KSM OKTOBER

Page 1

8 Jaar !

Oktober/November 2011 Uitgawe 79


Is jy gereed vIr ’n MAKE-OVER van bInne en buIte?

WEN een van

5

“nuwe jy” boeke


van die redaksie

Op die

! n i e r t u a G Hugo Weich

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

Oktober/November 2011 UITGAWE 79

die redaksie Redakteur

Hugo Weich

Bladuitleg

Nadia Strydom

Taalversorger

Susan Botes

Finansies

Anne-Retha Smith

Drukkers

MINIT Print

E-pos: info@ksm.co.za Webtuiste: www.kerksondermure.org Tel: 012 663 2003 Faks: 012 663 3121

Ons personeel het onlangs ’n Gautrein uitstappie gehad. Wat ‘n heerlike ervaring! Daar is sekerlik heelwat wat hierdie Gautrein-ervaring ook met ons kan deel. Maar, indien jy dit nog nie oorweeg het nie, wil ek die eerste een wees wat dit sterk aanbeveel, al is dit sonder 'n doel, sommer net vir die lekkerte. Baie van ons het al iets ervaar van ’n stilstaande trein wat langs jou begin beweeg. Dit skep die gevoel dat dit eintlik jý is wat beweeg. Die enigste manier om vas te stel wie nou eintlik beweeg, is om na ’n vaste punt te kyk. In mens se verhouding met God kry jy soms ook die indruk dat Hy jou ontglip het; dat jy besig is om Hom te verloor en jy is seker dis Hy wat van jou af wegbeweeg. Dit kan wees dat ek vroeër inderdaad bewus was van Sy teenwoordigheid, maar dat Hy later vir my al vaer en vaer geword het – ja, dat ek Hom uiteindelik heeltemal buite my gesigsveld verloor het. (Soos Christo se preek oor die Storms in ’n mens se lewe.)

Paulus sê in die Skrif al is ek ontrou, Hy bly getrou. Dís die vaste punt wat ek nodig het. Met ander woorde: God beweeg nie, maar ons beweeg van Hom af weg... Hy is nie weg nie, maar ons is weg. Ons is nie waar ons behoort te wees nie: Voor Sy aangesig, in Sy teenwoordigheid. Sý plek is nie leeg nie, óns plek is leeg. Hý moenie terugkom nie. Ék moet terugkom. Hý is die Betroubare, die Vasstaande en die Onwankelbare. Ék is die rondgeslingerde, die dwarrelende, die wisselende. Ek soek koers en rigting, nie Hy nie. (Moenie Oktobermaand se reeks oor Vrede misloop nie.) Om te sê God beweeg nie, is ook nie waar nie. Hy beweeg tog. Hy beweeg na my toe deur die Evangelie. As Adam en Eva vir God wegkruip, dan is dit Hy wat hulle gaan soek en vra: “Waar is jy?” Die méns is nie waar hy moet wees nie, want hy is nie waar God hom geplaas het nie. As God ontdek dat die mens weg is, bly Hy nie onbeweeglik en onbewoë op Sy plek nie. Hy loop agterna en gaan soek die mens. Hy laat die mens nie uit Sy hande val nie – nie omdat die mens so ’n kosbare wese is nie, maar omdat God se liefde so wonderlik is. Die Bybel vertel ons van hierdie soektog van God na die mens. Dit is ’n soektog wat nooit afgelas word nie. •

Hugo

ksm Okt/Nov 2011

1

Die redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig wat medewerkers en adverteerders in die ksm uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg.

Indeks Gee Vrede

bl 2

Gestuur na Israel

bl 3

Gesoek: Jesus

bl 4

My Huis tussen 100 Hutte

bl 5

Jeug Eggo Jesus só

bl 6

Survive die Storms só

bl 7

Gebed - 'n Leefwyse

bl 8

Gebedsimfonie

bl 8

Vrede in jou Huwelik

bl 9

Hopies bring Hoop

bl 10

Vredevolle SMS'e

bl 11

Hartklop-sonder-ophou kinderfees

bl 12

Kleuters leer Skepping bewaar

bl 13

Straatslapers

bl 14

Lentelofprysingsaand

bl 17

Kinderbediening reik uit na Mosambiek

bl 18

Loslitdag uitreik

bl 19

Joh 15:9

bl 20

Redaksie-lid verwelkom

bl 21

Tienerbediening Groepleiers

bl 22

kerksondermure

bl 23

Omgeegroepnotas

bl 24

Pretblad

bl 26

Advertensies

bl 27

www.kerksondermure.org


Gee Vrede

SHALOM! Dié woord het deesdae ʼn bekende groet geword en pryk ook soms tussen ander woorde in yster of hout teen ʼn muur. Wat my laat wonder - hoe lyk dié woord se lêplek in jou hart? Is dit maar net nóg ʼn woord wat ʼn oomblik se sielerus bring tussen die weersinwekkende realiteit van misdaad, onreg en moord? Of het jy al vertoef by “vrede wat verstand te bowe gaan” – iets wat veel meer omvattend, ryker en dieper in die Woord beskryf word as dit wat ons in ons moedigste pogings daaraan kan toeken?

Slaan jy dalk op ʼn dag die Bybelkonkordansie oop, dan vind jy meer as 200 verwysings in die Bybel na “vrede”. Dié woord is sowaar ʼn sentrale woord in die Ou Testament waar dit enersyds die einde van oorlog en vyandelikhede aandui, maar andersyds ook verwys na God se seën: Goeie oeste, oorwinnings oor ander volke, baie seuns... Vrede in die Ou Testament word dikwels gekoppel aan gehoorsaamheid. Ons lees in die verhale van Abraham, Isak, Jakob en Dawid dat hulle vrede beleef het omdat hulle God opreg gedien het. Hierdie prentjie is egter omgekeer in die Nuwe Testament: Kinders van God word aangeval en vervolg júís omdat hulle die Here dien. Intussen weet ons dat ons weet dat swaarkry volharding kweek en volharding egtheid van geloof kweek. Watter prentjie skets “VREDE” se verfkwas vir jou? ʼn Kalm meer waar kabbelende waterstroompies ʼn perfekte spieël vorm, omring

kerkwees

Tiesie de Coning deur groen bome wat vredig daaroor uittroon? Of ʼn skildery van ru berge, dreigende onweerswolke, die woedende gedruis van ʼn waterval en iewers op die agtergrond staan ʼn onaansienlike, vaal bossie wat in ʼn rotsskeur groei. Dáár – op die bossie - sit ʼn wyfie voël op haar nes in volmaakte vrede. Vrede in Oktober 2011 is juis dít. Dit gaan nie daaroor om op ‘n plek te wees waar daar geen geweld, hongersnood, rampe en resessie is nie, maar op ʼn plek waar jy deur al hierdie dinge omring is en steeds vrede, wat verstand te bowe gaan, ervaar. Jesus Christus is dáár. Ons Prins van Vrede, wat met spykermerke in Sy hande aan die dissipels verskyn het, staan daar met dié woorde: “Vrede vir julle”. Wanneer ons Sy vrede ontvang, dan raak VREDE ʼn werkwoord in ons lewe. God se kinders kan gemoedsvrede en kalmte beleef, omdat ons die sekerheid het dat ons veilig by God is – ondanks die skaduwees van seerkry. Ons God belowe ʼn vrede wat ons met woorde nie sal kan verklaar nie. Gryp dit met jou lewe vas, glo dit blindelings en lééf dit. “En die God van liefde en vrede sal by julle wees!” (2 Kor. 13:11b). •

peace. It does not mean to be in a place where there is no noise, trouble or hard work. It means to be in the midst of those things and still

be calm in your heart. - unknown -

Vreugde

is vrede wat dans;

vredeis vreugde wat rus. Vrede is 'n werkwoord www.kerksondermure.org

2

ksm Okt/Nov 2011

- Anoniem -


gestuur

G

r u u na t s e

Charlotte Rossouw

In Pinksterweek het Louis en Hettie Brittz ons kom bedien met die Stuur my!-preke. Ek het die wonderlike geleentheid gehad om dié boodskap in Julie te kon uitleef. Na Pinkster het ek ‘n hart vir Israel en Marokko gekry. Spesifiek vir diegene wat nog nie die Woord gehoor het nie. Toe ek in Maart vir die eerste keer hoor hoe Molly Miessner oor Israel praat, het die Here vir my gesê: “Jy sal gaan”. Ek het besef dat daar struikelblokke, soos verlof, sou wees. My verlof is eintlik net genoeg om oor Desember my verpligte verlof te neem en die finansies was nie van so ‘n aard dat ek net kon gaan nie. Tog het Hy van die begin af vir my gesê: “Gaan jy. Ek sal voorsien.” Ek het my werk gevra of ek onbetaalde verlof kon neem en hulle het my toestemming gegee. En dit in ‘n tyd wat eintlik baie besig was! ‘n Paar mense is genader en ek het al die nodige fondse bekom. Selfs die ekstra wat nodig was om onbetaalde verlof te kon neem! Nes God beloof het.

