
1 minute read
Aktiwiteit 9: Beantwoord vrae
aandagtig – attentively klokkie – bell vlug – flee belowe – promised botteltjie – tiny bottle towenaar – wizard waarheid – truth vloeistof – liquid vertrou – trust opgee – give up verskyn – appear veiligheid – safety
Kan jy die elemente van ’n storie onthou?
Elemente van ’n storie
Karakters
(characters) Die persone in die storie. Daar is gewoonlik een karakter wat die belangrikste is – die hoofkarakter (main character).
Ruimte
(setting) Waar en wanneer die verhaal afspeel, bv. in die woud in 1960 of in iemand se huis in die winter van 2021.
Elemente van ’n storie
Intrige
(gebeure, plot) Die reeks gebeure wat die storielyn vorm.
Dialoog
(dialogue) Die karakters se woorde. Dit is tussen aanhalingstekens in gewone teks. In ’n dialoogteks (wat jy later hersien) is daar nie aanhalingstekens nie.
Bespreek die storie saam.
• Waaroor gaan die storie? (Wat is die intrige van die storie?) • Waar speel die storie af? (Wat is die ruimte?) • Wat is in die klein botteltjie wat Magnus drink? Waar kom dit vandaan en waarom drink hy dit? • Wat gebeur as hy dit drink? • Waarheen dink jy gaan Magnus?
Aktiwiteit 9: Beantwoord vrae
Lees “’n Kat se kans” op jou eie en beantwoord die vrae in jou werkboek.