Hoofstuk 1
Besigheidstudies Graad 12
PTY LTD
3. Redes vir Konflik Daar is talle redes vir konflik en om voor te gee om in staat te wees om ’n alles-omvattende lys op te stel, is onrealisties. Ons gaan hier poog om na sommige van die mees vanselfsprekende redes vir konflik in ’n sakeomgewing te kyk.
3.1 Verandering
Darwin het gesê dat dit nie die sterkste of intelligentste spesie is wat sal oorleef nie, maar die spesie wat die beste sal aanpas.
Charles Darwin se aanhaling is net so waar in besigheid as wat dit in die wetenskap is. Behoorlike veranderingsbestuur sal help om die oorlewingskanse van ondernemings wat in die nuwe ekonomie sake bedryf, te verbeter. Die sogenaamde nuwe ekonomie kan gedefineer word as ’n situasie waarin rewolusionêre veranderings ervaar word met betrekking tot innovering in tegnologie, globalisering en kennisbestuur. Die bestuur van hierdie veranderings kan die verskil beteken tussen ondernemings wat suksesvol sal wees en daardie ondernemings wat onder sal gaan. Daar is egter byna altyd weerstand teen verandering omdat dit onsekerheid veroorsaak. Hierdie weerstand lei dikwels tot konflik.
3.2 Inklusiwiteit en kulturele diversiteit In Suid-Afrika het ons baie verskillende kulture en is dit belangrik om te onthou dat ons al hierdie kulture in die werksplek moet akkommodeer. Ongelukkig kan hierdie kulturele verskille tot konfliksituasies lei – dikwels a.g.v. onkunde. Oppas ook vir die gevaar van stereotipering: “Alle Afrikaners glo dit of dat” of “Slegs mans is natuurlike leiers en moet daarom bo vrouens bevorder word. ” Ons moet egter ook onthou dat sekere kulture in ’n land of lande baie spesifieke kenmerke het wat moeilik kan wees om te verstaan.
Diversiteit
Met betrekking tot hierdie aspek kan ons na die Afrika-kultuur van Ubuntu teenoor ’n meer Westerse kultuur kyk. Wanneer ’n persoon sekere saketransaksies of onderhandelings uitvoer, sal dit die persoon help om te erken dat sommige van hierdie verskille tot konfliksituasies kan lei as dit nie in ag geneem word nie. Ubuntu
Westerse kultuur
Vestig sosiale vertroue – “Ek is omdat ons is”.
’n ‘Laat ons sit en besigheid doen’-benadering heers dikwels.
Persoonlike verhoudings en goedertrou word na waarde geskat.
Die klem is op prestasie en ervaring.
Onderhandelings is dikwels stadiger en rituele speel ’n rol.
Tyd is geld en ons moet onderhandelings so vinnig as moontlik afhandel om die volgende transaksie te kan begin.
4
© 2020 Excom Publishers