Maart 2022
1
Natuurterapie ………. gratis! Toe ons kinders was, het ons modder koekies gebak en speeltyd in die tuin deurgebring. Paaie gebou vir ons karretjies en met klippe, takkies en blare motorhuise of denkbeeldige geboue opgerig. Vandag word ons kinders en kleinkinders gebombardeer met tegnologie! Dit het seker ook sy voordele, maar om terug te keer na speel en waarneem in die natuur, bou hulle nie net fisies nie, maar gee vir hulle (en vir ons as volwassenes) ‘n visuele denke! Hoe het ons opstelle geskryf? …….. deur dit wat ons waargeneem het op papier neer te skryf!
voëllewe (deel 2 van ons reeks in die uitgawe) en ‘n groot verskeidenheid insekte. Wanneer jou kleinkinders weer kom kuier ………… stap saam met hulle en kyk uit vir die tuin ”juwele” in jou omgewing. Ons beleef ook van die mooiste sonsopkoms,
-ondergange, wolkformasies en saans die helder hemelruim wat nie belemmer word deur stadsligte nie! Geniet die gratis terapie in jou omgewing, die skoon lug ………en ons eie water saam met jou geliefdes!
Ons is bevoorreg om in Kleinfontein te kan woon met gedeeltes nog veld, bokke vanuit die wildpark wat kom kuier in die dorp, tarentale, verskeiMet erkenning aan die fotograaf - Rudy Bröhmer –gewone Blousysie denheid kiewiete, hase, tuinMissie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die BoereAfrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.
2
Uit die redakteur se pen - Álet Erasmus ‘n Nuwe jaar het ons begroet en met ter perse gaan, is ons al in die derde maand van 2022! Elke keer wanneer die redaksie met ‘n volgende uitgawe om die tafel gaan sit, begin ons by ‘n skoon bladsy. Dan begin die beriggies stadig maar seker vorm aanneem met interessante inligting vanuit die gemeenskap of foto’s van die mooi in die natuur om ons! Baie dankie by voorbaat aan elkeen wat op dié wyse Kleinfontein waardeer en deel met ander! In hierdie uitgawe gee ons terugvoer oor die laaste paar funksies wat plaasgevind het aan die einde van 2021, sken-
kings wat harte verbly het asook ‘n spesiale besoek van leerlinge van CVO Skool Pretoria wat harte verwarm het by die Sorgsentrum. Lees die tweede aflewering oor voëls in ons tuine …….en steeds by die tuin en veld ……….. ‘n skrywe oor heuning, die natuurlike gouestroop uit ons omgewing!
Welkom ook aan nuwe intrekkers ……… neem gerus deel en skryf vir ons. “Wanneer ons, ons denke vul met die mooi om ons Dan word ons wêreld ‘n mooi plek om in te leef.”…Anoniem
Ondersteun ons adverteerders wat die publikasie vir die lesers moontlik maak en dankie ook aan bestaande en nuwe adverteerders vir u bydrae.
REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: René Pietersen FOTO’S: Álet Erasmus, Dannie de Beer Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net
Advertensietariewe vir 2021 Volblad — R300 1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50
Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK
Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hulle inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het.
3
Oordenking: Nuttelose stryd is daar in hierdie twee verse ‘n kosbare les te leer. Eers wanneer jy die twee saamlees, kan jy op hoër vlak tot ‘n belangrike besef kom. Spreuke 26:4 Antwoord ‘n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie. 26:5 Antwoord ‘n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie. Die boek Spreuke is vol kosbare gesegdes wat ons in hierdie lewe kan rig en lei. Dit is belangrik dat ons elke spreuk met erns sal oorweeg. Dit is nie altyd maklik nie. Hierdie twee spreuke lyk met die eerste oogopslag asof hulle mekaar weerspreek. Tog
- Dr Johan Otto konteks en die aard van die dwaasheid, asook die aard van die persoon wat die dwaasheid doen of kwytraak gaan jou reaksie medebepaal.
Die eerste spreuk moedig ons aan om nie die dwaas se sotheid te beantwoord nie. Die tweede beveel aan dat jy die dwaas sy sotheid moet uitwys. Wat moet ons nou doen? Antwoord of nie antwoord nie?
