Nuus vir die Kleinfonteiner Somer 2022

Page 1

Vergeet die stadsliggies

Die jaar het weereens verby gevlieg amper soos die stadsliggies toe ons kinders was en nog deurnag gery het see toe. Toe die dorp se straatligte jou wakker gemaak het wanneer jy die dorp binne ry.

Die wonderlikste was om in Meiringspoort ‘n rukkie stil te hou en na die melkweg sterre te kyk ...die naglug helder, die sterre baie nog nie bederf deur die baie ligte van

die stad nie.

Ons is bevoorreg hier in Kleinfontein om ook nog in die aand te kan uitkyk vir ‘n verskietende ster of twee, die sterre hemel, wolke, die maan en die geluide van die natuur om ons.

Wanneer kinders en kleinkinders kom kuier gedurende die vakansietyd, ervaar hulle ook dalk nog dίt wat ons as

Alet Erasmus

kinders ervaar het.

Die Kleinfontein swembad is gereed om deur die dag die somer hitte te breek …die veld huisves ewe veel natuur juweeltjies in die vorm van interessante rotse, grassoorte, insekte en voëllewe en in die wildpark, ‘n verskeidenheid wild.

Geniet en waardeer die mooi van Kleinfontein!

1 Desember 2022

Uit die redakteur se pen

Die laaste uitgawe van Nuus vir die Kleinfonteiner is nou te lees op u rekenaar of tablet of u blaai die harde kopie deur waar u sit op die stoep, sitkamer of dalk by u vakansie bestemming!

Desember is vakansiemaand of jy nou met Jan Tuisbly se karretjie ry en die sogenaamde tuinroete doen en of jy na ‘n vakansie oord of plaas wegbreek met ‘n jaar se harde werk agter die rug.

Elné het my gevra watter lekker vakansie nagereg resep het ek ingedagte vir dié uitgawe! Ek vertrou u gaan dit maak en geniet tot die laaste krieseltjie!

In die uitgawe skryf Carel Breytenbach weer oor een van die bekende voëlsoorte wat ‘n mooi Afrikaanse benaming: “Jangroentjie”!

Álet Erasmus

Daar is soveel interessante wilde en tuinvoëls in ons omgewing skryf gerus hulle name neer indien jy ‘n boek het om hulle te identifiseer.

Wat is ‘n man sonder ‘n mes? Annetjie Coetzee het gaan inloer by Dr Willie Burger en foto’s geneem van ‘n paar van sy groot versameling messe waarvan die kleinste twee so lank soos ‘n vingernael is vlymskerp!

Desember is ook die tyd van die jaar wat families bymekaar kom. Geniet dit, wees dankbaar vir die saamwees en dink ook aan dié wat nie daardie voorreg het nie.

"Vreugde vermeerder wanneer jy dink aan die mense wat jy liefhet." John B Molliere

Die Redaksie behou die reg voor om artikels te keur, redigeer en te verkort.

Stuur bydraes aan alete@kleinfontein.net

Res van die REDAKSIESPAN: ADVERTENSIES & BLADUITLEG: Elnè Spang (bemarking@kleinfontein.net)

Volkleur uitgawe beskikbaar by www.issuu.com.

2
-

Oordenking:

Skrifgedeelte:

Genesis 37:12 en 39:1-7.

Ons is op die einde van 2022 en kyk na 2023!

Josef beleef ook ’n oorgang! Josef, nog ’n baie klein seuntjie toe Jakob van Laban af weggetrek het na die land wat die HERE aan sy oupa Abraham beloof het. Hy het weggetrek op die bevel van die HERE self (Gen. 31:2). Ragel was, van sy vier vroue, die een wat hy die meeste liefgehad het. Josef was vir hom die witbroodjie siende hy nog baie klein was toe sy moeder gesterf het met die geboorte van sy broertjie Benjamin

(Gen. 35:16 21). Dit het ‘n besondere band tussen Jakob en die klein seuntjie geskep, omdat Jakob hom alleen van so vroeg af moes versorg.

