LINDENNUUS Uitgawe 30, 14 Oktober

Page 1

LINDENNUUS

- Lindeniete maak hart oop vir gemeenskapsprojek wat vier Johannesburgse skole insluit

- Sport: Die Grové's vaar uitstekend by SA Stoei Kampioenskappe

- Kultuur: Sêrenade is naaswenners by Animato A Capella

Kontak ons:

Kultuurweek 2022 sorg vir groot vermaak

Kultuurweek 2022 kon nie op 'n meer gepaste tyd plaasgevind het nie - dit was 'n groot week vir Linden kunste! Ons leerders het reg deur die week aan verskeie aktiwiteite deelgeneem en hulle talente so uitgeleef. Nie net was die Artes van 2022 ook deel van die week en uitstekende vermaak nie, maar die Animato A Capella kompetisie waar ons sêrenade groep deelgeneem het ook plaasgevind. Tydens kultuurweek het die leerders oor die verskeie dae die kortfilm te sien gekry, 'n kooroptrede geniet, en ook die sêrenade se optrede meegemaak. Tydens pouse het die dansgroep, battery, tienertoneel en van die Artes finaliste die Lindeniete vermaak. Die hoogtepunte van die week was beslis die Artes wat 'n uitsonderlike aand was asook die sêrenade se groot optrede en uitstekende uitslae by die Animato kompetsies (meer oor hierdie in die nuusbrief). Linden kultuur floreer en ons is ongelooflik trots en opgewonde!

www linden co za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden
LINDENNUUS UITGAWE 130

Belangrike Datums: 15 Oktober tot 22 Oktober

Saterdag 15 Oktober

Maandag 17 Oktober

Atletiek: Top 20 Byeenkoms te Naboomspruit; Koor: Kamp Wag ‘n bietjie

Kultuurprysuitdeling; Tennis: Wedstryde - Seuns B vs Christchurch High School (Tuis) & Seuns C vs Trinityhouse Little Falls (Weg)

Dinsdag 18 Oktober Hokkie: Wedstryd - Onderwysers vs Gr.12’s (16:00-17:00)

Woensdag 19 Oktober

Algemene Jaarvergadering; Atletiek: Blitz byeenkoms by Hoërskool Bastion; Hokkie: Wedstryde - 5-a-side by Parktown Girls (Junior Dogters); Tennis: Wedstryd Seuns B vs Trinityhouse Little Falls (Weg); Krieket: Wedstryde - o/15 Seuns vs Trinityhouse Randpark (Tuis) & 1stes Seuns vs Trinityhouse Little Falls (Weg)

Donderdag 20 Oktober Swem: Gala Aflosbyeenkoms by Northcliff High School, Hokkie: Wedstryde - 5-a-side by Parktown Girls (Senior Dogters); Tennis: Wedstryd - Dogters A en B vs Trintyhouse Little Falls (Weg); Krieket: Wedstryd - Dogters vs Noordheuwel (Weg)

Vrydag 21 Oktober Hokkie: Wedstryde - Old Boys & Old Girls; Tennis: Wedstryd - Seuns A vs Helpmekaar (Weg); Atletiek: Top 30 Byeenkoms in Potchefstroom

Saterdag 22 Oktober Atletiek: Top 30 Byeenkoms in Potchefstroom; Koor: Atrium Adagio

Nuwe Departementele aanstellings

Baie geluk aan mnr. Bevan Behr en me. Marietjie Annandale wat as nuwe Departementshoofde deur die Departement van Onderwys aangewys is. Me Annandale sal in die plek van me Michelle Maritz, wat aftree, die rol van Departementshoof Ekonomie vervul Mnr Behr vervul steeds die rol van Departementshoof Fisiese Wetenskappe Ons is trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 302

