Nuus vir die Kleinfonteiner Lente 2022

Page 1

1September 2022

Missie van Kleinfontein

Jou het ek lief bo alles.

Zyl het ‘n paar jaar gelede ‘n besonderse stuk geskryf oor òns mòòi taal. “Daar is mense in en van Suider Afrika wat die jongste taal ter wêreld praat. Dit is ʼn prikkelende, borrelende, groeiende taal. ʼn Taal betowerend in sy poëtiese eenvoud. ʼn Blom wat blou is, is ʼn bloublommetjie, en ʼn blom wat op die water dryf, is ʼn Dinkwaterblommetjie.”inAfrikaans,wees

Van al die tale wat ek hoor, niks wat my siel ooit so Obekoor.moedertaal, o soetste taal!

Tydens die afgelope Afrikaanse taaldag, is verskeie voorbeelde genoem van Afrikaanse woorde wat nie in Engels beskryf of weergegee kan word nie, soos byvoorbeeld, “nou toe Dinenou”.van

O moedertaal, o soetste taal!

Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.

lief in Afrikaans en wees trots op JOU besonderse taal. Foto: ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.

O Moedertaal, o Soetste taal!

Jou het ek lief bo alles.

— R300 1/2 blad R150 1/4 blad — R80 Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein KBK Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hulle inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het.

FOTO’S: Álet Erasmus Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net Kleinfontein het so sigbaar positief gegroei in die afgelope paar maande. ‘n Vriendin van my het die volgende woorde as haar lewensfokus gehad:

2 Uit die redakteur se pen - Álet Erasmus

REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus

ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net)

VolbladvirAdvertensietariewe2021

Geniet die eerste uitloopsels en bloeisels van die lenteseisoen en deel dit met vreugde!

BLADUITLEG: Elnè Spang

Nuus vir die Kleinfonteiner benodig die hulp van wat advertensies opvolg en werwing betref. Stuur u besonderhede alete@kleinfontein.netna

“POSITIWITEIT is die sleutel tot SUKSES! Dit is dus aangenaam om in hierdie LENTE uitgawe vir u soveel mooi en positiewe artikels te kan plaas uit die gemeenskap. Carel skryf oor die tuinvoëls wat hy waarneem, die jongmense loods ‘n opruim aksie, ‘n bekende van die radio kom kuier, die biblioteek kry nuwe rakke en een van ons inwoners word ‘n honderd jaar (jonk). Wat ‘n seën om nog op daardie ouderdom so aan die gang te kan wees. Buiten vir Amanda van KSK wat ons van afskeid neem, sê ek ook baie dankie aan René Pietersen wat die artikels die afgelope tyd so keurig geplaas het met bladuitleg. Vir hierdie uitgawe sê ons welkom aan Elné Spang wat die bladuitleg gaan doen. Stuur asseblief inligting oor interessante stokperdjies of prestasies waaroor ons in ‘n volgende uitgawe kan berig. U kan dit ook deurgee na u Sooswyksverteenwoordiger.altyd,baiedankie aan ons adverteerders wat diens lewer aan ons gemeenskap en aan mev Elisabeth Malan wat die afgelope jare die skakel was met ons adverteerders.

3

In skerp kontras met die gedruis en geraas van chaosmagte in die wêreld, is Sy teenwoordigheid soos ’n rivier wat rustig vloei en standhoudend ander strome Sovoed.isHy in die midde van sy volk. Dis die geheim van God se volk. Berge wankel, koninkryke wankel, maar die Godstad wankel nooit, want God is in ons midde teenwoordig. En wanneer die daglig kom, dan red Hy sy volk (Ex. 14: 27 en 2 Kon. 19:35)

Oordenking:

Skrifgedeelte: Psalm 46 OAV Teks: Ps. 46: 2

Kyk daarom wat die HERE Hydoen:bring verwoesting en Hy bring vrede op aarde. En wees dan stil voor Hom. Wees stil gelowige, sonder om te sidder en te bewe voor Weesbedreiginge.stil,Owêreld, want Hy regeer en alle aanslae teen Hom en sy volk is vergeefs.DsBen Smit

Ons groet vir Amanda Amanda de Jager, een van die vriendelike admin personeellede by KSK, sprei haar vlerke oor die see waar sy by haar kinders gaan aansluit. Sy was die afgelope 15 jaar werksaam by KSK waar sy kliënte en besoekers vriendelik ontvang en professioneel bygestaan het.

