Maart 2019
Wat kan jy doen vir Kleinfontein? - Álet Erasmus
so baie kan beteken.
Dit is maklik om op die kantlyn te sit en alles te bevraagteken of te kritiseer. Dit is egter net so maklik om – al sit jy op die kantlyn – ook te komplimenteer of dankie te sê. In ’n geselskap word eendag daarna verwys dat ons so maklik kla oor die een of ander probleem. Word dié probleem egter opgelos, word daar nie noodwendig dankie gesê nie. ’n Kort woordjie wat
Wie van u was die eerste keer hier op Kleinfontein met die viering van Groot Trek 150 in 1988? Onthou u hoe die toegangspad gelyk het, die kampeerplek en die amfiteater by die kliphuis? Ten spyte van die min tot ons beskikking, was ons opgewonde oor hierdie pragtige omgewing.
maar ook ’n CVO laerskool, ’n winkelsentrum met ondernemings, gemeenskapsaal, tennisbaan, rugbyveld, swembad en ligte industriële gebied. Ons het water, elektrisiteit en riolering. Alles opgebou deur inwoners wat gehelp bou het aan ’n toekomsvisie vir ons nageslag! Die groei van dié gemeenskap het egter nie in een dag gebeur nie, ook nie sonder opdraendes nie, maar deur mense wat iets vir Kleinfontein wil doen!
Vandag is ons deel van die plaas Kleinfontein! Hier is rybare paaie, huise met tuine, ’n Sorgsentrum en aftree-oorde, Missie van Kleinfontein
Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is. 1
Uit die redakteur se pen -Álet Erasmus In hierdie uitgawe stap ons deur die gemeenskap met stories van hoop, liefde en omgee.
kinders van Kleinfontein met verskeie partytjies by die swembad en die gemeenskapsaal.
By die Sorgsentrum was daar baie vreugde met fotoboekies wat vir inwoners gegee is met kinders wat oorsee woon en nie Kerstyd by hulle kon wees nie. Die Kersseisoen is ook besonders gemaak vir die inwoners van die Sorgsentrum met musiek en samesang asook spesiale eetgoed en geskenkies.
Desembermaand is ingelei met ’n pragtige Kersfeesprogram vir die gemeenskap met ’n besonderse kooruitvoering. Kleinfontein Perdepos het ’n interessante uithourit aangebied wat regdeur Kleinfontein gestrek het. Wat liefde betref het Kleinfontein ’n pragtige troue gehuisves sommer so vroeg in die
Daar is ook gekyk na die
jaar! Kleinfontein gemeenskap groei saam met u elkeen… jonk en oud!
Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het. - CJ Langenhoven
REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus MEDEWERKERS: Marietjie Fourie ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: Carine Joubert Foto’s: Álet Erasmus, Marietjie Fourie, Tokkie Ferreira Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net
Advertensietariewe vir 2018 Volblad — R300 1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50
Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK
Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hul inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het.
2
Oordenking: God Verhoor! Ds Attie Bezuidenhout
Dit is opvallend hoe baie gebedsversoeke ons oor die radio, op die selfone se toepassings, sosiale media en selfs die televisie kry. Op sigself is dit natuurlik ’n aanduiding van mense se vertroue in die Here, maar is dit dalk ook die noodkrete van die volk van God, die gelowiges, in ’n tyd van nood. So dikwels lees ons in die Ou Testament van die Israeliete wat in ’n noodsituasie waarin hulle hulle bevind het as gevolg van hulle sonde en die Here se straf, na die Here roep om hulp.
Dan is daar ook nog die Vyand van God wat telkemale jou wil oortuig dat God nie wil verhoor nie; dat Hy te vêr is om te hoor; dat jy te sondig is om verhoor te word. Aan die hand van die Heilige Skrif en die bystand van die Heilige Gees word ons weer verseker: GOD VERHOOR!
