LINDENNUUS Uitgawe 29, 30 September

Page 1

Geniet die vakansie

Wat 'n wonderlike kwartaal was dit nie vir Linden nie Dankie aan elke leerder, ouer en personeellid wat die skool in hierdie kwartaal so getrou ondersteun het. Ons leerders se positiewe gesindheid, harde werk en entoesiasme dra by tot die sukses wat Linden op talle gebiede aanhou behaal Of dit nou op die sportveld, op die verhoog of in die eksamenlokaal is, ons sien julle harde werk en lojaliteit raak en waardeer elke Linden hart. Die gemeenskap is vir ons kosbaar en ons is dankbaar om terug te kan kyk en te weet dit was beslis één vol seën en guns.

Geniet die vakansie, veilig wees en die welverdiende ruskans! Ons sien mekaar weer Dinsdag 11 Oktober, wanneer ons die laaste kwartaal vir 2022 aan sal pak.

www linden co za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden - Geniet die vakansie! - Kultuur: Artes 2023 finaliste aangekondig - Sport: Landloop atlete blink uit by SA klub kampioenskappe
LINDENNUUS LINDENNUUS UITGAWE 129 Kontak ons: Dr. Wiehahn

Linden groet solank 'royalty'

Die Lindeniete het solank die week afskeid geneem op 'n gepaste wyse van me Michelle Maritz, wat vanaf 1974 verbonde is aan die skool, eers as leerder en toe as leerkrag. Juf. Maritz het diep spore in Linden getrap en los 'n 'legacy' wat nie woorde eers kan beskryf nie. Van die eerste seuns hokkiespan wat sy help bymekaar bring het, tot die ekonomiese reuse van vandag wat deur haar klasse geloop het, het juffrou Maritz die 35 jaar wat sy by Linden spandeer het meer as net 'n impak gemaak. Sy is geweef in die hart van Linden, ware Linden 'royalty” soos juffrou Jordaan die week genoem het. Alhoewel die leerders reeds gegroet het, sal me Maritz ons eers einde Oktober offisieel verlaat om 'n welverdiende aftrede aan die kus te gaan geniet. Juf. Maritz, ons salueer u!

Dr. Wiehahn verjaar

Ons hoof Dr. Wiehahn het die 27ste September verjaar. Baie geluk met Dok se verjaarsdag! Ons waardeer u groot hart vir die skool, u omgee en u harde werk. Dankie dat Dok altyd tyd maak vir 'n grappie, gesels en die harte van elke Lindeniet. Ons wens vir hom 'n nuwe lewensjaar vol seën en vreugde

LINDENNUUS UITGAWE 292

Gemeenskap nuus

Linden landloop atlete vaar uitstekend by SA klubkampioenskappe

Francois van Zyl en Saskia Heydenrych het oor die naweek van 17 September op klubvlak in Rustenburg aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe deelgeneem het. Francois verwerf in die o/17-seunsafdeling 'n algehele 14de plek en Saskia verwerf in die o/15-dogtersafdeling ń algehele 43ste plek Baie geluk aan die twee leerders, ons is trots op julle

Krieketdogters doen dit weer

Linden se krieketdogters doen dit weer! Baie geluk aan hierdie speelsters wat Donderdag met 7 paaltjies teen Edenglen High School gewen het. Lente Kleynhans neem 2 paaltjies vir 14 lopies in haar 4 boulbeurte. Sy en Livia de Jager teken ook elkeen 22 lopies aan. Baie geluk aan die span, julle maak ons trots

Atletiek in volle swang

24 van ons atlete het Vrydag by die Pilditch Atletiekstadion in Pretoria aan die TUT Top 12 byeenkoms teen skole van regoor die provinsie deelgeneem. Hierdie atlete hou die skool se naam hoog en verwerf ‘n algehele 5de plek in hul afdeling waarin daar 10 deelnemende skole was. Baie geluk!

