LINDENNUUS Uitgawe 33, 27 November

Page 1

LINDENNUUS

Ons sê dankie vir 'n uitsonderlike jaar

Wat 'n ongelooflike jaar was 2022 nie. As 'n skool besin ons met groot dankbaarheid oor die wonderlike geleenthede, suksesse en groei wat die skool gedurende hierdie jaar ervaar het. Ons is dankbaar vir die voortgesette ondersteuning wat ons van ons ouers, oud-Linden-leerders en gemeenskap ontvang. As 'n skool was ons bevoorreg om deur 2022 te gaan met 'n gevoel van 'normaliteit' met die afname van die Covidpandemie, en daarvoor is ons veral dankbaar. Ons leerders het weereens uitgeblink op sport, kulturele en akademiese gebied en ons is trots op ons leerders. Dankie aan elkeen wat hierdie jaar uitsonderlik gemaak het vir Hoërskool Linden, ons leerders en skool staan in verwondering oor die krag van gemeenskap. Ons kyk met opgewondenheid na 2023 en die wonderlike geleenthede en seëninge wat dit vir ons gaan bring. Ons wens jou en jou gesin 'n veilige, gesonde en voorspoedige Kersfees en geseënde nuwe jaar toe. Mag u as gesin 'n gelukkige, gesonde en oorvloedige feestyd hê.

www linden co za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden
- Kultuur: Ons reflekteer op 'n fantastiese 2022 en opwindende 2023 wat wag - Sport: 2022 - 'n Ongelooflike jaar vir sport in Linden LINDENNUUS UITGAWE 33 1 Kontak ons: - Ons reis deur 2022 met sy talle hoogtepunte
Dr. Johan Wiehahn

Sluit aan by die Ondersteunersklub

Ons het fantastiese nuus, net betyds om jou #swartVrydag nóg beter te maak! Ons is ongelooflik opgewonde om mee te deel dat jy nou by Hoërskool Linden se Ondersteunersklub kan aansluit! Ons nooi al ons ouers, oud Lindeniete, voormalige Linden ouers en gemeenskapslede elkeen wie se bloed groen vloei om vandag nog deel te word

Maak gereed om ons te ondersteun in 2023 en word deel van die beste klub in die land!

Sluit hier aan

LINDENNUUS UITGAWE 33 2

Lindeniete wys Entrepreneurs Olimpiade wie is baas

Twee van ons leerders, Louwhan Hoffmann en Wilhelm Strümpher, het onlangs deelgeneem aan die World Entrepreneurial Olympiad en uitstekend gevaar. Hierdie olimpiade sluit die volgende temas in: Suid-Afrikaanse entrepreneurs, globale entrepreneurs, entrepreneuriese terme, statistiek en sosiale entrepreneurs Louwhan het nie net in die top 10 van hierdie olimpiade geëindig nie, maar het ook algeheel 'n derde plek in Suid Afrika behaal! Wilhelm het ook uitstekend gevaar en 'n tiende plek in Suid Afrika behaal Welgedaan met die besonderse uitslae, ons is baie trots op julle! #lindenakademie #dismyskool

Die ooievaar kom kuier by Linden

Baie geluk aan juffrou Odette Nieuwoudt wat die afgelope week 'n seuntjie ryker geword het. Juf. Nieuwoudt en haar man Juan, het klein Luhan Dinsdag 22 November verwelkom by hulle gesin. Mag hy vir julle nog baie vreugde bring!

Ons wens ook vir Dr. Johan Wiehahn geluk wat onlangs oupa geword het. Die familie het ook 'n seuntjie, Wiehahn, ryker geword.

LINDENNUUS UITGAWE 33 3
Foto's: Andrew Kiekies Photography / Marleen Rood

Linden sport in oorsig 2022

DIt was 'n goeie jaar vir Linden sport. Mnr. Ruan Basson (Hoof van sport) nou 'n jaar by Linden en maak ‘n merkbare verskil aan ons administrasie en prestasie van al die sportkodes by Linden Ons is baie dankbaar om hom aan boord te he en sien uit na die volgende jaar se insette van sy kant af 'n Sport subkommitee is gestig ter ondersteuning van Mnr Basson Vergader maandeliks of soos nodig Die sub kommitee sluit ook addisionele ouerverteenwoordiging in wat ook diepte verskaf aan die opvolgbeplanning vir die beheerliggaam.

