasie getalle verhoog aansienlik. Ekosisteme word deur mikrobes gedryf en in stand gehou, maar hulle het koolstof nodig. Hoe meer wortels in die grond voorkom, hoe vinniger kan die proses van koolstofvorming geskied. Dit beteken dat as daar ‘n groot diversifikasie mikrobes in die grond voorkom sal die ekosisteem op daardie land soveel meer gesond wees. Die meeste landbougronde in Suid Afrika het redelike lae koolstofwaardes en makimum wortelmassa op verskillende lae is dus die eerste stap in die proses.

18


Advertensie

Voordele van Dekgewasse: • • • • • • • •

Verhoog die wortelmassa in verskillende grondlae, Dit sorg vir beter deurlugting in die grond en beter mikrobe verspreiding, Bevoordeel toestande vir gewensde insekte en erdwurms, Vinniger opbou van humus- en of organiese koolstofvlakke, Verhoog waterinfiltrasie en waterhouvermoë, Vorm die sponseffek in die grond, verlaag uitloging van water en voedingstowwe, Dien as stoorplek vir plantvoedingselemente, Bied beter beskerming teen peste en plae en sorg vir gesonder grond.

Dekgewas opsies: Dwergswenkgras-mengsel as dekgewas tussen Pekaneutboorde: Pekaneutbome het ‘n vlak horisontale wortelstelsel en gereëlde bewerking tussen die bome is nie gewens nie. Agricol wat sinoniem is met dekgewas-navorsing het ‘n mengsel saamgestel wat tussen Pekaneutboorde geplant kan word. Die dwergswenkgras-mengsel veroorsaak min kompetisie, maar bied ook al die voordele van ‘n goeie dekgewas. Hierdie mengsel bestaan uit: Dwergswenkgras, Kruipende swenkgras, Wit Klawer en Aarbei Klawer. Verdere voordele van die Dwergswenkgrasmensel: Dit verlaag die grondtemperatuur in boorde en voorkom afloopwater. Minder bewerking tussen die bome veroorsaak minder stof en onderdruk onkruid baie doeltreffend. Die Dwergswenkgras-mengsel kan ook maklik onderhou word. Verder verskaf dit ‘n skoon gladde oppervlakte waarop die oesproses makliker met die hand of meganies gedoen kan word. Dekgewasse is nie net beperk tot boorde nie, maar ook as tussengewas of wisselbougewas in graanrotasiestelsels, en kan ook as weiding aangewend word. Dit is vir ‘n boer baie belangrik om seker te maak dat die spesies dekgewasse wat gekombineer word wel vir sy area aangepas is, veral waar dekgewasse nie op besproeiing aangeplant kan word nie.

Skakel gerus een van ons kundiges vir ‘n dekgewas-aanbeveling in jou area: Dawie du Plessis (Agricol Kimberley) 071 852 1707 | Gerhard Klok (Hopetown) 082 496 0015 Urbanus Badenhorst (Douglas) 072 610 2223 | Charl Baard (Keimoes) 082 377 8590 Oosie Joubert (Jan Kempdorp) 081 484 3018 | Piet van Wyk (Jan Kempdorp) 082 378 3433 Bennie Erwee (Jan Kempdorp) 082 948 2063 | AB Rademeyer (Luckhoff) 083 282 3996

19


GWK Agri Versekering

ALTYD ‘N VERSEKERDE TOEKOMS As toonaangewende landbouprodusent is jou grootste risiko nie die weer nie. Dit is die keuses wat jy maak en die vennootskappe wat jy sluit. Daarom is ‘n volle spektrum risiko- en finansiële beplanner aan jou sy só ‘n groot noodsaaklikheid. GWK Versekering het ‘n nuwe baadjie aangetrek om te pas by die span spesialiste wat kliënte se sake hanteer. Ons het reeds in die afgelope paar uitgawes van Kommuniek met ons kenners gesels om uit te vind wat dit is wat jy móét weet. Voortaan gaan ons ook in elke uitgawe gesels oor die omvattende een-stop-diens wat ons Versekering-span jou bied en hoe dit jou lewe makliker maak. Ons kundiges deel belangrike inligting en staan ons kliënte by met enige moontlike versekeringsverwante navrae – skakel hulle gerus.

Gevreesde siektes: Berei nóú al voor Jacques de Wet Die dood is onvermydelik, hetsy dit deur natuurlike of onnatuurlike oorsake is. In die geval van natuurlike oorsake, is die waarskynlikheid groot dat dit weens ‘n kritieke siekte sal gebeur, wat ook moontlik ‘n langdurige siekte kan wees. Navorsing en vooruitgang in die mediese bedryf verseker dat siektes soos hierdie behandel kan word om jou langer tyd te gee saam met jou geliefdes, maar baie hiervan kan nie genees word nie en is die dood ongelukkig ‘n onvermydelike vooruitsig. In hierdie tyd kan die individu ontneem word van sy vryheid en onafhanklikheid, en dít bring gewoonlik baie onvoorsiene, duur uitgawes mee. Het jy geweet dat ‘n 40 jarige man met ‘n relatief ernstige gevorderde kanker ‘n 50% kans het om vir nog vyf jaar te leef en ‘n 30% kans om vir nog 25 jaar te leef? ‘n Mens kan nie alles in die lewe beheer nie, maar jy kan vir die onverwagte voorsiening maak. Wanneer jy met ‘n kritieke siekte gediagnoseer word, kan jou lewensgehalte ernstig geknou word. Jy sal waarskynlik ook beduidende bykomende uitgawes moet aangaan om jou lewenstyl aan te pas. Gestel jy word met veelvuldige sklerose gedi-

20

agnoseer. Dit kan geweldige druk op jou finansies plaas as jy aanpassings aan jou huis moet laat aanbring wat deur dié toestand vereis word. Wat as die spesialis van jou keuse se praktyk nie gerieflik naby aan jou geleë is nie, en jy reis- en verblyfkoste moet spandeer elke keer wanneer jy daar besoek moet aflê? Neem in ag dat baie lewensbedreigende siektes die dienste van ‘n versorger vereis om tydelik of permanent na jou om te sien. Gevreesdesiektevoordeel beskerm jou teen dié finansiële risiko’s en voorsien jou van ‘n kontantuitbetaling indien jy ‘n slagoffer van enige van die gespesifiseerde lewensbedreigende siektes of traumagebeurlikhede sou word. Wat is die kanse dat hierdie met jou kan gebeur? Jy mag jouself as ‘n redelik gesonde persoon beskou wat dink dat jou kanse om ‘n kritieke siekte op te doen, relatief laag is. Die mees algemene lewensbedreigende siektes is egter kanker en hartaanvalle, en die kanse om met een van hulle voor die ouderdom van 70 gediagnoseer te word, is hoër as wat jy vermoed. Geld kan ongelukkig nie vir jou die perfekte gesondheid koop nie, maar

kan help met die finansiële implikasies in tye van ‘n lewensveranderende gebeurtenis soos kanker, beroerte, of hartaanval. Baie persone lewe met die valse sekuriteit dat hulle mediese fonds alle mediese uitgawes sal dek. Mediese fondse dek oor die algemeen binne-hospitaalkoste en dagtot-dag-gevalle uit die lid se spaarrekening. Die ware probleem is egter die deurlopende en langtermynuitgawes . Wat is die oplossing? Ten spyte daarvan dat daar moontlike beperkinge op ‘n mediese fonds is, is ‘n fonds steeds noodsaaklik vir elke persoon se finansiële beplanning. Gevreesdesiektevoordele is nié ‘n vervanging vir ‘n mediese fonds nie. Wanneer jy egter ‘n kombinasie van die twee het, vorm dit ‘n wenspan om ‘n buffer te wees teen finansiële verlies wanneer jou gesondheid versleg. Die konsep vir gevreesdesiekte-dekking is deur prof. Marius Barnard ontwikkel om te verseker dat persone wat gediagnoseer word met ’n ernstige siekte (wat ’n groot impak op hulle finansiële situasie gaan hê) in staat sal wees om ’n eis in te stel vir finansiële bystand.


?

Het jy geweet

• een spesifieke behandeling vir rheumatiod artritis kan ‘n rekening veroorsaak van meer as R100 000 per jaar • ‘n gemiddelde beroerte sal jou tussen R500 000 en R1 000 000 kos oor jou lewensduur • Alzheimers-siekte kan meer as R1 000 000 beloop

Top 4 kankersoorte vir mans (gegrond op mediese eise): -

Prostaatkanker 19%

-

Velkanker 6%

-

Rektale- en kolonkanker 5%

-

Breinkanker 5%

Top 4 kankersoorte vir vroue (gegrond op mediese eise): -

Borskanker 34%

-

Rektale- en kolonkanker 5%

-

Endometriale kanker 5%

-

Velkanker 5%

Hoe lyk die statistieke? Die statistiek hier onder is gegrond op Liberty-eise van 2015. Roker: Kanse vir kanker of hartaanval voor 70.

Nie-roker: Kanse vir kanker of hartaanval voor 70.

KANKER

KANKER

1 uit 5 mans 1 uit 6 vroue

1 uit 7 mans 1 uit 7 vroue

HARTAANVAL

HARTAANVAL

1 uit 5 mans 1 uit 6 vroue

1 uit 5 mans 1 uit 20 vroue

KANKER

KANKER

1 uit 5 mans 1 uit 7 vroue

1 uit 7 mans 1 uit 8 vroue

HARTAANVAL

HARTAANVAL

1 uit 3 mans 1 uit 9 vroue

1 uit 6 mans 1 uit 20 vroue

30 jaar oud

30 jaar oud

45 jaar oud

45 jaar oud

30 jaar oud

30 jaar oud

45 jaar oud

45 jaar oud

21


Jou boedel: Wees gereed vir die onvermydelike! Jaco Janse van Rensburg

Nagelates hoef nie ná jou of ‘n geliefde se afsterwe met ‘n inbelsentrum te skakel of van een persoon na ‘n ander verwys te word in ‘n tyd van hartseer nie. GWK Versekering en Fidusiêre Dienste het spesialispersoneel wat persoonlike diens bied in jou taal.

Een

ding in die lewe wat verseker is, is dat ons almal eendag gaan afsterwe en dat ons almal ‘n boedel sal hê. Ongeag die grootte van jou boedel moet dit ooreenkomstig die wetlike voorskrifte hanteer, geadministreer en beredder word. Wanneer jou afsterwe aanbreek is dit te laat om onder meer jou boedel, testament, trust en al hierdie belangrike aspekte wat ‘n groot impak op jou finansiële nalatenskap het, in plek te kry of om toe te sien dat dit reg en volgens jou wense hanteer word. Dit is dus baie belangrik dat jy jou omring met die regte mense en organisasies wat jou kan help om al hierdie aspekte

22

in plek te kry en ná jou afsterwe tot die beste voordeel van jou nagelates te administreer. ‘n Een-stop-diens word deur GWK Versekering en Fidusiêre Dienste aangebied vir alle GWK-lede, asook die publiek, om onder meer die volle finansiële beplanning-, versekering-, trust-, testament- en boedelberedderingaspekte te hanteer, sodat jou nagelates nie in hulle tyd van hartseer en rou vir goeie diens en mededingende fooie hoef te gaan soek, en só hulself bykomende bekommernis op die hals te haal nie. Wanneer dit kom by die administrasie, oftewel bereddering van ‘n boedel, kan dit ‘n lang en ingewikkelde proses wees wat baie administrasiewerk en die navolging van wetlike prosedures vereis en is dit belangrik dat die regte stappe gevolg moet word. Ingevolge Artikel 18(3) van die Wet op die Administrasie van Boedels 66 van 1965 word onderskeid getref

in die hantering van bestorwe (solvente) boedels wat meer en minder is as R250 000 in brutowaarde. Boedels wat minder is as R250 000 moet deur die Meester van die betrokke Hooggeregshof voorgeskryf word op die wyse waarop hierdie boedels beredder en die fondse aangewend moet word. ‘n Eksekuteursbrief is dus nie noodsaaklik vir hierdie boedels nie, omdat die hantering en bereddering van hierdie boedels deur die Meester voorgeskryf word.


Die boedelberedderingsproses vir boedels bo R250 000 verloop kortliks as volg (let wel dat daar tydsvereistes is waaraan voldoen moet word vir die stappe):

1.

Rapporteer die boedel by die Meester van die Hooggeregshof en doen aansoek om ‘n eksekuteursbrief

2.

Verkry die nodige magtigings en samel inligting van die oorledene en nagelates in

Indien die boedel bo R250 000 is, moet ‘n eksekuteursbrief deur die Meester van die betrokke Hooggeregshof uitgereik word, om sodanige eksekuteur die nodige magte te gee om die boedel so spoedig moontlik volgens die testament van die oorledene te beredder. Omdat die lewe so onvoorspelbaar is, moet ‘n mens altyd voorbereid wees en dit is hoekom GWK Versekering en Fidusiêre Dienste daarna streef om ons kliënte se totale portefeuljes jaarliks te hersien. Dit is vir ons belangrik om ‘n verhouding met ons kliënte oor die langtermyn te bou, sodat ons kliënte gemoedsrus kan hê en ons sy/ haar behoeftes kan leer ken. Verder moet kliënte, soos wat hulle omstandighede en behoeftes verander, ook hulle finansiële beplanning daarby laat inpas. Die volgende is redes waarom jou finansiële beplanning reg en in plek moet wees: Om te verseker dat daar likiditeit in jou boedel is Voorkoming dat jou bates noodgedwonge verkoop moet word om belasting en kostes te delg Die uitvoering van jou wense moontlik te maak Om die voortbestaan en volhou-

13.

Die Meester van die Hof teken die boedel af

4.

Maak ‘n boedelbankrekening oop

3.

Gee kennis aan die owerhede en werkgewer van die afsterwe

baarheid van jou boerdery en/of besigheid te verseker Die amptelike maksimum fooi wat ‘n eksekuteur toegelaat word om te vra vir die bereddering van ‘n boedel is 3,5% plus BTW op die brutowaarde van die boedel, minus sekere uitsonderings. GWK Versekering en Fidusiêre Dienste bied jou die geleentheid om ‘n goeie, mededingende fooi vir die bereddering van jou boedel vas te stel (met sekere dienste wat verdere afslag op hierdie fooi daarstel) en daarmee saam kom GWK se 360°-benadering met volledige persoonlike finansiële beplanning. Dit kan nie genoeg beklemtoon word dat ‘n persoon se finansiële plan jaarliks hersien moet word nie, asook dat verseker moet word dat ‘n geldige testament in plek is, genoegsame likiditeit in die boedel bestaan en dat indien daar ‘n trust ter sprake is, hierdie trust reg geadministreer en bestuur moet word. Skakel GWK Versekering en Fidusiêre Dienste om ‘n versekerde toekoms vir jou en jou familie te verseker, asook vir die bereddering van enige boedels. Bepalings en voorwaardes geld.

12.

Die eksekuteur moet dan bewys lewer aan die Meester van die Hof dat alle laste betaal is en distribusies gedoen is

5.

Plaas die nodige advertensies

6.

Ná terugvoer van enige krediteure, stel die eksekuteur die likwidasieen distribusierekening op

7.

Die likwidasie- en distribusierekening word ingedien en nagegaan deur die Meester van die Hof en moontlik ook deur SARS

8.

Ná goedkeuring van die ingediende likwidasie- en distribusierekening moet die eksekuteur die dokument ter publieke insae laat lê by die owerhede

9.

Indien daar besware is, word dit ooreenkomstig hanteer

10.

In geval van geen besware, of besware is opgelos, word die likwidasie- en distribusierekening dan goedgekeur deur die owerhede

11.

