Nuus vir die Kleinfonteiner Somer 2021

Page 1

Desember 2021

1

‘n Jaar vol uitdagings...

Inperking het ons weer getref …….hierdie keer is ons gemeenskap ook geraak. Nogtans het die gemeenskap saamgestaan en hulp aangebied waar dit nodig was. Ons Kultuur Museum het ‘n plesier vir die oog geword nadat dit eers geverf en later vanjaar afgerond is met vensters en toegangsdeure. Die boomplant dag se bome bring ook hul kant vir ‘n mooi vertoning by die toegangspoort. So vorder ons stukkie vir stukkie.

Kleinfonteinweg het nog ‘n paar meter gevorder met plaveisel stene en na die eerste paar buie reën, is die oppervlakte nog net so mooi! Die plaaslike APK kon weer hierdie jaar sy lidmate en die Kleinfontein gemeenskap opvrolik met hul gebruiklike Oesfees. Veral die boeresport is deur jonk en oud geniet! Dan was daar die erge veldbrand aan Kleinfontein se grenslyn. Weereens het die gemeenskap binne en buite

Kleinfontein kom help om die vuur te help blus. ‘n Vriendin het so ‘n tyd gelede vir my ‘n boodskap gestuur wat op die volgende neerkom:

”Vind iets mooi en goed in elke dag en laat dit toe om jou te laat glimlag. Maak nie saak wat verder daardie dag oor jou pad kom nie…..daardie glimlag sal jou bybly.”

Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die BoereAfrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.


2

Uit die redakteur se pen - Álet Erasmus ‘n Mens se strewe is om ‘n jaar mooi te kan afsluit. In hierdie uitgawe kan u lees van ‘n jong entrepreneur wat gesels oor sy hoender boerdery waardeur hy eiers kan voorsien om sy studiegeld mee aan te vul. Die Gemeenskapsentrum se geboue en tuin is met ‘n werksdag met hulp van ouers en die gemeenskap, netjies gemaak en geverf terwyl daar musiek gemaak en ‘n worsbroodjie vir middagete aangebied is. Ons begin met ‘n interessante rubriek oor voëls, in besonder dié waarvoor ons ook kan

uitkyk in Kleinfontein. Vir oefening speel Kleinfonteiners jukskei en die swembad met sy helder water is ‘n plesier vir jonk en oud.

"Binne - in elkeen van ons, gereed om te blom, is die wonderlike belofte van wat ons kan wees." - Anoniem.

Ons is bly saam met ouers en grootouers wie se kinders (kleinkinders) presteer op verskeie gebiede. Dan ‘n woord van dank aan ons gereelde en nuwe adverteerders asook aan my redaksiespan, Elisabeth Malan(advertensies) en René Pietersen (bladuitleg) asook elkeen wat gedurende die jaar berigte en/of foto’s ingestuur het.

REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: René Pietersen FOTO’S: Álet Erasmus, Dannie de Beer Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net

Advertensietariewe vir 2021 Volblad — R300 1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50

Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK

Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hulle inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het.


3

Oordenking: DIE LIG VIR DIE WêRELD - Ds Attie Bezuidenhout (L.W. Lees gerus die aangeduide Skrifgedeeltes in samehang met die ge dagtes in rym) Vasgevang in duisternis: Joh. 3:19-21; 1Joh.2:9-11; Luk.11:34-35. God het alles mooi en goed gemaak, ook die mens; die Satan het met twyfelvrae dit duister laat raak in die mens. En vasgevang in sonde duisternis, Waar daar geen plek vir liefde en lig is, is die mens verlore, vir ewig, en is dit net die Ware Lig wat ‘n verskil kan maak ! Belofte van LIG. Jes.8:1923a; 9:1, 5-6; Luk.1:78b-79. Kom ons bring aan die Almagtige God die eer want Hy het nie sy rug op ons gekeer. In sy groot liefde en barmhartigheid, genade en lankmoedigheid, het Hy gesien dat ons vasgevang is in diepe duisternis. Het Hy belowe: om Lig te bring Aan diè wat met duisternis omring in die skaduwee van die dood lewe; Hy het belowe: om ons voet stappe te rig op die pad van vrede. In Sy groot ontfermende liefde het Hy neergebuig, om ons te red uit die sondetuig. Aan Sy beloftes het Hy getrou gebly en Jesus Christus, die Lig, stuur Hy om ons uit die duisternis te