LINDENNUUS UITGAWE 429

Skuts verteenwoordig Linden by SA Skole Kampioenskappe

Baie sterkte aan die volgende Linden skuts wat opkomende Maandag tot Donderdag hier by Walter Sisulu Hall aan die SA Skole Kampioenskappe deelneem. Hierdie skuts neem as deel van die GSSU span deel:

• Suné Boshoff (Kaptein van die Presisie span)

• Chanté Lubbe (Kaptein van die o/21A sporters)

Ethan Chowles (Kaptein van die o/21 Pistole-span)

Barend Rabie

• Joshua Foord

Jané Louw

• Zanelle Kruger

Ons staan bankvas agter julle en weet dit sal goed gaan!

• Ekhard Rabie

Leon Frederik

Tennis: Liga uitslae

Ons seuns C-tennisspan het Maandag 26 September ‘n ligawedstryd tuis teen Dainfern College gespeel Linden wen hierdie wedstryd 53-46 Geluk aan die span!

Krieket uitslae

Ons 1ste krieketspan het gister ‘n vriendskaplike wedstryd tuis teen Riebeeckrand gespeel en ongelukkig met 28 lopies verloor. Sterkte vir die liga seisoen wat na die vakansie begin!

LINDENNUUS UITGAWE 295

MTB: Fietsryers vaar uitstekend

Ons fietsryers het verlede Saterdag by Monnas aan die finale wedren in die Cycle Lab MTB skolereeks deelgeneem. Hierdie is ‘n ongelooflike kompeterende reeks en ons fietsryers kwyt hulself goed van hul taak. Daar is in van die afdelings tot meer as 100 deelnemendes en ons leerders presteer soos volg:

Danri Oosthuizen: 16de plek in die Subjeug Dogters o/15 afdeling

Rucindé Ahlströhm: 18de plek in die Subjeug Dogters o/15 afdeling

Nathan Poustie: 20ste plek in die Subjeug Seuns o/15 afdeling

Gustav Luus: 32ste plek in die Subjeug Seuns o/15 afdeling

Baie geluk aan hierdie leerders met die sukses van hul seisoen!

Linden 7's-spanne verteenwoordig

Linden se o/15- en o/17-sewesspanne het Vrydag en Saterdag in die World of Rugbysewestoernooi by Hs Randburg teen onderskeidelik Bergsig Akademie, Dinamika, Allen Glen, Die Anker en Jan Viljoen wedstryde gespeel Die o/15’s wen in die uitspele teen Krugersdorp High School, terwyl die o/17’s teen St. Benedicts wen. Albei hierdie spanne verwerf ‘n algehele 9de plek. Ons is trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 629

Artes 2022 finaliste aangekondig

Artes 2022 vind plaas op 13 Oktober en die jaar se finaliste is die afgelope week aangekondig. Die leerders wat gaan deelneem is:

Instrumentaal: Dewan Grobler. Anais Esterhuizen, Phillip Steyn, Josiah Stroh, Natalie Dixon, Robert Engelbrecht en Philippa van den Berg

Dans: Kiara Prall; Janė Louw, Lomė Robberts, Freddy Swartz en die Dance Squad

Drama: Keona Visagie, Jonathan van der Merwe, "Little Miss Muffit" groep en Jarrik Engelbrecht

Sang: Jessica Boonzaaier, Sarah Boonzaaier, Cara Clark, Carli Burger, Barend Rabie, Phillip Steyn, Tessa Coetzer, Ross Duffus, Rohan Dunn, Arielle van Gugten, Anika Vosloo, Rina Jacobs, Lenela De Jager, Bernard Greeff, Henno Klopper en Jarik Engelbrecht

Baie geluk aan die finaliste, ons sien daarna uit om julle op die Artes verhoog in aksie te sien. Kaartjies is steeds beskikbaar en sal weer na die vakansie beskikbaar wees by me Taljaard.

LINDENNUUS UITGAWE 297

Koor-tradisie leef voort

Lindenkoor Matrieks het ‘n pragtige tradisie ,waar hulle die oefening voor hulle matriekafskeid, die skoene dra wat hulle by die afskeid gaan dra. Dit help om die skoene se knyp uit te haal. Goeie werk Lindenkoor matrieks geniet die afskeid!

Nuwe koorlede verwelkom

Lindenkoor het die afgelope week hulle nuwe koorlede, waaronder graad 8's van 2023 ingesluit is, verwelkom Die lede is opgewonde vir die nuwe seisoen wat vir hulle voorlê Welkom by die Lindenkoor!

LINDENNUUS UITGAWE 299
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.