KSM Desember

Page 1

Desember/Januarie 2011/12 Uitgawe 80

GeseĂŤnde Christ usfees & Voorspoedige 2012


van die redaksie

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

Desember 2011/Januarie 2012 UITGAWE 80

Hugo Weich

Ander tipe geskenke vir Kersfees... Een kersoggend het twee seuns, Marco en Johan, feitlik identiese blinknuwe fietse ontvang. Rooies met klokkies op die linkerkantste handvatsels. Dié fietse was só eenders dat hulle skaars uitmekaar geken kon word. Dit het egter nie so gebly nie. Binne 'n week het alles verander. Terwyl Marco se fiets nog skitterblink en nuut gelyk het, was Johan s'n reeds stukkend en verniel. Dit het gelyk asof dié fiets al vir jare gebruik was, omdat Johan die bosserige grondpaaie bo teerpaaie verkies het. Soortgelyk ontvang ons ook geskenke, al is dit 'n bietjie anders. Dié geskenke is geleenthede wat ons kan benut; tyd wat ons kan gebruik; vriendskappe om te waardeer. Die groot vraag wat voor ons staan is: Wat gaan ons daarmee doen? Natuurlik is ons nie verantwoordelik vir alles wat op ons lewenspad geplaas word nie. Daar is talle dinge waarvoor ons nie gesoek het nie. Ons sal weë moet bewandel wat ons nie gekies het nie. Selfs al kan ons nie die pad kies nie, kan ons darem die ingesteldheid, entoesiasme, toewyding en visie wat ons vir dié reis pak kies. Dit bring natuurlik vele vrae na die oppervlak: Wat wil ons eintlik uit die lewe hê? Wat verwag ons van vriende? Wat moet ons werk vir ons beteken? Oor soveel dinge twyfel ek: Sal ek die liggaamlike krag hê om voort te gaan of sal ek maar moet bedank? Sal ek die verhoging kry of sal iemand anders dit kry? Die lysie van onduidelikhede is baie lank. Die lysie van dinge waaroor ek twyfel is moontlik selfs langer. Ons weet nie wat gaan kom nie, maar ons weet wel Wié kom. Ook dat Hy juis in en deur die dinge wat nog oor my pad gaan kom, tot my spreek en met my handel. Dinge wat met my gebeur is nooit stom en sprakeloos nie. Dit het 'n daadwerklike invloed op die toekoms. 'n Gesin of individu het gister nog aan 'n bepaalde toekoms beplan. Hulle was blymoedig oor die feit dat almal gesond en bymekaar was. Vandag is dit dalk nie meer so nie. Ek het geen beheer oor een kant van die lewe nie. Daar is egter 'n ander kant. Daaroor het ek 'n mate van beheer. Oor dié kant moet ek telkens besin. Is ek besig om my kant te bring? Gee ek my beste? Verstaan ek wat dit is om deel te wees van ’n geloofsgemeenskap wat met blydskap die Koninkryk van God oral uitleef? In die komende tyd gaan jy geskenke deel en ontvang. Dit is egter nodig om te besin oor die grootste geskenk wat ooit gegee is: Christus se lewe sodat ons kan lewe. Die wete dat Hy, wat gekom het en weer sal kom, reeds al my skuld betaal het is wonderlik. Dit plaas egter weer 'n verantwoordelikheid op my skouers dat ek my v.dat ek my lewe as dienende gelowige sal leef. Veronderstel ons elkeen het 'n denkbeeldige fiets ontvang. Waar en hoe gaan jy ry? Geseënde Kersfees van die

KSM

Redaksie.

ksm Des'11/Jan'12

1

die redaksie Redakteur

Hugo Weich

Bladuitleg

Nadia Strydom

Taalversorger

Susan Botes

Finansies

Anne-Retha Smith

Drukkers

MINIT Print

E-pos: info@ksm.co.za Webtuiste: www.kerksondermure.org Tel: 012 663 2003 Faks: 012 663 3121 Die redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig wat medewerkers en adverteerders in die ksm uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg.