bevry. Daarom wil ons voor Hom, die Altyd Getroue God, kom neerbuig, en ons dankbaarheid betuig, as ons met hart en mond saam sing en aan Hom ons hulde bring. Die LIG kom na die wêreld. Want so lief het God die wêreld gehad, al het hulle mekaar en Hom gehaat, Hy stuur die Lig van verlossing wat lewe bring. Luister daarom na Sy Woord se verkondiging:

Joh.1:1-9; 8:12. Wanneer die Blye Boodskap weerklink in ons ore wil ons saam sing en jubel met hemelse kore: Kom ons loof Hom ! Kom ons aanbid Hom ! Kom ons eer Hom ! Die Lig het na die wêreld gekom ! Kom ons aanbid Hom, want Hy het as diè Lig vir die wêreld gekom. Soos die son se lig, lewe op aarde moontlik maak, so wil Jesus Christus lewe gee aan elkeen wat Hy met Sy lig aanraak. Kom ons loof Hom, want Hy het as diè Lig vir die wêreld gekom ! Die duiwel en sy handlangers het met alle mag die Lig vir die wêreld probeer uitdoof, maar God het in Sy groot Almag hul van die oorwinning beroof. Aan die kruis in duisternis toegevou,

dra Hy die straf van sonde, vir my en jou. Daar staan mos geskrywe: “Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie” (Joh,1:5) Die Lig vir die wêreld, Jesus Christus, roep jou: om te glo- Joh.12:46 Ja, dit is wat God begeer, dat ons, ons sal bekeer. Daarom het Hy vir Jesus Christus wat die Lig vir die wêreld is gestuur om vir ons wat in duisternis is die lewe en lig te bring. Sy kruisiging, Sy opstanding, is ons versekering. om te getuig – Mt.5:14-16. Laat jou lig so voor die mense skyn, dat dit die duisternis sal laat verdwyn. En so sal die Here verheerlik word, en Sy koninkryk uitgebrei word. Sal die Kersfees van hierdie jaar met sy liggies en kerse teken wees van diè Lig in jou lewe; of sal jy, met al die liggies om jou, nog in die duisternis staar as ‘n verlore wese sonder die ewige lewe?


4

Ter Nagedagtenis Renéi Oosthuizen (30/05/1963 – 27/11/2021) Renéi Oosthuizen was gebore op 30 Mei 1963. Sy was woonagtig in Wag-‘n-Bietjie waar sy ± 2 jaar lank gewoon het. Almal het haar geken as ‘n stil, tog vrolike en aangename persoon. Sy was baie kunstig en het so ver gegaan as om op haar maag te lê en skilder op blombakke. Deur alles het sy gestry teen kanker en die stryd verloor op 27 September 2021. Rus in vrede Renéi. - Annetjie Coetzee Basie Wilmans (7/11/1937 – 27/10/2021) Basie het sy vakleerlingskap by Cullinan myn gedoen, voltooi en daar afgetree.Hy het in die omgewing van Cullinan op 'n hoewe vir bykans 50 jaar gewoon waar hy en sy vrou 4 kinders grootgemaak het. Sy vrou is aan kanker oorlede en ook onlangs sy dogter. Twee van sy kinders is in die buiteland soos so baie ander ouers se kinders, maar gelukkig is een van sy seuns in Suid-Afrika. Basie

sal onthou word met sy blou bakkie en die battery aangedrewe karretjie agterop waarmee hy menige winkelsentrums besoek het. Die rede waarom hy met die karretjie gery het, is omdat sy bene nie meer wou saamwerk nie. Hy het in Wag 'n Bietjie nr 10 gewoon vanaf Februarie 2021 en het menige male sy dankbaarheid uitgespreek om op Kleinfontein te wees. - Sonika van der Schyff


