Lindennuus, Uitgawe 18: 9 Junie 2023

Page 1

UITGAWE 18 | 9 JUNIE 2023

LINDEN REG VIR DERBY 2023

Derby die jaar op tuisveld

Oor twee weke, op Woensdag 21 Junie, vind ons Derby plaas! Maak reg vir ‘n middag en aand van goeie rugby en groot gees. Die program sal om 14:00 begin op ons velde. Toegang kaartjies is beskikbaar op die dag by die Sport- en hoofhekke teen R20 per persoon, leerders en laerskool kinders se toegang is verniet. Meer inligting oor die dag sal binnekort bekend gemaak word Ons spanne is reg om die wedstryd van hulle lewens te speel. Kom in jou groen en goud en ondersteun #teamlinden!

HOËRSKOOL LINDEN @hslinden
LINDENNUUS UITGAWE 18 1

Jaarlikse Gholfdag ' n groot sukses

LINDEN GHOLFDAG SOOS OUDERGEWOONTE 'N BESONDERSE DAG

Hoërskool Linden se jaarlikse Gholfdag wat op Vrydag 2 Junie by Randpark Gholfklub

plaasgevind het was weereens 'n groot sukses en 'n wonderlike dag vir fondsinsameling. Baie dankie aan elke borg, speler en donateur wat die dag moontlik gemaak het, ons waardeer opreg julle insette en ondersteuning

Baie geluk ook aan ons Gholfdag-lootjie wenner Cornea Matthee wat met die heellam van Impala Slaghuis wegstap Graad 8 8 het ook die meeste geld ingesamel met hulle lootjielyste en as wen klas uit die stryd getree. Dankie vir al julle ondersteuning.

'n Spesiale dankie aan die volgende ongelooflike borge wat die dag moontlik gemaak het:

Beagle Watch Sekuriteit

PSG Wealth Northcliff

John Raddcliff PTY Ltd

Netcad IT-services

Rawson Properties Northcliff

CMH Ford Randburg

Impala Butchery

Paint Emporium & Hardware Linden

Guvon Hotels & Spa's

Salt Atelier en Suna Roberts

Hotel Numbi & Garden Suites

JAC - Just Amazing Candles

Dankie ook aan elke ouer wat bygedra het tot die geskenkpakke, borgskappe en lootjies

Ons is dankbaar vir die bydraes!

LINDENNUUS UITGAWE 18 2

Hokkie uitslae: Seuns-eerstes oorwinnaars oor Randburg

EERSTESPAN-SEUNS VAAR UITSTEKEND TEEN RANDBURG

Dit was 'n goeie dag vir Linden-hokkie! Die seuns het op 30 Mei op die Randburg Astro teen Hoërskool Randburg afgereken, waar ons eerstespan asook ons onder 16-span hulle wedstryd gewen het! Welgedaan manne ons is baie trots op julle.

Die volledige uitslae was as volg:

Eerstes - Wen 5-1

o/16's - Wen 1-0

o/14's - Verloor 1-0

Die dogters het ook teen St. Peters gespeel. Die uitslae was as volg:

Eerstes - Gelykop 0-0

o/15's - Wen 8-0

o/14's - Verloor 3-2

Welgedaan aan al ons hokkiespanne, julle harde werk en volharding werp beslis goeie vrug af!

LINDENNUUS UITGAWE 18 4

Hokkie uitslae

HOKKIE LIGA UITSLAE

Die onderskeie hokkie-liga's het die afgelope twee weke voortgeduur.

Ons Seuns-hokkiespanne het tuis teen Noordheuwel ligawedstryde gespeel en die uitslae was as volg:

• o/14 verloor 0-5

• o/15 wen 1-0

• o/16 verloor 0-2

• 1ste=span verloor 2-3

Ons Dogters-hokkiespanne het verlede Saterdag teen Roedean ligawedstryde gespeel:

• o/14 speel 1-1 gelykop

• o/16 wen 5-0

• 1ste-span verloor 0-4

Ons Seuns-hokkiespanne het ook teen Bastion en Dainfern College ligawedstryde gespeel:

• o/16 verloor 1-5 vs Dainfern

• 1ste-span wen 10-0 vs Bastion

• 1ste-span speel 3-3 gelykop teen Dainfern

Welgedaan aan al die spanne wat uitstekend speel en hard werk, ons is baie trots op julle.

Na afloop van die D12-liga het die volgende seunshokkie-spanne ook dan die liga gewen:

Eerstes

Tweedes

o/16's

o/15's

o/14's

Wat 'n uitstekende prestasie is dit nie! Baie geluk manne, ons is baie trots op julle.

Baie sterkte aan ons 1ste-seuns hokkiespan wat die naweek in die Noordvaal-uitspele deelneem Ons weet dit sal goed gaan!

LINDENNUUS UITGAWE 18 5

Suné vaar uitstekend by Wêreld-kompetisie

LINDEN SE PROTEA-SKUT VERBETER SA REKORD IN DUITSLAND

Suné hou Linden se naam hoog in Duitsland Suné Boshoff, ons eie Protea-skut, het onlangs by die Wêreld Junior Luggeweer-kompetisie in Suhl, Duitsland deelgeneem en uit 97 skuts in die algehele 67ste posisie saam met Slovakië geeindig met ‘n telling van 617.4. Met hierdie telling verbeter sy ook haar eie Junior Suid-Afrikaanse rekord wat sy laasjaar in Suhl geskiet het Baie geluk met 'n uiters suksesvolle kompetisie Suné. Ons is baie trots op jou.