Die werklikheid van eindtyd chaos wat alles laat ineenstort is skrikwekkend. Wanneer die aarde waggel en die berge in die hart van die see wankel, sal dit onwillekeurig vrae bring in die gemoed. Is God wel in Onsselfbeheer?het verskrikkinghierdienognie

Amanda, ons wens jou net die beste toe vir die nuwe tydperk in jou lewe!

God, ons krag en hulp in nood.

beleef nie en tog was jy al daar waar dit voel asof jou hele lewe inmekaar tuimel. Soms is die oorsaak fisies; ’n aardbewing, of buite-beheer brand, of vloed; maar dit gebeur ook met politieke ontwrigting; en ’n motorongeluk en as die uitslag kanker is, of Alzheimer’s. Wie kan dan nog sê dat God in beheer is? Net die mens wat Hom deur ervaring oor jare heen leer ken het as ons beproefde hulp wat ons nooit in die steek laat nie. Gelowiges wat weet dat: Hy nie maar HERE van die hemelse leërskare is nie, maar ook my troue Verbondsgod en my ondeurdringbare skuilplek.

Sarie Johanna Sophia Keet 30/11/1943 tot staponspad“02/07/2022Hierdiemoetelkeenen

bly voortleef in sy dierbares en vriende. Hans Jurie Snyman 05/11/1926 tot minsyonlangsnr.WaghetHans01/08/2022Snymanjarelankin‘nBietjie17geblytotwaarnakragtebeginraakhet,en sy gesondheid nie meer na wense was nie. Sy dogter Anel van Kaapstad het opgekom en besluit dat hy beter versorging nodig het waarna hy opgeneem is in Kleinfontein Sorgsentrum. Hy was altyd besig in sy tuin en kon heel middag sit en gesels en stories vertel van sy lewe wanneer hy kom kuier het. Hy was ook ‘n kranige jukskeispeler. Rus in vrede Hans, ons sal jou altyd onthou. Al jou vriende van Wag ‘n Bietjie

alleen moet ons elk die tog aanpak. Dit alles is deel van God se meesterplan. Op pad na waar die ewige die tydelike vervang”……’n strofe van een van die liedere wat by haar gedenkdiens gesing is. Ons onthou Sarie met mooi herinneringe.

Willem Pieter (Wim)

Daniel (Danie) du Preez 01/02/1939 totdugeliefdeneemBietjiemoesMet04/06/2022hartseerWag‘nafskeidvanDaniePreez.Hy

was altyd buite in die tuin besig, het altyd vriendelik gegroet, altyd bereid om te help. Hy is op 1 Februarie 1939 te Naboomspruit gebore, ‘n Baie goeie atleet op skool, hoofseun van PPH, kaptein van 1e span rugby. Na skool gewerk en toe gaan boer. Na aftrede het hulle hulself op Kleinfontein kom vestig waar hulle ‘n hele paar jaar gebly het. Op 4 Junie 2022 het hy die stryd gewonne gegee na maande se siekbed. Sterkte aan sy vrou Adri. RIV Daantjie Dit was die wil van

Diepraam 10/07/1943 tot Wie ken nie nie?gebakheerlikeWimoomseNou is sy hande stil en ons mis sy vriendelike gesels in die verbygaan. Wim se kosbare nalatenskap van liefde, dankbaarheiddeursettingsvermoë,entoesiasme,engeloof, sal

niewaarneemwoninghemelsenaAntoinetteVaderhemelseonsomhaartesymeer

Ds Bertus het sy plek volgestaan hier in Kleinfontein en op verskeie terreine sy bydrae gelewer. Hy het sy lewe met liefde en vreugde afgelê. Waar sy gesondheid hom die laaste tyd gekniehalter het, is hy nou by waters waar daar rus is.

Antoinette Naudé 04/10/1949 tot 28/05/2022 Ds Bertus van Jaarsveld 01/09/1935 tot 23 Julie 2022

4 Ter Nagedagtenis

pyn en ongerief ervaar nie. Sy laat mooi herinneringe van liefde en ondersteuning agter aan haar geliefdes.

