KSM OKTOBER

Page 26

omgeegroepnotas Daar’s iets aan gee.

Die avontuur gebeur dan as dr. Hudson byvoorbeeld tydens ’n operasie onverwags en onverklaarbaar ’n prosedure sou ‘sien’ en uitvoer wat totaal vreemd en vér voor sy tyd was. Hy het op die geheim van ‘die Vader se beloning’ afgekom en sy geheime joernaal was eintlik sy studie van die eienaardige verskynsel.

’n Geslag of drie gelede het ‘n treffer-storieboek die wêreld ten opsigte van die aksie van gee wakkergeruk. Die boek was Doctor Hudson’s Secret Journal en is in 1939 deur Lloyd C. Douglas geskryf. Die eienaardigheid is dat dit eintlik ’n opvolg op die trefferboek Magnificent Obsession was wat Douglas tien jaar tevore geskryf het. In daardie boek ‘Obsession’ ontsyfer die hoofkarakter die geheime joernaal van die oorlede breinchirurg, dr. Hudson, en leer hy die verbasende geheime van ‘gee’ ken. Toeka was dit ‘n blitsverkoperDouglas se lesers het so gekerm om die Secret Journal te kry dat hy later spesiaal vir hulle ene geskryf het.

Die storie was toe al die tyd waar. Mense vind vandag nog uit van die geheim van gee in die geheim. Nou wonder ek net. As vrede ook gegee kan word... in geheimhouding volgens die paadjie wat die hemelse Vader jou lei... Wat skryf jý in jou geheime joernaal?

Die grootste verrassing was egter dat die skrywer die hooftema uit Jesus se mond gaan haal het. Spesifiek Matteus 6:1-4 waar die Here ‘n hemelse geheim openbaar. Die avonture van dr. Hudson wat lesers (en later fliekgangers en televisiereeks-kykers) vasgenael laat sit het, het ’n onmiskenbare hemelse geurtjie. Jesus sê: “Moenie doen wat God verwag net om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemele is nie. As julle byvoorbeeld armes help moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” By dr. Hudson het dit só gewerk: As hy uitgevind het iemand het nood, soos ‘n arm kind wat nie kan studeer nie as gevolg van finansiële tekorte, sou die geld eenvoudig anoniem by die kind opdaag. Altyd in die grootste geheimhouding.

www.kerksondermure.org

Byvoorbeeld rêrige, voelbare vrede in jou huwelik – as ek in my kop en in my hart loop en dink wat my maat die ‘streling van engelvlerke’ sal laat voel. En hoe ek dit anoniem kan bewerkstellig en dan dophou vir die Vader se reaksie daarop. Kan ek geheime vrede aan my familie gee? Vrede in my selgroep? Vrede by my lessenaar? Vrede in my kerk? Vrede in my land? En dan kom die Vader, stilweg. En Hy vat aan my. • Hannes Gildenhuys

24

ksm Okt/Nov 2011


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.