Die eksekuteur kan dan distribusies uit die boedel maak (let wel dat daar ‘n volgorde is waarvolgens betalings en uitkering gedoen moet word)

23


Boer maak 'n plan

Geen kopseer met hanslammers Hennie Coetzee van Steynsburg (Oos-Kaap)

‘n Apparaat uit afvalstaal gebou, word deur skaapboere landswyd gebruik om hul werk vinniger en makliker te maak. Lamtyd op die merinoplaas, Geduldsfontein, is die besigste tyd van die jaar. Almal werk harder, is meer toegewyd, slaap minder en fokus skerper. Geduldsfontein is geleë in die noordelike Oos-Kaap, tussen Steynsburg en Venterstad, en hiér boer Hennie Coetzee en sy seun, Peet, met wolmerino’s. Wanneer lamtyd aanbreek, van middel-September tot einde-Oktober, is dit ‘n miernes van bedrywighede. Kunsmatige inseminasie op die ooie word reeds in April of Mei gedoen en lei tot ooie wat meerlinge lam wanneer die tyd aanbreek, drie, vier- en selfs vyflinge. Volgens Coetzee vaar merino-ooie op hul beste met eenlinge en is dit soms nodig dat een of twee van dié lammers by die 24

ooie weggeneem en met die hand grootgemaak word. Die droogte het ook die afgelope paar jaar ‘n rol gespeel in die ooie se vermoë om lammers te voed en meer lammers is in die hanslamkamp ingeneem. Die gemiddelde aantal hanslammers per jaar op Geduldsfontein, waar die speenpersentasie tussen 115% en 125% is, wissel van 50 tot 120. Hierdie hanslammers kry elk vir die eerste ses weke 500ml melk in die oggend, middag en aand, waarna hul tot op vier maande in die oggend en aand melk kry. Hulle word dan gespeen. Die melkgee-proses is tydsaam en harde werk, veral met plaaswerkers wat elders baie besig is gedurende lamtyd. Coetzee se buurman, ook ‘n merinoboer, het toe ‘n plan bedink om die proses vinniger en makliker te laat verloop. Uit afvalstaal het hy ‘n

melkbottelhouer gebou waarmee tien lammers op ‘n slag kan drink, terwyl die melkbottels dan tussen elke groep lammers met vol bottels vervang word. Volgens Coetzee sal die apparaat min of meer R200 kos indien jy die staal daarvoor moet aankoop, maar dat afvalstaal sommer gebruik kan word. Hy sê dat die volmaak van bottels nou die meeste tyd neem, omdat elke hanslammer aan sy eie bottel drink om siektes en die verspreiding van kieme te beperk. Tussen die sessies word die bottels gewas en ontsmet. Een melkgee-sessie neem nou op die meeste ‘n halfuur – die hanslammers leer ook vinnig om elk by ‘n bottel te staan en drink. Die apparaat kan aangepas word om meer bottels te hou aan een kant, of selfs aan albei kante. Om tyd te spaar, beteken dat boere meer tyd het om die wêreld van kos te voorsien.


STAAK BOERDERY VEILING van D & D Keyser Eiendoms Bpk.

15 FEBRUARY 2017 - 10:00 NAMENS DAWIE KEYSER WAT AFTREE

Plaas Wolhuterskop, Hertzogville

AANBOD

LIGGING Vanaf Hertzogville neem die R708 na Bultfontein vir 18km tot plaas afdraai op regterkant. Vanaf Bultfontein volg die R708 na Hertzogville, plaas afdraai na 55km op linkerkant. Volg GWK wegwysers.

EIENDOM (GROND) - BOSHOF AREA

907.3959 ha Doringrandjies 191.1184 ha Kleintevrede VOERTUIE, IMPLEMENTE & LOSGOED 2008 VW 17-250 Vragmotor (8 ton) met beestralies met 8 ton hoëspoed enkel wiel sleepwa Massey Ferguson 165 trekker MF 240 trekker 2 MF 290 trekker MF 298 trekker MF 4270 trekker Ford 7840 trekker Isuzu 2.5L s/c bakkie 2000 Toyota Hilux 2.5L d/c bakkie 2010 Toyota Hilux 3L s/c bakkie 1983 Mercedes-Benz Gelandewagen (oorgedoen as jagvoertuig) 290 GD LWB Yamaha 2-wiel motorfiets 250cc 3 Bulperd dubbel-as beeswa 1 Swaardiens dubbelwiel motor sleepwa 8 Enkelwiel trekker sleepwa 4 6000L watertenk sleepwa 1 MF Hark (4-roller) 2 500L dieselkar 2 Vuur bestryders 4 “Offset” (groot - hidrolies) 3 Ploeg 3-skaar 2 Bossiekapper 1 Slattery stroper met massa wa 1 Dors masjien 3 Hammermeul

GWK Veilings Kimberley Braam Hendriks (Eiendom) Schalk Erlank Deon Klopper (Afslaer)

1 1 3 3 1 1 2 2 1 1 1 20 1 1 1 1 1 1 1 2 1 1 1

1268.2665 ha Jansepan 1171.3286 ha Wolhuterskop

MF Mielieplanter 3-ry JD Mielieplanter 3-ry JD Hawer planter Eg Mobiele laaibank met +/-10 hekke Dam skrop Tandploeg Spoor merkers Rolstaaf Kunsmis strooier Skoffelploeg Bees & kleinvee self voerders 550L Gifspuit Bees nekklamp Grondbone dopper Perde wa (enkel as) Elektroniese bees skaal Bees skaal Kleinvee skaal Wol pers Houtsaag (trek van trekker se PTO) Gas sny toestel Danmic Diesel sweismasjien Pype Werkstafel Gereedskap Losgoed Huisraad Antieke Meubels

053 832 5227/8 082 804 8079 082 558 6891 082 802 8483

LEWENDEHAWE 30 Swart Brangus Bulle 50 Swart Brangus tipe Koeie met kalwers 300 Swart Brangus tipe Dragtige Koeie & Dragtige verse 70 Kommersiële Aanteel vroulik KLEINVEE ±470 Wit Dorper-ooie (sommige met lammers) 100 Dorper-ooie 316 Merino-ooie (2 – 6 tand) 10 Merino-ramme 58 Boerbok-ooie 30 Boerbok-ramme 10 Ry perde

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings 1% Kontanthanteringsfooi. Geen kontant sal ontvang word sonder die nodige identifikasie en bewys van adres nie.

25


GWK Agri Besproeiing Leana Bezuidenhout

Produk bied groot waarde vir jou spilpunt ‘n Ontwerp

wat die eerste keer in 1992 in die VSA geïnstalleer is en nou wêreldwyd gebruik word, is onlangs die eerste keer in die Noord-Kaap geïnstalleer. PolySpan, ‘n produk van Valley, word gebruik om verwering en roes van spilpuntpype te verhoed. PolySpan is nog nie voorheen in hierdie area gebruik nie omdat die beter gehalte van besproeiingswater nie ‘n korrosiewe uitwerking op spilpuntpype gehad het nie. Cobus Myburgh, Valley-streeksbestuurder, sê dat hulle egter waargeneem het dat die leeftyd van spilpuntpype oor die afgelope jare verkort het. Hy skryf dit toe aan watergehalte wat verswak het. “Die Vaalrivier se watergehalte neem af weens ‘n kombinasie van faktore,” sê Myburgh. “Mynafval en riool speel ‘n rol. Dit is ook nie noodwendig soute wat verantwoordelik is vir die verwering van spilpuntpype nie, maar ook die voorkoms van chloried, magnesium en kalsium in water.” Die PolySpan-produk behels gegalvaniseerde spilpuntpype wat ‘n plastiekvoering bevat om te verseker dat die water nooit met metaal in aanraking kom nie. Dit word vervaardig in die Valley-fabriek in die VSA waar die plastiekpyp in die metaalpype geplaas word terwyl dit nog warm is en dan aan die pype vassmelt.

Die eerste PolySpan-spilpunt is in Januarie op Frank Lawrence, Direksievoorsitter, se plaas geïnstalleer. Voordele van PolySpan sluit die volgende in: PolySpan is ‘n chemies onaktiewe produk, wat dit ideaal maak vir kunsmistoediening en korrosiewe water

26

Geen lekkasies en seël waterdig Lang leeftyd (die eerste masjien wat in 1992 geïnstalleer is, werk steeds) Elke strukturele komponent van die spilpunt is gevoer en polybeskermd Word nie beïnvloed deur verwering deur sand nie Hoogs weerstandig teen sonlig en humiditeit Die PolySpan-toerusting kan aangewend word deur sekere pype te vervang, maar Myburgh beklemtoon dat dit beter is om die hele spilpunt daarmee te vervang. Hoewel die koste effens hoër is as vir spilpunte sonder PolySpan, is dit ‘n langtermynbelegging. “Ons bied ‘n onvoorwaardelike waarborg vir tien jaar op hierdie produk en ‘n bykomende glyskaalwaarborg vir nog tien jaar,” sê hy. “Ons voorsien dat water in die toekoms verder sal verswak en dat PolySpan ‘n noodsaaklikheid vir elke besproeiingsprodusent sal word om die langlewendheid van sy spilpunte te verseker.” Slegs twee verskaffers in Suid-Afrika bied ‘n produk soos hierdie, waarvan Valley een is. Ander eienskappe van PolySpan sluit in: Aangepas op verskeie groottes pype Aangepas om toerusting-grootte en vloeispoed te akkommodeer Aanpasbaar by ‘n verskeidenheid Valley-produkte Pypvervanging beskikbaar vir ouer Valley-toerusting (waarborg bly dieselfde)


Willie Wiggett Regional Manager: Irrigation Tel: 053 298 8318 Cell: 083 449 0958 williew@gwk.co.za

Anton Visagie Branch Manager: Irrigation (Douglas) Tel: 053 298 8454 Cell: 083 462 4976 antonv@gwk.co.za

Gert Engelbrecht Technical Advisor: Irrigation (Western Region) Tel: 053 298 8237 Cell: 082 923 3440 gerte@gwk.co.za

Stefan Vermeulen Technical Advisor: Irrigation (Cradock) Tel: 048 881 3931 Cell: 083 325 5633 stefanv@gwk.co.za

27


Advertensie

PLANT VANJAAR BESTRYKTE SUPERSONIC LUSERN Lusernproduksie word deur verskeie faktore beïnvloed: Onvoorspelbare klimaatstoestande kan nie beheer word nie, maar bestuur speel ‘n kritiese rol. ‘n Optimale plantestand van die regte kultivar vorm die basis vir sukses, voordat die boer met goeie bestuur die opbrengspotensiaal kan ontsluit. Plantestand Bestrykte (“coated”) saad is fisies groter as skoon (onbestrykte) saad en bevat daarom minder saad per kilogram. Daar word gewoonlik twee foute gemaak wanneer bestrykte saad geplant word: (1) planters word nie vir die groter saad gekalibreer nie en (2) die saaidigtheid word nie effens opwaarts aangepas nie. Teoreties is daar oorgenoeg bestrykte saad/kg om teen dieselfde digtheid (kg/ha) as skoon saad te plant, maar uiteindelik moet die saailingdigtheid waarmee die spesifieke boer tevrede is, behaal word. Advance Seed het oor seisoene, in menigte standproewe in die Luckhoff-, Jacobsdal-, Douglas- en Hartswater-omgewings, bewys dat die gewenste stand met bestrykte saad verkry sal word indien die saaidigtheid (kg/ha) opwaarts (met 20-30%) aangepas word. Die voordeel wat die boer trek is dat selfs met ‘n verhoogde saaidigtheid, die saadkoste/ha van die bestrykte saad heelwat laer bly. Boere wat al bestrykte saad teen die regte saaidigthede geplant het, sal nie weer skoon saad teen die huidige saadpryse plant nie. Menere Abrie de Wet en Pieter Cronje, buurmanne van Jacobsdal is voorbeelde van sulke boere. Volgens De Wet het hy geen standverskille waargeneem waar hy bestrykte- en skoon saad teen dieselfde kilogramme/ha langs mekaar geplant het nie. Cronje sê hy was veral beïndruk met die kwaliteit van die bestrykte saad wat pit-vir-pit eweredig bestryk is. Hy skryf die sukses van bestrykte saad toe aan die voordelige invloed wat die bestrykingsstof fisies op die saad het: “Die verspreiding van saad is meer eweredig, saad-grond-kontak is beter en elke saadjie kry ‘n beter kans om ‘n lusernsaailing te word”. In Hartswater het meneer Jacques Cilliers van Dinamis Boerdery al vir ‘n paar seisoene bestrykte saad geplant. Die kostebesparing op die saad alleen maak dit alreeds vir hulle die moeite werd, maar hulle spaar verder op vroeë spuitkostes danksy die sistemiese insek- en swamdoders wat die bestrykingsstof bevat. Vir meneer Nicky van der Walt van Luckhoff beteken die aanplant van bestrykte lusernsaad ook ‘n kostebesparing. Hy argumenteer ook dat die voedingstowwe in die bestrykingsstof, ‘n sterker en gesonder saailing tot gevolg het. Kultivarkeuse Daar is baie ingevoerde kultivars plaaslik beskikbaar, maar ongelukkig word daar nie genoeg onafhanklike proefdata beskikbaar gestel waarvolgens boere ‘n kultivarkeuse kan maak nie. Daar bestaan egter ‘n persepsie dat hoog-groeiende kultivars (>dormansie 9) altyd die hoogste produksiepotensiaal het. Die realiteit is dat daar wél produksiepotensiaal in hoogte-groei lê, maar net tot op ‘n sekere punt waarna produksie en kwaliteit weer kan verlaag. Deur van hierdie punt af te selekteer vir spruitdigtheid en blaarmassa, kan die opbrengspotensiaal en kwaliteit van ‘n kultivar verder verhoog word. SuperSonic, ‘n Advance Seed, dormansie-9 kultivar, is so geselekteer. In proewe teen ‘n baie gewilde opposisie-kultivar (hoëgroeier) is die volgende waarnemings gemaak: 28


Advertensie

Dit lyk op die oog af of SuperSonic stadiger herstel, maar as’t ware word daar meer spruite per plant gevorm (figuur 1). Die vroeë hoogteverskil word verkeerdelik geïnterpreteer as stadiger herstel en laer produksie. SuperSonic het dun, blaarryke spruite en (danksy ‘n lae groeiwyse) ‘n uitstekende blaarretensievermoë. Die totale blaarproduksie is heelwat hoër wat beter voerkwaliteit tot gevolg het. Boere soos Cronje, De Wet en Cilliers is almal oortuig van SuperSonic se uitstekende opbrengspotensiaal.

Mnr. Abrie de Wet

Opposisie kultivar

Mnr. Pieter Cronje

Mnr. Nicky van der Walt Opposisie kultivar

SuperSonic

Mnr. Jacques Cilliers

SuperSonic

60%

63%

40%

37%

810 spruite/m²

980 spruite/m²

HERGROEI

2 Weke

3 Weke

4 Weke

Figuur 1: ‘n Voorbeeld van ‘n vroeë lentesnit van SuperSonic en ‘n opposisie-kultivar (Douglas-omgewing). Hierdie verskil kan tipies regdeur die seisoen verwag word, hoewel die verhoudings sal verander soos wat dagliglente, verandering in dagliglengte en temperatuur varieer.

Vir meer inligting, kontak Dirk Coetzee op 076 791 4245 29


GWK Agri Landboukundige dienste Hannes Hattingh en Dr. Dries Bloem (Geolab)

DIE INVLOED VAN

GROND-FOSFORSTATUS OP DIE GROEI VAN UIE Inleiding Interessante waarnemings en ontledings is die afgelope seisoen gemaak op uielande. Probleme met groei is in baie gevalle gediagnoseer as fosfortekorte. Die unieke situasie dat uie in die laat herfs / winter geplant word en ook die swak wortelstelsel daarvan, veroorsaak dat uie anders as ander gewasse reageer ten opsigte van fosforopname. Met ‘n totale insetkoste van ongeveer R160 000 per hektaar is dit raadsaam om alle moontlike tekorte wat produksie negatief mag beïnvloed, reg te stel. Wat is die funksie van fosfor by plante? Fosfor word hoofsaaklik in die vorm van oplosbare ortofosfate (bv. H2PO4) opgeneem en word in hierdie vorm in organiese verbindings en plantstrukture ingebou. Die belangrikste hiervan is waarskynlik fitien, ATP, ADP, DNA en fosfolipiede. Soos in die geval van N speel P dus ook ‘n rol by fotosintese, groei, voortplanting en handhawing van genetiese identiteit, en ook by respirasie. Fosfor word veral geassosieer met seldeling, wortelgroei en blomvorming. Dit speel ook ‘n rol by rypwording. (Bemestingshandleiding 2007, MVSA.) Hoe meet ons dit? Daar kan deur middel van ‘n grondontleding vasgestel word wat die P-status op gronde is. Die teenwoordigheid of afwesigheid van vry-kalk in die grond sal die tipe P-ontleding bepaal. Jou GWK-landboukundige kan jou bystaan met hierdie toetse.

