LINDENNUUS Uitgawe 25, 2 September

Page 1

www linden co za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden - Lindenfees: Van Coke betower die gehoor - Kultuur: Linden talent beïndruk feesgangers - Sport: Twee landloopatlete deur na Gauteng

LINDENNUUS LINDENNUUS UITGAWE 125 Kontak

ons:

Foto: Obilivian Photography

Lindenfees 2022: 'n Dag om te onthou Wat ‘n onvergeetlike wildsfees met Francois van Coke was dit nie! Die afgelope naweek se feesvieringe was gevul met geselligheid om die konkas, heerlike eet- en drinkgoed, pretparkmanewales en uitstekende kunstenaars wat op die Intercare Verhoog opgetree het Francois van Coke en sy band Die Gevaar het vir 'n onvergeetlike vertoning gesorg. Baie dankie aan elkeen wat die dag saam met ons meegemaak en die skool kom ondersteun het. Dit was ‘n Lindenkuier soos min en 'n dag om te onthou Ons sien daarna uit om volgende jaar weer die tradisie voort te sit.

vol seën wees en julle elke oomblik van die nuwe seisoen geniet. Ons wens vir julle 'n wonderlike toekoms saam. Dankie aan ons Lindenfees borge

Lindenfees 2022 was ‘n reuse sukses danksy ons ouers, gemeenskap en borge. Ons wil graag net nog ‘n woord van dank rig aan ons hoofborge: Intercare Linden, Beagle Watch sekuriteit en Linprop Eiendomme.

Dankie ook aan elke ouer en maatskappy wat ‘n bydra gemaak het tot die lootjie pakkette, hetsy deur items of geskenkbewyse te borg. Ons waardeer dit opreg. Dankie ook aan die volgende maatskappye wat bygedra het tot die dag deur geskenkbewyse as prys en skenkings: Spar Robindale, Pick a Pay Boskruin, JAC Candles, Party Hire Hub, Andrew Kiekies Photography, Njam Eatery, Oasis Café Linden, Rocomammas Cresta, Yield Coffee Bar, Impala Meat Market, Cloud 9 Skin Clinic, Kreme Beauty Lounge, FAB Diner, Jade Moon Clothing en Style & Image Creative. Ondersteun gerus hierdie instansies. Ons kan beslis nie 'n fees soos die aanpak sonder elkeen se ondersteuning nie en is diep dankbaar vir elke bydrae - klein en groot! Dankie Linden.

Personeelnuus: Juf Smit is verloof Baie geluk aan Me. Uné Smit wat die afgelope week verloof geraak het. Ons is baie opgewonde saam met jou en wens vir julle groot vreugde en seën toe in die oploop na julle groot dag.

LINDENNUUS UITGAWE 225

Personeelnuus: Me Alberts se groot dag Me Marike Alberts is die afgelope naweek getroud en het pragtig gelyk op haar groot dag. Baie geluk aan die gelukkige paartjie - mnr en mev Bakkes! Mag julle huwelik

LINDENNUUS UITGAWE 325 Foto's: Neo Phashe (Northcliff Melville Times)

Saterdag 3 September Landloop: Gauteng Kampioenskappe; Krieket: Wedstryd o/15 vs Randpark (Weg); Koor: Paljas-aand Maandag 5 September -----Dinsdag 6 September -----Woensdag 7 September Tennis: Bethlehem Toer Donderdag 8 September Tennis: Bethlehem Toer Vrydag 9 September Tennis: Bethlehem Toer Saterdag 10 September Netbal: Fast 5 Gauteng Kampioenskappe by EG Jansen; Krieket: Wedstryde o/15 (weg) en 1ste span (tuis) vs Trinity Randpark LINDENNUUS UITGAWE 525 Belangrike Datums: 3 September tot 10 September Graad 12 Gasvryheidstudies leerders eindeksamen prakties - 'n smul lekker ete Die graad 12 Gasvryheidstudie leerders het die afgelope week hulle praktiese eindeksamen voltooi en 'n heerlike drie gangmaaltyd voorgesit. Die leerders lewer jaarliks uitstekende geregte, en hierdie jaar was geen uitsondering. Baie geluk aan die leerders en me. Lombard wat 'n puik maaltyd en die mooi geleentheid opgetower het.