Isra el

Aanvanklik is 120 mense van die uitreik vertel. Vyftig het aangedui dat hulle belangstel. Uiteindelik het 25 die uitreik meegemaak. Ons is in groepies van vier verdeel en het opleiding ontvang. Geen opleiding kon my egter voorberei vir dít wat ons beleef het nie. Ons het gebid vir oop harte en is hartlik ontvang. Ons het gebid dat die regte mense ons paaie sou kruis en het 1000’e Bybels uitgedeel. Ons het gegaan om mense se harte te verander en het as veranderde mense teruggekom. Ons het gegaan om mense te bedien en is met soveel gasvryheid en liefde ontvang. Ons het gesien hoe mense hulle harte vir die Here gee. Ons het ook ervaar hoe hartlik voete, wat gewillig is om Sy naam uit te dra, ontvang word. Ek het ‘n gedeelte van my hartjie in Israel agtergelaat en hoop om weer terug te gaan. Hopelik kan ek ook help om aan ander mense ‘n hart vir Israel, Turkye, en die uithoeke van die wêreld te gee. Dat hulle God se woord sal versprei, sodat nuwe kerke gestig kan word en nog vissers van mense gemaak sal word. •

Vir enige navrae oor deelname aan korttermyn uitreike in die 10/40 Venster of gebeds of finansiële steun vir die Masedonië Projek kontak gerus vir Molly Miessner op 082 426 6141 of e-pos: mollymiesner@gmail.com ksm Okt/Nov 2011

3

www.kerksondermure.org


betrokkenheid

GESOEK: JESUS GEVIND IN OLIEVENHOUTBOSCH "Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: 'Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink? En wanneer het ons gesien dat U 'n hawelose vreemdeling was, en U in ons huise ontvang? Of dat U niks gehad het om aan te trek nie, en ons het vir U klere gegee? En wanneer het ons U siek gesien of in die tronk, en U opgesoek?' En die Koning sal vir hulle antwoord: 'Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.' (Matt. 25: 37-40 NLV) Ek soek Jesus. Ek wil by Hom wees, maar waar gaan ek Hom kry? Ons kerk het verskeie projekte waar ek besoek kan aflê: Hammanskraal, Ebonypark, Huis Davidtsz, Kansa, Echo, PEN, Louis Botha Kinderhuis, Olievenhoutbosch... Ek wil graag iets vir Jesus doen - Hom opsoek en ook vir Hom kos gee, iets te drinke gee en klere om aan te trek. Die Vader weet ek stel al te lank uit. Toe ons inry by Olievenhoutbosch wonder ek of ek veilig gaan wees. Die laaste maal wat ek in ‘n plakkerskamp was, was 20 jaar gelede onder totaal ander omstandighede. Daar was opstande en ons het met ‘n Casspir ingery. Ek sien die plakkershuisies. Die verspoelde paaie lyk erg en die vullis wat so langs die pad lê is skokkend! Gooi mense regtig net eenvoudig alles so neer? Waar is die asblikke? Maak die munisipaliteit dan nie hier skoon deur vullis te verwyder nie? Die kindertjies langs die pad kyk afwagtend na ons voertuig en hulle waai en glimlag spontaan toe ek groet.

Geloof, Hoop

Arina Doyle Ek wonder hoe het hierdie mense die winter oorleef? Ek het so koud gekry en ons het dikwels die verwarmers aangehad. Ek moes hierdie sak met winters klere ses maande gelede gebring het. My Spar-inkopiesak met kos voel nou hopeloos te min. Ons ry by die hekke van die blou skool, oftewel Olievenhoutbosch Christian School, in. Ek ruik die bakkery se vars brood, muffins en koekies. Ek staan nader en glimlag effe verleë toe ek groet. Moet ek Engels of Afrikaans praat? Wens ek kon hulle taal praat of minstens daarin groet. Na die ongemaklike groet weet ek nie wat om te sê nie en koop toe sommer ‘n klompie muffins. Die kort toer deur die skool en die klein, eenvoudige klaskamers, laat my besef dit wat hier gedoen word is maar ‘n druppel in die emmer. Die oes is groot en die arbeiders maar min. Die Naskoolse vrywilligers is hartlik in hulle nederigheid. Die gedagte ontstaan: As almal van ons net íéts doen en bietjie bydra, sal dit mos baie beter gaan as wanneer dit net ‘n handvol mense is wat ‘n verskil probeer maak. Ek dank die Here vir hulle opoffering en harde werk. Kom ons hou op om te wag dat ander die verskil maak: Kom ék en jý maak daardie verskil. Kom ons word die mense wat iets vir Jesus doen: Hóm in ons huis ontvang, kos en klere gee en Hóm in die tronk en hospitale gaan besoek. •

en

Liefde in aksie

Die Trust Hope Faith (THF) projek is in November 2009 van stapel gestuur. Dié projek se oogmerk is om vir minder bevoorregte leerlinge ‘n regverdige kans te skep om hul gawes, talente te ontwikkel. Die projek moedig kinders aan om ‘n verhouding met Jesus Christus te ontwikkel en bied aan hulle die geleentheid om op skoolwerk te konsentreer in ‘n omgewing van hoop en aanmoediging. Arina Doyle is sedert die begin betrokke by die projek. Sy sê ‘n naskoolsentrum bied akademiese hulp, sport afrigting en gee ook vir elke kind ‘n bord kos na skool. Verder word geestelike ondersteuning en mentorskap aan hoërskoolleerders gebied. Arina sal lidmate graag na Olievenhoutbosch neem, sodat hulle die atmosfeer van die omgewing, sowel as die Laerskool en die naskoolsentrum kan beleef. Haar kontakbesonderhede is 082 774 7559/ 012 654 1755 of e-pos: arinadoyle@telkomsa.net www.kerksondermure.org

4

ksm Okt/Nov 2011


betrokkenheid

My Huis tussen 100 Hutte

Vandag, net toe die eensaamheid my wil-wil oorval, besluit ek dat dit nou genoeg is! Gewapen met my klein groen sakboekie vol vreemde woorde en frases en 'n potlood stap ek vasberade na buite. Ek klim op my fiets en met 'n wapperende romp vaar ek die dorp in. Ek ry verby ’n skreeuende baba wat - wit gesmeer van die seep - ’n goeie was kry. ’n Groepie mans kuier onder ’n boom. Ek sien 100 hutte versprei langs die stofpad! Van orals peul kinders om die “arungu” (wit mens) op haar fiets te sien. Almal waai vrolik en ek kyk op na die berge en bid dat hulle ook eendag sal weet hoe lief die Skepper hulle het! Na ’n lekker opdraande stop ek by die hut wat ek eerste teiken. Ek roep, “Odi” en wil sommer langs die vroue op die grond gaan sit, maar nee, ’n ronde stomp-stoel word aangedra en daar sit ek op my troontjie. Hier groet jy een-een en dus begin die groetery in alle erns. Van die belangrikste vrou stadig, al af in die ranglys. Dit klink so: “Hoe loop jou dag?” “Goed dankie, en joune?” “Goed dankie.” Dít se jy vir elke liewe persoon! Na ses keer is ek al moeg en wonder waarvoor ek volgende sal kan praat...my woordeskat is nog beperk. Maar ek vra uit oor kinders, huis en landery. Elke keer as ek die groen boekie uithaal skater almal van die lag! Ek probeer die nuwe woorde sê – en nou lê almal soos hulle lag, maar uiteindelik kry ek dit reg en hulle knik instemmend. “Ja, daar is hoop vir haar!” My woorde is nou op en dis tyd om na my volgende taal-teiken te ry.... Daar aangekom sien ek die hoofman se vrou lyk nie gelukkig nie en toe ek uiteindelik kans kry om iets te vra, na al die groetery, kom ek agter haar skouer is baie seer. Weer op my fiets huis toe en terug om salf te gaan haal... Hmm, nooit soos ek dink nie, maar bereid om gebruik te word soos die Here goeddink! Sy glimlag skaam haar dankie en weg is ek na my volgende punt... Hier is net een vrou en sy lyk ernstig besig, maar dis iets wat so wonderlik van hierdie mense is – hulle maak altyd tyd vir jou! Sy haal haar potjie van die vuur af en ons gaan sit – ek het teen die tyd so baie mense gegroet dat ek toe skoon daarvan vergeet en sommer dadelik begin praat...maar, nee dis nie hoe dit werk nie, sy kom sit rustig langs my, kyk my in die oë en vra: “En hoe loop jou dag?” En ek leer ’n les in geduld... En so loop my dae – ek, die ewige student! Mag ek in dit alles ook meer en meer word soos U, Jesus, en ek glo U gaan elke hut hier gebruik om dit in my te laat gebeur! Tot volgende keer! Bella ksm Okt/Nov 2011

5

www.kerksondermure.org


getuienis

Jeug eggo Jesus so´

Onselfsugtige Jesus-liefde vorm die fondasie waarbinne die Echo Jeugontwikkeling se inwoners saamleef. Dít was duidelik vir die sowat sestig kerksondermure-lidmate – groot en klein – wat dié ontwikkeling onlangs besoek het. Twee van die inwoners, Tsego en Sané, het hul verhale verwoord.

My Life - Tsego Masilela

I really suck at it, to be honest!

I used to stay in Hammanskraal with my parents, grandma and my three siblings. After my mommy past away when I was 4 years old, my granny Elizabeth and father started taking care of us. Life was hard because Granny was a domestic worker and didn’t earn a lot. Father was unemployed, but the little that we did have was more than enough for us. Father died in a car accident on the 7th of December- on his birthday - and on the same day Grandma lost her job. Things were tough for us. Very, very tough.

