1 minute read

Aktiwiteit 14: Samestellings

Aktiwiteit 14: Samestellings

Kan jy onthou hoe woorde in Afrikaans gevorm word?

Samestellings

Woorde word op verskillende maniere gevorm – deur voorvoegsels (prefixes) en agtervoegsels (suffixes) by ’n stam te voeg, of deur samestellings te vorm. (Jy gaan later hersiening oor voorvoegsels en agtervoegsels doen.)

’n Samestelling is twee of meer stamme (of woorde) wat saamgevoeg word om ’n nuwe woord met ’n nuwe betekenis te vorm.

boek rak boekrak

Maak die samestelling en teken of plak ‘n prentjie van die nuwe woord.

Woorde het soms ook ’n verbindingsklank, maar jy doen later hersiening daaroor (soos “hondehok).

Beantwoord die vrae in jou werkboek.

1. Maak samestellings van die woorde.

1.1 storie + boek = 1.2 avontuur + verhaal = 1.3 hoof + karakter = 1.4 boek + wurm = 1.5 kind + boek =

This article is from: