
2 minute read
Les 2: Die ekonomie: Regering
EENHEID 1
Les 1: Hersiening
Elke eenheid begin met ’n hersieningsles om vir leerders ’n oorsig te gee van wat in die vorige eenheid behandel is. Hierdie les gee vir leerders ’n oorsig van wat in graad 7 behandel is.
Aktiwiteit 1.1 bestaan uit tien stellings waarop leerders telkens “waar” of “onwaar” moet antwoord. Fasiliteerders en leerders moet nie te veel tyd aan hersiening bestee nie. Fasiliteerders kan die vrae mondelings aan leerders stel of leerders kan hul antwoorde neerskryf.
AKTIWITEIT 1.1
Is die stellings waar of onwaar?
1.1.1 Waar 1.1.2 Onwaar 1.1.3 Waar 1.1.4 Waar 1.1.5 Waar 1.1.6 Waar 1.1.7 Onwaar 1.1.8 Onwaar 1.1.9 Waar 1.1.10 Waar
Hierdie aktiwiteit tel geen punte nie en is slegs vir hersieningsdoeleindes.
Les 2: Die ekonomie: Regering
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les moet leerders: • die betekenis van regering verstaan. • die verskillende regeringsvlakke asook die rolle van elke vlak ken. • die rolle van verskillende regeringsvlakke met betrekking tot huishoudings en besighede in die gebruik van hulpbronne en dienste ken.
Dit is belangrik dat leerders al die leerdoelwitte aan die einde van elke les kan voltooi. Gebruik die definisies om die inhoud aan leerders te verduidelik. In hierdie les moet leerders spesifiek kan onderskei tussen die vlakke en take van die regering. Die definisies word herhaal sodat die fasiliteerder dit aan leerders kan verduidelik.
DEFINIEER
Demokrasie: ’n Regeringsvorm waar die land se leiers en verteenwoordigers deur die land se bevolking verkies word Infrastruktuur: Fisiese fasiliteite soos paaie, brûe en geboue wat die land se ekonomie benodig om te funksioneer en te groei; kan ook dienste soos elektrisiteit, water en riooldienste insluit
AKTIWITEIT 2.1
2.1.1 (Leerder se eie antwoord.) Die leerder moet ten minste tien relevante vrae neerskryf. Voorbeelde van vrae: • Wat sluit die president se daaglikse take in? • Wat is die president se werksure? • Hoe gereeld vergader die president met sy ministers?
2.1.2 (Leerder se eie antwoord.) Die leerder moet “ja” of “nee” antwoord en enige twee relevante redes gee.
AKTIWITEIT 2.2
2.2.1 Nasionale regering, provinsiale regering en plaaslike regering
2.2.2 • Wetgewend: Maak en implementeer wette • Uitvoerend: Pas die wette toe wat deur die wetgewende been gemaak is • Regterlik: Verseker dat reg en geregtigheid geskied
2.2.3 • Nasionale regering: Verantwoordelik vir die algemene bestuur van die land • Provinsiale regering: Suid-Afrika het nege provinsies, elk met hul eie doelwitte om die provinsie, en sodoende die land, te verbeter • Plaaslike regering: Hanteer kwessies wat op plaaslike vlak in dorpe en stede hanteer moet word