Those who know me would not believe how mean I sometimes am and how angry I get at these children. I can be such a self centered person. In a year’s time I have cried more than ever before in my life. I make mistakes over and over again, but I keep my faith. I know that Jesus will correct whatever I do wrong as long as He remains my motivation.

I became very depressed. There wasn’t any food in the house and sometimes I didn’t even go to school. But with God watching over us lovingly, I met the people from Echo. I started living at Echo in January 2009. It was very difficult adapting to the new life. I got even more depressed and thought a lot about the family that I’d left behind. I started doing bad things. Suzette, the social worker at Echo, was very patient and supported me all the way. I slowly started to become a better person, and most importantly, I found God in 2009 on a Matlala-outreach. After a long time of grieving, depression, suicide attempts, lying, hurt, pain, anger, and denial I finally accepted Christ and started believing and having faith. I am currently in matric while working as a TV-presenter on SABC 1’s TV show Bonisanan. I am working with my acting agency, Zero to Hero, in order to achieve even more. I wasn’t told that Jesus loves me, I was shown His love by His people. At times the past comes back, but I am not going back to being the old Tsego again. My Echo-family helps me face my fears and stand up for myself. God’s greatest gift is a choice and I could’ve chosen to stay in Hammanskraal with my family and suffer, but instead I chose to open up and get help in order to help myself, as well as my family. Everybody has their own issues, but if you are in one of those deep holes and you are offered help – take it! It will change your life...

Living it! - Sané Lötter* To intentional live with people in need means praying that God will break your heart for what breaks His. It means unconditionally loving a child that called you all kinds of bad names, loving the drunk kid you have to go pick up in the teachers room during a school function; it means forgiving the child that keeps on lying to you over and over and over and over again. It means doing good and loving all people as Jesus does. www.kerksondermure.org

Living with these kids is all about giving your money and time without expecting any in return. It means giving up your mattress to a child that likes yours better. It’s about writing them good luck messages even though they hate you at that time. It’s about making them coffee or driving them somewhere after they have just disappointed you very much. It’s about still going to tell them good night and you love them, after they have announced their hatred towards your for making them clean their rooms. It’s about listening to nine different stories even though you know you’d rather be studying. It’s about lending your jersey to someone even if you wanted to wear it that day. It’s about forgiving, believing and trying without ever giving up with any needy person that comes your way. It’s about taking your books to the hospital to study in the waiting room at night. It’s about waiting for them to learn to take care of themselves and to learn that God loves them - no matter what it takes. It’s all about loving and still caring for the girl that lied to you and hates you for finding out that she lied. It’s about loving them with God’s love until they get their self worth back, even if it means a commitment for 10 years! It's about being less and letting God be more. It's about missing parties because someone needs you. It’s about staying yourself and finding joy in Jesus even though that which you see and experience daily is more challenging than anything you’ve done before. The challenge is that so many people start to help, but quickly stop doing it. Believe me, most of the time you really don’t know what you’re doing or how to do the next thing, but in the end - if you keep doing it for the Kingdom and really make an effort to have a close relationship with Him - it becomes a lifestyle not a job. It is very important to not burn out. You have to push yourself to do more, but keep in mind that the best thing you can do for those around you, is to ensure that it’s going well with you emotionally. > bl 10

6

ksm Okt/Nov 2011


'survivor'

Jeugbediening

Belinda Ackermann

Survive

die storms só

e 'n ernstig

Hykie

Hykie saam die kerksondermure jeugband

in vrolike

luim

Die storms van die lewe was in September die fokus van kerksondermure se Tienerbediening gewees.

verslaaf. Hy het selfs by die dood omgedraai, nadat sy hart een keer gaan staan het.

Dit is opmerklik om te sien dat Jesus ná die groot celebration van sy doop, waartydens God gesê het “dis my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het”, `n 40 dae storm in die woestyn beleef het. Daar is Hy deur Satan versoek.

Nadat hy twee keer in rehabilitasie was het hy alles verloor. Hy het ook op ‘n plek gekom waar hy die Here blameer het oor wat verkeerd gegaan het.

Storms is ook vir gelowiges ‘n realiteit. Werksverlies, mislukte verhoudings, onvervulde drome en selfs onbeantwoorde gebede lei tot intense pyn, worsteling en onsekerheid. In sulke tye is dit belangrik om vas te hou aan God se Woord en te leer by die stories van mans en vroue, wat reeds deur storms was, en om weg te bly van vinnige, niksseggende, clichés soos om te dink dat alles met ‘n doel gebeur. Hykie Berg, die akteur en wenner van vanjaar se plaaslike Survivor-reeks het op 4 September met ons kom gesels oor die storms wat hy in sy eie lewe ondervind het. Vroeg in sy lewe het dwelms sy pad gekruis. ‘n Skrikwekkende lewe is aan die kinders geskets waar hy in Graad 8 begin dwelms gebruik het. Hy het homself as ‘n baie rebelse kind beskryf wat sy ouers se lewens moeilik gemaak het. Hy het matriek slegs op genade geslaag. Op hoërskool het hy geen selfvertroue gehad nie en het heeltyd met ‘n masker geloop. Hy het deurgaans gevoel hy is apart van alles (“apart from”), eerder as deel van (“a part of ”) die lewe. Op sestien het hy sy ouerhuis verlaat. Dwelms was vrylik beskikbaar en hy het enigiets waarop hy sy hande kon lê verkoop om dwelmgeld te kry.

In Stepping Stones (rehabilitasiesentrum) in Kommetjie (Kaapstad) het Hykie ‘n openbaring van die Here gekry om ‘n akteur te word. Op daardie dag het hy besef God is in beheer. Hy het van daardie oomblik af aanhou probeer en in God geglo. Hy het Stellenbosch toe gegaan en drama gaan studeer. Hykie meen hy sou nie sonder God in sy lewe deur hierdie storms gekom het nie. Hy glo ook in homself en glo deesdae dat hy ‘n survivor is. Die deelname aan die televisiereeks, Survivor, was een van die hoogtepunte in sy lewe gewees. Hy het die spel met sy pa se raad benader. “Wees die een wat dinge op die regte manier doen, nie die een wat die regte ding op die verkeerde manier doen nie,” het sy pa gesê. Hy glo dat hy getrou aan homself en aan die spel was. Selfs voor hy gewen het, het hy geweet dat hy ‘n wenner was. Sy boodskap aan alle tieners is dat dit nie saak maak hoe “uit” jy voel nie. Elke persoon los eendag ‘n legacy agter. Jy kan dit net doen as jy jou eie lewe gee soos Jesus Christus dit gedoen het. Hy het sy kuier afgesluit met die woorde: “ Jy kan nie iets liefhê as jy nie daarin belê nie.” Met ander woord - jy kan nie God onvoorwaardelik liefhê as jy nie in God belê nie. •

Teen die tyd wat hy negentien jaar oud was, was hy aan heroïen ksm Okt/Nov 2011

7

www.kerksondermure.org


gebed

Gebed - ‘n leefwyse Donnie van der Westhuizen

Om van God afhanklik te wees is ‘n leefwyse en gebed is die openbaring daarvan. Die riglyne kan help om gebed ‘n leefwyse te maak:

Bo als gaan gebed oor die teenwoordigheid van God. Selfs al sê ek nie ‘n woord nie. Ek hou maar net in my swakheid aan hom vas. (Ps. 18:2-3)

Vergeet van mense en dinge om jou as jy bid en fokus net op God in die wete dat Hy bestaan. (Heb. 11:6)

‘n Mens sal seker nooit ten volle verstaan wat die wonder en diepe geheimenis van gebed is nie. Die gebede van God se kinders word in Sy wierookbak opgevang en voor Sy aangesig geoffer. (Open.8:3)

Fokus met alles wat jy het op Hom wat sê: “Vra en vir julle sal gegee word; soek en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word.” (Mat.7:7) Dit is dieselfde Here wat vir ons sê: “As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die Hemel nog baie meer. Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.” (Luk.11:13)

Oor die vraag of God ag sal slaan op ons gebede die volgende: Hý het dan ons ore gemaak. Hoe sal Hy dan nie ons gebede hoor nie? Hy is opsoek na mense wat bereid is om op te staan deur ‘n beskermingsmuur te bou en sodoende vir ander mense in te tree. (Eseg. 22:30.)

Dit is ook Hy wat sê dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. (Luk.18:1)

Vir diegene wat swak en nietig voel – onthou: God sal ‘n geknakte riet nie breek nie en ‘n dowwe lamppit nie uitblus nie. (Jes.42:3)

Om te bid is om in Jesus die vrymoedigheid te hê om na God se genadetroon te gaan, sodat jy op die regte tyd gehelp kan word. (Heb.4:16)

Die beste offers wat voor God gebring kan word is ‘n gebroke gees en ‘n verslae hart. (Ps. 51:19)

Dit gaan nie oor mooi en baie woorde nie. Dit is die versugting van ‘n hart wat na God op soek is.

Lappies Labuschagne

Gebed is baie keer maar net die stotterende woorde van ‘n sondaar wat roep: “O, God, wees my, sondaar, genadig.” (Luk. 18:13)

Nie een van ons is God se guns werd nie, maar Hy skenk ons in Christus Jesus Sy genade. Kom en wees deel van God se gebedsleermag.

Onthou: Saterdagoggende 7vm en Woensdagaande 7nm.

ebedsimfonie Gebed is nooit die laaste uitweg nie, dit is die eerste prioriteit.

