Junie 2021
KUNS, KULTUUR ……...en die natuur! Kosmos langs die Kleinfontein grensdrade, wat sonder dat hulle gesaai is, vreugde gee.
alledaagse vreugdes waarmee jy jou lewe vol en ryk kan maak.”
Nina Smit skryf in een van haar bundels: “Elke dag is ‘n geskenk! Jy kan elke nuwe dag voluit benut en leer om die maksimum vreugde en bevrediging daaruit te haal. Kyk rondom jou na die klein,
In die Kleinfontein Gemeenskapsaal was daar gedurende Mei ‘n kultuur konsert aangebied met klassieke sang en musiek. Vir die dames wat in Wag ‘n Bietjie woon, is daar hout boekmerke uitgedeel,
kunstig geverf en met liefde gemaak deur ‘n inwoner. Ja, voorwaar ………….. elke dag is ‘n geskenk ……… jy moet net uitkyk daarvoor …… en soms kan uitdeel ook!
Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n
plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is. 1
Uit die redakteur se pen -Álet Erasmus Elke drie maande word die Nuus vir die Kleinfonteiner vir u die leser saamgestel, met berigte, stories en foto’s vanuit die gemeenskap. Mev Elisabeth Malan bel of besoek die adverteerders en bevestig hul bydrae vir die nuwe uitgawe. Buiten vir foto’s en berigte wat vanuit die gemeenskap kom, hou jy altyd jou oë en ore oop vir ‘n oulike beriggie of gebeurtenis wat ons kan opteken in die kwartaalblad. Daarna begin die saamstel, foto’s uitsoek, nog ‘n storie gou opvolg of ‘n nuwe adverteerder word besoek. Die grafiese kunstenaar kry die inligting en foto’s en dan volg die groot werk om alles mooi in te pas en keurig te versprei sodat u, die leser daarna kan uitsien
om saam te lees en te ervaar wat ons vir u saamgestel het. Dus wanneer jy ‘n oulike storie / foto vanuit jou omgewing het (nedersetting, wildpark en hoewes), kontak ons of stuur dit deur per e-pos vir ons volgende uitgawe. In hierdie uitgawe berig ons oor die paasdiens en nagmaal wat vir die Sorgsentrum inwoners gehou is, die herfs kuierdag vir die Wag ‘n Bietjie inwoners, die kultuuraand met sang en musiek en na ‘n rustyd, het die leserskring weer hul boeke met ons kom deel. Ons verwelkom ook vir René Pietersen wat oorneem as grafiese kunstenaar by Carine Miller.
Dan neem ons afskeid van Ds Lood van der Merwe wat vir jare die reënvalverslag so getrou op datum gehou het. Baie dankie vir u aandeel met interessante inligting vir die Nuus vir die Kleinfonteiner. Ons wens u en tannie Silja ‘n geseënde rustyd saam. Baie welkom aan Marius Bosch wat van hierdie uitgawe die reënvalverslag op datum gaan hou. Vir die winter wat ons begin voel, het ek vir u ‘n heerlike dik botterskorsie sop resep ingesluit. Die kleur is warm, die geur is subtiel ………….. maak dit gerus! Soos altyd baie dankie aan elke adverteerder, ondersteun hulle gerus!
REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: René Pietersen FOTO’S: Álet Erasmus, Dannie de Beer Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net
Advertensietariewe vir 2021 Volblad — R300 1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50
Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK
Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hulle inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het. 2
Oordenking: Die Seun van die mens sien kom. Lees: Markus 13: 24-32 Teks: 26
- Geneem uit die Beek
“En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid” (Mark 13: 26) Die Here spreek hier van Sy wederkoms in heerlikheid om ons te oordeel. Daar is veral drie dinge waarop Hy nadruk lê: 1.
2.
Die onsekerheid van die tyd van Sy wederkoms. Die woorde in vers 32 is baie duidelik. Die da-
Die sekerheid van Sy
tum van Christus se
wederkoms. Omdat Hy-
wederkoms is alleen
self die waarheid is en
aan die Vader bekend.
altyd die waarheid
Hoe dwaas is dit dus vir
gespreek het, kan ons
mense om die datum te
daardie groot toekom-
probeer vasstel! Die
stige gebeurtenis nie
Here het sekere dinge
loën of in twyfel trek nie.
aan ons geopenbaar,
In die vervulling van Sy
maar ook sekere dinge
voorspelling aangaande
vir ons verberg (Deut.
die val en ondergang
29:29), en dit is ‘n
van Jerusalem in die
bewys van ons ver-
leeftyd van baie van Sy
troue in Hom om daar-
tydgenote, het ons die
in te berus.
waarborg dat ook die voorspelling van Sy wederkoms vervul sal word. Die apostels het ook dikwels in hulle prediking en geskrifte
bevestig dat Hy weer sal
3.
vertel ons nie wanneer Hy sal terugkeer nie, maar herinner ons daaraan dat Hy sal terugkeer, en stel ons dus op ons hoede en vermaan ons om gereed te wees.
Onse Saligmaker, laat die gedagte aan u wederkoms in heerlikheid ons diep aangryp.
