LINDENNUUS Uitgawe 32, 28 Oktober

Page 1

LINDENNUUS

Hoërskool Linden groet Juffrou Michelle Maritz na

jaar

Hoërskool Linden het vandag amptelik afskeid geneem van me. Michelle Maritz wat na 33 jaar aftree. Juffrou Maritz is oor die 5 dekades al verbind aan die skool, eers as leerder en toe as personeellid. Haar bydraes tot die skool kan nie gemeet word nie en sal veraltyd deel wees van die hartklop van Linden. Ons wens vir haar 'n geseënde en voorspoedige aftrede toe. Dankie juffrou vir wie jy is en dit wat jy oor die jare vir Linden beteken het!

www linden co za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden
33
- Kultuur: Heelskoolproduksieoudisies sorg vir groot opwinding en talent - Sport: Prysuitdeling2022 trofee wenners aangekondig LINDENNUUS UITGAWE 132 Kontak ons: - Totsiens na 33 jaar aan juffrou Michelle Maritz
Saterdag 28 Oktober Tennis: Interhoër - Junior Dogters te St. Mary's; Koor: Gala Dinee Maandag 31 Oktober EINDJAAR-ASSESSERING BEGIN Dinsdag 1 November Tennis: Wedstryd - Dogters A en B vs Roedean (Tuis) Woensdag 2 November Donderdag 3 November Vrydag 4 November Saterdag 5 November -----LINDENNUUS UITGAWE 322 Belangrike Datums: 29 Oktober tot 5 November

Matriekprysuitdeling trofee-wenners

Die jaarlikse Matriekprysuitdeling het verlede week plaasgevind. Die graad 12 leerders is gedurende die aand bekroon en geluk gewens met hulle prestasies oor die afgelope jaar. Die trofee wenners is ook tydens die geleentheid aangekondig. Die trofee wenners sluit onder andere in:

Hokkiespeler van die jaar Seun: Mbulelo Ncube

Tennisspeler van die jaar Dogter: Ané Dannhauser Krieketspeler van die jaar: Ruben Aucamp Skiet Beste Senior Dogter: Chanté Lubbe Beste vordering as Netbalspeelster: Jodie Vermeulen Swem Senior Victor Ludorum: Reinhard van Zyl

Beste redenaarstrofee Senior: Fikile Ntsutle

Public Speaking Trofee: Bernard Greeff Beste musiekprestasie Senior: Bernard Greeff

Veelsydigste kulturele deelname deur die hoërskoolloopbaan: Jordyn Farah Professionaliteitstoekenning – Fotografie: Jordyn Farah

Kultuurpersoon (graad 12): Bernard Greeff Sportseun van die jaar Senior: Mbulelo Ncube Beste individuele sportprestasie Seun: Ekhard Rabie Twine trofee Beste span in alle sportsoorte: Seunshokkie Eerste Span

Veelsydigste seun in graad 12 (Sport, Kultuur, Akademie en Leierskap): Bernard Greeff Veelsydigste dogter in graad 12 (Sport, Kultuur, Akademie en Leierskap): Fikile Ntsutle Underhay Wisseltrofee: Stephan de Souza

DUX leerling: Franco Vosloo

Baie geluk aan elke leerder wat 'n prys en/of erkenning op die aand ontvang het! Ons is trots op julle harde werk en uitstekende prestasies.

LINDENNUUS UITGAWE 332
Foto's: Marleen Rood

Graad 10 en 11's geniet Geografie-uitstappie

Ons graad 10 en 11 Geografie leerders het die afgelope Woensdag die voorreg gehad om 'n uitstappie na die Hartebeespoort Kabelkar asook die Sterkfontein Grotte mee te maak. Die leerders het onder leiding van ons Geografie-spesialis, me. Sonja Crafford op 'n praktiese wyse met die Geografiese leerinhoud te doen gekry Wat 'n belewenis - die leerders het beslis wyser teruggekeer Dit was 'n fantastiese leergeleentheid vir ons seniors

Bernard weereens Wiskunde se baas

Kan jy glo?! Hoërskool Linden se eie wiskunde boffin, Bernard Greeff het in die 2022 Suid Afrikaanse Wiskunde Olimpiade ‘n 9de plek landswyd behaal. Hy is dan ook die enigste leerder uit 'n Afrikaanse skool wat in die top 10 van hierdie kompetisie geëindig het. Welgedaan Bernard, ons is baie trots op jou en sien uit na dit wat jy nog met jou uitsonderlike Wiskundige vermoëns in die toekoms gaan vermag

LINDENNUUS UITGAWE 325

Sportprysuitdeling - Leerders vereer vir 2022 se uitstekende seisoen

Linden se sportleerders is die afgelope week tydens die Sportprysuitdeling vereer vir hulle bydraes tot hulle onderskeie sportsoorte. Tydens die geleentheid ontvang die leerders toekennings vir hulle deelname en prestasies. Die aand het ook talle trofee wenners opgelewer. Die trofee wenners van die aand was as volg: Atletiek Junior Victor Ludorum: Anroux Barnard

