LINDENNUUS Uitgawe 31, 21 Oktober

Page 1

Hoërskool Linden groet die Matrieks van 2022

Hoërskool Linden het Woensdag 19 Oktober afskeid geneem van die matrieks by die tradisionele uitstapseremonie. Tydens die geleentheid het die leerders ook hulle tydkapsules terug ontvang. In hierdie kapsule het die matrieks hulle drome en wense vir hulle skoolloopbaan in graad 8 neergeskryf en gister kon hulle die brief weer sien. Die Lindeniete en personeel het ook die matrieks op die Linden manier met 'n erewag gegroet. Wat 'n kosbare geleentheid! Hierdie groep matrieks het beslis diep spore getrap in Linden en ons gaan beslis na julle verlang. Sterkte met die eindeksamen, ons weet dit gaan baie goed gaan. Ons groet julle! (Sien foto's op bladsy 3)

www linden co za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden LINDENNUUS
- Kultuur: Kultuurprysuitdelingspoggeleentheid se uitslae - Sport: Dogters-krieket kraai koning teen Noordheuwel LINDENNUUS UITGAWE 131 Kontak ons: - Lindeniete groet die Matrieks van 2022

Belangrike Datums: 22 Oktober tot 29 Oktober

Saterdag 22 Oktober Atletiek: Top 30 Byeenkoms in Potchefstroom; Koor: Atrium Adagio

Maandag 24 Oktober Tennis: Wedstryd - Seuns A vs St. Davids (Tuis); Krieket: Wedstryd1stes Seuns vs Greenside High (Weg); SWAT: Praise and worshipaand

Dinsdag 25 Oktober Tennis: Wedstryd - Dogters A en B vs St. Marys (Tuis); Koor: Interne Talentaand Woensdag 26 Oktober

Sportprysuitdeling; Tennis: Wedstryd - Dogters A en B vs Trinityhouse Randpark Ridge (Weg); Krieket: Wedstryde: • o/15 Seuns vs Monnas (Weg) • 1stes Seuns vs St. Davids (Tuis); Hokkie: Wedstryde - 5-a-side by Parktown Girls (Junior Dogters)

Donderdag 27 Oktober Graad 8 2023 Ouerinligtingsaand en ken mekaar; Tennis: Wedstryd Seuns C vs Kings School (Tuis); Swem: Gala Aflosbyeenkoms by Helpmekaar; Hokkie: Wedstryde - 5-a-side by Parktown Girls (Senior Dogters)

Vrydag 28 Oktober

Saterdag 29 Oktober Krieket: Wedstryde: • o/15 Seuns vs King David Victory Park (Weg) • 1stes Seuns vs King David Victory Park (Tuis); Koor: Gala Dinee

LINDENNUUS UITGAWE 312
Foto's: Andrew-Kiekies Photography

Jaarlikse personeel, Old-Boys & Old-Girls hokkiewedstryde sorg vir groot vermaak

Die jaarlikse hokkie Old Boys en Old Girls wedstryde is Vrydag 21 Oktober op die Astro gespeel. Die geleentheid het vir groot opwinding gesorg en beide die Linden spanne het as wenners uit die stryd getree. Die Linden seuns het 5 1 met die Old Boys afgereken, terwyl die Linden dogters 5 4 gewen het teen die Old Girls. Wat ‘n prettige en spesiale geleentheid! Dankie aan elke speler en ondersteuner wat die middag besonders gemaak het.

Vroeër die week het die Linden-onderwyser/afrigter hokkiespan ook op ons Astro-baan teen ‘n saamgestelde matriekspan 'n wedstryd gespeel Buiten die feit dat dit ‘n ongelooflike lang wedstryd vir die personeel en afrigters was en sommige van die personeel die fisioterapeut daarna benodig het, het die onderwyser/afrigterspan hierdie wedstryd 8 4 gewen Welgedaan, dit wil gedoen wees!

LINDENNUUS UITGAWE 431
Onthou asb: Eind-assesseringsrooster is nou op d6 beskikbaar!

