Kleinfonteinnuus jun 2014 webweergawe

Page 1

Junie 2014

Hulle kom hier werk

V

yf elektroniese ingenieurstudente van die Universiteit van Pretoria gaan vir die Kleinfontein Sorgsentrum ’n noodkragopwekker installeer. Dié kragopwekker is noodsaaklik tydens kragonderbrekings vir Sorgsentruminwoners wat suurstof gebruik. “Ons gaan ’n staalkas bou wat toegesluit kan word, maar wat ook ’n deurtjie gaan hê om die skakelaar maklik by te kom. Verder gaan ons bedrading na die verspreidingskas aanlê, met die nodige oorslagskakelaars, wat dit gerieflik sal maak om die kragopwekker te gebruik,” verduidelik Jan Conradie (20), die Kleinfonteiner wat dié gemeenskapsprojek onder sy studentemaats aangevoor het. Jan was met sy sewe onderskeidings in 2012 BCVO se topstudent.

Vyf ingenieurstudente van Tukkies kom dié wintervakansie ’n gemeenskapsprojek by die Sorgsentrum doen. Hulle is van links Jan Conradie, Dian Germishuizen, Stefan van der Merwe, André Muller en Riaan Wessels. Nog nuus by die Sorgsentrum is dié nuwe selfsorgwoonstelletjies wat beoog word. Skakel Irene Groenewald by 083 228 8572 vir meer inligting. Gou spring, die belangstelling is groot.

Nou práát jy mos Eric Nagel, André Viljoen, Morné van der Westhuizen en Suzie Barnard is die ene ore noudat Vodacom hul sein op Kleinfontein verbeter het. Direkteur Stefan Skarabis is die een wat die meeste aanvoorwerk hiervoor gedoen het. Selfs Kleinfontein se bure en veral die landelike veiligheidsorganisasie Conserv is dankbaar vir die beter selfoonsein.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.