
1 minute read
Aktiwiteit 3: Klankpatrone: Alfabetiese volgorde, vokale, konsonante en tweeklanke
Aktiwiteit 2: Beantwoord vrae
Beantwoord die vrae oor “Masego se ontdekking” mondelings. Jy mag die notas gebruik wat jy gemaak het.
1. Wie is al vir ’n paar uur lank besig in die biblioteek? 2. Wat laat haar nies? 3. Watter vreemde ding gebeur met haar in die biblioteek? 4. Wat is die diertjie se naam? 5. Wie het volgens hom die eerste boek in die wêreld geskryf? 6. Waarom praat hy met haar? 7. ’n Boekwurm is iemand wat daarvan hou om te lees. Sou jy sê Masego is ’n boekwurm? Wat in die storie laat jou so dink? 8. Wat het op die einde van die storie gebeur? Hoe weet jy dit? 9. Dink jy Masego se ouma het haar geglo toe sy haar vertel het wat in die biblioteek gebeur het? 10. Het jy al iets vir iemand vertel en toe glo hulle nie wat jy vertel nie? Wat het daarna gebeur?
Gesels oor die einde van die storie. Wat dink jy het gebeur nadat Magnus in Masego se rugsak geklim het?
Aktiwiteit 3: Klankpatrone: Alfabetiese volgorde, vokale, konsonante en tweeklanke
Ons gebruik die alfabet elke dag. Kan jy die alfabet in Afrikaans opsê? Ken jy die verskil tussen vokale (vowels) en konsonante (consonants)? Wat kan jy van tweeklanke (diftonge) en dubbelklanke onthou?
Klankpatrone: Vokale en konsonante
Die alfabet bestaan uit vokale en konsonante.
Vokale Konsonante
a e i o u
Onthou die vokale só: Arme ek is Oupa Uil. b c d f g h j k l m n p q r s t v w x y z
In Afrikaans is daar altyd minstens een vokaal in ’n woord.
Klankpatrone: Tweeklanke (diftonge) en dubbelklanke
Buiten vokale en konsonante, kry ons ook tweeklanke (of diftonge) en dubbelklanke by klankpatrone en die bou van woorde.