5 Geskiedkundige Bybel Annetjie Coetzee Ek het ‘n baie ontdekkingInterressantegedoen toe my een buurvrou Sarie Carpenter, my nou die dag uitnooi vir tee. Daar sien ek die twee massiewe groot familie Bybels bo op haar vertoonkas. Die een Bybel behoort aan haar voorouers en die ander een aan haar oorlede man se voorouers. Dit is in Nederlands. Elk Weeg ± 10 12kg en is 44x28x12 cm dik. Die een Bybel se omslag het ‘n harde omslag asook hakkies aan weerskante waarmee die Bybel vasgemaak word sodat dit nie kan oopval Ditnie.het my dag gemaak! Koot Burger: 060 764 6105 / 083 672 3752 No 17; h/v Prinsloo– en Jennerstraat

Die Spaanse Roosboomoorspronklike titel Der Spanische Rotenstockvertaal uit Duits deur Alba Bouwer en in Mei bekendgestel deur Isabella du Plessis Jabeck ‘n jong digter het ‘n meisie liefgehad van wie hy vir ‘n hele lang tyd moes afskeid neem. Hulle klim ‘n bultjie uit waarop ‘n kliptempeltjie in Griekse styl staan. Sy vra sat hy vir oulaas die verhaal moet vertel. Dikwels was sy verhale in sprokies, sages of historiese gebeure. So nie skep hy hulle geheel en al uit sy eie verbeelding. Jabeck wou na ‘n vêr afgeleë land gaan om sy rykdom te verwerf, maar sy moes sewe jaar wag. Hy vertel haar die verhaal van die Spaanse roosboom. Om die hele verloop te vertel sal te veel ruimte in beslag neem. ‘n Pragtige romantiese sprokie wat ‘n mens se aandag boei tot op die einde Einde Junie het Sunè Jansen van Rensburg matriekleerling‘nvan C V O Pretoria kleindogter van Susan Knoetze ons trakteer op ‘n waardering van die gedig. Herinnering deur die digter Elizabeth Eybers Sy gee ‘n agtergrond oor die digter en hoe haar lewe deur poësie ander kan motiveer. Hierdie spesifieke gedig handel oor ‘n volwassene wat terugkyk en uitvoel by die geraas agter haar. Die opstuwing van emosies is tydelik en alles in haar lewe

Hierdieverander.gedig is ‘n mengsel tussen ‘n Engelse en Italiaanse sonnet , met 14 reëls .

LESERSKRING

Daardie spesiale ervaring van raakgesien word en hoe sy die aandag wat hy aan haar gee verkeerd interpreteer omdat sy nog so onervare is (‘Die mood ring’). ‘Oorlewing’ deel met n kinderlose huwelik, die vrou se mastektomie juis op die tydstip dat haar pragtige roostuin verniel word deur droogte en ‘n hongerige duikertjie, en hoe hulle aanbeweeg na ‘n nuwe begin.

‘Die soenoffer’ is veral besonders omdat dit elke 50+ vrou se belewenis met haar seun en skoondogter so korrek beskryf. Dit deel met ons onsekerhedetoenemendewat groei met veroudering, die wan interpretasie van dit wat ons as tekens van ander sien, en hoe ons die gepaardgaande persoonlike pyn afmaak as iets onbenulligs.

6

Elizabeth Malan ‘n Moeg hond onder die bed en ander verhale: Elna Crouse; In Julie voorgehou deur Lynette Brummer Die skrywer en digter Elna Crouse is op 30 Julie 1951 in Port Elizabeth gebore, maar die grootste deel van haar skoolloopbaan was op Vryburg. Sy bekwaam haarself as onderwyseres en hou skool by die Transoranje Skool vir Dowes, waarna sy ‘n skoolsielkundige en later, ‘n berader word. Elna is getroud met die beeldhouer Tienie Pritchard en hulle het ‘n dogter. Haar suster Reinet Nagtegaal en haar broer Henk Crouse is ook krywers.

Hierdie bundel, wat in 1998 verskyn het, handel oor verhoudingskeuses wat mense maak en die selfkennis wat hulle verwerf. Dis ‘n lekker-lees bundel met stories oor bv. ‘n st. 4 dogter se eerste fokus op ‘n seun.

