LINDENNUUS Uitgawe 8, 8 April 2022

Page 1

LINDENNUUS In die nuus:

Welkom terug Linden! Na 'n heerlike vakansie is die Lindeniete terug vir die tweede kwartaal van 2022. Ons glo en vertrou elkeen is

- Ons spog met oudLindeniete

uitgerus en reg vir die besige kwartaal wat voorlê. Mag dit vir elkeen 'n geseënde, gesonde en voorspoedige kwartaal wees. Ons deel graag die volgende gedagte met ons ouers, leerders en personeel:

- Sport: Toere en klinieke uitslae

"Consult not your fears but your hopes and your dreams. Think not about your frustrations, but about your unfulfilled potential. Concern yourself not with what you tried and failed in, but with what it is still possible for you to do." Pope John XXIII

- Kultuur: Voortrekkers oorleef Lunsklip

Sterkte met die kwartaal en onthou: VOLHARD tot die einde!

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 8


Belangrike Datums 8 April - 14 April , Vrydag 8 April

United Nations Debating (King Edward School); Hokkie: Vriendskaplik vs Bryanston - Dogters (Weg), Seuns (Tuis)

Saterdag 9 April

Rugby, netbal en hokkie: Superreeks vs Bergsig (Tuis); Skaak: Distriksbepalings (Northcliff High)

Sondag 10 April

Lindenkoor: Paasuitvoering (NG Kerk Fairland); Skiet: GSSU Algemene Jaarvergadering

Maandag 11 April

Uitdeel van rapporte; Hokkie: Seuns vs Florida (Tuis)

Dinsdag 12 April

Liga: Netbal vs Hoërskool Monument (Tuis); ATKV Debat Gauteng-Oos, Gauteng-Suid en Gauteng-Wes uitdunne (Tuis); Koor: Penultimate Rondte van die NEA-fees (NG Kerk Roodekrans)

Woensdag 13 April

Oueraand; Hokkie: Vriendskaplik vs Fourways High - Dogters (Weg), Seuns (Tuis)

Donderdag 14 April

Skool sluit vir die Paasnaweek om 12:00

Om in die LindenNuus te adverteer kontak ons gerus by: 011 888 4413 of stuur 'n epos aan: ane.groenewald@linden.co.za 2

LINDENNUUS UITGAWE 8


Oud-Lindeniete maak Linden trots Die oud-Lindeniete Morné van den Berg en Jean Kleyn, het op Saterdag 19 Maart 'n baie spesiale oomblik kon deel. Morné het die veld met Jean, sy matriek van 2011, in die United Rugby Championship-wedstryd tussen die Lions en Munster op Ellis Park gedeel. Morné speel vir die Lions en Jean vir die Ierse Rugbyclub Munster. Ons is besonders trots op hierdie oud-Lindeniete wat groot opslae in die rugbywêreld maak. Hou hulle dop.

Francois en Sandile presteer in Touch Rugby Baie geluk aan Francois Steyn en Sandile Gumede wat verlede naweek vir die Gauteng o.19 Touch Rugby, rugbyspan uitgedraf het by die nasionale toernooi in Durban. Gauteng was derde algeheel by die toernooi. Francois en Sandile is ook gekies vir o.20 SA oefengroep. Welgedaan manne, ons is baie trots op julle.

3

LINDENNUUS UITGAWE 8


Netbalspanne vaar uitstekend by Menlo-netbalfees Ons eerste- en 0/16A-netbalspanne het tydens die vakansie, oor die naweek van 18 tot 21 Maart die seisoen behoorlik afgeskop en deelgeneem aan die Menlo-netbalfees aangebied deur Die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Daar was 27 kompeterende skole van reg oor die land wat in hierdie fees kragte gemeet het. Linden se o/16A-span speel 11 wedstryde waarvan hul 6 wen, 3 verloor en 2 gelykop speel. Linden se 1ste-span speel 10 wedstryde waarvan hul 7 wen en 3 verloor. Volledige uitslae is as volg: o/16A: • Gelykop vs Montana 22-22 • Gelykop vs Merensky 24-24 • Veloor vs Monnas 19-34 • Wen vs Ferrum 32-14 • Verloor vs Menlopark A 20-38 • Wen vs Oranje Meisies 27-20 • Wen vs Potch Volkskool 22-18 • Wen vs KHS 0/17 38-11 • Wen vs Menlo B 31-17 • Verloor vs Helpmekaar 13-23 • Wen vs Lydenburg 35-12 1ste-span: • Wen vs Potch Volkskool 22-20 • Wen vs Brakenfell 17-13 • Verloor vs Swartland 21-25 • Verloor vs Monnas 20-27 • Wen vs Lichtenburg 29-7 • Verloor vs Wonderboom 21-23 • Wen vs Ben Voster 27-13 • Wen teen Helpmekaar o/17 28-17 • Wen teen Lydenberg 27-14 • Wen teen Potch Gimnasium o/17 26-7

