Nuus vir die Kleinfonteiner Lente 2021

Page 1

September 2021

Wees trots Afrikaans! Op Saterdag 14 Augustus het ons Taaldag herdenk en het ons tot die besef gekom dat in vandag se tyd dit nog meer belangrik is om op te staan vir JOU TAAL, AFRIKAANS! Hierdie wonderlike taal is uniek, met die mooiste beskrywings. Ons is bevoorreg om in Kleinfontein ons moedertaal te kan praat. As gevolg van die sosiale media, wat ons taal al hoe meer afwater met anglisismes en Engelse woorde om die een of ander gedagte mee te verwoord, is dit al hoe moeiliker om suiwer Afrikaans te kan praat. CJ Langenhoven het gesê: “Om ons een taal tot nut te gebruik, is ‘n groter kuns as om sewe vreemdes by te leer.”

Dine van Zyl skryf op 15 Augustus 2014 oor Afrikaans, my taal …….. Die volgende: “Afrikaans is ‘n prikkelende, borrelende, groeiende taal.‘n Taal betowerend in sy poëtiese eenvoud. ‘n Blom wat blou is, is ‘n bloublommetjie en ‘n blom wat op die water dryf, is ‘n waterblommetjie.”

O moedertaal, o soetste taal! Jou het ek lief bo alles. Van al die tale wat ek hoor, niks wat my siel ooit so bekoor. O moedertaal, o soetste taal! Jou het ek lief bo alles.

-

CF Visser

Hou ons taal lewend saam met jou kinders en kleinkinders deur vir hulle te lees en ‘n liefde vir gehalte Afrikaanse boeke te kweek, sodat hulle dit eendag vir hulle kinders en kleinkinders kan oordra.

Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die BoereAfrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan

uitleef in ’n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.


2

Uit die redakteur se pen - Álet Erasmus Die afgelope drie maande, was werklik winters maande met baie lae temperature. Gelukkig was daar meer sonskyndae as bewolkte dae en kon die koue verder verdryf word met hout wat hier in Kleinfontein gekap en opgesny word.

Die ander laagtepunt was die nou al bekende Covid pandemie wat ook ‘n draai in Kleinfontein kom maak het. Gelukkig het die meeste mense herstel en toe die Kleinfontein Sorgsentrum se personeel en inwoners daardeur geraak word, het die gemeenskap ‘n helpende hand uitgesteek en die personeel het ‘n ekstra myl geloop saam met die inwoners. Dus in alles wat in hierdie drie maande op ons pad gekom het, is daar ook ‘n sonstraal sigbaar!

sonderse mylpale bereik het, perde wat nie weet wat inperking is nie en vir ‘n tikkie kleur ‘n kort skrywe oor vrolike kappertjies. Ongelooflike blommetjies wat in hul eie rigting vorm nadat jy dit in ‘n potjie water geplaas het. Stuur gerus artikels en/of foto’s oor interessante stokperdjies of tuinbou en ander inligting wat u van weet wat spruit uit Kleinfontein, na alete@kleinfontein.net Geniet die lente in u omgewing!

In hierdie uitgawe berig ons verder oor bedrywigheid in Kleinfontein, mense wat be-

REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040 / eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: René Pietersen FOTO’S: Álet Erasmus, Dannie de Beer Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net

Advertensietariewe vir 2021 Volblad — R300 1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50

Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK

Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hulle inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het.


3

Oordenking: - Ds Ben Smit

Die gevaar is altyd om afgestomp te raak vir die rykdom van 'n bekende vers soos ons teks. Ons weet almal wat 'n oorwinnaar is en nou sê die apostel óns is oorwinnaars in alles. En dan wil mens sê: “Wag so bietjie!” Dit kan darem nie waar wees nie. Hoeveel nederlae ly ons nie daagliks in ons lewe nie? Hoe word ons nie getref deur die virus en die nagevolge daarvan nie? Begraafplase loop oor! Ons geliefdes sterf en ons mag hulle nie eens besoek nie! • Is dit nou oorwinning? • Ons voel eerder soos verloorders! En tog sê die apostel dit hier uitdruklik: Ons oorwin! Ons is hiper-oorwinnaars wat ons vyande verpletter en deur die stryd versterk word! Dis die feite van ons teks. Wat beteken die versekering nou prakties? Daarvoor moet ons kyk na die konteks. Watter soort oorwinning is dit wat aan die kerk behoort? “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars...” Wat is al hierdie dinge? Dit sê die omringende verse.