Gewassensitiwiteit: Hoe beïnvloed ‘n lae fosfor-grondstatus die groei van plante? Plantontwikkeling en wortelgroei is vertraag, plante is verpot en uie se blare vertoon gevlekte groen of geelbruin van kleur. Rypwording kan vertraag word en uie is geneig om ‘n dik nek te hê tydens oes. Gewasse se sensitiwiteit ten opsigte van grondfosfor-status verskil. Fosfor word baie sterk deur gronddeeltjies geadsorbeer en beweeg daarom baie min in grond. Meeste ander voedingstowwe beweeg saam met water na die plantwortel, maar dit is nie die geval by P nie. Die wortel moet in kontak kom met die P-verrykte sone (1-5cm rondom kunsmiskorrel) om P doeltreffend op te neem. Wortelontwikkeling is daarom so ‘n belangrike faktor by opname van P deur plante. Met ‘n studie van Fohse, Claassen & Jungk (1988) is die doeltreffendheid van P-opname van plante getoets. Uie, raaigras, koring, rape, spinasie, tamaties en bone is met mekaar vergelyk. Uie het die hoogste grond P-status verlang om 80% opbrengspotensiaal te bereik (dus die laagste doel-

Monster no

treffendheid) en koring was weer die mees doeltreffende van die gewasse wat getoets is. P-doeltreffendheid is direk gekoppel aan die opnamedoeltreffendheid van die plant, wat weer beïnvloed word deur die wortelblaar-verhoudinge en die absorpsiespoed (opnamespoed) per eenheid wortels. Fosfor-doeltreffendheid kan gedefinieer word as die plant se vermoë om ‘n sekere persentasie van sy hoogste opbrengspotensiaal te lewer by ‘n sekere grond P-status (Fohse, Claassen & Jungk, 1988). Koring word dikwels op sandgronde gesaai voor uie gevestig word om windskade op saailinge te voorkom. Dit is duidelik dat koring fosfor meer doeltreffend gebruik as uie. Indien koring teen ‘n te hoë digtheid gesaai word of gelos word om te lank te groei, kan dit bydra tot fosfortekorte op uie. Hoe beïnvloed temperatuur fosfor-opname? Mackay & Barber (1984) het gevind dat P-opname van mielies twee- tot viervoudig toeneem wanneer grondtemperatuur van 18 tot 25 grade C verhoog. Wanneer lugtemperatuur verhoog van 18 tot 25 grade C en

P(Bray1)

Lab no

mg kg-1

Foto 1 Uie Goed

N1265

35

Foto 1 Uie Swak

N1266

15

Foto 2 Uie Goed

N3048

28.0

Foto 2 Uie Swak

N3050

12

Foto 3

N1693

13

Tabel 1: Grondontledings van gevalle waar swak en goeie groei van uie voorgekom het.

30


Foto 1: Strepe waar uie swakker ontwikkel as gevolg van lae P-status.

Foto 2: Kleiner en groter uie as gevolg van fosforstatus wat verskil.

Foto 3: Uie waar koring gebruik is as dekgewas om windskade te voorkom.

grondtemperatuur by 18 grade C gehou word, sal P-opname 2,2 maal toeneem. Die hoofrede hiervoor was die feit dat wortelgroei byna vyf maal toegeneem het met verhoging in temperatuur van 18 tot 25 grade C. Koue grondtemperature gedurende die laat herfs en winter kan dus bydra tot swak fosforopname van uie weens vertraagde wortelontwikkeling. Lae grondfosfor-status, tesame met met koue temperatuur, kan groot opbrengsverlies tot gevolg hê.

status het heelwat hoër ontleed (sien Tabel 1). Foto 3 toon ook uie wat verpot is weens grond P-status, maar ook kompetisie van koring ervaar het. Koring word gesaai tydens die vestiging van uie om windskade te beperk. Soos genoem is koring se fosfordoeltreffendheid heelwat hoër as dié van uie en kon dit ‘n bykomende bydrae gelewer het tot die lae grond P-status se negatiewe effek op uie se ontwikkeling.

Opsomming Uie is uiters sensitief vir lae grond P–status en groei word drasties ingekort waar P-status laag is. Daarom is dit belangrik om grondfosforaanpassings te maak voor uie gevestig word. Omgewingstoestande soos koue temperature speel ook ‘n groot rol in die opname van fosfor. Laatherfs- en vroeë-winteraanplantings word sterk beïnvloed deur koue grondtemperature en is dit belangrik om meeste van jou fosforbemesting tydens vestiging te doen. Koring neem fosfor baie effektief op en dit moet in ag geneem word wanneer koring gevestig word as dekgewas. Tydige beheer van koring tussen uie is van kardinale belang. Dit sal raadsaam wees om die meeste fosfor van jou uiebemestingsprogram toe te dien met vestiging.

Hoe beïnvloed grondfosfor-status uie? Uit die bogenoemde is dit duidelik dat uie wel meer gevoelig is vir lae grond P-status as baie ander gewasse. Die grondtoetsnorm vir P Bray 1 ontleding vir graangewasse is 25 -30 mg/kg. Prasad et al. (1988) het egter ‘n P-grondtoetsteikenwaarde (Olsen P) van 45 mg/kg vir uie verkry. Gedurende die 2016-produksieseisoen is baie voorbeelde gesien waar lae P-grondstatus die ontwikkeling van uie benadeel. Sien foto 1, 2 en 3. Foto 1: Die strepe van swakker uieplantjies tussen die ander uie kan duidelik waargeneem word. Foto 2 vertoon ook swakker uieplante tussen beter plante. By albei die gevalle was die enigste noemenswaardige verskil die variasie in grond P-status. Die uie wat beter vertoon het se grond P-

Hoe voorkom ons so ‘n situasie? Deur vooraf gronde te toets, kan die probleem van ‘n lae grond P-status vermy of vroegtydig reggestel word. Dit is wel belangrik om die regte ontledingmetode te volg sodat onnodige fosfortoedienings vermy kan word. Om fosforregstellings te doen, het gewoonlik ‘n groot koste-implikasie. Dit sal daarom raadsaam wees om ruitmonsterneming op ‘n eenhektaarbasis te oorweeg om onnodige kostes te voorkom. Dit is egter belangrik om ‘n fosforaanpassing te doen op gronde waar P-status laag ontleed. Hierdie regstelling moet voor vestiging van uie geskied en moet ingewerk word om maksimum wortelkontak te bewerkstellig. Dit is belangrik dat P beskikbaar is vroeg in die seisoen (wanneer dit nog koud is) om groei te bevorder vir veral goeie wortelontwikkeling.

Bronnelys DORIS FÖHSE, N. CLAASSEN and A. JUNGK; Phosphorus efficiency of plants: I. External and internal P requirement and P uptake efficiency of different plant species; Plant and Soil Vol. 110, No. 1 (August (I), 1988), pp. 101-109. MVSA Bemestingshandleiding; 2007 A. D. Mackay and S. A. Barber2 ; Soil Temperature Effects on Root Growth and Phosphorus Uptake by Corn1; SSSAJ; Vol. 48 No. 4, p. 818-823; 1984 http://www.yara.us/agriculture/crops/onion/ key-facts/role-of-phosphate/ M. Prasad , T. M. Spiers & I. C. Ravenwood (1988) Target phosphorus soil test values for vegetables, New Zealand Journal of Experimental Agriculture, 16:1, 83-90.

31


GWK Verhandeling Pekanneute Dr. Chris Schmidt

Afsterf van jong pekans:

‘n gevallestudie (Vaalharts 2016) Inleiding Gedurende Oktober 2016 is waargeneem dat jong pekanboompies wat onder ‘n spilpunt aangeplant is vir die doel van enting, se blare verbruin en afsterf (Figuur 1). ‘n Ondersoek is geloods om die oorsaak hiervan vas te stel.

Ondersoek Die spilpunt is besoek en daar is gevind dat die bome se voorkoms verskil, maar dat blare oral afsterf. Grondmonsters is geneem by vier plekke op die spilpuntoppervlakte (drie met “swak” en een met “beter” voorkoms), asook by twee plekke buite die spilpunt (buiteblokke) waar ook jong bome (neute) geplant is. Omdat die vermoede was dat die oorsaak van die probleem die opbou van soute is, is grondmonsters op gronddieptes van 0-10cm, 10-20cm, 20-30cm en 30-40cm geneem, sodat verskille in die boonste grondlae ondersoek kan word. Hierdie grondmonsters is weggestuur en ontleed vir pH(KCl), kalium, kalsium, magnesium en natrium volgens die ammoniumasetaat-metode, asook vir kalium, kalsium,

32

magnesium, natrium, elektriese geleiding en natriumabsorpsieverhouding (NAV) volgens die versadigde waterekstrakmetode. By die buiteblokke word vloedbesproeiing toegepas. Een van die buiteblokke is op dieselfde manier bewerk en gevestig as die spilpunt, naamlik vlakbewerking, waarna neute in rye op ongeveer 8cm gronddiepte geplant is. By die ander buiteblok was die grond tot ongeveer 40cm-diepte omgedolwe voordat geplant is (die vorige bome is met ‘n slootgrawer verwyder). Die verskil tussen die spilpunt en een buiteblok is dus ‘n redelik onversteurde bogrond (“swak” bome), terwyl die ander buiteblok se bogrond goed vermeng was deur omdolwing voordat aangeplant is (“mooi” bome). By die vier areas onder die spilpunt het blare van bome by drie plekke erg afgesterf, soos in Figuur 1 (“swak”) gesien kan word. By die vierde area het blare minder afgesterf (“beter”). By die een buiteblok wat nie omgedolwe was nie het blare ook afgesterf (“swak”), terwyl die blok wat omgedolwe was, se blare perfek vertoon het

Figuur 1

(“mooi”). Die besluit is ook geneem om blare te neem by “swak buiteblok” (siek en verdroog) en “mooi omgedolwe” (gesond en lowergroen). Die blare is in albei gevalle van die hoofare (“midrib”) gestroop om enige verdunningseffek (deur die are) wat mag bestaan, uit te skakel. Blare is ontleed vir die gewone chemiese elemente, asook chloried.

Boomvoorkoms en wortelontwikkeling Tydens monsterneming is wortelontwikkeling van boompies ook ondersoek en diepte van voorkoms is aangeteken. Figuur 1 wys duidelik hoe blare afsterf en verteenwoordig voorkoms van bome by die spilpunt, voldoende. In Figuur 2 en 3 word die boompies by “swak buiteblok” en “mooi omgedolwe” aangedui. Opsommende waarnemings rakende die teenwoordigheid van wortels by


sommende waarnemings uit chemiese gronddata om verskille tussen die “swak” en “mooi” bome te verklaar, word in Tabel 2 opgesom.

Figuur 2: Swak buiteblokFiguur Figuur 2: Swak 2: Swak buiteblok buiteblok

Figuur 3:3:Mooi omgedolwe Figuur Figuur Mooi 3: Mooi omgedolwe omgedolwe

Naam

Verskille wat tussen “swak” en “mooi” bome waargeneem kon word Natrium (mg/kg en %; ammoniumasetaat) by swak bome is hoër Swak bome het hoër EG-waardes Laer kalium (ammoniumasetaat; mg/kg) by swak bome

Ja

Diepte van wortels Relatiewe hoeveelheid Tipe benatting (cm) wortels Swak spilpunt 1 34 Min Spilpunt Tabel 2: Die opsommende waarnemings uit gronddata om verskille tussen die Swak 2 32 Min Spilpunt Tabel Tabel 1: 1: spilpunt Opsommende Opsommende waarnemings waarnemings gemaak gemaak by by boompies boompies rakende rakende teenwoordigheid teenwoordigheid vanchemiese van “swak” en “mooi” bome te verklaar. Swak spilpunt 3 Geen Spilpunt wortels wortels en wyse en wyse vanvan benatting. benatting. Beter spilpunt 4 17 Meer Spilpunt Blaarontledingsdata Swak Naam buiteblok 20-40 Baie Vloed TipeTipe Naam Diepte Diepte vanvan wortels wortels Relatiewe Relatiewe hoeveelheid hoeveelheid wortels wortels benatting benatting Blare is afgeknip by die “swak buiteMooi omgedolwe 10-40 (cm)(cm) Baie Vloed