WANT SO HET HY BELOWE Die hele Bybel is vol van die Here se belofte om te antwoord as jy roep. Lees gerus net die volgende paar beloftes: Ps. 91:15; Jes. 30:19; 41:17; 62:6; 65:24; Sag. 13:9; Rom. 10:12. Nou moet u weet dat God wat hierdie beloftes vir jou gee die EEN is wat die hemel en die aarde gemaak
het en dit elke dag nog in stand hou. Die EEN wat in Genesis 3:15 vir ons die belofte van ’n Verlosser gegee het en dit waar gemaak het in die koms van Jesus Christus. En ek weet dat elkeen van u kan getuig van die waarheid: GOD VERHOOR! WANT HY IS BARMHARTIG So stel die Here Homself voor in Eksodus 34:6: “Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek die Here is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.” So het Israel Hom leer ken. Hierdie barmhartige verhoring van gebed word by herhaling in die geskiedenis van die volk van God aangeteken. Kyk wat staan in Nehemia 9:27, 28 en 31: “Toe dit sleg met hulle gaan, het hulle na U geroep om hulp, en U het uit die hemel hulle gebed verhoor. In U groot barmhartigheid het U aan hulle redders gegee. Hulle het weer na U om hulp geroep, en U het uit die hemel hulle gebed verhoor en in U barmhartigheid het U hulle gered, keer op keer. “Toe het U hulle oorgegee in die mag van heidenvolke, maar in U groot barmhartig-
heid het U hulle nie heeltemal uitgewis nie, hulle nie verlaat nie. U is ’n genadige, ’n barmhartige God.” Is dit nie ook hoe ons as volk die Here leer ken het nie? Ook vandag nog leef en ervaar ons die Here se genade en barmhartigheid as ons na Hom roep. Dit is waarop die sondaar hom beroep. So roep Dawid uit in sy belydenis van sy sonde in Ps. 51:3: “Wees my genadig, o God, in U troue liefde; wis my oortredinge uit in U groot ontferming (barmhartigheid)”. So ook in Dan. 9:18: “Ons pleit by U om ontferming, nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van U groot barmhartigheid. Hoor, Here! Vergewe, Here!” God se groot barmhartigheid is bewys in Christus Jesus se sterwe aan die kruis op Golgota. Jy kan Hom vertrou om te verhoor. KOM ONS NADER DIE TROON VAN GOD IN DIE SEKERHEID DAT HY HOOR EN VERHOOR. So belowe Hy dit vir ons ook in Jesaja 30:19: “Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor”. 3
Ter Nagedagtenis Wessel Venter
Ons ken Wessel drie skamele jaartjies lank. Hy het eers in woonstel no. 11 gewoon en
Cecilia Erasmus
later na no. 19 geskuif. Hy is op 2 April 1937 gebore en het op 3 Januarie 2019 heengegaan. As mens na die briefies van sy kinders en ook die foto’s kyk, besef jy dat sy laaste drie jaar hoegenaamd nie opweeg teen die opwinding en uitdagings waarmee hy in sy jonger dae te kampe gehad het nie.
Hy het ’n besondere boekery gehad en sy musieksmaak het aanklank gevind. As hy op sy vierwiel was, het daar weer ’n bietjie sprankel in sy oë gekom. In sy stoel was hy rustig en het hom die musiek laat welgeval. Baie van ons beny hom sy “stille heengaan” op 3 Januarie. So rustig in sy stoel, skynbaar net “oorgestap”.
Sy sterk persoonlikheid het behoue gebly, maar daar was ook ’n gelatenheid. “’n Aanvaar van die dinge wat jy nie kan verander nie en jou daarby neerlê”-houding.
Aan Annette en George wat hom so getrou bygestaan het, sterkte. Bêre al die mooi herinneringe en haal hul een vir een uit as jy die dag troos nodig het. -Marietjie Fourie
Al hierdie jare was sy vir haar geliefdes en vriende ’n inspirasie. Sy het probeer om nie oor haar probleme te tob nie. As die pyn te erg was, moes ’n inspuiting maar die ding doen. Sy het van vrolikheid gehou en kon die lekker van die lewe so terdeë geniet. ’n Melkskommel, die Minimark se gebakte vis, bruin gebakte aartappelskyfies en sjokolade!
Sy was op 16 Mei 1926 gebore en op Sondagoggend 17 Februarie 2019 het sy na die Vaderhuis gegaan. Sedert 2004 het sy in Wag ’n Bietjie no. 20 gewoon. Eers alleen, en later is sy met Jan Boer getroud en nadat hy haar ontval het, was sy weer alleen.
Sy was vrygewig en het so maklik aan ander goed gedoen, onvoorwaardelik en met oorgawe! Sy het ’n passie vir Kleinfontein en sy mense gehad, die skool, die Sorgsentrum, die winkel, die bank, die Bistro. Sy wou hê dat dit daar goed sou gaan. Ons in Wag ’n Bietjie sal
haar met haar karretjie onthou. Ja, die ou Shopridertjie was nie vir ons grondpaaie bedoel nie. Maar sy het van hom haar Witperd gemaak waarop sy die ruimtes aangedurf het. Deon by die Minimark was ’n gereelde afsaal plek en hy kon so lekker vir haar ’n sjokoladegoedjie in die karretjie se mandjie glip.
Sy het ons geleer om die goeie en mooie in die alledaagse raak te sien en te vertroetel. En ja sy het uitgesien na die hemel... soos ons maar almal doen. Aan elkeen wat op haar pad gekom en die lewe vir haar mooier gemaak het, dankie!
-Marietjie Fourie 4
Kenneth en Janet Bester -Marietjie Fourie Hulle paadjies het begin saamloop in 1963 op Jan Smuts-lughawe. “Toe was daar nog bokkies en hasies wat aan die grassies tussen die aanloopbane gepeusel het,” so vertel Janet. Sy was deel van SAL se grondpersoneel en moes passasiers verwelkom as hulle van elders geland het. Kenneth was ‘n klerk by die lughawetak van Volkskasbank. Op ‘n dag was Janet in die bank en Kenneth sien
haar raak. Hy gooi so ewe vir haar ‘n lemoen en sy op haar beurt vang die lemoen netjies raak. So het hierdie lughaweromanse begin en vandag na ses-en-vyftig-jaar is daar nog steeds ‘n vonkel in hul oë. Hulle kom van Melville in Johannesburg, naby waar 7de Laan tans geskiet word. Voor sy aftrede was Kenneth in die versekeringsbedryf en Janet was by ‘n kleuterskool betrokke. Hulle is lede van die NG Kerk. Hulle het in Desember in Wag ‘n Bietjie no. 11 ingetrek. Mag hierdie vir
julle tweetjies die begin van ‘n baie mooi fase in julle lewe wees.
