Lindennuus Uitgawe 7: 3 Maart 2023

Page 1

UITGAWE 7 | 3 MAART 2023

LINDENIETE GENIET INTERHOËR 2023

Interhoër-week sorg vir groot gees

Hoërskool Linden het hierdie afgelope week aan die swem- en atletiek-interhoër deelgeneem Die skool het ook as toeskouers atlete by die interhoër gaan ondersteun en groot gees na die dag gebring. Dankie Linden vir julle positiewe gesindheid en deelname - dit is 'n fees om 'n Lindeniet te wees!

HOËRSKOOL LINDEN @hslinden
LINDENNUUS UITGAWE 7 1

Linden groet juffrou Lize Kotze

Hoërskool Linden het vroeër die week afskeid van me. Lize Kotze, geliefde Wiskundeonderwyser, geneem. Me. Kotze was vir 9 jaar verbind aan die skool en verlaat die onderwys om tyd aan haar gesin te spandeer. Ons gaan me. Kotze beslis baie mis en wens vir haar sterkte en seën toe waar sy nou 'n nuwe lewensfase betree. Baie dankie vir u diens en dit wat u in die skool belê het, juffrou sal gemis word!

Mnr Rall - voor die kansel

MNR HENRY RALL TROU MET SY SKOOLLIEFDE

Linden vier die liefde Baie geluk aan ons wiskunde-onderwyser mnr. Henry Rall wat verlede naweek trou aan sy skoolliefde, Melouise wat ook tans by die skool betrokke as netbal-afrigter, beloof het Ons wens vir meneer en mevrou Rall 'n geseënde huwelik en wonderlike lewe saam.

WISKUNDE JUFFROU WAT DIEP SPORE TRAP GEGROET
LINDENNUUS UITGAWE 7 2

Melktert dag word gevier

VOORTREKKERS BEDERF PERSOONEEL OP MELKTERTDAG

Maandag 27 Februarie het ons Nasionale Melktertdag gevier. Baie dankie aan die Weltevrede Voortrekkers wat ons personeel met heerlike melktert kom bederf het. Dit was lekker om die week op 'n soet noot te kon afskop.

Interhoër-ete 2023

ATLETE EN SWEMMERS MET ETE BEDERF VOOR INTERHOËR

Die atlete en swemmers wat Linden by interhoër van Dinsdag 28 Februarie verteenwoordig het, is Maandagaand tydens 'n spogete sterkte toegewens Die leerders het tydens die geleentheid ook hulle interhoër-drag ontvang. Die leerders se harde werk en toewyding word raakgesien en hulle het uitstekend by Dinsdag se byeenkomste gevaar Welgedaan aan die leerders!

LINDENNUUS
7 3
UITGAWE

Belangrike Datums: 4 Maart tot 11 Maart

Saterdag 4 Maart

Maandag 6 Maart

Dinsdag 7 Maart

Rugby, Netbal & Hokkie: Superreeks vs Hoërskool Tuine (Tuis); Koor: Slegs 44 Konsert; Atletiek: Gauteng Kampioenskappe by Germiston Stadion; Hokkie: Best of The West: o/14-dogters (KHS)

Public Speaking: Individual Speaking at St. Theresa's School; Netbal: o/14-o/16 D10-proewe (Selektiewe speelsters)

Woensdag 8 Maart OPEDAG; Swem: Prestige Gala (St. Stithians)

Donderdag 9 Maart Wiskunde Olimpiade

Vrydag 10 Maart Matriek piekniek; Heelskoolproduksie Oefenkamp; Fotografieklub: Eerste Judging in Gimsaal; Hokkie: Best of the West - 1stes Dogters (KHS)

Saterdag 11 Maart Rugby, Netbal & Hokkie: Superreeks vs Vereeniging Gimnasium (Tuis); Heelskoolproduksie Oefenkamp; NBT: Wiskunde; Hokkie: Best of the West - 1stes Dogters (KHS); Skaak: Toernooi by Trinityhouse Little Falls; Skyfskiet: SATRF: Noord-Gauteng

LINDENNUUS UITGAWE 7 4

Atletiek: Gauteng-deelname groot in 2023

Linden het 20 atlete wat vir die Gauteng Kampioenskappe wat op 3 en 4 Maart by Ruimsig

Atletiekstadion gekwalifiseer het:

• Uné van den Berg (Dogters o/15: Hoogspring)

• Marisan Grové (Dogters o/17: 800m.)

