Lindennuus, Uitgawe 16: 19 Mei 2023

Page 1

UITGAWE 16 | 19

Sportweek sluit eerste Randburg derby-oorwinning in!

Na 'n besige kwartaal het die Lindeniete die week die voorreg gehad om te kon deel in Sportweek 2023 Die week het Maandag 15 Mei afgeskop met 'n prestasie-oggend waartydens die verskeie medalje wenners deur die jaar tydens die Binneplaas-opening vereer is Dinsdag 16 Mei het ons die Netbal Derby teen Hoërskool Randburg aangebied waar ons netbalspanne in hulle JOMO-liga wedstryd uitstekend gevaar het. Talle van ons leerders en ouers het die spanne kom ondersteun en ons eerste-netbalspan het as oorwinnaars uit die stryd getree deur 21-15 teen Randburg te wen Ons het Woensdagoggend ons Rugby-, Hokkie- en Netbal Eerstespanne in die Binneplaas voorgestel. Die hokkieseuns het ook Woensdag hulle tuis ligawedstryde teen Krugersdorp High School waar die skool die spanne kom ondersteun het, en ons eerste-seunspan 4-1 gewen het. Donderdag het ons netbalspanne hulle JOMO-liga tuiswedstryde teen Krugersdorp High School gespeel waar die leerders kon ondersteun Die week is Vrydag 19 Mei afgesluit waar alle leerders wat deur die week gondersteun het met ‘n dag van gewone klere beloon is. Vrydagmiddag het die Wintersport-eerstespanne ook deelgeneem aan die Vermeulen-Van Zyl wisseltrofee. Ons Onderhoofleiers van Sport van 2022 (Jodie Vermeulen en Reinhard van Zyl) het die inisiatief van “The Battle of the Sport Teams”, wat vanaf hierdie jaar as die “Vermeulen-van Zyl Wisseltrofee” bekendstaan, geloots. Die eerste-spanne het mekaar tydens hierdie titaniese stryd gepak en die eerste-seunshokkiespan het as wenners uit die stryd getree. Wat 'n wonderlike week van sport! Baie dankie Linden vir julle ondersteuning en deelname.

MEI 2023 HOËRSKOOL LINDEN @hslinden
DIE JAAR SE SPORTWEEK SORG VIR GROOT OPWINDING LINDENNUUS UITGAWE 16 1

Linden & Louwtjies vier saam Hemelvaart

HEMELVAARTDIENS SORG VIR SPESIALE OGGEND

Hoërskool Linden en Laerskool Louw Geldenhuys het Donderdagoggend saam Hemelvaart met 'n spesiale diens gevier. Die Louwtjies het vanjaar die pad na ons toe aangedurf en dit was 'n voorreg om hulle by ons te kon ontvang Ds Hendrik van Deventer het 'n spesiale boodskap met die leerders en personeel gedeel en dit was besonders om hemelvaart, Jesus se liefde en ons saamwees te kon vier. Dankie Louwtjies vir die kosbare oggend saam met julle, ons maak beslis volgende jaar weer so.

Alumni vang saam graad

OUD-LINDENIETE NOU INGENIEURS

Vyf van ons oud-leerders wat in 2018 by Linden matrikuleer het, het vroeër die week tydens hulle gradeplegtigheid by Tuks hulle Ingenieurswese-grade ontvang Clarise Pohl, Nelis van der Lingen, Marc Rennison, Janco van Eeden en Waldi van der Lingen is nou gekwalifiseerde ingenieurs. Welgedaan met die verwerf van julle grade, Hoërskool Linden is bevoorreg om te kon deel wees van julle akademiese grondlegging!

LINDENNUUS UITGAWE 16 2

Meidans 2023 ' n spogaand

'PHANTOM OF THE OPERA'-TEMA MEIDANS SORG VIR GLANS

Ons tradisionele Meidans het verlede Saterdag plaasgevind en die Lindeniete het pragtig gelyk en hulself gate uit geniet! Die jaar se tema was "Phantom of the Opera" en die saal was getooi in die mooiste masker-tema dekor Die leerders het almal in formele drag hul beste voetjie voorgesit en die aand deur gedans Wat 'n spog geleentheid!

LINDENNUUS UITGAWE 16 3

Lindeniete aangewys as junior bestuur van SAPS Linden

Hoërskool Linden is bevoorreg om vanjaar twee leerders op die Junior Bestuurspan van die SAPS Linden te hê. Die Stasiebevelvoerder van die Linden SAPS Colonel Abdool het die afgelope Vrydag die goeie nuus met Duanaé Lessing en Jonathan van der Merwe kom deel Hulle het deelgeneem aan Linden SAPS se "Junior Station Commander and Core Management"-kompetisie waar hulle die afgelope Woensdag in 'n toespraak hul visie en leierskap moes ten toonstel. Na afloop van die kompetisie is die Junior Kernbestuur aangekondig waar Jonathan aangewys is as die Junior Stasiebevelvoerder en Duanaé as die Junior Speurbevelvoerder. Hierdie leerders sal die Linden Polisiestasie vergesel na die Provinsiale Jeugdag-vieringe van die SAPS en ook nou saam met die stasie deur die jaar werk om jeug-gebeure, jeug-opheffing en leierskap te bevorder. Welgedaan met die uitsonderlike prestasie! Ons is baie trots op julle.

Baadjies-aan-bome maak ' n verskil

Soos oudergewoonte het ons die afgelope Vrydag baadjies en warm klere vir minder bevoorregte mense ingesamel tydens ons Ukunaka Baadjies-aan-bome projek Die klere wat ingesamel is word nou onder andere versprei in die gemeenskap en in die Zandspruit informele nedersetting Dankie vir elkeen se bydrae tot die sukses van die projek!

LINDENNUUS UITGAWE 16 4
DUANAÉ EN JONATHAN DEEL VAN SAPS JUNIOR BESTUURSPAN
LINDEN MAAK HART EN HANDE OOP MET KLERE-INSAMELING

Belangrike Datums: 20 Mei tot 27 Mei

Saterdag 20 Mei

Rugby: Liga vs Hoërskool Bastion (Weg); Hokkie: Wedstryde - Seuns vs Helpmekaar (Tuis), Dogters vs Helpmekaar (Weg); Skyfskiet: GTRA Liga; Skaak: D10-uitspele (Ferndale High School)

Maandag 22 Mei

Dinsdag 23 Mei

Woensdag 24 Mei

Donderdag 25 Mei

Hokkie: Wedstryde - Seuns o/15 en 1sts vs Trinity Little Falls, Dogters 1stes vs Trinity Randpark; Rugby: Goue Leeus Rugbyproewe

Hokkie: Wedstryde - Seuns vs Northcliff High (Tuis en Weg); Koor: Optrede te Noordheuwel; Netbal: JOMO-liga vs KHS (Slegs 1ste-span) (Tuis)

Hokkie: Wedstryde - Dogters vs Northcliff High (Tuis en Weg); Rugby: Sentraal-Wes Rugbyproewe

Netbal: JOMO-liga vs Helpmekaar (Weg); Hokkie: Wedstryde - Seuns 2des vs Kings School West Rand; Koor: Linden Koorfees

Vrydag 26 Mei Koor: Linden Koorfees

Saterdag 27 Mei Hokkie: Wedstryde - Seuns vs Noordheuwel (Tuis); Skaak: Gauteng Kampioenskappe

LINDENNUUS UITGAWE 16 5

Hoendervleis oomblikke in netbal-derby teen Randburg

EERSTE-NETBALSPAN STAP AS OORWINNAARS WEG

Ons netbalspanne het Dinsdag in die JOMO-liga tuis vs Randburg gespeel. Dit was 'n titaniese derby-stryd en Linden wen 5 wedstryde, speel 2 gelykop en verloor 4. Die Eerstespan se oorwinning oor Randburg het natuurlik vir groot feesviering gesorg!

Die volledige uitslae was as volg:

• o/14A wen 24-11 • o/14B wen 18-10 • o/14C wen 16-15

• o/15A verloor 10-17 • o/15B verloor 6-29 • o/15C verloor 13-16

• o/16A speel 18-18 gelykop • o/16B verloor 11-14

• o/17A wen 18-17

• 2de-span speel 20-20 gelykop

• 1ste-span wen 21-15

Welgedaan aan al die spanne, ons is baie trots op julle!

Rugbyspelers deur na volgende rondte proewe

TWEEDE RONDTE LEEUS-PROEWE WINK VIR DRIE LINDENIETE

Ses van Linden se rugbyspelers het die afgelope Maandag aan die Goue Leeus-rugbyproewe deelgeneem. Drie van hierdie leerders is deur na die volgende rondte proewe! Welgedaan aan die drie o/18 spelers - Chris van der Sandt, Keanu Baadjies en Sandile Gumede.