In die saamlees van die twee kom ons agter dat die Spreuke ons by ‘n nog groter waarheid wil uitbring: Moenie by die dwaas betrokke raak nie. Antwoord, of nie antwoord, gaan al twéé jou afbreek. Nee, raak net glad nie betrokke by Ons het wysheid nodig. In die dwase en sotheid nie. Dit sommige gevalle is dit beter is beter vir jou om nie betrokke om stil te bly eerder as om te reageer op die dwaasheid van te wees of te raak by dwase iemand. In ‘n volgende situasie mense en ondernemings nie. gaan dit raadsaam wees om Mag ons altyd die wysheid die mens op dwaasheid te wys ontvang om raadsaam op te sodat daardie mens nie in tree. dwaasheid volhard nie. Die
Geloftefees 16 Desember 2021 Soos gebruiklik het daar ‘n diens en Geloftefees plaasgevind in die Kleinfontein Gemeenskapsaal.
Joannie, Sibella, Hilleke en Rian Genis netjies uitgevat vir die geleentheid.
4
Ter Nagedagtenis Johan Migiel van der Merwe: (03/05/1943 - 30/11/2021)
Johan het sy skoene vol gestaan in Kleinfontein met sy betrokkenheid op ‘n stadium by die woonwapark asook sy volgehoue diens met gereelde vullisverwydering. Altyd ‘n vriendelike groet wanneer jy hom op die pad kry of ‘n geselsie by die melkery! Hy het sy gesin toegerus met ‘n standvastige voorbeeld wat hulle in hul lewe kon toepas en uitleef. ‘n Man met ‘n groot en nederige hart wat soveel mooi herinneringe vir sy gesin, familie en vriende nalaat. - ‘Alet Erasmus
Elizabeth Magdalena Johanna (Bets) Foley: (10/03/1942 - 13/12/2021) Bets Foley soos ons haar geken het, was ‘n stil persoon. Sy was altyd aan oorlede Johan se sy by die kerk en het graag saam met hom gery wanneer hy motor onderdele gaan koop of selfs verpligtinge met die Kleinfontein ambulans nagekom het. Sy was ‘n regte Moeder vir haar kinders en Ouma vir haar kleinkinders. Hulle sal haar beslis mis veral vir die vrugtekoeke wat sy elke jaar gebak het. Ons op Kleinfontein sal vir Bets baie mis maar gun haar ook die rus in vrede. - Chris Els
Ronica Timmermans:
(06/12/1922 - 18/01/2022) Een van ons nuwe Sorgsentrum inwoners het die 6de Desember 2021, 99 jaar oud geword. Tannie Ronica Timmermans is hier saam met haar geliefdes wat die dag met haar kom deel het. Sy is die 18de Januarie 2022 oorlede. Ons innige meegevoel met haar geliefdes.
5
Sorgsentrum en Gemeenskapsorg word bederf. Geskenkies is uitgedeel aan inwoners en personeel van die Sorgsentrum. - Williana Simmons, Marietjie Nell, Ds Attie Bezuidenhout voor en Sr Patrys Prins agter.
- Vir die Gemeenskapsorg. Kos, speelgoed en meer. (Ds Attie Bezuidenhout, Marietjie Nell en Williana Simmons) Die Sorgsentrum het ook op 18 Desember ‘n skenking gekry van ‘n vriendin van Nick Scott-hulle en Anne-Marie Potgieter. Die waaier is vir die dienskamer……….
……… en
die tuin-blaser vir die Sorgsentrum se stoepe.
Baie dankie aan elke weldoener wat gedurende 2021 die Sorgsentrum bygestaan het met skenkings en ondersteuning. Dit word opreg waardeer!
6
CVO SKOOL PRETORIA EN KLEINFONTEIN SORGSENTRUM In CVO Skool Pretoria leef daar van jaar-tot-jaar ’n droom om iets vir die gemeenskap terug te doen. Hierdie jaar het die wonderlike gedagte na vore gekom om Kersliedere by die Kleinfontein sorgsentrum te gaan sing. Op Saterdag 27 November 2021 het ’n mooi groep CVO skoliere die inwoners van die Kleinfontein sorgsentrum gaan verras met Skrifvoorlesing en Kersliedere. Dankie aan Sr. Ria en haar personeel vir die hartlike ontvangs en bederf met
melktert. Soos dit gereformeerdes betaam was die applous in die vorm van trane oor menige oue van dae se wange. In elke mooi skolier, glo ons, het die oue van dae sy/haar eie kleinkind waargeneem. Na afloop het die kinders tee en melktert aan elke inwoner bedien en het elke inwoner ’n pakkie beskuitjies ontvang. As dit die Liewe Vader se wil is, tot weersiens in die nuwe jaar. - Gys van Rensburg
Mnr Marius Coetzee (Skoolhoof) saam met die leerlinge.