Lees: Romeine 8: 31 - 39 Teksvers: Vers 37

Wat gebeur met hierdie hiper - oorwinnaars en die hiper - seëvierende kerk? • Voorspoed en sukses en maanskyn en rose? Nee, vers 35 en 36 maak duidelik dat gelowiges verdrukking en benoudheid en vervolging beleef. Die hiper - oorwinnende kerk van Jesus Christus in elke eeu word bymekaar gemaak en bestem om geslag te word ter wille van Hom. Heel dag word hulle gedood, nie weens hulle kriminele dade nie, maar “om U ontwil.” Ter wille van hulle belydenis van Jesus Christus as Here. En dan is dit duidelik dat die krag agter ons hiperoorwinning nie krag is wat behoort aan ons as mense nie. Ons is meer as oorwinnaars, deur ons Hoof, Jesus Christus ... skryf die apostel in ons teksvers, deur Hom wat ons liefgehad het. En dit is Jesus Christus. Wat beteken hierdie liefde? • Dit beteken eerstens dat Hy diep toegeneentheid teenoor •

ons as gelowiges het. • ‘n Brandende liefde waardeur Hy Hom in ons as Sy liggaam verlustig. • Dis Sy toegeneentheid en liefde vir elke gelowige. Hierdie liefde bewys Hy tweedens ook aan ons in dade van verlossing. En die grootste daad van liefde is dat Hy sy lewe aflê om elkeen van ons met God te versoen. Daar aan die kruis waar Hy sy lewe ter wille van ons afgelê het, is die hiperoorwinning van elke gelowige verseker. In die derde plek beteken hierdie liefde van God in Christus, dat Hy ook 'n lewende gemeenskap met die kerk en elke lidmaat van die kerk het. Dis daarom in verbintenis met Hom wat ons liefhet, wat ons meer as oorwinnaars is in alles. Deur die krag van die kruis, die krag van die opgestane Here wat ons lief gehad het, oorwin ons; Is ons in alles, meer as oorwinnaars.


4

Ter Nagedagtenis Beulah Kotze: (01/09/1948—26/05/2021) Beulah se verbintenis met Kleinfontein dateer van die begin jare af toe die Krugers, die Storms en Beulah hulle huise langs mekaar gebou het in Patryssingel waar hulle as familie daar saam gewoon het. Musiek was Beulah se passie en het sy veral haar merk gemaak met haar stem. Al die jare deel van die koor en dikwels het sy ons vergas met solo sang. Sy het ook op Armand Terblanche: (14/07/1966 - 23/07/2021)

die komitee vir bejaardesorg gedien. Al die jare het sy ernstige gesondheidsprobleme en gehoorprobleme gehad. Later het sy verhuis na Bergakker om naby die Sorgsentrum te wees en uiteindelik ‘n inwoner van die Sorgsentrum. Sy het die laaste jare ‘n eensame lewe gely omdat haar gehoor en sig sodanig verswak het dat kommunikasie met haar feitlik onmoontlik was, Kleinfontein se Helen Keller. Armand het diep spore in die Kleinfontein gemeenskap getrap in die kort rukkie wat ons Hemelse Vader hom vir ons geleen het. Hy was standvastig, nederig, opreg, en doelgerig in sy soeke na Vader se wil elke dag, en in alles wat hy gedoen het. Hy het almal met respek en waardering behandel en was ‘n wonderlike gesinsman. Hy was ’n merkwaardige leier en het met sy rustigheid en

Koot Burger: 012 734 4633 / 083 672 3752

No. 17, h/v Prinsloo– en Jennerstraat

Einde Mei 2021 is sy verlos van haar lyding en dink ons met deernis terug aan haar. – Elisabeth Malan en Isabella du Plessis

kalmte respek afgedwing waar hy ookal gegaan het. Hy was altyd bereid om te help, en ook te luister. Ook het ons altyd sy humorsin geniet! Sy lewe was werklik ‘n inspirasie vir ons elkeen! Hy rus nou in vrede by ons Hemelse Vader. - Rynette Terblanche


5

Ter Nagedagtenis Johan Oosthuizen: (20/02/1936 - 29/07/2021 ……….of soos ons hom geken het as Oosie, die groot man met die groot hart. So het die inwoners van Wag-‘n-Bietjie hom al die jare geken en later diegene in die Sorgsentrum waar hy opgeneem is weens siekte en ouderdom. Hy het pragtig aangesterk in die Sentrum, omdat hy daar versorg Johan Foley: (28/09/1937 - 06/08/2021 - Jan

