LINDENNUUS Uitgawe 23, 19 Augustus

Page 1

Francois Van Coke by Lindenfees Francois van Coke en sy band, Die Gevaar, tree volgende Saterdag 27 Augustus by die jaar se Lindenfees (voorheen die Wildsfees) op en jy wil die vertoning misloop nie. Bekend vir liedjies soos Dagdrome in Suburbia, Toe Vind Ek Jou, Dit Raak Beter en sy nuutste treffer Maak Wakker, is 'n Van Coke optrede 'n moet sien en belewenis. Nie net kan jy uitsien na die besonderse vertoning nie, maar ook na die fees se lekker 'vibe', saam kuier om die konkas, heerlike versnaperinge van die 15 verskillende stalletjies asook 'n pretpark vir jonk en oud. Maak seker jou plek is bespreek! Kaartjies is slegs aanlyn beskikbaar by bit.ly/lindenfees22. Sien julle daar! ons:

LINDENNUUS LINDENNUUS UITGAWE 123 Kontak

www linden co za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden - Lindenfees met Van Coke vind plaas volgende naweek - Kultuur: Lindenklassiek bekoor gehoor - Sport: o/16-Rugbyspan deur na Noordvaal Finale

Lindenfees inligting en program DIe Lindenfees program beloof groot vermaak. Feesgangers kan hulself regmaak vir 'n uitstekende "line-up". Daar sal op die dag 15 verskillende stalletjies met 'n verskeidenheid van verversings beskikbaar wees. LINDENNUUS UITGAWE 233

Saterdag 19 Augustus Rugby: Noordvaal Finale o/16; Debat: ATKV Debat Semi finaal & Finaal te ATKV Buffelspoort; Skiet: GSSU Liga 5 Maandag 21 Augustus Veldskool Gr.10's Dinsdag 22 Augustus Veldskool Gr.10's Woensdag 23 Augustus Veldskool Gr.10's; Landloop: D10 Kampioenskappe Donderdag 24 Augustus Veldskool Gr.10's; Krieket: Wedstryd - Vriendskaplik vs Hoërskool Florida (1stes, weg); Netbal: Fast 5 - Wedstryde: Uitspele by Crawford Ruimsig Vrydag 25 Augustus Veldskool Gr.10's; Rugby: 7's Vriendskaplike wedstryde by Hoërskool Florida Saterdag 26 Augustus Lindenfees LINDENNUUS UITGAWE 234 Belangrike Datums: 19 Augustus tot 26 Augustus

LINDENNUUS UITGAWE 523 Foto's: Matriekraad 2023 Aankondiging

• Dogters Naaswenner: Juanelle Steyn

• Seuns Naaswenner: Jaco Dannhauser

• Seuns 3de plek: Josiah Ströh

Die o/15’s het in die semi finale op Saterdag 13 Augustus uitstekend gespeel, maar ongelukkig in die laaste sekondes die knie gebuig en 14-15 teen Hoërskool Sasolburg verloor.

Die eerste Linden Tenniskampioenskappe is onlangs afgehandel en die volledige uitslae van was as volg:

LINDENNUUS UITGAWE 236

Linden se Tenniskampioene vir 2022

• Dogters kampioen: Almé van Schalkwyk

o/16-Rugbyspan deur na Noordvaal finale

Hoërskool Linden se o/16 rugbyspan is deur na die Noordvaal finale wat Saterdag 20 Augustus by Hoërskool Die Wilgers in Pretoria plaasvind. Dit volg na die puik oorwinning van 55 0 oor John Voster die afgelope naweek. Die span sal in die finaal teen Hoërskool Riebeeckrand te staan kom. Die wedstryd begin om 11:20 en word regstreeks uitgesaai op Supersport Schools se toepassing ("App').

Welgedaan manne, julle is ysters en kan trots wees op dit wat julle deur die seisoen vermag het. Sterkte aan die o/16's met die finale die naweek - ons hou duimvas.