Atletiek Senior Victor Ludorum: Ayden Davel

Atletiek Junior Victrix Ludorum: Duanaé Lessingh

Atletiek Senior Victrix Ludorum: Euané Theart

Atletiek Beste prestasie veld: Anroux Barnard

Atletiek Beste prestasie baan: Euané Theart

Hokkiespeler van die jaar Dogter: Megan Muller & Mea du Toit

Tinus van Heerden Trofee Rugby Beste Vordering in Graad 8 11: Francois Steyn Rugbyspeler van die jaar: Sandile Gumede Tennisspeler van die jaar Seun: Jaco Dannhauser & Ivan Scheltema

Beste Junior Sporter: Jané Louw

Beste Senior Sporter: Joshua Foord

Beste Pistool Skut: Ethan Chowles

Landloopatleet van die jaar Seuns: Francois van Zyl Landloopatleet van die jaar Dogters: Duanaé Lessing

Netbalspeelster van die jaar: Euané Theart

Swem Junior Victor Ludorum: Ben Storm

Swem Junior Victrix Ludorum: Güte Geldenhuys

Swem Senior Victrix Ludorum: Corné van Schalkwyk

Swem Buitengewone prestasie in swem: Corné van Schalkwyk

Junior Sportdogter van die jaar: Almé van Schalkwyk

Senior Sportdogter van die jaar: Euané Theart & Corné van Schalkwyk

Junior Sportseun van die jaar: Anroux Barnard

Beste Algehele Skut: Suné Boshoff

Beste individuele sportprestasie Dogter: Suné Boshoff Beste individuele sportprestasie buite die skool: Suné Boshoff

Twine trofee Beste span in alle sportsoorte 2022: Eerste Seunshokkiespan

Baie geluk aan al ons leerders wat die seisoen 'n sukses gemaak het! Ons is trots op elke leerder en span

LINDENNUUS UITGAWE 632
Foto's: Marleen Rood

Atlete neem deel aan NWU Top 30 byeenkoms

31 van ons atlete het Vrydag 21 en Saterdag 22 Oktober in Potchefstroom aan die NWU Top 30 byeenkoms deelgeneem. By hierdie byeenkoms was daar 67 skole, 2700 atlete en word dit as die grootste skole byeenkoms in die wêreld erken. Linden Seuns eindig in hul afdeling algeeheel 10de, terwyl die dogters algeheel 11de eindig. Dit besorg Linden ‘n gekombineerde 11de plek. Hierdie blootstelling is vir ons atlete ‘n ongelooflike geleentheid om hulself teen die beste te meet en daar word op ‘n klomp persoonlike beste tye, afstande en hoogtes verbeter. Ons is baie trots op julle!

Tennis-liga: Uitslae

Ons Seuns A tennisspan het verlede Vrydagmiddag ‘n ligawedstryd weg teen Helpmekaar gespeel. Linden wen hierdie wedstryd 5 4, baie geluk aan die span.

Ons dogters A en B tennisspanne het Dinsdagmiddag tuis teen St. Mary’s ligawedstryde gespeel waar die A span wen met 33 30 en die B span verloor 25 38. Die spanne het dan ook et Donderdag die 27ste Oktober weg teen Trinityhouse Randpark ligawedstryde gespeel Die Aspan wen 38-25 en die B-span verloor 15-48

Welgedaan aan ons spanne!

Krieket uitslae

Linden se o/15 en 1ste span krieketseuns het Woensdag wedstryde gespeel

• o/15’s verloor met 9 paaltjies vs Monnas

• 1stes verloor met 8 paaltjies vs St Davids Franco Roos het by die o/15 wedstryd ‘n mooi 58 lopies aangeteken. Sterkte vir die res van die liga wat in 2023 hervat.

LINDENNUUS UITGAWE 328

Heelskoolproduksie 2023 - Oudisies sorg vir groot opwinding en talent

Dit was met groot opwinding dat oor die 200 graad 8 tot 11 leerders die afgelope week in die oudisies van ons heelskoolproduksie hulle staal kom wys het. Die opgewondenheid vir die produksie wat in 2023 op die planke gebring word loop hoog Leerders het in dans , drama en sangoudisies die geleentheid gehad om vir die hoofrolle in die produksie mee te ding Selfs die o/15 rugbymanne het die geleentheid aangegryp Ons is opgewonde vir die ervaring en geleenthede wat hierdie produksie vir ons leerders en skool bied Dit beloof om groot pret en uitstekende talent tot die verhoog te bring. Hou die spasie dop!

LINDENNUUS UITGAWE 932
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.