5

Leserskring Salmaklak deur Ben Venter is bekendgestel deur Marié Venter op 25 Augustus 2021.

voudig om ‘n motorkar te jaag en soos ‘n groot swart gedierte langs sy agterwiele te rol? ‘n Spook is mos nie ‘n hond nie. Met perdekarre het hulle dit wel gedoen, maar dis ‘n perd van ‘n ander kleur! Hiervan is Manienk my getuie. Aldus die Skrywer 1971

Universiteit van Budapest verbonde was en ‘n kraamkliniek bedryf het met ‘n jaarlikse sterf -tesyfer van minder as 1%, teenoor ander klinieke met ‘n sterftesyfer van tussen 30% en 40%. Hy sterf in ‘n inrigting vir sielsiekes 13 Augustus 1865.

ONDER DIE RADAR – Stories uit ons land geskryf deur Dana Snyman ‘n meester storieverteller

The Cry and the Covenant geskryf deur Morton Thompson. Die legende van Salmaklak, is ‘n ou bekende langs die Vaalrivier en sy systrome. Dit geld veral die gebied vanaf Klerksdorp weswaarts tot by die Modderrivier. Ons het met die legende grootgeword en het saans hoendervleis gekry as die grootmense wat saam met ons visvang, na sonsondergang nog ‘n rukkie wil visvang terwyl ons kan hoor hoe Salmaklak hier en daar water breek en iemand soek wat alleen loop! Hy doen dit nog. Maar Wes-Transvaal se spoke het verdwyn, want ‘n motorkar het nie in die nag geweier om deur ‘n spookhek te gaan nie. In spookdriwwe is brûe gebou en geen ordentlike spook lol by beton brûe nie. Die motors se lampe het die spoke se speelvelde verlig en dan kan hulle nie baljaar nie. Hulle wou net flou maanskyn, korhane, kiewietjies, kommandovoëls en miershope op kaal vlakte gehad het. Spoke kon ook nie meer hulle geliefde sportsoort beoefen nie; watter spook is so een-

Die boek is historiese fiksie. Dit is gebaseer op die lewe van Ignaz Semmelweiss (1 Julie 1818 - 13 Aug 1865), bekend vir sy navorsing oor die oorsaak van kraambed koors wat in daardie jare ‘n verskrikking was. Dit gaan in die boek hoofsaaklik oor die lewenslange stryd wat Semmelweiz gevoer het om medici van daardie tyd te oortuig dat hulle kraambed koors kan uitskakel indien hulle net bereid sou wees om hulle hande te was,voordat hulle met pasiënte werk. Tot aan die einde van sy lewe wou medici hulle nog nie laat oortuig om net hulle hande te was en sodoende kraambed koors te voorkom nie. Hulle het geweier. Hy is verwerp deur die Universiteit van Wene, waar hy sy ontdekking gemaak het. Hy is terug na sy geboortestad Budapest, Hongarye waar hy aan die

Stories uit ons land dateer uit die dae toe ons nog kinders was. Stories wat jy nie kan neersit nie. Mariè Venter het ons bederf met ‘n voorlesing uit “Die Weggegooides”. Die skets handel oor die glorie jare van die spoorweë. Oor die stasie en sy mense op Touwsrivier, met die stasiemeester, die treindrywers, die stokers en die kondukteurs asook die roepmanne as hooffigure. Dit is met verlangende harte wat ons daarna geluister het en besef het dat ons iets kosbaars verloor het.