Welkom aan Kenneth en Janet Bester
5
Briewe ’n Besoek aan Kleinfontein is altyd spesiaal vir my, en my laaste besoek het nie teleurgestel nie. Dit was ’n hartseer besoek, want ek het besef ek groet my ma en sal nie weer die voorreg hê om saam met haar op Kleinfontein te kuier nie.
In Australië op die oomblik is daar twee sake wat hoog op die agenda is, naamlik die ongenadiglike droogte en ’n “Aged Care Royal Commission”. In teenstelling met die Australiese droogte het daar in die tyd wat ek in Kleinfontein gekuier het ongeveer 150 mm reën geval. Die wye verskeidenheid van plante in die veld en die pragtige veldblomme was betowerend. Van betowerend gepraat: ’n mooier oggend as die Saterdag van die perdrykompetisie kon ek
nie voor gevra het nie. Dit was ’n ware paradys. Nog ’n aspek van Kleinfontein wat my weer opnuut getref het is die wonderlike tuine. Dit is so interessant om te stap en te kyk waarmee die tuiniers hulle besig hou. Ek dink nie die Kleinfonteiners besef altyd hoe geseënd hulle is om in so ’n pragtige omgewing te kan bly nie.
Terug by die “Aged Care Royal Commission” in Australië. Vanweë ’n aantal klagtes oor die behandeling wat oumense in versorgingsfasiliteite ontvang, het die regering in Australië ’n kommissie van ondersoek geloods. Uit die verslae wat gelewer is blyk dit dat die mishandeling van oumense glad nie ongewoon is nie. Beeldmateriaal van oumense wat geslaan word en hardhandig hanteer word, het aan die lig gekom. Dit was
skokkend om daarna te kyk. Gedurende my besoek het ek die voorreg gehad om vir amper drie weke daagliks, tydig en ontydig, my ma in die Kleinfontein Sorgsentrum te besoek. In teenstelling met die situasie in sommige Australiese fasiliteite was die Sorgsentrum se versorging van my ma en die ander pasiënte van die hoogste gehalte. Wat ’n wonderlike klompie mense; soveel liefde en toewyding het ek lanklaas beleef. My dankbaarheid teenoor die personeel wat onder moeilike omstandighede werk het nie perke nie. Australië is goed vir ons, maar die tydjie wat ek tussen my mense op Kleinfontein deurgebring het, het my net opnuut laat besef dat jou geboorteland en moedertaal kosbare gawes is wat gekoester moet word. - Cecilia van Lill
Kleinfontein se hoekies
6
skenk. Inderdaad ‘n omgee mens!
Die vier susters van Kleinfontein
Hettie, Rita, Lena en Meisie Lena Stroebel woon in Hartelus no. 2. Sy kom van Springs en die trekpleister na Kleinfontein was haar drie susters wat alreeds op Kleinfontein woon. Sy is die jongste van die vier. Sy is ‘n lyndansentoesias en wil kyk of sy so iets hier van die grond af kan kry. Sy sê sy is te oud om te droom maar as sy haar lyndans-projek van die grond af
Jarreque van der Merwe Sy het in Kaapstad grootgeword en aan die Hoërskool Strand gematrikuleer. Daarna het sy gaan werk en mettertyd saans studeer en die internetwêreld betree. Nee, nie net kan sy met ‘n rekenaar werk nie, sy het geleer hoe die internetwêreld werk en kan vir jou ‘n webwerf skep en ontwerp, sy weet van internetsekerheid en hoe om jou inligting teen ongewenste indringing te beskerm. Programmering en al die ander fasette
kan kry, sal dit beslis ‘n vrolike vonkel in ‘n hele klomp mense se oë bring. Dis gesellig en groot pret en diegene wat nog ‘n huppel in die stap het, kan dit gerus probeer.
Meisie en haar man, Sarel van der Walt woon in Wag ‘n Bietjie no. 18. Meisie is ook knap met die naald en hekelwerk, maar ons ken haar vir haar mooi tuine. Sy hou die hoek by Bokmakierrie en Kleinfonteinweg kleurvol en fraai.
Dan kom Rita, sy en haar man Dewald Duvenhage woon in Bergwagterlaan 4. Rita is immer vriendelik en baie kreatief. Ons onthou haar pragtige rangskikking met die blomme en die kruis ter herinnering aan die plaasmoorde. Met die ramp by Hoërskool Driehoek was sy die een wat die Kruis boekmerkprojek geïnisieer het. Sy het ‘n klompie helpers hier by ons gekry om te help hekel en aan elke kind ‘n kruis boekmerkie met ‘n inspirerende boodskappie by te
Hettie Venter van Wag ‘n Bietjie no. 32 is die oudste. Sy is ‘n kleremaakster van faam. Nie net maak sy trourokke en dansuitrustings en elegante pakkies nie. Sy is ‘n meester om klere te verstel, vra maar die oues van dae, hulle weet. Sy toor ook ‘n vaal vertrek tot iets keurig en fleurig, jy moet net die lap voorsien.
van die verskillende stelsels is aan haar bekend.
pa en ouma te kom bystaan in die proses van rehabilitasie.