Die tekens wat Sy wederkoms voorafgaan. Voordat Hy in heerlikheid verskyn, sal sekere verande rings op die aarde en in die hemelruim die nadering van daardie tyd aankondig. Hulle
kom. 3
Ter Nagedagtenis Bärbel Smit: (19/02/1947 – 11/03/2021) Na ‘n uitgerekte tyd van siekte, het Bärbel na haar Vaderhuis gegaan. ‘n Vrou, Ma en Ouma met ‘n glimlag , ‘n drukkie en belangstelling vir haar geliefdes en vriende. ‘n Vrou met vele deugde wat lief was om blomme te rangskik,
Roelf Fürstenburg: (25/09/1944 – 15/03/2021)
lekker kos te maak, koekies te bak en fyn te luister om raad te kan gee vir die wat dit nodig gehad het. Haar dogter Anita skryf……”Waar Ma nou is, is daar vrede. Vrede wat ons nog moet verstaan. Ek mis Ma vreeslik, maar weet Ma se pyn is verby.” - Anita Mans Roelf en Valerie het op 1 Mei 2004 hul intrek geneem in Kleinfontein waar hy sy groot liefde vir houtwerk kon uitleef. Tot en met sy aftrede was hy betrokke in die onderwys en het veral ‘n passie gehad om met gestremdes te werk. Roelf het met ‘n oop hart en hand deur die lewe gegaan en was ‘n wonderlike en liefdevolle man, vader en oupa. Roelf was kreatief en kon vele dinge doen ….. van verjaarsdagkoeke versier vir die kinders, skilder en dan natuurlik sy houtwerk. Hy was ook baie lief
vir klassieke musiek en opera. Langs hierdie weg wil ons baie dankie sê aan Sr Ria Prinsloo en haar personeel by die Kleinfontein Sorgsentrum wat Roelf in sy laaste ure met soveel liefde en respek behandel het. Dit het vir my en die kinders ‘n rustigheid gebring. Baie dankie ook aan Chris en Sonika vd Schyff vir jul hulp en bystand. – Valerie Fürstenburg
Koot Burger: 012 734 4633 / 083 672 3752
No. 17, h/v Prinsloo– en Jennerstraat 4
Ter Nagedagtenis Ans Potgieter: (04/06/1941 – 31/03/2021)
Johan de Jager: (21/06/1944 – 06/04/2021) Johan was ‘n omgee mens wat gehelp het waar hy kon. Hy was ‘n rustige en gelowige mens met ‘n goeie sin vir humor. Sy vriende was baie, maar hy het ook spesiale persone gehad vir wie hy graag gaan kuier het, soos Dawie, en die drie Johan’s. Vir almal wat boodskappe en drukkies
Marie Haasbroek: (20/08/1934 – 01/05/2021)
Ons het haar leer ken as ‘n besige bytjie wat altyd iemand help of ondersteun en lief is vir die natuur waar sy ook by die Sorgsentrum ‘n tuintjie versorg het. Ans Heymans skryf dat tannie Ans hul steunpilaar en “Ma” was, as sekretaresse in Newcastle van die maatskaplike werk afdeling in die SAPS in die
negentiger jare. Sy was ‘n uitstekende en geliefde persoon vir almal wat met haar te doen gehad het. - ‘Alet Erasmus
gestuur en gegee het, baie dankie dit word opreg waardeer. Johan word oorleef deur sy dogters Sonja, Marlien, Adri en Lizel asook sy seun Jan, broers en susters. Ek het elke dag met hom beleef vir die afgelope 9 jaar en nou oorleef ek hom, maar hy sal voortleef in my herinneringe. - Amanda de Jager Marie Haasbroek was ‘n stil mens, maar die van ons wat haar geken het, het ook haar skerp sin vir humor op sy tyd geken. Sy was voorwaar ‘n kind van die Here en het haar lewe ook so uitgeleef. Fil 1:21 “Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.” Sondag oggende op pad kerk toe, het ons altyd nuus van
haar kinders en kleinkinders gekry wat tans in Amerika is en wat ook oud inwoners van Kleinfontein is. Ons innige meegevoel aan die kinders en kleinkinders. - Lou & ‘Alet Erasmus
5
‘n Kunstenaar in eie reg! Wanneer belangstelling en 'n uitdaging bymekaar uitkom, lei dit dikwels tot 'n skeppingsdrang wat dan gewoonlik 'n tasbare uiting vind. Dit was die ondervinding van Jeanne Peens. Voordat die masjienborduurgogga haar regtig gebyt het, het sy merendeels waterverfwerke gedoen en toe die uitdaging kom van die moontlikhede wat vryhandmasjienborduurwerk bied, was die vet in die vuur. Van vroeg af in haar lewe het sy met die naaldwerkmasjien kennis gemaak en algaande nuwe uitdagings ondervind. Met baie probeer en tref, het algaande 'n baie spesiale vermoë ontwikkel om die masjien te gebruik om nuwe moontlikhede te ontgin, naamlik. om te skilder met masjiengare. Dit is ook nie met 'n elektroniese borduurmasjien, wat so gewild geword het waarmee die kunswerke gemaak word nie, maar vryhandmasjienborduurwerk wat "buite die raamwerk" gedoen is."Buite die raamwerk" is 'n uitdrukking waaroor W.A. de Klerk 'n boek geskryf het.
Kleinfontein Sport!
- ‘Alet Erasmus
"Buite die raamwerk" het tot gevolg gehad dat skilderye nog die konvensionele kunsbenodigdhede soos olieverf, waterverf, akrielverf, potlode en derglike meer gebruik het, nog die konvensionele manier van doen behels het. Na ongeveer sewe dekades van intiem met 'n naaldwerkmasjien te doen te hê, het hierdie passie van haar van skilder met masjiengare, 'n groot deel van haar bedrywigheid tydens ontspanningtye ingeneem. Jeanne vertel dan ook dat elkeen van die kunswerke ‘n storie met hom saamdra.
Sy het 'n aantal groepskunsuitstallings meegemaak en het sopas gedurende Meimaand aan 'n groepsuitstalling by die Tina Skukan-galery in Koedoeberglaan in Faerie Glen deelgeneem - 'n uitstalling met die onderwerp "veselkuns" (fibre art).