Van Genesis 30 tot 39 sien ons hoe Jakob (Israel) onder die direkte leiding van die HERE opgetree het. Hy het telkens wanneer die HERE vir hom gesê het om iets te doen, soos om te trek, dit gedoen. Ons kan sê, Jakob het naby God geleef!

Josef moes dit ervaar het en uit sy bewondering vir sy vader ook met hom sy bewondering van hulle hemelse Vader deel!

Josef, gaan van witbroodjie na slaaf en dit in die vreemde. Al bekende vir Josef, daar in Egipte, was die HERE. Hy het aan Hom verbonde gebly.

In Potifar se huishouding het hy, baie jare voor Moses die wet geboekstaaf, met sy God gehoorsame lewe, en het sy heer so beïndruk dat hy oor bykans alles, van Potifar, beheer uitgeoefen het.

2023 Is dalk vir ons ook duister soos vir Josef as slaaf in Egipte. Dit kan vir ons ook net so verander na lig deur Christus, soos Josef se lewe!

Pak die toekoms, ook 2023, soos Josef onder die leiding van die HERE.

Kleinfonteiner bestyg Kilimanjaro

"Moet nooit die hoogte van 'n berg meet voordat jy bo is nie. Eers dan sal jy sien hoe laag dit werklik was." -

Advokaat

3
Dag Hammarskjold Kleinfontein en vriende van die Afrikaner uit Suid-Tirol bestyg saam die bekende berg Kilimanjaro. Geluk aan Rian Genis (Kleinfontein) Gino Bentivoglio en Manfred Dorfmann Riaan Genis hou Kleinfontein se naam hoog en vertoon trots ons vlag bo op berg Kilimanjaro. Ds Marius Hartzenberg

Ter Nagedagtenis

Francois Roos Bezuidenhout 1934/08/12 tot 2022/10/05

Die familie wapen is 'n korf met bye. In Junie toe Pa begin siek word trek 'n swerm bye in die doringboom in, bly vir drie dae en trek verder. In die week wat ons besef pa se vlammetjie brand laag, is die bye terug, maar dié keer net vir 'n middag. Pa was altyd so besig soos 'n by. Nou gaan pa kyk hoe ons heuning maak.

Rus sag ons pa.

Chris, Marlene, Jacques en Frannie.

KERSSANGDIENS 2022

Sondag 13 November, het die jaarlikse Kerssangdiens in die Kleinfontein Gemeenskapsaal plaasgevind.

Die tema van hierdie jaar se diens was, In die Volheid van die Tyd.

Dr Johan Otto van die Geloofsbond van Hervormde Kerke, het die diens waargeneem.

Gedurende die program, is daar voorlesings uit die Bybel gedoen deur Ds Attie Bezuidenhout, Daan Kruger en Hendrik van Niekerk.

Linda van Veenhuizen het die teenwoordiges op die orrel begelei tydens die hartlike samesang.

4

Briewe:

Dankie vir puik diens!

Datonet se manne is altyd vriendelik, behulpsaam, geduldig, help selfs met onbenullige vrae.

Ek wil net vir die manne van Datonet sê, julle gee mens weer hoop vir die toekoms en veral vir die Afrikaner volk.

Dankie vir julle puik diens. René van Zyl

Baie dankie!

Ons wil graag vir Ds Attie Bezuidenhout, Suster Patrys, Suster Ria (van die Sorgsentrum), Wikus Cremer en Petrus bedank.

Hulle het ons altyd professioneel en onvoorwaardelik bygestaan tydens ons pa se siekte en afsterwe.

Marlene en Chris

Bederf aan die einde van Oktober!

Namens Wag n Bietjie wil ons net vir Jan Moolman hartlik bedank vir die aartappels wat hy vir ons kom aflaai het. Ons waardeer dit opreg.

Annetjie Coetzee en inwoners van Wag 'n Bietjie

Vyf Ster diens in Kleinfontein!

Linda van Klein Bederfies, is

Jaarlikse Algemene Vergadering 2022

Op Saterdag 15 Oktober, het die vyfde Algemene Jaarvergadering vir lede van Kleinfontein Aandeleblok Eiendoms Beperk plaasgevind in die Gemeenskapsaal van Kleinfontein.