• Nina Kotzé (Dogters o/17: Verspring)

• Nicola Nel (Dogters o/17: Hoogspring)

• Anshe Roos (Dogters o/17: Dogters o/17: Driesprong en Korthekkies)

• Carla van Westing (Dogters o/17: Driesprong en Spiesgooi)

• Mieke Ferreira (Dogters o/19: Hoogspring)

• Ané Kunneke (Dogters o/19: Diskus)

• Juanelle Steyn (Dogters o/19: 100m. en Spiesgooi)

• Zandré Barkhuizen (Seuns o/15: Diskus en Gewigstoot)

• Anroux Barnard (Seuns o/17: 400m. en Gewigstoot)

• Ayden Davel (seuns o/17: Spiesgooi)

• Diedelof Fourie (Seuns o/17: Spiesgooi)

• Sandile Gumede (Seuns o/17: Driesprong)

• Francois Steyn (Seuns o/17: Hoogspring)

• Corné Coetzee (Seuns o/19: Hoogspring)

• Harry Gardner (Seuns o/19: Hoogspring en Driesprong)

• Jean-Pier

• Chris van

• Francois

Welgedaan

Swem: Interhoër-span vaar uitstekend

SWEMSPAN WEN INTERHOËR 2023

Dit was 'n opwindende interhoër-dag vir Linden. Hoërskool Linden se swemspan het Dinsdag 28 Februarie by hulle swem-interhoër te Saheti, as die wenners weggestap

Welgedaan aan die span wat uitstekend presteer en groot gees gewys het Dit is beslis 'n groot mylpaal en ons is baie trots op julle! Volledige uitslae sal nog gepubliseer word.

20 ATLETE VERTEENWOORDIG LINDEN BY GAUTENG-KAMPIOENSKAPPE
LINDENNUUS UITGAWE 7 5

Swem-interhoër 2023

MARLEEN ROOD
FOTO'S:

Netbal-dogters skop seisoen af met kamp

INTERNE NETBALKAMP BEREI DOGTERS VOOR VIR SEISOEN

Ons netbaldogters het verlede naweek 'n netbalkamp by die skool bygewoon ter voorbereiding van die netbal-seisoen wat die week afgeskop het Hier kon hulle hul vaardigheid en kondisionering opskerp, oefenwedstryde speel en ook pret hê en ontspan. Sterkte aan die dogters, ons sien uit na die seisoen en weet julle is meer as reg vir aksie

Fietsry: Seisoen begin op hoogtepunt

LINDENIETE VERTEENWOORDIG LINDEN IN FIETSRY

Die Fietsry-seisoen het afgeskop op Saterdag 25 Februarie 2023, waar ons leerders deelgeneem het aan Gauteng Provincial Cycling XCO #1 (Mountainbike Cross-Country cycling) by Asidlale Adventure Park Kyalami. Die uitslae was as volg:

1. Danri Oosthuizen- kategorie Youth women - 4e plek

2 Nathan Poustie - kategorie Youth men - 17e plek

3. Liam Poustie - kategorie Sub Junior boys - 18e plek

Baie geluk aan die leerders. Lindeniete is welkom om nog by die fietsry-club aan te sluit.

LINDENNUUS UITGAWE 7 7

NWU Interhoër 2023

FOTO'S: ANDREW KIEKIES PHOTOGRAPHY

Redenaars: Praatstoel 2023 uitslae

Linden Praatstoel, die skool se Interne Redenaars Kompetisie het verlede week plaasgevind. Die leerders het uitstekend gevaar en ons is opgewonde vir die jaar se redenaars Die uitslae was as volg:

Juniors Voorbereid:

1 Vasti Griesel

2. Hildegard Schraader

3. Péter Geldenhuys

Seniors Voorbereid:

1. Jarik Engelbrecht

2 Jayden Breydenbach

3. Jonathan van der Merwe

Juniors Onvoorbereid:

1. Hildegard Schraader

Seniors Onvoorbereid:

1. Nina Kotzé

2 Natalie Dixon

3 Anneke Bezuidenhoud

Baie geluk aan die leerders, ons is baie trots op julle

Produksie voorbereiding duur voort

GRADE SE VOORBEREIDING VIR PRODUKSIE VORDER GOED

LINDEN INTERNE REDENAARS LEWER VIR UITSTEKENDE SPREKERS
LINDENNUUS UITGAWE 7 9
LINDENNUUS UITGAWE 7 10
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.