Groenewald en Blackie Swart

Tydens die begrafnis van Johan Foley, het lede van die Foley - gesin en familie getuig oor die besondere verhouding wat Johan met sy gade, Betsie, kinders en kleinkinders gehad het. Verskeie lede van die gemeenskap het ook versoek dat daar namens hulle ook ‘n woord van dank en waardering uitgespreek word vir die voortreflike diens wat Johan aan Kleinfontein gelewer het. ‘n Beroemde skrywer het gemeld dat die goeie dade van ‘n oorledene nie saam met die beendere begrawe moet word nie. Hierdie navolgens waardige dade

en na gesonder eetgewoontes gekyk is. Hy sal onthou word vir sy goeie sin vir humor, kennis van sport en musiek, asook goedhartigheid om mense altyd te help – hetsy met vervoer, geld en lewensmiddele.

sy plek in die NG Kerk Rayton leeg wees, waar hy altyd ouer dames gehelp het – ‘n ware heer en omgeemens. - Betsie Steyn

Hy sal beslis deur baie Kleinfonteiners gemis en as ‘n baie spesiale mens onthou word. As gereelde kerkganger sal moet eerder uitgelig word en dien as versterking en besieling vir ander wat nog in lewe is. Sedert Johan Foley en gesin hulle in 1999 hier gevestig het, het Johan ‘n reuse rol vervul in die ontwikkeling van ons Nedersetting. Hy het met onderskeiding op die Direksie van Kleinfontein en die Kerkraad van die AP - Kerk gedien. Vir vier jaar het hy onder die leiding van Chris van der Schyff, kosteloos die elektrisiteitsnetwerk op ‘n professionele wyse help uitbrei. Saam met Chris Els en Blackie Swart, het hulle die Noodvoertuig / Ambulans, vir etlike jare in stand gehou, bestuur en inwoners, asook werknemers in nood na die verskillende hospitale vervoer. Dikwels moes hulle op selflose wyse, tot in die middernagtelike ure wag om seker te maak dat die betrokke persone goed ver-

sorg is. Een van die talle gemeenskapsprojekte waarby Johan betrokke was, is die bou van die Kleinfontein Gemeenskapsaal. Hy was een van die leiers wat hierdie noodsaaklike taak uitgevoer het. Vanweë sy kennis en ervaring wat hy by Volkskas / ABSA opgedoen het, het hy inwoners, sonder vergoeding, onder andere, met boedel beplanning en die opstel van testamente bygestaan. Naas die herstel van inwoners se voertuie, het hy tot net voor sy 80ste verjaarsdag ‘n aktiewe bydrae by ons werke departement gelewer. Johan was by uitstek ‘n lojale mens, staatmaker van formaat wat alles gedoen het om sy naaste te dien en goeie verhoudinge te handhaaf. Dit is dus met oorvloedige dank dat ons die nalatenskap van Johan Foley eer en getuig dat die vrug van sy arbeid deur ons almal gekoester en waardeer sal word.


6

Die gemeenskap se helpende hand Gedurende Julie het daar ‘n krisis ontstaan by die Kleinfontein Sorgsentrum agv personeel en inwoners wat deurgeloop het onder die Covid aanslag. Tog het daar soveel mooi uit die omstandighede voortgespruit. Irene Groenewald verwoord die volgende paar dae soos volg: Op hierdie pragtige koue winters middag kyk ons terug na n week vol uitdagings baie hartseer en baie genade. Ons Sorgsentrum se kombuis is verlede Vrydag gesluit na die personeel huis toe gestuur is met Covid. Twee susters en ‘n paar versorgers het besluit hulle sal inslaap.... hoe sal ons as Kleinfonteiners ooit vir hulle kan dankie sê? Van ons inwoners was baie siek en ongelukkig het ‘n paar die stryd verloor. Ons het ook vir Armand Terblanche ‘n ware steunpilaar verloor en ons bid vir vertroosting vir hulle families. Ons moes dadelik help aangesien daar 50 middagetes en 35 aandetes aan die Sentrum verskaf moes word. .... Weereens kon ons besef Kleinfontein gemeenskap is in totaal ‘n Helpende Hand taklede en nie - lede, vir elke

persoon wat daar gevra is om ‘n gereg voor te berei, was die antwoord JA...Ons inwoners het saamgestaan en ‘n Helpende Hand Tak geword... Ons het ongelukkig nog baie, baie siek mense en ons vra u voorbidding vir hulle. Dannie de Beer sterk tuis aan asook baie van ons inwoners. Dan ons liewe Ds Attie wat so nou betrokke was by die Sorgsentrum en homself nooit gespaar het nie...ds was baie baie siek! Dankie Mien dat jy hom so mooi versorg ten spyte van die feit dat jy self ook siek is. Ons hoop om spoedig weer ‘n boodskappie van ds self te kry. Pas julle almal mooi op. Bly veilig en wees lief vir mekaar. Kleinfontein groete! Van die keurige en geurige geregte wat deur die gemeenskap gemaak is!