Oprig van ons eie krieketnette
Jeanne by een van haar kunswerke Daar hang van haar werke in Kanada, Duitsland en Australie. Sy maak nie net skilderye nie, maar versier ook klerasie - wat hulle "wearable art" noem, asook mooigoed vir haar huis ensovoorts. Wanneer jy jou Godgegewe talent gebruik, kan dit nie anders as baie bevredigend wees nie. Sy bied by geleentheid klasse aan waar die belangstellendes die tegnieke kan aanleer.
Fyn plantegroei detail in die raamwerk ingewerk.
‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Om deel te neem aan Kleinfonein se tennislesse program, kontak vriende@kleinfontein.net
Tennis:
6
ANZAC byeenkoms by Donkerhoek begraafplaas Vroeg, net na sonsopkoms op 25 April, het die groep ondersteuners die Donkerhoek begraafplaas besoek vir hul ANZAC byeenkoms.
Op 25 April was ANZAC dag wat wêreldwyd herdenk word deur Australiërs en Nieu-Zealand ter herinnering van troepe wat op die dag in 1915 in Gallipoli geland het.
In Kleinfontein se historiese begraafplaas is daar ook verskeie grafstene ter ere aan die twee lande se soldate wat in gevegte met die Boere gesneuwel het.
Die begraafplaas word baie netjies gehou en van die landgenote besoek die begraafplaas jaarliks.
7
Gemeenskapsforum Die Gemeenskapsforum (“GF”) ‘n forum vir die gemeenskap om oop kommunikasie te bewerkstellig en ‘n kanaal te skep vir die GF Voorsitter om belangrike gemeenskapbelange aan die Direksie te kommunikeer. Die Direksie tree nie voorskriftelik op teenoor die GF nie en die GF bewerkstellig beide gemeenskapsbetrokkenheid, sowel as gemeenskaps- en omgewingsopheffing, terwyl dit ‘n fundamentele rol speel in die bevorde ring van ordelike en beskaafde naasbestaan op Kleinfontein. Die gemeenskap self het ook ‘n verpligting om deur wyksverteenwoordigers en komitees inspraak te lewer.
Wie is my Gemeenskapsverteenwoordiger? Wyk 1 - Lou Erasmus Wyk 2 - Isabella du Plessis Wyk 3 - Roelie Scheepers Wyk 4 - Daan Kruger Wyk 5 - Marius Bosch Wyk 6 - Carel vd Poll Wyk 7 - Louis Peens Wyk 8 - Gerhardus Breytenbach Wyk 9 - Vakant (tussenverkiesing sal gehou word)
Wyk 10 - Eddie Edwards Gee asseblief u skriftelike vrae of voorstelle deur na u wyksverteenwoordiger so- Wyk 11 - Frik Oberholster dat dit betyds deurgegee kan word na die Wyk 12 - Johan Coetzer voorsitter om sodoende ook terugvoer te Wyk 13 - Hendrik v Niekerk; Schalk v Schalkwyk en bespoedig. Johan Taute Wyk 14 - Tercia Lombard
Kleinfontein Werke Departement…...woel en werk! Waarheen gaan hierdie sloot wat van die gemeenskapsaal tot by Kleinfonteinweg gegrawe word?
Ja, in Kleinfontein doen Afrikaners alles self. Die afdraai na Wildsparkweg, word netjies gemaak.
Stuk vir stuk word Kleinfontein se stofpaaie geplavei. Ons doen dit self. Die Magaliesberg se rots is nie jou speelmaat nie. Gedurende Maart, het werke begin met die aanlê van gryswater (vanuit die Kliphuisdam) na die museum.
Die inwoners is baie dankbaar en Lena Stroebel het daad by die woord gevoeg en vir die span padbouers koeldrank en glasies geneem. Sy het ander Kleinfonteiners uitgedaag om ook hul dankbaarheid te wys. Wat ‘n mooi gebaar! 8
Die Volksmuseum O koud is die windjie en skraal En blink in die dof-lig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. En hoog in die rande, versprei in die brande, is die grassaad aan roere soos winkende hande. O treurig die wysie op die ooswind se maat, soos die lied van ʼn meisie in haar liefde verlaat. In elk’ grashalm se vou blink ʼn druppel van dou, en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou. (Winternag — Eugéne Marais). ʼn Aangrypende gedig hier aan die begin van Junie. By die lees daarvan ervaar mens die winter van die natuur — die stilstand, die koudheid, die doodsheid. Van die begin af, toe die gedig die eerste keer verskyn het, het lesers met ʼn aanvoeling vir die woordkuns daarin veral die simboliek van die winter in ons volkslewe gesien. Dit was ná die Tweede Vryheidsoorlog, toe ʼn verslae en verslane volk ná al die opoffering en verwoesting van die land weer van voor af moes begin. Nou, in 2021, beskryf hierdie gedig weereens die toestand van ons volk: die kulturele stilstand, koudheid en
doodsheid van so baie volksgenote; die uitsigloosheid en gelatenheid waarmee die vernedering en vertrapping van ons volk aanvaar word.
Die Volksmuseum wat op Kleinfontein in aanbou is, dra ʼn boodskap: “Ons is gewond, maar nie oorwonne nie; en soos in die verlede, sal ons deur die genade en krag van die Here weer opstaan.” Laat ons daarom ag gee op die oproep van daardie Boer van alle Boere, wyle pres. Kruger: “Dit is waar: veel van wat opgebou was, is tans vernietig, verniel, gevalle. Dog met eenheid van sin en eenheid van kragte kan wat tans terneer lê, weer opgerig word.” Die bouwerk wat reeds daar staan, is ʼn bewys dat hierdie nie maar nog een van vele voornemens is wat tot niks gekom het nie. Stap vir stap nader dit voltooiing.
Helaas, met elke stap wat wag op uitvoering terwyl ons fondse insamel, styg die prys daarvan. Ons onmiddellike behoefte nou is om deure en vensters in die gebou te sit, sodat dit gesluit en benut kan word. Die geraamde koste daarvan bedra sowat R260 000. Ses maande gelede sou dit R30 000 minder gewees het, maar die covit-pandemie het ʼn gerieflike verskoning (of dalk ʼn geldige rede?) vir verskaffers geword om pryse op te jaag. Hopelik hoef ons nie nog ses maande te wag nie. - Andries Breytenbach Bankbesonderhede: Rekeningnaam: KSK Finansiële Koöperatief Beperk ABSA Bank Takkode: 632005 Tjekekeningnommer: 406 009 2627 NB: Verwysing: 168G 9
10
Radio amateurs kom kuier Teen die pragtige blou lug, troon ‘n mas of twee na bo wanneer die radio amateurs die naweek kom kamp, gesels en oraloor kuier …………. vanuit Kleinfontein.
Radio amateurs maak hulself tuis vir die naweek (27 Maart 2021)
Die “Sous”-tannie
Gertie Stofberg het in Februarie 2014 begin om die geurige mayo-souse te maak. Dit het begin by die kruiesous en toe die rissie poeier ipv die paprika in die sous beland, het die warmer sousie sy ontstaan gehad! Die nuutste in die
reeks, is die Pikanterissie sous! Verlede jaar nadat die inperking effens opgelig is, het Gertie ‘n stalletjie by die Pienk Koei (ons plaaslike melkplaas en plaaswinkel), gekry waar sy haar geurige souse uitgestal en verkoop het. Die daaropvolgende week was die vorige week se koper weer daar, want hul sous is klaar en hulle moet nuwe voorraad kom koop!
“Heerlik op my komkommer toebroodjie” Tannie Elisabeth Malan “Dit neem my aartappelslaai na die volgende vlak” Rita Liebenberg “Ek gebruik die sous vir my snoephappie borde” Lucia van Nini’s se kombuis “Gekookte eiers sal nooit weer dieselfde proe nie” Tannie Nellie Grobler “’n Sous vir elke smaak … rissiesous vir my en kruiesous vir my vrou.” Lou Erasmus
Vandag moet Gertie bontstaan om na ‘n week se voldag werk, haar nuwe voorKyk gerus uit vir die Soustannie raad sous te maak vir haar by die Pienk Koei! gereelde en nuwe kliënte!
11
12
Kultuuraand 14 Mei 2021 Die Calvinistiese Alliansie in samewerking met Kleinfontein Kultuur komitee, het besluit om ‘n besonderse kultuuraand met uitstaande kunstenaars te reël. ‘n Aand met klassieke musiek en sang wat deur die teenwoordiges geniet kan word.
Die sameroeper Theo Kruger, het vir Bets Botha (ook bekend vir haar musiek aanbiedings by Pretoria Fm) genader en sy het dadelik ingewillig.
Sy het ook ander kunstenaars gevra om die aand op te tree. Adriana Botha (tjello) en Kobus Groenewald (klavier). Uit Kleinfontein geledere het Jacomien Freyer (sang), Joshua Loots (orrel) en die Genis familie (samesang) opgetree. Die verrigtinge is met skriflesing en gebed geopen deur Ds Olaf van Rooyen. Andries Breytenbach het die verwelkoming gedoen asook inligting gegee oor die ter plaatse Volksmuseum wat op Kleinfontein gebou is. Daarna het die kunstenaars die gehoor vermaak met hul onderskeie vertolkings. Die verrigtinge is afgesluit deur Ds Marius Hartzenberg en ten slotte is daar afgesluit met die sing van Die Stem se eerste en vierde verse met begeleiding deur Joshua Loots.
Adriana Botha met haar Tjello (met die naam Jan)
Jacomien Freyer
Die Genis Familie sanggroep Die aand se mooi program is op video vasgelê deur Boer Media wat dit beskikbaar gestel het op Youtube. (https://youtu.be/MCPb-cP45HQ) Die gaste is genooi om saam ‘n koppie boeretroos of tee te geniet saam met verversings.
- ‘Alet Erasmus 13
Paasdiens by die Sorgsentrum - Betsie Steyn Die afgelope Paasfeesverrigtinge het nie ongesiens by die Sorgsentrum - die inwoners en personeel - net verbygegaan nie. Met die huisgodsdienste is daar in die voorafgaande week ook gekonsentreer op boodskappe vir die lydenstyd gelewer. Die Saterdag ná Goeie Vrydag se diens deur Betsie het ‘n boodskap van opstanding en lewe bevat en daar is verskeie ou en bekende Paasliedere gesing. Op Paas Sondag – die opstandingsdag – het ds. Attie Bezuidenhout ‘n baie sterk en aandoenlike Nagmaalsdiens by die Sentrum gehou en sy boodskap was uit Joh. 6:44 oor “die Lewende Brood, Ewige Lewe”. Daar is ook hartlik saamgesing en diegene wat dit meegemaak het, was dit almal eens dat dit ‘n baie bemoedigende diens was. Suster Ria Prinsloo het toestemming gegee dat vyf inwoners van Wag-‘n-Bietjie
wat nie Vrydag enige Nagmaalsdiens kon bywoon nie, kon meedoen. Die kelkies en wyn/ druiwesap is deur die NG Kerk Rayton verskaf. Die Sentrum se personeel het vir die res gesorg en ook die inwoners bygestaan. (Foto’s deur: Magda Loubser)
Ds Attie Bezuidenhout tydens die diens, indrukwekkend ook met sy toga.