Waar mense in die Bybel sáámgebid het, het daar groot dinge gebeur.

moet jou lewe met gebed gevul word. Dit is die geestelike suurstof wat jou laat lééf! • * Vir meer besonderhede, skakel vir Lappies Labuschagne (072 188 8740) of Adri Pitzer (083 770 8374).

Dis in die bókamer waar die gelowiges sonderling saamgebind word met aanhoudende gebed en waar daar dan skielik ... die Hemelse geluid kom. Dis ’n stormwind-klank wat uit die hoogste blou afduik en die bidplek van hoek tot kant kom vul. Aanbidding wat God behaag, spruit uit ‘n gehoorsame hart voort Ons glo kerksondermure is geroep om doelgerig bymekaar te kom vir gebed. In antwoord op dié roeping kom ons elke Woensdagaand om 19:00 en elke Saterdag oggend om 07:00 vir gebedsimfonie bymekaar. Alle gemeentelede word beroep om eerstens in hul huise ‘n getroue ontmoetingstyd met God daar te stel en om dan verder saam met ons te kom bid op die bogenoemde tye. Moeder Teresa het gesê: “Hoe meer jy bid, hoe makliker word dit. Hoe makliker gebed word,hoe meer gaan jy bid.” Wil jy groei in geloof en wil jy waardevol wees vir die Koninkryk van God? Dan www.kerksondermure.org

8

ksm Okt/Nov 2011


lewe

Melanie Joubert

Filippense 4:7: “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”

Vrede wat alle verstand te bowe gaan is seker iets waarna ons almal strewe. Ongelukkig kan ons dit nie elke dag in ons stukkende en besige wêreld ervaar nie. Veral nie binne ons huishoudings, waar mense met verskillende persoonlikhede na aan mekaar leef en binne in mekaar se ruimte beweeg nie. En soms is dit selfs minder sigbaar binne die intieme huweliksverhouding. Daar word dikwels hardop gesug en gewens dat ons huise en verhoudings met ‘n bietjie meer vrede gepaard sal gaan.

• Onrealistiese verwagtinge is dikwels die oorsaak van teleurstellings en kwynende respek. Daarom moet ‘n huwelik gesien word as dít wat dit werklik is. • Kyk ‘n bietjie mooi na jouself in die spieël en onthou die bekende gedeelte in Matteus 7:3-5 oor die splinter in die oog van ‘n ander en die balk wat in jou eie oog sit. • Hou boek van die goeie. Onthou jou maat op sy of haar beste. Vier alles wat reg is en onthou om jou maat ruimte te gun om soms net te kan bestaan.

Voor ek getrou het, het ek altyd gesê ek gaan tussen my mansvriende soek om te sien met watter een se foute ek vir die res van my lewe kan saamleef. Mens vergeet so maklik dat dit juis die mooi, besonderse en selfs teenstrydige goed in ʼn persoon is wat jou die energie gee om al die giere en geite van daardie persoon te kan hanteer.

• Onvoorwaardelike respek. As gelowige vereis die Bybel dat jy jou man of vrou sal respekteer. Let wel - dit sê nie jou perfekte man of liefdevolle vrou nie. Daar is geen voorwaardes aan die opdrag gekoppel nie.

Dalk moet ons meer bewus raak van ons reaksies en terselfdertyd bereid wees om aan ons eie foute te werk. ‘n Maat stel soms teleur en maak ons soms seer. Ten spyte daarvan verwag God steeds van ons om ons huweliksmaats te respekteer, al is hy of sy nie perfek nie. Ons vergeet te maklik daardie dinge wat ons lief gemaak het vir ons maat in die eerste plek – die vrede wat gemoedsrus en samesyn gebring het. Dít het nie verdwyn nie. Dít is steeds daar. Gaan soek dit, bring dit terug en vier dit. Só vind ons vrede in ons harte oor die lewensmaat wat die Here aan ons gegee het.

• Bid, bid, bid … Oefen om positiewe gebede oor jou maat te bid. Sê vir die Here dankie vir die mooi dinge wat Hy in jou maat ingebou het. Volg dit op met bemoedigende woorde of briefies. Gebede vorm ons gees en bepaal wat in ons hart omgaan.

Gary Thomas het ‘n artikel in Lééf geskryf waarin hy die volgende punte noem wat ons kan help om ons huwelike meer te waardeer, te respekteer en te laat groei.

Vier al die mooi en kosbare goed in jou lewensmaat. Vier alles wat in julle huwelik uitgewerk het. Vier die lewe. Ek glo dat dít die energie en vrede gee wat nodig is om dinge, wat nie mooi en reg en kosbaar is nie, te kan hanteer. •

• Aanvaar dat jou lewensmaat voete van klei mag hê. In Jakobus 3:2 staan geskryf: “Ons struikel almal in baie opsigte.” Jy is juis daar om jou huweliksmaat op te help nadat hy of sy gestruikel het.

Miskien is daar ‘n verband tussen vrede en prioriteite. Wat is die belangrikste dinge in jou lewe? Hopelik sal ons almal na meer vrede in ons huwelike en onsself streef en dit regkry om met Jesus se oë na ons maat en onsself te kyk.

Captivating Vrouekamp 25 - 27 November 2011 Die Kasteel @ Cullinan Registrasie - Vrydag 25 November 2011, 10:00 - 12:00 Kostes - R500.00 (Verblyf & etes ingesluit) Navrae: Martie 078 451 3847 / Tina 072 020 9000 ksm Okt/Nov 2011

9

www.kerksondermure.org


Hopies

bring

Hoop

lewe

Kotie Steyn-Chieppa

“So moedeloos en verlore - en tog is daar Hoop! God se Genade werk dikwels anders as waarvoor mens hoop! Die jop waarna ek gesoek het, was nie vir my bedoel nie. Toe kom n' diensbare taak na my kant toe – die regpak van skenkings in ons klein stoor. My hoop het in klein hopies verander. Hopies klere. Hopies goeters. In hierdie hopies is daar Hoop vir dié wat koud, honger en sonder werk is. Van kleertjies vir pasgebore babas tot hopies XXXL-klere. Ek het járe laas aan babakleertjies gevat... Dankie Here – dat hierdie hopies klere my weer geleer het van Hoop Hoop wat nie beskaam nie!”

Ek het tussen hopies klere en goeters beland wat by die kerk afgelaai word en help nou om dit te sorteer en op die rakke in ons klein stoor te pak. Ek kan nie anders om te dink: 'Ons wik maar God Beskik' nie. Deur hierdie organisering is daar nou weer 'n nuwe dimensie aan my bestaan gegee. Ek is omring met ‘mense’. Nie mense in lewende lywe nie, maar die skenkings, mos aan mense behoort. Elkeen met sy eie storie. Só ook hulle wat klere nodig het - elkeen met 'n eie behoefte en ‘n eie lewensverhaal. Daar is talle besondere stories wat rondom ons stoor afspeel. Ek deel graag híérdie stories met julle: 'n Dame met al die nodige kwalifikasies en ondervinding is vir ‘n werksonderhoud genooi. Sy is uitgeknip vir die pos, maar sit al só lank sonder ‘n inkomste dat sy nie eens die >> One afternoon I was driving my car with one of the girls sleeping on the backseat after a long day at school while the other happily sung along to the radio. I looked up through a roof of green leaves of Jacaranda trees and saw the clear blue sky. Everything felt perfect. A real Kodak moment. For a moment it felt like the two children with me felt as content as I did. They felt loved, safe and happy. Then I thought about the previous night when I came home to a big fight. Nine girls each told me their side of the story and mentioned how bad everyone else was. I wasn't sure what to do, so I prayed. I prayed to stay calm and for words of wisdom of some sort. Not that I’m usually clever and stable enough to pray before I speak. I was just really tired. Then I thought about how beautiful the trees still looked in my mind. The mental picture suddenly became a sad one. It was as though the trees was saying: “We are beautiful. You recognize that because the brokenness has left your life and our beauty can’t disappear into hurting holes in your heart”. Then it all made sense. We should help those who are broken and sad until they can enjoy the beauty around them. When somebody has a inner storm that’s raging, the beauty on the outside does not make a difference. We must intentionally care and love and give. All of this should be within God’s Will. Only then you will know that He will fix www.kerksondermure.org

basiese kledingstukke vir haarself kan aanskaf nie. Gevolglik het ons vir haar klere uitgesit, sodat sy kon kies wat sy wou aantrek. Nodeloos om te sê - sy was stralend. Sy kon met vertroue die onderhoud bywoon en het die werk gekry. Prys die Here. Gemeentelede se skenkings het gehelp dat dié vrou vandag ‘n werk het. In ‘n ander geval het ons ‘n man op ‘n koue wintersoggend van die straat af ontvang. Hy was vuil en verwaarloos. Hy wou nie kos of geld hê nie. Net ‘n broek, 'n warm trui en 'n waslap. Ook hý kon danksy skenkings gehelp raak. • Vir die van julle wat wil betrokke raak by ons stoorbediening of bruikbare goed het om te skenk, kontak ons by stoor@ksm.co.za of 012 663 1610. everything that you mess up. While writing this I’m feeling vein, because I now that I have no authority to say these things. But what I do know, is that even though I am not a perfect loving Christian, the least I can do for the rest of my life is to try to be more like Jesus. The point is this: No matter what you do for a living, do it for the Glory of God! What is the most glorious thing to God? When His people love and share! It all boils down to trying to be more like Jesus. Love all of creation. Skin colour is irrelevant. * Sané is one of our youth workers that stay with the kids in the ECHO Girls House - she is currently studying at Tuks to become a social worker. • 'Ek het tydens ‘n Sondag-uitreik vir Jesus gesien. Hy was by ‘n huis in Villiera waar jong kinders saamwoon. Dié kinders raak onder moeilike omstandighede groot. Hulle het min of geen materiële luukshede, maar het Jesus se hart vir hulle medemens. Húlle doen wat Hy ons beveel. Reik uit, sien om na die weduwees en is Jesus se hande en voete. Hulle is Sy verteenwoordigers. Ek het dit daar gesien en beleef en my hart wou oorloop van dankbaarheid!” Danie en Benita Bosman

