Nuus vir die Kleinfonteiner Herfs 2020

Page 1

Maart 2020

Dat die erwe van ons vaders

vir ons kinders erwe bly … Álet Erasmus Net voordat jy deur Kleinfontein se poort ry, vang jou oog die hoë gebou wat in aanbou is. Die winkelsentrum is aan jou linkerkant en aan die regterkant van Kleinfonteinweg … is die nuwe gebou in wording! Dit is Kleinfontein se eie Volksmuseum! Daar is mense wat vra hoekom ‘n museum? ‘n Museum is meer as net ‘n gebou vol erfstukke! Het u al daaraan gedink dat as gevolg

Die museum in wording (Foto: Flippie Erasmus)

van moderne tegnologie, sekere idiome en gesegdes nie meer sin maak vir die nuwe geslag nie? In ‘n museum kan hierdie volk- en taalskatte behoue bly vir ons nageslag waarop hulle trots kan wees. (Meer volledige museumnuus ook in hierdie uitgawe.) Wie is ons nageslag? Ons kinders, kleinkinders en ander jongmense wat hulle kom vestig in Kleinfontein!

Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n

plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is. 1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Nuus vir die Kleinfonteiner Herfs 2020 by Kleinfontein - Issuu