Ons wil graag baie dankie sê aan die volgende mense wat gehelp het met die Liefdes-taakKosgee-projek by die Sorgsentrum: Riesa Heystek, Hettie Kock, Madeleen en Roelie Scheepers, Miempie en Marius Bosch, Ansie Prinsloo en Gertie Harmse, Rita en Blackie Swart, ‘Alet en Lou Erasmus, Gertie en Carl Stofberg, Christa en Arrie Arlow, Helen Steyn, Connie de Bruin, Sharon en André Johnson, Berdine en De Wet Cilliers, Irene en Jan Groenewald, Hantie Coetzer, Nellie Grobbelaar, Lucia Nini’s asook Ina en Sampie van Staden vir die heerlikste vars gebakte brode, vetkoeke, piesangbrode en pannekoeke! - Ina se spesiale pannekoek!


7

Hier word nou behoorlik gebak! Tydens die isolasie van die Kleinfontein Sorgsentrum, het Ina Whitcomb Van Staden dadelik hulp aangebied en die inwoners bederf met die heerlikste gebak.

- Netjies en keurig verpak!

- Die pragtige oond wat tot 15 langwerpige broodpanne kan hanteer!

- Ina met twee bederfbrode wat vroegoggend gebak is!

Na die inperking Nou kan ons weer entjies gaan stap ………… …..op die stoep sit in die sonnetjie!

…..en lees op die stoep!

- Donderdag middag is boek voorlees dag deur Mien, ons biblioteek dame.


8

Lewensmylpale Huweliksherdenking ….62 jaar! Carl en Sylvia Wilcocks is die 4de Julie, 62 jaar getroud. Met dieselfde man. Wat n leeftyd, die dag het hulle tyd spandeer by die huis, dit is iets besonders,dit is lekker om hulle in ons lewe te hê. - Carli Wilcocks

Wilhemien word 99! Wilhemien Wierenga is gebore op 16/08/1922 in Holland.In 1952 op 30 jarige ouderdom verhuis sy en haar man na SuidAfrika. Na haar man se afsterwe verhuis sy vanaf Lynnwood na Kleinfontein in 2004 en kom vestig haar hier in “Wag-n-Bietjie”. Haar flink gedagtes kan jou ure aan die gesels hou. Sy hou daarvan om te vertel van die ou dae, en wat haar gelukkig maak en sy doen die mooiste fyn borduurwerk, Sy wissel dit af met tuinmaak waar sy nogsteeds op hierdie hoë ouderdom, op haar knieë afgaan om bossies uit te trek. So hou sy self haar tuin netjies. - Annetjie Coetzee


9

Briewe Die groot C!! Vir ons almal is dit iets waarvan ons op die TV hoor en lees en ons hoor die getalle wat toeneem, hospitale wat vol raak en almal skarrel. Families wat huil oor hulle hul geliefdes verloor het. Dan ….. Klop hierdie groot C aan jou deur!! Ek het begin siek word en gedink dis brongitis, soos maar elke jaar die geval is. Hierdie jaar was dit met ‘n verskil…… ‘n groot verskil. Ek het bitter siek begin word en eers die antiliggame toets gaan doen wat negatief was. ‘n Dag later het ek besef hierdie is ernstig. Ek het die groot toets laat doen en die uitslag was positief. Ek was doodmoeg,

kon nie my kop van die kussing optel nie, kon nie loop nie agv krampe in my bene. Sommige dae het jy nie krag om badkamer toe te gaan nie. Jy gee nie meer om wat gebeur nie. Ek probeer eet – geen smaak of reuk.

Ek skryf hierdie brief omdat ek by almal wil pleit:

Dan…..een oggend word jy wakker en besef ek is nog hier, ek begin beter voel. Waar was ek, wat het gebeur? Die volgende oggend besef ek – dit gaan nog beter!

• •

Saniteer en dra jou masker. Moenie enige iets sê oor ander wat positief is nie (niemand vra om dit te kry nie). Bid dat jy of een van jou geliefdes dit nie kry nie, hierdie siekte veroorsaak die dood. Moenie ligtelik daaroor praat en grappe maak nie. As jy nie vir jouself omgee nie, gee om vir ander rondom jou.

Kom ons bid vir mekaar se gesondheid en welstand. Vergeet alle ander dinge - hierdie is ‘n tyd vir omgee.

Dankie vir almal se gebede, gereelde boodskappies, oproepe en omgee toe ek dit so nodig gehad het. Ek waardeer dit baie! Ek wil afsluit met :ONS DIEN ‘N GOD VAN WONDERS!! - Sharon Jonsson

BAIE DANKIE

Vanuit Inwoner geledere …………. Dit was ‘n moeilike tyd wat ons deurgemaak het gedurende Julie! Personeel en inwoners is getref deur die Covid pandemie. Familie en Vriende kon nie besoek kom aflê by die Sorgsentrum inwoners nie as gevolg van totale isolering. Van die personeel het besluit om in te slaap totdat die grootste krisis verby was. Die inwoners wat kon het ook hand uitgesteek en gehelp waar hulle kon.