Indeks Christusfees: 'n Anderste Hartklop

bl 2

Geseënde Christusfees

bl 2

Kom lééf jou diensbaarheid in kinderbediening

bl 3

Desember vakansie = Liggietyd

bl 4

Boodskap van Uitreikbediening

bl 4

Dienstye vir Des 2011/ Jan 2012 bl 5 Belangrike datums

bl 6

Welkom aan Ria Mardon

bl 7

Advertensies

bl 8

Kersfees is Christus se handtekening wat op ons harte gegraveer is. Dit herinner ons jaar na jaar dat God nie meer 'n vreemdeling vir ons is nie.

- CL Allan & CL Wallis -

www.kerksondermure.org


Christusfees:

Christusfees

'n Anderse hartklop

Jesus se geboorte - die menswording van God - het als kom verander. Dís die hart van Kersfees. En iets van die hart van God word deur hierdie Kersfeeshart aan ons gewys.

Met die geboorte van Jesus kom wys God ons dat Sý werkswyse anders as dié van die wêreld is. Jesus is gebore in 'n wêreld waar keiser Augustus en ander magtiges die oorhand gevoer het. Dié manne kon ander se lot met die draai van 'n duim bepaal. God werk anders. 'n Baba, 'n krip en 'n stal. Dís hoe Jesus se verhaal begin. Wanneer die prentjie van nader beskou word, besef mens dat daar 'n skaduwee oor die krip hang. Die skadu van 'n kruis. Dié baba was gebore om te sterf. Iets wat onsinnig en dwaas vir die magtiges gelyk het. Dit is egter nie dwaas vir iemand wat al vir Jesus ontmoet het en met 'n geloofsoog na die gebeure kyk nie. Vir gelowiges getuig dié verhaal van God se krag (1 Kor 1:25). Met die geboorte van Jesus sien ons hoe die naam Immanuel, God met ons, ’n realiteit word. God is verhewe en heilig; onverklaar-

Fanie Venter baar en onbeskryflik. Hy is die Een voor wie serafs hulle gesigte bedek en oor wie engele sing. Die Een voor wie herders en wyse manne buig en hulde bring. Hý is by ons en het Hom met aardbewoners vereenselwig. Die ewige God ken my naam, my drome en my vrese. Wanneer ek sukkel, het Hy begrip. Wanneer ek slaag vier Hy dit. Wanneer ek val help Hy my op. Wanneer ek ly, het Hy medelye. Hy loop, leef, ly en werk saam met my. Die Kersfeesverhaal beëindig nie die mensdom se verhale van honger, nood en swaarkry nie. Ons weet nie hoeveel pyn nog voorlê nie. Ons weet nie altyd mooi hoe die storie in mekaar steek nie. Tog weet ons dat ons reeds die Slotwoord gesien het. Immanuel. God met ons. Mag jy hierdie kersfees vir God weer op 'n nuwe manier raaksien. Wanneer jy ervaar hoe heerlik anders Hy is, word jy genooi om te doen wat die herders en wyse manne gedoen het: Verwelkom Hom in jou lewe in. Jesus is in my gebore en dit het alles verander. God het mens geword en my lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. •

Geseënde Christusfees

Die afgelope kwartaal het super duper spoorsnyers in die stofpad na Josef en Maria, die skaapwagters en die sterrekykers se spore gesoek. Helaas het elke spoor ons na die Kind in die krip gelei. 'n Geboorte wat diep spore in ons harte gelaat het. Hy het gekom vir skaapwagters, oftewel doodgewone mense. Die gewone ou wat soms niks meer as die droogmaker-van-die-jaar toekenning te wagte kan wees nie! Hy het vir mý gekom! Saam met die skaapwagters was ons diep bly oor Jesus se geboorte. Hulle haas om in Bethlehem te kom en ander te vertel was aansteeklik. Ons wou ook vertel dat Jesus vir álmal gekom het.

Jesus, die Heer.” Só het kinderstemme weerklink toe ons ook aan Jesus alles gegee het. Ons het selfs ons lewens gegee. Hy is immers ons grootste Kersgeskenk.

Tiesie de Coning

Dankie liewe super spoorsnyers. Julle het nie net die spore op die stofpad ontrafel nie. Julle het ook gekies om in Sy spore te volg. Mag Jesus julle aanspoor om in ʼn lewende verhouding met Hom te leef en mag Hy julle spore rig om Hom met ander te deel. Geseënde Christusfees aan al ons super duper spoorsnyers!

