Besigheidstudies graad 12

Page 20

Hoofstuk 1

Besigheidstudies Graad 12

PTY LTD

6. Konflikbestuur deur derdeparty-ingrypings Konflik wat nie behoorlik hanteer word nie, kan vernietigend raak. Soms is dit moontlik dat die dispuut, tussen die partye betrokke, geskik kan word, maar as die kwessie nie opgelos kan word nie, is daar makliker en meer koste-effektiewe maniere om dit te skik as in die hof. ’n Alternatiewe metode om die konflik op te los kan wees om ’n derde party te betrek om in die proses te help, maar dit is belangrik dat beide die partye voel dat hulle die integriteit van die derde party kan vertrou. Alhoewel dit moontlik is om ’n interne persoon (deel van die organisasie) te gebruik as ’n derde party as daar ’n konfliksituasie in die besigheid bestaan, is dit dikwels meer produktief en word dit as meer regverdig beskou as ’n buitestander gebruik word. Versoening betrek ’n derde party om die strydende partye te help om hulle konflik direk en konstruktief aan te spreek, maar slegs in die rol van fasiliteerder. Die bemiddelaar sal poog om die strydende partye te help om ’n wedersyds-aanvaarbare besluit te neem deur ’n adviserende rol te speel, maar mag nie soos ’n arbiter die probleem oplos deur ’n besluit namens die strydende partye te neem nie. Sodra die arbiter sy besluit geneem het, is dit bindend op albei partye, en is dit daarom krities dat die arbiter regverdig en onpartydig in sy uitspraak is.

Konflikoplossingstappe: Onderhandeling

Versoening

Bemiddeling

Arbitrasie

ONDERHANDELING

VERSOENING

BEMIDDELING

ARBITRASIE

Disputante

Disputante

Disputante

Disputante

Twee partye kom bymekaar en probeer om alleen tot ’n vergelyk te kom.

Indien onderhandelinge onsuksesvol was, word ’n derde party genader om betrokke te raak. Hierdie persoon maak seker dat albei partye ’n kans kry om te praat.

Indien versoening nie werk nie, raak die derde persoon meer betrokke en gee raad, maar die uiteindelike besluit lê nog by die oorspronklike partye.

Indien bemiddeling nie die problem kon oplos nie, word die besluit uit die hande van die oorspronklike partye geneem en ’n derde persoon neem dan die besluit.

Voorbeeld: ’n Pa en seun verskil oor hoe laat die seun saans tuis moet wees. Hulle kom bymekaar om die saak te bespreek en saam ’n oplossing te vind.

Voorbeeld: Twee vriende baklei as gevolg van ’n misverstand, ’n derde persoon tree dan tot die gesprek toe om seker te maak dat beide partye al die nodige inligting het en dat die misverstand uit die weg geruim kan word.

Voorbeeld: Twee besigheids- vennote verskil oor die sluit van ’n nuwe kontrak. ’n Prokureursvriend met kennis van kontrakte kan ingeroep word om meer lig op die saak te werp en te sorg dat hulle meer insig kry ten einde tot ’n vergelyk te kan kom.

Voorbeeld: Twee vloerbestuurders in 'n fabriek stem nie saam oor die plasing van 'n nuwe stuk toerusting nie. Die produksiebestuurder tree in en neem die besluit wat dan vir albei departemente bindend is.

12

Versoener

Bemiddelaar

Arbiter

© 2020 Excom Publishers


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Besigheidstudies graad 12 by Impaq - Issuu