Direksie en bestuurslede van Kleinfontein

Agter vlnr: Dannie de Beer, Carel van der Poll, Stefan Wiese, Jean du Plessis, Johan Coetzer en Boeta van Dyk

Voor vlnr: Chris Els, Ds Attie Bezuidenhout, Hendrik van Niekerk, Fanie Swart, Louis Berrington en Marietjie Nell.

(foto: ‘Alet Erasmus)

(foto: Elné Spang)

die Skoonheidsterapeut by die Uit en Tuis Sentrum, wat ook besoeke doen, waar dit versoek word.

Sy het vir 'n tydperk elke dag Maandag tot Vrydag my Pa se voete gemaseer in die gerief van sy eie woning. Sy het haar eie kalmerende musiek aangesit om by te dra tot 'n ontspanne "salon" atmosfeer en het haar baie goed van haar taak gekwyt.

Ek beveel haar definitief aan. Maria

Bron: https:// www.google.com/url? sa=i&url=https%3A% 2F%

2Fwww.pinterest.com %2Fpin% 2F4901183719213867 79%

5

Ons kinders presteer!

bok kleure in hierdie erkende olimpiese sport. Hy is ook tans die Afrika Kampioen in die gewigklas ligter as 47 Kg en kategorie ligte kontak. In Oktober neem hy in Italië deel aan die WAKO Wêreldkampioenskappe.

Nicholas neem deel in twee taai gevegte, een teen Zlatovslav Ivanov van (BUL) en een teen Darius Kustancz (HUN).

Op 31 Oktober word Nicholas Swart (gr 8), derde in SA Skopboks kampioenskappe vir onder 42kg seuns aangewys en ontvang Spring-

Om die land op hierdie vlak te verteenwoordig is 'n eer, en hy het nie net sy skopboks klub se naam hoog gehou nie, maar Suid

se naam ook!

Welgedaan Nicholas!

Nicholas is reeds uitgenooi om SA te verteenwoordig in Turkye in 2023.

Op ander gebiede

Duncan du Preez

Wat 'n uitmundende prestasie, Stefan Swart het in Oktober sy erekleure in Bergfietsry by Affies gekry.

Baie geluk ook aan die groot ouers, Rita en Blackie Swart asook die ouers, Fanie en Ester Swart, wie se seuns so mooi presteer het.

(Inligting en foto’s: Leivoor en Ester Swart)

Slegs twee leerders van Hoërskool Eldoraigne het die lys van Top Leerders behaal in die Nasionale

Hoërskool Afrikaans Huistaal kategorie, soos aangewys deur Beeld.

Duncan du Preez (Graad 11), presteer in die 85% tot 89%kategorieë.

Duncan is ‘n Kleinfonteinkind wat in juf Miems se kleuterklas was.

- Marietjie Nell

Hester du Bruyn & Hilleke Genis

Betrokke by Gemeenskapsdiens, Graad 10 leerlinge van die CVO Skool Pretoria, Hester du Bruyn en Hilleke Genis het gedurende die eerste week van Oktober, gemeenskapsdiens verrig by Kleinfontein se Sorgsentrum. Die inwoners het die jong dames se hulp en vriendelike teenwoordigheid baie waardeer.

6
Nicholas Swart Stefan Swart

LESERSKRING

- Elisabeth Malan

My twenty-five years in Provence deur Peter Mayle Marie Venter hou die boek van Peter Mayle wat sy, tydens haar kuier by haar kinders in Frankryk, gelees het, aan ons voor.

Peter Mayle skryf oor sy jarelange verblyf in Frankryk. Baie waarhede word op humoristiese verteltrant kwytgeraak. Beslis die moeite

Kort verhale van Margaret Bakkes

Tydens die Oktober byeenkoms stel Minnie Opperman ‘n kortverhaal van Mageret Bakkes uit haar bundel van kortverhale aan ons bekend.

Die verhaal handel oor twee vroue wat besoek aflê by die onkologie

van ‘n hospitaal. Albei kry behandeling en nou moet die resultaat uitwys.

Die een was gelukkig en gaan na haar geliefde familie

…… die ander, met ‘n slegte uitkoms, moet teruggaan en na ‘n tyd sterf sy.