Die slim sterrekykers uit die heidendom het 'n ster uit die ooste gevolg met duur geskenke op die rûe van kamele. Hulle spore het ook by die Jesuskind geëindig. Daar het hulle laag voor Hom gebuig. “Ons buig nou in aanbidding, ons buig nou in aanbidding voor

Wat is Kersfees? Dit is deernis vir die verlede, moed vir die hede en hoop vir die toekoms. Dit is 'n wens dat elke beker sal oorloop van ryk en ewige seën en dat elke pad na vrede sal lei.

- Agnes M Pharo -

www.kerksondermure.org

2

ksm Des'11/Jan'12


kinderssondermure

Kom lééf jou diensbaarheid in kinderbediening Word betrokke by kinderbediening in 2012 en lééf só jou diensbaarheid uit. Jy kan by die 0-2 jariges, 3-4 jariges, 5-6 jariges, Gr 1-3’s, Gr 4-6’e of Gr 7’s as kleingroepleier, musiek/sangbedieningsleier, multi-media operateur, gebedsleier of as hulp tydens uitreikprogramme inskakel. Moenie langer uitstel nie. Word nóú betrokke! Enige navrae kan gerig word aan: •  •  •  •

Tiesie de Coning (kinderbedieningsleier) by 082 802 7853 of tiesie@ksm.co.za Charléne Franken (kinderbedieningskoördineerder) by 012 663 2003 x 214 of jeug1@ksm.co.za Alice Kleingeld (kinderbediening: administratiewe beampte) by 012 663 2003 x 214 of kinders@ksm.co.za Hezel Fourie (Midstream kinderbedieningskoördineerder) by 083 442 7584 of hezel.fourie@midstream-estates.co.za

Erediens vir Kleingroepleiers... Die eerste byeenkoms vir alle kleingroepleiers in kinderbediening skop op Sondag, 15 Januarie met 'n toewydingserediens af. Ons gaan die Here loof, ons biddend aan Hom toewy, die jaar aan Hom opdra en saam beplan aan die jaar wat voorlê. Die besonderhede van dié diens lyk soos volg: •  •

Hippolaan: 8:00 OF 10:00 in die Jeugouditorium Midstream: 16:00 in die volwasse bedieningsaal

vir die Kinders... Kindereredienste begin op Sondag, 22 Januarie 2011: HIPPOLAAN @ 8:00 & 10:00: •  Doekdra vir Jesus (Babas 0-2 jr): Turkooissaal •  Soldaatjies vir Jesus (Peuters 3-4 jr): Groensaal •  Koningskleuters (Kleuters 5-6 jr): Blousaal •  Dapper Stappers (Juniors Gr 1-3): Geelsaal •  Tweens (Seniors Gr 4-6): Rooisaal

MIDSTREAM @ 9:00: •  Soldaatjies vir Jesus (3-4 jr): Peuterlokaal •  Koningskleuters (5-6 jr): Kleuterlokaal •  Dapper Stappers (Gr 1-3): Juniorlokaal •  Tweens (Gr 4-6): Seniorlokaal

HIPPOLAAN @ 08:00 & 10:00: •  Keerpunt (Gr 7): Oranjesaal

MIDSTREAM @ 10:15 tot 11:15: •  Keerpunt (Gr 7): Kleuterlokaal

ksm Des'11/Jan'12

3

www.kerksondermure.org


Christusfees

Desember vakansie Colin Smith Hi daar! Desembertyd is vakansietyd. Winkels word versier. Daar is liggies in die strate; liggies in huise; liggies om die boom. Al die kampeerplekke, winkels en selfs kerke - die hele wêreld - is opgetooi en reg vir die groot fees. Vir Christene beteken dít 'n Christusfees. Nie dat die geboorteverhaal van Jesus lekker by hierdie wêreld met sy mooi liggies en moderne kersfeesliedere inpas nie. Jesus se geboorteverhaal gaan oor 'n verhaal wat te midde van `n morsige omgewing plaasvind. Waar die engelekoor saam met die plaaslike skaapwagters die lof van die Messias besing. Dit is `n wonderverhaal, want dit vertel iets van God se betrokkenheid by `n morsige wêreld; God se herskepping van `n gebroke wêreld. Mag jy daarom in die vakansie - waar jy ookal mag wees - steeds in hart en siel by die stukkende, morsige wêreld betrokke wees. Mag jy Christus se hoop bring waar jy ookal uitspan. Mag elke liggie, elke klank en elke gesiggie jou herinner aan God se liefde vir `n stukkende wêreld. Vanaf Tienerbediening wens ons vir julle `n wonderlike Jesusfees toe. •