Die Kleinfontein biblioteek was oorvol en toegang tot boeke om uit te neem was erg belemmer. Op 21 Julie is ‘n nuwe tydperk betree. Eers is die jeugboeke en die naslaan afdeling verskuif na ‘n ander lokaal om plek te maak vir boeke wat nog gestoor Marietjieword.Nellhet gesorg dat hulp opdaag om die rakke uit die sorgsentrum se stoor te verskuif na die biblioteek. Die bibliotekaresse kan nou na hartelus boeke uitpak. Kom besoek gerus die biblioteek. Meld net eers aan by die Sorgsentrum se kantoor. Die biblioteek is oop op Dinsdae en Vrydae. Soggens 10 vm tot 12:00 en 2nm tot 4nm Foto: Manne met die spiere wat die swaar rakke moes dra. Vlnr Devon Groenewarld; Abraham Britz en Neil Meyer

7

Kleinfontein Biblioteek kry nuwe rakke

Mien Bezuidenhout

Marna kom Cullinanvan af. Toe haar ma verswak,beginKotie het hulle besluit om Kleinfontein toe te kom. Haar Ma is ‘n inwoner by die Kleinfontein Sorgsentrum, stap afstand van die huis in Wag ‘n Bietjie waar sy nou woon. Marna is baie lief daarvoor om koekies te bak wat altyd welkom is hier in die Wag ‘n Bietjie geledere. Sy sê sy bly lekker en is gelukkig hier. Baie welkom!

Nuwe inwoners van Wag ‘n Bietjie nr 14. Hulle is ou Pretorianers, was in Lynnwoodrif, toe in Zwawelpoort en nou na hulle aftrede uit die staatsdiens, het hulle kinders besluit hulle moet hier op Kleinfontein koop en aftree. Welkom hier by ons julle! Hoop julle gaan dit geniet hier.

GEMEENSKAPSENTRUM

Annetjie Harmse Marna Steyn Annetjie kom VanderBijlpark.vanafHaar man is in 2018 oorlede. Haar seun het ‘n huis in Kleinfontein en nadat sy baie trauma beleef het met baie inbrake, het hulle besluit sy moet daar verkoop en haar kom vestig in Kleinfontein. Haar seun het uitgekyk en toe Nr 9 beskikbaar is, het hy dadelik navraag gedoen. Sy het die plekkie gekry en dadelik oorgetrek waar sy stap.gaansynouis,gelukkigwantkanweer

As dit dalk so in die verbygaan vir jou lyk of dit stillerig is by die nuwe Gemeenskapsentrum, kan jy gerus maar net nader staan en gaan inloer. Dis ‘n hele gedoente om die opknappingswerk aan die terrein en geboue klaar te kry sodat dié sentrum na behore al wat Kleinfonteiner is kan bedien. Die sentrum is al heeltemal operasioneel, ten spyte van die dinge wat nog so hier en daar in plek moet kom. Gaan loer gerus, want dis nou die één plek waar almal altyd welkom

Anna Bartman

8 Welkom in Wag ‘n Bietjie!

SKUD VERE REG

Annetjie Coetzee Jacob en Magriet du Plessis

Bekwame hande in die kombuis sorg dat al die kinders ontbyt en middagete kry, asook ‘n toebroodjie later in die middag. Die kombuis is grootliks van skenkings afhanklik, maar daar is ook planne vir ‘n bietjie groente uit eie bodem. Die kinders gaan betrek word by die maak van ‘n groentetuin in ou motorbande, en enige iemand wat kan raadgee of hand bysit hiermee kan gerus kom aanmeld.

9

Die apparaat op die speelgrond laat die kriewellyfies heerlik baljaar, maar daar is nog ‘n behoefte aan speelgoed wat in die klasse gebruik kan word. Lente-skoonmaaktyd is om die draai... Sal jy dalk bietjie speelgoed kan saai?

Dié bars al amper uit sy nate uit. Dis beslis die moeite werd om daar ‘n ogie te gaan gooi indien jy opsoek is na tweedehandse meubels, klere, boeke, huisraad en dies meer. En indien jy van mening is dat jou voorheen geliefde besittings iemand nog vreugde kan verskaf, kan jy dit gerus daar gaan aflaai.

Die kindersorg-afdeling bestaan uit ‘n bewaarskool vir baba en kleuters, asook ‘n graad RR/R klassie vir die groter outjies. Die graad R’e gebruik tans die Nukleus-program wat by die departement van Onderwys geregistreer is, en met die hulp van ‘n opgeleide onderwyseres en helpers raak die klompie net slimmer by die dag. Die naskool sorg dat die laerskoolkinders in die middae sinvol besig gehou word en dat daar hulp met huiswerk is. Binnekort gaan daar ook ‘n geregistreerde Impaq sentrum en tutor beskikbaar wees.

By die hek in gekom, is Die Snuffelwinkel eerste aan die beurt.

Briewe:

10

Linda van Klein Bederfies is die Skoonheidsterapeut by die Uit en Tuis Sentrum wat ook huisbesoeke doen waar dit versoek word.