10

ksm Okt/Nov 2011


lewe

Vredevolle SMS’e

Alta Petersen

Wanneer ‘n mens ontevrede is met jouself of diegene rondom jou sukkel jy om God se vrede te ervaar. Om dié rede het ek betrokke geraak by ‘n bediening waar SMS’e gebruik word om mense, wie se vrede deur vrees oorheers word, te bemoedig. Ek het eerstehandse ondervinding op dié gebied. Glo my; ek weet waarvan ek praat as ek sê vrees beroof jou van God se vrede. Dit is juis in tye van vrees dat jy bemoediging nodig het. Huweliksverhoudings, of verhoudings met jou kinders, kollegas, bure, ander Christene, motoriste of wie ook al kan soms moeilik wees. Jy moet dalk net herinner word aan ‘n belofte van God om jou te herinner dat jy nie alleen in jou stryd is nie. Jesus het jou lief nes jy is, maar weet dat Hy jou nie so gaan los nie. Miskien is jy baie alleen en moet jy herinner word dat daar iemand is wat aan jou dink en wat jou opdra aan die Vader.

In ‘n ander geval wou ‘n man in ‘n skag afspring. Dít is in ‘n e-pos aan ‘n kollega gestuur. Die kollega het my laat weet en met die genade van God en die SMS’e besluit die man toe om nie te spring nie. Vandag lei hy ‘n bediening onder mans wat in buite-egtelike verhoudings betrokke is. Só kan ek baie verhale deel van hoe God eenvoudige SMS-boodskappe gebruik om mense se lewens te beïnvloed. “Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm ... Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk ... oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm”. (Judas: 22).

Dit bly ʼn wonderwerk hoe God elke SMS wat uitgestuur word gebruik om mense dadelik te bemoedig. Iemand het my laat weet sy wou selfmoord pleeg en het reeds met ‘n handvol pille en glas water in haar hand gestaan toe ʼn SMS-boodskap deurkom wat lees: “Wees stil en weet ek is die Heer.”

ʼn SMS spesiaal vir jou: “Mag die vrede van God jou hart en verstand vol maak, mag die genade van ons Here Jesus jou optrede bepaal en mag die Liefde van die Heilige Gees deur jou oë, lippe en dade weerkaats en aansteeklik word”. “Ek wens jou vrede toe.” (3 Joh:15)

* Gebruik gerus ons SMS-lyn van bemoediging. Die nommer is 072 104 0001.

Rock & Roll Loslitdag kerksondermure se personeel rock op loslitdag

ksm Okt/Nov 2011

11

www.kerksondermure.org


Charlene Franken

@ Hippolaan

kinderssondermure

Ons kinders se harte het weer warm geklop tydens die aanbieding van Hartklopsonderophou Kinderfees op 21 Augustus. Oom Karoolus & Lente se kuier by ons Peuter- en Kleuter maatjies het groot vreugde gebring. Die kindertjies het geleer dat Jesus hul Rots en veilige vesting is. Dat Hy hul name op Sy handpalm gegraveer het, omdat hul so spesiaal is.

Tiesie de Coning

@ Midstream

Die ander groot opwinding vir die dag was “ROC Ministries” se NEON poppeproduksie. Hierdie kunsvorm word gebruik om die Woord aan kinders op ‘n ander manier te verkondig. Oud en jonk was in vervoering, omdat Kammaland deur Lappop ontdek is! Sy het ‘n boom, Oupa Jaarring, ontmoet en hy het aan haar vertel dat God Die Hartklopsonnerophou Fees in Midstream was ʼn diep belewenis, waar bywoners se lewens onomkeerbaar aangeraak is deur kinders van Transoranje skool vir dowes en Prinshof Skool vir Blindes. Dit was voorwaar die begin van ʼn nuwe hartklop: ʼn Hartklop waar kinders van kerksondermure en Transoranje Instituut in gebed aan mekaar verbind is. Arina Jooste, die uitvoerende beampte van Transoranje, het die maats vertel wie en wat die Transoranje Instituut is. Donnovon, ʼn Graad 9-leeder van Prinshof, het Psalm 23 uit die Braille-Bybel voorgelees. ʼn Mens

www.kerksondermure.org

haar spesiaal gemaak het. Valie, die volstruis, het Lappop van goeie en slegte dinge geleer. Ongelukkig het sy in die slegte dinge vasgevang geraak. Sy kies om die waarheid van die Woord te gaan soek en ontvang die Gratis Geskenk toe sy God in haar lewe aanvaar. Die beste van die produksie was sekerlik toe Lappop haar naam ontdek het... Grace. As jou kind in die aand voor slaaptyd vir die soveelste keer haarself herhaal met die woorde: “Mamma, vandag was WOW! Die blomme, son, maan en sterre…”; dan wéét jy dat ‘n Gees vervulde boodskap jou kind vandag bereik het. Sy het ‘n Naam in Christus en sy het ook die Gratis Geskenk ontvang! • kon ʼn speld hoor val. Die kinders het grootoog gestaar en hier en daar het ʼn traan sommer vrylik sy pad wang-af gevind. ʼn Koor van dowe kinders in hul rooi baadjies het onder leiding van Juffrou Heleen met gebare en bewegings gesing. Ons het hulle in stilte toegejuig met ʼn “handeklap” waar duisende vingertjies hulle juigend toegewaai het! Sou jou oog op hierdie oomblik ʼn paar kinders se gesiggies vang, sou jy beslis die dawerende applous kon hoor! Dankie aan die Transoranje Instituut. Ons het skatryk geword! Julle het blywende herinneringe by ons gelaat en diep spore in ons harte getrap. • Nog foto's op bl. 17

12

ksm Okt/Nov 2011


kinderssondermure

Kleuters leer om Skepping te bewaar Die Oepse Daisy Leergroepie is Op 30 Augustus deur Tiesie, Alice en Charlene besoek. Die oomblik toe hulle by die hekke inry het die laaste koue gewyk en het dit ‘n pragtige lenteoggend geraak. Met die grootste glimlagte en stralende liefde het hulle die kindertjies ontmoet. Die kinders was nie eers skugter nie en het ons saam hartlik saamgesing oor hoe groot ons God is. Daarna was dit tyd vir poppespel. Die kindertjies het behoorlik aan die twee poppe se lippe gehang. Die een pop het aanhoudend die wêreld besoedel, terwyl die ander gesê het ons moet die Skepping bewaar. Tiesie het toe die verhaal van Adam en Eva op só ‘n praktiese manier vertel dat ek seker is hulle dit altyd sal onthou. Ek kon sien hoe die lig in die klein ogies begin ophelder en ek weet dat ons nie een van hulle moet verhinder om in God te glo nie. Na afloop van die kuiertjie weet die kindertjies dat ons die Koning se kinders is en oor die Skepping moet heers en dit mooi moet oppas. Hulle weet ook almal doen sonde en dat ons daaroor vir Jesus om vergifnis moet vra. Nadat ons afskeid geneem het van die drie vroue, het ek geweet dat hulle nog gereelde vriende van Oepse Daisy Leergroepie gaan raak.

Liefde Laurentia Vorster en al die Oepse Daisy kindertjies.

elke ie wat jy vir s t ie u o n is r Maatjies, hie del

et onthou: vingertjie mo

Baie dankie vir julle kosbare kuiertjie.