Atletiek: Linden neem deel en bly vir 2023 in die Groep 3/4-afdeling wat die Super Interhoër-kompetisie aanbetref. Doelwit vir 2023 is om in die top 4 uit die 8 deelnemende skole te eindig. Nege atlete neem in 2022 deel op provinsiale vlak (Gauteng Kampioenskappe) Neem deurlopend die jaar op verskeie platvorms teen makro skole (Noordheuwel, Waterkloof, Affies Seuns en Meisies, Garsfontein en Menlopark) deel Atletiek word in 2023 met wintersportkodes (rugby, netbal, hokkie) integreer om mekaar aan te vul. Ons bied ook weer in 2023 ons gesogte Linden Prestige aan. (16 deelnemende skole).

Swem: Linden neem in kwartaal 1 (Individuele Gala’s) en kwartaal 4 (Aflosgala’s) aan die Gauteng Skoleliga deel. Ons neem die 7de Maart aan Divisie 1 Liga F se Interhoër-gala deel en verwerf ‘n algehele 2de plek 6 van ons swemmers kwalifiseer hierdeur vir die Prestige Gala op 10 Maart Buite skoolverband swem 3 swemmers op provinsiale vlak terwyl een op internasionale vlak deelneem

Netbal: Al 11 Linden se netbalspanne ding in die JOMO liga teen skole soos Helpmekaar, Noordheuwel, Monnas, Florida en Rand Park deel. 4 van ons speelsters word in onderskeie Gautengspanne opgeneem. o/16 A eindig 8ste in Gauteng en o/14 A eindig top 20. o/16 A eindig 2de in JOMO en dring deur na Gauteng uitspele (o/18). o/14- en o/16-spanne wen die Superreeks, terwyl die o/19A-span algeheel 3de eindig. Linden lewer ook 4 provinsiale speelsters op. Euané Theart (o/17) is ook as die beste o/17verdediger in Suid Afrika aangewys Linden se o/16 Fast 5 span kwalifiseer ook vir Gauteng waar hul net net op die uitspele uitmis

LINDENNUUS UITGAWE 33 5

Linden sport in oorsig 2022 - vervolg

VERVOLG...

Tennis: Linden se tennis is met 39 leerders wat vir die Linden Kampioenskappe ingeskryf het relatief gesond Strukture is in die proses om ‘n hoë prestasie, ontwikkelings en spankomponent te bewerkstellig Ons seuns en dogters speel in die 1ste , 3de en 4de kwartale ligawedstryde en toer jaarliks na Bethlehem om teen top skole in die land in die Inter Africa tennistoernooi kragte te meet. Al vier ons spanne eindig hierdie jaar onder die top 6 by hierdie nasionale toernooi. Ons lewer hierdie jaar ook 3 provinsiale, asook 2 SA Skole-tennisspelers op.

Skaak: Linden het hierdie jaar in verskeie toernooie, asook die distrik en provinsiale uitspele deelgeneem Ons lewer 7 D10 spelers op wat hierdie jaar aan die Gauteng Kampioenskappe in Pretoria deelneem Linden eindig ook algeheel tweede in die JHB North Chess League

Krieket: Linden skop die jaar af met ons o/15 en 1ste spanne wat beide aan die kompeterende Finsbury liga deelneem. Die o/15’s tree as naaswenners, terwyl ons 1stes as algehele wenners uit die stryd tree. Ons eie dogters-krieketspan speel ook vir die eerste keer in hul eie liga en het tot op hede 2 uit 3 wedstryde gewen Livia de Jager is ook by die o/15A Gautengspan ingesluit Die 1ste seunsspan skuif nou oor die 4de kwartaal ‘n afdeling in die Johnny Waite liga op om teen skole soos St Johns, St Stithians en Noordheuwel se 2de spanne te speel

Hokkie: Linden ervaar ‘n ongelooflike hokkiejaar en spog met 4 provinsiale seuns, 2 distrik dogters en 9 JHL spelers. Ons hokkie is gesond met ‘n fantastiese afrigtingstruktuur wat deur Tigers Akademie fassiliteer word. Ons 1ste-seunsspan wen die liga, Superreeks-, Aitken B- en Noordvaal B-toernooie om volgende jaar in die A-bonde teen die top hokkieskole in die land kragte te meet. Die dogters neem aan die Pullen & Howell toernooi deel en doen positiewe ervaring op Albei ons seuns en dogters 1ste spanne gaan toer na Hilton en Michaelhouse vir die gesogte Fairweather Festival

LINDENNUUS UITGAWE 33 6

Linden sport in oorsig 2022 - vervolg (deel 3)

VERVOLG...