Die eetsaal word al voller met die inwoners wat kom aansit.
Suster Ria help Kotie om te gaan sit terwyl ander ook by die tafels aankom. Jackie van die kombuis sit hand by om almal gemaklik te maak.
Nog ‘n klompie wat na die diens gekom het. 14
Kleinfontein Sorgsentrum inwoners ontvang ‘n “sagte” bederf! - Foto’s deur: Ina Prinsloo Wie hou nie daarvan om ‘n sagte kombers ………. of ‘n sagte teddiebeer in jou hande te hou en te kan vertroetel nie. Gedurende die jaar, het weldoeners die inwoners by die sorgsentrum kom bederf met groot sagte teddiebere! Dit is met ope arms en groot vreugde ontvang! ‘n Mens kan oud wees en nog steeds mooi lyk. Dit is tannie Issie van Zyl, ‘n inwoner by die Sorgsentrum.
Foto: Tokkie Ferreira Die gedagte het by Linda van Veenhuysen begin en sy het dit aan Renei Oosthuizen genoem. Dadelik is besluit om vir Mammas vir Moedersdag ‘n blykie van liefde te gee. Nadat op ‘n idee besluit is, het Linda die stokkies gebring en Renei het aan die werk gespring....al 70 kunswerkies sou uiteindelik boekmerke wees. Renei was só begeesterd dat sy amper deurnag aan die projek gewerk het. Vir twee weke lank het sy die stokkies met ‘n lintjie geplak, allerlei goed soos blomme en voëls daarop geverf en ook self die
Iemand het aan my gedink ..... mooiste en toepaslikste Bybelversies daarop geskryf – alles baie fyntjies en netjies. Dit was ‘n liefdesdaad wat “uit my hart gekom het”. Met die hulp van buurvrou Suzie Barnard wat Renei in die rolstoel rondgestoot het, het sy die boekmerke vir al die vroue in Wag-‘n-Bietjie uitgedeel. Suzie het vir diegene wat nie self kon lees weens ‘n oogprobleem, haar versie voorgelees. Daar is gesorg dat elkeen een sou kry en dit wat oorgebly het, het Irene Groenewald aan die Mammas in die Sorgsentrum
gegee. Onnodig om te sê dat almal baie bly en dankbaar was deur die gebaar en die algemene gevoel was: “Dankie, iemand het aan my op Moedersdag gedink” en dit was oral wyd waardeer.
Suzie en Renei wat hier die kunstige handgemaakte boekmerke vashou (Terloops: Irene het vir Renei gevra om dit ook vir Vadersdag te doen...so, Renei was al klaar weer aan die werk!) - Betsie Steyn 15
16
- Marius Bosch
REËNVALVERSLAG
2014
2015
2016
2017
2018
2019
2020
2021
Jan.
95
105
150
130
93
196
181
175
Feb.
141
25
34
112
96
163
73
91
Mrt.
276
89
142
15
249
22
117
32
Apr.
10
58
18
107
50
82
145
55
Mei
0
0
70
29
24
4
0
8
Jun.
2
0
20
0
0
0
20
Jul.
0
6
4
0
0
0
0
Aug.
2
0
2
0
0
0
0
Sep.
1
78
2
16
20
2
0
Okt.
65
16
100
59
80
20
58
Nov.
139
87
293
80
86
187
197
Des.
256
94
107
115
110
375
58
TOT.
987
565
942
663
808
1 051
849
17
Herfsbederf by Wag - ‘n - Bietjie - Betsie Steyn Inwoners van Wag-‘n-Bietjie en ‘n klompie ander senior inwoners het een van die aangenaamste gesellighede in April beleef wat die gemoedere goed gedoen het ná die afgelope tyd se streng inperkings. Daar is bevind dat die inwoners in dié tyd vereensaam en paranoïes begin raak het weens die ingehokte en streng voorwaardes wat natuurlik ook nodig was vir almal se gesondheid. Dit het alles begin toe die Gemeenskapsdiens – in opdrag
van die Direksie – vir Connie de Bruin aangesê het om ‘n funksie vir die “oumense” te reël. Dit het in die oopte, onder ‘n boom by Wag-‘nBietjie plaasgevind. “Die Direksie het gesê hulle gee om vir die oumense en voel jammer vir hulle omdat hulle so eenkant was in dié tyd. Ek het die geleentheid met graagte aangebied sodat hulle almal ‘n bietjie kon uitkom,” sê Connie. “Ek het dit baie spesiaal gereël omdat die oumensies ‘n sleg-
te en dramatiese tydperk deurgemaak en agter die rug het.” Ds Attie en Anna Oelofse
Connie het nie net alles self gereël nie, sy het vir álles reggestaan. Haar man, Willie, het die onkostes vir die eet- en drinkgoed gedra en daar was beslis nie ‘n tekort nie. Die 57 teenwoordiges het die heerlike worsbroodjies wat Sakkie Rudolph en Wynand van den Berg saam met Willie gebraai het, opgeslurp! Hulle kon amper nie voorbly met braai nie.
Ds. Attie Bezuidenhout het die geleentheid met Skriflesing en gebed geopen.
Gerda Weideman en Hannes Cornelis het tot die vrolikheid bygedra en vir die musiek gesorg – alles gepaste musiek wat vir die gaste bedoel was (géén doef-doef-musiek nie, maar liedjies wat die ouer geslag geken en selfs saamgeneurie het!). Net een probleem: met die vrolike en ritmiese instrumentale musiek het die mense toe nou nie kans gesien om op maat daarvan aerobiese “oefeninge” te doen nie – daarvoor was hulle hopeloos te lui – net gesit en luister (en met die voet tyd gehou)!