Dit was 'n fees om julle te sien speel met soveel ywer en trots vir die skool. Julle maak die Lindenharte ongelooflik trots

4

LINDENNUUS UITGAWE 8


Hokkiespanne toer en neem deel aan die "Fairweather Hockey Festival" Linden se eerste seuns en dogters hokkiespanne het vanaf 31 Maart tot 3 April na onderskeidelik Michaelhouse en Hilton College getoer om ons skool in die “Fairweather Hockey Festival” te verteenwoordig. Die toer het vir groot pret, ongelooflike ervarings en besonderse wedstryde gesorg. Die uitslae van die wedstryde wat gespeel is, was as volg: Ons seuns speel 5 wedstryde waarvan hulle 2 wen en 3 gelykop speel. • vs Maritzburg College 0-0 gelykop • vs Stanford Lake College 1-1 gelykop • vs Curro Hillcrest 3-0 wen • vs Hoërskool Nelspruit 1-0 wen • vs Thomas Moore 0-0 gelykop Ons dogters speel ook 5 wedstryde waarvan hulle ongelukkig 4 verloor en 1 gelykop speel. • vs Thomas Moore 0-3 verloor • vs Danville High School 0-3 verloor • vs. Howick High School 0-0 gelykop • vs Penryn College 0-1 verloor • vs Epsworth High School 0-4 verloor Baie dankie aan elkeen van hierdie spelers vir julle harde werk en geesdrif, ons is ongelooflik trots op julle.

5

LINDENNUUS UITGAWE 8


Rugby- en netbalklinieke 'n groot sukses Ons leerders het tydens die vakansie, vanaf 30 Maart tot 1 April, die voorreg gehad om die rugby- en netbalklinieke, aangebied in samewerking met Rugga School en Boksburg High Performance Centre, by die skool by te woon.Die leerders en afrigters is aan provinsiale en nasionale afrigters blootgestel om die finale voorbereiding voor die liga effektief te kan bewerkstellig. Sowat 150 seuns en dogters het die klinieke saam met ons geniet en het beslis ongelooflike positiewe ervaring hierdeur opgedoen. Die klinieke het uit veld- en baansessies, voorkoming van beserings en sielkundige voorbereiding-sessies, posisie-spesifieke sessies, ‘n swemsessie, asook ‘n sokkie, braai en oorslaap bestaan. Baie dankie aan elkeen wat dit bygewoon het en bygedra het tot die sukses daarvan.

Güte blink uit Güte Geldenhuys het gedurende die vakansie aan die SA Level 3 Regional Age Group, Swemkampioenskappe 2022 deelgeneem. Die kampioenskap is 'n gekombineerde gala van al die noordelike provinsies, insluitend Namibië en Zimbabwe. Sy verower tydens die geleentheid 'n silwer medalje in die 400m-vryslag en 'n brons medalje in die 200m-rugslag. Baie geluk met hierdie mooi prestasie

6

LINDENNUUS UITGAWE 8


Lindeniete in SA-tennisspan Ons tennisspelers maak opslae. Ané Dannhauser is verkies tot die Suid-Afrikaanse o/19-span, wat gekies is vanuit die spanne van verskeie provinsies wat teen mekaar deelgeneem het by die Interprovinsiale Toernooi wat verlede naweek plaasgevind het. Almé van Schalkwyk is ook as reserwe vir die 0/15-span aangewys. Om deel te wees van die span moes die speler in die top 3 van hulle span wees. Die spanne sal ook in Junie vanjaar toer na Londen om Wimbledon te besoek en aan 'n internasionale toernooi daar deel te neem. Baie geluk aan Ané en Almé, dit is 'n ongelooflike prestasie, Linden is besonders trots op dit wat julle vermag op die tennisbaan.

Rugbyspelers beïndruk by proewe Linden se o/16- en eerstespan rugbyspelers het Dinsdag 5 April onderskeidelik by Hoërskool Alberton en Alberton Rugbyklub aan Goue Leeus-rugbyproewe deelneem. Die volgende o/16’s is by die Sentraal-Wes span ingesluit: Sandile Gumede, Xander Engelbrecht, Francois Steyn, Ethan Maritz, Zakkie Crow, Zander Calitz en Jeandré Müller. Baie geluk aan hierdie manne. Die eerstespan het om 17:00 teen Krugersdorp High School ‘n wedstryd as deel van die proewe gespeel. Linden wen daardie wedstryd 20-5. Ons is trots op julle.