Sy beplan om voort te gaan met haar rekenaarwerk. Verder het sy ‘n sagte plekkie vir die skryfkuns. Perdry is haar gunsteling sport. Maar wat bring haar hier na Kleinfontein? Sy is die kleindogter van Johan en Nora van der Merwe van Wag ‘n Bietjie no. 34. Na haar oupa se alles omvattende heupoperasie waar die pad van herstel stadig en baie pynlik is, het sy besluit om haar ou-
So is ons geseën met vier pragtige mense. Elkeen met haar eie besondere gawes. Dankie aan julle elkeen! - Marietjie Fourie
Jarreque, mag jy hier by ons gelukkig wees en die liefdestaak waarmee jy besig is, vir jou vrede en vervulling bring. -Marietjie Fourie 7
Sing tot eer van die Koningskind -Betsie Steyn
saamgesing aan die ou, bekende, Kersliedere. Ek het dit gereël en my kort boodskap het oor die gee en kry van geskenke gegaan, met Jesus as die grootste geskenk wat ons gekry het.
’n Kort boodskap Op 22 Desember het 43 mense aan die huisgodsdiens en Kerssang by die Sorgsentrum deelgeneem. Personeel, inwoners en ‘n hele klompie van Wag ’n Bietjie het hartlik
Dit was ‘n spanpoging: Elsie Kieser het die begeleiding gedoen, Wynand van den Berg het sy klawerbord verskaf, en sy vrou, Marizanne, het spesiaal – op versoek – Silent Night vir die paar Engelse inwoners gesing. Die hulpvaardige personeel het van die inwoners
So kuier ons van die siekeboeg uitgestoot om ook deel te hê aan die sangdiens. Tokkie het ook spesiaal moeite gedoen en vir iets lekkers gesorg vir die aandete. Sy het ook die foto’s geneem waar gesien kan word wat alles gebeur het. ds. Attie Bezuidenhout het met ‘n kragtige gebed afgesluit.
Smullekker potjiekos bederf! Álet Erasmus Op Saterdag 15 Desember het lede van Gemeenskapsorg in samewerking met Helpende Hand, die inwoners getrakteer met ‘n bord geurige potjiekos! Die oggend is begin met ds. Attie Bezuidenhout wat die verrigtinge geopen het met skriflesing en gebed, en Chris Els het ‘n woordjie gespreek namens Gemeenskapsorg. In samewerking met Helpende Hand, is ge-
skenkpakkies uitgedeel, asook ligte verversings wat saam met tienuur-teetyd bedien is. Die Kleinfontein orkes
het gesorg vir die musiek saam met die inwoners en gaste se sang van bekende Afrikaanse liedjies asook Kersliedere uit die Sorgsentrum se sangbundel. Chris Els en Blackie Swart het intussen die vuur gestook sodat die potjiekos gereed kan wees vir middagete. Baie dankie aan almal wat die oggend op een of ander wyse betrokke was en dit ‘n besonderse kuieroggend gemaak het! 8
Gesigte agter die Kospotte -Álet Erasmus Al gewonder wie sorg vir die verskillende etes bedags, asook etes met spesiale geleenthede by die sorgsentrum?
Marie Steyn is die Kombuisbestuurder van die Kleinfontein Sorgsentrum. Ronelle Naudé en Tokkie Ferreira los mekaar af bedags om te sorg vir ontbyt-, middag- en aandete asook teetye gedurende die dag.
Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae lewer om te sorg vir ‘n keurige bord kos op die tafel!
Gedurende die jaar sorg die verskillende kerkgenootskappe per maand vir koekies en beskuit om saam met ‘n koppie tee te geniet. Tussendeur is daar altyd iemand wat ook met ‘n ekstra bederf by die sorgsentrum aankom vir die inwoners. LINKS: Ronelle en Marie besig by die kospotte in die kombuis.
Tokkie Ferreira op haar troudag, Augustus 2018.
Bekoor deur die Mootkantatakoor -Marietjie Fourie
Die gehoor geniet die musiek. Kerse en Kerswysies, aangebied deur die Mootkantatakoor met klavier, orrel, hobo en trompet as begeleiding. Dit was die geskenk van die AP Kerk aan die Kleinfonteingemeenskap op Saterdag
1 Desember 2018. Die eregaste was die wyse gryses wat ook op ‘n ete trakteer was. Die ander gaste is met tee en versnaperings trakteer. Die Mootkantatakoor het ‘n Kerskantata aangebied. Dit het begin met die tintelende klanke van “O die vrolike” op die klavier en orrel. Die verlossingsboodskap is verder suiwer en helder oorgedra deur voorlesings en sang. Die gehoor kon heerlik meeleef en saam sing. Dit bly ‘n emosionele ervaring om so saam met mede gelowiges in jou eie taal uit jou hart mee te
doen. Dit is seker soos die liefde van Joh. 15:12 waarmee ds. Hartsenberg die program geopen het... ‘n Welgemoedheid wat sag in ‘n mens kom lê. Dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het om van die oggend iets kosbaars te maak.