Inwoners, gaste en personeel geniet die aanbieding.
Die CVO-skoliere wat hier uit hul harte sing vir die inwoners
7
Skoliere bring vreugde in feesseisoen - Betsie Steyn Alles het begin toe ‘n voornemende koper in November vir Irene Groenewald gevra het wat hulle vir Kleinfontein kan doen of gee, soos bv bome om te plant of iets bydra of doen wat nodig is. Daarop het sy gesê, siende dat hul kinders in die CVO-skool Pretoria het, kan die leerlinge dalk vir die bejaardes van die Sorgsentrum kom vermaak in die feestyd. So gesê, so gereël. Susters Ria Prinsloo en Patrys Prins is genader en dadelik is die wiel aan die rol gesit. In die week het Suster Patrys dinge gereël en op Saterdag 27 November het Suster Ria en haar personeel reg gestaan. Die inwoners van die Sorgsentrum en Wag-‘n-Bietjie is op ‘n “verrassingstee” vergas toe van die skoliere Kersliedere gesing en kort, gepaste Bybeltekste voorgelees het en almal skoon aangedaan was. Onnodig om te sê dat daar trane in sommiges se oë was
en dit was hoendervleismooi en aandoenlik veral toe hulle met hul jong, suiwer stemme met Stille Nag afgesluit het. Suster Ria en haar span in die kombuis en versorgers het meegedoen en reggestaan met die heerlikste melktert en tee. Die skoliere was so fluks om vir die inwoners die verversings uit te deel en daarna aan almal ‘n geskenkie in die vorm van ‘n pakkie
koekies, beskuitjies of iets lekkers uit te deel. Dít het die oumense baie goed gedoen en hulle het gevoel dat hulle nie vergete is nie! Dit was wonderlik om sulke mooi, jong kinders te sien wat met hul optrede getoon het dat hulle omgee en na die ouere geslag uitgereik en vreugde verskaf het. (Foto’s: Magda Loubser)
Elma, ‘n versorger, help een van die siekeboeg pasiënte om te kom meedoen. Agter is Ronel, een van die voorslag-kokke
Sandra, ook ‘n personeellid, bring nog ‘n inwoner wat graag na die kinders wou kom luister.
Die inwoners wat kom luister het na die optrede van die skoliere.
8
Sorgsentrum se Besonderse Kersdag - Betsie Steyn / Foto’s: Chalien Kruger Die inwoners en personeel het weereens ‘n Kersdag beleef, waartydens baie moeite gedoen is om die dag weer so besonder te maak. Ds Attie Bezuidenhout het die oggend ‘n nagmaalsdiens gehou, waartydens sy tema “Waarborge” was. Vanuit gelese gedeeltes het hy die diep en treffende boodskap gebring van vier waarborge wat daaruit spruit nl. Verlossing, Kindskap, Gebed en gebedsverhoring en Ewige lewe. Hy het daarna aangekondig dat die Gemeenskapsraad drie apparate aangeskaf het – Bybel in Klank sodat inwoners wat nie meer goeie sig het nie, daarna kan luister – en daar word beoog om mettertyd met die hulp van Helpende Hand nog daarvan te kry sodat elke kamer oor een kan beskik. Mnr Chris Els het dit aan Suster Ria Prinsloo oorhandig. Hier is Sr Ria en die vrolike, vriendelike personeel wat so fluks reggestaan het – van skoonmaakdienste, versorging van inwoners en die voorbereiding en bediening van die heerlike Kersmaal: Chalien, Sandra, Sue, Elma, Maryka en Marie, (Nadat almal klaar geëet en weer versorg is, het hulle kans gekry om ook lekker te eet!)
Hier ontvang Sr Ria die skenking van Chris – wat dit namens die “Pannekoekbrigade” gekoop en oorhandig het.
Voor die heerlike Kersete bedien is, het sy ook haar personeel bedank vir al hul moeite om dit ‘n vreugdevolle dag vir almal te maak. Sr Ria oorhandig dit aan ds Attie.
9
....En dan hou hulle Nuwejaar! Foto’s: Tokkie Ferreira Daar was groot joligheid en lekker eet ook op Nuwejaarsdag. Danie Prinsloo en Riaan Potgieter het vleis gebraai en die geregte wat voorgesit is, was watertand lekker! Die middag is hulle op druiwesap getrakteer en later is die huisgodsdiens gehou, met die ernstige tema van moedhou en in ‘n ligter trant oor nuwejaars - besluite. Die foto’s getuig van die dag se verrigtinge, waar almal in ‘n vrolike stemming was. - Tannie Marie Mans het gesorg vir groot pret met haar “strik” – deel van die tafelversierings!