Was sy ongelukkig of was sy na alles tog gelukkig?

Skenk gerus ‘n OU of NUWE boek wat in jou pad lè by KA om in die biblioteek opgeneem te word!

KSK Koöperatiewe bank beperk, ontvang positiewe

Die Voorsorg Eenheid van die Reserwebank het hul jaarlikse oorsigbesoek by KSK Koöpe ratiewe Bank Beperk gehad en die vergadering was suksesvol en die Eenheid is tevrede. KSK Koöperatiewe Bank Beperk, is die tweede grootste Koöperatiewe Bank in Suid Afrika. *KSK* se Bestuur en Personeel het gesamentlik *110 jaar bankondervinding*. Goeie streng, korporatiewe bestuur beteken dat daar risikovry by KSK belê kan word. Wees gerus u belegging by KSK is absoluut veilig. Meer inligting is ook per WhatsApp boodskap na die wyke in Kleinfontein gesirkuleer.

7

Welkom in Wag ‘n Bietjie!

Van Roossenekal se wêreld. En het van Kleinfontein op die radio gehoor.

Oud inwoners van Kleinfontein wat besluit het om af te skaal en vir hulle die plekkie in nr 17 Wag ‘n Bietjie gekoop wat hulle pragtig reggemaak het waar hulle nou baie gelukkig is.

Al die pad van Durban. Heidie se gewese skoonouers het in Wag ‘n Bietjie gebly tot en met hul afsterwe. Hulle het besluit dis waar hulle wil bly en het begin navraag doen en was gelukkig om nr 8 te kry om te huur.

Freek het hom klaar beskikbaar gestel as iemand hom nodig kry. Dankie Freek.

Hulle het vriende op Kleinfontein en was beïndruk met ‘n huis wat rolstoel vriendelik is. Dus kan Schalk maklik rondbeweeg.

Schalk is n bonsai kweker en is baie besig daarmee.

8
Johan & Beatrix Jordaan Koos en Ria van Staden en hul seun Schalk Freek en Heidie Pienaar
9
10

`n Kunsvlyt Kersfees Projek

Met die Kersfees vakansietyd voor die deur, is hier `n lekker projek om die hele gesin (hopelik pa inkluis) besig te hou.

Hierdie projek is om jou geskenke, kersboom en selfs jou kaartjies spesiaal te maak `n handgemaakte versiering om vir die mense in jou lewe te wys hoeveel jy hulle waardeer.

Hierdie versiering kan op soveel verskillende maniere gebruik word vir naam kaartjies op geskenke, vir boomversierings, dalk ‘n groot een vir die tafel of die deur; die moontlikhede is oneindig.

Geniet die Kerstyd so op ‘n kreatiwe hoogte punt vir die jaar.

Benodigdhede:

Kraletjies van jou keuse, stewige karton of hout vorms, lint, potlood, uitveer, Bostick clear, skêr. Enige vorm wat jy wil aftrek. In die voorbeeld het ons hartjies gebruik.

1. Trek vorm af op karton

2. Sny dit uit en sny jou lint in die regte lengte wat jy verkies. Onthou jy moet dit dubbel vou vir die lengte.

3. Sit nou gom aan die een karton vormpie se bokant en plak die lint vas.

4. Plak ander karton vorm bo op om mooi af te rond (in die geval van hout vorm, kan lint deur `n gaatjie geryg word).

5. Laat dit droog word.Nou kan ons die krale nader bring!

6. Smeer nou gom aan karton en begin kraletjies vas plak totdat daar geen karton meer gesien kan word nie.

7. ‘n Potlood kan gebruik word om kraletjies rond te skuif sodat jou vingers nie vol gom word nie.

So bietjie meer oor Rosemarie du Toit.

Sy het ‘n groot liefde vir kuns ontwikkel toe sy op die ouderdom van 2 al ‘n verfkwas in die hand gestop was. Vandag bring sy kuns na mense om te ontspan en om kinders se kreatiwiteit op te bou. Dis ont-spannend om net van tyd te vergeet en gou ietsie te maak wat jou goed sal laat voel. Sy het al op 3 verskillende dorpe kunsklasse aangebied en uitstallings gedoen waar sy met haar kinders se prestasies kon spog.