blok” en die “mooi omgedolwe” bome. Blare is van dieselfde hoogte en groeitipe by die onderskeie groepe afgeknip. Daarna is alle blare van die Beter Beter spilpunt spilpunt 4 4 17 17 Meer Meer Spilpunt Spilpunt boompies en die wyse van benatting, die versadigde stingels en hoofare gestroop en apart Swak Swak buiteblok buiteblok 20-40 20-40 BaieBaie waterekstrakwaardes, Vloed Vloed word in omgedolwe Tabel 1 opgesom. wys geen verskille uit nie. ‘nVloed Oormaat Mooi Mooi omgedolwe 10-40 10-40 BaieBaie Vloed gedroog. Omdat van die blaarmanatrium kan by die bome waar blare teriaal alreeds dood en droog was, afsterf, ‘n rol speel, veral in die teen- asook die feit dat daar twee dae voor Grondontledingsdata Vanuit Vanuit Tabel Tabel 1die is1dit is dit duidelik duidelik datdat wortels wortels meer meer volop, volop, asook asook vanaf vanaf ‘n vlakker ‘n te vlakker diepte, diepte, by die by Indie twee twee woordigheid van min kalium. Vanuit slik-plus-klei-inhoud, pH(Kdie tyd ligte reën voorgekom het, is lokaliteite, lokaliteite, wat wat deur deur vloedbesproeiing vloedbesproeiing benat benat word, word, voorgekom voorgekom het. het. Cl), berekende KUK (EKUK; ammoni- dien die natrium die opname van blare nie afgespoel nie. Dit was aanumasetaat-ekstraksie), asook titrasie- kalium verder onderdruk, kan ‘n sout- vaar dat indien besmetting op die bepaalde KUK vir die 0-40 cm bogrond, brand-effek, tesame met kaliumtekort- blare sou voorkom, dit dieselfde sal kon geen verskille tussen “mooi” simptome lei tot afsterf van blare. wees op albei groepe. BlaarontleGrondontledingsdata Grondontledingsdata Verder is die natriumabsorpsieveren “swak” bome verklaar word nie. dings kan op geen manier in verband Vanuit Vanuit die die slik-plus-klei-inhoud, slik-plus-klei-inhoud, pH(KCl), pH(KCl), berekende berekende KUKKUK (EKUK; (EKUK; Ammoniumasetaat-ekstraksie), Ammoniumasetaat-ekstraksie), asook asook houding (NAV) en elektriese geleiInteendeel, groot ooreenstemming gebring word met blaarnorme vir petitrasie-bepaalde titrasie-bepaalde KUKKUK vir vir die die 0-400-40 cm cm bogrond, bogrond, konkon geen geen verskille verskille tussen tussen “mooi” “mooi” en en “swak” “swak” bome bome (EG) volgens die versadigde kans nie, aangesien verskillende pogeld tussen die lokaliteite, wat so ding verklaar verklaar word word nie.nie. Inteendeel, Inteendeel, groot groot ooreenstemming ooreenstemming geldgeld tussen tussen die die lokaliteite, lokaliteite, watwat so behoort so behoort te te behoort te wees aangesien die mon- waterekstrak van die grond onder- sisies geneem is (anders as by normale wees, wees, aangesien aangesien die die monsternemingspunte monsternemingspunte binne binne ‘n 200 ‘n 200 m radius m radius voorkom. voorkom. sternemingspunte binne ‘n 200m- soek. Die NAV is 'n indeks van die po- monsterneming van vaste posisies) en tensiaal van water om aan en te en duiversadigde of ook omdat monsters nie op die regte radius voorkom. Ontledingsdata Ontledingsdata vanvan kalium, kalium, kalsium, kalsium, magnesium magnesium en en natrium natrium (ammoniumasetaat (ammoniumasetaat versadigde dit verbakking kan veroorsaak. Hier-WatWat Ontledingsdata kalium, tydstip geneem is nie. Die doel was waterekstrak waterekstrak metode) metode) vanvan van die die 0-400-40 cmkalsium, cm grondlaag grondlaag vanvan die die onderskeie onderskeie bome, bome, is bestudeer. is bestudeer. diewaargeneem waarde word moet kleiner as natrium drie aanbetref, wees. magnesium en aanbetref, natrium (ammoniumaegter om te sien of die twee “poele”/ magnesium magnesium en kalsium en kalsium aanbetref, konkon geen geen verskille verskille waargeneem word nie. nie. WatWat natrium aanbetref, Hoewel die gemiddelde waardes lokaliteite van mekaar verskil. setaat en versadigde waterekstrakhethet waardes waardes by by die die “mooi” “mooi” boom boom (omgedolwe), (omgedolwe), versus versus al die al die ander ander bome, bome, verskil. verskil. Natrium Natrium waswas metode) van die 0-40cm-grondlaag vir die 0-400mm gronddiepte vir al Die twee poele het inderdaad van opvallend opvallend laerlaer by die by die “mooi” “mooi” boom. boom. Kalium Kalium vir al virdie al die bome bome by die by die spilpunt spilpunt is laer is laer as die as die norm norm (varieer (varieer van die onderskeie bome, is bes- die bome effe variëer, is dié van die mekaar verskil. Alle makro- en setussen tussen 49 en 49 74 en mg/kg). 74 mg/kg). DieDie absolute absolute laagste laagste norm norm vir kalium vir kalium op sanderige op sanderige gronde gronde is 80 is mg/kg, 80 mg/kg, maar maar tudeer. Wat magnesium en kalsium “mooi omgedolwe” bome die laag- kondêre elemente by “swak buite100-110 100-110 mg/kg mg/kg is meer is meer aanvaarbaar. aanvaarbaar. DieDie 0-300-30 cm cm bogrond bogrond by die by die “mooi “mooi omgedolwe” omgedolwe” bome bome is meer is meer aanbetref, kon geen verskille waar- ste, en dus die gesondste. Die elek- blok” het hoër ontleed as by “mooi as 80 asgeneem 80 mg/kg mg/kg (tussen (tussen 83 83 totWat tot 94 94 mg/kg). mg/kg).Die Die %-waardes %-waardes (ammoniumasetaat), (ammoniumasetaat), of die of die versadigde versadigde triese geleidingwaardes (EG-waardes) word nie. natrium aanomgedolwe”, behalwe swael en chlowaterekstrak waterekstrak waardes, waardes, wys wys geen geen verskille verskille uit uit nie. nie. ‘n Oormaat ‘n Oormaat natrium natrium kan kan by die by die bome bome waar waar blare blare dui op die totale hoeveelheid soute in betref, het waardes by die “mooi” ried. Laasgenoemde twee is egter afsterf, afsterf, ‘n rol ‘n (omgedolwe), rol speel, speel, veral veral in die inversus die teenwoordigheid teenwoordigheid van te min tegrond. min kalium. kalium. Indien Indien die die natrium natrium die die opname opname Die gemiddelde waarde boom al die an-vandie vir alle praktiese doeleindes dieselfder bome, verskil. Natrium was opval- vir die 0-400mm gronddiepte by die de. By “swak buiteblok” ontleed stiklend laer by die “mooi” boom. Kalium “swak” bome is 2,3 keer hoër as vir die stof 27%, fosfaat 30%, kalium 58%, kalsi2 bome. Die bekende EG-drem- um 52% en magnesium 25% hoër as vir al die bome by die spilpunt is laer as 2 “mooi” die norm (variëer tussen 49 en 74mg/ pelwaarde vir pekans is 189mS/m, wat by “mooi omgedolwe”; soos genoem kg). Die absolute laagste norm vir ka- baie hoër is as wat hier gemeet is. Om is swael en chloried dieselfde. Wat lium op sanderige gronde is 80mg/ hierdie rede kan die EG nie as ‘n rede mikro-elemente aanbetref, ontleed kg, maar 100-110mg/kg is meer aan- tot verskille in die bome se voorkoms “swak buiteblok” ook by vyf uit die ses vaarbaar. Die 0-30cm bogrond by die geïnterpreteer word nie. Dit is wel so elemente hoër as by “mooi omgedol“mooi omgedolwe” bome is meer as dat die “siek” bome onder die spilpunt we”. By “swak buiteblok” ontleed natri80mg/kg (tussen 83 en 94mg/kg). Die hoër waardes aantoon teenoor die um 20%, yster 12%, mangaan 80%, ko%-waardes (ammoniumasetaat), of “mooi omgedolwe” bome. Die op- per 22% en sink 32% hoër as by “mooi Swak Swak spilpunt spilpunt 1 1 34 34 gemaak by boompies rakende MinMin teenwoordigheid Spilpunt Spilpunt Tabel 1: Opsommende waarnemings van wortels en wyse van benatting. Vanuit Tabel ‘n vlakker Swak Swak spilpunt spilpunt 2 2 32 321 is dit duidelik dat wortels Minmeer Min volop, asook vanaf Spilpunt Spilpunt diepte, byspilpunt die 3twee word, voorgekom het. Swak Swak spilpunt 3 lokaliteite wat - deur - vloedbesproeiing benat Geen Geen Spilpunt Spilpunt

33


omgedolwe”. Die “warboel” in die ontledings maak sin deurdat die blare van die “swak buiteblok” baie hoog ontleed. Hierdie kan aan die hand van meer soute as by die “mooi omgedolwe” bome verklaar word. Die effek van soute op plantegroei (met spesiale verwysing na pekans) word soos volg beskryf. “In houtagtige spesies veroorsaak hoë soute in die grond maklik blaarskroei, of selfs dat boomblare maklik afval (ontblaring). Byvoorbeeld in lusern, gee hoë soutvlakke aanleiding tot ‘n laer opbrengs, weens ‘n blaar-tot-stamverhouding-wanbalans (afname), met ‘n verlaging in voerkwaliteit. So reageer verskillende spesies verskillend ten opsigte van hoë vlakke van soute. Pekan is sensitief vir 'n oormaat soute, waarvan natrium een is, hoewel chloried in dieselfde lig gesien kan word. Wanneer die natrium-konsentrasie in die grondwateroplossing verhoog, verlaag die osmotiese potensiaal en sal water geneig wees om vanuit die plant na die grond te beweeg. Met ander woorde, plante onttrek water al hoe moeiliker, wat dus onder droër toestande tekorte aan water sal vererger. Pekanbome sal dus op gronde met hoë vlakke van soute vogtekorte "ervaar", wat geassosieer is met verlaagde groeitempo, neutgrootte en opbrengs. Om hierdie rede is dit algemeen bekend dat voldoende effektiewe gronddreinering noodsaaklik is vir die loging van oormatige soute sodat optimale Pekanproduksie kan realiseer. Hoë soutvlakke kan ook voedingswanba-

lanse in die plant veroorsaak, wat aanleiding gee tot toksiese hoeveelhede wat in die plantselle kan opbou. In die plant beweeg water gewoonlik tussen selle van dié met hoër waterpotensiaal (minder negatief) na selle met 'n laer waterpotensiaal (meer negatief). Soute van enige aard verlaag die waterpotensiaal. In die sitoplasma van plantselle speel kalium egter 'n kardinale rol om teen spesifieke konsentrasies selmetabolisme in stand te hou, asook om die selle se waterinhoud optimaal te hou. Dit beskerm dus die sel teen plasmolise (wegbeweeg van die selmembraan en selinhoud van selwand). Kalium balanseer ook die negatiewe ladings afkomstig van proteïene, nukleïensure en organiese sure. Derdens aktiveer kalium 'n groot aantal ensieme. Behalwe vir magnesium, kan natrium of enige ander katioon van die makro-elementfamilie, nie hierdie funksie verrig nie. Om hierdie rede moet die natriumen kalsiumkonsentrasies in balans wees met kalium, aangesien hulle maklik toksiese effekte kan veroorsaak in die plantsel indien hul vlakke te hoog raak. Die fotosintese-apparaat (die chloroplaste wat aan blare hul groen kleur verskaf) moet byvoorbeeld deurentyd beskerm word teen te hoë natrium- en kalsiumkonsentrasies. Omdat natrium chemies baie met kalium ooreenstem, beskik dit oor die vermoë om kalium te verplaas en veroorsaak dit dat die normale werking van kalium, soos bo genoem, nie kan plaasvind nie en 'n versteuring in die plant vind plaas. Net so versteur te veel kalsium ook die werking van kalium in die sitoplas-

ma. Dit kan ondere meer fosfate laat presipiteer, wat die energie-metabolisme van die plant sal versteur. Normaalweg is plante meer weerstandbiedend teen die nadelige invloed van te veel soute in die teenwoordigheid van hoë kalsiumvlakke in die grond. In plantwortels word die waterpotensiaal egter verlaag om aan te pas by die eksterne omstandighede en om dus die invloei van water toe te laat. Om hierdie rede beland soute, veral natrium, in die wortel. Uiteindelik veroorsaak 'n oormaat soute skade aan selmembrane, organelle en ensieme. Bome wat deur 'n oormaat soute nadelig beïnvloed word, kan brand (afsterwing van plantweefsel) op blaarrande van sowel ouer as jonger groei vertoon.”

Watertoediening Die eweredigheid van besproeiingstoediening is ondersoek. Rëenmeters is uitgepak op verskillende afstande onder die spilpunt en die metings wat waargeneem is ná die swaarste moontlike toediening word opgesom in Tabel 3. Teoretiese effektiwiteit vanweë atmosferiese toestande, asook moontlike verdamping vanaf die grondoppervlakte, word ook aangedui. Aan die hand hiervan word afleidings gemaak van die effektiewe hoeveelheid water wat die grond uiteindelik kan binnedring. Ook word dieselfde afleidings gemaak indien die spilpunt teen laer toedienings (50% en 70% laer), bespuit. Toedieningshoeveelhede vir vloedbesproeiing is nie bekend nie.

Spilpunttoedieningseffektiwiteit 14

Waterdinamika

Afstand vanaf senter tot by buitekantste punt van spilpunt (m) 22 34 59 84 109 Punt Gemiddeld Hoeveelheid water (mm)

Gemete toediening Moontlike verdamping en verlies a.g.v. wind Moontlike verdamping vanaf warm bogrond Hoeveelheid water wat grond indring Teen 50% laer toediening wat grond indring Teen 70% laer toediening wat grond indring

10 2 2 6 1 -1

9 2 2 5 1 -1

6 2 2 2 -1 -2

6 2 2 2 -1 -2

8 2 2 4 0 -2

7 2 2 3 -1 -2

15 2 2 11 4 1

8.7 2 2 4.7 0.4 -1.4

Tabel 3: Metings van toedieningshoeveelhede deur die spilpunt.

Vanuit Tabel 3 is dit duidelik dat die hoeveelheid water wat die grond effektief kan indring om te voldoen aan die waterbehoefte van die jong pekanboompies, totaal onvoldoende is, veral in die 34, 59, 84 en 109 m-spilpuntsektore (4mm en minder as mm op

34

swaarste moontlike toediening). Die 14 en 22 m-sektore verskaf 6 en 5mm op die swaarste moontlike toedieningsverstelling, wat steeds te min is. Die sektor vanaf 109m tot die punt dien effektief 11mm tydens die swaarste moontlike benatting aan die grond

toe, wat meer realisties is, maar nog nie noodwendig genoeg, of baie, nie. Die ander realiteit is dat die spilpunt nooit op die swaarste moontlike toediening spuit nie, want dit neem te lank. Om hierdie rede sal besproeiing eerder teen 30 tot 50% van die swaarste moont-


like toediening gegee word. Wanneer teen 50% van die swaarste moontlike toediening besproei word, sal slegs by die punt van die spilpunt ongeveer 4mm water die grond indring, terwyl by al die ander sektore effektief eerder ‘n verlies aan grondvog ervaar word, behalwe by 14 en 22m-sektore waar slegs 1mm die grond sal indring. Wanneer teen 30% van die swaarste moontlike benatting besproei word, sal by die hele spilpunt, behalwe by die verste punt van die spilpunt, eerder ‘n netto verlies aan grondvog ervaar word. Hierdie tendens dui op die totale onderontwerp van die spilpunt, maar ook dat ‘n netto versouting oor die hele spilpuntoppervlakte verwag kan word. Die hoeveelheid besproeiing wat op een slag toegedien behoort te word (in hierdie geval) om effektief tot wateraanvulling in die grond en minder versouting te lei, is ongeveer 13-15mm.

Bevinding en voorstel tot verbetering

Soos reeds vermeld is by die geaffekteerde bome hoofsaaklik gevind dat grondkaliumvlakke te laag is en die

natriumvlakke te hoog is. Kaliumvlakke by die “mooi” bome is in elk geval ook voldoende op die onderste drempel en glad nie hoog nie. Blaarontledings het die wanbalanse bevestig. Verder is gevind dat die toediening van water totaal onvoldoende was. Die voorstel tot verbetering is dus dat meer water by die spilpunt op ‘n slag toegedien behoort te word, byvoorbeeld 1315mm met elke besproeiing om die boonste 30cm bogrond voldoende te benat. Die gebruik van ‘n waterskeduleringsdiens word ook sterk aanbeveel. Die aanvulling van grondkaliumvlakke deur gebruik te maak van kaliumsulfaat, eerder as kaliumchloried, word ook voorgestel. Die volgende finale opmerking oor hierdie gevallestudie is: Die belangrikheid van ‘n grondevaluasie ten opsigte van vrugbaarheid alvorens neute geplant word, is belangrik, sodat bemesting bereken kan word. Gebruik ‘n grondontleding wanneer kunsmisaanbevelings tydens die vestiging van bome gedoen word.

Toediening van water moet volgens sinvolle hoeveelhede plaasvind, sodat aanpassings gemaak kan word om vir verliese as gevolg van klimaat te kompenseer en ook om versouting teen te werk. Neem kennis van die interaksie tussen te veel natrium en te min kalsium en kalium, en verstaan dat kalium soms in ‘n plantvoedingsvoorstel vervat word vir ‘n ander funksie in die grond as slegs gewasverwydering. Vloedbesproeiing blyk uit hierdie ondersoek na ‘n superieure opsie, maar moet met omsigtigheid hanteer word. Dit is welbekend dat vloedbesproeiing soute beter uitwas as ‘n spilpunt. Vermy te ligte spilpunttoedienings teen hoë frekwensies en spuit eerder minder kere water, maar met meer water op ‘n slag. Kontroleer spilpuntpakette en maak seker van ontwerp alvorens aangekoop en geïnstalleer word. Poog om effektiewe werkende ondergrondse dreinering te hê, of te laat installeer.

Die ondersoek is gedoen en die verslag saamgestel deur dr Chris Schmidt van Sidi Parani (Christiana). Hy kan gekontak word by 0828858134, of chriss@sidip.co.za.

die alles-in-een saadverskaffer

Uie kultivars vir hoë kwaliteit produksie Asterix*

'n Laat intermediêre tipe kultivar, met uitstekende skutblare en 'n goeie stoorvermoë.

Bondie Brown

'n Intermediêre tipe kultivar, met uitstekende opbrengspotensiaal en kwaliteit.

Maragogi*

'n Vroeë kortdag baster tipe ui met goeie fermheid. Ligbruin eksterne-, en room-wit interne kleur met 'n sterk smaak. Maragogi* is geskik vir die varsmark.

Makalu*

Makalu* is 'n vroeë intermediêre ui wat geskik is vir die varsmark, en het 'n uitstekende opbrengspotensiaal.

N KAR O

AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad.

KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.

R KE

M BE

Verdien gratis

RK

G

2

SA A D

A

TIN

I LE

O

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 www.saadbemarking.co.za

K

*Kultivar is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie.