'n Boodskap van die Uitreikbediening:

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het nie Sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh.3:16+17 NV) God het ons elkeen só lief gehad dat Hy self deel kom word het van ons wêreld. God het met mensevoete die stofstrate van ons wêreld deurkruis en die hemelse wêreld `n aardse realiteit gemaak. Jesus het die hemel op aarde kom vestig, God se Koninkryk kom aankondig en ons wêreld vir altyd kom verander. Uitreikbediening sal voortaan bekend staan as die Voete-bediening (waar jou omgee in aksie oorgaan). Ons wil voetspore van genade, God se liefde en Sy nuwe wêreld in hierdie wêreld afdruk. Kersfees is `n wonderlike geleentheid om hiermee af te skop. Wanneer jy jou voetspore op die sand, op die strand, in jou tuin of in die wandelgange van die winkelsentrum of hospitaal neersit, bring jy die Goeie Nuus en daarmee saam die wonderlikste klanke. Jesaja 52 vers 7 herinner ons: "Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: 'Jou God is Koning!'." Mag jy die wonderlike klanke beleef wat jou voete in hierdie Christusfeestyd maak. Mag die Goeie Nuus uit jou straal en jou lewe verryk. Geseënde Christusfees Colin

www.kerksondermure.org

4

ksm Des'11/Jan'12


2011/2012

Dienstye vir Desember 2011 & Januarie 2012 11 Desember 2011

08 Januarie 2012

Hippolaan: 09:00 - Colin Smith 18:30 - Adrio König

Hippolaan: 08:00 - Adrio König 10:00 - Adrio König 18:30 - Adrio König

Midstream: 09:00 - Fanie Venter

Midstream: 09:00 - Herman de Kock

18 Desember 2011

22 Januarie 2012

Hippolaan: 08:00 - Stephan Joubert 10:00 - Stephan Joubert 18:30 - Christo Woite Midstream: 09:00 - Greta Serfontein Zwartkop: 09:00 - Fanie Venter

Hippolaan: 09:00 - Adrio König 18:30 - Stephan Joubert Midstream: 09:00 - Fanie Venter

25 Desember 2011

15 Januarie 2012 Hippolaan: 08:00 - Fanie Venter 10:00 - Fanie Venter 18:30 - Fanie Venter Midstream: 09:00 - Christo Woite

Kinderdienste Afskopfees: Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 09:00 & 10:00 (Gr7's) 2012 Belydenis-indeling: 17:00 Belydeniskamp

Hippolaan: 08:00 & 10:00 - Colin Smith

God het Die Kind van rd sodat ons o w e g s n e m kan word. rs e d in k e s d Go

Midstream: 09:00 - André Viljoen

31 Desember 2011

- CS Lewis -

Midstream: 19:00 - Christo Woite Hippolaan: 23:15 - Christo Woite

29 Januarie 2012 Hippolaan: 08:00 - Colin Smith 10:00 - Colin Smith 18:30 - Fanie Venter Midstream: 09:00 - Adrio König Zwartkop: 09:00 - Christo Woite

01 Januarie 2012

Die Kerkkantoor Open

03 Januarie 2012

Hippolaan: 09:00 - Christo Woite 18:30 - André Viljoen

Kinderdienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 09:00 & 10:00 (Gr7's) Belydenisklas: 17:00 Tieners@Hippolaan: Kuierkerk 17:30 Selgroepe 18:30 Tieners@Midstream: Kuierkerk 17:00 Selgroepe 18:00

Midstream: 09:00 - Greta Serfontein

`n Dienende geloofsgemeenskap wat met blydskap die Koninkryk van God oral wil uitleef!

ksm Des'11/Jan'12

5

www.kerksondermure.org


2011/2012

Belangrike Datums

Beroepsforum Huweliksbediening Loof, Luister, Leef...