In die mid Middelvinger: boom was daar 'n van die tuin ag en Eva nie m waarvan Adam k o o . Ons mag geëet het nie ing God se skepp nie mors in er. na God luist nie en moet y swakste Ringvinger: M ek sonde nger sê: As vi s n o s A vir Jesus Wysvinger: en moet ek o d ewe. nie alles wat m my te verg o a vr het God gemaak ek Pinkie: Al is ie, n as p p o i o o m God klein, ek kan e. d n so s n o doen mooi se Skepping oppas. et h Duimpie: God alles goed gemaak!

ie Koning n – ons is d o o kr 'n k aa m pping! Alle vingers rs oor die Ske ee h et o m at se kinders w ksm Okt/Nov 2011

13

www.kerksondermure.org


kinderssondermure

STRAATSLAPERS Drina Beukes

Ons ry in Voortrekkerstraat af op pad huis toe na ‘n oordadige ete by die Tuscan BBQ waar ons Marie se sewentigste verjaarsdag gevier het. Op die sypaadjies lê hulle. Elkeen onder ‘n soort van bedekking. Dit wissel van ‘n ou kombers, ‘n stuk gehawende plastiek, ‘n stuk karton waarin eens ‘n luuksheid was. Hier lê hulle: Die ongelukkiges van wie die wêreld vergeet het. Ek bid saggies dat die Here my moet help om diegene, wat deur die wêreld vergeet is, se liggaamlike en siele honger te help stil. “Maar hoe Here?” Hoe moet dit nie voel om vanaand met ‘n maag te gaan slaap wat saamtrek van die honger nie? Hoe voel dit om soggens wakker te word met die son wat in jou oë skyn, terwyl jou lyf kramp en nog onthou hoe gisteraand se koue tot in jou murg en been ingetrek het? Hoe seer is ‘n lyf wat die heel aand op ‘n harde sypaadjie moes slaap? Ek kan my nie indink hoe dit moet wees om nie te kan opstaan en die elektriese ketel aan te skakel om vir my 'n koppie stomende koffie te maak nie. Ek weet nie hoe dit moet voel om nie na die badkamer toe te kan gaan om my nood te verlig nie. Om my gesig te was nie. Ek weet nie hoe dit moet voel om nie aan ‘n ontbyttafel te kan gaan sit om my honger te stil nie. Hoe dit moet voel om wakker te word en te weet dat my vrou en kinders weer ‘n dag sonder kos moet wees, omdat ek gister weer nie ‘n werkie kon kry nie. Ek weet nie hoe dit moet wees om ‘n hoofpyn (dikwels van honger) te hê en nie my hand na die pille in die badkamerkassie kan uitsteek nie. Hoe dit moet wees om winternagte om te worstel met ‘n hewige griep of verkoue waarvoor ek geen medikasie kan bekostig nie. Dít wyl my enigste beskerming ‘n skrapse kombers of ‘n stuk karton is. Ek weet nie hoe dit moet voel om aan te klop by ‘n huis en te vra: “Miesies ek is honger, het jy nie asseblief vir my ‘n stukkie kos nie.” Hoe voel dit om kru weggewys te word? Ek kan dink dat só ‘n lewe daartoe kan lei dat haat en verbittering in my binneste sal begin vorm teen diegene wat my op só ‘n onmenslike wyse behandel. Dit kan my laat twyfel aan die bestaan van ‘n God wat ons alles in Sy Woord belowe. ‘n God wat ons beveel om Hom bo alles lief te hê en ons naaste soos onsself.

Ek weet nie hoe dit is om verby die huise te loop wat spreek van gemak en weelde en met begerige oë na binne te loer nie. Hoe dit is om te sien hoe die mense se kinders met weelderige speelgoed speel en mors met kos, terwyl my kinders af en toe hulle honger met 'n bietjie mieliepap moet stil nie. Ek weet nie hoe dit voel om met oorgawe die afskaffing van Apartheid te vier met die vertroue dat ‘n beter lewe wag nie. Hoe die teleurstelling voel van beloftes wat nie nagekom is nie. Hoe dit voel om toe te kyk hoe ‘n handjievol van my nasie se mense hulself verryk en net soos die wit mense in weelde lewe, terwyl ons ander dag vir dag armer word en ons nood elke dag groter. Dan word ons uitgeroep na die inbraak waartydens die huiseienaar teruggeskiet het en die rower in die been getref het. Ek kniel langs Phiso waar hy op die vloer van die huis, waar hy ingebreek het, lê. Die huiseienaar staan langs hom en sy oë is vol trane. Dis die eerste keer dat hy ‘n ander só leed aangedoen het. Hy verduidelik dat hy nie anders kon nie, want sy vrou en kinders se lewens was in gevaar. Hy vra Phiso om vergifnis vir die pyn wat hy hom aangedoen het. Ek laat sak my kop en bid woordeloos oor die onsinnige geweld wat besig is om alle menslikheid in ons samelewing te versmoor. Phiso kyk met pyn gevulde oë na my en sê: “Miesies ek kon nie anders nie. Ek was so honger en die kinders by die huis huil omdat hulle nie kos het om te eet nie. Toe die twee manne by my kom en vra of ek ‘n vinnige geldjie wil verdien, het ek ingestem. Miesies ek kon nie anders nie. Dit was my enigste uitweg.” Skaamte neem van my besit en ek vra: “ Here hoe kan die man amper 20 jaar nadat Apartheid afgeskaf is, nogsteeds vir my as “miesies” aanspreek? Het ons minagting van hulle menswees so diep vasgeslaan in hulle gemoed dat hulle nie kan wegkom van die vernederende aanspreekvorm as hulle met blankes te doen kry nie? Here hoe sal ons ooit losgemaak word van ons verskriklike verlede?” Ek wonder wat het geword van Jesus se opdrag dat ons vir mekaar moet sorg? Wat het geword van Sy opdrag dat ons ons oorvloed met hulle, wat niks het om van te lewe, moet deel. Ek laat sak my kop in skaamte voor ons Heer wat Sy lewe vir my en jou gegee het, want ek wil nie eens my oorvloedige besittings met die uitgeworpenes van die samelewing deel nie. •

Ek weet nie hoe dit voel om uitgesluit te wees as die “naaste” waarvan die Bybel praat nie.

www.kerksondermure.org

14

ksm Okt/Nov 2011


Dit was 'n dag deur God beplan. Sy almag en heiligheid is die heeldag ervaar. Jesus Christus se Hand was daar, want alles het glad verloop en vir Hom gee ons al die eer dat ons God kon Beleef. Marzanne Leroux-van der Boon vertel ons van Israel.

300 vroue met lofprysing

Elise Bosch deel haar passie vir Hillbrow met ons. Hoe sy God se teenwoordigheid ervaar en sien in die trauma van haweloosheid en armoede van arm, swaarkry mense in Hillbrow.

Suzanne se hoede het saam stories vertel

Ds. Cassie vertel dat ons God en Christus slegs 24/7 kan beleef as ons met die Heilige Gees gevul is, as ons

Marzanne Leroux-van der Boon

Vroue Vreugdefees Elise Bosch

Amanda & Wilna

Marzanne & Cassie

Beleef God Leanda

2 0 1 1

VVF Vriendinne geniet middagete

weet hoe om die drie grootste /beginsels van 'money, sex en power' te verstaan en as ons met God saamwerk en elke area van die


Beleef God

Karin & Ina

Suzanne (seremonie meester)

Vroue Vreugdefees

Rustige middagete buite & lekker gesels

lewe met die hemel infiltreer. Eers dan sal ons kan sĂŞ: My lewe is Christus (Kol3:4). Dankie aan elkeen van die dames, wat as instrument in God se hand hierdie dag moontlik gemaak het. Ons wens jul die Here se seĂŤn, genade en liefde toe.

Beleef God Hanlie

Amanda Loftus

2 0 1 1

kerksondermure lofdansgroep

Vreugdefees Ina & Inamari

Ds Cassie


kinderssondermure

LENTELOFPRYSINGSAAND

Charlene Franken

Dis heerlike lente, die winter is verby! Die breek van ʼn nuwe seisoen, wat ons almagtige Skepper in Sy hand hou, is beslis genoeg rede vir ʼn lentelofprysingsaand vir kinders! Op Vrydag, 2 September, het maats die Here geloof en prys omdat Hy vir ons lief en goed is. Die volwasse lofdansers en die sjamag-maats het saam met ons die Here geprys. Ons het lofpsalms gelees en met glow sticks in die hand gespring tot eer van ons groot God! Op pad huis toe het dit steeds in ons ore weerklink: “Ek spring soos popcorn as ek vir Jesus spring, popcorn as ek vir Jesus sing...” Mag ons Vader se lof en eer altyd in kerksondermure op kinders se lippe wees! Aan Hom kom die heerlikheid en eer toe van nou af tot in ewigheid.

ksm Okt/Nov 2011

17

www.kerksondermure.org


kinderssondermure

Kinderbediening reik uit na Mosambiek

Charlene Franken

“Bondia!” Word ek hartlik gegroet op Saterdag, 23 Julie in Maputo. Ek is veilig vanuit Suid-Afrika op my eerste dag van reis deur Mosambiek. Ek is oppad na Lichinga, wat in die verre noorde van Mosambiek naby die Malawi-meer, geleë is. Ongeveer 200 sendelinge is in dié gebied werksaam om die Woord onder die plaaslike gemeenskap te verkondig.

getroue God dat ek ‘n vier dag program, van 3 sessies per dag, kon saamstel. Ons het twee tema’s vir die week hanteer - lofprysing en wapenrusting.

Alfred en Belinda Paetzold woon ook in die distrik. Hulle is ‘n Suid-Afrikaanse gesin wat as sendelinge werksaam is en deur ons gemeente ondersteun word. Belinda het ons gemeente genader om te hoor of iemand nie beskikbaar sou wees om tydens die “Spiritual Life Conference” (SIM Organisasie*), ‘n kinderprogram te kom aanbied nie. Die sendeling-gesinne vind dit moeilik om as man en vrou die konferensies by te woon, omdat hul kinders nie altyd versorg/opgepas word nie.

Die groep van 8 kinders het elkeen 'n kindersondermure- rugsak met ‘n aktiwiteitsboek en kleurpotlode ontvang. Elke dag het hul ook die geleentheid gehad om ‘n musiekinstrument te maak. Wat vir my opvallend was van die week, was die kinders se tevredenheid met wat hul het. Met ‘n selfgemaakte dobbelsteen vir die speletjies, ‘n trompet van karton en papier, ‘n blik drom en hout harp het ek net weer opnuut weer besef: Eenvoud is die vreugde van die lewe!

Nadat ek goed oor die saak gedink en gebid het, is ek met ‘n tevrede hart na die geleentheid toe.