Vir al die kosmakers wat die inwoners en personeel daagliks bederf het met die heerlike etes …………..baie dankie!Ons het al die bederf so baie geniet! Baie dankie ook aan dominee Attie Bezuidenhout vir u hulp met medikasie aanry en geestelike ondersteuning. Aan die families wat ‘n grootouer of ouer verloor het in hierdie tyd, wil ons ook ons meegevoel betuig en glo dat u vertroos en versterk sal word, deur ons hemelse Vader. Baie dankie aan almal wat ons as inwoners en personeel in hul gebede gedra het. Kleinfontein Sorgsentrum Inwoners


10


Briewe Hiermee wil ons as per soneel van die Kleinfontein Sorgsentrum vir Sr Patrys Prins bedank vir al haar reëlings ten opsigte van die COVID epedemie wat ons getref het. Sy het almal haar prioriteit gemaak en nie aan haarself gedink nie. In die nood het sy vinnig opgetree. Daar was ‘n paar benoude oomblikke gewees, wat alles maar deurmekaar gegaan het. Sy het die leisels opgeneem en alles gereël. Daar is met buite mense gereël om kos te maak vir die inwoners en die personeel wat moes inbly in die tyd. Ons wil hul ook net almal bedank vir al hul moeite en bederf met die lekker kos.

Sr Patrys wat alles op haar geneem het wil ons net baie dankie sê. Baie dankie vir jou kennis, geduld, liefde, maar bo alles jou geloof, wat ons almal deurgetrek het in die tyd. Ons waardeer dit opreg. Ons was min personeel, maar ons kan nog elke dag ons dagtaak

Vriendelike diens Ek wil DATONET bedank vir fantastiese diens. Mens kan nie dink wat 'n plesier dit is om met die jong manne besigheid te doen nie. Hulle vriendelike diens laat mens sommer vir 'n paar dae goed voel. Behulpsaam, kundig, geduldig, altyd vriendelik en beleefd. Hulle hou mens op hoogte, antwoord navrae feitlik dadelik, en die WiFi is baie stabiel. Tensy iets drasties by hulle

11

uitvoer met passie. Saam met haar kon ons darem nog ‘n grappie inpas, saam deur hartseer gaan met ‘n paar inwoners se afsterwe ook. Ons waardeer jou opreg, Sr Patrys! Jy het altyd ‘n oor om te luister en raad om te gee Jy is ‘n engel op aarde, ons weet nie wat ons sonder jou sou gemaak het nie. Ons waardeer jou opreg. Namens: Maryka Kruger, Debbie Martins en Bes du Preez.

- Sr Ria en personeel Namens al die inwoners en personeel bedank ons die Kleinfoteiners wat smullekker etes daagliks vir almal voorsien het Dink die interessante variasies het ons bederf! Dan wil ek ook dankie sê vir elke personeellid (sommiges was self olik), wat haar kant gebring het Ek is trots op so

- Sr Ina Prinsloo en van haar personeel. ‘n span wat gewys het wat produktiwiteit beteken en sonder struweling hul take verrig het. Baie dankie dat ons met God se genade enduit kon gaan. Ons wens die wat by ons oorvat sterkte toe! Sr Patrys Prins

verskaffer fout is, en dan laat weet hulle dadelik. Vir iemand wat uit die stad kom, is dit 'n openbaring dat ons volkseie jongmense so professioneel is. Dis die vriendelikste en stabielste internet diens wat ek nog gehad het, en ek is sedert 1976 in die rekenaarbedryf. Doen so voort jong manne.

- René van Zyl


12


13

Perde verstaan nie inperkings nie … Soos elkeen van ons nou alreeds vanaf verlede jaar spook met die ellendige virus en sy inperkings, so kon die perderuiters hier op Kleinfontein en hul mense ook verlede jaar aan geen perde byeenkomste of skoue deelneem nie. Dit het egter niemand gekeer om wel ‘n Rodeo by te woon of om vir die lekker in die maanlig met die perde te gaan rondry nie. Hierdie jaar het ‘n paar ruiters van Môreskof Perdry opleiding, onder andere Minke, Jurie (jr) en Jurie (snr) Bekker asook Luanelle Grobler nege “western mounted” skoue aan deel gaan neem. Die dertien verskillende items het hulle sommer gou in die jaar alreeds met skoon rondtes en goeie tye afgehandel. Albei van hulle het gekwalifiseer vir