Landloop: Die landloopseisoen is kort en kragtig en ons beoog om dit volgende jaar meer deurlopend te bewerkstellig om volhoubare fiksheid aan te moedig 7 van ons atlete kwalifiseer vir die D10 kampioenskappe terwyl 2 verder vir Gauteng kwalifiseer. 2 van ons atlete kwalifiseer ook op klubvlak vir die SA Kampioenskappe.

Rugby: Linden se o/14- tot 1ste-spanne neem aan die Goue Leeusliga in Afdeling 3 deel. Ons neem ook aan die Superreeks deel waar Linden in ‘n algehele 5de plek uit 8 deelnemende skole eindig. Ons o/15- tot 1ste spanne dring na die Goue Leeus semi finale deur, die o/15 en o/16 spanne na die finale waar die o/16 span as Goue Leeus ligawenners aangewys is Beide die o/15 en o/16 spanne dring na die Noordvaal semi finale deur, die o/16’s na die finale waar hul as algehele Noordvaal wenners aangewys is Ons lewer ook 17 streekspelers van o/14 o/18 wat vir Sentraal Wes in die interprovinsiale Rhino week deelgeneem het, 1 provinsiale speler asook een Rhino spanlid wat in Desember na Ierland toer op.

Gholf: Linden se gholfbelangstelling loop hoog met genoeg leerders vir drie spanne wat aktief betrokke is ’n 4 weeksiklus word uit 2 spanoefeninge deur ‘n professionele afrigter, 1 kondisioneringsessie in ons Sportsentrum, 1 moontlike vriendskaplike wedstryd saamgestel 4 van ons spelers neem in Februarie aan die Dainfern Challenge deel en verteenwoordig ook die skool in ons eie, asook verskeie laerskole se gholfdae. Ons beoog om ‘n toer na Magalies Park te behartig, waar ons oor ‘n naweek die bane van Magalies Park, Pecanwood en Mooinooi te speel. Linden is vir 2023 ook in die Wesrandse Skoleliga ingeskryf.

Skyfskiet: Lindenskuts se reputasie loop hul vooruit en maak beslis opslae. Ons lewer hierdie jaar 11 provinsiale, asook 3 nasionale skuts op, waarvan 2 op internasionale vlak presteer het Suné Boshoff is ook ‘n junior Protea en ook die nommer een Presisie skut oor alle ouderdomsgroepe in Suid Afrika

LINDENNUUS UITGAWE 33 7

Linden sport in oorsig 2022 - vervolg (deel 4)

VERVOLG

Fietsry: Linden het 5 aktiewe ryers wat aan verskeie geleenthede deelneem. Die grootste hiervan is die Cycle Lab MTB Skolereeks wat regoor die provinsie plaasvind. Ons ryers neem in die o/15 Subjeug kategorie vir seuns en dogters deel en behaal gemiddelde top 25 plekke onder tot en met 100 ryers per wedren. Ons beoog om Linden Cycles betrokke te kry met ‘n blootstelling- en doelgeöriënteerde ooreenkoms en insiatief om die sportkode te dryf.

Kanoe polo: ‘n Splinternuwe buitesport noemswaardig oor dit in die eerste jaar reeds 9 provinsiale spelers opgelewer het Twee oopdae aan die begin van die jaar het alle leerders die geleentheid gegee om die sportkode by Emmerentia Dam te kon uittoets. Die kode word deur oudleerders Niel Burger en Ruhan Marx gedryf en beloof om nog groot genot te verskaf. Dis basies waterpolo in kano’s, hope aksie en fantastiese oorhoofse kondisionering, krag en hand oogkoördinasie word geverg.

