Lindennuus, Uitgawe 6: 24 Februarie 2023

Page 1

HOËRSKOOL LINDEN

LINDEN IS REG VIR INTERHOËR-WEEK

Lindeniete het groot gees!

Hoërskool Linden is baie opgewonde vir die week wat voorlê Die atletieken sweminterhoër vind plaas op Dinsdag 28 Februarie en as 'n lusmaker het die skool op Vrydag 24 Februarie lekker saam geesgevang. Beide die interhoërspanne is ook tydens die geleentheid aangekondig en ons wens hulle alle sterkte toe vir die byeenkomste!

UITGAWE 6 | 24 FEBRUARIE 2023 @hslinden
LINDENNUUS UITGAWE 6 1

Kankerdag: Leerders maak harte oop

BEWUSMAKING GESKEP TYDENS KANKERDAG BY

Die Lindeniete het Vrydag Kankerdag herdenk en bewusmaking geskep deur 'n 'crocks, sandals and socks'-dag aan te bied. Hierdie is daar ook fondse vir CANSA ingesamel. Pouse was daar ook 'n driebeen-resies gehou, wat vir groot pret gesorg het Dankie vir julle oop harte Linden - dit was groot pret en vir 'n baie goeie doel!

Mnr en Mej Linden finaliste 2023

FINALISTE VAN DIE GESOGTE KOMPETISIE IS ONLANGS BEKEND GEMAAK

Mnr & Mej Linden 2023 se finaliste is onlangs aangekondig Baie geluk aan die volgende leerders vanjaar deelneem om die kroon te verwerf. Die finaliste is: Morne Steyn, Denike Maskell, Martin Nel, Danielle Dixon, Ruan Erasmus, Carina Liebenberg, Rainer Eichhorn, Emma Orton, Christo Bouwer, Lomé Robberts, Dirk van den Berg, Sophia Kotze, Jeandré Muller, Ariëlle van der Gugten, Ruan Ferreira, Megan Jooste, Ayden Davel, Leana van der Elst, Adriaan Venter, Lauren Williams, Keatin Carlse, Isabel de Souza, Hadrian Divito, Nika Claassen, Herman Wessels, Erika Hoffman, Jadon Teixeira, Nika Viviers & Amoné Struwig Kaartjies vir hierdie geleentheid is teen R120pp vanaf 6 Maart 2023 by Me A Opperman in kamer 20 gedurende pouse beskikbaar Ons sien baie uit na die spogaand!

LINDENNUUS UITGAWE 6 2

Belangrike Datums: 25 Februarie tot 4 Maart

Saterdag 25 Februarie

Koorkamp; Krieket: Wedstryd - Wedstryd: Finsbury 50-beurt vs Hoërskool Secunda (1stes Tuis) & 50-beurt vs TBC (o/15 Weg); Hokkie: Vriendskaplike wedstryde - Linden vs Kempton Park (Alle Senior Seuns en Dogters: Weg); Skyfskiet: Interprovinsiale Proewe - Selektiewe Skuts

Maandag 27 Februarie Atletiek: D10 Kampioenskappe by Ruimsig Stadion; Interhoër-ete

Dinsdag 28 Februarie Atletiek: Interhoër by Pilditch Atletiekstadion; Swem: Interhoër by Saheti

Woensdag 1 Maart Graad 12 Universiteitsdag

Donderdag 2 Maart Krieket: Wedstryd - Dogters vs Dainfern College (Tuis)

Vrydag 3 Maart Kuns, Kaas en Wynkuier; Atletiek: Gauteng Kampioenskappe by Germiston Stadion; Hokkie: Curro Aurora Aandreeks - Oop Seuns & Best of The West: o/14-dogters (KHS)

Saterdag 4 Maart Rugby, Netbal & Hokkie: Superreeks vs Hoërskool Tuine (Tuis); Koor: Slegs 44 Konsert; Atletiek: Gauteng Kampioenskappe by Germiston Stadion; Hokkie: Best of The West: o/14-dogters (KHS)

LINDENNUUS UITGAWE 6 3

Atletiek seisoen se uurglas loop leeg

ATLETE VAAR UITSTEKEND SOOS SEISOEN AMPER TOT EINDE KOM

Linden se atlete het verlede Vrydagmiddag/aand by Hoërskool Driehoek aan hul laaste vriendskaplike byeenkoms voor die Interhoër teen Hoërskool Driehoek en Hoërskool Riebeeckrand deelgeneem. Linden ryg die podiumplekke in.

Daar is slegs twee byeenkomste vir atlete oor - D10-kampioenskappe wat Maandag 27 Februarie plaasvind asook die interhoër wat Dinsdag 28 Februarie plaasvind.

Baie geluk aan die volgende 24 atlete wat vir die D10 Kampioenskappe (Maandag 27 Februarie by Ruimsig) gekwalifiseer het:

• Lara Ferreira (Dogters o/15: 800m.)

