KSM Augustus

Page 10

lewe terwyl hy geleef het, het na sy dood `n nuwe boompie geplant. Die spesiale liefdevolle versorging van hierdie boompie maak die seer van verlang vir haar sagter en die groei van die boom het `n genesende simbool van `n nuwe lewenseisoen wat die Here gee, vir haar geword. Rickus* was lank die slagoffer van drankverslawing. Hy het daarvan vry gekom. Toe het hy `n juk wat van `n swaar en harde hout gemaak is en wat in hul sitkamer as `n ornament gestaan het, in fyn stukke gekap. Hy het dit gedoen as `n simboliese handeling van die vrywording van sý juk. Hierdie stukke hout het hy voor sy gesin, wat hom so ondersteun het, in die kaggelvuur gegooi. Dit het hy gedoen terwyl hulle as gesin `n spesiale feestelike ete, wat hyself voorberei het, saam geëet het. Die spesifieke ete het `n jaarlikse instelling geword en dit gaan elke keer gepaard met die vars reuk van lemoenbloeisels. So herinner dit hulle elke keer aan die wonderlike nuwe tyd wat soos `n verfrissende geur in hulle huisgesin gekom het.

Hennie Yzelle

Die Viering van

Simboliese

Dit is maar twee voorbeelde van baie sulke simboliese rituele wat met dankbaarheid aan die Here opgedra kan word. Wat is die simbole en rituele wat jou aanraak, wat met jou praat en wat jou help om HOOP te celebrate – dink ‘n bietjie...?  •

Handelinge & Rituele

*Skuilname

‘n Deel van Emosionele Genesing

Ons almal leef binne verhale. Omdat ons op-pad mense in `n onvolmaakte en eintlik stukkende wêreld is, gebeur dit dikwels dat ons verhale verstop of probleemversadig raak. Dan is dit goed, ja baie belangrik om by iemand te gaan sit wat vir jou `n goeie gespreksgenoot wil wees. Ek glo `n goeie gespreksgenoot is iemand wat jou ernstig opneem in wat jý beleef in jou moeilike omstandighede, iemand wat ook bereid is om sáám met jou te gaan sit en dink oor hoe dinge weer vir jou beter kan word. Uit die aard van die saak gaan dit daaroor om in `n proses te kom wat weer HOOP gee. Die pad van HOOP het tree-vir-tree met geniet te doen. Die skrywer van die boek Prediker sê mos: Ek besef al wat die mens moet doen, is om gelukkig te wees en die lewe te geniet. Om tussen al die harde werk deur, nog te kan eet en drink en gelukkig wees, is `n geskenk uit die hand van God. Hy sê dus – die lewe is dikwels moeilik, maar dis só `n kosbare geskenk van die Here dat dit ‘ge-celabrate’ (gevier) moet word. Hierdie vieringe het met gewone en eenvoudige dinge te doen. En… die Here het ons sintuie gegee waarmee ons die seer en swaar van die lewe moet ‘wegsien’, ‘weghoor’ en ‘wegtas’. Ons moet ook in die dampkring van nuwe vreugdes kom deur letterlik nuwe geure met die neus in te asem. Deurbrake deur donker fases in ons lewens het in die viering daarvan feitlik deurgaans ook te doen met die proe van heerlike disse uit nuwe resepte. Dit bring my by simboliese handelinge en rituele van emosionele genesing: In my saamdink met mense in die prosesse van swaarkry, verligting en oorwinning het ek al die mees kreatiewe en wonderlikste gedagtes oor ‘celebration’ by hulle gekry.

LEWE? 'N SKADULOSE

geen son, l, skyn mos va ee w u ad nder 'n son.... Waar sk n nie wees so maak, ka ee w u ad die skaduwee maar sk at w n so ie d . voor donker raak Dis die ding aar agter dit w k o bl el ik die stru ie lewe? eekant van d w u ad sk ie d we! aan ja , dáár is le En wat groei ie sonkant, d , s, nt o m ka g en li Aan die sampioene kos.* ukant is net Aan die skad die duiwel se as nd ke be .T.) beter dié goed is = giftige sampioene – sien H.A od

*(duiwelsbro

, we dat mense rstand te bo !" ve se y en m m n e aa ig g Dit gelukk is ns "O : sê n s' lewe ewe braaf ka en liefdeloo at ha n va ee w skewe.... As die skadu rtrek na 'n ve jie ad pa it u hul eens reg skot, aai skans of d k, o bl el ik daai stru van God! Vat tog weg hel; dit kom yn sk n so ie en d Hennie Jooste 18-19 Mei 2004

Erika*, wat saam met haar man die mooiste tuin aangelê het ksm Aug/ Sept 2011   9   www.kerksondermure.org


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.