E-sport: Ons E sportspan het hierdie jaar in die nasionale CS:GO liga die skool se naam hoog gehou deur in die algehele 4de plek op te eindig Linden het in 2021 in die 8ste plek geëindig In 2022 reken ons met groot skole soos Paul Roos Gimnasium en Waterkloof af

Sportsentrum: Die Sportsentrum speel ‘n integrale rol in die kern van ‘n meer gebalanseerde en gesonde leefstyl, asook die ontwikkeling en strewe na hoë prestasie deelname. Juanita Fourie Physiotherapy en Chineldi Pienaar Biokineticists is aktief en word diensooreenkomstig deur Linden gekontrakteer om hul dienste aan ons mense beskikbaar te stel. Les Archer en TotalFit voltooi die sirkel om ons leerders volledig toerus om hul doelwitte te bereik

Dankie aan elke leerder wat hulle talente, harde werk en toewyding tot Linden sport gebring het Julle is die hart van elke sportkode wat die skool in deelneem julle is ons trots. Ons sien uit na dit wat 2023 vir Linden sport inhou!

LINDENNUUS UITGAWE 33 8

Linden word goed verteenwoordig by Gauteng se "Soncini Games"

Mieke Ferreira (Onderhoofdogter: Sport) het aan die einde van Oktober, as deel van die o/17 Gauteng Schools netbalspan, in Germiston aan die jaarlikse “Soncini Games” deelgeneem Hierdie span, wat deur ons eie Juf. Magriet Nel afgerig is, speel in totaal vyf wedstryde teen verskeie streek en provinsiale spanne, waarvan hulle ook al vyf hierdie wedstryde wen. Dit is ook die eerste keer in die geskiedenis van hierdie uitspele dat Gauteng Schools onoorwonne uit die stryd tree.

Duanaé Lessingh (Gr 9) het ook as deel van die JHB Schools span aan die 1500 en 3000m items vir o/16 dogters deelgeneem Sy behaal ‘n ongelooflike 2de plek in die 3000m , waar sy dan ook ‘n welverdiende 3de plek in die 1500m verwerf

Baie geluk Mieke, Duanaé en Juf. Nel, Linden is trots op julle!

Sportprysuitdeling uitslae - Regstelling

Ons vra omverskoning vir 'n fout wat ingekruip het. Ons het verkeerdelik berig in uitgawe 32, oor die toekenning van Atletiek Junior Victrix Ludorum

Die dogter wat met die Junior Victrix Ludorum toekenning wel weggestap het was Marisan Grové Baie geluk Marisan! Ons is baie trots op jou

LINDENNUUS UITGAWE 33 9

Sterkte aan ons leerders

Baie sterkte aan die volgende leerders wat oor Desember soos volg deelneem:

Tjaart Steyn, Wessel Rossouw, Heinrich Voigt en Paul Roux neem vanaf 3 9 Desember by die Wild Coast Sun, as deel van die Johannesburg Metro Skaakspanne aan die Junior Suid Afrikaanse Kampioenskappe deel. Ethan Hough toer as deel van die o/18 Rhino-rugbyspan vanaf 2 14 Desember na Ierland om daar wedstryde voor groot Ierse en Engelse agentskappe te speel Livia de Jager verteenwoordig die o/15A Gauteng krieketspan vanag 8 11 Desember in die Provinsiale Krieketweek by Heronbridge College.

Linden is ongelooflik trots en staan bankvas agter julle! Ons weet dit sal goed gaan.

LINDENNUUS UITGAWE 32 10
Foto's: Andrew Kiekies / Marleen Rood

Kultuuroorsig 2022

Linden Kultuur skop 2022 af met 'n nuwe baadjie. In Februarie word Juf Nina Deale aangestel as die nuwe Kultuurhoof. Vervolgens begin sy en haar Kultuur-komitee om met nuwe ywer Linden se kultuur te dryf. ‘n Maandelikse vergadering word gehou om geleentheid te skep vir goeie kommunikasie en probleemareas aan te spreek Die resultate spreek van self

ATKV TIENERTONEEL & PRONKPODIUM doen uitstekend o l v Juf Claudia Pienaar met 1 Goud, 4 Silwer en 4 Brons toekennings vir hul produksie Liefde 2023 Ook DIGITONEEL o l v Mnr Nardus vd Vyver doen skitterend met 1 Silwer en 1 Brons Volgende jaar bou ons voort op die sukses

