LINDENNUUS Uitgawe 28, 23 September

Page 1

LINDENNUUS

Dogterskrieket vat vlam

Hoërskool Linden se krieketdogters het laasweek hulle eerste liga afgeskop en hulle eerste wedstryd ooit gespeel. Hierdie week maak hulle weereens geskiedenis deur hul eerste wen vir die seisoen se liga in te palm. Linden wen met 7 paaltjies teen Northcliff High School en ons harte bars van trots Terselfdetyd spog ons ook met trots met ons eie Gauteng Dogters krieketspeelster 'n eerste vir Linden. Baie geluk aan Livia de Jager wat in die o/15A-Gautengspan opgeneem is. Mag hierdie sport van krag tot krag gaan - sterkte aan die dogters

www linden co za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden - Dogterskrieket vat vlam in Linden - Kultuur: Artes kaartjies nou beskikbaar - Sport: Euané - een van die top netbalspelers in Gauteng vir 2022
LINDENNUUS UITGAWE 128 Kontak ons:

Saterdag 24 September

Maandag 26 September

Dinsdag 27 September

Woensdag 28 September

Donderdag 29 September

Rugby: 7’s Toernooi te Hoërskool Randburg

Tennis: Wedstryd Seuns C vs Dainfern College (Tuis)

Krieket: Wedstryd - 1stes Seuns vs Riebeeckrand (Tuis); Koor: Nuwe lede ouer inligtingsvergadering

Atletiek: Blitz byeenkoms by Hoërskool Linden

Krieket: Wedstryd Wedstryd: Dogters vs Eden Glen High (Tuis) Swem: Gala - Aflosbyeenkoms by Marist Brothers Linmeyer

Vrydag 30 September Matriekafskeid; SKOOL SLUIT

Saterdag 1 Oktober ------

Juf. Nortje hak die knoop deur

Juf. Juzelle Nortje het die afgelope naweek die knoop deurgehak. Baie geluk aan meneer en mevrou Pieterse. Ons wens vir julle 'n ewigheid vol liefde, vrede en vreugde. Mag die nuwe seisoen in julle lewens besonders spesiaal wees

LINDENNUUS UITGAWE 282 Belangrike Datums: 24 September tot 1 Oktober

Graad 9 en 11-leerders woon loopbaanuitstalling by

Ons graad 9 en 11 leerders het die week 'n beroepsuitstalling by die skool bygewoon. Die leerders is bekendgestel aan 'n verskeidenheid van loopbaanrigtings en tersiêre instansies van oral oor SuidAfrika. Dit is belangrik dat leerders bemagtig en ingelig word om sodoende die regte keuses te kan maak Die Lindeniete het elk 'n blink toekoms wat wag en ons is opgewonde om deel te wees van hulle reis

Graad 11 IT-leerders besoek Coca-Cola

Die graad 11 IT-leerders het die afgelope Vrydag 'n besoek aan Coca-Cola se hoofkantoor in SuidAfrika meegemaak Onder streng maatreëls weens Covid, kon hulle wel die operasionele en IT kant van die groot maatskappy van nader sien Die leerders het dit ongelooflik baie geniet en baie geleer oor tegnologiese prosesse in die korporatiewe omgewing Dankie aan me Bosman wat die uitstappie moontlik gemaak het.

LINDENNUUS UITGAWE 283

Linden gholfspan beïndruk by Louw Geldenhuys se gholfdag

Vier van ons gholfspelers het die week in Laerskool Louw Geldenhuys se gholfdag by Dainfern Country Club Linden se naam hoog gehou Christian Jonker, Franco Roos, Johan Coetzee en Corné Coetzee het hulle beste op die baan gegee en selfs met 'n paar pryse weggestap Dankie dat julle die skool met soveel trots verteenwoordig, die ouers kon nie uitgepraat raak oor julle gedrag, etiek en die ongelooflike gholf wat julle speel nie. Ons is trots op julle.

Tennis: Oud-Lindeniet Alec Beckley presteer

Ons het laasweek berig oor oud leerder Alec Beckley en die week het hy verder beïndruk! In 'n spesiale oomblik vir die 21 jarige ongekeurde Suid Afrikaners het hy die Italiaanse topgekeurde Simone Roncalli met 6 4, 6 4 in Egipte verslaan om sy eerste ITF Pro titel verlede Sondag in die M15 Sharm Elsheikh kampioenskap te wen. Hierdie is 'n puik prestasie, baie geluk Alec!

Gustav presteer by SA Karate Kampioenskappe

Gustav Luus het reeds in Mei hierdie jaar aan die Suid Afrikaanse Karate Kampioenskappe deelgeneem en ‘n medalje in die Junior Elite Mans Bruin na Swartbelt afdeling in die Kumite dissipline verwerf. Baie geluk Gustav, ons is trots op jou.

MTB-fietsry uitslae

Nathan Poustie het die afgelope naweek aan die laaste MTB fietsry wedren onder Gauteng Noord deelgeneem en in sy divisie ‘n algehele 10de plek uit die 50 deelnemers verwerf. Baie geluk Nathan!

LINDENNUUS UITGAWE 285

Euané Theart - Aangewys as een van die top Hoërskool netbalspelers in Gauteng

Euané Theart is die afgelope week by die Gauteng-Netbal Prysuitdeling beloon vir haar harde werk en uitstekende spel Sy is een van 10 dogters wat deur haar mede Gautengspanmaats verkies is as die "Top Secondary Netbal Players". Hiermee is sy dus as een van die Top Hoërskool Netbalspelers in Gauteng verkies! Baie geluk Euané ons is ongelooflik trots op jou.

Tennis: Liga uitslae

Ons seuns A tennisspan het verlede Vrydagmiddag hier op ons bane teen St. Johns College ‘n ligawedstryd gespeel. Linden verloor ongelukkig hierdie wedstryd.

Ons seuns B tennisspan het Maandag ‘n ligawedstryd tuis teen Randburg gespeel. Linden wen daardie wedstryd 78 21.

Ons dogters A en B tennisspanne het Dinsdag ligawedstryde tuis teen Northcliff High School gespeel. Die A span wen 36 27 en die B span wen 44 19. Baie geluk aan hierdie tennisspelers, ons is trots op julle!

Krieket uitslae

Ons o/15 krieketseuns het Dinsdagmiddag ‘n vriendskaplike wedstryd tuis teen Riebeeckrand gespeel. Linden wen hierdie wedstryd met 9 paaltjies. Baie geluk aan Franco Roos wat dan ook tydens hierdie wedstryd ‘n driekuns behaal het! Linden is trots op julle.

Swemseisoen in volle swang

Linden se swemmers het Donderdag by Saheti aan hul eerste aflos gala vir hierdie seisoen deelgeneem en die skool se naam hoog gehou Baie dankie aan elke swemmer wat deelgeneem het, ons is trots op julle en sien uit na dit wat die swemseisoen in hou

LINDENNUUS UITGAWE 628

Aardklop 2022 in Linden

Onthou om jou kaartjies te bespreek vir die uitsonderlike vertonings wat op die planke gebring gaan word.

LINDENNUUS UITGAWE 828
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.