Die Mootkantatakoor bekoor die gehoor. 9
Herinnering-boekies van vêr oor die diep blou see! Álet Erasmus Op Maandag 24 Desember het Annemarie van Heerden van Helpende Hand in samewerking met die Kleinfontein Helpende Hand-tak, ‘n hele paar inwoners se harte bly gemaak. Aan elkeen van die bejaarde Kleinfonteiners, is ‘n glansblad-fotoboekie oorhandig met ‘n boodskap van hul kinders en/of kleinkinders wat oorsee of in ander lande woon of werk. Trane het gevloei van aandoening met die ontvangs van hierdie kleinnood!
Isabel du Plessis ontvang haar boekie
Baie dankie aan die Helpende Hand-tak van Kleinfontein in samewerking met Annemarie van Heerden vir hierdie besonderse gebaar wat ouerharte aangeraak het!
Regs: Marié Venter ontvang haar boekie. Saam haar staan Ds. en Mev. Bezuidenhout en Annemarie van Heerden.
Gert en Susan van Tonder ontvang hul besonderse fotoboekie
Tannie Celia Erasmus
Dinsdae gesluit
10
‘n Uur se plesier vir ‘n gesonde figuur -Álet Erasmus Maandae- en Donderdaeoggende is daar oefeninge in die gemeenskapsaal van 08h00 tot 09h00. (Ouderdom van deelnemers wissel van 21 tot 87 jaar!) Die oefenklas word afgewissel met strekoefeninge, Pilatusoefeninge asook Tabata. Tabata is ‘n hoëinpak oefening wat oorspronklik ontwikkel is deur ‘n Japanese navorser, Izumi Tabata. Hierdie oefeninge duur slegs 4 minute met intensiewe oefeninge vir 20 sekondes, afgewis-
sel met 10 sekondes rus en weer herhaling van die 20 sekondes oefeninge. Die reeks kan agt keer herhaal word waarna asemhalingsoefeninge die intensiewe oefenreeks afrond. Jou verhoogde metabolisme is selfs nog 30 minute na die oefenreeks in werking.
klere en bring ‘n oefenmat. Teen slegs R10 per maand in die gerief van die gemeenskapsaal, kan jy jou fiksheid en postuur opskerp!
Oefen in gemaklike oefen-
Vervoer / Transport Meubels - Rommel - Tuinvullis Skoonmaak van Persele. Eienaar, drywer en toesig. Skakel 072 989 3680 vir 'n kwotasie 11
12
Dagbreekpark se woel en werskaf Desember is vakansiemaand, pretmaand, bederfmaand! Die kinders en ouers van Dagbreekpark kan daarvan getuig. Die gemeenskapsentrum was woelig en besig. Geskenke, voedselpakkies, klere, skoolbehoeftes en hope liefde was hul voorland. Petro Hendriks en haar vriende het vir GeesBo: Petro en Erna hard aan die werk Links: Diaan en Gerda Barrows plant vir die toekoms
telike verryking gesorg en die Kleinfonteintjie kinderkrans het van die grond af gekom. Martie Meyer en vele ander het gehelp. ‘n Naskoolsentrum is begin. Sterkte aan elkeen!
Naskool toesig
13
14
Kwartelsingel word opgeknap. -Marietjie Fourie Carel Breytenbach het die inisiatief geneem, opmetings en beplanning gedoen. KA het die gruisgrond aangery. Daarna het Carel, Roelie Scheepers, Mike Wagg en Willem Klaassen die werk gedoen. Dankie aan Renè van Zyl wat die boodskappie deurgestuur
het. Sy spog ook met die mooi tuine in die Singel. Dankie aan elkeen op Kleinfontein wat ‘n positiewe bydrae lewer om ons plek mooier, beter en gelukkiger te maak!