Ons is baie trots op julle en wens vir julle sterkte toe met die volgende rondte proewe!

LINDENNUUS UITGAWE 16 7

Hokkie-uitslae

HOKKIESPANNE VAAR STEEDS UITSTEKEND IN LIGA

Ons hokkiedogters het verlede Saterdag teen Brescia House wedstryde gespeel en hulself goed van hul taak gekwyt.

• o/14 speel 2-2 gelykop

• o/16 wen 2-1

• 1ste-span speel 2-2 gelykop

Ons hokkiedogters het ook Maandag teen Fourways High School ligawedstryde gespeel:

• o/14 wen 1-0

• o/15 wen 4-0

• o/16-wedstryd weens die weer gekanselleer

• 2de-span speel 0-0 gelykop in verkorte wedstryd

• 1ste-span wen 1-0

Ons hokkieseuns het Woensdag ligawedstryde tuis teen Krugersdorp High School gespeel en die uitslae was as volg:

• o/14 verloor 0-2

• o/16 verloor 2-3

• 1ste-span wen 4-1

Welgedaan aan die spanne! Julle maak ons baie trots

Lindeniet haal dogters Southern Gauteng-hokkiespan

LINDEN-HOKKIE SPOG MET MEGAN MULLER

Baie geluk aan Megan Muller wat na afloop van die “Southern Gauteng”-hokkieproewe by die provinsiale o/16B-span ingesluit is, ons is baie trots op haar en sien uit na wat die toekoms vir haar in hou!

LINDENNUUS UITGAWE 16 8

Xander skiet raak

LINDENIET IN SA-JAGGEWEER SPAN EN 2DE LANDSWYD

Linden se hoofseun, Xander Jacobs het vroeër die maand aan die 2023 Suid-Afrikaanse Jaggeweerskietvereniging-proewe deelgeneem en uitstekend gevaar. Hy eindig algeheel in die 2de plek in die Junior-klas en kwalifiseer dus vir die Junior Nasionale Jaggeweerspan Xander wen ook die Ope se Junior afdeling met ` n persoonlike beste telling van 810/900. Wat 'n ongelooflike prestasie is dit nie, welgedaan Xander!

Fietsry Uitslae

LINDEN FIETSRYERS VOLTOOI MOEILIKE RESIES

Die laaste van vier XCO bergfiets resies vir Gauteng provinsiale kleure is op 13 Mei gehou by Thaba Trails Die baan is uitdagend en selfs van die beste fietsryers val en voltooi nie hulle resies nie. Drie van ons leerders, Nathan Poustie, Danri Oosthuizen en Liam Poustie het egter almal die resies voltooi en Linden se naam hoog gehou! Die volledige uitslae was as volg:

1. Danri Oosthuizen - sy het podium gehaal met 'n 2e plek

2 Nathan Poustie - 11e posisie

3. Liam Poustie - 11e posisie

Welgedaan aan die drie - ons is baie trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 16 9

Linden bied Koorfees aan 25-26 Mei

KOORFEES IS TERUG MET 10 SPOGKORE WAT SAL OPTREE

Hoërskool Linden is opgewonde vir ons Koorfees wat die komende week aangebied word! Ons is sien daarna uit om die volgende kore tydens die fees by ons te hê:

Lindenkoor, Laerskool Fairland, Laerskool Louw Geldenhuys, Curro Wesrand, Hoërskool

Noordheuwel, Laerskool

Fontainebleau, Hoërskool

Wonderboom, Hoërskool

Randburg, Helpmekaar Kollege en Horizons Kamerkoor. Dit gaan 'n besonderse twee aande wees en die kore sal op 25 en 26 Mei die verhoog betree. Jy wil beslis nie op hierdie geleentheid uit mis nie. Bespreek vandag nog jou kaartjies!

Hildegard by NEA-finale

LINDENIET UITSTEKEND IN MIMIEK

Hildegard Schraader het onlangs deelgeneem aan die nasionale finaal van die Young Performers Awards van die National Eisteddfod Academy (NEA). Hildegard was een van ses Spraak en Drama items uit 31 items van alle genres waar sy 'n mimiek opvoering gedoen het Al het sy nie met 'n top posisie weggestap nie, het sy wel 'n sertifikaat vir Speech and Drama - Adjudicators'

Recommendation ontvang. Wat 'n groot prestasie en voorreg! Welgedaan, ons is baie trots op jou!

LINDENNUUS UITGAWE 16 11
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.