Suster Patrys en haar span wat gesorg het dat die inwoners en gaste ‘n baie aangename tyd gehad het. Links agter is Debbie, Patrys (wat eers ‘n sluk vat), Marie en Bes. Tokkie en Ronel (die kokke van die dag) skoon laf met ‘n leë bottel (gevul met kersliggies) en voor sit Maryka (ook met een!). Issie van Zyl heel links lyk ietwat bekommerd oor hierdie klomp langs haar...!
Tannie Bertha Olivier kon die versoeking nie weerstaan om met die kleurryke ballonne te speel nie. Ds Lood en Tannie Silja van der Merwe in die agtergrond kom ook nader gestap.
Ons verwelkom ……………. - Annetjie Coetzee
Dawie en Lenie Malan is oorspronklik van Centurion. Hy het vroeër by die SA Polisiediens gewerk. Na aftrede het hulle kom aftree by Karee Park, waar hulle gehuur het, maar die eienaar het besluit om te verkoop en hulle kry toe die plekkie in Wag ‘n Bietjie nr 34, waar hulle baie gelukkig is en hoop om nog lank te bly. Welkom by ons! Veels geluk ook aan Dawie en Lenie wat op 9 Januarie hul 58ste troudag herdenking gevier het. Foto Kevin McGeean
10
11
Ons verwelkom ……………. - Annetjie Coetzee
Sally Fourie van Wag ‘n Bietjie nr 6 sê sy het maar baie rondgetrek met haar man se werk. Nadat hy oorlede is, het sy in Pretoria gebly, maar sy het verlede jaar geval en haar baie ernstig beseer, met operasies wat gevolg het. Sy het die plekkie in Wag ‘n Bietjie ‘n paar jaar gelede gekoop en toe sê haar kinders sy moet hier kom bly om nader aan hulle te wees waar sy aansterk. Welkom hier Sally, hoop jy is gou op die been en gelukkig hier.
Jan (Barries) en Isabel Badenhorst kom van Vanderbijlpark waar hy jare by Rand Water gewerk het. Vriende van hulle se dogter wat in die Wildspark bly, het hulle vertel van Kleinfontein en hulle was dadelik ingenome met die idee om hier te kom bly. Hulle woon nou gelukkig in Wag ‘n Bietjie nr 32. Barries vertel, hy is lief om te kook en dan die skottelgoed te was, terwyl Isabel haar besig hou met brei en heelwerk. Welkom by ons.
Lynette Brummer het nou sopas ingetrek by Wag ‘n Bietjie. Sy het in Pretoria grootgeword en gestudeer aan die Onderwys Kollege. Daarna by verskeie skole klas gegee. Met haar aftrede het sy besluit om Kleinfontein toe te kom. Sy is in nr 10 waar sy rustigheid gevind het. Welkom Lynette!
Ronnie en Veronica van Zyl het op ‘n hoewe in Balmoral gebly. Met die ouderdom wat ingetree het, en Ronnie se gesondheid kon hulle nie meer daar bly nie. ‘n Baie goeie vriend van hulle het besluit om huis te koop in Kleinfontein in Wag ‘n Bietjie nr 7 en hulle gevra of hulle hier sal wil kom bly in sy huis. Alhoewel hulle vir ‘n rukkie saam hier kon inskakel, is Ronnie op 18 Februarie oorlede. Ons innige meegevoel aan Veronica en familie met jul verlies.
Susan Knoetze en haar man het op Bothaville in die Vrystaat geboer. Tydens sy siekte moes hulle die plaaslewe opgee en het getrek na Bethlehem. Tydens Covid-tyd het hulle by die kinders kom kuier in Pretoria en toe die grense gesluit word kon hulle nie teruggaan nie. Hulle het toe besluit saam met die kinders, dat hulle Pretoria toe moet trek. Hulle het ‘n nare ondervinding gehad waartydens hulle beroof was. Haar man is intussen oorlede en net daar besluit sy, sy trek Kleinfontein toe. Sy was gelukkig dat nr 18 net ontruim was deur ‘n vorige huurder en sy kon intrek! Sy is nog baie fiks en het sommer dadelik ook ingeskakel by die oefengroep in die Kleinfontein Gemeenskapsaal. Geniet dit Susan en Baie welkom.