ING

ED ° SE

A M

Besoek ons gerus:

35


36


GWK Verhandeling Drs. Antoinette Swart, Chris Schmidt, Mariette Marais & Mev. Chantelle Girgan

NEMATODE EN PEKANNEUTE: Dit wat jy nog nie gehoor het nie

Algemeen Nematodes is van die volopste groepe diere in die grond, is mikroskopies en kan in die meeste gevalle nie met die blote oog waargeneem word nie. Die meerderheid grondgedraagde nematodes is nie peste ten opsigte van gewasse nie en voed op ander organismes, veral op bakterieë en fungi. Nematodes kan verdeel word in die volgende voedings- of trofiese vlakke, naamlik (1) herbivore, (2) fungivore, (3) bakterievore, (4) omnivore, en (5) predatore. Trofiese vlak 1 word ook nadelige of plantparasitiese nematodes, of sommer kortweg plantnematodes genoem. Hulle kan baie groot skade aan gewasse aanrig. Wat die saak bemoeilik, is dat nematode nie met die blote oog sigbaar is nie, en daarom word skadesimptome gebruik om nematodeskade te bepaal. Sommige plantparasitiese nematodes veroorsaak kenmerkende skade, ander nie. Die nematodeskade aan meerjarige bome is veral moeilik om te diagnoseer. Skade en simptome kan bogronds sigbaar wees, maar simptome word normaalweg makliker op die ondergrondse groei van wortels

waargeneem. Wanneer bogrondse simptome wel die gevolg van nematodeskade is, is dit omdat nematodes op wortels voed en daarom sal die bogrondse simptome altyd ooreenstem met tekens van te min voeding of water. Die grootste bogrondse netto manifestasie van skade is dus die verlies aan opbrengs weens verhongering. Die verskeidenheid van simptome wat met plantparasitiese nematodes in verband gebring kan word, is swak en verdwergde groei, minder blare as gewoonlik, terugsterwing van takke, vergeling van blare, swak vrug- en saadproduksie, en in ekstreme gevalle, verwelking en vroeë afsterwing van bome. Hierdie word verklaar deur die feit dat die algemene gesondheid van bogrondse groei (uitgesluit siektes en peste) die gevolg is van die wortelstelsel se algemene gesondheid. Produsente moet egter altyd ook in gedagte hou dat nematodes deel van die kompleks van grondgedraagde organismes is. Hulle vorm deel van 'n sinergistiese kompleks met ander organismes, insluitend grondgedraagde patogene soos fungi en virusse. Tro-

fiese vlakke 2 tot 5 word ook voordelige nematodes genoem. Hierdie nematodes speel ‘n belangrike rol in grondgesondheid omdat hulle meehelp met die sirkulering van organiese voedingstowwe in die grond.

Die pekan By pekans is verskeie nematodespesies ter sprake wat die boom se produksie, sowel as langslewendheid, kan beïnvloed. Bykomend is hierdie plantparasitiese nematodespesies ook dikwels sleutelkomponente in siektekomplekse waarin bome vasgevang kan wees, wat tot groter verliese kan lei. Hierdie nematodes sluit verskeie spesies van die endoparasitiese knopwortel- (Meloidogyne spp.) en letselnematodes (Pratylenchus spp.) in. Bykomend is die ektoparasitiese (grondlewend en nie in die plantwortel nie) ringnematodes (Criconemoides xenoplax) en die dolknematodes (Xiphinema spp.) van groot ekonomiese belang. Soos reeds gemeld, bemoeilik die meerjarigheid van bome die beheer van plantparasitiese nematodes. Verliese by vrugte- en neutbome weens knop-

37


wortel-, ring- en dolknematodespesies word dwarsoor die wêreld opgemerk. Net so is die ekonomiese drempelwaardes waar nematodebevolkingsgetalle wat boomgesondheid en dus ekonomiese of biologiese skade sal veroorsaak, nie altyd bekend nie. Die gevolg is dus dat nematoloë al hoe meer neig om te kyk na die groter prentjie van ál die nematodes in die grond. Met ander woorde, daar word nie net opgelet na die bevolkingsgetalle van die plantparasitiese nematode nie, maar ook na dié van voordelige spesies. Hierdie getalle dui dan die biologiese toestand/ balans van die grond beter aan. ‘n Gewilde siening is dus om grond meer biolologies te probeer bestuur sodat die bevolkingsgetalle van voordelige spesies kan verhoog, en die getalle van nadelige spesies onderdruk kan word. Deesdae word grondbedekkers/dekgewasse dikwels gebruik om die bevolkingsgetalle van plantparasitiese nematodes te verlaag en in sekere gevalle ook om die grondgesondheid te verbeter. Daar is egter 'n gebrek aan kennis van die absolute korrekte dekgewasse, veral omdat sekere dekgewasse die getalle van sekere plantnematodespesies kan laat styg.

Telling en identifisering Nematodetellings is die enigste manier om seker te wees van die vlakke van nematode-infestasie en -teenwoordigheid. Hierdie tellings word verkry deur grond- en wortelmonsters op ‘n spesifieke manier te versamel, nematodes te ekstraheer, mikroskopies te identifiseer en die bevolkingsgetalle dan te verkry. Die identifisering van nematode word gewoonlik gebaseer op hul morfologiese karaktereienskappe en afmetings. Manlike nematode is meestal afwesig of baie raar by sommige spesies en daarom word identifisering meestal gedoen aan die hand van eienskappe van volwasse wyfies. Eienskappe van jong nematode kan egter handig wees tydens identifisering van

38

sommige genera en spesies.

Verdere eienskappe en klassifikasieindelings Nematode word ingedeel na gelang van die rol wat hulle in die grondgemeenskap speel en hul reaksie op omgewingsveranderinge (c-pwaardes), naamlik (a) vroeë koloniseerders (“colonisers”) van ekstreme verryking (bv. dieremis), (b) algemene opportuniste van nuwe voedingstowwe, en (c) volharders (“persisters”) in onversteurde grond (het groot sensitiwiteit ten opsigte van besoedeling en versteuring). Die eienskappe van ‘n c-p 1 (koloniseerdernematode) is byvoorbeeld dat hulle nie sensitief vir omgewingsbesoedeling en -veranderinge is nie, ‘n kort leeftyd (lewensiklus) het, ‘n klein liggaam, in groot getalle voorkom, hoofsaaklik bakterievoeders is, en dauerlarwes vorm om ongunstige omgewingsveranderinge te oorleef. Die eienskappe van 'n c-p 2 (algemene opportunis- nematode) is baie dieselfde as dié van ‘n c-p 1, maar hulle vorm nie dauerlarwes nie. Hulle koloniseer gewoonlik grond met ‘n swak struktuur, is teenwoordig in ‘n N-verrykte grond, met ‘n lae C:N verhouding en die mikrobiese lewe is bakterie-gedrewe. Die c-p 3 (algemene opportunis-nematood) se eienskappe is ‘n langer lewensiklus as dié van c-p 1 of c-p 2 en hulle is meer sensitief vir omgewingsveranderinge. Dié nematodes kom voor in ‘n grond met ‘n ontwikkelde struktuur wat vrugbaar is en oor ‘n gemiddelde C:N-verhouding beskik, en wat ten opsigte van mikrobiese aktiwiteit bakterieë/fungi –gedrewe is. Daar is ook c-p 4 nematodes wat die groter bakterie-voeders en kleiner predatore en omnivore insluit. Die kenmerke aan die ander ekstreme kant, die c-p 5 (volharder-nematode), het ‘n lang lewensiklus, ‘n groot liggaam, kom in klein getalle voor, is meerendeels karnivore, omnivore en groot herbivore, en is baie sensitief vir verandering in die omgewing.

Die c-p-indeks en trofiese vlakke van nematodes kan op ‘n grafiese wyse voorgestel word om die grondvoedingswebstruktuur (die struktuur van die gemeenskap van organismes wat van mekaar afhanklik is vir koolstof- en energiebronne) en die verryking van ‘n grondmonster, aan te dui. Hierdie grafiek word die Nematood-faunaliseerder (“Nematode Faunalizer”) genoem. Die Nematood-faunaliseerder gee ‘n aanduiding van die grondgesondheid en bestaan uit twee asse, naamlik: (a) Y-as is die Verryking-as/indeks (EI) en gee ‘n aanduiding van die hoeveelheid bakterie- en fungusvoeders met lae c-p-waardes in die grondmonster, en (b) X-as is die Struktuur-as/indeks (SI) en gee ‘n aanduiding van die hoeveelheid voedingsvlakke van nematode in die grondmonster. Bakterie- en fungusvoeders met ‘n hoë c-p-waarde sal byvoorbeeld die SI-waarde van die betrokke grondmonster verhoog. Die verspreidingskenmerke van die verskillende kwadrante word in Figuur 1 uitgebeeld. Die meeste jaargewasse sal in kwadrante A en D val, waar voortdurende veranderinge plaasvind (bv. ploeg) en dus struktuur in die bevolking/grond verhoed [lae getal (lae diversiteit in) voedingsgroepe; SI is dus laag]. Meerjariges, soos bome, sal meerendeels in kwadrante B en C val waar min veranderinge in die grond plaasvind [hoë getal (hoë diversiteit in) voedingsgroepe; SI is dus hoog]. Verryking van die grond, bv. kompostering, grondbedekking, lewende grondbedekking (dekgewasse, onkruid) word op die Y-as aangedui. ‘n Voorbeeld van nematodeverspreiding in ‘n versteurde grond, naamlik ‘n landbou- en/of ‘n herwinde myngrond word in Figuur 2 aangedui, terwyl ‘n voorbeeld van natuurlike veld (onversteurde grond) aangetoon word in Figuur 3. Só ‘n grond is bakterie– en fungusgedomineerd, met ‘n


Verrykings-indeks (EI)

100

Onversteurde grond: Versteurde grond: Meestal jaargewasse waar geploeg word en bewerk Meestal meerjarige gewasse Meer struktuur word Meer fungi gedomineerd Swak/min struktuur Bakterieë gedomineerd Hoë C:N verhouding Nematodes sensitief t.o.v ekologiese veranderings Lae C:N verhouding N-verryk Nematodes min sensitief t.o.v ekologiese veranderings Meer kompostering,dekgewasse en onkruid (m.a.w organiese Kwadrant A Kwadrant B materiaal)

50 Minder kompostering,dekgewasse en onkruid (m.a.w organiese materiaal)

Kwadrant D

0

Kwadrant C

50 Struktuur indeks (SI)

100

Figuur 1: Die vier kwadrante van ‘n nematode faunaliseerder gebaseer op c-p-waardes en voedingsvlakke van nematodes wat die grondvoedingsweb en -gesondheid sal beïnvloed.

gemiddelde C:N-verhouding, en is vrugbaar. Nematodes in hierdie grond is baie sensitief vir omgewingsveranderinge.

Nematode populasie - versteurde grond 100

CS4

Vaalharts-studie Om 'n idee te kry van nematodeverspreiding en -voorkoms in die Vaalharts-besproeiingskema waar siek en gesonde bome waargeneem is, is by vier verskillende produsente gedurende die 2016-wintermaande (Junie) grond- en nematoodmonsters by 15 bome geneem (produsent 1: bome 1 tot 4; produsent 2: bome 5 tot 8; produsent 3: bome 9 tot 12; produsent 4: bome 13 tot 15). Aan die hand van die c-p-indeks kon die bome/grond van die verskillende produsente ingedeel word. Slegs 14 van die bome se bevindinge word in Figuur 4 aangetoon.

Verryking-indeks (EI)

90

CS5

80

RR2

NV6 CS6 NV7 RR1 CS2 NV1 RR6 CS3 NV10 NV4 NV9 NV5

RR3 RR4

NV2

CS7 NV3

RR5 CS1

NV8

70 60 50 40

Kwadrant A

Kwadrant B

Kwadrant D

Kwadrant C

30 20 10 0 0

10

20

30

40

50

60

70

80

90

100

Struktuur-indeks (SI) Figuur 2: 'n Voorbeeld van nematodepopulasie en voorkoms in 'n versteurde grond (herwinde myn- en landbougrond).

39


100

Boom 3

Boom 5

80

Boom 4

Boom 1

Boer 2

90

Boom 2

80

Verryking-indeks (EI)

100

Boer 1

90

70

70

60

60

50

50

Boom 6 Boom 7

40

40

Boom 8

30

30

20

20

10

10

0

0

10

20

30

40

50

60

70

80

90

100

0

0

10

20

30

Struktuur-indeks (SI) 100

Verryking-indeks (EI)

100

70

60

60

50

90

100

70

80

90

100

Boom 14

50

Boom 10

40

40

30

30

20

20

10

10

0

10

20

30

40

50

60

70

80

90

100

0

0

10

20

40

50

60

Struktuur-indeks (SI)

90

Figuur 4: Grondvoedingswebstruktuur van 14 bome in die Vaalhartsbesproeiingskema gebaseer op die nematode c-pwaardes.

80 70 60 50 40 30 20

Boom bogrond

10 0

30

Boer 4 - probleem boom

100

Verryking-indeks (EI)

80

Boom 13

Struktuur-indeks (SI)

Boom ondergrond 0

10

20

30

40

50

60

70

80

90

100

Struktuur-indeks (SI)

By produsent 1 is die verrykings - en struktuurindeks van sommige van die bome hoër, wat daarop dui dat die grond oor meer oppervlakbedekking, en dus organiese C, beskik. Dit is ook inderdaad so bevind in die boorde, deurdat baie onkruid en natuurlike grasse in die boorde gevind is. In terme van bewerking is die voorkoms van nematodes by twee bome (bome 1 en 2) geassosieer met meer versteuring van die grond en by die ander twee bome (bome 3 en 4) die teenoorgestelde. Die nematode-fauna by

40

70

Boer 4

80

70

0

60

90

Boom 12

80

50

Struktuur-indeks (SI)

Boer 3

90

40

twee van die bome (bome 1 en 2) het 'n baie lae struktuur-indeks getoon met die nematode-fauna wat karnivore en omnivore (twee voedingsvlakke) uitgesluit het. By produsente 2, 3 en 4 (uitgesluit probleemboom) is gevind dat die nematodes wat geïdentifiseer is, geassosieer word met versteurde grond wat dus bewerk word en waar die voorkoms van onkruid beheer word. Die bevinding stem ooreen met die produsente se praktyke, wat chemie insluit. Die praktyke word met die

voorkoms van min organiese materiaal geassosieer. Soos by produsent 1 was die struktuur-indeks by sommige bome (bome 7, 8, 13 en 14) baie laag, met totale afwesigheid van karnivore en omnivore. By produsent 4 se “probleemboom” is gevind dat dit ooreenstem met bevindinge by produsente 2, 3 en 4. Sowel die struktuur-indeks as die verrykings-indeks is nul, wat dui op die afwesigheid van enige nematode-fauna as gevolg van die afwesigheid van organiese materiaal en gebrek aan oppervlakbedekking wat by die boom voorkom.

Gevolgtrekking van ondersoek Die bevolkingsgetalle van al die nematode was laag, ook dié van die plantparasitiese spesies. Volgens die getalle kon plantparasitiese nematode geen skade aan die bome veroorsaak nie. Dit is egter baie belangrik om in gedagte te hou dat die monsters tydens die winter geneem is. Wat vanuit hierdie ondersoek baie


die goedkoopste manier om grondgesondheid te verhoog, deur koolstof in die grond te verhoog. Baie belangrik in die tipe studie wat uitgevoer is, is dat die monsters vir nematode-ontleding in die wortelsone van die bome tydens laat lente of somer geneem moet word, omdat die plantparasitiese nematode daar gekonsentreer gaan wees.

Nematode populasie - onversteurde grond gedurende winter versamel 100 90

Verryking-indeks (EI)

80 70 60 50 40

Outeurs

30 20 10 0

0

10

20

30

40

50

60

70

80

90

100

Struktuur-indeks (SI)

Figuur 3: 'n Voorbeeld van nematodepopulasie en voorkoms in 'n onversteurde grond.

sterk bevind is, is dat daar ‘n groot nodigheid bestaan aan oppervlakbedekking van grond. Tydens die ondersoek is nie net voorkoms van nematode bekyk nie, maar ook siektevoorkoms op hout/bome, asook die hele biologiese voorkoms in die grond. Die algemene bevinding van die studie was dat daar te min organiese materiaal (koolstof) in die grond is. Die voorkoms van hierdie assosiasie van plantmateriaal, oppervlakbedekking, plantwortels wat afsterf en teruggaan na die organiese poel in die grond, groeiende organiese koolstofvlakke, beter waterhuishouding, beter plantvoedingsinteraksies, beter vashou van plantvoeding, opbloei in voordelige mikrobes, ensovoorts, bevestig en beklemtoon net weer die behoefte aan die gebruik van goeie op-

pervlakbedekking. Die aller-perfekte oppervlakbedekker is nie tans bekend nie, en dit is ook nie so eenvoudig nie. Die bedekker sal gekies moet word volgens die verlangde groei- en oesvensterperiode, die gasheerstatus ten opsigte van nematodes, asook die chemiese toestand van die grond, met ander woorde, daar waar versouting ‘n definitiewe probleem is, sal ‘n gewas wat natriumsoute kan verwyder, voorkeur kry. Die toevoeging van wortels aan die grond is egter ononderhandelbaar. Volgens oespraktyke is oppervlakbedekkings ‘n beslommernis, want oes word al hoe meer meganies gedoen, wat ‘n kliniese skoon oppervlak vereis. Ons produsente sal hierdie kopskuif moet maak en kreatief moet dink aan

B-BBEE Vlak 2

Drs. Antoinette Swart (012-808 8279; SwartA@arc.agric.za), en Mariette Marais, asook Mev. Chantelle Girgan is werksaam by die LNR-Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming, Roodeplaat, as voltydse navorsers op nematodes, en Dr. Chris Schmidt is werksaam by Sidi Parani Kunsmis, Christiana, 082 885 8134 (053-4413720; chriss@sidip. co.za) as landboukundige.