- Jurie Bekker (Snr) en Dandre hoop dat hulle weer daar sal wees hierdie jaar.

die streeks byeenkoms waar hulle in Gauteng spanne sal meeding om dan ook te kwalifiseer vir die Nasionale kampioenskappe wat weer in Oktober in Parys (Vrystaat) gehou gaan word. Minke en Jurie (jr) was in 2019 trots deel van die Gauteng span by die kampioenskappe en ons

- Jurie Bekker (jr) en Baron

Dan is daar van ons ander perderuiters hier op Kleinfontein wat u dalk al raakgesien het. Hulle ry gereeld vir pret maanligritte, hou pieknieks en gaan koel sommer net met die perde af in die dam. Want sien, perde en soms hul ruiters ook verstaan nie van inperkings nie … - Mariolette Bekker

- Luanelle Grobler en Gabriella

- Minke Bekker en Arthur

KSK Koöperatiewe Bank Op Saterdag 21 Augustus 2021, het KSK se agtiende Jaarlikse Algemene Vergadering plaasgevind, in die gemeenskapsaal van Kleinfontein.


14


- Marius Bosch

REËNVALVERSLAG

15

2014

2015

2016

2017

2018

2019

2020

2021

Jan.

95

105

150

130

93

196

181

175

Feb.

141

25

34

112

96

163

73

91

Mrt.

276

89

142

15

249

22

117

32

Apr.

10

58

18

107

50

82

145

55

Mei

0

0

70

29

24

4

0

8

Jun.

2

0

20

0

0

0

20

1

Jul.

0

6

4

0

0

0

0

0

Aug.

2

0

2

0

0

0

0

0

Sep.

1

78

2

16

20

2

0

Okt.

65

16

100

59

80

20

58

Nov.

139

87

293

80

86

187

197

Des.

256

94

107

115

110

375

58

TOT.

987

565

942

663

808

1 051

849


16

‘n Unieke Babatee!

Baie geluk Johann en Marilene met die geboorte van jul seuntjie!

Op Saterdag 17 Julie 2021, het ‘n besonderse babatee plaasgevind! Met die inagneming van die Covid maatreëls, is elektroniese afsprake gemaak deur elke voornemende gas met behulp van ‘n spesiale afspraak internet toepassing. Elke gas is op sy bespreekte tyd verwelkom met blou, geel, wit en goue balonne asook babakleertjies wat uitgehang was, om by die geleentheid te pas! Op ‘n veilige afstand kon die gas met die ouers gesels, ‘n geskenkie oorhandig en ‘n geurige koppie koffie, tee of warm sjokolade drankie asook ‘n dankie sê houertjie met eetgoed geniet.

- Beide die drink- en eetgoed was so verpak, dat die gas dit kon saamneem.

Baie welkom!

(foto: Ina Prinsloo)

In die middel van die isolasie tydperk by die Kleinfontein Sorgsentrum, het ‘n nuwe gesiggie agter die administrasie toonbank by die sentrum, ingeskuif! Ons verwelkom graag vir René Pietersen!


17

Kleinfontein Kleuters…..woel en werskaf Die kleingoed van Kleinfontein bak en brou en werk kreatief met verf!

- Kyk my voete!!!

…..en my hande!!!

Wie hou dan nou nie van Bak en Brou nie!

Nou gaan ons lekker eet!

Belangstellendes in Kleinfontein se kleutergroep kan vir Connie skakel by 061 187 8160 Vroegoggend en deur die dag sien ons die dame met masker en al, fluks, armswaaiend besig om te stap binne en buite Kleinfontein. Iona Redelinghuys het al aan verskeie wedlope deelgeneem en hierdie jaar het sy die virtuele Comrades gestap waarvoor sy ‘n pragtige medalje en sertifikaat ontvang het! Iona moes dus haar 45km aaneen stap Haar sport horlosie is gekoppel aan STRAVA (internet toepassing vir sport doeleindes) wat weer gekoppel word aan ‘n Comrades toepassing waardeur die virtuele stap gekontrolleer word.

Iona weet van stap!! - Iona se amptelike sertifikaat met haar amptelike tyd van 07:13:03 vir 45km

- Die besonderse medalje van 2021.

- Iona pas nadat sy haar 45 kilometer gestap het.