Ons o/14 en o/16 netbaldogters het Donderdag 1 September op Linden se bane in die distrikuitspele Fast 5 wedstryde gespeel Baie geluk aan die o/16 span wat vir die Gauteng Kampioenskappe gekwalifiseer het Hierdie wedstryde vind Saterdag 10 September by Hoërskool Dr EG Jansen plaas 6

LINDENNUUS UITGAWE 25

Fast 5 Netbal, o/16span deur na Gauteng Kampioenskappe

Landloop: Duané en Francois deur na Gautengkampioenskappe

Vyf van Hoërskool Linden se landloopatlete het verlede naweek aan die Distrik-kampioenskappe te Orange Farm deelgeneem en uitstekend gevaar Die atlete se uitslae was as volg: Duané Lessingh 2de plek Francois van Zyl 2de plek Emile Kleynhans 12de plek Wikus Fouche 13de plek Jason Wood 18de plek Duané en Francois het dus ook hulle plek by die Gauteng kampioenskappe verseker, wat die komende naweek sal plaasvind. Welgedaan! Baie geluk aan ons atlete.

Hoërskool Linden se tennispanne sal soos oudergewoonte die komende week vanaf 7 10 September na Bethlehem toer om deel te neem aan een van die land se grootste toernooie vir tennis. Die volgende leerders sal Linden by die toernooi verteenwoordig: A span Dogters: Almé van Schalkwyk, Corné van Schalkwyk, Isabella Pretorius en Juanelle Steyn B-span Dogters: Danielle Dixon, Lente Kleynhans, Jeanemari Hattingh en Maria Kotzé A span seuns: Ivan Scheltema, Jaco Dannhauser, Josiah Ströh en Emile Kleynhans B span seuns: Fouché Maré, Juan Oosthuizen, Seef Dannhauser en Siegfried Marè Baie sterkte aan die leerders ons weet julle gaan Linden se naam hoog hou.

Die krieket seisoen het afgeskop en Linden se o/15 en 1ste krieketspanne het Woensdag vriendskaplike wedstryde teen Rand Park High School gespeel. Die uitslae was as volg: • o/15’s speel weg en wen gemaklik met 7 paaltjies. • 1stes speel tuis en verloor ongelukkig met 10 paaltjies Sterkte vir die res van die seisoen!

Krieket uitslae

Tennis: Bethlehem Toer spanne bekend gemaak

LINDENNUUS UITGAWE 725

Linden talent beïndruk feesgangers Die talentvolle leerders van Hoërskool Linden het die afgelope naweek die geleentheid gehad om hulle talente op die Lindenfees verhoog ten toon te stel Die leerders het beslis nie teleurgestel nie en elkeen hul uitstekend van hul taak gekwyt Die leerders wat deelgeneem het was: Josiah Stroh Emma Orton en Arielle van der Gugten Zander de Buys Freddy Swartz Philip Steyn Robert Engelbrecht Barend Rabie Ben de Bruyn Die Linden battery, beide dogters en seuns het ook opgetree en die dag se feesvieringe op die beste moontlike manier afgeskop en ons sommer ook die partytjie gevoel aangewakker Baie dankie aan elke leerder wat hulle talent met ons gedeel het! LINDENNUUS UITGAWE 258 Foto's: Neo Phashe (Northcliff Melville Times)

LINDENNUUS UITGAWE 259 Artes inskrywings nou oop Artes 2022 vind plaas op 13 Oktober, en die inskrywings is nou oop Inskrywings is as volg: Beeldende kuns Kategorieë: Kuns en Fotografie Inskrywings by Juf Rood of Juf le Grange Uitvoerende kuns Kategorieë: Sang, dans, drama en instrumentaal Inskrywings by Juf Bakkes Oudisies vind plaas 21 & 22 September Skryfkuns: Inskrywings by Juf Bakkes Maak seker dat jy so gou as moontlik inskryf vir die geleentheid!

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.