Johannesburg se Afrikaanse skole staan saam en maak verskil in die gemeenskap

Die hoofleiers van Hoërskool Linden het hierdie jaar met 'ninisiatief na vore gekom waar die vier van die Afrikaanse skole in Johannesburg Hoërskool Linden, Hoërskool Florida, Hoërskool Monument en Hoërskool Randburg, se hoofleiers bande smee en uitreik na die gemeenskap. Die projek wat bekend staan as Projek SIOS (Saam Is Ons Sterker), het die afgelope week hulle eerste uitreik aksie meegemaak en dit was hartroerend om te sien. Die vier skole se leerders het in September speelgoed bymekaar gemaak vir die Nelson Mandela Childrens Hospital en op 10 Oktober dit aan die hospitaal oorhandig. Tydens die geleentheid het hulle ook briewe aan die pasiënte oorhandig en voorgelees wat deur die omliggende laerskole se leerders geskryf is Beide die nuwe en ou hoofleiers van die skole het saam met die pasiënte tyd spandeer en meer geleer oor die organisasie Wat 'n ongelooflike geleentheid om bande te smee onder die skole en ter selfde tyd 'n groot verskil te maak in ons gemeenskap Volgende jaar sal die projek voortleef en 'n volgende projek aan pak. Ons is trots op ons leerders en hoofleiers wat tot die projek bygedra het baie dankie aan elkeen! Met projekte en leerders soos die, is ons opgewonde vir die toekoms van ons land!

LINDENNUUS UITGAWE 303

Die Grové's maak skoonskip by SA Stoeikampioenskappe

Gerrie, Mieke en Marisan Grové het tydens die vakansie, as deel van die Sentraal-Gauteng stoeispan, aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Kaapstad deelgeneem. Mieke en Marisan verower albei in hul afdelings goue medaljes, terwyl Gerrie ‘n silwer medalje losstoei Mieke stoei ook deur die verloop van die kampioenskappe teen die voormalige Suid Afrikaanse kampioen en laat hierdie 17 jarige internasionale stoeier, wat aan die vorige Wêreld Kampionskappe deelgeneem het, les opsê Mieke is dus as 14 jarige as die nuwe Suid Afrikaanse kampioen aangewys Welgedaan julle drie ons is ongelooflik trots op julle.

Tennis uitslae

Linden se Dogters A en B tennisspanne het gistermiddag ligawedstryde tuis teen St. Stithians gespeel. Die A span wen 38 25 en die B span wen 47 16. Baie geluk aan hierdie dogters

Krieket uitslae

Die krieketdogters het die 13de Oktober weer ‘n ligawedstryd weg teen Monnas gespeel, Linden verloor ongelukkig hierdie wedstryd, maar sit hul hoogste telling tot dusver van 108 lopies op die tellingbord. Welgedaan aan die dogters.

Ons o/15 krieketseuns het Woensdag tuis hul eerste Johnny Waite ligawedstryd teen Crawford Sandton gespeel. Linden wen hierdie wedstryd met 7 paaltjies. Baie mooi, ons is trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 305

Linden skuts vaar uitstekend by SA Skole Kampioenskappe

Die volgende Linden skuts het vanaf Maandag 3 tot Donderdag 6 Oktober by Walter Sisulu Hall aan die SA Skole Kampioenskappe deelgeneem. Hierdie skuts neem as deel van die GSSU span deel:

• Suné Boshoff (Kaptein van die Presisie span) • Chanté Lubbe (Kaptein van die o/21A sporters) • Ethan Chowles (Kaptein van die o/21 Pistole-span)

• Joshua Foord • Jané Louw

Zanelle Kruger • Ekhard Rabie • Leon Frederik • Barend Rabie

Suné Boshoff is die groot kampioen skut in die Presisie afdeling, sy is dus oor alle ouderdomsgroepe as die top dames presisie skut in Suid Afrika aangewys Sy skiet ook twee honderdtalle in die 3P afdeling terwyl Joshua Foord een in die 3Pafdeling skiet. Suné en Ethan verwerf dan ook hierdeur hul SANSSU kleure. Suné is ook 1ste in die 3P , 10m. en algeheel in die Presisie afdeling. Jané Louw was deel van die o/14 span wat algeheel 2de eindig en Chanté Lubbe deel van die o/16- en o/21-spanne wat ook ‘n algehele 2de plek behaal. Isabella, Joshua en Barend behaal hulle beste telling in die 3P-afdelings en Leon sy beste telling in die 10m afdeling

Suné Boshoff, Chanté Lubbe, Isabella Celliers, Ekhard en Barend Rabie het ook aan die SAARA S A’s deelgeneem en soos volg gevaar: Suné Boshoff behaal die 1ste plek in die dames 10m Presisie (alle ouderdomme) finaal en is dus die top dames Presisie skut. Sy behaal ook die 1ste plek in die dames o/20 10m Presisie afdeling. Chanté behaal die 7de plek in dieselfde afdeling. Suné is in die o/20 dames 10m Presisie-span wat die 1ste plek behaal en Chanté in die span wat 2de is.

