Lindennuus Uitgawe 15: 12 Mei 2023

Page 1

HOËRSKOOL LINDEN

Mnr & Mej Linden finaliste bekend gestel

Wie gaan die jaar as Mnr en Mej Linden 2023 gekroon word? Die dertig finaliste wat hierdie jaar gaan deelneem sal op komende Vrydag, 19 Mei, om die kroon meeding en ons kan nie wag om hulle op die Coachella-tema verhoog te sien nie!

Die jaar se geleentheid spog ook met bekende name. Hierdie jaar se program sluit in die pragtige Anlia Etzebeth, bekende aktrise, sangeres en vrou van die Springbok Eben Etzebeth wat as MC optree asook bekende beoordeelaars wat insluit: Angelique Gerber die bekende aktrise, Henco van Wyk - Rugbyspeler vir die Goue Leeus en Merlene Spies van Figures Models Randburg. Kaartjies is steeds beskikbaar en kan pouses teen R120 elk by me. Opperman in Kamer 20 aangekoop word Jy wil beslis nie die spoggeleentheid mis nie Sien jou by Mnr en Mej Linden 2023!

UITGAWE 15 | 12 MEI 2023
@hslinden
LINDENNUUS UITGAWE 15 1
DIE JAAR SE MNR & MEJ BELOOF SWIER EN GLANS BY 'COACHELLA'

Belangrike Datums: 13 Mei tot 20 Mei

Saterdag 13 Mei

Meidans; Hokkie: Aitken & Boden: o/15-seuns (Tuis) / 1stes-seuns (St. Stithians) & o/14-, o/16- en 1stes-dogters vs Brescia House (Randburg Astro); Skaak: D10-uitspele (Ferndale High School)

Maandag 15 Mei

Hokkie: Dogters - Wedstryde vs Fourways High (Tuis en Weg); Rugby: Goue Leeus Rugby Proewe

Dinsdag 9 Mei Netbal: JOMO-liga vs Randburg (Tuis)

Woensdag 10 Mei

Hokkie: Wedstryde - Seuns Wedstryde:Seuns vs KHS (Tuis); Rugby: Sentraal-Wes Proewe

Donderdag 11 Mei Netbal: JOMO-liga vs Krugersdorp High School (Tuis); Hokkie: Wedstryde - Dogters vs Redhill College (Weg), Seuns vs Crawford Ruimsig (Weg)

Vrydag 19 Mei Mnr & Mej Linden

Saterdag 20 Mei Rugby: Liga vs Hoërskool Bastion (Weg); Hokkie: Wedstryde - Seuns vs Helpmekaar (Tuis), Dogters vs Helpmekaar (Weg); Skyfskiet: GTRA Liga; Skaak: D10-uitspele (Ferndale High School)

LINDENNUUS UITGAWE 15 2

Rugby-uitslae

RUGBY-LIGA SKOP AF IN RANDFONTEIN

Ons rugbyspanne se liga het die afgelope week afgeskop met 'n weg wedstryd in Randfontein teen Hoërskool Riebeeckrand. Die spanne het hul man gestaan in die koue en die uitslae was as volg:

14s - Verloor 54-10

15s - Verloor 36-19

16s - Verloor 29-10

2des- Verloor 22-5

1stes - Wen 26- 7

Welgedaan aan die spanne en sterkte vir die res van die liga wat voorlê.

Eerste-rugbyspan ingehuldig

EERSTES SE 'CAPPING' 'N SPESIALE GELEENTHEID

Ons Eerste-rugbyspan is die week tydens hulle spog 'capping'-seremonie voor 'n vol restaurant met eerstespan-ouers, al ons rugbyspanne, afrigters en borge, offisieel bekendgestel en geluk gewens. Wat 'n spesiale gebeurtenis was dit nie! Dit is ook die 10de jaar wat die span hulle eerstespan-kêpse ontvang, wat van die geleentheid ook 'n spesiale herdenking gemaak het 'n Spesiale woord van dank gaan ook uit aan die borge wat vanjaar die span ondersteun: Impala Butchery, Impala Fruit and Veg, WRC Projects, Rhino Rugby South Africa en Digicall. Ons waardeer julle insette! Dankie ook aan Carvers Restaurant wat die geleentheid moontlik gemaak het. Welgedaan aan elke speler en sterkte vir die res van die seisoen wat voorlê - ons is baie trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 15 3

Hoendervleis by Eerste-netbalspan seremonie

Hoërskool Linden het die afgelope Maandagaand ons Eerste Netbalspan vir 2023 offisieel bekendgestel tydens 'n spoggeleentheid. Die dogters het ook hulle wit rokkies tydens die geleentheid ontvang Baie dankie aan ons borge vir die jaar Rezprop, Barron South Africa en ATG Fitness Randburg Baie dankie ook aan Col'Cacchio Northcliff wat die aand moontlik gemaak het - dit was baie spesiaal. Ons is baie trots op elkeen van hulle en sien uit na die res van die seisoen!

LINDENNUUS UITGAWE 15 4

Hokkie-uitslae

HOKKIESPANNE VAAR UITSTEKEND IN LIGA

Ons seuns hokkiespanne het Dinsdag 9 Mei teen Hoërskool Florida gespeel en die uitslae was as volg: Juniors speel 1-1 gelykop en die 1stes wen 10-0

Die seuns speel ook op Donderdag 11 Mei teen Roosevelt High School. Die Juniorspan wen 4-0 wen en die Seniors wen 3-0 wen.

Linden se 1ste-spanne het ook Woensdag 10 Mei teen Hyde Park High gespeel. Die dogters wen 18-0 en die seuns wen 16-0.

Welgedaan aan die spanne!

Sewentien Hokkiespelers in D-10 spanne opgeneem

LINDEN-HOKKIE SPELERS BLINK UIT IN D10

Baie geluk aan die rekordgetal sewentien hokkieseuns en -dogters wat na afloop van proewe in die onderskeie D10-spanne opgeneem is:

Seuns:

• o/14: Angus Young, Christo de Lange, Pieter Greeff, Josh Stevens, Joshua Friguglietti

• o/16: Jean Taljaard, Jan-Hendrik Weideman, Ruben Wolff en Luke van Coppenhagen

• o/18: Juan Oosthuizen.

Dogters:

• o/14: Sulize Kruger, Lisa Muller, Mieke Haarhoff en Jené Grobler

• o/16: Megan Muller en Anieke le Roux

• o/18: Isabelle de Souza

Hulle kwalifiseer hierdeur vir die “Southern Gauteng”-proewe wat hierdie week plaasgevind het. Baie geluk aan die leerders!

LINDENNUUS UITGAWE 15 5

Rugby - spelers deur na Goue Leeus proewe

LINDENIETE VERTEENWOORDIG DIE JAAR BY

Die Goue Leeus-rugbyproewe vind op Maandag 15 Mei plaas en ses van ons seuns sal daar aan die proewe deelneem. Baie geluk aan die volgende seuns:

• o/16: Ruan Erasmus en Aiden Mans

• o/18: Chris van der Sandt, Francois Steyn, Keano Baadjies en Sandile Gumede. Sterkte met die proewe manne, ons hou styf duimvas

Fietsry-uitslae

EERSTES SE 'CAPPING' 'N SPESIALE GELEENTHEID

Die Gauteng Provinsiale Bergfiets resies XCO #3 het op Sat 22 April, te Grootfontein Bike Park, Pretoria plaasgevind. Die volgende leerlinge verteenwoordig Linden by die resies en presteer soos volg:

1 Nathan Poustie, behaal 'n 16e plek Hy verbeter ook hier sy eie persoonlike beste tyd

2. Danri Oosthuizen, behaal 'n 4e plek.

3. Liam Poustie, behaal 'n 16e plek en verbeter ook sy vorige resies se tyd.

XCO Lite: Jean-Pierre Rossouw, haal weereens d

XCO bergfiets resies is 'n baie uitdagende sportsoo tegniese vaardighede om jouself deur dikwels baie wees om die rowwe terrein te kan trotseer en vinnig spesifieke hindernis te oorkom Fietsryers benodig te kan handhaaf vir die 15-20 km resies. Hoërskoo hierdie vereistes en presteer uitstekend Ons sê oo oud-leerder wat self ook al uitsonderlik hier prestee ons trots!