Rosemarie bly nou hier op die Kleinfontein hoewes en het haar talente ook nou vir ons beskikbaar gestel. Sy gaan volgende jaar weer begin kunsklasse aanbied vir kinders en volwassenes.

11

Kleinfontein Ruiters doen dit weer!

Op 1 Oktober tot 5 Oktober 2022 het Willie en Melandi Liebenberg en Kayla Heystek, almal inwoners op die hoewes, deurgedring na die “Western Mounted Games” Nasionale Kampioenskappe te Parys in die Vrystaat om saam met die Gautengspan deel te neem.

593 Ruiters en hul perde uit sewe provinsies en ‘n elite span van Zimbabwe het teen mekaar meegeding. Minke Bekker van Môreskof Perdry Opleiding was langs die arena’s as die afrigter. Dit was ‘n groot voorreg vir Willie en Melandi om as ‘n pa- en dogter kombinasie deel te kon

neem.

Baie geluk aan Willie, Melandi en Kayla vir julle deelname en julle bydrae as sterk rui ters in die Gautengspan. So wen Gauteng vir die negende daaropvolgende jaar die Kampioenbeker!

Bo:

12
Bo: Willie met Chessa & Melandi met Gaby Kayla en Dusty
14

Krugerdag herdenking

10 Oktober 2022 was Heldedag en 'n vakansiedag op Kleinfontein. Soos dit hoort het die Vierkleur trots gewapper. Verrigtinge het plaasgevind in Pretoria (Heldeakker en Paul Kruger Kerk) en by Paardekraal.

REËNVALVERSLAG

Marius Bosch

2015 2016 2017 2018 2019 2020 2021 2022

Jan. 105 150 130 93 196 181 175 127

Feb. 25 34 112 96 163 73 91 199

Mrt. 89 142 15 249 22 117 32 76 Apr. 58 18 107 50 82 145 55 182

Mei 0 70 29 24 4 0 8 24 Jun. 0 20 0 0 0 20 1 12 Jul. 6 4 0 0 0 0 0 0 Aug. 0 2 0 0 0 0 0 0 Sep. 78 2 16 20 2 0 14 0

Okt. 16 100 59 80 20 58 88 33 Nov. 87 293 80 86 187 197 213 Des. 94 107 115 110 375 58 286

TOT. 565 942 663 808 1 051 849 963

15
16
17
18

Water wonders in Kleinfontein!

Terwyl Pretoria gebukkend gaan onder vlak 2 waterbeperkings word daar 'n wakende oog oor Kleinfontein se waterbronne gehou.

Terwyl die nuwe Suid Afrika se water infrastruktuur inmekaar tuimel, verbeter en diens Kleinfontein sy gesofistikeerde natuurlike filtreerstelsel.

In lyn met regulasies word ons standhoudende fontein gebruik wat van tyd tot tyd aangevul word met boorgatwater.

Daarom word die strategiese water pompstasies gereed gemaak vir bystands kragopwekkers.

Jong, toegewyde ingenieurs is besig om verfynings aan te bring aan Kleinfontein se gesofistikeerde watermoniterings stelsel.

19
KLEINFONTEIN, GROOT TOEKOMS!

Elke kompeterende hengelaar se droom.

Ons het 10 November 2022 vertrek op ons reis na Hardapdam waar ons gebly het vir die tydperk van die toernooi.

Op 12 en 13 November 2022 het ons geleentheid gekry om oefen sessies te hengel ter voorbereiding vir die toets reeks van 3 dae.

Elke jaar kompeteer ons land se top dames hengelaars teen mekaar om ‘n posisie in die Protea span te kry.

Dit neem sommige hengelaars ‘n hele klompie jare van toewyding en deursettingsvermoë, voor die resultate goed genoeg is om te kwalifiseer vir die Protea span.

Ek is geseënd om vir 2 agtereenvolgende jare eerste op die ranglys te wees en in die Protea span opgeneem te wees.

Die Protea span hengel dan in die streek 5 toernooi wat gewoonlik in Namibië aangebied word. Tydens die toernooi hengel Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe se top dames spanne teen mekaar vir uitnodiging na die Streek 5 span ook bekend as die drie nasies span.