Ekhard behaal die 5de plek in die mans o/20 10m Sporter afdeling

Barend is 1ste in die mans o/16 10m Sporter afdeling

Isabella is 1ste in die dames o/16 10m Sporter afdeling

Ekhard behaal die 6de plek in die o/20 3P Sporter afdeling.

Isabella behaal die 1ste plek en Barend die 4de plek in die o/16 3P Sporter afdeling.

Ekhard is in die senior mans 10m Sporter-span wat die 1ste plek behaal.

Isabella is in die o/20 10m-span wat die 1ste plek behaal.

Barend is in die o/16 10m span wat die 1ste plek behaal

Ekhard is in die 3P o/20 span wat die 1ste plek behaal

Isabella en Barend is in die 3P o/16 span wat die 1ste plek behaal

Baie geluk aan die skuts met uitstekende uitslae, ons is ongelooflik trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 630

Swemgala - leerders het groot gees

Die swemseisoen is in volle swang en ons swemspan wys ongelooflike gees by gister se aflosgala by Redhill College Linden eindig 2de uit 5 deelnemende skole en beslis 1ste op die pawiljoene. Dankie vir julle harde werk, deelname en gees.

Hokkie - '5-a-side' uitslae

Linden se hokkiedogters die afgelope Wonsdag en Donderdag by Parktown Girls High wedstryde in ‘n vriendskaplike 5 a side kompetisie gespeel. Ons speel vier wedstryde waarvan ons 2 verloor, 2 wen en 1 gelykop speel. Baie geluk dogters, sterkte vir die wedstryde wat nog voorlê!

LINDENNUUS UITGAWE 307

Sêrenade groep verower harte en wen groot by Animato

Ons is ongelooflik trots op ons sêrenade groep wat Donderdagaand as algehele naaswenners van die nasionale Animato A Capella kompetisie weggestap het. Die wenners by hierdie kompetisie was Oranje Meisiesskool en die kompetisie is vir groepe landswyd, wat effektief beteken ons sêrenade groep is tweede landswyd! Wat 'n prestasie! Die groep het ook die volgende toekennings ontvang:

Beste kostuums

Beste choreografie

Mees spontane groep

Mees oorspronklike tema

Hierdie resultate is briljant en getuig van die leerders se harde werk en baie lang ure Baie geluk aan elke lid, me Claudia Pienaar en die groep se afrigter, dit is beslis uitslae om op trots te wees. Welgedaan, ons is ongelooflik trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 930

Leerders se uitsonderlike talente ten toon gestel tydens Artes 2022

Artes 2022 het die afgelope week plaasgevind Die aand het die talente van ons leerders op kulturele vlak ten toon gestel en dit is werklik inspirerend om ons leerders in aksie te sien. Die aand het nie net 'n vertoning behels waar sang, dans, toneelspel en instrumentale musiek opgevoer is nie, maar het ook 'n kuns en fotografie uitstalling gehad wat die gaste kon aanskou. Alhoewel dit 'n ten toon stelling is van die leerders se talente is daar steeds 'n kompetisie wat aan die aand gekoppel word. Die beoordelaars het groot besluite gehad om te maak en Robert Engelbrecht met sy uitstekende "Beatbox" optrede het as algehele wenner weggestap Die volledige uitslae van die Algehele wenner: Robert Engelbrecht

Dans: Jané Louw

Sang: Robert Engelbrecht

Drama: Jonathan van der Merwe

Instrumentaal: Philip Steyn

Juniors Nuwe Media: Carys de Jager

Juniors Visuele Kunstenaar: Janine Kitshoff

Senior Nuwe Media: Natasha van Jaarsveld

Senior Visuele Kunstenaar: Carni Müller

Beeldende Kuns Artes Toekenning: Carni Müller

Skryfkuns: Adriaan Snyman

Fotografie Portrette van mense en diere: Chané Gambold

Fotografie - Natuur en wilde diere: Janine Kitshoff

Fotografie Swart en wit (mono): Jordyn Farah

Fotografie Lekker Linden: Lara van Metzinger

Fotografie Oop Kategorie: Chané Gambold

Baie geluk aan die leerders en al die deelnemers.

Ons waardeer dat julle julle talente met ons gedeel het Dit was beslis 'n besonderse aand

LINDENNUUS UITGAWE 3010

Artes

FOTO'S DEUR NM PHOTOGRAPHY
2022
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.