LINDENNUUS UITGAWE 15 6

ATKV-Debat uitslae 2023

Hoërskool Linden is trots op ons debat-spanne wat by die ATKV-debat kompetisie uitstekend gevaar het. Alhoewel die spanne nie deurgedring het na die semi-finale nie, het hulle Linden baie goed verteenwoordig. Die uitslae was as volg:

Seniors:

Nina Kotze en Carys de Jager wen debat teen Randburg.

Juniors:

Danielle Dixon, Kevin Vermaak & Donna de Wet verloor debat teen Helpmekaar Algehele 4de plek in hulle lokaal.

Pieter Greeff, Megan Cruickshank & Jené Grobler wen debat teen Hoerskool Monument. Algehele 9de plek in lokaal

Lomé Vorster, Aneska van de Sandt & Julia de Bruyn, wen debat teen Overvaal, algehele 6de plek in lokaal.

Welgedaan aan die spanne - ons is baie trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 15 8

Voortrekkers - Buitegroep van 2023

Buitegroep (BG) - 'n 5 jaar droom wat nou die herinnering van 'n leeftyd is Buitegroep is 'n kursus waarin jou fisiese, emosionele en geestelike vermoëns getoets word en jou limiete bevorder en versterk word Dit word die afgelope 61 jaar deur die Voortrekkers aangebied Melia Jordaan, Anlea de Jager, Nadia Potgieter en Wilhelm Strümpfer het die afgelope April vakansie vir 8 dae aan hierdie kursus op Lunsklip deelgeneem Om Buitegroep te kan doen moet die Verkenners eers op 'n selfbehoud kamp in Graad 11 gaan, waarna hul dan genooi word om in Desember aan 'n baie streng keuringsproses deel te neem Op keurkamp word jou krag, denke en veral jou uithouvermoëns getoets. Ure van vasbyt en deurdruk. Verkenners kan enige tyd tydens die keurkamp uitval en slegs 14 uit die eerste 50 is uiteindelik gekeur om aan Buitegroep deel te neem Een van die reëls van Buitegroep is dat hul nie gesien of gehoor word nie. Buitegroep is 'n legende. Dit sluit aan by die idee dat jy een word met die veld en werklik leef uit net die materiale wat die veld aanbied. Om vir 8 dae in die veld te oorleef klink nie vir almal soos 'n goeie manier om 'n vakansie te spandeer nie, maar vir BG 2023 was dit 'n droom en 'n voorreg. Vir 8 dae het hul net verdwyn van die samelewing: geen sein, geen toesig, geen kos, geen skuiling, geen probleem Die missie is om te oorleef in die veld met die klere aan hul lywe en 'n mes aan die skede. Hulle het elke dag nuwe uitdagings gehad om aan te pak waarvan 'n paar onmoontlik klink, maar " 'n positiewe houding maak alle laste lig " 'n Positiewe houding al hael en reën jou klere papnat, 'n positiewe houding al sukkel jy om die vuur aan die gaan te kry sonder vuurhoutjies en blits, al is jy moeg en koud en honger 'n Positiewe houding al verdwaal jy en moet 'n nuwe berg uitklim – letterlik en figuurlik. Al gaan alles verkeerd wat moontlik verkeerd kan gaan Dit is daarom dat die samesyn en die motivering van die span so belangrik is Hulle moet mekaar kan opbou om nog 'n dag te gaan al voel almal duiselig en naar en mismoedig. Jou kop moet ook in die regte plek wees om so iets aan te durf, want dit is maklik om hopeloos te voel in so 'n sitsuasie na jare se gemak in 'n huis met kos, skoon klere, tegnologie en elektrisiteit nie. Dit is 'n uitsonderlike prestasie en 'n legende en tradisie wat jare terug strek en wat vir jare nog vertel sal word.

Baie geluk aan die leerders wat Linden se leuse "Volhard" uitgebeeld het!

LINDENIETE NEEM DEEL AAN BUITEGROEP EN VOLHARD
LINDENNUUS UITGAWE 15 9
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.