Die gees en atmosfeer was baie aangenaam en al die mense wat daar was, het dit terdeë geniet en ‘n mens kon sien hulle het die “uitkom en onthaal” baie waardeer. Die gemoedelikheid was aansteeklik en die mense wou nie
vroeg loop nie – dit was te gesellig daar! Almal was dit eens: dit was só lekker om weer ‘n bietjie buite te beweeg en saam te kuier – natuurlik bly oor die genoeg ventilasie wat daar was!
18
Connie se jarelange vriendinne, Gerda, Trynie Raath en Maryna Hardy het vir ‘n groot verrassing gesorg: Hulle kom toe daar aan met pakke en pakke veelkleurige breigroed: serpe, warm slaapkouse en musse. Elkeen is huis toe met ‘n pakkie. Die breiprojek van die dames is glo ‘n ou ding van hulle om stapels goed te brei en dan aan veral oumense by sulke geleenthede uit te deel.
Die geskenkpakkies met serpe, bedsokkies en musse.
Connie wil weer gereeld – soos vantevore – meer betrokke by veral Wag’-n-Bietjie raak. “Ek gee baie om vir die inwoners daar en wil mettertyd weer allerlei dinge vir hulle reël soos voor die inperking. Ek wil dinge doen om hulle bietjie te bederf, want hulle verdien dit, veral omdat hulle soms
‘afgeskeep’ voel. Ek beplan bv om vir hulle ‘n behoorlike kuier - en bymekaarkomplek in te rig – dis my volgende projek vir hulle,” vertel Connie baie geesdriftig. Dit was ‘n hoogs geslaagde byeenkoms en die De Bruins en hul helpers se moeite was beslis die moeite werd. Dit het die mense goed gedoen om hul gemoedere op te lig – en hét hulle gekuier! Dit het almal goed gedoen! Dit was ‘n dag wat die inwoners sal onthou en nooit vergeet nie! -Carli Wilcocks
Sprankel op 90! Tannie Nicolene het die 8ste April 90 geword. Wat ‘n voorreg is dit nie! Wanneer jy 70 word, is dit goed maar wanneer jy 80 word is dit geseënd en 90 is n dubbele seëning! Ek is bly ons het so ‘n op en wakker buurvrou en om nog kinders en kleinkinders te hê wat jou so bederf. Sy is ‘n voorbeeld vir ons almal. Mag dit ‘n geseënde jaar vorentoe wees!
- Carli Wilcocks
19
Die Salon Langs die kitsbank, Uit & Tuis Sentrum Sny, kleur, blaas en meer! Mans: R90 Dames: R150 Kinders: R70 Pensioenarisse: Mans R60 per sny en Dames R110 per sny
Zelda: 082 5641866
20
21
22
Alles en nog wat………...in Kleinfontein! - 'V' staan vir Vrede, vir Visvang en vir VRYDAG!
- Kinders speel soos van ouds sorgvry .....ingestuur deur Nellie Grobbelaar.
Wees tussen jou eie mense.
Van houtwerk tot visvang en ander hande arbeid word gedoen as individu of saam met ander Kleinfonteiners! Vir Afrikaner entrepeneurs is Kleinfontein ideaal. Hierdie mooi kroeg-/ kombuisstoeltjies is deur 'n kranige afgetrede skrynwerker aanmekaar gesit.
- Die 20ste Maart, was die tweede verblyfreg oriënteringsdag op #Kleinfontein. Advokaat Genis het die gehoor behoorlik geboei met 'n verduidliking oor wat presies 'n aandeleblok maatskappy is.
Baie dankie aan Faans van Terugploeg wat in April 2021, 'n besending meel aan #Kleinfontein kom skenk het. So gee ons vir ons eie om. - Is die liedjie kinders van die wind of perde van die wind? Maar dis beslis vryheid op Kleinfontein se Hoewes.
Kleinfonteiners het Saterdag 22 Mei, hand bygesit met grensbeveiliging.
Materiaalwinkel Hannetjie 071 533 6267 Winkel 8 Rayton Park Plaza
Op Saterdag 29 Mei, het vrywilligers gehelp om grensdrade oop te sny. Die vlae het behoorlik gewapper in die wind wat die oggend geniepsig begin waai het!
Vroegoggend van 31 Mei 2021 het die groot klok by die Gemeenskapsaal gebeier! Wat ‘n pragtige klank! Inwoners het gewonder wat aangaan ……….. tot die boodskap kom …….. dit is Republiekdag!
23
Leserskring - Elisabeth Malan Na ‘n lang stilte as gevolg van Covid, het LESERSKRING weer hervat op Woensdag 24 Februarie, aanvanklik aan huis van Mariè Venter maar ons het oorgeskuif na die Wag ‘n Bietjie woonstel van Elize Snyman ter wille van makliker vervoerreëlings. Die volgende boeke is bekendgestel: Raaiselkind deur Annelie Botes bekendgestel deur Mariè Venter.
24 Februarie 2021 Die skryf van diè boek is voorafgegaan deur noukeurige navorsing oor die verwoestende uitwerking wat ‘n outistiese kind binne die gesinslewe kan hê. Die groeiende wanhoop, die uiterste vermoeidheid en ontnugtering in kerk en medemens. Die aanvanklike prikkel was die relaas van ‘n vriendin wat self so ‘n kind het. Daarna het verskeie kenners en gesinne met outistiese kinders gehelp met inligting en waarneming van sulke “raaiselkinders”- gevangenes binne hulleself, wat soms sonder ophou huil, of weier om te eet, onbegryplike dinge doen en slaap slegs as uitputting oorneem. Ook die ma se ervaring in die polisieselle nadat die kind tragies in ‘n bad verdrink, is ontstellend oortuigend omdat die skrywer
dit aan eie lyf ervaar het. “Die slaap in die selle, die gebruik van die toilet, die kombers waaronder ek moes slaap en die nagtelike geskreeu van die ander aangehoudenes, was alles deel van die werklikheids ervaring.” Die eindresultaat was ‘n meevoerende roman wat die probleem van outisme – ‘n lewenslange vonnis, oopgevlek en in die proses die onbarmhartigheid van die gemeenskap aan die kaak stel.