18

Die Salon Langs die kitsbank, Uit & Tuis Sentrum Sny, kleur, blaas en meer! Mans: R90 Dames: R150 Kinders: R70 Pensioenarisse: Mans R60 per sny en Dames R110 per sny

Zelda: 082 5641866


19


20


21

‘n Hartseer gebeurtenis! Op Donderdag 19 Augustus, het 'n veldbrand gewoed wat deur wind vererger is. Ongelukkig kon die bekende baken op Kleinfontein, die Kliphuis, nie betyds van die vlamme gered word nie. Ten spyte daarvan dat die vuur later geblus is, het dit in die laataand weer op plekke opgevlam. (Foto: Ricus – soos verskyn op Koos Reyneke se Fb plasing)

BOEKBESPREKING

Ben van den Berg, ‘n bekende inwoner en voormalige bestuurder van Kleinfontein het ‘n boek met die titel “Vryheidstryd vir die Afrikanervolk” die lig laat sien. Die subtitel is “Geskiedenis van die Vereniging van Oranje werkers se werk sedert 1975 tot 2001”. Die Oranje werkers kan met reg beskou word as die vader van die Afrikaner Volkstaat konsep. Uit die werk van die Oranje werkers het Orania en

Baie dankie aan elkeen wat kom help het om die brand te blus!

Kleinfontein dan ook tot stand gekom. ‘n Verdere nalatenskap van die Oranje werkers was hul bydrae om die AfrikanerAkkoord, wat met die ANC en die destydse NP regering beding was, daar te stel. Dit het gelei tot die opneem van Artikel 235 in die grondwet van Suid-Afrika, ingevolge waarvan dit moontlik is om die ideaal van selfregering in eie grondgebied vir Afrikaners, te bereik. Alhoewel die ideaal van selfregering vandag byna vanselfsprekend is, het dit in die tydperk (1975 tot 2001) baie teenstand ervaar. Daar is voortdurend geargumenteer dat dit nie moontlik sal wees nie. Die boek vertel die verhaal van hoe toegewyde Afrikaners

Materiaalwinkel Hannetjie 071 533 6267 Winkel 8 Rayton Park Plaza

‘n ideaal lewend gehou het. Die Afrikaner volk is inderdaad groot dank aan die Oranje werkers, die skrywer en al die medewerkers verskuldig, vir hul versiendheid. Die boek is verkrygbaar by die skrywer by tel nr 012 940 0058

Waarmee kan ons die koue verdryf? Dis vreeslik koud Kry jou sak hout Steek daai kaggel aan Tot die koue vergaan……..

Slegs R15-00!


22

Heerlike Mayo-sous!

Soet mosterd, gerookte paprika, kruie 250 mℓ (R25) Gebruik as slaai– of doopsous

Gertie Stofberg 0836606598


23

Kappertjies (nasturtium) Kappertjies is eetbaar – elke stukkie daarvan, blare, blomme asook die sade (gewoonlik ingelê in ‘n kruiesous). Die geel, oranje, rooi, wynrooi en beige blomme laat enige slaai lieflik lyk en smaak. Wees egter net bedag daarop dat daar soms miere in die diep kelkie van die blommetjie kan wegkruip …….veral wanneer dit as garnering van ‘n slaai of bord met eetgoed gebruik word. Kappertjies lok insekte weg van jou ander plante af so dit is ‘n goeie idee om dit naby of in jou groentetuin te plant. Kappertjies groei maklik van

sade en is veral interessant vir kinders om dop te hou soos wat die plantjie uit die saadjies groei. Wanneer kappertjies eers in jou tuin gevestig is, saai hulle hulself en het jy altyd kappertjies in jou tuin. Die vrolike blommetjies kom oorspronklik vanaf Mexico en Suid-Amerika. Kappertjies groei in die son, maar in hittige Suid-Afrika hou hulle van so bietjie skaduwee vir ‘n rukkie van die dag. Hulle verkies eintlik swak grond bo baie vrugbare grond – so sal die plant meer blom en min-

der blare vorm. Saai die saad in die lente direk in die grond en wag vir die wonderwerk. Hulle het nie baie water en eintlik geen voeding nodig nie.

Kappertjie blomme en blare is eetbaar en kan vrylik gebruik word in slaaie. Koop gerus vir hierdie seisoen ‘n pakkie kappertjiesaad en geniet die vrolike blomme op jou tafel in ‘n mooi glas potjie.


24

KSK Koöperatiewe Bank Beperk bied aan sy lede die volgende rentekoerse op Vaste Deposito’s: Bedrag Vaste termyn 3 maande

R0 – R99,999

R100,000 +

3.77

%

4.31

%

Effektiewe opbrengs 12 maande

3.84

%

4.40

%

3.95

4.85

Effektiewe opbrengs

4.02

% %

4.96

% %

24 maande

4.31

%

5.21

%

Effektiewe opbrengs

4.40

%

5.34

%

36 maande

5.03

%

5.38

%

Effektiewe opbrengs

5.15

%

5.51

%

48 maande

5.38

%

5.74

%

Effektiewe opbrengs

5.51

%

5.89

%

60 maande

5.56

%

5.92

%

Effektiewe opbrengs

5.70

%

6.08

%

Die effektiewe opbrengs word verdien indien rente maandeliks gekapitaliseer word

Lenings:

Eiendom

Prima + 4% tot 5%

Afhangende van risiko profiel

Persoonlik

Prima + 4% tot 6%

Afhangende van risiko profiel

koerse is gekoppel aan die prima uitleenkoers van ABSA Prima koers tans 7,00%.