Ds. Attie Bezuidenhout: die man van vele talente
deur tot deur. Hy is die Sorgsentrum se nutsman. Hy maak van drie stukkende rolstoele een waarvan alles seepglad werk en dan nog goed lyk ook. Uit ‘n stukkende hospiDs. Attie en sy messe. taalbed of twee word een bruikbare bed ge-Marietjie Fourie maak. Stram skarniere word Ds. Attie en Miem woon in Kageolie, rakke ingebou waar reepark no. 33. Hy is nie net ‘n die behoefte is. Waar hy ook predikant nie. Hy is die Sorgal kan help, doen hy dit. sentrum se herder en leraar. Verder is hy aktief by HelpHy doen kamerbesoek van ende Hand en werk saam
met Connie de Bruin op maatskaplike terrein. Hy is aktief by die museum komitee. Hy help nie net Markdag boepensbroodjies bak nie. Hy maak handige artikels om die gewone sloerwerkies te vergemaklik. Veral die leerstroppie om ‘n stram driepuntprop uit sy sok te kry, kom goed te pas en die geld gaan vir die museumkomitee. Die nuutste is dat hy skêre slyp en die geld gaan vir die CVO Skool op Kleinfontein. Skakel 0845821152 en reël vir ‘n afspraak as jy van hierdie diens gebruik wil maak. 15
16
Van Rusland met liefde! -Álet Erasmus Op 1 Desember 2018 besoek ‘n Russiese afvaardiging onder leiding van Johan du Toit en Vladimer Poluboyarenko Kleinfontein. In samewerking met Helpende Hand, het Connie de Bruin gereël vir geskenkpakkies en eetgoed vir die kleingoed. Gedurende die verrigtinge het Vladimer ‘n tjek van R4000 oorhandig ter stuiwing van Kleinfontein se gemeenskapsfonds. Bo: Jan Groenewald, Connie de Bruin en Vladimer Poluboyarenko
Links: Almal is opgewonde oor die geskenkpakkies wat uitgedeel word. Onder: Eetged vir die kleingoed
17
Kleinfontein plaas twee promosie artikels op Maroela Media! Die volgende advertensie lokgreep het u seker al gehoor... “Lees jou ouma en oupa Maroelamedia? Indien nie, kry vir jou ‘n ander ouma en oupa.” Lede van die Kleinfontein bemarkingspan van KA Edms (Bpk) – Dannie de Beer, Álet Erasmus en Irene Groenewald, het in November 2018 besluit om in samewerking met Leon Viljoen en Thinus Myburgh van KSK Finansiële Koöperatief Bpk, hande te vat en twee promosieartikels in Maroelamedia te plaas. Die reaksie op die veldtog was uitstekend! Brendon van Maroelamedia, het genoem dat die banier “Dit gons” 56 000 keer geplaas is, met 380 000 wat daarop gekliek het. Die reaksie van Maroelamedia-lesers was besonders positief. Artikel 1: Die dorp waar kinders nog kind kan wees. Artikel 2: ‘n Gemeenskap propvol kultuur en plesier. Soek gerus die twee artikels op Maroelamedia se webblad deur Kleinfontein op Snuffel te soek. Skakels vir beide die artikels verskyn ook op Kleinfontein se Vriende en Kleinfontein se Afrikaners Facebook-bladsye.
18
- Ds. Lood v.d.Merwe
REËNVALVERSLAG
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
Jan.
90
78
95
105
150
130
93
196
Feb.
31
51
141
25
34
112
96
163
Mrt.
70
50
276
89
142
15
249
Apr.
100
96
10
58
18
107
50
Mei
0
28
0
0
70
29
24
Jun.
0
0
2
0
20
0
0
Jul.
0
0
0
6
4
0
0
Aug.
0
4
2
0
2
0
0
Sep.
118
11
1
78
2
16
20
Okt.
138
146
65
16
100
59
80
Nov.
112
128
139
87
293
80
86
Des.
208
156
256
94
107
115
110
867
748
987
565
942
663
808
TOT.
19
20
Hardeware- en snuisterywinkel! -Álet Erasmus Links: ‘n Rak met iets van alles Regs: Hengelaar en troeteldierrak In hierdie winkeltjie kry jy nou behoorlik iets van alles! Daar is tweedehandse modelmotortjies, iets vir die hengelaar, glase of ‘n mooi glasbak vir Ma, ‘n sonhoed vir Ouma en ‘n verskeidenheid hardeware vir Pa! ‘n Week vooruit, wanneer jy iets by die winkel gekoop het, kon jy jou naam op ‘n lys skryf en op 22 Desember is daar ‘n hele paar Eddie en Anne wat gedurende geskenke uitgedeel vir die week die winkel beman kleuters, peuters, tieners, mans en dames... asook vir Oupa en Ouma!
Desember se groot verrassings geskenke
Gedurende die week wissel Anne en Eddie mekaar af agter die toonbank. Indien daar iets kort wat jy nodig het vir die huis of tuin, vind hulle vir jou uit of dit bestel kan word. Baie dankie aan Corneel (die eienaar) en jou span vir hierdie nuttige onderneming in ons gemeenskap! 21
22
Die Werkedepartement se nuwe gesig Arie du Toit, Bestuurder van Werkedepartement. Hy en Suzie woon reeds agt jaar in Patryssingel no. 52. Hy het in Groot Marico se wêreld grootgeword en aan Zeerust Hoërskool gematrikuleer. Sy ingenieurs kwalifikasie het hy aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. In sy vryetyd hou hy hom besig met die teel en uitstal van kouvoëls. Hy speel ook graag golf. Hulle is lidmate van die Hervormde Kerk in Cullinan. Hy is betrokke by Gemeenskapsveiligheid. Wat is sy droom vir Kleinfontein? Hy is trots op Kleinfon-
tein en sal graag wil sien dat almal saamwerk om Kleinfontein tot sy volle potensiaal te ontwikkel.
steuning en positiwiteit te bied ten opsigte van die projekte wat aangepak word. Met positiwiteit sal ons al ons drome verwesenlik!