6

Haan onder sy henne! As ‘n student gaan dit altyd boomskraap met die finansies. Daarom het ek na ‘n addisionele bron van inkomste gesoek, net om ‘n paar sent ekstra te kan verdien. Dit het my laat dink, die hele land word deur sterk Covidmaatreëls gekniehalter, wat elke person sy sente twee of drie keer laat omdraai. Dus moes ek ‘n mark teiken wat ten spyte van die pandemie, steeds aktief is. Die eenvoudige antwoord op die onderwerp is: Voedsel. Ek het met hoenders grootgeword, so dit was byna instinktief om met hoenders te begin

boer sodat ek eiers teen ‘n billike prys aan die gemeenskap kan verskaf. So het my navorsing begin. Eerstens, moes die lewensvatbaarheid van ‘n eierbesigheid ondersoek word. Die volgende stap is om die perfekte hoender te identifiseer. My navorsing het getoon dat ‘n gespesialiseerde lêhen die beste sal werk. Daar -om het ek vir my 100 Lohmann Brown kuikens in April van dié jaar aangeskaf. Met groot sorg het ek my kuikens tot op lê-ouderdom grootgemaak. Met genade het my besigheid so gegroei dat ek nog 50 henne aangeskaf het.

Driaan Beyers

Om jou eie besigheid te besit is harde werk, maar ek kyk met hoop die toekoms in en glo die besigheid sal suksesvol wees.

Netjies verpak en gereed vir sy kliënte.


7

Ons sê dankie! Kleinfontein sê baie dankie vir Marina van Helpende Hand Rayton, vir die skenking van heerlike soet lemoene aan die gemeenskap. (15 September 2021) Kleuter speelgroep sien uit na die gesonde vitamiene C! Annetjie Coetzee neem lemoene na die Wag-‘n-Bietjie Aftreeoord.

Magda een van die inwoners by die Sorgsentrum help die lemoene aanry.

….. en die bouspan het ook gedeel in die lemoen lafenis!


8

Kleinfontein Gemeenskap Sentrum Die Kleinfontein Gemeenskap Sentrum, het geskuif vanaf die Jopie Fourie Gebou na die Kleinfontein Akademie skool se terrein. Die ontstaan van die Sentrum is te danke aan Gemeenskapslede, wat die lief en leed van God se kinders op die hart dra. As Gemeenskapdiens wil ons 'n plekkie skep waar mense altyd welkom voel. Ons het al redelik gevorder met die

skoonmaak van die perseel en van ons gemeenskapslede en donateurs sit hande saam om te help om hierdie sentrum ‘n lushof te maak vir oud en jonk. So is daar op die 11de September ‘n opruimdag gehou waartydens daar geverf, gevee en gehark is. Om die deelnemers op te vrolik, het gaskunstenaars opgetree en is daar heerlik wors gebraai.

- Die klaskamers en speelterrein het ook ‘n nuwe laag verf gekry. Sonika vd Schyff en Johan Steyn tydens die opruimdag.

der word vir enige hout- of staalwerk wat u gedoen wil hê.

Die Dagsorg groepie het al 19 kinders vanaf 1 jaar tot 5 jaar.

Die gewilde Snuffelwinkel is steeds in bedryf en aangrensend, is die Gemeenskapdiens kantoor.

Dit gee ons ouers wat werk 'n geruste hart dat hul kinders veilig is en versorg word.

Ons is baie opgewonde om die Gemeenskapstuin te begin. Daar word beplan om vars melk en groente daagliks hier te verskaf.

Ouers kan ook van die naskool gebruik maak. Die tye is vanaf 7h00- 17h00 vanaf Maandag tot Vrydag.

Hier is God in beheer en ons net die instrument. Julle is baie welkom om julle insette te gee. Saam maak ons ‘n verskil

Hier is ook 'n Hout en Metaal sentrum vir oud en jonk wat wil leer hoe om met hul hande te werk. Die sentrum kan gena-

Connie – 061 187 8160 na-Marie 084 556 6777

An-


9

Kleinfontein weg se nuwe glorie! Het u geweet? Die tweede deel van Kleinfonteinweg (340 meter), is met sorg gebou deur die span van Kleinfontein werkedepartement, met 10 5000 stene en 1 060 randstene.