DEBAT, REDENAARS, PUBLIC SPEAKING, UNITED NATIONS, SPEECH GUILD 2022

Linden leerders presteer weer uitsonderlik in alle genres van publieke spraak Juf Melandi Jacobs, Nuchelle Bezuidenhout, Janné vd Merwe, Naziema Vally en Janet Unterslak en Malette Miller trek voor In 2023 beoog ons o a om 'n mentorskap program in plek te stel waar senior leerders die juniors bystaan en bemagtig

Die Linden KOOR presteer weer en tree uit as nasionale wenners in die koor afdeling van die NEA Hulle beleef ook 'n suksesvolle toer in die Kaap waar hulle Linden se naam hoog hou Mnr Duncan Fourie en sy span beplan verseker om weer 'n wonderlike maaltyd vir 2023 te bedien Ook LINDEN KLASSIEK o.l.v Juf Melandi Jacobs is 'n besondere suksesvolle geleentheid waar Linden se musikale reuse hulle fenominale kuns keurig ten toonstel.

Die LINDEN BATTERY soos ons na die drumline verwys, kry hierdie jaar ook 'n meisieslyn. Die dromspelers dra die hartklop van Linden met trots uit en o.l.v Juf Samantha Schoeman en Buite Afrigters, Wehan en Roche Victor bou hulle nie net gees in die skool nie maar verwerf ook sukses by die Gauteng Eisteddfod met uitsonderlike toekennings. Goed Beter...BATTERY!!! 2023 gaan groot wees.

LINDENNUUS UITGAWE 33 12

Kultuuroorsig 2022 - vervolg

Die JA NEE verskyn hierdie jaar as tydskrif op digitale platvorm. Baie dankie aan juf Monet Smith en die redaksie vir ons eerste uitgawe na Covid. Ons sal die blad graag wil druk in 2023 sodat ons dit kan uitdeel by winkels in die Linden area en dus ‘n groter gemeenskap bereik.

SERENADE staan hierdie jaar o l v Juf Claudia Pienaar en Nina Deale en buite afrigter Roche Victor Dit was die eerste keer wat die Serenade aan ‘n eisteddfod deelgeneem het en hulle stap weg met 3 A- plusse by die ‘Central Gauteng Eisteddfod’. Op 13 Okt neem hulle deel aan ANIMATO, ons sien met verwagting uit na 'n kreatiewe musikale program.

In 2022 loots ons 'n KULTUURWEEK. Verskeie Kultuuraktiwiteite gaan tydens 1ste pouses optree 11 14 Oktober. Dit is ook die tyd vir LINDEN ARTES, 'n spoggeleentheid o.l.v. Juf Marike Bakkes en Une Smit (12 Oktober 2022). Oudisies is reeds afgehandel en Linden sien uit na 'n fenominale geleentheid wat spog met die room van Linden Kultuur wat ook ons FOTO KLUB o.l.v Juf Marleen Roodt en die FILMKLUB met hulle Kortfilm o.l.v Juf Nina Deale insluit.

Op 17 Oktober vind die jaarlikse Kultuur Prysuitdeling plaas Dit is hierdie jaar meer in die vorm van 'n Skouspel waar ons Linden Kultuur vier met items tydens die verskeie toekennings Ons kinders se talente is soos goud en in 2023 sien ons uit om die goud te ontgin, veral met die HEELSKOOL Produksie in MEI 2023, o.l.v Juf Nina Deale en haar span.

Baie dankie aan elke leerder wat van die jaar se kultuuraktiwiteite so 'n groot sukses gemaak het! ien uit na wat 2023 vir ons in hou!

VERVOLG.....
LINDENNUUS UITGAWE 33 13
Foto's: Andrew Kiekies / Marleen Rood/Jordyn Farah

Koorleiers vir 2023 aangekondig

Die koor het hulle koorleiers vir 2022/2023 onlangs tydens hulle Gala-dinee aangekondig. Baie geluk en sterkte aan:

Hoofleier Pieter Hugo

Hoofdogter Megan de Koker

Hoofseun Devon Smit

Ons is trots op julle. Mag 2023 'n wonderlike jaar vir die koor wees!

LINDENNUUS UITGAWE 33 15
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.