Sy het vir 'n tydperk elke dag, Maandag tot Vrydag, my Pa se voete gemasseer in die gerief van sy eie woning. Elke dag stiptelik op tyd met 'n vriendelike glimlag.

Sy het haar eie kalmerende musiek aangesit om by te dra tot 'n ontspanne "salon" atmosfeer en het haar baie goed van haar taak gekwyt.

Ek beveel haar definitief aan. Marlene Vervolg.....

Vyfster diens in Kleinfontein!

Briewe:

Die groentetonnel op die terrein gaan ook binnekort ingewy word. Daar is reeds skenkings van benodigdhede en plantjies op pad, en ons nooi almal met kennis en ervaring hiervan om betrokke te raak by dié projek. Die mediasentrum spog met ‘n naslaan afdeling, ‘n kleuterhoekie en ‘n aantal jeugboeke wat Maandae en Donderdaemiddae tussen 14:00 en 16:00 uitgeneem kan word. Daar word ook beplan om ‘n rekenaar met internet aan te skaf om kinders te help met navorsing vir skooltake. Daar word kreatiewe aktiwiteite vir die kinders beoog, asook die aanleer van vaardighede soos naaldwerk en dies meer. Indien jy oorskietwol, brei/hekelpenne of lappies het wat oorbodig is, kan jy dit enige tyd vir ons bring. Skêre, gom, gekleurde papier of ander skryfbehoeftes sal ook goed gebruik kan word. Het jy ‘n interessante stokperdjie? Kan jy brei, hekel of naaldwerk doen? Kan jy ‘n musiekinstrument bespeel? Kom wys asseblief vir die kinders hoe dit gedoen word! Aangesien die gemeenskapsentrum as ‘n nie winsgewende maatskappy geregistreer is, kan donateurs belastingvoordele trek uit donasies. Die deeglike boekhoustelstel word jaarliks ge oudit volgens die voorgeskrewe riglyne en register word gehou van alles wat inkom en uitgaan.

‘n Dankie uit die hart!! Ek wil graag baie, baie dankie sê aan Wag 'n Bietjie se mense, die Bestuur (Marietjie Nell en Chris Els), ds Attie Bezuidenhout wat die geselligheid geopen het met Skriflesing en gebed, sy vrou Mien, Jan Groenewald en ander vir my 100ste verjaardagfunksie in die Sorgsentrum in Augustus.

Ditwaardeer!hetmy baie goed gedoen en spesiaal laat Wilhemienvoel. Wierenga

Hierdie dankie sê kom uit my hart uit, veral omdat my kinders in Duitsland en Amerika weens omstandighede nie kon kom nie. Ek het almal en alles regtig baie geniet en

11

GEMEENSKAPSENTRUM

SKUD VERE REG OM KLEINFONTEINERS TE BEDIEN vervolg….

Baie spesiaal vir Irene Groenewald wat die funksie in samewerking met Annetjie Coetzee (ons wyksverteenwoordiger) gereël en baie moeite gedoen het om dit vir my 'n baie spesiale dag te maak. Die koek wat Irene spesiaal laat maak het, was 'n wenner! Almal het lekker gesmul aan al die eetgoed dit was baie besonders! Dankie ook aan Louw Swanepoel en Anton en Patrys Aucamp (jarelange vriende van my) wat ook teenwoordig was.

12 Kleinfontein spog met sy eie wild! Net suid van die nedersetting is die wildpark wat ‘n geregistreerde bewarea is met 11 bokspesies. Vir daardie bewarea bosveldgevoel is die Wildpark uitgelê met slegs 50 erwe wat in groepies van ses van mekaar geskei is.

gaan vir drie Zebra merries geruil word. ‘ n Nuwe Rooihartbees teelbul gaan ook ingebring word aangesien die aanwas onder die rooihartbeeste swak was. Die proses om weer rietbokke te vestig is aan die gang asook om ander wild vir rietbokke te ruil. As deel van bewarea, word daar steeds gekyk na die uitroei van indringer plante.