Soos die week aangestap het, het ek God se teenwoordigheid elke dag meer beleef. ‘n Vader wat my wakker maak met beloftes uit Psalm 18:33 en Romeine 8:28. ‘n Vader wat my pad veilig hou met Hebreërs 13:5. Ek kyk met nuwe oë na sendelinge, omdat ek iets van hul leefwêreld beleef het. Ek weet ook dat ‘n sendeling by die naam geroep word en God sê: “Jy is Myne.” •

Die konferensie het plaasgevind op Muapula naby Lichinga. Nadat ons die tweede dag van Maputo na Lichinga gevlieg het en vir omtrent vier ure aan 186km se pad gery het, het ons in Muapula aangekom. My week het afgeskop met voorbereiding vir die program. Gelukkig het die krat met hulpmiddels Muapula veilig bereik. Een van die grootste uitdagings vir die week was om ‘n geesvervulde Engelse program vir Sendeling-kinders saam te stel. Die ander uitdaging was die groot ouderdomsverskil van die groep. Dit het gewissel van 2½ tot 17 jaar! Maar ons dien so ‘n goeie en www.kerksondermure.org

* Serving in Mission (SIM) reik reeds vir meer as 100 jaar uit in ‘n poging om die verhaal van Jesus Christus te verkondig. Die Boodskap word aan mense van verskillende nasies, rasse en taalgroepe bedien in ‘n poging om Hoop na die wêreld te bring. Dié hoop is gevestig in God se genade en Geloof in Jesus Christus as Verlosser vir almal. (www.sim.org.za) 18

ksm Okt/Nov 2011


kinderssondermure

Kinderbediening reik op Loslitdag uit na Maranata Bana.

ksm Okt/Nov 2011

19

www.kerksondermure.org


bly vs woon Dis ‘n ou vers. Honderde jare om die waarheid te sê. Dit is al telkemale opgesê, voorgelees, op Bybelkaartjies, boekmerke en yskasmagnete gedruk en in SMS’e aangehaal. Pragtig: Jesus het ons net so lief as wat die hemelse Vader Hom liefhet (dis ver-bo-die-begrip-wonderlik). Hy sê ons moet in hierdie liefde - van Hom vir ons - bly en daaraan vashou. Ons mag nooit daarvan vergeet nie. So sit ek nou die oggend en dink oor hierdie vers. Dit was nog vroeg op ‘n weeksoggend. Die Gautrein sou nie vir my wag as ek nog ‘n bietjie langer onder die leeslamp in ons sitkamer talm nie, maar dit was okay. Oor 12 min kom daar mos nog een…

Joh. 15:9 Susan Terblanché

“Bly”. Een van my pet peeves, is as iemand vertel dat soen-so in Vinkiestraat 3 bly. Volgens my woon iemand in ‘n plek, hy bly nie daar nie. Behalwe as dit vir ‘n kort tydjie is soos in ‘n hotel op ‘n sakebesoek, of as hy by sy skoonouers gaan kuier. Op my eentjie wonder ek toe hoe die vers sou geklink het as dit vertaal was na: “Julle moet in my liefde woon.” En wat sou dit dan beteken? Met “woon” in plaas van “bly”, sal Jesus se liefde mos ons permanente omgewing moet word. Ek skat ons sal dit dan raaksien deur die lewe rondom ons vars en innoverend waar te neem, soos die natuur, ons besittings, ons prestasies en ons seëninge. In die natuur kan ‘n mens, sonder inspanning, God se kreatiwiteit, wysheid en humor opmerk. ‘n Vinnige voorraadopname van ons besittings sal die meeste van ons laat besef dat ons veel meer het as miljoene ander in die wêreld. Prestasies kan strek van jou werksbevordering tot die suksesvolle maak van ‘n spul koeksisters; terwyl Jesus se liefde in seëninge ook ‘n goeie man, ‘n betroubare vriendin of jou standvastige inkomste kan beteken. Sy liefde beteken nie net dat Hy lief voel vir ons nie, Hy sorg ook vir ons op allerlei maniere. Deur net ‘n bietjie dieper te kyk vind ek dié maniere is gewoonlik meer voor-die-handliggend as wat ek besef. Selfs negatiewe omstandighede behoort ons nie uit die woning van sy liefde te dryf nie, anders as wat ‘n aardbewing of orkaan met ons fisiese woonplekke kan regkry. Maar gedagtes en emosies, ons innerlike omgewing, is mos net so deel van waar ons woon (vir party van ons nÓg meer

1983: “Soos die Vader my liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly.” NLV: “Soos die Vader my liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet aan my liefde verbonde bly.” AMP: “I have loved you, [just] as the Father has loved Me; abide in My love [continue in His love with Me].” so as vir ander – veral as jy een van daai mense is wat “in jou kop” leef…). Miskien manifesteer Jesus se liefde, waarin Hy wil hê ons moet woon, in die selfbeheersing om op te hou rook; of in die wyse oomblik van konflikhantering tydens ‘n meningsverskil met jou tiener; of in die “feel good”-gevoel na ‘n romantiese fliek met ‘n gelukkige einde… Ek dink Jesus wil hê dat Sy liefde ál ons gedagtes moet vul, van hoek tot kant. Nes jy jou eie huis vul met jou versierings, jou meubels en jouself. Helaas. Die Bybel sê bly en nie woon nie en ek is seker die vertalers sal die redes goed kan verklaar. Hoe ook al, ek hou daarvan om dit te lees as woon. Dis my nuwe pet pleasure.• www.kerksondermure.org

20

ksm Okt/Nov 2011


welkom

W a n d e l e n d e woord verwerker in wording

Ons KSM-maandblad se nuwe taalversorger is ‘n storiemens. Dit is dus nie moeilik om te verstaan hoekom Susan Botes so lief is vir die Bybel nie. Dié boek is immers propvol stories van gewone mense wat gebruik is om ‘n ongewone God se Wil te laat geskied. “God is die draaiboekskrywer van elke Christen se lewe. Soos dit ‘n lekker soppy Afrikaanse liefdesverhaal betaam is ons as karakters nie aldag ewe oulik nie. Soms is ons baie hardkoppig en dwars. Ten spyte daarvan bly die Skrywer voortskryf tot genoegsame karakterontwikkeling plaasgevind het vir ‘n pragtige einde,” sê Susan. “Natuurlik is sommige verhale bra vervelig, maar ek glo elkeen van ons kan tog ‘n mooi verhaal hê as ons nie bang is vir verandering nie.

spore in die kantoor agtergelaat het. En ek? Ek rebelleer gewoonlik teen subredakteurs se rigiede taalreëls. ‘n Egte weerspieëling van die verhaal is vir my belangriker is as die taalkundigheid daarvan. Gelukkig is ek net een van ‘n span kundige oë wat julle kopie sal betrag. Hopelik sal ons al die taalgoggas kan vasvat, en ‘n lekker leesbare produk lewer.” Susan het ‘n BA(hons.) in Joernalistiek aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) verwerf in die dae toe dit nog as die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) bekend gestaan het. Sedertdien het sy draaie gestap deur Die Laevelder (Nelspruit), Beeld, Sowetan en Farmer’s Weekly se kantore. Vir die afgelope vier jaar is sy ‘n trotse redaksie-lid van Landbouweekblad en erken ruiterlik dat als wat met kos verband hou na aan haar hart – en maag – lê. Nuus en woorde is nie Susan se enigste passies in die lewe nie. Haar gesin lê teen haar hart, selfs al is hulle nou oor die hele land versprei. Met ouers in Bethal (Mpumalanga), ‘n ouboet in Kaapstad en ‘n kleinboet in Pietermaritzburg sukkel dit maar om almal op bymekaar te kry. Wat stokperdjies betref het Susan onlangs weer haar balletskoene afgestof en soos ‘n ware plattelander sê sy selde nee dankie vir ‘n aandjie se lang arm. Scuba duik is nog ‘n redelike nuwe liefde in haar lewe, maar Susan het reeds wonderlike duikersvriende gemaak wat die duikwater as ‘n vrugbare sendingveld beskou. “Dalk neem ons daai storie van vissers van mense ‘n bietjie te letterlik op, maar dis soms ‘n makliker plek vir mense om oor God te praat as in die stywe kerkbanke,” sê sy skertsend. Een van haar duik hoogtepunte was toe sy en haar duikersvriende ‘n kruis op Miracle Waters (‘n ou myngat naby Brits) se bodem geplant het. Tussendeur is die handboeke ook vanjaar weer nadergetrek toe sy Bcom (Regte) deur Unisa begin studeer het. “Studies is nooit maklik nie, maar dis lekker om weer ‘n student genoem te word. Skielik voel dit of ek kan wegkom met enige kattekwaad!” Met dié klein blikkie op haar lewe sit Susan terug in die stoel en glimlag. “Ek het seker nou genoeg gedeel? Kom ons hoop die gemeente glo in wederkerige mededeelsaamheid en dat die kopie sal instroom!” •

Hoe versoen sy dié lewensfilosofie met die KSM-artikels? “Elke artikel binne KSM is eintlik ‘n grepie uit ‘n paar karakters se lewens wat hulle met ons, as medelidmate, deel. Ek dink nie ons besef aldag hoe kosbaar dit is dat mense soveel vertroue in ons plaas nie.” Om dié rede is dit dan ook nie verbasend dat sy met opwinding uitsien na die kopie wat vir die volgende uitgawe van KSM gaan instroom nie. Susan is reeds vir jare ‘n joernalis, maar dit is die eerste keer dat sy die titel van taalversorger om haar nek hang. “Ek moet erken dat ek ietwat benoud is. Klink of oorlede oom Johan Meyer diep ksm Okt/Nov 2011

21

www.kerksondermure.org


Belinda Ackermann

wie is wie

AndrĂŠ v Zyl

Rudi Willemse

Marietjie Swanepoel Christiaan Bornman

Adrie Krugel

Charmaine Broodryk

Theo v Zyl

Colin Smith

David Kleynhans

Groepleiers

Eugene Hugo

Su-Anne Makkink

Robin v Biljon

Rhoda Pretorius

Manie Barnard

Francois Jordaan Sue-Ann vd List Johan Jansen v Rensburg

Louis Hager

Drikus Greyling

Wayne Renkin

www.kerksondermure.org

Marianne v Zyl 22

ksm Okt/Nov 2011


kerksondermure

kerksondermure

een gemeente op meer plekke!