12
13
Ons verwelkom ……………. - Annetjie Coetzee
Anna van Wyk is die gelukkige persoon wat ‘n nuwe huisie kon kry in Wag ‘n Bietjie. Sy het in Rhodesia grootgeword. Later van jare het sy vir 6 jaar op ‘n hoewe in Kayalami gebly, daarna verhuis na ‘n aftreeoord in Pretoria waar sy nie gelukkig was nie. Sy het kom kyk na huise in Kleinfontein en dadelik van die nuwe huis gehou waar hulle nog besig was om te bou. Sy was bereid om in te trek terwyl die bouers buite nog besig was. In Desember het sy ingetrek by Wag ‘n Bietjie nr 40. As gevolg van Covid maatreëls werk sy tans van die huis af. Welkom Anna, hoop jy gaan nog lank saam met ons kuier.
Van alles en nog wat …………. Op 2 Februarie het Bittereinders Kleinfontein kom besoek terwyl Orania 'n besoek van Kleinfonteiners ontvang het. 'n Afvaardiging van Kleinfontein se bestuurspan (vlnr Jean du Plessis, Tinus Myburgh en Stefan Wiese) word hartlik ontvang in Orania.
Vlnr. Jannie Groenewald, Divan Hofmeyer, Francois van der Merwe, Irene Groenewald en Linda Skarabis
Diensjaar erkenning is gegee aan …………. Niël Meyer en Abraham Britz vir 5 jaar diens, Phillip Pretorius vir 10 jaar diens asook Dirk Joubert en Hansie Breedt vir 15 jaar diens van KA se Bedryfseenheid. By die Sorgsentrum het Kobie de Beer 10 jaar dienserkenning ontvang! Baie geluk!
14
- Marius Bosch
REËNVALVERSLAG
15
2015
2016
2017
2018
2019
2020
2021
2022
Jan.
105
150
130
93
196
181
175
127
Feb.
25
34
112
96
163
73
91
Mrt.
89
142
15
249
22
117
32
Apr.
58
18
107
50
82
145
55
Mei
0
70
29
24
4
0
8
Jun.
0
20
0
0
0
20
1
Jul.
6
4
0
0
0
0
0
Aug.
0
2
0
0
0
0
0
Sep.
78
2
16
20
2
0
14
Okt.
16
100
59
80
20
58
88
Nov.
87
293
80
86
187
197
213
Des.
94
107
115
110
375
58
286
TOT.
565
942
663
808
1 051
849
963
16
Ons jongmense presteer….. Een van Kleinfontein se jong inwoners, Sibella Genis, het in die pas afgelope jaar haar skoolloopbaan suksesvol aan die CVO Skool Pretoria voltooi. Sy het in die IEB se matriekeksamen uitmuntend presteer en het ‘n indrukwekkende totaal van 4 Asimbole en 3 B-simbole verwerf. Daardeur het sy bygedra dat hulle matriek-groep die IEB se nasionale gemiddeld vir hoeveelheid A-simbole per kandidaat, oortref het. Sibella het oor die afgelope jare op verskeie terreine bygedra en presteer. Sy het nie net in haar skool presteer nie, maar het ook Kleinfontein op verskeie terreine na buite verteenwoordig. Ons gemeenskap het Sibella leer ken as ‘n pragtige en stil introvert, wat nie baie sê of sommer sal geselsies maak nie, maar wat telkens haar kant gebring het waar dit nodig was en wat wonderlike uitkom-
ste gelewer het waar sy ook al betrek was. So stil-stil het Sibella baie diep in die gemeenskap se harte gekruip. Tans sit Sibella haar tersiëre opleiding voort aan die BoKaroo Opleidingsinstansie in Orania, waar sy ‘n kursus in elektries loop. Die oorskakeling vanaf Kleinfontein na Orania was blykbaar nie vir haar te moeilik nie, want sy het vinnig daar ingepas en het reeds ook in daardie gemeenskap haar teenwoordigheid laat geld. Terugvoer van Oraniërs oor haar is warm en positief. Sy beoog om ’n loopbaan in hetsy argitektuur of ingenieurswese te volg en sal haar studies mettertyd aan ‘n gepaste universiteit voortsit. Sibella – Ons hou jou toekoms Sibella is ‘n ware met vreugde en opgewondenambassadeur vir Kleinfontein heid dop. en ons is saam met haar ouers en familie baie trots op hierdie pragtige uitvoerproduk van Kleinfontein. Knap gedaan,
- ‘n Toevoeging tot die Bedryfsspan se voertuie. …….en vir die hengelaars!