Krieket-dogters kraai koning oor Noordheuwel en eindig tweede na hul eerste liga-seisoen

Ons eie dogters krieketspan het gister hul laaste ligawedstryd teen Hoërskool Noordheuwel se 2de span gespeel. Noordheuwel is ‘n makro skool en speel al vir ‘n hele paar jaar dogters krieket en ons dogters het as wenners uit die stryd van hierdie wedstryd getree. Noordheuwel word uitgeboul vir ‘n total van 84 lopies. Maricel Trollip neem ‘n paaltjie, terwyl Lente Kleynhans, Sonja Coetzee en Danielle du Preez elkeen 2 paaltjies neem. Livia de Jager neem 3 paaltjies. Linden bereik in slegs 8.5 boulbeurte die teikentelling en teken 86 lopies aan vir die verlies van slegs 3 paaltjies. Livia teken 35 lopies van slegs 22 balle af aan. Linden wen dus met 7 paaltjies. Wat ‘n uitstekende eerste seisoen vir die dogters. Welgedaan, ons is ongelooflik trots op julle!

Tennis uitslae

Ons seuns A tennisspan het verlede Vrydag ‘n ligawedstryd tuis teen KES gespeel. Linden verloor ongelukkig naelskraap 4-5.

Ons Seuns B en C-tennisspanne het Maandag ook ligawedstryde gespeel B-span speel tuis vs Christchurch, terwyl die C span weg vs Trinityhouse Little Falls speel B span wen 97 2 en die C span wen 97 2 Dis fantastiese wenne, ons is trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 631

Atlete reis na Naboomspruit vir top 20-byeenkoms

Twintig van ons atlete het verlede Vrydag vertrek om oor die naweek in Naboomspruit aan die jaarlikse top 20 Elardus Erasmusbyeenkoms deel te neem Hierdie byeenkoms is hierdie jaar in sy 45stebestaansjaar en 53 spanne vanaf die top atletiek skole in die land het deelgeneem. Ons atlete wys in temperature so hoog soos 39°C hart en hou die skool se naam hoog. Dit was 'n uitstekende geleentheid vir ons atlete om deel te neem saam met die land se top atlete, en hulle het beslis die geleentheid benut en uitstekend gevaar. Baie geluk aan die atlete, sterkte vir die res van die seisoen ons is trots op julle

Hokkie - '5-a-side' uitslae

Linden se hokkiedogters het verlede Vrydag en Saterdag weer by Parktown Girls High in ‘n vriendskaplike liga 5 a side wedstryde gespeel Na afloop van die vier dae se hokkie eindig Linden algeheel 5de Ons senior 5-a-side hokkiedogters se wedstryde by Parktown Girls High is Donderdag weens reën en swaar weer gestaak. Linden was wel 5 0 voor voordat die wedstryd afgestel is.

Fietsry-seisoen finale uitslae

Ons het in verlede week die finale uitslae van hierdie jaar se Cycle Lab MTB Skolereeks ontvang. Linden het hierdie reeks met vier spanlede teen spanne wat uit meer as 20 fietsryers bestaan aangedurf en uit 68 deelnemende skole in ‘n algehele 27ste plek geëindig. Baie geluk Nathan Poustie, Gustav Luus, Rucindé Ahlströhm en Danri Oosthuizen, dis ‘n prestasie om op trots te wees!

LINDENNUUS UITGAWE 317

Kultuurprysuitdeling 2022 - volledige uitslae

Ons jaarlikse Kultuurprysuitdeling het die afgelope Maandagaand plaasgevind

Die spoggeleentheid het ons kultuur leerders se prestasies en deelname vereer

Die volgende toekennings is ook op die aand aan ons graad 8 tot 11 leerders toegeken:

Michael de Kock (Sangtrofee): Tessa Coetzer

Sarel Etsebeth wisseltrofee (buitengewone prestasie op eisteddfod): Heinrich Voigt

Gersbach trofee (beste prestasie in drama op eisteddfod): Keona Visagie

Quinbica trofee (beste prestasie in dans op die eisteddfod): Jané Louw

Quinbica trofee (beste prestasie in instrumentaal op die eisteddfod):

Thyra Conradie

Beste Redenaarstrofee Junior: Jonathan van der Merwe

Trofee vir beste speler in Tienertoneel: Jarik Engelbrecht

Trofee vir beste speelster in Tienertoneel: Danel Styger

Kultuurseun van die jaar (Graad 8-11): Robert Engelbrecht

Kultuurdogter van die jaar (Graad 8 11): Cara Clark

Baie geluk aan hierdie trofee wenners asook talle van ons leerders wat o aand vereer is en toekennings ontvang het Ons is baie trots op elkeen va is opgewonde vir wat die toekoms vir Linden kultuur inhou!

(Die graad 12 prysuitdeling en Sportprysuitdeling se toekennings sal in die volgende uitgawe beskikbaar wees)

LINDENNUUS UITGAWE 931
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.