13

Met die lenteseisoen in sig spog die wildpark reeds met nuwe wild soos die eerste drie springbok lammers wat aangekom het. Wat nuwe wild betref Rooihartbeesbulle………….vier

14

15 2015 2016 2017 2018 2019 2020 2021 2022 Jan. 105 150 130 93 196 181 175 127 Feb. 25 34 112 96 163 73 91 199 Mrt. 89 142 15 249 22 117 32 76 Apr. 58 18 107 50 82 145 55 182 Mei 0 70 29 24 4 0 8 24 Jun. 0 20 0 0 0 20 1 12 Jul. 6 4 0 0 0 0 0 0 Aug. 0 2 0 0 0 0 0 Sep. 78 2 16 20 2 0 14 Okt. 16 100 59 80 20 58 88 Nov. 87 293 80 86 187 197 213 Des. 94 107 115 110 375 58 286 TOT. 565 942 663 808 1 051 849 963 REËNVALVERSLAGBoschMarius

Getrou aan Karen se geaardheid, het sy dadelik ‘n plan gemaak en met die radio se tegniese man, Dian (wat gereeld een keer ‘n week na die radiotoring kom om die diesel e.a.dinge na te gaan), gereël om haar saam te bring. Terwyl hy werk, kom laai sy radiogoed af en groet die mense wat haar graag Bo:Adri en haar broer, Andries Smit (wat vir Karen ook baie graag wou ontmoet) by die Sorgsentrum.

Betsie Steyn

Omdat Karen veral naweke baie besig is met veral familiesake, het ons besluit dat sy ‘n blitsbesoek sommer so in die week sal doen.

weer wil sien. Onnodig om te sê, maar die uurlange kuier het toe twee geword!

Bo:So op ‘n ry v.l.n.r.: Susan van den Bergh, Tannie Anna, Tannie Heleen Coetzee en Tant Bertha Olivier, met Karen agter hulle.

16 GROOT VREUGDE MET WELKOME KUIER

Groot was die vreugde toe Karen net ná teetyd die oggend by die Sorgsentrum kom en eerstens vir Oom Hannes ontmoet en wat ‘n ontmoeting was dit nie!

Dit was sommer ‘n groot gebeurtenis met ewe groot vreugde toe Karen Zeelie van Radio Pretoria (nou PretoriaFM) hier ‘n draai kom maak het. Sy het op my uitnodiging gekom om sekere argiefmateriaal van my 25-jarelange betrokkenheid by die radio wat op my rekenaar gestoor was, te kom aflaai. Ons het dit ook ‘n vinnige kuier gemaak, wat toe sommer groot plesier vir verskeie mense hier verskaf Dithet.het alles begin met Oom Hannes Opperman van die Sorgsentrum wat my eenkeer vertel het dat ‘n klompie jare gelede het hy sy beursie in Rayton verloor. Iemand het dit opgetel en Radio Pretoria geskakel en aangemeld, waarop Karen dit uitgesaai het. Oom Hannes se vrou wat by die huis was, het dit gehoor en toe Oom Hannes op die plaas naby Cullinan kom, het sy hom dit meegedeel. Hy het nie eens geweet sy beursie is weg nie en ‘n rukkie later het die persoon wat dit opgetel het, daar enken...datmettotegtervirenHannesKarenaangekom...danksyseoptrede.OomwasinnigdankbaarwounogaltydpersoonlikKarenbedankdithetniekonrealiseernie,hyvanmyverbintenisdieradiogehoorhetenekKarenbaiegoedonstweehetlekkerlankdaarsaamgewerk.

Toe reël ek met Karen dat as en wanneer sy kan kom moet ons sommer ‘n paar vure doodslaan.

So is Karen ook jarelank bevriend met Daantjie en Adri du Preez en intussen is Danie oorlede en Karen wou vir Adri ‘n persoonlike drukkie kom gee. Ons reël dit toe ook so.

Die foto’s hierby, spreek vanself. Almal sê: “Dankie Karen, dat jy ons dag gemaak het, dit was so lekker om jou te sien en mee te gesels”.

17

Bo: Hannes

en Tannie Frieda saam met Karen

Oom

Deur Annetjie Coetzee WierengaWilhemienvan Wag ‘n Bietjie, het op 16 Augustus 2022, ‘n volle 100 jaar geword!. Wat ‘n voorreg! Ek en Irene het lankal besluit, sodra die tyd reg is, gaan ons vir haar ‘n groot partytjie reël. Reëlings is getref om die Kleinfontein Sorgsentrum se sitkamer te gebruik vir die geleentheid. 'n Pragtige verjaarsdagkoek is bestel en al die inwoners van Wag ‘n Bietjie is uitgenooi en gevra vir ‘n bordjie eetgoed. Die tafel het behoorlik gekreun onder al die eetgoed (net soos Wag ‘n Bietjie Diekan).plek was Pragtig versier met pienk balonne. Ds Attie het voorgegaan met ‘n versie uit die Bybel en gebed. Hy noem toe dat dit sy eerste keer is wat hy ‘n 100

18 Die Salon Langs die kitsbank, Uit & Tuis Sentrum Sny, kleur, blaas en meer! Zelda: 082 564 1866 ‘n Fleurige honderdste verjaarsdag!