Die laaste strepe word geverf! Arrie du Toit en sy werkspan in die agtergrond tydens die amptelike oopstelling en lint-knip geleentheid van die nuut geplaveide deel van Kleinfonteinweg. Marietjie Nell en Jean du Plessis gereed om die lint te knip. (22 September 2021) Baie dankie aan elkeen betrokke vir die netjiese pad!

Krugerdag viering Op Saterdag 9 Oktober, het die Kleinfontein Kultuurkomitee ‘n besonderse en kleurryke program aangebied ter herdenking van Paul Kruger. Die tema van hierdie jaar se program was: Die gees van Kruger.

“Groot bittereinder van ons bloed het hy die Vryheid weer laat gloed”

-Perderuiters in die agtergrond van Paul Kruger se standbeeld.


10


11

Ons verwelkom ………………. Vanaf 1 November 2021 is Stefan Wiese deel van die Kleinfontein Aandeleblok se administratiewe span as Hoof Uitvoerende Beampte. Hy is ook sommer daar en dan deel van Kleinfontein gemaak met die plant van Papierbas bome deur Vriende van Kleinfontein in samewerking met Bewarea.

Stefan Wiese, Nic Rudolph en Louis Berrington.

Nasionale prestasie! Michelle Fourie het deelgeneem aan die Nasionale DRASA (Distance Riding Association South Africa) perdry kompetisie met haar perd Kwanita. Hulle het ‘n derde plek verwerf as Nasionale wenners, vir spanwerk asook vir die High point toekenning.

Ons kinders presteer! Duné Beyers (dogter van Driaan en Adelle Beyers en kleindogter van Thys Beyers) is gekies as deel van die leier korps van CVO skool Pretoria vir 2022! Baie geluk!

‘n Kleinseun met skop!!! Rita en Blackie Swart se kleinseun, Nicholas Swart, is 3 x SA skopboks “kickboxing” kampioen vir onder 42kg seuns! Die kompetisie het die einde van Oktober plaasgevind. Sy ewe trotse ouers, is Fanie en Ester Swart wat ook in Kleinfontein woon. Baie geluk!


12


13

EERSTE VROULIKE BEAMPTE BY SEKURITEIT AANGESTEL Tyla Cremer (29) is op 30 Augustus 2021 as die eerste vroulike Observasie Beampte in Kleinfontein aangestel. Tyla beskik oor ‘n Graad C gradering en beplan om verdere kursusse in sekuriteitswerk te doen. Tyla is daarvoor verantwoordelik om die 27 sekuriteitskameras op Kleinfontein te monitor en enige verdagte bewegings van persone en voertuie aan die Hoof van Sekuriteit te rapporteer. Die Beheerkamer is in die Uit en Tuis Winkelsentrum in Kleinfontein gevestig. ‘n Tweede vroulike beampte Iona Redelinghuys is ook intussen aangestel. Tyla is ‘n entoesiastiese jong

dame met twee dogtertjies van onderskeidelik 4 en 5 jaar oud en ‘n besliste aanwins vir Kleinfontein. Kleinfontein se mense sê baie geluk aan die twee dames en wens hulle sterkte toe met hulle reuse taak.

-Tyla regs op die foto saam met ‘n paar lede van die toegangsbeheer personeel asook Marietjie Nell. Baie dankie aan elke lid van dié span vir jul vriendelike diens by die onderskeie toegangspoorte van Kleinfontein.

Swembad weer oop! Op Saterdag 16 Oktober is die helder blou water van Kleinfontein se swembad opgehelder met groot en klein wat kom swem het! Dit was ‘n warm dag en die lafenis was verkwikkend! Die ontspanningsruimte het ook ‘n swembad vir kleuters en toesig van ouers of verantwoordelike persoon is verpligtend.

