September 2016

Page 1

SEPTEMBER 2 0 1 6

‘N TYD OM NA UIT TE SIEN - Álet Erasmus

September is algemeen bekend as lentemaand hier in ons sonnige Suid-Afrika. Gedurende die herfs is dit eers die herfsblare in al hul warm kleure van geel, bruin en oranje en daarna die winter wat ook met sy pragtige plante soos die verskillende soorte aalwyne die vaal van die winter inkleur. Maar gedurende hierdie twee seisoene, anders as met die somerseisoen, sien ons uit na daardie eerste groen uitloopsel van die Witstinkhout of die eerste paar bloeisels van die perske-en ander vrugtebome! Ook in Kleinfontein sien ons daarna uit! Wanneer u by die Poort inry, sien u die winkelsentrum met sy tuin op u linkerkant, verder aan is die Gemeenskapsaal en sportterrein. Vriende van Kleinfontein het in aanloop tot die sportkragmeting teen Orania gewoeker en gewerskaf om ‘n pragtige netbal-/tennisbaan gereed te kry... met die hulp van ons Gemeenskap se mense! Die rugbyveld is versorg en die nodige strepe geverf. (meer oor die kragmeting in hierdie uitgawe). Wanneer u deur die nedersetting ry, kyk na die inwoners se tuine ... elkeen met sy of haar persoonlike voorkeur fyntuin of vetplanttuin. Soos die seisoene aanbeweeg gedurende die jaar, is daar ‘n tyd vir alles! Geniet u aandeel om Kleinfontein mooi te maak saam met die Kleinfontein Gemeenskap en sluit gerus ook aan by die Vriende van Kleinfontein wat reeds ‘n mooi en sigbare deel bygedra het.

Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ‘n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die BoereAfrikanervolk te

ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik,

onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ‘n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie

arbeid gevestig is. 1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.