Tema vir die Huweliksweek 2012! 14, 15 & 16 Februarie Met Rina de Klerk, Stephan Joubert & Colin Smith Opwindende sprekers... Romantiese Huweliksete... Vir meer inligting en/of besprekings, skakel Marietha by 012 663 1610, of stuur 'n e-pos na huwelike@ksm.co.za

Huweliksvoorbereidingseminaar Vir almal wat tot en met Mei 2012 in die huwelik gaan tree – moenie hierdie baie belangrike voorhuwelikse seminaar mis nie! Vrydagaand 27 en Saterdagoggend 28 Januarie 2012. Vir meer inligting en/of besprekings, skakel Marietha by 012 663 1610 of stuur 'n e-pos na huwelike@ksm.co.za

Nuut

Ontbytforum en ondersteuningsnetwerk vir persone tussen werke of werkloos, asook ‘n gratis bemarkingsdiens vir werksoekers en werkgewers deur die advertering van poste. Die forum word op Vrydagoggende van 08h00 tot 10h00 by kerksondermure Hippolaan en Woensdagoggende van 08h30 tot 10h30 by kerksondermure Midstream aangebied (uitsluitend skoolvakansies en openbare vakansiedae). Afskopsessies 2012: Midstream om 08:00 op Woensdag 18 Januarie, en Hippolaan om 08:00 op Vrydag 20 Januarie. Vir verdere navrae kontak Inge Nel (Programbestuurder) by beroepe@ksm.co.za of skakel (012) 644-0545

DivorceCare & DivorceCare4Kids ‘n Bediening vir volwassenes en laerskoolkinders wat deur egskeiding geraak is. DivorceCare en DivorceCare4Kids word 2 keer per jaar by kerksondermure Midstream en –Hippolaan aangebied. Die Reekse bestaan uit 13 weeklikse sessies elk en word op die volgende dae aangebied (jy is natuurlik welkom om enige tyd tydens die Reekse in te skakel). Dinsdagaande van 18:00 – 20:00 te Hippolaan (Afskopsessie op 7 Februarie 2012); en Donderdagaande van 18:00 – 20:00 te Midstream (Afskopsessie op 9 Februarie 2012)

Single&Parenting

Is jy ‘n enkelma of –pa wat oorweldig, moeg en alleen voel met al jou verantwoordelikhede, take en rolle as ouer? Single&Parenting is ‘n splinternuwe ondersteuningsgroep vir enkelouers - kom word deel van Single&Parenting en vind uit hoe jy hoop, rus, ondersteuning en riglyne ten opsigte van ouerskap kan kry. Die Single&Parenting program word 2 keer per jaar by kerksondermure Hippolaan aangebied. Die Reekse bestaan uit 13 weeklikse sessies elk en word op die volgende dae aangebied (jy is natuurlik welkom om enige tyd tydens die Reekse in te skakel). Donderdagaande van 18:00 – 20:00 te Hippolaan. (Afskopsessie op 9 Februarie 2012) Kontak ons vir meer inligting by (012) 663-1610 of stuur 'n e-pos aan marietha@ksm.co.za

Kontak ons vir meer inligting by (012) 663-1610 of stuur 'n e-pos aan marietha@ksm.co.za

Griefshare ‘n Bediening vir elkeen wat emosionele pyn ervaar as gevolg van die dood van ‘n geliefde. Die GriefShare-program word 2 keer per jaar by kerksondermure Hippolaan aangebied. Die Reekse bestaan uit 13 weeklikse sessies elk en word op die volgende dae aangebied (jy is natuurlik welkom om enige tyd tydens die Reekse in te skakel). Donderdagaande van 19:00 – 21:00 te Hippolaan (Afskopsessie op 9 Februarie 2012) Kontak ons vir meer inligting by (012) 663-1610 of stuur 'n e-pos aan verliese@ksm.co.za