So het die tyd aangebreek vir my om die langpad vir die 2de agtereenvolgende jaar aan te durf na Namibië.

Die klipperige oewer en Namibië hitte van tot 45° is uitdagend, maar ons volhard en pak die stryd met volle moed aan.

Elke toets het sy eie uitda gings gehad, van vashaak en breekplekke onder die water tot diepwater teen die kant waar die plasing van die hou nette 1m van die kant af reeds in heup diepte water was. Maar dit het ons span glad nie terug gehou nie.

Suid Afrika wen elke toets 3 0 teen Namibië.

Dit is 'n groot eer en voorreg om op die hoogste vlak van my sport deel te neem, en my land te verteenwoordig.

Ek bedank elke Kleinfonteiner vir die onbaatsugtige ondersteuning, bo almal my God vir die talent, geleentheid en voorreg om my sport in sy voortuin te kan beoefen.

Hengel groete!

20
21

Klipsop? Is dit moontlik?!

Met die meegaande verhaaltjie ingedagte, het Roelie Schee pers met ‘n paar mense gesels en met die voorstel gekom om dankie te sê aan pioniers van die Boere Afrikaner Volk wat iets besonders vir ons mense gedoen het.

Op Saterdag 27 Augustus, is die Kleinfontein Gemeenskapsaal op gepasde wyse versier, gasvroue het hul tafels keurig gedek, interessante verskeidenheid sop is gemaak waarin almal kon deel, asook tuisgebakte en ander brood vir hul gaste.

Hierdie was die voorloper geselligheid waartydens ‘n prag-

tige gedenkboek met leeromhulsel geteken is deur die teenwoordiges. Verskeie gaste het hulde gebring aan diegene wat iets besonders vir ons eie mense gedoen het.

Leerlinge van CVO Skool Pretoria het ook ‘n gepasde opvoering gedoen.

Baie dankie aan elkeen wat die besonderse aand bygewoon en moontlik gemaak het.

Die storie van Klipsop “Eendag lank gelede het drie soldate, honger en uitgeput van die oorlog, op ’n klein dorpie afgekom. Die dorpie was vêr afgeleë van die beskawing en die oorlog het ook sy merk op die dorpie

Die inwoners, wat daardie jaar n baie swak oes gehad het en baie swaar gekry het vanweë die oorlog, het vinnig

die bietjie kos wat hulle nog beskikbaar gehad het, gaan versteek. Hulle het die drie soldate ontmoet op die dorpsplein en met vreeslike jammer klagtes hulle lot beklae dat hulle niks het om te eet in die dorp nie.

Die drie soldate het vinnig kajuitraad onder mekaar gehou en die eerste soldaat gaan praat met die oudstes van die dorpie. “Julle uitgeputte en verwoeste landerye het aan julle niks opgelewer om te deel met ander nie, daarom sal ons die bietjie wat ons het met julle deel, die geheim om sop te maak van klippe.

Die inwoners was vreeslik gefassineerd en sommer gou was ’n vuur aan die gang met die dorp se grootste pot op die vuur, gevul met lekker vars fonteinwater. Terwyl die water stadig begin te kook, plaas die tweede soldaat drie gladde klippe in die pot en merk op: “Dié gaan ’n baie lekker sop wees, maar ’n knippie sout en bietjie pietersielie sal dit wonderlik maak !” Skielik spring een van die inwoners op en roep uit: ”Wat ’n geluk, ek onthou nou net dat ons nog so bietjie sout en pietersielie oor het!” en hy hardloop huis toe. Sy keer terug met haar voorskoot vol pietersielie, ‘n handvol sout en nog ’n raap ook. Soos wat die water al hoe meer begin te kook, hoe beter raak die geheue van die inwoners en elkeen “onthou” skielik van ’n

22
-
‘Alet

ietsie wat hy het wat by die sop gevoeg kan word soos gort, wortels, bietjie vleis en room. Kort voor lank “onthou” iemand van ’n vaatjie wyn wat dalk iewers nog in ’n kelder kan wees en die vaatjie word na die dorps plein gerol en almal neem plaas vir ’n feesmaal. Hulle het behoorlik geëet, gedans en gesing tot laat in die nagtelike ure, verfris deur die heerlike fees en hul nuut gevonde vriende. Die volgende oggend terwyl die soldate ontwaak kom al die inwoners van die dorpie na hul aan gestap. Voor hulle plaas hulle ’n mandjie gevul met van die dorp se beste brood en kaas. “Julle het aan ons die grootste geskenk gegee, die geheim om sop te maak van klippe,” sê een van die dorp se oudstes “en ons sal dit nooit vergeet nie.”