-Tussen die swem deur is daar gegly op die glywurm wat vir groot prêt gesorg het!


14


- Marius Bosch

REËNVALVERSLAG

15

2014

2015

2016

2017

2018

2019

2020

2021

Jan.

95

105

150

130

93

196

181

175

Feb.

141

25

34

112

96

163

73

91

Mrt.

276

89

142

15

249

22

117

32

Apr.

10

58

18

107

50

82

145

55

Mei

0

0

70

29

24

4

0

8

Jun.

2

0

20

0

0

0

20

1

Jul.

0

6

4

0

0

0

0

0

Aug.

2

0

2

0

0

0

0

0

Sep.

1

78

2

16

20

2

0

14

Okt.

65

16

100

59

80

20

58

88

Nov.

139

87

293

80

86

187

197

Des.

256

94

107

115

110

375

58

TOT.

987

565

942

663

808

1 051

849


16

Oesfees 2021!!! Op Saterdag, 23 Oktober is daar weer Oesfees gehou in en om die Kleinfontein Gemeenskapsaal. Daar was nou behoorlik iets vir oud en jonk … te ete, te drinke en om te doen!

Terwyl daar in die saal gekuier is tussen die verskillende stalletjies, is daar buite musiek verskaf deur ‘n gaskunstenaar Jimmy Double, begeleide perdry vir die kinders en Riaan Genis en sy span het gesorg vir die boeresport wat baie prêt verskaf het. Daar is ook skyfgeskiet deur vernuftige skuts en op die glywurm gegly dat die seepborrels so spat! (foto: Driaan Beyers)

Die bokdrol spoeg het vir baie vermaak gesorg!

Middagete was bros gebraaide lam op die spit met die heerlikste bykos daarmee saam! Almal was beslis oor dié ete …….dit was vinger-lek-lekker!

(fotoDriaan Beyers)


17

Kleinfontein speel jukskei….. - Ludolph Schoeman Ons speel op die oomblik elke Dinsdag en Donderdag vanaf 14h00 tot 16h00. Besoekers is altyd welkom om saam te speel. Ons het leenskeie vir nuwe lede. Indien iemand wil aansluit by die klub, is die ledegeld R15,00 per persoon per maand. Om Kleinfontein se Jukskei klub te laat voortleef het ons regtig meer jong mense nodig. Dit is so 'n mooi kultuursport en dit is belangrik dat ons dit aanhou speel in ons kultuurgemeenskap. Ek verstaan dat jongmense nie in die bogenoemde tye sal kan

saamspeel nie weens skool en werksverpligtinge. Ek (Ludolph Schoeman) sal onderneem om Saterdae daar te wees en oop te sluit, indien daar genoeg belangstelling is. Voel asseblief welkom om enige van ons te kontak, …… ons help graag. Voorsitter : Ludolph

Ludolph Schoeman Ansovi Schoeman

Schoeman 082 4577 020 Ondervoorsitter : Johan Steyn 083 631 2580 Sekretaresse: Mariet Steyn 084 547 0287

Heila van Wyk

Sonika van der Schyff Chris van der Schyff Johan Steyn

Mariet Steyn

Rykie Niehaus


18

Die Salon Langs die kitsbank, Uit & Tuis Sentrum Sny, kleur, blaas en meer! Mans: R90 Dames: R150 Kinders: R70 Pensioenarisse: Mans R60 per sny en Dames R110 per sny

Zelda: 082 5641866


19


20


21

Verwoestende brand beveg! Op Woensdag, 3 November is die gemeenskap geteister deur ‘n verwoestende brand wat aan die wesgrens van Kleinfontein ontstaan het. Boodskappe is dadelik uitgestuur vir hulp vanuit die gemeenskap want hande was net nie genoeg om die brand te probeer keer nie. Die brand wat buite Kleinfontein se grense gewoed het, was met hand en tand beveg. Pretoria se brandweerdienste het hulle waterwaens in Kleinfontein kom opvul. Die verwoestende vuur tesame met wind is tot laatnag gemonitor en beveg waar nodig.

