
1 minute read
Assesseringsvereistes
• Stel vir die leerders ’n rooster vir elke eenheid op. Maak seker dat hulle elke eenheid se werk in die spesifieke tyd afhandel. • Hou by die voorgestelde jaarplan of verander dit soos dit julle pas. • Moenie toelaat dat die leerders agterraak nie, anders gaan hulle sukkel om die lesse in te haal. • Maak seker dat die leerders elke week twee uur aan die vak bestee.
Assesseringsvereistes
Assessering is ’n deurlopende, beplande proses om inligting oor leerderprestasie te identifiseer, in te samel en te vertolk. Assessering in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe fokus op kennis, vaardighede en waardes wat nodig is om ingeligte, etiese, produktiewe en verantwoordelike deelname aan die ekonomie te verseker.
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe dek waardevolle ekonomiese, entrepreneurskaps, finansiële en bestuursvaardighede wat die leerders op sukses in verskillende ekonomiese en sake-omgewings voorberei. Die fasiliteerder moet al hierdie vaardighede in ag neem wanneer onderrig, leer en assessering plaasvind.
Die leerders word op twee wyses geassesseer.
1) Informele assessering • Dit vind tydens die onderrig- en leerproses plaas. • Dit is gewoonlik die aktiwiteite wat tydens lesse voltooi word, asook besprekings en waarnemings. • Die uitslae van informele assessering word nie opgeteken nie.
2) Formele assessering • Alle assesseringstake wat deel vorm van die formele-assesseringsprogram vir die jaar word as formele assessering beskou. • Die assessering word formeel deur ’n fasiliteerder/tutor nagesien. • Voorbeelde van formele assessering behels toetse, eksamens en projekte.