19

Onder die gaste was vriende van haar asook Ds Attie en Mien, Marietjie Nell, en Chris Els. Wilhemien se seun Bennert van Kalifornia het ‘n video opname gestuur aan Wilhemien se vriende, Leonie en Helen, en Wickus was so gaaf om dit vir ons op die skerm teen die muur te wys.Ai,sy was so verras en bewoë. Die trane het stadig gekom en die lippies het begin bewe.

Foto: Marietjie Nell oorhandig ‘n geskenk aan Wilhemien.

Foto’s: Annetjie Coetzee Geskenke vir ‘n spesiale verjaarsdag.

Foto: Jannie Groenewald het ook ‘n mooi verjaarsdag boodskap aan Wilhemien gegee.

Almal het behoorlik gesmul aan al die eetgoed. Sy sê: “Neewat, dit is net nog ‘n dag, Sy voel nie ouer nie!” ‘n Verslaggewer en fotograaf van Beeld was Maandag 15 Augustus by haar aan huis om die storie te kry en foto’s te neem wat Dinsdag 16 Augustus in die koerant verskyn het. Nogmaals baie geluk vriendin, …..gaan nog voluit vir 101!

So hartseer maar wat ‘n verrassing vir haar om haar kinders te kon sien, al is dit op video! Sy was toe gevra om die kersies (net 3 wat bestaan het uit ‘n 100) dood te blaas en die massiewe koek te sny.

20

Marianne Breytenbach het antwoorde op die vraag: “Hoekom enwas:dievoorgehou.Afrikaans?”Eenvanantwoorde”Hoekomnie?”dievolgendeeen waarmee menig hul is die suiker in my koffie.

Op Sondag 14 Augustus het ds Nico Steenberg die kerkdiens gelei in die goedwensJohannesversGemeenskapsaal.KleinfonteinDieteks-vansypredikingwas31:2“Geliefde,ekdatditmetjouinallesmaggaanendatjy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;” Na afloop van die diens, het hy die teenwoordiges agtergrond gegee oor die verskillende tale waaruit die Bybel in Afrikaans vertaal is en gedeeltes voorgelees uit Hebreeus en Grieks.

Aan die einde van die verrigtinge, kon ‘n paar verskillende jaartal Bybels besigtig Watword.‘n voorreg om jou Bybel in Afrikaans te kan lees!

VF+ Jeug ruim weer op Qumé Erasmus Op Saterdag 2 Julie 2022 het Kleinfontein VF+ Jeugtak weer ‘n opruimaksie aangepak. Die jeuglede het vroegoggend deur die nedersetting se strate geloop en twee swartsakke vol rommel opgetel sodat Kleinfontein se strate weer netjies kan wees. Dis belangrik dat Kleinfontein se beeld na buite altyd positief is, ons strate en buurt se netheid is ‘n voortsetting van ons waardes. Bo: Vlnr Niël, AbrahamCindy, en Awie Links: enQumé,Abraham,VlnrNiëlCindy

Die Kleinfontein

21 MateriaalwinkelHannetjie0715336267Winkel8 RaytonParkPlaza Taaldag 14 Augustus 2022

Alet Erasmus

22

Ons gevleuelde tuinvriende Breytenbach

23

Vir die vrugte vreters kan op genoeg water vir drink en bad op ’n baksteen of twee op die grond. Bak nie dieper as 25mm nie. Behalwe die duiwe is meeste van die spesies lief vir bad en hier is die Lyster die uitsondering op die reël, hulle bad baie graag, tot drie maal per dag. Op baie warm somer dag plaas ’n mikro spuit by ’n blaarryke stuik en kom kyk hoe geniet die kleintjies hulle. Een van die ideale stuike vir die doel is die sigaret bos. Met verloop van tyd sal u vind daar is van hulle wat u begin vertrou en jou sal toelaat om tot so naby as ’n meter aan hulle te kom. En