Alle


25

Bedrywig in Kleinfontein Selfwerksaamheid …….. Een van die hoekstene van Kleinfontein is eie arbeid. Dit beteken ons gee vir Afrikaners werk en dat alle werk deur Afrikaners gedoen word. Dit is #kleinfontein en dit is wat ons onderskei van die res van Suid Afrika.

Herstel van die geel pad

Ons salueer ook ander gemeenskappe wat ook eie arbeid en selfwerksaamheid toepas.

Kleinfonteinweg vorder ……steen vir steen! (foto’s: Kevin McGeean)

Ons sê dankie vir Boeta en André vir hulle hulp om die Geel pad rybaar te maak! Hoe wonderlik as ons almal saam werk!

Die swembad is blou ……………. maar ysig koud! Op Vrydag 23 Julie, het die kwik teen 06h00 'n skamele -2°C gemeet. Oppervlak water soos in die foto die ene ys. Dit is vriesend maar ons dorp is vol Afrikaners met warm harte.

Kliphuis dam loop steeds oor!

Die winter is hier en steeds loop #Kleinfontein se kliphuis dam oor. Verantwoordelike waterbron bestuur is ons middelnaam. Buiten verskeie boorgate is ons hoofbron van water 'n standhoudende fontein wat selfs in die winter goeie lewering gee.


26


27

Uit Álet se Kleinfontein Kombuis Alhoewel suurlemoene eintlik as ‘n sitrus vrug met die winter geassosieer word, kry ons deesdae reg deur die jaar suurlemoene. Dit gee altyd ‘n geurigheid aan sekere geregte. Die volgende resep bevat suurlemoenskil sowel as klapper en is ‘n heerlike koek,

gebak in ‘n broodpannetjie wat dan in netjiese skyfies voorgesit kan word. Alhoewel die oorspronklike resep ‘n suurroom versiersel voorstel, is die broodjie op sy eie so geurig dat dit selfs net met ‘n strooisel versiersuiker ook voorgesit kan word.

Klapperbroodjie met ‘n suurlemoen Kinkel

Bestanddele: 125 g botter by kamertemperatuur

2 ekstra groot eiers lig geklits

Versiersel:

180 g bruismeel

150g versiersuiker

200 g strooisuiker

250 ml melk

65 ml suurroom

Gerasperde skil van een suurlemoen

125 ml klapper

Fyn gerasperde skil van een suurlemoen

Metode: - Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n broodpannetjie (6cm diep, 9cm x 19cm) - Plaas bakpapier in die pannetjie sodat dit effens oor die lang sye hang. - Verroom die botter tot lig en romerig en voeg dan bietjie vir bietjie die strooisuiker daarby terwyl steeds geklits word. - Voeg vervolgens die gerasperde suurlemoenskil asook helfde van die liggies geklitste eiers daarby terwyl steeds klits. - Voeg nou die ander helfte van die eier by en klits sorgvuldig deur. Gebruik nou ‘n metaal lepel

en vou die bruismeel, melk en klapper in die bottermengsel in. (Nie te veel meng nie, net liggies invou tot gemeng). - Skep beslag in die voorbereide broodpannetjie , maak die oppervlakte glad en bak in die voorverhitte oond vir 50 minute tot mooi goudbruin en derugaar. - Haal uit die oond en laat eers vir 10 minute rus voordat die broodjie op ‘n draadrakkie uitgekeer word. Doen dit versigtig, want die broodjie se tekstuur is baie fyn. Gebruik nog ‘n draadrakkie om die broodjie om te keer sodat die bokant na bo wys. - Laat die broodjie heeltemal afkoel voordat die versiersel

opgesmeer word. Versiersel: - Sif die versiersuiker in ‘n bak, voeg die suurroom asook die gerasperde suurlemoenskil by en roer mbv ‘n bolvormige draadklitser tot glad. - Smeer dit op die koek, en laat staan vir rukkie om te stol. Die broodjie is op sy lekkerste wanneer dit vir ’n paar uur in ‘n toe houer staan om sy suurlemoen en klapper geur na vore te bring. Garneer die broodjie met kruisement blare, geroosterde klapper of laventel blommetjies.


28


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.