Sandile ingesluit by Goue Leeus Welpies-span

LINDEN SPOG MET GOUE LEEU

Na afloop van die Goue Leeus Rugbyproewe spog Linden met Sandile Gumede, wat amptelik by die Leeus se Welpiespan ingesluit is! Baie geluk Sandile, ons is baie trots op jou en sien uit na wat die toekoms vir jou inhou.

LINDENNUUS UITGAWE 18 6

Linden spog met Gauteng-skaakspelers

SKAAKSPELERS UITSTEKEND BY GAUTENG KAMPIOENSKAPPE

Die volgende Linden-skaakspelers het einde Mei in Benoni aan die Gauteng

Skaakkampioenskappe deelgeneem: Sienne Scullard, Tjaart Steyn, Wilrich van Deventer, Megan du Toit, Heinrich Voigt, Robert Engelbrecht, Ruben Wolff, Daniël Voigt en Wessel Rossouw. Na afloop van hierdie Kampioenskappe is Sienne Scullard asook Tjaart Steyn by die o/15Gautengspanne ingesluit Wat 'n wonderlike prestasie! Hulle neem dan van 4 tot 7 Julie aan die nasionale skaaktoernooi deel. Welgedaan julle, ons is baie trots op julle.

Skuts vaar uitstekend in Liga

GSSU LIGA 3 LEWER UITSTEKENDE UITSLAE

GSSU Liga 3 het verlede naweek by Hoerskool Randburg plaas gevind, en ons skuts presteer as volg:

Barend Rabie verower brons vir o/16 algeheel en silwer vir o/16 3P.

Geneviewe Prinsloo verower brons vir o/14 algeheel, goud vir o/14 10m en verbeter haar persoonlike beste in totaal

Layla Myburgh verower silwer vir o/14 10m en verbeter haar persoonlike beste in 10m en totaal.

Kaelyn De Villiers verower 'n brons vir o/14 10m

Isabella Cilliers verower goud vir presisie algeheel, silwer vir presisie 3P en goud vir presisie 10m Sy verbeter ook haar persoonlike beste in 10m

Ethan Cowles kry goud vir o/21 Pistool Wedstryd 1, silwer vir Wedstryd 2 en goud vir o/21 Pistool algeheel

Mieke Mel verbeter haar persoonlike beste in 3P en totaal.

Callum Filmalter verbeter sy persoonlike beste in 3P en totaal

Theo Rabie verbeter sy persoonlike beste in 3P en totaal.

Alek Nel verbeter sy persoonlike beste in 3P en totaal

Christiaan Briel verbeter sy persoonlike beste in totaal.

Baie geluk aan al ons skuts, ons is baie trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 18 7

Rugby: Onder 16-span deur na Goue Leeus Finale

ONDER 16'S SAL IN FINALE LINDEN VERTEENWOORDIG

Baie geluk aan ons o/16A-rugbyspan wat deurdring na die Goue Leeus Finale an hulle oorwinning verlede naweek Hierdie wedstryde word na afloop van die vakansie by Hoërskool Florida gespeel Welgedaan manne en baie sterkte

Fietsry Uitslae - MTB Skolereeks

LINDENIETE VAAR UITSTEKEND IN CYCLE LAB-REEKS

Ons fietsryers het ook einde Mei aan die eerste wedren van hierdie jaar se Cycle Lab

MTB Skolereeks by Steyn City deelgeneem en uit 76 skole reg oor Gauteng ‘n algehele 34ste plek losgery.

• Kian eindig 54ste uit 135

• Nathan eindig 14de uit 112

• Rucindé eindig 18de uit 25

Ons is baie trots op julle

LINDENNUUS UITGAWE 18 8

ATKV-redenaars uitslae

LINDENIETE VAAR UITSTEKEND

Die ATKV-redenaars uitslae is vandeesweek bekend gemaak. Die Lindeniete het as volg presteer:

Natalie Dixon het 4de in die Gauteng-Wes streek geëindig Hildegard Schraader het 1ste geëindig in die Gauteng-Wes streek en sodoende word sy uitgenooi na die Nasionel

Finale rondte van die ATKV-Redenaarskompetisie, wat die 18de Augustus 2023 plaasvind by die ATKV-Goudini Spa

Baie geluk aan Natalie en Hildegard!

Hildgard maak weer skoonskap in kunste

LINDENIET OP PAD NA FINALE VAN REDENAARS

Hildegard Schraader in graad 8, vaar uitstekend in haar onderskeie kultuur-aktiwiteite. Sy het die volgende prestasies die afgelope maand ingepalm:

ATKV Redenaars: (soos bo gemeld)

Hildegard is in die landsfinaal vir onvoorbereide redenaars Die kompetisie vind in Augustus plaas

Interskole Redenaars:

Hildegard is in die landsfinaal vir voorbereide en onvoorbereide Afrikaanse redenaars (Engels vind eers later plaas) Hierdie finaal vind in September plaas

National Eisteddfod Academy se Young Artist Awards nasionale kompetisie:

Sy haal die semi-finale rondte met een van haar sketse.

Welgedaan Hildegard, ons is baie trots op jou en hou styf duimvas vir die finale wat voorlê.

LINDENNUUS UITGAWE 18 9
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.