‘n Besonderse woord van dank aan ELKEEN wat kom help het om die brand te beveg! Brandslaners op Kleinfontein

Hiermee wil die bestuur en Direksie ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor elkeen wat onbaatsugtig kom help het met die brande in en om Kleinfontein. Ek het ongelukkig nie u name nie maar u weet wie u was wat die vlamme, rook en vallende bome getrotseer het om huis en haard te beskerm. My grootste dank gaan ons Hemelse Vader wat Sy Hand van bewaring oor elkeen gehou het en ons geen lewensverlies gelei het nie. Alle aardse goed kan vervang word maar die lewe is kosbaar. Weereens opregte dank Marietjie Nell Namens Kleinfontein.

Materiaalwinkel Hannetjie 071 533 6267 Winkel 8 Rayton Park Plaza


22

Heerlike Mayo-sous! Soet mosterd, gerookte paprika, kruie 250 mℓ (R25) Gebruik as slaai– of doopsous

Gertie Stofberg 0836606598


23

Kerssangdiens 2021 Op Sondag 14 November is ‘n kerssangdiens gelei deur Ds Attie Bezuidenhout met orrel begeleiding deur Linda van Veenhuizen. Die tema van die Kerssangdiens: “En as jou kinders jou sou vra: Waarom vier ons die Christusfees?”, is toegelig met teksgedeeltes uit die Bybel asook samesang deur die teenwoordiges.

MAG HIERDIE JAAR SE CHRISTUSFEES VIR U EN U FAMILIE WAARLIK ‘N GESEëNDE TYD WEES.

Kleinfontein JAV 2021 Op Saterdag 27 November is aandeelhouers ingelig oor die afgelope jaar se werksaamhede in Kleinfontein, tydens die Jaarlikse Algemene Vergadering. Soos die gebruik is, het Ds Attie Bezuidenhout die vergadering geopen met skriflesing en gebed. Mnr Stefan Wiese is ook verwelkom as Hoof Uitvoerende Beampte van KA en hy het die lede kortliks toegelig oor ‘n positiewe toekoms vir Kleinfontein. Mnr Jean du Plessis (Voorsitter Direksie) het in sy voorsittersrede daarby aangesluit met die woorde: “Wees krities, maar positief krities”.


24

KSK Koöperatiewe Bank Beperk bied aan sy lede die volgende rentekoerse op Vaste Deposito’s: Bedrag Vaste termyn 3 maande

R0 – R99,999

R100,000 +

3.77

%

4.31

%

Effektiewe opbrengs 12 maande

3.84

%

4.40

%

3.95

4.85

Effektiewe opbrengs

4.02

% %

4.96

% %

24 maande

4.31

%

5.21

%

Effektiewe opbrengs

4.40

%

5.34

%

36 maande

5.03

%

5.38

%

Effektiewe opbrengs

5.15

%

5.51

%

48 maande

5.38

%

5.74

%

Effektiewe opbrengs

5.51

%

5.89

%

60 maande

5.56

%

5.92

%

Effektiewe opbrengs

5.70

%

6.08

%

Die effektiewe opbrengs word verdien indien rente maandeliks gekapitaliseer word

Lenings:

Eiendom

Prima + 4% tot 5%

Afhangende van risiko profiel

Persoonlik

Prima + 4% tot 6%

Afhangende van risiko profiel

koerse is gekoppel aan die prima uitleenkoers van ABSA Prima koers tans 7,00%.

Alle


25

Voëls in ons tuine. (Deel 1) - Carel Breytenbach

Turdus libonyana, Rooibek Lyster, Kurrichane Thrush, Nwadlodloma(Ts).

