Hoofstuk 1
Besigheidstudies Graad 12
PTY LTD
Deur die vraag “Waarom?” te vra, kan ook ’n geleentheid gebied word om die vraag “Hoe stel jy voor moet ons die probleem op ’n regverdige manier oplos?” te vra. Dit fokus weer eens op die probleem en verhinder mense om mekaar aan te val op grond van suiwer emosie.
4.6 Waardes en etiek – waargeneem of werklik Opleiding en ope kommunikasie kan help om konflik, te wyte aan ’n gebrek van begrip, te oorkom. Dit kan ook buigsaamheid aanmoedig en empatie skep sodat mense kan begin om verskille te akkommodeer en selfs te vier.
5. Aanbevelings vir die bestuur van konflik 5.1 Stimuleer funksionele konflik – Duiwelsadvokaat Konflik kan kreatiwiteit stimuleer en ‘groepsdenke’ in spanne verhinder. Groepsdenke vind plaas wanneer spanlede nie mekaar wil kritiseer nie omdat hulle ’n behoefte het om oor die weg te kom. Dit verhinder dan kritiese denke. As ’n persoon die rol van duiwelsadvokaat aanneem, kritiseer hy die voorgestelde plan van aksie om sodoende analitiese denke aan te moedig om die voorgestelde plan van aksie te toets. Hierdie doelbewuste kritiek staan bekend as geprogrammeerde konflik en word gebruik om debat en verskillende opinies aan te moedig.
’n Voorbeeld ter illustrasie:
Oefening 1.4: Etiese waardes Dink oor die frustrasie wat deur Westerlinge ervaar word wanneer hulle besigheid doen in Oosterse lande omdat hierdie waardestelsels van hulle eie verskil. Kan dit ’n potensiële bron van konflik wees? Wat is die beste manier om die konfliksituasie te hanteer? Behoort iemand sy etiese waardes in gevaar te stel om besigheidtransaksies te beklink?
10
© 2020 Excom Publishers