Steven en Eric het die netjiese braaiplek gebou.
Onder leiding van Roelie Scheepers (082 549 8229) is daar ‘n behoefte bepaal vir hengelaars in Kleinfontein. Die terrein word intussen met behulp van skenkings ontwikkel, sodat Pa, Ma en kinders langs die viswater kan ontspan.
17
18
Die Salon Langs die kitsbank, Uit & Tuis Sentrum Sny, kleur, blaas en meer! Mans: R 100 Dames: R 160 Kinders: R 100 Pensioenarisse: Mans R 70 per sny en Dames R 120 per sny
Zelda: 082 564 1866
19
Kleinfonteinweg vorder! Tussen droogte en reën, was Kleinfontein se verskillende paaie ‘n groot uitdaging. Alhoewel ons die “landelike” atmosfeer van ‘n grondpad waardeer, kan die natuur die paaie soms “omdolwe”. Die Kleinfontein Paaie Projek, genaamd: Via Futura – Pad van die Toekoms, het in aanvang geneem om dit wat reeds begin is, uit te brei en om gereeld terugvoer te gee aan inwoners soos wat gevorder word. - Dankie manne vir die netjiese pad! Foto: Kevin McGeean
- Dié Kleinfonteinweg kruising is in 2 en ‘n half dae met 11250 stene gepak! Nadat die kruising afgerond is, kon dit weer oopgestel word vir verkeer terwyl die laaste deel van Kleinfonteinweg opgegradeer word.
Op pad na die nedersetting se Poort Werksaamhede by Kleinfontein hoewes. Daar is ook op 11 Februarie 2022 per teksboodskap ‘n skrywe uitgegee na aandeelhouers, rakende die projek. Lees gerus meer oor die werksaamhede.
Ons sê dankie! Dankie Jan Moolman vir die skoonmaak van area om posbusse. Beatrice Opperman.
20
21
Wag ‘n Bietjie deel in Sorgsentrum bederf Op 27 November was Wag ‘n Bietjie inwoners uitgenooi om die oggend saam met die inwoners van die sorgsentrum na pragtige kerssang uitgevoer deur die CVO Skool van Pretoria te kom luister. Wat ‘n belewenis was dit nie om die kinders te kon hoor sing nie.
Trane het geloop en hoendervleis op die einde toe hulle Stille Nag gesing het! Talent was dit beslis. Daarna het hulle aan elkeen ‘n geskenk (eetdingetjie) gegee. Suster Ria se personeel het ons toe bederf met tee en melktert wat deur die kinders bedien is. Nogmaals baie dankie aan suster Ria wat ons ook in gedagte gehou het en dankie aan die hoof, personeellede en kinders van CVO Skool Pretoria. Julle is altyd welkom om weer te kom sing. Dit was puik! - Annetjie Coetzee namens Wag ‘n Bietjie inwoners
Leserskring - Elisabeth Malan
Met ‘n Eie Sikspens geskryf deur Engela van Rooyen. Hier volg enkele aanhalings uit ‘n artikel in Rooi Rose Augustus 1994 net na die boek verskyn het. Die
oorsprong van die boek verduidelik sy self.
gedurende die depressie ‘n heenkome gevind het.
“Ons is ‘n groot gesin en as broers en susters gesels ons maar altyd oor ons kleintyd, amper soos familie juwele wat gereeld uitgehaal en gepoets word. Toe vra broer Loet eendag so terloops, wanneer skryf ek dan eendag ons ou wêreld se storie?”
Soos Engela verduidelik: “Ek het oud genoeg geword om te besef my grootword jare was ‘n bietjie anders as die gewone, dat dit ‘n tyd en leef wêreld was wat verbygegaan het. Ek wou dus ook dokumenteer en in die proses het sy vorendag gekom met ‘n stuk dokumentasie wat soos ‘n storie lees. ‘n Baie mooi storie wat die universele verhaal van alle arm mense word - met ‘n baie mooi boodskap as pasella. Dit laat ‘n mens lag, dit laat ‘n mens huil. Soms
So het “Met ‘n eie Sikspens” ontstaan. Dit is ‘n verhaal van die ontstaan en ontwikkeling van die nedersetting by Kakamas waar arm blankes
skok die direktheid van die werklikheid wat sy so sonder kommentaar oorvertel.
Materiaalwinkel Hannetjie 071 533 6267 Winkel 8 Rayton Park Plaza
Daar is voortplanting en siekte en dood, wel en wee, lief en leed, trou en ontrou. En jy as kind sien dit alles en stoor dit diep in want, jy vermoed dis die soort kennis wat jou volledig moet maak. En dit is ook die tema van die verhaal, “Elke kind word gebore met sy eie sikspens”.
22
Heerlike Mayo-sous! Soet mosterd, gerookte paprika, kruie 250 mℓ (R25) Gebruik as slaai– of doopsous
Gertie Stofberg 0836606598
23
BLOUSYSIE - Uraeginthusangolensis Carel Breytenbach
VERSPREIDING – Kom voor vanaf Angola, ooswaarts tot in Tanzanië, suidwaarts, Botswana, Noordelike Provinsie, Gauteng en KwaZulu-Natal.
“Urgent-sounding sweep or tseep call notes, rapidly repeated; song of sibilant and harsh notes interspersed, chreuchreuchittywooweeoo wee, etc.; harsh stuttering rattling alarm notes.”
Die voëltjie kom algemeen voor in die grasveld en doIDENTIFIKASIE – Romp hoof- ringveld langs riviere en spruite. Hier op Kleinfontein saaklik ligblou by die mannekan hulle gedurende broeityd tjie en ’n bleker ligblou by die wyfie. Onderkant van die romp gereeld in die tuine gesien word veral omdat kos dan ’n dowwe ligte pienk kleur. Lengte 12 – 13 cm. Die voëltjie makliker bekombaar is. Hulle is een van die mooiste sonder normale dieet is saadjies, termiete en ander insekte. Wei die kleiner spesies wat op hoofsaaklik op die grond binne Kleinfontein voorkom. hoorafstand van die maat en ROEP – Die Engelse beskryander individue. Kan ook wing van die roep gee ’n beter voorkom in swerms van 40 of uitdrukking aan die roep soos meer voëltjies onderstaande.
BROEITYD – Wanneer die mannetjie die wyfie die hofmaak spring hy op en af met ’n stukkie grashalm in sy bek om haar aandag te trek. Aktiewe broeityd in Gauteng is van Oktober tot Maart met die piek in Januarie. ’n Ronde nes met ’n wye kant ingang word met gras gebou, normaalweg sowat drie meter bokant die grond in ’n boom of groot struik, baie kere naby ’n perdebynes. Normaalweg word nie baie moeite gedoen om die nes weg te steek of te kamoefleer nie. Maak ook soms gebruik van ander voëls se ou neste. Drie tot vyf spierwit eiertjies word gelê. Aktiewe broeityd normaalweg 11 – 12 dae, met die kuiken wat so by die 16de dag uit die dop kruip.
Natuurverskynsels in Kleinfontein Soos hulle sê in engels "a White Christmas", so het Kleinfontein sy eie een gehad voor kersfees. ’n besonderse kersfees wat mens altyd sal onthou, ons as mense is so geseënd, party sien dit raak en party is te blind om dit te sien. Daar is eintlik baie waarvoor jy kan dankbaar wees. Màak n punt om rondom jou te kyk, want daar is baie seëninge om jou......Carli Wilcocks Foto: Charel Bezuidenhout 6/01/2022 geveerde besoekers
Oggendverkeer Kleinfontein 10/01/22 ‘n Nuwe Wag ‘n Bietjie intrekker, Marlize Schenk en haar pappegaai neem gereeld ‘n wandeling! (foto: Riana van Rensbrug) Deel gerus jou “natuurverskynsels” en ander interessante waarnemings met die redaksie.