Kort Beskrywing: Kleur soos per bostaande foto. Gemiddelde gewig wissel tussen 46 tot 70 g, lengte 21-23 cm, vlerkspan 107 -125 cm. Afrikaanse naam afgelei vanaf die helder oranje/ rooi bek. Die Latynse genusnaam Turdus vertaal in Engels is thrush.

Verspreiding: In Suid-Afrika ou Transvaal en Natal, in buurlande Angola, Mosambiek, Zimbabwe, Botswana en Caprivi. Roep: ’n Deurdringende 2klankreep witteet witteet, gewoonlik by opstyg. Sang normaalweg heldersoet fluit van 410 afwisselende note. Alarm roep is skerppseeeeeu. Kan soms ook op ’n helder maanligaand gehoor word. Kleinfontein voorkoms: Kom gewoonlik in die koeler maande vanaf Maart/April tot Oktober in ons tuine voor, met broeityd Augustus tot September, lê twee eiers normaalweg. Neste in bome 1 tot 7 meter bo grond bestaande uit ’n mengsel, van takkies, gras, droë

blare, stukkies lyn en selfs plastiek aan mekaar gelym met modder. Gewoonlik uitgevoer met distel dons. Gedrag en kos: Die voël is baie lief vir bad en is waargeneem dat daar tot vier maal deeglik gebad word, gewoonlik vroegoggend en laatmiddag tot sterk skemer. Hulle verdra nie ’n ander voël, selfs eie spesie saam in die bad. Word summier verwilder. (Apartheid op sy beste). Dieselfde gedrag kom voor tydens kos soek, wat reg deur die dag geskied. Kos bestaan uit wurms, ruspes, spinnekoppe, sprinkane, vlieë en die saad van die Kareebome, (Rhus spesies). Die kos soek gedrag is iets

om dop te hou en bestaan gewoonlik uit ’n haastige kort entjie draf, stop, vorentoe spring, met ’n aggressiewe heen en weer beweging van die bek waarmee blare eenkant toe gegooi word op soek na ’n maal. Die voël is een van die hansworse onder die voëls en kan werklik ure se dophou genot verskaf. Sy neef die Olyflyster vertoon ook dieselfde gedrag. Meer oor hom ’n volgende keer.


26


27

Uit Álet se Kleinfontein Kombuis ONGEBAKTE VRUGTEKOEK STAFIES Ter afsluiting van die jaar, het ek besluit op die volgende ryk, kleurryk en lekker ongebakte vrugtekoek stafies. Dit kan ook as ‘n geskenkie gegee word, mooi toegedraai in deurskynende silofaan met ‘n mooi lintjie versier.

Bestanddele: 2 pakkies Tennis of Marie beskuitjies 250 ml glanskersies – rooi en groen gemeng, (gehalveer) 60 g droë vrugtekoek mengsel 50 g gekapte pekanneute

1 blikkie kondensmelk 110 g botter 250 g sjokolade 2 t vanilla geursel

Metode: 1. Voer ‘n broodpan - 21 x 11cm uit met kleefplastiek (clingwrap) en spuit met kleefwerende kossproei en hou eenkant. 2. Breek die beskuitjies in stukkies. 3. Meng die kersies, vrugtekoek mengsel en gekapte neute saam in ‘n mengbak. 4. Meng die kondensmelk, botter, sjokolade en vanilla geursel saam in ‘n kastrol en verhit tot gesmelt. 5. Voeg die gebreekte koekies asook die vrugte en neutmengsel by en meng goed deur en skep in broodpan. 6. Druk netjies plat en verkoel 2-3 ure. 7. Haal uit pan en verwyder die kleefplastiek. Wanneer u dit in skywe wil sny, laat dit net eers ‘n rukkie buite die yskas staan ... so ‘n halfuurtjie sodat u dit makliker kan sny met ‘n skerp broodmes.

Die vrugtekoek stafies is nou behoorlik ryk en lekker!


28


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.