Die derde soldaat draai na die inwoners en sê, “Daar is geen geheim nie, maar weet dit, ’n fees is net moontlik wanneer daar met mekaar gedeel word.” en die drie soldate vertrek verder op hul reis.”

Dankie Roelie en jou span vir die mooi inisiatief!

23

n Besonderse knipmes versameling

Annetjie Coetzee

Ds Willie Burger van Patryssingel is ‘n gesoute mesversamelaar! Hy het altesaam 1930 ou messe in sy besit. (Natuurlik toegesluit in ‘n kluis).

Hy het begin messe versamel in 1972, maar het later opgehou toe sy kluis vol was! Dit is sy trots en dit het ons ‘n tydjie geneem om net ‘n gedeelte uit te haal om dit te kon besigtig.

Jy verstom jou as jy na al die verskillende messe kyk. Een is meer interressant as die ander een.

Links: Hierdie is sy oudste mes en is gemaak in 1825 deur ‘n ene mnr Duminie

Regs: Soos jul kan sien, is die een van Ossewa brandwag

Heel onder: Hierdie twee was baie fassinerend. Hulle is ± 1cm lank en as hy oopmaak seker ± 2cm. Dr Burger het een gekoop van persoon wat die messie gemaak het. Toe sy tweeling broer eendag in die Kaap by ‘n vlooimark rondloop, sien hy die klein mes en besluit om dit vir sy broer te koop. Hier gekom, sien hulle dit is identies. Een swart en die ander een wit. Die messies was deur dieselfde man gemaak.

Waarlik ‘n besonderse versameling!

24 ‘
Bo: Messe wat lyk soos verskillende vuurwapens Bo: Vir die motor entoesiaste, Kyk nou net hier! Kan jy nou meer!

Voëls in ons tuine (5)

JANGROENTJIE Nectarinia famosa

voëltjies kom voor oor bykans die hele Suid Afrika, selfs so ver as Etiopië.

Die Jangroentjie leef dan ook nie net op nektar nie maar saam daarmee geniet die voëltjie klein insekte soos spinnekoppe, klein vlinders en motte as hulle hoof insek bron.

n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde

gees

- Annetjie Coetzee

Vroeg een oggend (8 vm), ry ek verby die Uit en Tuis winkelsentrum en kry die jong dames besig om lekker, ongestoord in die vars lug bietjie spiere te rek.

Die Suikerbekkies is tereg soos wat hulle familienaam, “NECTARINIIDAE” en genusnaam “Nectarinia” aandui, nektar eters of dan drinkers. Die Engelse naam vir die Jangroentjie is “Malachite Sunbird” wat verwys na die amper metaalagtige groen kleur van die mannetjie tydens paartyd. Buite paartyd verander die bors kleur na ligbruin/wit en die rugvere na swart. Die wyfie soos wat die foto aandui het ook wit/bruin bors kleur terwyl die rugvere bruin/swart vertoon. Die mannetjie spog ook met langer stertvere tydens paartyd, (My ouma het altyd gesê cheap swank). Die voëltjie kom voor op Kleinfontein, is egter redelik skaam. In my erf kom kuier een saam met ander familielede gereeld by die vuurpyl blomme in die somer en by die sigaretbos se blomme in die herfs/wintertyd. Laat winter en lente sorg die aalwyne vir die nektar. Jong voëltjies lyk soos die wyfie. Die

Broeityd op Kleinfontein strek vanaf Augustus tot Februarie. Twee eiers word gewoonlik gelê en by uitsondering soms drie. Die nes word meestal gebou 2 tot 3meter bokant die grond, water of ’n donga. Die ovaal vormige nessie se materiaal bestaan uit gras, fyn takkies en blare, uitgevoer met vere. Die nessie word dikwels buite om afgewerk met materiaal van die plant waarin dit gebou is vir beter kamoeflering. Dieselfde nes word gewoonlik jaar na jaar gebruik na ’n bietjie opknap werk daaraan. Nesbou word slegs deur die wyfie gedoen.