Verwysings Bongers, T., 1999. The Maturity index, the evolution of nematode life history traits, adaptive radiation and cp-scaling, Plant and Soil 212, 13 – 22. Bridge, J. & Starr, J.L., 2010. Plant Nematodes of Agricultural Importance: A Color Handbook. Academic Press, Elsevier, Boston, USA. Ferris, H., Bongers, T. & De Goede, R.G.M., 2001. A framework for soil food web diagnostics:extension of the nematode faunal analysis concept, Applied Soil Ecology 18, 13 – 29. Lowenfels, J. & Lewis, W., 2006. Teaming with Microbes: A Gardener’s Guide to the Soil Food Web. Timber Press, Oregon, USA.

053 831 2808 reflecto@kimberley.co.za 72 Georgestraat

Veiligheids- & Padtekens • Nommerplate • Roterende Noodligte • Pad Keëls • Naambalkies • Stempels 41 Vir persoonlike drukwerk op bekers en borde...EN SOVEEL MEER. Skakel ons gerus


GWK Farm Foods Veilings

VEILINGS SUID SLUIT 2016

AF

GWK Veilings: Suid, met hul kantoor in Humansdorp, het gedurende 2016 aanhou groei en uitstekende resultate vir dié besigheid van GWK gebring. Jan Erasmus is aan die stuur van Veilings Suid.

Hier is ‘n paar van hul hoogtepunte in November:

Andrie Visser (Bemarker: George) se skakeldienstransaksies vir November beloop R9 miljoen met die verhandeling van 2 250 skaap en 1 200 bees.

Willowmore het die grootste veiling nóg in die geskiedenis van die Willowmore-veilingspunt aangebied, met 1 700 skaap en 280 bees. Daan Schutte is die bemarker in hierdie area.

Kleinvee verhandel:

23 500 Harmse Boedelveiling het op 11 November 2016 plaasgevind op die plaas Peperduurfontein, Riversdal. Dit was ‘n totale uitverkoping van drie plase, implemente en vee. Die bemarker wat verantwoordelik was vir hierdie uiters suksesvolle veiling, is Fanus Muller.

42

Steynberg Boerdery se 11de produksieveiling het op 9 November 2016 plaasgevind op die plaas The Burns, Humansdorp-distrik. Daar was 826 bees op hierdie veiling. Die bemarker in beheer van veiling was Jaco Zietsman.

Grootvee verhandel:

6 300


uppe marketing A15285/GWK

Herbivore All in One is ’n gerieflike en veilige proteïenbronproduk om diere ekonomies af te rond vir veilings saam met ruvoer en/of weiding.

AFGEROND EN REG VIR DIE VOLGENDE VEILING!

EPOL

HERBIVORE ALL IN ONE

EPOL se Herbivore All in One is nie net bekostigbaar nie, maar ook geredelik beskikbaar in die mark. Dankie EPOL! Kobus en Koos du Toit. Modimolle, Limpopo

EPOL & MOLATEK

Herbivore All in One (V22476) (Wet 36 van 1947)

Vir meer inligting oor spesifieke voere en dienste, kontak: RCL FOODS: www.rclfoods.com EPOL: +27(0)31 242-8600 | www.epol.co.za MOLATEK: +27(0)13 791-1036 | www.molatek.co.za

Sukses is in die sak

Ons tegnologie uppe marketing A15422

Roundup Ready Corn 2

YieldGard II

tot jou voordeel!

Insek- en onkruidbeheer is twee kritiese aspekte van mielieproduksie. Dit is hier waar Monsanto se tegnologie kan help om jou mielies te beskerm en om die lewe vir jou as bedrywige boer so bietjie makliker te maak.

Kombineer die voordele en plant ’n stapelgeenbaster. Ons tegnologie maak ’n verskil!

Genuity® Roundup Ready® Corn 2

Genuity® YieldGard® II YieldGard II

Genuity® YieldGard® II bied uitstekende beheer teen Busseola fusca (Afrika-mieliestronkboorder) en Chilo partellus (die sorghumstronkboorder of gevlekte mieliestronkboorder). Oes die voordele van Genuity® YieldGard® II-tegnologie!

Roundup Ready Corn 2

Roundup Ready®-tegnologie en -sisteme bied: • Toegang tot bewaringsbewerkingspraktyke. • Breëspektrum onkruidbeheer. • Bewese gewasveiligheid. • Toedieningsbuigsaamheid. Wees wys en span ons slim tegnologie in om jou oes te beskerm.

Kontak gerus ons kliëntediens by 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Monsanto, Roundup Ready®, Genuity® YieldGard® II en Genuity® Roundup Ready® Corn 2 is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC.

Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

43


GWK Farm Foods GWK Farms Leana Bezuidenhout

Die plaas was nog nooit só naby nie In ‘n

advertensieveldtog bring ons die plaas tot in jou huis. Baie vervaardigers voer die argument dat hul produkte van die plaas lewer – produkte met 100% naspeurbaarheid. By GWK is ons aandeelhouers almal boere en dus in besit van die aanleg waar ons produkte vervaardig word. Koring en mielies word dus direk van hul plase af tot by die aanleg vervoer, waar dit verwerk word om produkte te vervaardig met die heilsaamheid wat jy slegs op die plaas kry. Die terugvoer wat die span by GWK Farm Foods oor ons koekie-, pasta- en meelprodukte kry, kom meestal neer op “ek sal nie weer ‘n ander handelsmerk gebruik nie.” Ons glo steeds dat die rede vir die gehalte van die produkte in hul oorsprong op die plaas lê – die naspeurbaarheid van die bestanddele wat daarvoor gebruik word. Die produkreeks is ook genoem na plase wat bronne vir bestanddele is – ‘n bevestiging van ons vertroue in die toekoms van die landboubedryf. Om hierdie storie van oorsprong tuis te bring by elke verbruiker, veral diegene wat glo dat meel op ‘n winkelrak geproduseer word, was ‘n kreatiewe boodskap en karakters nodig met die eenvoudige boodskap: Hoe voel dit om die plaas in jou huis te hê? Want met elke happie van ons produkte, voel dit of jy op die plaas is. Hoewel die animasie vir hierdie veld-

44

nuwe

tog nie in dieselfde formaat gedoen is as ons “Hierdie man bou ‘n ruimtetuig”-veldtog nie, dra dit tog ‘n boodskap wat ineen geweef word met die vorige advertensie. Ons doelwit is om nooit op te hou om die mooi storie van landbou en boere te vertel nie, altyd op ‘n manier wat anders is as waaraan die publiek gewoond is. Ons kyk op ‘n ander, ongewone manier na die wêreld en dié benadering word weerspieël in ons advertensieveldtogte, veral in die gebruik van animasie. Ons besef die groot voorreg wat ons het om op ‘n daaglikse basis met boere te werk en dit is ‘n kultuur wat ons graag met die res van Suid-Afrika, wat nié daardie voorreg het nie, wil deel. Hierdie band is vir ons kosbaar en word gevoed deur GWK se drie hooffokusse: Om dit vir boere moontlik te maak om suksesvol te wees deur alles te verskaf wat nodig is op die plaas, om te verseker dat ons wêreldmarkte ontwikkel vir ons boere se produkte, en om verbruikers met hierdie ongelooflike wêreld te verbind. GWK Farm Foods en ons verbruikersprodukte, wat deur dié veldtog bemark word, is een van die maniere waarop ons boere ruimtetuie bou deur die res van die wêreld van voedsel te voorsien. Nou kan elkeen, selfs stoere stadsjapies, ook die heilsame lekkerte van die plaas in sy eetkamer hê.


Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld â&#x20AC;&#x2DC;n beter plek maak.

43 45


GWK VEILINGS BIED AAN NAMENS CHOICE WILDLIFE GROUP

T ROFEE & A A NT E E L

WILD VEI LIN G 70 10 4 4 6 4 2

11 MAART 2017 – 11:00 • BOSHOF WILDBOMA

Blesbok Wit Blesbok Geel Blesbok Geel blesbok ooie

(dragtig van saalrug ram)

Bontebok Buffel Duiker

20 34 2 9 25 5 29 8

Eland Gemsbok Kameelperd Swart Rooibok Rooibok Koedoe Lechwe Nyala

12 9 2

15 1 37 10

Rooihartebees Rietbok Bastergemsbok “Roan” Swart Springbok Bont Springbok Koper Springbok Damara Springbok

75 4 18 9 18 30 2 14

Kalahari Springbok Konings Springbok Wit Springbok Tsessebe Waterbok Blouwildebees Goue-Blouwildebees Zebra - Burchells

Dragtigheid sal gesertifiseer word. Horinglengtes gewaarborg. Wild vanaf Boshof en Bloemfontein -omgewing.

GWK Veilings Kimberley Randy Westraadt Andre Steyn Hawie Bosman (Afslaer)

053 832 5227/8 082 494 1897 082 375 0471 083 259 6100

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings 1% Kontanthanteringsfooi. Geen kontant sal ontvang word sonder die nodige identifikasie en bewys van adres nie.

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuu Deon Klopper (Bedryfsbestuurder Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Willie Snyman (Stoetvee Adviseu Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur

52STE PRODUKSIEVEILING

Cronjé Dorper Stoet

Stud

WOENSDAG

Est. 1956

15 MAART 2017 - 11:00

GWK VEILINGSKOMPLEKS - KIMBERLEY

saam met

Top 8

Elite Boerbokke

46

Onder beskerming van die Boerbok Telersvereniging

50 DORPER RAMME 30 BOERBOK RAMME 60 BOERBOK OOIE GWK Veilings Kimberley 053 832 5227/8 Wicus Cronje cronje.dorpers@gmail.com +61 475 892 862 (WhatsApp) Gert Labuschagne 082 578 0681 gertlabus@gmail.com Dirk Beukes 082 375 1849 Schalk Erlank 082 558 6891

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings 1% Kontanthanteringsfooi. Geen kontant sal ontvang word sonder die nodige identifikasie en bewys van adres nie.

SwiftPrint 79603

AANBOD

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuurder) Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Noord) Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Suid) Willie Snyman (Stoetvee Adviseur) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)


As Een:

Wat beteken dit vir GWK-mense? In die natuur bestaan ‘n ekosisteem – alle lewende en nie-lewende organismes is interafhanklik van mekaar vir die voorbestaan van die natuur. In baie gevalle is die aksies en reaksies binne hierdie sisteem soos ‘n spinnerak – wanneer een draadjie van die web gebreek word, ontrafel die hele struktuur. Dit is vir ons belangrik dat ons aandeelhouers en kliënte ook weet van hierdie kultuur van eenheid wat ons binne die maatskappy dryf. In GWK is daar ‘n fyn goue draadjie wat alles aanmekaar hou. ‘n Web wat gevorm word deur elke personeellid, ons aandeelhouers, ons boere, ons kliënte, ons vennote en ons gemeenskappe – almal interafhanklik van mekaar. Almal beweeg vorentoe en bestaan saam As Een. Die As Een-kultuur het in 2016 lewe gekry binne GWK, toe die belangrikheid van hierdie web van samewerking opnuut besef is. Sonder ons aandeelhouers kan GWK nie bestaan nie, sonder GWK het ons personeel nie ‘n doel nie, sonder gesonde gemeenskappe kan ons boere en personeel nie besigheid in ons bedieningsareas doen nie, en sonder ons personeel het ons aandeelhouers nie ‘n maatskappy wat bestaan om vir hulle die grense van landbou te verskuif nie. Daarom het ons in 2016 nuwe asem in dié kultuur van ons maatskappy geblaas. ‘n Nuwe fokus op die uitleef van ons waardes het deel gevorm daarvan. Die Noord-Kaap, met sy wyd, uitgestrekte vlaktes, bring uitdagings mee, soos kantore en takke wat

ver van mekaar geleë is. ‘n Entoesiastiese span vrywilligers vanuit elke gebied, ons Kultuurambassadeurs (KA’s), span dus saam om te verseker dat die warm kultuur waarvoor ons bekend is, oral gelééf word. Die KA’s in die onderskeie gebiede is personeel se toegang tot kultuurinligting en –aktiwiteite. Die span het GWK se naam in 2016 hoog gehou deur sigbaar te wees, kommunikasie te ondersteun na veral personeellede wat nie toegang tot e-posse het nie, by te dra in die gemeenskappe en ‘n algemene goeie, gesonde gees te dryf. Gemeenskapsprojekte sluit ‘n sopkombuis, fondsinsameling vir ouetehuise en kersfeespakkies vir minderbevoorregte kinders in. Sedert die ontstaan van die kultuurkomitee, waarop die KA’s dien, is die goue draadjie van saamstaan en saamwerk herbevestig. Die As Een-kultuur strek ook wyer in ons gemeenskappe. Skole in ons hoofbediendingsareas is sterk, terwyl ander plattelandse skole swaarkry. Ons boere is innoverende denkers wat ondersteun word deur GWK se personeel, by wie innoverende denke aan die orde van die dag is. Die hegte eenheid van ons personeel is ‘n eienskap waarop ons baie trots is. Ons beweeg vorentoe As Een. Deur ons waardes en kultuur te leef, versterk ons daagliks die goue draadjies van ons web. Ons maak staat op mekaar, ons mense kan op ons staatmaak, en ons is almal ewe veel deel hiervan – personeel, aandeelhouers en al ons vennote.

47


Groep Finansiële Dienste Interne Oudit Alicia de Wet

Maak ‘n verskil

WAT SAAK MAAK GWK

verbind homself tot die hoogste standaard van eerlikheid, integriteit en etiese gedrag en ons kweek ‘n kultuur waarin alle personeel toegewyd optree in die maatskappy se beste belang. Ons ondersteun ‘n “zero tolerance”-kultuur teenoor enige bedrog, ongerymdhede en/ of onetiese gedrag. Daarom het ons, ter ondersteuning van die Internasionale Bedrogbewustheidsweek, ‘n bewusmakingsveldtog van ons eie geloods wat oor vyf weke binne die maatskappy gedryf is. As deel van hierdie inisiatief en GWK se dryf om altyd eties te wees, is kommunikasie weekliks aan personeel uitgestuur oor die eienskappe van bedrog, die belangrikheid daarvan om ingelig te wees, asook die fluitjieblaasproses. Tesame hiermee is ‘n kommunikasiepak aan elke bestuurder binne GWK verskaf wat hulle bemagtig het om volledige besprekings met hul spanlede te hou. In die kommunikasiepak was inligting oor etiese gedrag, die impak van onetiese gedrag op die maatskappy en sy mense, wat GWK as bedrog sien, hoe om bedrog te rapporteer en hoe ‘n fluitjieblaser deur GWK en die Wet op Beskermde Bekendmaking beskerm word. Die terugvoer wat ons ontvang het

48

van personeellede was geweldig positief en dui op ‘n verhoogde bewustheid van bedrog, insluitend die omvang van die probleem. Die terugvoer het ook herbevestig hoe belangrik dit is om personeel ingelig te hou oor bedrogvoorkoming, -identifisering en –rapporteringstegnieke om die voorkoms van bedrog teen en binne die maatskappy tot die minimum te beperk. Ons dryf dus ‘n positiewe en gesonde korporatiewe kultuur wat die moraal onder personeellede verhoog. Volgens die Association of Certified Fraud Examiners (ACFE) bly wenke deur werknemers deurlopend die grootste bron waardeur bedrog geïdentifiseer word. Sowat die helfte van bedrogsake in maatskappye met ‘n rapporteringslyn is geïdentifiseer deur ‘n wenk, teenoor die slegs 24,4% van sake in maatskappye wat nie ‘n rapporteringslyn in plek het nie. Die Sub-Saharan African Edition ACFE se 2016-verslag lig die top-drie bronne van wenke uit as die volgende: Werknemers: 45% Kliënte: 28% Anoniem: 11% Hierdie data toon dat hoewel werknemers die enkel grootste bron van wen-

ke is, meer as die helfte van wenke in Sub-Sahara Afrika van fluitjieblasers uit ander bronne kom. Omdat ‘n beduidende aantal wenke vanuit ander bronne soos kliënte en anonieme fluitjieblasers kom, is dit vir ons by GWK belangrik dat al ons vennote ook bewus is van ons bedrograpporteringslyn. Hoe om bedrog te rapporteer: Fluitjieblaasnommers: 080 044 4332 | 080 822 2469 Gebruik ons webwerf: http://www.gwk.co.za/dienverslag-in/?lang=af Stuur ‘n brief: Voorsitter van die Ouditkomitee, Posbus 47, Douglas, 8370 Wat jy nodig het: Wanneer jy bedrog, ongerymdhede en/ of onetiese gedrag rapporteer, verskaf asseblief soveel as moontlik van die volgende inligting: Aard van die aanklag (bv. misbruik van GWK-eiendom) Detail van die ongerymdheid/onetiese gedrag wat plaasgevind het Datum en tyd van ongerymdheid/


GWK het aangesluit by die wêreldwye poging om die impak van bedrog te verminder deur deel te neem aan die Internasionale Bedrogbewustheidsweek (13 – 19 November 2016). Hoewel die voorkoming en indentifisering van bedrog ‘n deurlopende proses is, plaas dié internasionale bewusmakingsveldtog bedrog in die kollig en kan ondersteuners hiervan hul kennis en begrip van bedrog demonstreer om dit só saam te beveg.

onetiese gedrag

Is daar enige getuies?

