Besigheidstudies graad 12

Page 16

Hoofstuk 1

Besigheidstudies Graad 12

PTY LTD

4. Vaardighede waaroor ’n bestuurder moet beskik Beide bestuurders en werknemers kan en behoort afgerig te word om gedrag te verander om sodoende konflik beter te kan bestuur. Om te verander, kan werknemers in die organisasie, ongeag hulle posvlak in die besigheid, vaardigheid en middels gebruik om ’n konfliksituasie in ’n geleentheid te verander deur middel van konstruktiewe konflikoplossing.

4.1 Vermoë om verandering te hanteer Verandering is dikwels een van die hoofredes vir konflik. Bestuurders op all vlakke behoort verandering te kan hanteer en hulle werknemers help om verandering te aanvaar.

"As jy begin dink die probleem is 'daar buite', stop jouself. Daardie denkie is op sigself 'n probleem. " Stephen Covey

Dit kan bereik word deur te verstaan hoe mense verandering hanteer en hulle te help om hulle vrese ten opsigte van verandering te oorkom. Mense se eerste reaksie ten opsigte van verandering is gewoonlik teenkanting. Kommunikasie om die verandering te motiveer en opleiding kan gebruik word om weerstand tot verandering te oorkom of te verminder.

4.2 Verdraagsaamheid rakende inklusiwiteit en kulturele diversiteit Weer eens: Pasop vir stereotipering! Mense behoort blootgestel en onderrig te word oor kulturele diversiteit om verdraagsaamheid vir verskille te skep. Hou agtergrondinligting in gedagte wanneer jy met verskillende mense te doene het. Daar is byvoorbeeld groot kulturele verskille ten opsigte van tyd en interpersoonlike ruimte, om maar twee potensiële bronne van konflik te noem. Dink jy ’n Amerikaner wat die Hoof Uitvoerende Beampte van ’n maatskappy wat in Suid-Afrika gebaseer is, dit sal verstaan of waardeer dat ’n vergadering 20 minute laat begin en die verskoning van “Afrika-tyd” aangebied word?

4.3 Kommunikasievaardighede ’n Bestuurder behoort oor die vermoë te beskik om inligting op ’n helder en verstaanbare manier oor te dra. Die sukses van die kommunikasie is dikwels egter afhanklik van die mate van vertroue wat in die verhouding bestaan. Sonder rapport verminder die kanse op suksesvolle kommunikasie drasties. Gereelde vergaderings om terugvoering en voorstelle van werknemers te kry kan nuttige kommunikasiemiddels wees. As ’n alternatief vir vergaderings kan ’n voorstellehouer geïmplementeer word. Vergaderings kan ook gebruik word om nuwe inisiatiewe te kommunikeer en veranderings wat geïmplementeer gaan word, te motiveer. Kennisgewingborde, nuusbriewe en memo’s is ook vorme van geskrewe kommunikasie in ’n organisasie. Gereelde geskrewe verslae m.b.t. voorgestelde planne, die status van huidige aktiwiteite en prestasies kan die bestuur help om voorbereid te wees op konfliksituasies wat probleme kan veroorsaak. ’n Belangrike element van kommunikasie is om na die rede vir die ongelukkigheid te luister, om te erken wat gesê word, dan te probeer om te verstaan hoekom ’n persoon so voel, voordat daar gereageer word. Opsomming en parafrasering voordat daar gereageer word, is goeie metodes wat die kommunikasieproses kan verbeter.

8

© 2020 Excom Publishers


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Besigheidstudies graad 12 by Impaq - Issuu