1 minute read

Hoe om die fasiliteerdersgids te gebruik

Hoe om die fasiliteerdersgids te gebruik

1. Die volledige inhoud in die handleiding moet met die leerders behandel word. 2. Die fasiliteerders is verantwoordelik daarvoor om toe te sien dat die leerders ’n skrif van 72 bladsye aanskaf om aktiwiteite in die handleiding te beantwoord. 3. Hersieningsaktiwiteite en aktiwiteite in ’n eenheid maak deel van die inhoud uit en die leerders moet dit voltooi en beantwoord om die inhoud van die vak beter te verstaan. 4. Leerders en fasiliteerders moet oplet watter finansiële geletterdheidsaktiwiteite in die werkboek voltooi moet word. Dit word boaan die aktiwiteit aangedui. 5. Gee aan die leerders ’n sperdatum vir wanneer die aktiwiteite voltooi moet wees.

Probeer om by die datums te hou om te verseker dat al die werk gedoen word. 6. Alle hersieningsaktiwiteite en aktiwiteite in ’n eenheid moet saam met die leerders nagesien word. Wanneer die werk klaar gemerk is, moet die antwoorde met hulle bespreek word. 7. Daar word aanbeveel dat die leerders hul antwoorde in die skrif aanvul om verder daarna te verwys en vir toetse en eksamens te leer. 8. Indien die fasiliteerder die antwoorde verskaf het sonder om die leerders die geleentheid te gee om dit self te doen, behaal hulle ’n goeie punt maar onthou dalk niks van die inhoud nie. 9. Nadat formele-assesseringstake, toetse en eksamenantwoordstelle teruggegee is, kan die fasiliteerder saam met die leerders daardeur gaan. 10. Alle formele-assesseringstake en toetse word in die portefeuljeboek voorsien. Die

Junie- en Novembereksamen sal aan jou gestuur word. 11. Elke les is só saamgestel dat die leerders rustig daardeur kan werk. Die lesse het elkeen ’n tydstoedeling soos deur die KABV vereis word. 12. Indien jy enige navrae oor die vak het, kan jy gerus die onderwysspesialis kontak.

This article is from: