LINDENNUUS Uitgawe 26, 10 September

Page 1

Uitstappies is terug! Vir die eerste keer na Covid kon ons leerders 'n akademiese uitstappie gaan geniet. Die graad 9 leerders het hierdie week 'n geskiedenis uitstappie na die Oorlogsmuseum in Johannesburg meegemaak en dit ongelooflik baie geniet. Hierdie uitstappie was vir die leerders besonders insiggewend en 'n goeie manier om geskiedenis se inhoud op 'n praktiese manier te ontdek. Baie dankie aan die leerders, studente-onderwysers en personeel wat die dag onvergeetlik gemaak het.

Graad 9's besoek die Oorlogsmuseum

LINDENNUUS

LINDENNUUS UITGAWE 126 Kontak ons:

www linden co za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden - Graad 9's verken oorlogsmuseum op uitstappie - Kultuur: Ons deel graad 9's se Skeppende Kuns ontwerpe - Sport: Tennis-spanne vaar uitstekend by Inter Africa tennistoernooi

Tennis: Liga Wedstryde - Seuns B vs Beaulieu College (Weg) en Seuns C vs Rand Park High (Tuis);

Donderdag 15 September ---

Saterdag 17 September Skiet: GSSU Target Spring

Belangrike Datums: 10 September tot 17 September

Saterdag 10 September

LINDENNUUS UITGAWE 262

MR-inhuldiging; Atletiek: Blitz-byeenkoms by HS Florida; Krieket: Wedstryde - Dogters vs Steyn City (Tuis), 1stes Seuns vs Northcliff High (Weg)

Vrydag 16 September Tennis: Liga Wedstryde - Seuns A vs St. Johns College (Tuis); Skiet: GSSU Target Spring

Netbal: Fast 5 Gauteng Kampioenskappe by EG Jansen; Krieket: Wedstryde o/15 (weg) en 1ste span (tuis) vs Trinity Randpark

Dinsdag 13 September

Tennis: Liga Wedstryde - Dogters A vs Helpmekaar (Tuis) en Dogters B vs Helpmekaar (Tuis); Krieket: Wedstryd - o/15 Seuns vs Northcliff High (Tuis)

Woensdag 14 September

Maandag 12 September

Landloop: Duané vaar goed by Gauteng-kampioenskappe

Fast 5 Netbal: o/16-span verteenwoordig Linden Gauteng-kampioenskappe

Duanaé Lessingh het verlede Saterdag by Kagiso Sportgronde in Krugersdorp aan die Gauteng Landloopkampioenskappe deelgeneem. In moeilike, warm en stowwerige omstandighede kwyt sy haarself uitstekend van haar taak deur onder 90 atlete van 15 distrikte in die algehele 13de plek te eindig. Baie geluk Duanaé, ons is trots op jou!

Linden vs Suncrest 31-9 (wen)

Die o/16 Fast 5 Netbalspan het die afgelope naweek by Krugersdorp High School aan die Gauteng kampioenskappe deelgeneem en Linden baie trots gemaak. Die span het hulle harte op die baan uitgespeel en ongelukkig net-net uitgemis om vir SA's te kwalifiseer. Die uitslae was as volg: Linden vs Eldoraigne 23-23 (gelykop)

Linden vs Volkskool 19-26 (verloor) Baie geluk aan die dogters wat die skool so mooi verteenwoordig het. Ons is baie trots op julle.

Linden vs Dinamika 25-25 (gelykop)

LINDENNUUS UITGAWE 426

Tennis: Bethlehem Inter Africa -

Ons seuns en dogters tennis A & B-spanne het die afgelope vier dae deelgeneem teen van die land se top-skole en tennisspanne in die Inter Africa tennistoernooi in Bethlehem Hulle het uitstekend gevaar en soos volg presteer:

Ons o/15 krieketspan het verlede Saterdag ‘n vriendskaplike wedstryd weg teen Rand Park High School gespeel. Linden verloor ongelukkig hierdie wedstryd. Sterkte met die res van die seisoen manne.

•Die B span seuns het in die B afdeling 2de geëindig uit 16 spanne.

•Die A-span dogters het in die A-afdeling 5de geëindig uit 12 spanne.

LINDENNUUS UITGAWE 526

Baie geluk aan elk van hierdie spanne en spelers met die besonderse prestasie Julle het Hoërskool Linden se naam hoog gehou en met goeie sportmanskap en ywer die toernooi aangepak. Ons is baie trots op julle!

•Die A span seuns het in die A afdeling 6de geëindig uit 12 spanne.

•Die B span dogters het in die B afdeling 3de geëindig uit 20 spanne.

Krieket uitslae

spanne vaar uitstekend

LINDENNUUS UITGAWE 266

Linden se fietsryers het afgelope Saterdag in Midrand aan die 4de wedren van die Cycle Lab MTB Skolereeks deelgeneem. Nathan Poustie en Gustav Luus verwerf albei Top 20 plekke in die Subjeug Seuns o/15 afdeling, terwyl Danri Oosthuizen ‘n uitstekende 4de plek in die Subjeug Dogters o/15 afdeling verwerf. Baie geluk aan die leerders ons is trots op julle!

Fietsry: Leerders verwerf Top 20-plekke

Linden se E sportspan het na afloop van die CS:GO liga in die algehele 4de plek geëindig, wat ‘n groot verbetering is van verlede jaar se 8ste plek af. Geluk aan hierdie leerders met ‘n suksesvolle liga!

E-sport: Spanne eindig liga op 'n hoë noot

Skiet: Barend ingesluit by GSSUspan

Ons het dan ook oor die naweek die boodskap gekry dat Barend Rabie as ‘n ontwikkelingskut ook by die GSSU span (Suid-Afrikaanse skolespan) ingesluit is. Baie geluk Barend, ons is trots op jou!

Graad 9 Skeppende Kuns projekte

LINDENNUUS UITGAWE 726

Lindenkoor: Paljasaand 'n groot sukses

Die Lindenkoor het verlede naweek hulle Paljas (Barnyard tipe) aand gehou en dit was 'n reuse sukses. Dankie aan elkeen betrokke, dit was beslis 'n wonderlike aand saam en was veral spesiaal om oud koorlede weer te verwelkom.

Die graad 9 leerders het hierdie kwartaal die opdrag in Skeppende Kuns ontvang om 'n Kersfees geskenksakkie te ontwerp. Die leerders het met pragtige skeppings voorendag gekom en ons deel graag 'n paar met julle.

LINDENNUUS UITGAWE 826

Artes 2022 vind plaas op 13 Oktober, en die inskrywings is nou oop Inskrywings is as volg:

Skryfkuns: Inskrywings by Juf Bakkes

Uitvoerende kuns Kategorieë: Sang, dans, drama en instrumentaal Inskrywings by Juf Bakkes

Oudisies vind plaas 21 & 22 September

Artes inskrywings nou oop

Beeldende kuns Kategorieë: Kuns en Fotografie Inskrywings by Juf Rood of Juf le Grange

Maak seker dat jy so gou as moontlik inskryf vir die geleentheid!

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.