www.kerksondermure.org

6

ksm Des'11/Jan'12


lewe Carl du Preez

Ria en haar gesin

Welkom aan Ria Mardon kerksondermure se nuwe maatskaplike werker

Ria is in Zimbabwe op ʼn sendingstasie gebore en danksy haar pa se roeping as predikant het sy al in die Oos-Kaap, Karoo en Mpumalanga gewoon. Dié voormalige Affie-matrikulant het haarself as maatskaplike werker bekwaam by Tukkies en later het sy deur Unisa as spelterapeut gekwalifiseer. Sy is getroud met Lawrence en twee kinders is uit dié huwelik gebore, Liane en Lawrence. Liane, ʼn spastiese kwadrupleeg, het die gesin baie geleer oor die isolasie, onbeantwoorde vrae en moedeloosheid wat met gestremdheid gepaard gaan. Sy het hulle ook geleer van nuwe groeigeleenthede en ander maniere waarop hulle na situasies kan kyk, sodat die lewe se klein vreugdes geniet kan word. Liane is in 2005 oorlede en die gesin stap die pad van verlies en rou met hoop wat slegs deur die teenwoordigheid, liefde en troos van God gebied kan word.

WEN, WEN,

Lawrence (jnr.) beoog om volgende jaar met sy Universiteitsloopbaan af te skop. Ria sê sy besondere humor en toewyding verskaf haar en sy pa eindelose vreugde. Die gesin is baie lief vir die buitelewe, sportbeoefening en die samesyn van familie en vriende. Ria het vir jare by die Christelik-Maatskaplike Raad en Kindersorgvereniging as maatskaplike werker gewerk. Sy het ook by die Vereniging vir Huwelik- en Gesinslewe (FAMSA) as huweliksberader en gemeenskapswerker gewerk. Later het sy in privaatpraktyk gestaan as 'n berader en spelterapeut. Haar gesin het in 2008 van Secunda na Centurion verhuis en by kerksondermure ingeskakel. Ria se passie lê daarin om ʼn “oor” te wees vir mense se verhale. Dit geld soveel te meer vir dié verhale van magteloosheid, pyn en onsekerheid wat hand aan hand loop met die soeke na hoop, nuwe betekenisse en verwagting. Dit is dan juis hierdie kenmerke wat Ria só geskik maak vir die taak wat sy by kerksondermure gaan verrig Baie welkom Ria!

(Sien agterblad vir meer inligting)

WEN

Om in aanmerking te kom vir die boekprys, stuur 'n e-pos na kommunikasie@ksm.co.za of handig die strokie in by die kerkkantoor voor Maandag 23 Januarie 2012 . Inskrywings per e-pos: Stuur ons jou Naam, Van, Kontak nommer en E-pos adres. In die opskrif merk asb soos volg - KSM Boekprys. Pryse kan afgehaal word by die kerkkantoor tydens kantoorure of op Sondae na afloop van die diens.

KSM Boekprys Naam & Van: Kontak nommer: E-pos adres: ksm Des'11/Jan'12

7

www.kerksondermure.org


advertensies

www.kerksondermure.org

8

ksm Des'11/Jan'12


advertensies Huis & Kantoor: Verbeterings & Aanbouings Loodgieterwerk Waterdigting “Dry-walling” Verfwerk Plaveisel Teëlwerk Staalwerk

Skakel: Gerhard: 082 932 0426 012 653 0120 (na ure) e-pos: dritech68@gmail.com

Dankie aan al ons adverteerders vir jul ondersteuning in 2011. Mag jul 'n Geseënde Christusfees beleef en 'n Voorspoedige 2012.

Geseënde Kersfees

Die tyd om bly te wees, is nou. Die plek om bly te wees, is hiér. Die manier om bly te wees is om ander bly te maak.

- Robert Ingersol -

ksm Des'11/Jan'12

Voorspoedige 2012 9

www.kerksondermure.org


advertensies

www.kerksondermure.org

10

ksm Des'11/Jan'12


Eindig die wêreld volgende jaar? Vir die eerste keer het vooraanstaande geloofskenners oor die hele spektrum saamgekom om ingeligte en praktiese antwoorde te gee op dié vraag! Kenners soos Stephan Joubert, Hennie Stander, Isak Burger, Adrio König en ander kenners gee reguit antwoorde vir gelowiges in die 21ste e eeu!

WEN 1 van 5

2012 carpediem carpe

M E D I A


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.