
3 minute read
Les 4: Die ekonomie: Lewenstandaard
Indirekte belasting • Belasting op toegevoegde waarde (BTW): Belasting wat op goedere en dienste gehef word wat ons by ondernemings koop. Suid-Afrika se BTWkoers is tans 15%. • Sondebelasting: Belasting wat op goedere gehef word wat ’n negatiewe invloed op die verbruiker het, bv. sigarette en alkohol. Die doel van sondebelasting is om verbruikers te ontmoedig om hierdie produkte te koop. • Invoerbelasting: Belasting wat op goedere gehef word wat ons van ander lande aankoop en invoer. • Munisipale belasting: Belasting wat direk deur munisipaliteite gehef word vir vullisverwydering, riooldienste, ens.
AKTIWITEIT 3.2
3.2.1 Enige vyf van die volgende: • Gesondheidsorg • Onderwys en opleiding • Beskermingsdienste • Water- en sanitasiedienste • Vervoernetwerke • Behuising • Maatskaplike toelaes
3.2.2 Enige toepaslike prente van basiese behoeftes wat die regering moet bevredig.
Les 4: Die ekonomie: Lewenstandaard
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les moet leerders: • tussen selfonderhoudende, moderne en landelike gemeenskappe kan onderskei. • die impak van ontwikkeling op die omgewing verstaan. • werkloosheid verstaan. • die produktiewe gebruik van hulpbronne om ’n gesonde omgewing te bevorder, verstaan.
Leerders moet die definisies van die les ken en duidelik onderskeid kan tref. Fasiliteerders kan die definisies as inleiding tot die les gebruik. In hierdie les moet leerders inligting op die internet of in tydskrifte en koerante gaan soek.
Die definisies word herhaal sodat die fasiliteerder dit aan leerders kan verduidelik.
Leerders moet die verskil tussen lewenstandaard en lewenstyl ken. Al blyk dit om dieselfde te wees, is daar ’n onderskeid tussen die twee begrippe.
DEFINIEER
Arbeidsmag: Alle mense in die land tussen die ouderdom van 15 en 64 wat bereid is en in staat is om te werk Herwinning: Die bymekaarmaak, verwerking en omskakeling van afvalprodukte in bruikbare materiale soos plastiek Landelike gemeenskap: Dit is ’n ylbevolkte gebied buite ’n stad of dorp, gekenmerk deur plase en oop ruimtes. Inwoners van landelike gebiede het nie toegang tot al die fasiliteite, dienste en tegnologie van stedelike gebiede nie. Leefstyl: Die wyse waarop mense of gemeenskappe lewe en hulself uitleef Lewenstandaard: Die mate van toegang wat mense en gemeenskappe tot goedere, dienste en welvaart het en wat hul lewens vergemaklik Moderne gemeenskap: ’n Gemeenskap wat gekenmerk word aan sy hoë vlak van ontwikkeling en beskikbaarheid van gespesialiseerde fasiliteite, goedere en dienste Selfonderhoudende gemeenskap: ’n Gemeenskap wat sonder hulp van buite die gemeenskap hulself kan onderhou en oorleef Volhoubaarheid: Die verantwoordelike gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne om te verseker dat toekomstige generasies steeds voordeel uit hierdie hulpbronne kan trek Werkloosheid: Wanneer ’n persoon nie werk het nie, maar wil werk en wel werk soek Werkloosheidsyfer: Die persentasie van die totale arbeidsmag wat werkloos is en wat werk soek
AKTIWITEIT 4.1
Dui die verskille tussen die leefstyle van die twee gesinne in die prente aan.
Gesin A Gesin B

Gesin A
• Die gesin het ’n beperkte keuse van kos om te eet. • Die gesin word net voorsien van die basiese behoeftes om te oorleef. (Enige ander relevante verskille.)
Gesin B
• Die gesin het ’n verskeidenheid kos om van te kies. (Enige ander relevante verskille.)
AKTIWITEIT 4.2
Leerders se eie antwoord. Hulle moet duidelike vergelykings tussen hul eie gemeenskap en Thando se selfonderhoudende gemeenskap tref in terme van die volgende opskrifte:
4.2.1 Vervoer 4.2.2 Toegang tot basiese dienste 4.2.3 Toegang tot winkelsentrums 4.2.4 Inkomste
AKTIWITEIT 4.3
4.3.1 Die leerder moet ’n volledige bespreking gee. Nie minder as tien sinne nie. 4.3.2 Die leerder moet ’n duidelike vergelyking tussen twee verskillende gemeenskappe of lande tref. Voorbeelde van twee lande waarvan die leefstyle en lewenstandaard verskil, is Zimbabwe en Amerika.
AKTIWITEIT 4.4
4.4.1 Enige toepaslike prente van hernubare energiebronne, soos: • Windplase: Windplase word aangedryf deur windturbines elektrisiteit opwek. Windenergie word omgeskakel in elektriese energie. • Sonpanele: Sonplase is waar ’n groot hoeveelheid sonpanele opgerig word om sonligenergie op te gaar en om te skakel in elektriese energie wat in groot batterye gestoor word.
AKTIWITEIT 4.5
4.5.1 Wanneer ’n persoon nie werk het nie, maar wil werk en wel werk soek. 4.5.2 29,8%. Amper 6% hoër as in 2007. 4.5.3 Swart mense
AKTIWITEIT 4.6
4.6.1 • Bespaar energie deur alternatiewe en volhoubare energiebronne te gebruik, bv. sonkrag, windenergie, biobrandstof, ens. • Bespaar water. • Hergebruik en herwin. • Stel bewusmakingsveldtogte en opleidingsprogramme bekend om die volhoubare gebruik en bewaring van natuurlike hulpbronne aan te moedig, bv. die Go Green-inisiatief. (Enige relevante antwoord.)
4.6.2 Papier, karton, plastiek, glas, vrugte- en groenteskille, metaal en e-afval. (Enige relevante antwoord.)