Waar die ongerymdheid/onetiese gedrag plaasgevind het (fisiese adres)

Indien jy nie anoniem wil bly nie, verskaf naam en kontakbesonderhede.

Naam/name van betrokke individue

Ons neem voor om alle fluitjieblasers te beskerm wanneer rapportering met goeie intensies gedoen word en moedig dus alle werknemers en belanghebbendes aan om van die bedrograpporteringslyne gebruik te maak om bedrog of ongerymdhede te rapporteer. Dit is die regte ding om te doen.

Het jy enige bewyse? (dokumente, fakture, bankstate, bestelling ‘purchase order’, ens.) Was daar enige ruil van geld, geskenke of vermaak?

GWK Properties Vrystaat trotse borg van die

Pekanneut kongres 14 -15 Maart 2017 te Hartswater

Ons nooi alle lede uit om ons stalletjie by die kongres by te woon.

Burger Langenhoven 082 553 0638 051 444 2416 www.gwkpropertiesvrystaat.co.za

properties

49


Advertensie

GWK Veilings:

Omvattende wildveilingsdienste

Nou, meer as ooit tevore, het die wĂŞreld landbouers nodig wat innoverend dink. Produsente wat slim werk en nuwe metodes najaag. Dienste wat GWK Veilings bied: Tipe Diens

Diens wat gelewer word

Logistiek vir hele geleentheid

Verhoog en nodige infrastruktuur. Klank en skerms

Veilinghantering

Registrasiehantering Administrasie Bodvangers Weglaai van diere Boma fasiliteite beskikbaar op Boshof

Finansies

Debiteureboek- hantering Uitbetalingshantering

Omskrywing

Finansieringsopsies

Finansieringsopsies vir kopers deur GWK-krediet - vooraf gedoen soos versoek deur koper aan krediet

Versekeringsopsies

Versekeringsopsie vir verkoper/ kopers soos gekwoteer deur GWK Versekering GWK vennootskapgeleenthede

Hantering van gaste

Gaste-logistiek

Media en Bemarking

Mediablootstelling en kommunikasiestrategie Bemarkingsondersteuning Sigbaarheidstrategie Uitleg - elektroniese katalogus

Spesiale dienste

Regsdienste Spesiale venootskappe binne GWK beskikbaar vir hele geleentheid

50

Vleis: vleis, biltong, droĂŤwors, voerpille Kleinhandel: veilingsbenodigdhede Landzicht: wyne en brandewyn SA Feed Phosphates: Veevoere, GWK Farm Foods: meel, pasta, koekies GWK Trading: pekanneute, aartappels, grondbone


Stoetvee, vee en wild. Ons is die kenners in veeverhandeling.

GWK Veilings

Willie Meyer (Hoof: Veilings en Eiendomme) Sarel Cilliers (Bedryfsbestuurder: Noord) Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Suid) MC Campher (Bedryfsbestuurder: Oos) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

071 680 4103 082 447 7450 082 820 4532 083 259 8528 082 558 6891

51


Produsentefokus GWK Icons Leana Bezuidenhout

'N ICON-WENNER met insig

“Ek verdien dit nie. Daar is baie ander veeboere wat baie meer suksesvol is as ek en baie meer geld maak – hulle bankrekeninge weerspieël hulle sukses. Dit is nie met my die geval nie, ons kom deur vyf jaar van ernstige probleme. Maar sielkundig het hierdie toekenning iets aan my gedoen. Ek is nou ‘n groter ambassadeur vir GWK as wat ek ooit was.” Só sê Koos van der Ryst oor die prys wat hy by die GWK Icons 2016 ontvang het. Hy het dié aand met twee toekennings weggestap: GWK Beesslagter van die Jaar en die groot toekenning, GWK Veeboer van die Jaar. Ons kuier op Koos en sy vrou, Hannetjie, se voorstoep op die plaas by Koopmansfontein. Die wêreld lê grasgroen rondom ons. Hulle het van Kersfees af ongeveer 200mm reën gekry. “Die slegste ding wat jy nou met jou veld kan doen, is om dit te bewei,” sê hy. “Die veld moet nou herstel.” Koos is vasbeslote dat hy nie die toekennings verdien het nie. Beskeie vertel hy hoe hulle hom met ‘n veertjie kon omtik toe sy naam geroep word. Dink Hannetjie hy verdien dit? “Ja. Hy verdien dit,” sê sy beslis. Volgens Hannetjie is die manier waarop haar man besigheid doen, ‘n absolute

52

voorbeeld vir ander. “Dit het hom weer ‘n moewiese klomp woema gegee en positief oor die boerdery gemaak.” “…en nederig,” voeg Koos by. “Boere kom vra jou hoe doen jy dit, hoe doen jy dat. Ek het niks gedoen nie. Ek het nog nooit niks gedoen om mense te impress nie. Die enigste rede hoekom ek iets doen is om my besigheid te maak werk. Dít is hoekom ek goed doen. Nie om mense te impress nie. Ek is nie ‘n limelighter nie. Soms stel ‘n mens jouself bloot in die limelight. Ek doen goed omdat ek oortuig is dat dit die regte ding vir my is. En as dit dan vir ‘n ander ou reg is en hy kan iets daaruit leer, is dit goed.” Koos is verlede jaar ook verkies as die voorsitter van die Nasionale RPO (Rooivleisprodusente-organisasie) waar hy baie doen om verbruikers te beïnvloed om boere se produkte te koop. Met baie hooi op sy vurk, reis hy wyd en ver. Hy vertel hoe verblydend dit vir hom is om goeie dinge by boere te hoor oor GWK, en ook dat hulle ‘n groot behoefte het aan die maatskappy se dienste in areas waar ons nog nie takke het nie. Sy lojaliteit teenoor die maatskappy straal uit. “Hoe lyk lojaliteit?” vra Koos. “Wanneer GWK ‘n toekenning maak, is dit

belangrik om ook die persoon se lojaliteit te beoordeel. Die ding laat my baie dink aan die storietjie van die weduwee in die Bybel wat net ‘n klein bietjie uit haar kruik gegee het, maar vir haar was dit haar alles. Ja, die toekennings gaan ook oor getalle, maar ‘n mens moet die groter prentjie oorweeg. Doen ek al my besigheid met GWK of shop ek rond? Hoe groot ambassadeur is die ou wat wen vir GWK?” Erkenning is volgens Koos ‘n suiwer, positiewe beginsel, solank dit eerlik en regverdig, met die regte intensies gegee word. “‘n Mens kan erkenning opdeel in erkenning aan personeel en erkenning aan produsente. Die beginsel van erkenning is baie positief, maar daar is natuurlik ‘n voorwaarde aan verbonde. ‘n Mens moet dit verdien en ‘n mens moet opreg wees wanneer jy dit gee,” sê hy. “Wanneer jy opreg is en iemand het dit verdien deur ‘n voorbeeld te wees, kan dit ander mense aanspoor om dieselfde te bereik. ‘n Opregte dankie is vir ons boere baie werd. Die feit dat julle erkenning gee, wys vir 'n boer of personeellid ‘hei, ek werk nie net om brood op die tafel te kry nie. Mense sien raak dat ek meer probeer doen as waarvoor ek betaal


"Ek is nou ‘n groter ambassadeur vir GWK as wat ek ooit was.”

Koos en sy vrou, Hannetjie.

word’. En dít spoor ander aan.” Koos sê verder dat wanneer jy erkenning aan iemand gee, daardie persoon eienaarskap aanvaar. Wanneer hy eienaarskap aanvaar, is hy bereid om die ekstra myl te stap. “En as ‘n ou dit in ‘n besigheid kan bereik, dat almal bereid is om die ekstra myl te loop, dán voeg jy vir almal waarde toe. Dan raak dit ‘n sneeubal-effek: jy ontwikkel werktrots en werktrots lei tot die ontwikkeling van mense.” Die toekenning het ook vir Koos aangespoor om homself te evalueer. Hy sê dat iemand iets in hom raakgesien het, dat hy nie nou kan stilsit nie, dat die groot uitdaging nou is om aan te hou perform.

Maar is dit ‘n goeie uitdaging? “Ek dink net ‘n mens moenie ‘n obsessie daaroor kry nie, want dan gaan jy begin foutjies maak,” sê Koos. Koos se filosofie oor respek is bewonderenswaardig, dat dit verdien moet word deur ‘n voorbeeld te wees. Hy sê dat eerlikheid en etiese optrede jou ver sal bring. “Mense is nie dom nie, hulle kan gou agterkom as ‘n persoon vals is. Hoe jy lewe en dit wat jy sê moet van jou karakter spreek. Ek het ‘n kleintjie daaraan dood om jou bek oop te maak, net ter wille van jou bek oopmaak. Ek sê altyd ‘n leë blik moet homself toe hou, anders sien almal hoe leeg hy is.”

Oor GWK sê Koos dat dit lankal nie meer ‘n boerebesigheid is nie, maar eerder boere se besigheid. Dat Hannetjie nie ‘n boervrou is nie, maar ‘n boer se vrou. Die landbou ontwikkel en gaan vooruit, en boere is deesdae besigheidspersone. Daarom is dit so belangrik dat hulle erkenning kry vir die harde werk wat hulle doen, hoewel hy glo dat die kriteria nie ‘n klomp boksies moet wees wat regmerkies moet kry nie. Hy glo dat ‘n boer se lojaliteit, optrede, leierskap, ambassadeurskap en etiek alles in ag geneem moet word wanneer hy erkenning kry. Koos het die twee GWK Icons gewen omdat daar, volgens ons by GWK, niemand is wat dit méér verdien nie.

53


Begin by die â&#x20AC;&#x153;basicsâ&#x20AC;? 54

Ons Spesialiste Leana Bezuidenhout


Meer oor wat Johann doen:

“Ons kry elke tien dae sentinelbeelde (afhangend van wolke). Op hierdie foto sal ons byvoorbeeld na die kring in middel gaan kyk, asook die geel kol bo, en bepaal hoekom die land daar swakker is. Ons kry ook ‘n verslag wat die verskil tussen laaste twee beelde uitwys - dit help ons om te sien as sekere dele van ‘n land vinniger as die res klaar maak. Hier kan ons dan ondersoek instel. Enigiets van waterverspreiding tot siekte kan dan die oorsaak hiervan wees.”

“Ons ontvang een keer per seisoen spotbeelde. Dit is ‘n beter gehalte beeld en ons kan kolle beter identifiseer hiermee. Hierdie beeld word vir dieselfde redes as sentinel gebruik, maar nou kan ons meer spesifiek op dele in ‘n land konsentreer. Die beelde word ook in sommige gevalle gebruik vir ‘pix’-bespuitings op katoen.”

“Die rooi dele op stroperkaarte toon waar die opbrengs minder goed was. Dit is baie interessant dat daar in baie gevalle ‘n goeie ooreenkoms is tussen ‘n satellietbeeld en ‘n stroperkaart, soos hier gesien kan word. Indien ons dus vroegtydig probleme op die beelde raaksien, kan ‘n poging aangewend word om dit op te los indien moontlik en die invloed op ‘n boer se opbrengs beperk.”

“Kry eers die basics reg en hou die tegnologie dop om dit verder te verbeter,” sê Johann Sounes, GWK-landboukundige verantwoordelik vir die area tussen Kimberley en Luckhoff. GWK se spanne by presisieboerdery en produksienavorsing gee die pas aan in die industrie. Die nuutste tegnologie, akkurate navorsingsresultate en nabye produsenteverhoudinge is waarskynlik alles deel van die wenresep. Dié spanne, wat gelei word deur Dup Haarhoff, neem landbou-insette na ‘n nuwe vlak. Dit sluit produk-, kultivar- en produksienavorsing, landbou-ekonomie en presisieboerdery in. “Volgens my bestaan daar nie nog ‘n presisiespan in Suid-Afrika soos GWK s’n nie,” sê Sounes. “Die vertrouensverhouding tussen ons produsente en ons span, is merkwaardig. Ons leef baie na aan ons boere en is absoluut deel van hul boerdery.” Hy sê verder dat die kennis en ondervinding binne die span baie wyd strek en daagliks groei. Sounes, oorspronklik van Keimoes, het in 2015 by GWK se presisieboerderyspan aangesluit. Hy het sy kwalifikasie in biokinetika aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, waarna hy B.Sc. Landbou deur Unisa gestudeer het en sy honneursgraad verwerf het. Sy passie lê in die natuur, waar produsente se sukses hom opgewonde maak. “Ons lees op oor nuwe tegnologie om deurlopend op hoogte te bly van ontwikkeling wat vir ons produsente tot voordeel sal wees. Demonstrasies word gedoen en enige nuwe tegnologie word getoets om te verseker dat produsente dit kan aanwend om hulle opbrengste te verbeter terwyl hulle die kostes daarvan so laag as moontlik hou,” sê hy. Sounes, en die res van die span, is van A tot Z betrokke by ons produsente se boerdery. “Alles waarmee ons besig is word gedoen om ons boere te ondersteun. Ek is verantwoordelik vir 21 boerderye waar ek landbesoeke doen en insette lewer.” Een só ‘n voorbeeld is die aanwending van satellietbeelde om lande se NDVI (normalized difference vegetation index) te monitor. Satellietfoto’s word elke tien dae van ‘n land geneem en word dan verwerk tot inligting en waardes om moontlike probleemareas in lande te identifiseer. Sounes en die ander lede van die span gebruik dan dié sentinelbeelde om probleme

in terme van onder meer plantegroei, watertoediening, siektes of verdigtingslae te identifiseer en aan te spreek. “Ons stuur blaar- en grondmonsters na laboratoriums vir ontleding,” sê Sounes. “Die laboratoriums stuur dan vir ons verslae van die bevindings, waarvolgens ons aanbevelings kan maak om dit reg te stel.” Deurlopende ondersoeke na nuwe tegnologie verbreed die kennis van GWK se presisiespan verder en Sounes sê dat dit veral opwindend is om meer te leer oor minder bekende gewasse. Hy sê dat pekanneutproduksie, indien reg bestuur, baie waarde vir ons produsente en vir GWK kan inhou en dat dit ‘n opwindende uitdaging is om nou meer oor hierdie relatief nuwe produk te leer. Die kombinasie van ondervinding, ‘n behoefte na kennis, ondersteuning van ander GWK-besighede soos Sidi Parani en ‘n passie vir ons boere se sukses, maak van Sounes en die res van die presisiespan betroubare vennote in boerdery. “Niks maak my blyer as om ons boere se opbrengste te sien verbeter nie,” sê Sounes. “Dit is al wat vir my saak maak.”