Fanie Venter

Erwin McManus skryf: “The devine potential of a moment is unlocked by the choices we make”. Die keuses wat ons uitoefen in ‘n oomblik kan die pad vorentoe bepaal. Die regte besluit op die regte tyd skep dikwels vir mense en gemeenskappe ‘n toekoms. Die betekenis en invloed van ‘n keuse word dikwels eers heelwat later gesien. Wanneer ‘n mens die geskiedenis van kerksondermure oordink staan ‘n paar mylpale uit. Oomblikke wat die toekoms van kerksondermure ingrypend verander het. Oomblikke waarin kerksondermure, deur die Here se genade, die regte besluit op die regte tyd geneem het. Soos die besluit om betrokke te raak by die nood van ‘n stukkende wêreld. Die besluit het mettertyd beteken dat die gemeente homself al hoe meer as ‘n gestuurde gemeente gesien het. Dit is ‘n gemeente wat deur Jesus gestuur is om Sy mense en Sy wêreld saam met Hom heel te maak. Die besluit om ‘n prominente plek aan die bediening van kinders en tieners toe te ken, was ‘n verdere besluit wat Goddelike potensiaal ontsluit het. In 2006 het ons gemeente ‘n naam ontvang wat pas by dit wat ons glo God wil hê ons moet wees. As getroue Vader is Hy die afgelope paar jaar besig om ons al hoe meer by ons naam te laat pas: kerksondermure, waar en waardeur lewens verander!

ksm Okt/Nov 2011

23

En nou, so glo ons, staan kerksondermure weer by só ‘n waterskeiding. Tradisioneel sal 'n groeiende gemeente óf afstig óf groter geboue bou om by groei aan te pas. In plaas van die tradisionele model kies ons om “een gemeente op meer plekke” te wees. Dis belangrik om te verstaan dat hierdie keuse nie ‘n strategie is om groter en groter te groei nie. Dit is ‘n keuse om beter en beter te wees en te doen waarvoor ons geroep is: ‘n gemeente wat effektief by God se stukkende mense en wêreld uitkom. Dit gaan daaroor om meer “lanseerbasisse” te vestig waaruit gestuurde lidmate ‘n sterker koninkryk invloed hê. “Een gemeente op meer plekke” sê presies wat dit is. Dit is een gemeente. Nie ‘n aantal onafhanklike gemeentes met ‘n losse verbintenis nie. Dit is één gemeente op verskillende plekke waar almal een visie deel en waar dieselfde leierskap rigting gee. Die begroting en gemeenteraad is ook gemeenskaplik. Ons het nie hierdie opwindende pad gekies om groter en groter te raak nie. Ook nie om snaaks of anders te wees nie. Dit gaan oor gehoorsaamheid aan ons roeping. Jesus se lewe, sy woorde en bediening, herinner ons daaraan dat dit gaan oor die kleintjies, die verlore skape, die geringstes, die stukkendes. Die gemeente is God se strategie om by hulle uit te kom, ongeag of dit op een of baie plekke is. •

www.kerksondermure.org


omgeegroepnotas Daar’s iets aan gee.

Die avontuur gebeur dan as dr. Hudson byvoorbeeld tydens ’n operasie onverwags en onverklaarbaar ’n prosedure sou ‘sien’ en uitvoer wat totaal vreemd en vér voor sy tyd was. Hy het op die geheim van ‘die Vader se beloning’ afgekom en sy geheime joernaal was eintlik sy studie van die eienaardige verskynsel.

’n Geslag of drie gelede het ‘n treffer-storieboek die wêreld ten opsigte van die aksie van gee wakkergeruk. Die boek was Doctor Hudson’s Secret Journal en is in 1939 deur Lloyd C. Douglas geskryf. Die eienaardigheid is dat dit eintlik ’n opvolg op die trefferboek Magnificent Obsession was wat Douglas tien jaar tevore geskryf het. In daardie boek ‘Obsession’ ontsyfer die hoofkarakter die geheime joernaal van die oorlede breinchirurg, dr. Hudson, en leer hy die verbasende geheime van ‘gee’ ken. Toeka was dit ‘n blitsverkoperDouglas se lesers het so gekerm om die Secret Journal te kry dat hy later spesiaal vir hulle ene geskryf het.

Die storie was toe al die tyd waar. Mense vind vandag nog uit van die geheim van gee in die geheim. Nou wonder ek net. As vrede ook gegee kan word... in geheimhouding volgens die paadjie wat die hemelse Vader jou lei... Wat skryf jý in jou geheime joernaal?

Die grootste verrassing was egter dat die skrywer die hooftema uit Jesus se mond gaan haal het. Spesifiek Matteus 6:1-4 waar die Here ‘n hemelse geheim openbaar. Die avonture van dr. Hudson wat lesers (en later fliekgangers en televisiereeks-kykers) vasgenael laat sit het, het ’n onmiskenbare hemelse geurtjie. Jesus sê: “Moenie doen wat God verwag net om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemele is nie. As julle byvoorbeeld armes help moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” By dr. Hudson het dit só gewerk: As hy uitgevind het iemand het nood, soos ‘n arm kind wat nie kan studeer nie as gevolg van finansiële tekorte, sou die geld eenvoudig anoniem by die kind opdaag. Altyd in die grootste geheimhouding.

www.kerksondermure.org

Byvoorbeeld rêrige, voelbare vrede in jou huwelik – as ek in my kop en in my hart loop en dink wat my maat die ‘streling van engelvlerke’ sal laat voel. En hoe ek dit anoniem kan bewerkstellig en dan dophou vir die Vader se reaksie daarop. Kan ek geheime vrede aan my familie gee? Vrede in my selgroep? Vrede by my lessenaar? Vrede in my kerk? Vrede in my land? En dan kom die Vader, stilweg. En Hy vat aan my. • Hannes Gildenhuys

24

ksm Okt/Nov 2011


onthou jy oesfees 2010

30 Oktober 2011 Oesfees @ HoĂŤrskool Zwartkop

Saam met

Retief Burger & KrissTel. Lof en aanbidding begin 10:00 Bring asb jou eie stoele, sambrele, eetgerei en drinkgoed (en sonbrandmiddel) saam. Navrae: info@ksm.co.za ksm Okt/Nov 2011

25

www.kerksondermure.org


pretblad Handig jou antwoord voor 21 Nov 2011 by die kerkkantoor in... Naam: Kontak nommer:

9 3 8 2

rys P k e o B vir terblad Sien ag ligting meer in

2 6

3 1 2

7 9 5 1 5 9 4 5 1 7 2

6 7 1 2

5 2 3 3

5

7

inkleur aktiwiteit

Danie Cronje

m e e s t e r

www.kerksondermure.org

26

ksm Okt/Nov 2011


advertensies

ksm Okt/Nov 2011

27

www.kerksondermure.org


advertensies

Want to be a Beauty Therapist? Seta and ITEC Accredited Modular Courses Enrol Now 012 667-6569 82 Jean Avenue Doringkloof seugnette@successinternational.co.za www.beautysense.webs.com

Huis & Kantoor: Verbeterings & Aanbouings Loodgieterwerk Waterdigting “Dry-walling” Verfwerk Plaveisel Teëlwerk Staalwerk

Skakel: Gerhard: 082 932 0426 012 653 0120 (na ure) e-pos: dritech68@gmail.com

Vryheid is die enigste grond waarin die mens se denke kan groei en waarin ons ons potensiaal ten volle bereik. - James Burns -

www.kerksondermure.org

28

ksm Okt/Nov 2011


advertensies

Vind jou vrede in diĂŠ wete:

as jy God nie verloor het nie, het jy nog niks verloor nie. - JS Holden -

ksm Okt/Nov 2011

29

www.kerksondermure.org


advertensies

Cheetah Pools Tel: 012 664 7909 - Fax 012 664 7918 e-mail: cheetah03@netactive.co.za Cell Theuns 082 468 9128 Kenhardt 083 305 3804 20 DF Malan Ave Lyttleton

* Renovating of existing Pool & Spa’s * Electrical & Solar Heating * Salt Chlorinaters * Ponds * Re-marbalite * * Swimming Pool Products and Equipment * Covers & Blankets * Pump & Filter Systems * Total Revamps * Leaks * New Pools * Members of Centurion Business Chambers

www.kerksondermure.org

30

ksm Okt/Nov 2011


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.