• Dogters 3de plek: Isabella Pretorius

• Seuns kampioen: Ivan Scheltema Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders

Matrieks en graad 11's sorg vir vermaak op die rugbyveld Lindengees is groot! Ons matriek en graad 11 seuns het die afgelope naweek tussen die o/15's en o/16's Noordvaal semi finale mekaar in 'n vriendskaplike rugbywedstryd uitgedaag. Al die sportsoorte se seuns het bymekaar getrek om die strydbyl te begrawe en soos verwag het die wedstryd vir groot vermaak gesorg en die spanne beslis nie teruggehou nie. Op die ou einde het die matriekspan as wenners uit die stryd getree hoe dan nou anders! Dankie vir goeie gees en sportmanskap Linden.

Linden Fietsryers presteer

LINDENNUUS UITGAWE 723

Gustav Luus: 20ste plek Nathan Poustie: 24ste plek Daar is 55 skole wat aan hierdie reeks deelneem en Linden lê tans onder die Top 30. Ons is trots op julle!

Linden se fietsryers het Saterdag in Boksburg aan die 3de wedren in die Cycle Lab MTB Skolereeks deelgeneem Uitslae was as volg: Rucindé Ahlströhm: 20ste plek

LINDENNUUS UITGAWE 239

Lindenklassiek bekoor gehoor Lindenklassiek 2022 het die afgelope Saterdag die gehoor betower Dit was ‘n aand waar Hoërskool Linden se leerders die gehoor kon bekoor met hulle ongelooflike talente Om deel te neem aan die Lindenklassiek is nie net vir enige ou beskore nie omdat die toelatingsvereistes hoog is Ons het dus teruggesit die aand en regtig net ons klassieke siele vervul met die mooiste stukke wat opgetree is Hierdie leerders se vermoë is in ‘n baie spesiale klas van hul eie en dit was ‘n voorreg om hulle op die verhoog te sien Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het ons is baie trots op julle

Familie: 1 . Leandi Smuts : My beste vriend, 2. Lara van Metzinger: Girls of summer en 3. Cara Clark : Stoutgat Oop kategorie: 1. Jessica Boonzaaier : Staircase to the unknown, 2. Lara van Metzinger: Action en 3. Sarah Boonzaaier: Golden Love Baie geluk aan die leerders wat uitstekende foto's gelewer het!

Voortrekkers: Presidentsverkenners aangewys

Fotoklub: Nuutste beoordeeling wenners aangewys

Hoërskool Linden spog met vyf matrieks wat gedurende Juliemaand die Presidents verkennertoekenning van Die Voortrekkers verwerf het: Andrea de Villiers, Caitlin Coetzee, Eduard Rabie, Lindie van Wyk en Twanette Meyer. Die lede van Die Voortrekkers in graad 12 verwerf die Nasionale Presidentsverkenner toekenning nadat hulle aan die vereistes van die Presidentsverkennerproses voldoen het. Die proses sluit in die bywoning van ‘n sekere aantal Gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ‘n sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando en ‘n vereiste aantal jare diens in Die Voortrekkers. Baie geluk aan die leerders met die uitsonderlike toekennings.

LINDENNUUS UITGAWE 123 0

Die fotoklub het onlangs hulle kwartaalikse beoordeling gehad en die uitslae was as volg: Wilde diere en natuur: 1. Lara van Metzinger :Stairway to heaven, 2. Emma Stevens : Koud en 3.Lara van Metzinger: I wish I was sailing away.

Skryfkuns: Inskrywings by Juf Alberts Maak seker dat jy so gou as moontlik inskryf vir die geleentheid!

Uitvoerende kuns Kategorieë: Sang, dans, drama en instrumentaal

Beeldende kuns Kategorieë: Kuns en Fotografie

ATKV-redenaars finaal: Fikile verteenwoordig

Artes inskrywings nou oop Artes 2022 vind plaas op 13 Oktober, en die inskrywings is nou oop. Inskrywings is as volg:

Inskrywings by Juf Rood of Juf le Grange

Linden Fikile Ntsutle het die afgelope Donderdag die skool verteenwoordig by die landswye finaal van die ATKVredenaars wat by ATKV Buffelspoort gehou was. Sy het uitstekend gevaar en onder die Top 10 in die land opgeindig. Volledige uitslae sal binnekort volg. Baie geluk Fikile, jy het uitstekend gevaar en ons is baie trots op jou.

Inskrywings by Juf Alberts Oudisies vind plaas 21 & 22 September

LINDENNUUS UITGAWE 123 2

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.