24 Maart 2021 In die Vuurlinie deur S. Ign. Mocke bekendgestel deur ds Lood van der Merwe. Die inligting wat in hierdie boek verhaal word oor die Tweede Vryheidsoorlog, berus op die volle waarheid.
neergepen is, gaan grootliks oor genl de Wet en sy kommando. Vroeg in die oorlog was de Wet al ‘n groot generaal in die oë van die Boere, maar ook in die oë van die wêreld. Naby Koppies is ‘n verbleikte eksemplaar van ‘n Engelse koerant gevind. Die hoofspotprent het oor de Wet, wat weereens die oorhand gekry het, gehandel. Die boek handel ook oor die rol van die swartes in die oorlog. Die rol wat hulle gespeel het om in opdrag van die Engelse, die Boereplase te verwoes, die plaasdiere dood te skiet en die vrouens te verkrag. Duisende vroue en kinders het in die konsentrasiekampe omgekom. De Wet is die laaste keer deur die skrywer gesien by ‘n konsentrasiekamp. Daar het die stoere generaal, met traanverblinde oë saggies geprewel en sy hand oor die grafte geswaai en gesê:” Hulle kon maar net bid en sterf, maar God het hulle nie vergeet nie, en die geslagte sal onthou!” Terug op die plase het die Boere afgebrande huise en veld, verminkte plaasdiere en chaos gevind. Die Vryheidstryd was tevergeefs gestry ten spyte van ongekende dapperheid en genoemde heldedade.
Die staaltjies wat hierin 24
28 April 2021 500 myl deur Phillip C Henn bekendgestel deur Elisabeth Malan. Tydens die Tweede Anglo – Boere Oorlog het 420 000 Britse soldate in Suid Afrika voet aan wal gesit. Die 18 000 Boere wat bereid was om te veg tot die dood, was bekend as die Bittereinders. Nagenoeg 3 000 van hulle was seuns van vyftien jaar en jonger, die Penkoppe.
gaan. Hulle voorrade raak op en die enigste manier om dit aan te vul is om die Kakies te gaan soek, by blokhuise, langs spoorlyne, waar hulle ookal te vinde is en alles wat hulle nodig het van die Kakies af te neem. Dis ook wat hulle doen en in die proses roei hulle ‘n kamp, waar die Kakies besig is om ‘n blokhuis te bou, totaal uit met net tien oorlewende kakies. Die Britse offisier wat daarop afkom is woedend en sweer wraak. Hy laat kom ‘n joiner om spoor te sny en met sy onontbeerlike hulp, word die kinders meedoënloos agtervolg. Dit is waaroor die boek dan uiteindelik gaan. Hoe die kinders hulle man staan teen hierdie gesamentlike poging van die Kakies met die joiner, 500 myl na die Weskus.
Een winternag het sewe Penkoppe besluit om te vlug. Hierdie is hulle verhaal. Dit is die jaar 1901.... Daar was nooit tyd vir kindwees Dit gaan oor sewe seuns wie se ouderdomme wissel tussen 15 jaar en 10 jaar. Nadat dit duidelik geword het dat kanse vir oorlewing, waar hulle saam met die kommando. wat onder beleg van die Britte was, baie skraal was, het ‘n sterwende pa aan sy seun opdrag gegee om die penkoppe in die laer bymekaar te maak en met hulle te vlug om te oorleef. Sewe van hulle vertrek, kom na paar dae op ‘n plaas aan waar ‘n 15jarige meisie die fort probeer hou. Sy besluit om saam met die penkoppe te
26 Mei 2021 Die Wrekers van Vosverdriet deur Dick King Smith bekendgestel deur Isabella du Plessis.
het. Anders as gewone hoenders kan hulle baie vinnig met hulle lang bene hardloop, en kan hulle groot afstande vlieg. Nogtans verkeer hulle gedurig in gevaar wanneer die vosse op strooptogte uitgaan – totdat sake een warm somer verander het. Mercedes Benz, die slimste hen en vrou van Massey Ferguson, het die bal aan die rol gesit deur drie dogters, Ransome, Sims en Jeffries, uit te broei. Reeds op ‘n vroeë ouderdom het hierdie kuikens buitengewone talente geopenbaar. Kort daarna het ‘n groep vosse ‘n groot strooptog op die plaas uitgevoer. In die daarop volgende paniek vlieg Ransome agter een van die vosse aan en lê in haar ontsteltenis ‘n eier boop sy rug. Dit gee Mercedes Benz toe ‘n blink idee. Haar drie slim dogters kan sekerlik oefen om die vosse met eiers te bombardeer! Die hoenders is eindelik ge reed om die vyand die hoof te bied, en ook net betyds, want die vosse het intuseen hulle eie planne bedink.
Die Wrekers van Vosverdriet is ‘n skreeusnaakse en vindingryke verhaal.