Foto: Driaan Beyers
24
25
O soete heuning ……………. - Hendrik van Niekerk
Drie jaar gelede het ek ‘n Sondagmiddag tussen die aalwyne gestap en net die gezoem van die bye gehoor en gewonder waar kom die bye vandaan? Met ‘n kursus agter die blad en ‘n byekorf was dit wonderlik toe ‘n swerm bye hul intrek neem. Hoe gelukkig kan ‘n beginner net nie wees nie en daarna het die leer kurwe net toegeneem en nog nooit gestop nie. Die volgende hoogtepunt is wanneer die eerste heuning uitgeswaai en gebottel word. Die volgende woorde word gebruik in bye boedery. Broeikas, heuningkas, vangkas, uitswaaier, roker, dennenaalde, koningin uitsluiter, kwassie, skraper, raampies, sif, ligte, temperatuur, was motte, kewers, lokmiddel, voeding, en …………hoe ‘n mens elke teelepeltjie heuning moet waardeer wat aan ons geskenk is met die wonderlike skepping, bottels, swerms, war, werkers, larwes, koninginselle en bysteke. Bome, struike, blomme, onkruid en selfs pom-pom kry daaglikse besoeke deur die werkers van sonopkoms tot sonsondergaan. Bye kom nie uit die kas as die temperatuur nie bo 12 grade buite is nie en in die korf hou hulle die temperatuur konstant op 38° Cel-
suis. ‘n Werker het net ‘n leeftyd van 6 weke waarvan 3 weke binne aan take gespandeer word en 3 weke buite om stuifmeel en nektar te versamel. In die werker se lewe sal sy een teelepetjie heuning produseer. Koningin lewe drie tot vyf jaar en lê tweeduisend vyfhonderd eiers per dag, so een eiertjie elke twee sekondes. Die mannetjies, genaamd war, is net daar om ‘n nuwe koningin op haar paringsvlug te vergesel en daarna te sterf vir die voort bestaan van die swerm. Soos die lewe is, het byeswerms ook maar ‘n oorlewingstryd. Siektes en plae soos wasmot, kewers en ratels wat die byekorf kom omkeer om aan die bylarwes te smul. In Kleinfontein is byeboere veiliger teen heuningstropers, wat ons 2 been ratels noem. ‘n Versameling van byekaste word ‘n byestal genoem en ‘n byekas kan net een meter per dag geskuif word of drie kilometres of meer anders werk die bye se ruitverwysing nie reg nie. Ons byeboere werk meestal baie vroeg smôrens of in die aande terwyl al die bye nog in die kas is. Ons rook die bye voordat ons aan die kas werk sodat hulle dink dit is ‘n veldbrand. Die bye sal dan begin om
heuning te eet om gereed te maak om te trek. Met die vol mae is hulle baie kalmer en ons kan dan rustiger werk. ‘n Swerm wat trek is gewoonlik nie agressief nie want hulle soek net ‘n huis. Byekorwe wat baie heuning het, se bye kan baie agressief wees, want hulle beskerm hulle kos. Mense moet onthou om nooit in die vlugpad van bye te staan om by hulle byenes uit te kom nie. Indien bye jou jaag, hardloop by ‘n gebou in waarvan jy die deur agter jou kan toemaak en dit is beter as om in ‘n swembad te spring want, die bye wag vir jou as jy jou kop uit die water haal! Antihistamine pilletjies moet dadelik gebruik word indien jy gesteek word. Volgende keer as jy heuning koop, dop net die bottel om en sien hoe styg die borrel met punt na onder wat aandui die heuning is rou gesonde heuning wat uit die by se heuningmaag kom. Geniet die bye se harde werk en dank die Here vir sy ongelooflike skeppingswerk!
26
27
Uit Álet se Kleinfontein Kombuis Beker sjokolade koek Dit is amper teetyd en jy kry lus vir …………..’n stukkie sjokolade koek!!! As jy nou weet jy kry gaste, is dit nie ‘n probleem nie, maar wanneer jy net een stukkie koek wil eet, is hierdie volgende resep ‘n wenner!!! So ‘n paar jaar gelede het iemand met die volgende oulike voorstel gekom ………… sjokoladekoek in ‘n beker! Alles word in die beker aangemaak, vinnig gebak in die mikrogolf terwyl die teewater kook! Deesdae kry jy selfs die mengsel in ‘n verpakking, maar om dit sommer te maak met bestanddele tot jou beskikking, werk nog die beste en is goedkoper!
Bestanddele: - 60 ml Koekmeelblom - 60 ml Wit suiker - 30 ml Kakao
Metode: 1.
Spuit die beker met kleefwerende middel.
2.
Voeg droë bestanddele bymekaar in die beker.
3.
Klits die eier, melk en olie bymekaar en voeg by droë bestanddele en klits vinnig deur.
4.
Voeg sjokolade splinters by.
5.
Mikrogolf vir 3 min (Vol krag).
** ek het sommer gekleurde sjokolade vermicilie oor die rou deeg gestrooi voordat ek dit in die mikrogolf geplaas het.
- 2.5 ml Bakpoeier
- 30 ml Sjokolade splinters
- Knippie sout
- 2.5 ml Vanielje geursel
- 1 Ekstra groot eier
- 1 Groot beker (300 - 350ml inhoudsmaat) (Mikrogolf veilig)
- 45 ml Melk - 45 ml Olie
28