Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 Handleiding 1/2

Page 16

Eenheid

1

Handleiding 1/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Aktiwiteit 5: Lees hardop Oefen om die gedeelte hier onder uit “Masego se ontdekking” hardop te lees – kyk na die wenke. Werk saam met ’n maat en gee mekaar ’n punt. Het jou maat goed gelees? (5 is die hoogste punt.) Kriteria Is die woorde reg uitgespreek? Lees jy vlot en met gevoel? Is die leestekens gehoorsaam?

Punt (omkring) 1 | 2 | 3 | 4 | 5 1 | 2 | 3 | 4 | 5 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Gee daarna terugvoer vir jou maat: • Is die woorde reg uitgespreek? • Is die leestekens gehoorsaam? • Het jou maat vlot gelees? • Het jou maat met gevoel gelees? Wenke vir hardop lees • • • • • •

Oefen om die teks te lees – eers saggies en dan hardop. Spreek die woorde reg uit. Lees vlot en met gevoel. Gehoorsaam die leestekens – rus as jy ’n komma (,) sien, praat ’n bietjie harder as jy ’n uitroepteken (!) sien en rus langer by ’n punt (.). Let op as daar aanhalingstekens is – dit is dan iemand se woorde. Onthou, jy moet nou en dan oogkontak met die gehoor maak (make eye contact with the audience). Kyk af en toe op en oefen mooi om nie jou plek in die teks te verloor nie.

Kyk mooi na hoe om die volgende uit te spreek: • Jy moet “géén” (met die strepie, akuutteken, op die e) met klem lees (with emphasis). • “Baadjie” en “skeurtjie” se einde klink soos “kie”, so dit is “baai-kie” en “skeur-kie”. Die eu in “skeurtjie” moet mooi gerond wees. Masego skrik. Sy probeer praat, maar géén woord wil uitkom nie. Die muis knipoog vir haar: “Ek gaan niks aan jou doen nie, ek is vriendelik.” Die muis dra ’n ou baadjie wat lankal uit die mode is en redelik flenters is. Sy een oor het ’n skeurtjie in en dit lyk of die muis ’n paar avonture agter die rug het. “Moenie so geskok lyk nie! Het jy nog nooit ’n karakter uit ’n storieboek in lewende lywe gesien nie?” “Maar ... hoe?” sê Masego. ’n Muis wat praat is onmoontlik, maar ’n muis uit ’n storieboek? “Ag, dis ’n lang storie waarmee ek jou nie gaan verveel nie. O, waar is my maniere? My naam is Magnus.” Die muis steek sy pootjie uit om Masego se hand te skud. Masego se mond is droog en sy sukkel om te praat. “Hallo, Magnus, ek’s Masego,” sê sy onseker en skud sy poot saggies met haar wysvinger. Ouma gaan haar ore nie glo nie! © Optimi

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.