Vir die saadvreters kan spesiale mengsel vir wilde voëls aangekoop word sommer hier by ALZU. Ek vind dit gewoonlik makliker vir die kleiner voël tipes, om selfvoerders op plek waar dit nie kan natreën nie en waar ’n kat hulle nie kan bykom nie, te hang met net manna vir voeding. Vir die duiwe en groter saadvreters is die voerplek op die grond of plaveisel, naby ’n groterige boom en een op twee redelike digte struike waarheen hulle kan vlug indien gevaar dreig. Vir die klompie vind ek die kuiken mengsel nr. 1 die beste om te Broodkrummelsgebruik.enso effe

om jou tuin te besoek as hulle dit veilig en aantreklik vind.

fyn gemaakte pap aanbrandsel is poeding vir die geveerdes.

Voëlsoorte soos die duiwe, mossies, tiptolle, muisvoëls, blousysies, suikerbekkies, vinke, anderkwikstertjiestinktinkies,ennogisliefdaarvoor

Ons het nou alreeds na enkele voël spesie gekyk en gewoonlik ook so ‘n bietjie inligting bygevoeg oor voeding soos dit in die natuur gebeur. Net soos die mens het die voëls wat jou tuin besoek dieselfde behoefte aan voeding, water, veiligheid, beskerming teen die elemente en so meer.

(4) - Carel

24

van die Direksie het sy dank uitgespreek teenoor die besonder bekwame personeel van die bank sonder wie die sukses van die bank nie moontlik sou wees nie. KSK voorsien hoofsaaklik lenings aan aandeelhouers om verbeterings op hul gebruiksreg erwe aan te bring, maar bied ook aantreklike rentekoerse vir deposante aan. Baie dankie aan die personeel van KSK wat hul lede se belange op die hart dra. Regs: Die vriendelike personeel van KSK, Marlize, Amanda en Hettie wat lede vriendelike ontvang het by die registrasie tafel.

25

Positiewe Erasmus

KSK Jaarvergadering! - Lou

Die 19de Algemene Jaarvergadering van KSK Koöperatiewe Bank Beperk is op 2 Julie 2022 in die Gemeenskapsaal op Kleinfontein gehou. KSK is ongetwyfeld een van die suksesverhale van Kleinfontein en die aandeelhouers is meegedeel dat die 2021/22 finansiële jaar geen uitsondering was nie. Die wins vir die afgelope jaar was R614 228 en die bates het die laste met meer as R4 miljoen Dieoorskry.Voorsitter

‘n Paar jaar gelede was die resep, baie gewild. Nie net om met pynappelringe te maak nie, maar selfs piesangskyfies. Die kleurryke pynappel onderstebo koek, kan as nagereg of as ‘n teetyd koek voorgesit word met ‘n skeppie styfgeklopte room.

6. Keer uit op ‘n afkoelrakkie tot afgekoel en skuif dan oor op ‘n mooi opdienbord.

5. Laat staan vir 5 minute sodra dit uit die oond kom, maak liggies los aan die kante met ‘n slaplemmes (die bruinsuiker en botter onderin die pan, maak ‘n karamellagie wat bros bak).

3. Klits: 60gr botter (ek gebruik net regte botter) + 80 ml ligte bruin suiker

4. Smeer dit op die bodem van ‘n losboompan (20 of 25 cm deursnee) wat met BAKPAPIER uitgevoer is.

1. Voer ‘n losboompan met BAKPAPIER en bespuit die pan met kleefwerende middel.

7. Die koek kan net so voorgesit word of saam met ‘n skeppie geklitste room.

5. Dreineer 1 blik pynappelringe (440g) en plaas die pynappelringe op die bodem van die koekpan. Rond elke pynappelring af met ‘n rooi glanskersie.(** Die pynappelsous kan gevries word.)

2. Sif saam: 375 ml bruismeel, 2 ml sout

Beslag: 1. Klits saam tot lig ern romerig: 80 gr botter, 200 ml witsuiker, 1 t lemoen/pynappel geursel (ek het dit vervang met gerasperde skil van een suurlemoen baie geuriger), 1 ekstragroot eier

Instruksies:

4. Skep die beslag bo-op die pynappelringe, maak dit glad en bak vir 40 tot 45 minute in die voorverhitte oond van 180°C.

27 Uit Álet se Kleinfontein Kombuis

3. Roer dit by die bottermengsel tesame met 125 ml melk

2. Voorverhit die oond tot 180°C

Pynappelonderstebokoek

28

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.