KSM Augustus

Page 18

kinderssondermure

kinderssondermure verwelkom lice   leingeld

A K

Alice en haar gesin

Vanaf 1 Julie 2011 is Alice Kleingeld as administratiewe beampte aangestel. Sy lewer reeds ʼn reuse bydrae om die kinderbedieningswiel effektief te laat draai.

Alice se roeping is duidelik in alles wat sy aanpak: sy lewe voluit, sy lag voluit en sy werk voluit! Sy’s mal daaroor om die lewe te lééf! Dit word bevestig deur haar gunsteling sê-ding: “Dit sal nou lekker wees.” Sy is by uitstek ʼn positiewe mens wat in elke saak ʼn positiewe kant en in elkeen iets goeds raaksien.

Alice was vir die afgelope vier jaar kerksondermure se vriendelike ontvangsdame. Haar passie vir kinderbediening en haar hart vir kinders was egter van die begin af duidelik! Sy en haar man, Rynier, is reeds vir die afgelope ses jaar diensbaar as kinderbedieningsleiers in kinderssondermure en hul spore lê diep in die harte van menige kinders.

Dit was vir Alice ʼn droom om deel te word van kinderbediening... en vir kinderbediening is ‘n droom bewaarheid om so ʼn borrelende mensie as deel van die span te kry! Hierdie droom word verder uitgebou deur haar lewensfilosofie wat ook die visie van kinderbediening onderskryf: om aan die Here oorgegee te wees.

Alice en Rynier se tweeling is drie jaar oud: Boeta Christian & Sussa Abigail. Alice se beste tyd van die dag is die tydjie voordat hulle tweeling insluimer en sy die laaste liedjie of drie vir hulle kan sing. Inaggenome die energie van hierdie twee besige bytjies kan dit onomwonde gestel word dat hierdie moedertjie ʼn meester in multi-taakverrigting is - ‘n vaardigheid wat onmisbaar is in kinderbediening!

As jy onlangs ‘n epos van haar ontvang het, sal jy weet watter Skrifgedeelte sy diep in haar hart koester: 1 Kor 13:13: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” Hierdie Skrifgedeelte is ʼn goeie versinnebeelding van wie Alice Kleingeld is: ‘n mens vol geloof, hoop en liefde. Iemand met ʼn groot, warm hart vir kinders!  •

Kinderbediening se beker loop oor!

Vir ‘n kind is daar nie net sewe wonders in die wêreld nie; daar is sewe miljoen. - Walt Streightiff ksm Aug/ Sept 2011   17   www.kerksondermure.org


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.