Almal weet tog dat as daar oorlog tussen vosse en hoenders uitbreek, die hoenders altyd die slegste daarvan sal afkom – dit wil sê dit was die geval voor die hoenders van Vosverdriet oor die probleem begin nadink
25
26
Briewe ‘n Boodskap van oor die see………. Kleinfontein het so verander. Kleinfontein is nog steeds dieselfde. Ons was amper vier jaar laas op Kleinfontein. Met Ma Marie se heengaan het ons onverwags ʼn terugkoms moes reël. Met die inry by die Poort tref baie vernuwings ons: ʼn imposante museumgebou wat hemelwaarts toring, name en prente van historiese figure wat op kantoordeure pryk (Emily Hobhouse veral gee mens ʼn kyk wat ʼn bars kan kyk), die skoolterrein netjies omhein, talle nuwe huise. Maar na ʼn paar dae in die dorp kom mens agter die siel
van die plek is nog baie dieselfde. In sy mense se vriendelikheid en behulpsaamheid. In die Boerekos en Boeregasvryheid. In die rustige veiligheid en stilte. Ons het gesmul aan Johanna Scheepers se vetkoek en melktert. Vir ‘Alet Erasmus se lamsblad en groenboontjies en soet pampoen kon ons nie nee sê nie. Die skuimerige cappuccino van Hannes Conradie se pizzaplek is van die lekkerstes wat ons gehad het. Die kiewiete en dikkoppies is ook nog altyd op Klein-
fontein. Akkedissies bak steeds hulle lyfies warm op die plaveisel van Kareepark. Suikerbekkies kom loer in. Tarentale ketjier-ketjier laatmiddag in die veldjie langs Ma Marie se huis. En ʼn meerkat laat spaander oor die grondpad toe ons die dorp uitry. Ons mis jou, Kleinfontein. Jy leef vir altyd in ons harte en herinneringe. Hou asseblief aan verander. Groei en gedy. En moet asseblief terselfdertyd nooit verander nie. - Marisa Haasbroek
27
GOEIE NUUS!! KSK Finansiële Koöperatief Beperk is onlangs by die Reserwebank geregistreer as ‘n KOÖPERATIEWE BANK met die naam as:
KSK KOÖPERATIEWE BANK BEPERK KSK Koöperatiewe Bank Beperk bied aan sy lede die volgende rentekoerse op Vaste Deposito’s: Bedrag Vaste termyn 3 maande
R0 – R99,999
R100,000 +
3.77
%
4.31
%
Effektiewe opbrengs 12 maande
3.84
%
4.40
%
3.95
%
4.85
%
Effektiewe opbrengs
4.02
%
4.96
%
24 maande
4.31
%
5.21
%
Effektiewe opbrengs
4.40
%
5.34
%
36 maande
5.03
%
5.38
%
Effektiewe opbrengs
5.15
%
5.51
%
48 maande
5.38
%
5.74
%
Effektiewe opbrengs
5.51
%
5.89
%
60 maande
5.56
%
5.92
%
Effektiewe opbrengs
5.70
%
6.08
%
Die effektiewe opbrengs word verdien indien rente maandeliks gekapitaliseer word
Lenings: Eiendom Persoonlik
Prima + 4% tot 5% Prima + 4% tot 6%
Afhangende van risiko profiel Afhangende van risiko profiel
Alle koerse is gekoppel aan die prima uitleenkoers van ABSA Prima koers tans 7,00%. 28
Kleinfontein VF+ Jeugtak, ruim op - Qumé Erasmus Op Saterdag 24 April 2021 het die Kleinfontein VF plus Jeugtak vroegdag bymekaar gekom om die rommel wat ongelukkig in ons pragtige Kleinfontein natuurskoon gestrooi is, op te ruim.
Die groep het in twee spanne opgedeel, en deur die dorp en ‘n gedeelte van die Wildspark rommel opgetel. Twee vol vullissakke se rommel is binne 45 minute opgetel.
Dis ‘n positiewe aksie, wat ons trotse Afrikaner tuiste netjies hou, die omgewing skoon hou en afgesluit is deur koffie en heerlike pizzas by Uit en Tuis Restaurant.
Uit&Tuis Pizza sê baie dankie aan almal wat die winkel die dag ondersteun het met die spesiale aanbieding van 20% afslag op elke pizza. Hou gerus die swartbord voor die winkel dop vir einde van die maand aanbiedings soos ook op 29 Mei toe die pizzas teen 10% afslag aangebied is! 29
30
Uit Álet se Kleinfontein Kombuis Debbie Mouton se Botterskorsiesop Dit is winter en tyd vir ‘n geurige pot sop! Daar is deesdae so ‘n heerlike verskeidenheid sop wat ons kan maak en die taak word selfs vergemaklik deur sekere winkels wat reeds opgesnyde groente verkoop. Botterskorsie sop, bly ‘n wenner met die subtiele geur van kerrie en gerasperde neut! Bak daarmee saam ‘n Ciabatta broodjie ……… en jy voorsien ‘n feesmaal aan jou gaste of huismense!
(Genoeg vir 6 porsies)
Bestanddele: 45 ml botter 2 middelslag uie 500 ml botterskorsie , geskil en in blokkies gesny 45 ml koekmeelblom 5-10 ml matige kerriepoeier 1.5 ml gerasperde neut 750 ml hoenderaftreksel
375 ml volroom melk Sout, peper na smaak en knippie suiker Garnering: Draaitjie room en vars gekapte pietersielie.
Metode: Roerbraai die uie in botter tot sag en geurig. Voeg die botterskorsie blokkies by en braai vir ± 3 minute. Voeg die koekmeelblom, kerrie en neut by en roer goed deur. Voeg nou hoenderaftreksel en melk by en prut vir 15 tot 20 minute totdat die pampoen sag is.
Versap en vryf deur sif. Geur indien nodig. Skep uit in sopkommetjies, strooi gekapte pietersielie oor asook ‘n draaitjie room. Hierdie resep maak ek al van 1993 af ………… deur en deur beproef en heerlik!
31
32