
1 minute read
Les 3: Die ekonomie: Nasionale begroting
Les 3: Die ekonomie: Nasionale begroting
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les moet leerders: • die betekenis en doel van die nasionale begroting verstaan. • die verskil tussen direkte en indirekte belasting kan identifiseer. • regeringsbesteding op dienste verstaan. • die invloed van die nasionale begroting op die ekonomie en die regstelling van ekonomiese ongelykhede verstaan.
Wys vir leerders goeie voorbeelde van ’n begroting. Lees meer oor die jongste nasionale begroting op http://www.fin24.com/budget.
Die definisies word herhaal sodat die fasiliteerder dit aan leerders kan verduidelik.
DEFINIEER
Behoeftes: Iets wat noodsaaklik is vir ons om te oorleef, bv. kos, water, skuiling, ens. Belasting: Geld wat ’n land se inwoners aan die regering moet betaal vir die goedere en dienste wat die regering voorsien om behoeftes te bevredig Direkte belasting: Belasting wat inwoners direk aan die regering betaal vir goedere en dienste gelewer Heffings: Addisionele belasting en fooie wat by die prys van goedere en dienste gevoeg word Indirekte belasting: Belasting wat inwoners indirek aan die regering betaal deur ondernemings en munisipaliteite, bv. BTW. Inkomste: Geld wat jy ontvang vir goedere wat jy verkoop of dienste wat jy lewer Uitgawes: Geld wat spandeer word om basiese behoeftes te bevredig
AKTIWITEIT 3.1
3.1.1 Deur die invordering van belasting. 3.1.2 Die Minister van Finansies. 3.1.3 Direkte belasting • Inkomstebelasting: Belasting wat die regering op ’n individu se jaarlikse persoonlike inkomste hef, bereken as ’n sekere persentasie. • Maatskappybelasting: Belasting wat die regering op ’n onderneming se wins hef.