RAAI oplossing: Des / Jan

Kommuniek B O P B R H E N G S

E L A N D

R A S O D I V E O S A A I B O E R

S P A N T O U E

I R E V E R N A S E R E S R E I E S B O G E O N E E U E R I P R D N N A S W T E L E U E U S E R R M O M M A S E E S M I A R I A N S T E L T E E L T E P B A R S L O G I E A K T O R

E E R S

E G A A L L U S E R N

D P U K E R N G O N S E E T E R F T E R U P S F I L T M A E D A I E S D A S A N E W A L A G Y S T T O E K E N M A I N E A R A S M A P E A A E L A T E S I S

I N L E I E R

L A T E R E

B R E E R E

E S R A

G E W A S

S E S S E

55


Leefstyl en Gesondheid Leana Bezuidenhout

Jip, 2017 het ons bekruip en bespring nog voor ons tyd gekry het om ons nuwejaarsvoornemens vir 2016 na te kom.

Navorsing toon dat slegs 8% van mense wel hul persoonlike doelwitte bereik, wat beteken dat die ander 92% (wat my insluit) elke jaar ‘n bietjie minder vertroue in hulself het. Wat is dit wat ons nodig het om te hou by dit waaraan ons ons verbind? Meer motivering? Wat is die geheim? Forbes.com het ‘n onderhoud gevoer met Dr. Paul Marciano, ‘n sielkundige en skrywer van die boek Carrots and Sticks Don’t Work. Marciano gee ‘n paar sleutelwenke wat aangewend kan word om by jou voornemens te hou. 1. Stel doelwitte wat spesifiek en gedefiniëer is. Mense is geneig om te sê “hiérdie jaar gaan ek gewig verloor!” Dit dra egter geen betekenis nie. Stel ‘n spesifieke gewig- of fiksheiddoelwit. Besluit wat jou teiken is, byvoorbeeld om 70kg te weeg of om 3km aaneen te kan draf. 2. Meet jou vordering. “As jy dit kan meet, kan jy dit verander” is ‘n fundamentele beginsel in sielkunde. Deur gereeld aan jouself terugvoer te gee, skep jy ook ‘n nuwe bron van motivering omdat jy terug kan kyk na waar jy begin het en dit vergelyk met tot waar jy al gevorder het. Op hierdie manier weet jy ook as jy ‘n stilstand bereik het of agteruitbeweeg, en kan jy jou aksies daarby aanpas. 3. Wees geduldig. Vordering is nie liniêer nie. Party mense sal vinnig ‘n drastiese verandering sien, net om later ‘n stilstand waar te neem. Vir ander sal die aanvanklike vordering pynlik sta-

dig wees tot hul later vinnige deurbrake sien. Om langdurige veranderinge te maak, neem tyd. 4. Deel jou doelwitte met vriende en familie. Sosiale ondersteuning is bitter belangrik. Hoewel dit moed verg om iets met iemand te deel terwyl jy moontlik onsuksesvol daarin kan wees, verhoog dit jou kanse geweldig om wel sukses te behaal. Een baie effektiewe taktiek is om ‘n “verantwoordelike vennoot” te kry – iemand wat daagliks of weekliks skakel om op te volg oor jou vordering en jou moed in te praat. Dit is maklik om ‘n belofte aan jouself te verbreek, maar veel moeiliker om dit teenoor ‘n vriend te erken. 5. Skeduleer dit. Die grootste verskoning wat ons gebruik, is dat “ons nie tyd kry om iets te doen nie.” Niemand krý tyd nie, jy kiés tyd. Ons almal kies hoe ons ons tyd spandeer – of dit nou met ‘n pizza voor die TV is of op ‘n fiets in die gimnasium. Skeduleer jou doelwitte as

‘n prioriteit in jou kalender, lank vooruit. 6. Iets is beter as niks. Is jy ook skuldig aan die “alles of niks”-denkwyse? Dink jy ooit “ek het nou al klaar daardie slaptjips geëet, ek kan nou maar net sowel roomys ook eet”? En dan “ek het reeds my eetreëls oortree, ek sal volgende week weer begin”. Kenners sê dat daar ‘n groot verskil is tussen niks doen en iets doen. As jy nie tyd het om ‘n volle uur in aan oefening af te staan nie, maak dit dan die beste 20 minute moontlik. 7. Staan op as jy geval het. Werk aan jou veerkragtigheid om ná elke terugslag weer op te staan en aan te gaan. Moenie tydelike mislukkings as ‘n verskoning gebruik om heeltemal moed op te gee nie. Erken die terugslag en maak ‘n nuwe belofte om van voor af toegewyd te werk aan jou doelwit. Dit is nie wilskrag wat jou dryf om jou doelwitte te bereik nie, maar eerder die ontwikkeling van die regte vaardighede, uitvoerplanne en geduld.

Gaan 2017 die jaar wees waarin jy aansluit by die 8% wat wel hul doelwitte bereik? 56


Kinderpret

Gebruik die stukkies om die eierdoppe weer heel te maak

57


58


59


RAAI

Kommuniek Sloot vir watertoevoer

Hoenderlandbouer

Tuis

Vaandels

Onder ander

Oorspesialis

Stemloos

Vee in Skaapvloeistof boere se gedompel opbrengs

Onnosel

Bakplek of skrum

Voerbak vir vee Henkos vir meer eiers

Uithollings Stellasie vir wingerdstok

Na Sept.

Binnestroom

Sterf, van diere gesê

Sonder jaartal

Seilwoning

Eiergeel

Pouses

Generator

Vaksineer

Droogte laat boere __ trek

By name

Rytuig vir ruwe werk

Skrikuitroep Lewende hawe

NieuSuidWallis

Gade Organiseer Nageslagte

Of hoe? Vrug of vuis

April Oorblyfsels

Ligg. opv.

Houdings Grof

Posorder

Merk- Vlieg wat waardige nagana oordra

Dui herkoms aan

Waenhuiskrans

Boere se blyplekke

Sedelike

Boorgate

Bedryf

Berg- en Toerklub

Franse kaas

Woonplek van voëls Jong manlike bees

Inenting Klein hert

Veldkampe

Bevelskrif

Boere Operasiemessie

Suipplek vir diere

Landbouwerktuie

Kwekers Nas. Adv. Int. Rugbyraad Onderwysraad Radiaal

Gekookte dikmelk

Ku Klux Klan

Dronk

Regter

Meer as een r

Reg om in te gaan

Bloedserum

Gereg van groentes

Seelanders

Dier se maag

Skouerklede

100 jaar

Oplossing vir KommuniekRAAI (Desember/Januarie) op bladsy 55.

60

Kruike

Agterkante

Ploegland

Geensins

__ Dhabi

Skulp

Israel se __ Meir

Waarneem

Pootafdrukke

Kapmesse

Durban

Sterk drankbrousel

Kudde

Paragraaf

1000 m

Gr. in regte

Kopie

Geharde skaapras

'n Afr. Taalver.

Endogamie __ jure; regtens

Vroulike varke

Tydperk

Kruiebossie

Dit laat oë traan

Blus

Briek

Kakies

Baie droog

Wild

Êrens heen vervoer

Letterkundige skrywer


Resep

e t t e k o r k s a a k Pap-enmet tamatiesmoor Zola se wenke:

oe l ee rs heeltemal afk Laa t die pap alt yd er. nte ha dit jy voordat

ie te gee, doop dit ’n ek strabros lag Om die krokette odkrummels. bro en rs eie twee keer in die els jy dit in die krumm te ve rkoel nada t bly kleef ter wy l Om die krokette els mm kru die t lp da gedoop het, sal he jy dit braai. nog wa rm is – fs va rs, ter wy l dit Eet die krokette lie p is net nie diesel fde wannee r die pa die tek stuur van l het nie. dit ee rs afgekoe

Zola Nene, plaaslike sjef, het hierdie heerlike resep vir krokette ontwikkel met ons GWK Farms SUper white-mieliemeel.

Bestanddele 4½ k water 1 t sout 2 e botter 1½ k GWK Nature’s Farms Super White-mieliemeel ½ k gerasperde parmesaankaas 1 k gerasperde beleë cheddarkaas 200 g mozzarella, in blokkies gesny 1 k GWK Nature’s Farms-koekmeel 2 eiers, geklits 2 k broodkrummels olie vir braai

Tamatiesmoor: 2 e olyfolie 1 ui, gekap 1 e gekapte vars tiemie 1 t paprika (opsioneel) 1 blik heel Italiaanse kersietamaties 2 e suiker ’n hand vol gekapte pietersielie sout en peper

Metode 1. Bring die water saam met die sout en botter in ’n kastrol tot kookpunt. Sprinkel die mieliemeel in terwyl jy met ’n houtlepel roer. Verlaag die hitte na laag. Bedek en laat kook vir sowat 25 minute. Roer elke vyf minute.

2. Meng die parmesaan- en cheddarkaas by die pap in en sprei dit dan op ’n bakplaat uit om af te koel. Sodra dit koel genoeg is om te hanteer, vorm lepels vol van die pap met jou hande

Maak die smoor: in plat sirkels. Plaas ’n blokkie mozzarella in die middel van elke sirkel en maak dit dan toe om ’n balletjie te vorm.

1. Verhit die olie en soteer die ui tot

3. Doop die krokette eers in die koek-

en suiker by en druk dan op die tamaties om dit op te breek.

meel, dan in die geklitste eier en laastens in die broodkrummels voordat jy dit in olie goudbruin braai. Dreineer op kombuispapier om oortollige olie te verwyder en sit met tamatiesmoor voor.

sag.

2. Voeg die tiemie, paprika, tamaties

3. Laat prut liggies totdat die sous verdik het en roer dan die pietersielie by en geur na smaak. (bron: goeiehuishouding.co.za)

61


Uit Piet se pen

E intlik is hierdie ‘n baie lang storie. Waar sal ek begin? Kom ek verduidelik die omstandighede. Hier gaan selde iets van die plaas af dorp toe vir herstelwerk. Alles word ge-mechanic tot hulle loop. Sommiges loop nooit weer nie. Die kinders glo daar moet gejag word as hulle plaas toe kom. Dít maak my nie opgewonde nie. Jy kan mos ‘n wildsbok net so naby aan ‘n jagter bring? Daarom maak ek nie meer jagtogte mee nie. Juniemaand was weer sulke tyd. Hulle klim net in en ry. Dit is nou juis by die inklim en ry waar die probleem ontstaan het. Die bakkie se verkoeler was stukkend en moes water kry. Voor ek kon sê van die water, was hulle al vort. Terug by die huis deel Antoinette my plegtig mee dat die bakkie warm geword het. Hulle het stadig gery, maar dit het nie eintlik gehelp nie. Onmiddellik het ek geweet die enjin is... Ons weet almal waarheen. Dit wás toe ook so. Hoe nou? Tyd is min en die bakkie moet loop. Die vinnigste en maklikste gaan ‘n nuwe enjin wees. Bestel dadelik een van Bloemfontein. Die koerier bring hom deur die nag. Drie-uur die volgende oggend gaan haal ek en Henry die enjin bo by die pad. Splinternuut in ‘n kas verpak. Volledig van A tot Z. Wat ek gedink het gaan vinnig wees, was toe nie. Die verskaffer het my gewaarsku dat ek heel moontlik hier en daar onderdele sal moet omruil op die enjins. Hy noem spesifiek die oliedeksel onder (sump) en die enjin se hegtingstukke (mountings). Alles pas nie net so op ‘n 4x4 nie. 62

So spring ons weg. Die ou enjin was vinnig uit. Ons sien nie juis die nodigheid om enigiets op die enjins om te ruil nie. Ons was oorhaastig. Met die nuwe enjin in, sukkel ons om dit vasgebout te kry. Net wanneer dit eenkant vas is, is die anderkant heeltemal uit posisie. Na ‘n halfdag se gesukkel met domkragte en wat nog, kry ons die moere net-net vas. Dinge lyk net nie reg nie. Die enjinrubbers is so verbuig dat dit lyk of dit enige tyd kan afbreek. Na ‘n gemeet en gepas op die ou enjin sien ons die mountings moet wel omgeruil word. Ons begin weer voor. Eindelik word dit tyd dat die nuwe enjin gestart moet word. Met groot afwagting draai ek die sleutel. Die enjin loop onmiddellik. Baie in my skik staan ek ‘n entjie weg en luister. Ek sê trots dat Henry hom so ‘n bietjie moet rev sodat ons net kan hoor of alles reg is. “Maak hom dreun”, soos die Namakwalanders sê. Hy het skaars gedreun of ‘n aardige klapgeluid kom van onder. By nadere ondersoek sien ons die oliedeksel raak aan die vooras. Ag tog, die verkoopsman hét my daaroor ook gewaarsku. Die hele proses weer van voor af net om die oliedeksel om te ruil. Die jagseisoen is lankal verby toe loop die bakkie eers. Ná ‘n maand of twee begin die bakkie ligweg proes. Sonja is doodseker ons het aangejaag. Uitgeput kom sy en Elvis (die hond) een middag by die huis aangestap nadat die bakkie met hulle gaan staan het. Ná ‘n dag se gesukkel om die spul aan die loop te probeer kry, gee ek moed op. Die bakkie is morsdood. Dorp toe sleep is die enigste uitweg.

Sonja is heel gewillig om dit gou te doen. Ons haak en sy trek met ‘n dolle vaart weg. (Hoekom weet ek nie.) Die pypstang ruk amper middeldeur. Ek beduie “stadiger!”. Ons het nie voor die tyd ooreengekom oor tekens nie. Sy dink ek wys vinniger. Gelukkig is die eerste motorhek breed genoeg. Die tweede motorhek is op ‘n draai en my tekens het nie die gewenste uitwerking nie. Dit ruk en pluk vir ‘n vale. Ek praat in tale. Die trekstang is nou my grootste bekommernis. Ek probeer uitmaak in watter rat sy is. Skynbaar vinnig op pad na vyfde. Die stof trek. My maag draai. Teen hierdie tempo gaan ons nie die dorp haal nie. Intussen pas ek my tekens drasties aan. Hang omtrent halflyf by die bakkie uit. Benoud. Skielik besef sy daar is fout. Die volgende oomblik skyn dit rooi voor my. Remligte. Sy rem soos in ‘n noodstop. My hart slaan bollemakiesie. Die trekstang buig eers dwars na die kant. Die volgende oomblik amper 90 grade na bo. ‘n Klomp goed flits deur my gedagtes. Breek die trekstang nou steek hy dwarsdeur die nuwe dooie enjin. Ná nog ‘n paar buigings in al wat windrigting is, oorleef die trekstang wonderbaarlik die noodstop. Vrou vlieg voor uit die bakkie. Die tekens wat sy nou gee ken ek almal. Sy verseg om my ‘n tree verder te sleep. Nou kos dit mooipraat. Hier in die vlak kan ons nie staan nie. Teesinnig willig sy in dat ek die sleepwerk doen. Voor ons vertrek maak ons doodseker dat elkeen presies weet wat elke handbeweging en vingerteken beteken. Ons haal die dorp in vrede.


JOU BOERDERY

ONS VEELSYDIGHEID

So veelsydig en aanpasbaar as wat jou boerdery vereis. Voergewasse waarop jy kan staatmaak. Ons veelsydige weidingspakket lewer voer met ’n hoë-drakrag en smaaklikheid en is geskik vir melk-, vleisbees- of skaapproduksie. www.pannar.com | infoserve@pannar.co.za

Lusern

Intensiewe Grasse

Droëland Wintergewasse

Eenjarige Subtropiese Gewasse

Dormansieklasse 7 en 9, weiding en hooitipes

Eenjarige Raaigras Meerjarige Raaigras

Hawer Korog Stoelrog Japannese Radys

Voersorghums Tef

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2017 PANNAR BPK 2017/WEIDING/LB/09COMBO

63


V A

Is daar ’n diensverskaffer wat my die volle spektrum van versekering en finansiële dienste bied? Ja. GWK bied jou soveel meer as net versekering. Met ons kry jy: • O mvat ten d e f i n a n s i ë l e b ep l a n n i n g, b oed e l b ep l a n n i n g en ve r seke r i n g s p rod u k te • B oed e l b es t u u r, we l va a r tb es t u u r en reg sd i en s te • Lewen s ve r seke r i n g • B ateve r se ke r i n g • O es ve r se ke r i n g • ’n Ve r s ke i d en h e i d n i s p rod u k te • Een er vare, landbou - gefokusde makelaar wat jy ver trou en wat na alles omsien Alles onder een dak.

Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185

gwk.co.za 64


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Februarie/Maart 2017 by GWK Kommuniek - Issuu