Wat Werkedepartement betref is die heelArie du Toit, die nuwe gesig van die hartige sameWerkedepartement werking van die werkerskorps vir hom van uiterste belang, sodat hulle handewerk trots en integriteit kan uitstraal. Hy doen ‘n beroep op die gemeenskap om onder-
23
Leserskring -Marietjie Fourie Woensdag 30 Januarie Haai Katriena—wat vertel jy my nou! Geskryf deur Riana Scheepers is deur Isabella du Plessis bekendgestel.
Riana Scheepers stel haarself in die skoene van haar huishulp, Katriena. Deur haar bril sien ‘Mevrou’ ‘n totaal ander prentjie van huiswerk en menswees, geskoei op ‘n ander kultuurleefstyl en taalgebruik. ‘n Ander Katriena met haar eie drome en verwagtinge. Lees maar self! Anderkant die scrap geskryf deur Dana Snyman is ook bekendgestel deur Isabella du Plessis. Al die mense in sy stories het dieselfde kwaal, almal mik na daardie ontwykende droom wat nooit verbleik
nie... Anderkant die ‘scrap’. Dana maak die ‘weggesteekte mense’ onvergeetlik. Hulle kom van ver af, ry Valiants, weet nog van Uncle Charlie’s, padkafees, Springbokradio, Geloftefeeste en kommuniste. Die mans dra nog pakke en die vrouens hoede. Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Mense wat reis en sport kyk en paaie kruis met die ‘eggesteektes’ en ook ‘n kykie kry... verby die ‘scrap’. Aldus die buiteblad. Vir my maak hy ‘n kaleidoskoop van mense en gebeure oop. Jy loop op paaie waar jy ook vroeër getalm het, dinge gesien en beleef het. Maar jy het aangestap in die lewe en alleen die nostalgie en verwondering bly nou oor. Lees gerus self die boek!
Die Salon Haarsalon nou oop in Kleinfontein! Langs die kitsbank, Uit&Tuis Sentrum Sny, kleur, blaas en meer! Mans
R50 p sny
Dames
R100 p sny
Kinders R50 p sny Zelda: 082 5641866 24
die politieke arena oorheers, naamlik Louis Botha, Hertzog en Smuts. Tydens die Eerste Wêreldoorlog (19141918) het Louis Botha en Smuts hulle aan die kant van Engeland geskaar, terwyl Hertzog teen die oorlog met Duitsland gekant was.
Woensdag 27 Februarie Die boek Jan Smuts die Afrikaner geskryf deur Piet Meiring, is deur ds. Lood van der Merwe bekendgestel. Jan Smuts het sy skoolloopbaan op Riebeeck Wes voltooi waarna hy na Stellenbosch is vir regsstudies. Hy het dit in Engeland voltooi en teruggekom as advokaat en hom in Johannesburg gevestig. President Kruger het hom as Staatsprokureur aangestel. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy gedien as generaal. Met die vredesluiting in 1902 het hy as regsadviseur van die ZAR opgetree. Na die oorlog het hy hom beywer vir die handhawing van Afrikaans/Hollands. Die Vrede van Vereeniging het drie generaals na vore laat kom en hulle het
word. In 1948 is hy in Standerton deur Wennie du Plessis van die Nasionale Party verslaan. Dit was die einde van sy politieke glorie. Tot vandag toe word die vraag steeds gevra: Hoe kon ‘n Afrikaner so teen sy eie mense draai soos Jan Smuts gedoen het? Dit was verraad, en daaroor is ‘n mens verstom.
Rebellie het uitgebreek. Generaals De la Rey en Botha se dood, asook die feit dat Generaal de Wet in die tronk gestop is en Jopie Fourie deur ‘n vuurpeloton doodgeskiet is, is voor sy deur geplaas en Jan Smuts is as verraaier beskou. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy hom by die Engelse geskaar en die rang van veldmaarskalk in die Britse leër verwerf. Hy het eerste minister van Suid Afrika ge-
25
26
-Marietjie Fourie Die Vryheidstryd van die Afrikaner kom van ver af. Sy hunkering na ‘n Bybelsbegronde identiteit met ‘n eie taal en eie geloof het hom in stryd met Engeland gebring. Die Engelse was besig met die bou van ‘n Engelse ryk wat berus het op mag en oorheersing. Majuba het ‘n baken in hierdie magstryd geword. Hier het God die oorwinning aan die Boere geskenk. Die oorwinning het nie vanself gekom nie. Die Boeremag was paraat en toegewyd en het volhardend geveg totdat hul bo-op die kruin was. Na die geveg het hul bymekaar gekom om God te dank vir Sy
bystand en genade. Die vraag is: Glo ons vandag nog dat God vir ons ‘n bepaalde roeping het? Hoe paraat en toegewyd is ons om daardie roeping te vervul? Gee ons aan Hom die eer en dank vir elke ingryping in ons lewe? As ons hierdie dinge glo en doen, wink daar vir ons ‘n
toekoms vol hoop en verwagting! Dit is die boodskap wat Andries Breytenbach, Theuns de Wet, Attie Bezuidenhout en Willie Burger op Majubadag, 27 Februarie 2019, aan Kleinfontein gebring het. Baie dankie aan die Kultuurkomitee wat die aand gereël het.
Willie Burger, Andries Breytenbach, Attie Bezuidenhout en Theuns de Wet.