7

LINDENNUUS UITGAWE 8


Linden fietsryers ontmoet Cape Epic Wenners Rucinde Ahlstrom en Inge van der Walt, lede van Linden se fietsryclub, het op 30 Maart die geleentheid gehad om tydens 'n byeenkoms by die Cycle Lab in Fourways, Georg Egger and Lukas Baum van Speed Company Racing en die kampioene van die 2022 ABSA Cape Epic, te kon ontmoet. Wat 'n ongelooflike ervaring en voorreg vir die leerders. Linden is trots om sy eie fietsryclub te hê. Leerders wat hierby wil aansluit is welkom om met mnr. Basson te gesels.

Hokkie uitslae Die seunshokkiespanne het die afgelope week vriendskaplike wedstryde gespeel teen St. David's en De La Salle Holy Cross College. Die uitslae was as volg: Tweedespan: vs De La Salle - Gelykop: 1-1 Eerstespan: vs St. David's - Verloor: 0-7 Dankie vir julle harde werk en deursettingsvermoë, julle maak ons trots.

Advertensie-hoekie:

LIFE COACHING BY ALISTAIR UNTERSLAK:

As a coach, I aim to help teenagers set and achieve their goals through focussed actions. During coaching, we will also develop effective time management, resilience, emotional intelligence, self-purpose and a positive self-image in your child. The coaching will be done virtually and will cost R300 per hour. For more information or to set up coaching, please contact me at alistairunterslak@live.com 8

LINDENNUUS UITGAWE 8


JaNee voer onderhoud met Oekraïense inwoner Ons deel graag die lusmaker vir die JaNee wat binnekort gepubliseer word... Niemand bly onaangeraak deur die Rusland-Ukraine oorlog nie, en soms voel mens magteloos en wonder jy hoe jy kan bydra. Die pen is egter magtiger as die swaard, en met die bemiddeling van die Academy of Science of South Africa (ASSAf), het een van ons JaNee-joernaliste, Jayden Van Graad, die geleentheid gehad om ‘n verskil te maak deur ‘n virtuele onderhoud te voer met Iryna Kuchma van die Ukraine. Iryna het haar ervaringe eerstehands gedeel met Jayden Breydenbach, wat hom soos ‘n ervare joernalis gedra het deur sy uitstekend geformuleerde vrae. Hierdie onderhoud is gevoer op Woensdagoggend 23 Maart 2022. Kyk uit vir ons eerste uitgawe van die JaNee vir die volledige berig!

Voortrekkers oorleef op Lunsklip Rogan Scullard, Caitlin Coetzee en Andrea de Villiers het in die vakansie vir agt dae sonder kos, met slegs die klere aan hul lyf en ‘n mes in die veld op Lunsklip, noord van Mokopane oorleef. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie en hoogtepunt van hul 13 jaar lange Voortrekkerloopbaan. Buitegroep is ‘n kursus waar jou uiterste limiete getoets word en dit word al die afgelope 60 jaar deur die Voortrekkers aangebied. Slegs 22 uit 70 voortrekkers was gekeur om die finale kamp te doen. Baie geluk aan die leerders. Julle het Linden se leuse uitgeleef en volhard tot die einde. 9

LINDENNUUS UITGAWE 8


Lindenkoor deur na die voor-finale rondte van die NEA Die Lindenkoor is hard aan die werk en het deurgedring na die voor-finale rondte van die National Eisteddfod Academy. Dit vind plaas by die NG-Kerk Roodekrans op 12 April. Baie geluk aan die koor, ons is trots op julle en sien uit na nog uitstekende uitslae.

Drama-leerders neem deel aan "Arts and Culture Fest '22" Linden se voornemende akteurs en aktrises het tydens die vakansie hulle staal gewys en deelgeneem aan die "Arts and Culture Fest '22" aangebied deur die National Childrens Theater. Nie net was dit 'n ongelooflike voorreg nie, maar het die leerders hul ook uitsekend van hulle taak gekwyt. Ons is opgewonde vir die talent wat die leerders ontwikkel en nog ten toon gaan stel.

10

LINDENNUUS UITGAWE 8


Die kunsies se werke

Ons spog graag met die Graad 10 Visuele Kuns leerders. Die sketse en bladsye uit die eerste kwartaal se werk. Die projek se tema is: "This is me" / "Wees jou selfie". Ons leerders doen ongelooflike werk in die kunsklas. Dankie juf Kuns dat jy die skeppings met ons deel.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.