Hoofstuk 1
Besigheidstudies Graad 12
PTY LTD
Sinergie Almal ken die ou spreekwoord ‘’n ketting is net so sterk as sy swakste skakel’, maar die sinergie wanneer lede van ’n span saamwerk is dikwels wat as die '1+1 = 3' effek beskryf word. Dit is goed geïllustreer deur John Maxwell as volg: As elke lid van die span ’n kragsinspanning van 3 eenhede insit: 3x3x3x3x3 = 243 totale eenhede
Sinergie
As elke lid nou net 1 ekstra kraginspanningseenheid insit: 4x4x4x4x4 = 1024 totale eenhede.
So 5 ekstra eenhede het ’n dramatiese impak op die span gehad. (John Maxwell. 1993. Developing the leader within you. P180. Thomas Nelson Publishers. Nashville) Sinergie: Die interaksie van twee of meer agente of magte sodat die samewerkingseffek ’n groter resultaat lewer as die som van hulle persoonlike insette.
2. Konflikbestuur Waar daar ookal ’n botsing van belange of die potensiaal vir ’n meningsverskil met betrekking tot feite of aannames is, kan daar moontlik konflik wees. Tensy hierdie konflik bestuur en opgelos word, kan dit die besigheid skade berokken. Konflik is ’n meningsverskil waartydens die betrokke partye ’n bedreiging ten opsigte van hul behoeftes en belange ervaar.
Konflikbestuur
2.1 Funksionele vs disfunksionele konflik Konflik is nie altyd sleg nie, want dit kan dikwels kreatiwiteit aanwakker, wat mense sal help om te ontwikkel en te groei. Dit kan selfs tot verandering lei en die produktiwiteit in die onderneming verhoog. Of konflik goed of sleg is, sal egter bepaal word deur hoe die emosies rondom die konflik hanteer word. Funksionele konflik – Hierdie nie-aggressiewe vorm van konflik stimuleer kreatiwiteit en laat idees voortvloei, soos bv. wanneer ’n denkskrum gehou word. In hierdie geval kan mense verskil van mekaar maar steeds saamwerk om ’n oplossing te vind. Disfunksionele konflik – ’n Aggressiewe vorm van meningsverskil waar mense weier om saam te werk om ’n oplossing te vind en die suksesvolle uitvoering van die taak in gevaar gestel word.
2.2 Voor- en nadele van konflik 2
© 2020 Excom Publishers