• Sophia Smith (Dogters o/15: Verspring)

• Uné van den Berg (Dogters o/15: Hoogspring)

• Marisan Grové (Dogters o/17: 800m )

• Nina Kotzé (Dogters o/17: Verspring)

• Nicola Nel (Dogters o/17: Hoogspring)

• Anshe Roos (Dogters o/17: Dogters o/17: Driesprong en Korthekkies-Gauteng)

• Nadia Coetzee (Dogters o/17: Gewigstoot)

• Leana van der Elst (Dogters o/17: Driesprong-Gauteng)

• Carla van Westing (Dogters o/17: DriesprongGauteng en Spiesgooi)

• Mieke Ferreira (Dogters o/19: Hoogspring)

• Ané Kunneke (Dogters o/19: Diskus)

• Juanelle Steyn (Dogters o/19: 100m. en Spiesgooi)

• Zandré Barkhuizen (Seuns o/15: Diskus en Gewigstoot)

• Anroux Barnard (Seuns o/17: 400m en Gewigstoot) • Ayden Davel (seuns o/17: Spiesgooi)

• Diedelof Fourie (Seuns o/17: Spiesgooi)

• Sandile Gumede (Seuns o/17: Driesprong-Gauteng)

• Francois Steyn (Seuns o/17: Hoogspring)

• Corné Coetzee (Seuns o/19: Hoogspring)

• Harry Gardner (Seuns o/19: Hoogspring en Driesprong-Gauteng) • JeanPierre Nortier (Seuns o/19: Spiesgooi) • Chris van der Sandt (Seuns o/19: Diskus en Gewigstoot)

• Francois van Zyl (Seuns o/19: 1500m en 5000m )

Hou sosiale media dop vir ons interhoërspan en uitslae van D10 Sterkte aan die atlete wat die week deelneem.

Ons is baie trots op julle en staan bankvas agter julle!

Tennis - Liga-uitslae

TENNISUITSLAE EN NUUS

Ons Dogters A- en B-tennisspanne het Dinsdag weg teen Trinityhouse Randpark wedstryde gespeel

• A-span wen 35-28

• B-span verloor 28-35

Linden is trots op julle!

LINDENNUUS
6 4
UITGAWE

Hokkie-seisoen skop af met groot pret hoogtepunt

INTERNE 'UNO'-TOERNOOI SORG VIR GROOT KOMPETISIE

Linden se hokkie-seisoen is in volle swang. Die 1ste-seuns en -dogters hokkiegroepe het verlede Vrydag by Curro Aurora in hul aandreeks vriendskaplike wedstryde gespeel. Die uitslae was as volg:

• Dogters speel 0-0 gelykop vs Waterstone College

• Seuns speel 1-1 gelykop vs Waterstone College

• Seuns wen 3-1 vs Steyn City

Daar was verlede Saterdag groot opwinding met ons heel eerste hokkie UNO-dag wat vir alle dogters aangebied is Die buitengewone reëls en trek van UNO-kaarte tydens spel het vir ‘n paar interessante verwikkelinge gesorg.

Baie geluk aan die Pienkspan wat as algehele wenners uit die stryd getree het! (sien volgende bladsy vir foto's van die pret da)

Kanoepolo: Leerders uitgenooi na SA-oefenkamp

LINDENIETE IN GAUTENG KANOEPOLO-SPAN

Baie geluk aan die Lindeniete wat verkies is om Gauteng in Kanoepolo te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse oefenkamp wat in Maart plaasvind: Etienne Pieterse, Vanda Strydom, Anina Bischoff, Mia Verster en Lida Venter. Welgedaan - ons is trots op julle!

Swem-nuus

SWEM: UITSLAE EN NUUS

Ons swemspan het ook Donderdagmiddag by Hyde Park High School aan hul laaste gala voor Dinsdag se Interhoër deelgeneem en ‘n algehele 3de plek losgeswem. Welgedaan en sterkte met die Interhoër!

Krieket-uitslae

KRIEKET UITSLAE EN NUUS

Ons Dogters-krieketspan het Donderdag weg teen Northcliff High School gespeel en wen hierdie wedstryd met 3 paaltjies Livia de Jager neem 4 paaltjies vir slegs 7 lopies in 4 boulbeurte, terwyl Maricel Trollip 3 paaltjies vir 18 lopies in haar 4 bpulbeurte neem. Welgedaan!

Ons o/15-krieketseuns het verlede Saterdag in die Finsbury-liga tuis vs Wesvalia gespeel en daardie wedstryd ongelukkig verloor.

LINDENNUUS UITGAWE 6 5
NO CHALLENGE 2023

Public Speaking: Spanne vaar uitstekend

Public Speaking het weer hierdie week plaasgevind. Ons graad 8 en 9-spanne asook twee die Trophy Team het die week deelgeneem Die graad 8-spanne het 'n A en B+ onderskeidelik verwerf Beide graad 9-spanne het 'n A verwerf en die Trophy Team het met 'n B+ weggestap.

Baie geluk aan die spanne met hierdie uitstekende uitslae!

ADVERTENSIE:

MATHS / PHYSICS TUITION: ALL GRADES

Do you want your child to have a rock-solid foundation in Maths with a genuine love for the subject? I offer tuition and follow the CAPS and CAMBRIDGE curriculum but also supplement these with Vedic, Korean techniques to help speed up calculation I have a chemical engineering background and currently tutor grades 6-12 but I can help all grades. Please call/whatsapp Kamani on 084 603 5823 to book your spot.

PUBLIC SPEAKING SPANNE VAAR WEEREENS UITSTEKEND
LINDENNUUS UITGAWE 6 7
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.