Broeityd normaalweg 18 21 dae. Eierdoppe is dig gespikkeld met olyf, bruinerige spikkels op ’n onderliggende grys. Voer van die kleintjies hoofsaaklik deur die wyfie met die mannetjie wat so nou en dan ’n pootjie sal bysit.

In die volgende uitgawe sal ons bietjie kyk na die Marico suikerbekkie, Cinnyris mariquensis.

Waar in die stad kan jy nog so iets doen?

Welgedaan julle twee!

Hoop julle is ‘n inspirasie vir ander jong mense.

Dit is lekker op Kleinfontein se plaas!

25

Pannekoek bak is pret!

Rodeo op Erfenisdag, 24 September 2022

……

veral wanneer die inkomste uit die pannekoekverkope ook vir ‘n goeie doel gaan!

Mien Bezuidenhout en Isabella du Plessis is hier in 'n dispuut of sal ek sê 'n kompetisie, wie rol 'n pannekoek die vinnigste. Nietemin, almal eet heerlik aan 'n vars gebakte, onweerstaanbare pannekoek.

Met haar Tradisionele voortrekkerrok het Michelle Fourie deelgeneem met haar perd, Kwanita en boonop ‘n pragtige toom gewen vir die beste geklede ruiter.

As “oudste” dame wat deelgeneem het, het sy eerste plek gekry vir die Single barrel,

26

Uit Álet se Kleinfontein Kombuis

Desembermaand is gewoonlik heerlik warm en ons geniet graag ‘n koue lafenis soos roomys vir nagereg! Hierdie nagereg is ‘n treffer met net vier bestanddele waarmee jy gemaklik 20 porsies kan uitkry.

Roomys met ‘n gemmer-kinkel

Bestanddele

1 x 200g gemmerkoekies

1 x 100g gerooster en gesoute kasjoeneute 1 blik gekaramaliseerde kondensmelk 2 liter vanielje roomys

Versiering : gesnipperde glanskersies en gekapte kasjoeneute

Metode:

U het nodig ‘n bak (wat geskik is vir die vrieskas) van 30cmx20cmx5cm.

1. Breek die gemmerkoekies in klein stukkies onderin die bak en strooi ‘n gedeelte van die gebreekte kasjoeneute ook daaroor.

2. Gebruik ‘n balvormige draad klitser en vou die karamelkondensmelk eweredig by die va nieljeroomys in. (haal die roomys net rukkie voordat jy dit wil gebruik, uit die vrieskas)

3. Skep die roomysmengsel eweredig oor die gebreekte gemmerkoekie “kors” en plaas in die vrieskas om behoorlik te stol.

4. Sodra gestol, versier u die nagereg met fyngesnipperde glanskersies (groen en rooi afgewissel vertoon feestelik), asook met die res van die gekapte kasjoeneute.

NB! *** Maak seker dat u gaste NIE ALLERGIES IS VIR NEUTE NIE!

Wenke:

• Om die nagereg ryker te maak, kan sjokoladesplinters of grof gekapte sjokolade in die roomys gevou word en ook daarmee afgerond word bo op. (Veral Crunchie sjokolade komplimenteer die nagereg!)

• Indien van u gaste allergies is vir neute, maak ‘n aparte bak sonder neute wat ook nie daarmee in aanraking was nie.

Waarna om UIT TE SIEN in Nuus vir die Kleinfonteiner in 2023!

Leivoor integreer om Nuus vir die Kleinfonteiner ‘n twee maandelikse publikasie te maak. Wees dus op die uitkyk vir 6 uitgawes in die nuwe jaar!

In die eerste uitgawe, ‘n terug blik op die Wykskuiers van 2022!

27
28
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.