27
-Álet Erasmus Op Saterdag, 9 Februarie 2019, het Jan en Germéri Conradie trou aan mekaar beloof. Die huwelikseremonie was in die bos langs die gemeenskapsaal… soos ‘n sprokiesverhaal met linte en kamma voëltjies wat fladder in die ligte windjie wat gewaai het.
met die voorbereidings vir die sprokiesmooi bostroue. Baie geluk aan Meneer en Mevrou Conradie!
Onder: Koek word gesny in die bos. Foto deur Moments by Annalene Photography
Na afloop van die huweliksbevestiging en fotosessie in die natuur, het ons aangesit vir ‘n heerlike ete! Familie en vriende het gehelp
Koot Burger: 012 734 4633 / 083 672 3752 No. 17, h/v Prinsloo– en Jennerstraat 28
Vroegoggend perde en ruiters by Die Pos! -Michelle Berrington
Die wegspring Op 2 Februarie was ‘n velduitdaging vir perderuiters gehou by Kleinfontein Perdepos. Daar was ruiters van so ver as Parys en Brits tussen die ouderdom van 8 en 65 jaar wat kom deelneem het. Van die 48 deelnemers was net 10 Kleinfonteiners. Ruiters kon kies tussen 10, 22, 33 en 44 km ritte. Sommige het reeds Vrydagmiddag deurgekom en uitgespan by die Perdepos. Daar is groot aanvraag vir sosiale perdrygeleenthede en Kleinfontein met verskeie uitdagende roetes deur die Wildpark, Nedersetting en hoewes, is geskik daarvoor. Lou Erasmus het die wegspring van die ruiters gehanteer en Wikus Creamer en sy span het kontrole by die Wild-
park- en Hoeweingang gehou. Connie de Bruin en haar man het onder die vaandel van Vriende van Kleinfontein gesorg vir verversings. Dit was ‘n reuse sukses en die ruiters kon nie uitgepraat raak oor hoe mooi Kleinfontein is nie. Die volgende rit word reeds beplan vir iewers in Mei en ons hoop dat meer Kleinfonteiners betrokke sal raak. So bietjie meer oor die Perdepos Die Perdepos word gehuur by KA Edms Bpk, met die oog om dit te omskep in ‘n volwaardige “perdeplaas" met kampterrein, onthaalarea en arena waarby alle Kleinfonteiners sal baat. Die droom is om die kampterrein te ontwikkel met die oog op veldskool vir ons jeug en bou van perdearena wat beskikbaar sal wees vir alle Kleinfonteinruiters se gebruik. Daar word reeds terapeutiese perdry aangebied vir kinders en die eerste Jeugkamp saam met Connie de Bruin, word beplan vir die komende skoolvakansie. Die buitelug onthaalarea sal beskikbaar gestel word vir verhuring vir private geleenthede.
Op galop Alle inkomste van inskrywingsfooie vir geleenthede soos die van 2 Februarie word gebruik vir die opknapping en instandhouding van die Perdepos, aangesien die infrastruktuur baie vervalle is. Projekte: -Nuwe kennisgewingbord op Rhenosterfonteinpad -Bou van stortgeriewe met warmwaterstelsel -Bou van kombuisie -Restorasie van dakke -Arena (40 x 60m) Kleinfonteiners word genooi om deel te word van die projekte al het jy nie ‘n perd nie. As jy dalk jou badkamer oor gedoen het en nie weet wat om met die ou toilet of storttoebehore te maak nie, ons sal dit beslis kan gebruik.
Vir meer inligting skakel my gerus. 083 570 2117 – Michelle
29
30
Uit Álet se Kleinfontein Kombuis Bros Gesinsgunstelinge Die skoolvakansie is amper op ons! Ma of Ouma wil sekerlik graag die koekieblikke vul met koekies en beskuit.
Die resep in hierdie uitgawe het sommer bietjie ontbytkos soos hawermout en pofkoring as bestanddeel en heerlike klapper!
Ek hou altyd my oë oop vir ‘n pakkie growwe klapper wat ek dan in die yskas bêre totdat ek dit nodig kry.
Bestanddele:
250 g botter
500 ml wittsuiker
30 ml grondboontjiebotter
3 ekstra groot eiers
500 ml koekmeelblom
500 ml pofkoring (rice crispies)
500 ml hawermout
500 ml klapper
5 ml koeksoda
5 ml sout
12,5 ml vanielje geursel
Metode: Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer of bespuit die bakplate met kleefwerende middel. Verroom die botter, suiker en grondboontjiebotter en klits die eiers een vir een daarby in.
Vir afwisseling kan ¼ gesnyde rooi of groen glanskersies bo-op die koekie geplaas word voordat dit gebak word.
‘n Heerlike koekie vir die elfuur-tee en indien Ouma wil, kan die kleinkinders wat kom kuier sekerlik ook help met die bak van die koekies!
Voeg nou die res van die bestanddele by en meng deeglik deur. Rol okkerneutgrootte balletjies en plaas dit op die voorbereide bakplate ‘n entjie uitmekaar want die deeg sprei uit. Bak die koekies vir 8-10 minute in die voorverhitte oond tot goudbruin.
31
32